Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 12202116 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ’n addendum van 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 5: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet ’n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: WAT WAS DIE UITDAGINGS WAT DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING IN DIE 1980’s IN DIE GESIG GESTAAR HET? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer die begrip Totale Strategie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Waarom, dink jy, het P.W. Botha hierdie hervormings ingestel? (2 x 2) (4) 1.1.3 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, lewer kommentaar oor waarom die apartheidsregering die Stedelike Bantoe-Owerheidswet van 1982 ingestel het. (2 x 2) (4) 1.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die NP-regering hervormings aan apartheid ingestel het. (2 x 1) (2) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Watter boodskap word in hierdie spotprent aangaande die implementering van die nuwe grondwet van 1983 oorgedra? (2 x 2) (4) 1.2.2 Identifiseer die twee rassegroepe in die bron wat die boonste vertrekke beset. (2 x 1) (2) 1.2.3 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir ʼn historikus wat die skepping van die Driekamer- parlement ondersoek. (2 x 2) (4) 1.3 Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1B ondersteun rakende die implementering van hervormings deur die apartheidsregering. (2 x 2) (4) 1.4 Lees Bron 1C. 1.4.1 Waarom, volgens die bron, was die 1980’s gewelddadig en het Suid-Afrika na verandering beweeg? (1 x 2) (2) 1.4.2 Noem enige TWEE groepe wat volgens die bron verbonde aan die UDF was. (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.4.3 Noem die TWEE veldtogte wat die UDF teen die apartheidsregime geloods het. (2 x 1) (2) Verduidelik wat word geϊmpliseer met die woorde: ‘Ons wil al ons regte hê, ons wil dit hier hê en wil dit nou hê’, in die konteks van Allan Boesak se toespraak. (2 x 2) (4) 1.5 Raadpleeg Bron 1D. 1.5.1 Wat, volgens die bron, was die griewe van die swart woongebiede- (lokasie) inwoners wat tot huurboikotte gelei het? (2 x 1) (2) 1.5.2 Waarom dink jy is swart polisiemanne en raadslede in die swart woongebiede (lokasies) aangeval? (2 x 2) (4) 1.5.3 Verduidelik wat bedoel word met die term Noodtoestand in die konteks van die hervormings wat deur P.W. Botha ingestel is. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die uitdagings wat die Suid-Afrikaanse regering gedurende die 1980's in die gesig gestaar het, verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HET DIE AMNESTIE-PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AAN DIE FAMILIE VAN DR. NEIL AGGETT AFSLUITING GEGEE? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Definieer die term apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Wat, volgens die bron, was Neil Aggett ooggetuie van in die hospitale waar hy gewerk het? (2 x 1) (2) 2.1.3 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde: ‘Aggett het die 51ste persoon geword wat in polisie-aanhouding sterf’ in die konteks van politieke aanhoudings. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Watter boodskappe word op hierdie foto oorgedra? (2 x 2) (4) 2.2.2 Waarom dink jy noem hierdie ondersteuner Neil Aggett, ‘ʼn Ware patriot’? (1 x 2) (2) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Definieer die term menseregte in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.3.2 Noem die TWEE polisiebeamptes in die bron wat as Aggett se martelaars geïdentifiseer is. (2 x 1) (2) 2.3.3 Waarom, dink jy, het Nick Deetlefs, polisiebeampte van die veiligheidstak, oor die dood van Neil Aggett gelieg? (2 x 2) (4) 2.3.4 Hoe het die familie van Aggett, volgens die bron op Nick Deeflets se toesmeer oor die marteling en moord op dr. Neil Aggett gereageer? (1 x 2) (2) 2.3.5 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die omstandighede wat gelei het tot die dood van dr. Neil Aggett, bestudeer. (2 x 2) (4) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Noem die twee veiligheidspolisiemanne in die bron wat nie om amnestie aansoek gedoen het