Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)


View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 471.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Eng (2)Memo · AfrMemo · isiXhosa
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · SesothoMemo · EngMemo · AfrErrata
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne. (15)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan
die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoorde.
Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos
aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel (skryfwerk) sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde
nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende
taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word
vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal
daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf
is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
Verkeerde stelling _________________
Irrelevante stelling
Herhaling R
Analise A√
Argument LOA √
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak
(op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 5 }30–33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL – TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
opstel. Goeie
sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het ʼn argument is duidelike argument
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT WAS DIE UITDAGINGS WAT DIE SUID-AFRIKAANSE
REGERING IN DIE 1980’s IN DIE GESIG GESTAAR HET?
1.1 1.1.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1A – V1]
Die regering se reaksie op die ‘Totale Aanslag’
Dit was om ten alle koste die blanke minderheidsregering te
verskans
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Dit sal internasionale kritiek op apartheid verminder
Wit Suid-Afrikaners bevredig
Vorm verhoudings met ander swart lande in Afrika
Verminder interne swart weerstand
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Om swartmense as gemeenskapsraadslede in diens te neem
Dit sal hulle die mag gee om sake in die swart woongebiede
(lokasie) te bestuur
Om swartmense beperkte mag op plaaslike vlak te gee
Om die vraag na politieke regte te verminder en die politieke
strewe van swartes te akkommodeer
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Wet op Aparte Geriewe
Instromingsbeheer
Reservering van werk (Enige 2 x 1) (2)
1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Die nuwe grondwet het voorsiening gemaak vir die skepping van
verskillende huise in die parlement
Slegs Keurlinge en Indiërs is met beperkte magte in die nuwe
parlement verteenwoordig
Swart Suid-Afrikaners is uitgesluit van die nuwe parlementêre
stelsel (gesien buite die heining staan)
Die mag het in die hande van die wit minderheid gebly
Apartheid is besig om te hervorm deur magsdeling te verander
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Kleurlinge
Indiërs (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.2.3 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 1A – V3]
Die bron is beperk omdat:
Dit toon hervormings in die parlement slegs vir die drie rasse
Swartmense word nie in ag geneem by die skepping van hierdie
parlement nie
Die bron versterk die idee dat blankes groter voordele as die ander
rasse geniet
Slegs die wit ras neem die besluite
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1B – V3]
Bron 1A sê dat die regering ʼn ‘verdeel en heers’-benadering gebruik het
deur die bevolking te verdeel. Bron 1B toon dat die regering ʼn nuwe
parlementêre stelsel geskep het wat verskillende huise vir verskillende rasse
geskep het
Bron 1A meld dat die regering voorgestel het dat politieke mag onder
blankes, Kleurlinge en Indiërs gedeel sal word, en Bron 1B wys dat die drie
rassegroepe in die parlement verteenwoordig sal word.
Bron 1A meld dat dit kosmetiese veranderinge is wat deur die
apartheidsregering geïmplementeer is, en Bron 1B toon dat die mag steeds
in die hande van die apartheidsregering is wat die meeste
verteenwoordigers gehad het en dat die ander huise beperkte magte het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – L1]
Omdat die opposisie verenig geword het (1 x 2) (2)
1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Vroue
Studente
Kerke
Vakbonde
Kulturele groepe
Sport groepe/spanne (Enige 2 x 1) (2)
1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Moenie Stem nie-veldtog
Miljoen Handtekeningveldtog (2 x 1) (2)
1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Dat alle Suid-Afrikaners politieke regte moet hê, nie net Kleurlinge
en Indiërs nie
Dat alle Suid-Afrikaners hul regte hier in ʼn verenigde, onverdeelde
Suid-Afrika moet kry, en nie in die tuislande nie
Hulle politieke regte moet onmiddellik aan hulle gegee word
Alle rasse moet dieselfde behandel word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 9
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
Dalende namate inflasie toegeneem het
Toename in die koste van basiese voedsel en vervoer
Oorbevolking
Behuisingstekort
Stygende huurheffings (soms met 100%)
Toenemende werkloosheidsyfer (Enige 2 x 1) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Gesien as samesweerders met die regering
Hulle word as die bevorderaars van die doelstellings van
apartheid beskou
As ‘uitverkopers’ beskou
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.5.3 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1D – V2]
Die polisie en die weermag is permanent in die swart
woongebiede (lokasies) ontplooi
Die polisie het die mag om iemand sonder ʼn lasbrief in hegtenis
te neem
Mense kan onbepaald aangehou word
Prokureurs en familie is nie van die inhegtenisneming in kennis
gestel nie
Gesensureerde radio-, televisie- en koerantdekking oor hierdie
onluste
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Botha besef die sterkte van verenigde swart verset (Bron 1A)
Die regering se pogings om die bevolking te verdeel, het misluk
(Bron 1A)
Kosmetiese hervormings met die Driekamersparlement geïmplementeer
(Bron 1B)
Beperkte mag aan Kleurlinge en Indiërs gegee (Bron 1B)
Die opposisie teen apartheid het verenig (Bron 1C)
Gelei tot die stigting van die UDF wat die weerstand teen apartheid
gekoördineer het (Bron 1C)
Massamobilisering teen apartheid (eie kennis)
Optogte, stakings en boikotte wat teen die regering gereël word, wat die
land onregeerbaar maak (eie kennis)
Kiesersopkoms laag vir die verkiesing van die nuwe parlement
Huurboikotte het veroorsaak dat die regering inkomste verloor het
(Bron 1D)
Regeringsgeboue en elemente van apartheid vernietig (Bron 1D)
Land gehul in onluste (eie kennis)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor die uitdagings wat die
Suid-Afrikaanse regering in die 1980’s in die gesig PUNTE:
VLAK 1
gestaar het. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om te rapporteer of kan
nie ’n paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor die
uitdagings wat die Suid-Afrikaanse regering in die PUNTE:
VLAK 2
1980’s in die gesig gestaar het. 3–5
Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n paragraaf
te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ’n
deeglike begrip oor die uitdagings wat die Suid-
Afrikaanse regering in die gesig gestaar het in die PUNTE:
VLAK 3
1980’s. 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HET DIE AMNESTIE-PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AFSLUITING AAN DIE
FAMILIE VAN NEIL AGGETT GEGEE?
2.1 2.1.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V1]
Afsonderlikheid van rasse
Ongelykhede tussen rasse
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Hy was getuie van:
Uiterse armoede
Siekte wat swart werkers raak
Oorvol hospitale met min hulpbronne (Enige 2 x 1) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
As aktiviste deur die polisie gevang is dat hulle ʼn politieke
misdaad pleeg, het dit aanhouding en dood beteken
Daar was 50 ander aktiviste voordat Aggett wat dieselfde lot gely
het
Baie aktiviste het as gevolg van polisie-brutaliteit gesterf
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Dit wys dat ondersteuners hulde aan Neil Aggett bring
Sy beskou hom as ʼn ware patriot van hierdie land
Sy het die strate ingevaar om oor sy dood te rou
Sy wou die waarheid weet oor hoe hy gesterf het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Hy was ʼn vegter vir die regte van die werkers
Hulle het geglo dat hy vir hulle gesterf het
Hy is dood aan die hand van die veiligheidspolisie omdat hy teen
die onregverdige stelsel van apartheid geveg het
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2 2.3.1 [Definisie van ’n historiese konsep uit Bron 2B – V1]
Om amptelike kwytskelding vir politieke gemotiveerde misdade
toe te staan
Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Majoor Cronwright
Luitenant Whitehead (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Hulle is deur die apartheidsregering as kommuniste beskou
Hulle is gesien as bedreigings wat die apartheidsregering wou
omverwerp
Hulle het arbeidsonrus aangewakker wat die ekonomie
gedestabiliseer het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Growwe menseregteskending (1 x 2) (2)
2.3.5 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2B – V3]
Die bron is bruikbaar:
Sommige van die antwoorde tot die dood van Neil Aggett.
Daar was verskillende weergawes oor die dood van Agget.
Die ondervraers het nou die waarheid vertel.
Hulle kon afsluiting vind
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 4B – V1]
Cronwright
Whitehead (2 x 1) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Om afsluiting te vind
Om vrede te vind
Hulle wou die waarheid hoor oor hoe Neil Aggett gesterf het
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Die polisie het sy dood as selfmoord voorgedoen
Hy het selfmoord gepleeg as gevolg van die wrede behandeling
wat hy ontvang het (2 x 1) (2)
2.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Hy kon nie ophou huil nie
Hy was ʼn gebroke man (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – V3]
Bron 2C dui aan dat Neil Aggett se pa oor sy dood getreur het deur te
huil. Bron 2D toon dat ondersteuners oor sy dood getreur het deur in die
straat te betoog.