nie. (2 x 1) (2) 2.4.2 Lewer kommentaar op die redes waarom aktiviste, familie en ondersteuningsgroepe ʼn tweede ondersoek na die dood van Neil Aggett versoek het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.4.3 Hoe het haar broer, volgens Jill Burger gesterf? (2 x 1) (2) 2.4.4 Haal ʼn sin uit die bron aan wat aandui dat dr. Aggett se vader nie sy dood kon aanvaar nie. (1 x 2) (2) 2.5 Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2D met betrekking tot die dood van Neil Aggett ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die amnestie-proses van die WVK die familie van Neil Aggett afsluiting gegee het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE GLOBALE COVID-19 VIRUS OP SUID- AFRIKA GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Volgens die bron, waar is COVID-19 die eerste keer geïdentifiseer? (1 x 1) (1) 3.1.2 Noem enige TWEE beperkings in die bron wat op 15 Maart 2020 deur president Ramaphosa aangekondig is. (2 x 1) (2) 3.1.3 Waarom, dink jy, het die president besluit om skole en hoër- onderwys-instellings onmiddellik te sluit? (2 x 2) (4) 3.1.4 Verduidelik die term grendeltyd/inperkingstyd in die konteks van die COVID-19-pandemie. (1 x 2) (2) 3.1.5 Verduidelik aan die hand van die inligting in die bron en jou eie kennis hoe skole die akademiese jaar kon voltooi. (1 x 2) (2) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Noem enige TWEE strategieë vir openbare gesondheid in die bron wat tydens die COVID19-pandemie in Suid-Afrika aangemoedig is. (2 x 1) (2) 3.2.2 Lewer kommentaar oor waarom jy dink dat ‘dringende en drastiese’ maatreëls deur president Cyril Ramaphosa geïmplementeer is. (2 x 2) (4) 3.2.3 Verduidelik die nut van hierdie bron vir ʼn historikus wat die gevolge van die inperkingsregulasies op die lewens van Suid-Afrikaners bestudeer. (2 x 2) (4) 3.2.4 Wanneer, volgens die bron, was inwoners toegelaat om hul wonings te verlaat? (2 x 1) (2) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Noem EEN ekonomiese sektor uit die bron wat negatief deur die Covid-19-pandemie geraak is. (2 x 1) (2) 3.3.2 Wat kon, volgens die bron, gebeur as ʼn persoon/maatskappy nie die inperkingsregulasies nakom nie? (1 x 2) (2) 3.3.3 Verduidelik die redes waarom die bruto binnelandse produk (BBP) drasties gedaal het aan die hand van die inligting in die bron en jou eie kennis. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Watter boodskappe word op hierdie foto oor die wêreldwye Derde Vlaag Covid-19-virus oorgedra? (2 x 2) (4) 3.4.2 Hoe, volgens die foto, kan die verspreiding van die pandemie voorkom word? Gebruik visuele leidrade op die foto. (1 x 2) (2) 3.4.3 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en lewer kommentaar op die gevolge van die Derde Vlaag Covid-19- virus as veiligheidsmaatreëls nie getref word nie. (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na Bron 3B en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3D ondersteun rakende die maatreëls wat getref is om die verspreiding van die virus te voorkom. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van die globale Covid-19-pandemie op Suid-Afrika verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie afdeling. Jou opstel met ten minste DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s ‘Steve Biko is deur die apartheidsregime as ʼn bedreiging beskou.’ Verduidelik tot watter mate Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging die apartheidsregime in die 1970's uitgedaag het. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE ‘Dit was De Klerk se besluite wat die weg gebaan het vir ʼn onderhandelde skikking wat uiteindelik tot die stigting van ʼn demokratiese Suid-Afrika in 1994 gelei het.’ Bespreek die stelling krities. Ondersteun jou lyn van argument deur relevante bewyse te gebruik. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 ‘Dit was die ineenstorting (ondergang) van kommunisme wat grootliks verantwoordelik was vir politieke veranderinge wat ná 1989 in Suid-Afrika plaasgevind het.’ Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou lyn van argument deur relevante bewyse te gebruik. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 History

View all