Bron 2C dui aan dat Neil Aggett baie ondersteuners gehad het wat wou
hê dat sy saak heropen moet word. Bron 2D wys hoe een van sy
ondersteuners in die strate plak
Beide bronne het aangedui dat die gesin en die ondersteuners ontsteld
oor die dood van Neil Aggett was
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 13
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
Die rede vir die totstandkoming van die WVK was om die verlede te
hanteer (eie kennis)
Die WVK het amnestie aangebied aan diegene wat na vore gekom het
en hul misdade erken het (Bron 2B)
Die WVK bied ʼn platform vir die veiligheidspolisiemanne om die waarheid
oor die dood van Neil Aggett te openbaar (Bron 2B)
Smith het die waarheid onthul van hoe hulle gevangenes gemartel het in
sy amnestieverhoor (Bron 2B)
Slagoffers kon diegene konfronteer wat hul geliefdes seergemaak het
(eie kennis)
Amnestie is nie aan oortreders toegestaan nie (eie kennis)
WVK het die beslissing dat Aggett selfmoord gepleeg het, ongedaan
gemaak (Bron 2B)
Cronwright en Whitehead het nie om amnestie aansoek gedoen nie
(Bron 2C)
Die WVK was nie ʼn geregshof wat die skuldiges kon straf nie (eie kennis)
Jill Burger onthul die lyding wat hulle verduur het weens die verlies aan
Neil (Bron 2C)
Die gesin het geen sluiting gehad nie omdat hulle van mening was dat hy
nie selfmoord gepleeg het nie (Bron 2C)
Die twee belangrikste martelaars het nooit voor die WVK verskyn om die
waarheid oor Neil Aggett se dood te openbaar nie (Bron 2C)
ʼn Tweede ondersoek is gehou om die waarheid oor die dood van Neil
Aggett te onthul (Bron 2C)
Ondersteuners wou hê dat die oortreders gestraf moes word (Bron 2C)
Ondersteuners het geglo dat hy aan die hand van die veiligheidspolisie
oorlede is en nie selfmoord gepleeg het nie (Bron 2C en 2D)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip of die Waarheid-en-
Versoeningskommissie afsluiting gegee het PUNTE
VLAK 1
aan die familie van Neil Aggett. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip of die Waarheid-en-
PUNTE
VLAK 2 Versoeningskommissie afsluiting gegee het
3–5
aan die familie van Neil Aggett.
Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ’n
deeglike begrip of die Waarheid-en-
Versoeningskommissie afsluiting gegee het
PUNTE
VLAK 3 aan die familie van Neil Aggett.
6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 15
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE GLOBALE COVID-19 PANDEMIE OP
SUID-AFRIKA GEHAD?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Wuhan / China (1 x 1) (1)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Gedeeltelike reisverbod
Reisadvies
Ontmoedig openbare vervoer
Die sluiting van skole
Verbod op byeenkomste van meer as 100 mense (Enige 2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Moeilik om sosiale distansie te implementeer
Die verspreiding van die pandemie sal groter wees
Dit raak personeel sowel as leerders/studente
Leerders/studente reis met verskillende tipes vervoer
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Verduideliking van ʼn konsep uit Bron 3A – V2]
ʼn Grendeltyd is ʼn inperking vir mense of gemeenskap om te bly waar
hulle is, gewoonlik as gevolg van spesifieke risiko’s teenoor hulself of
andere as hulle vrylik kan beweeg of interaksie sonder beperkinge het.
(Enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Gedwing om aanlyn klas te gee
Zoom en Teams onderrig
Rotasie-onderrig
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Sosiale distansiëring
Gereelde was van hande
Dra van maskers (Enige 2 x 1) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
ʼn Ramptoestand is verklaar
Die beweging van persone en goedere is beperk
Buitelandse burgers van lande met ʼn hoë risiko is verbied om Suid-
Afrika binne te gaan
Beperkings op alle byeenkomste
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.2.3 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse uit Bron 3B – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
Hul vryheid van beweging is beperk
Hul vryheid van samekoms is beperk
Die werkloosheidsyfer het tot 1,7 miljoen gestyg
Tot armoede gelei
Baie ondernemings het bankrot geraak
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Om noodsaaklike goedere te koop
Mediese hulp te kry
Koop van mediese produkte
Maatskaplike toelaes te kry
Begrafnisse van hoogstens 50 mense by te woon (Enige 2 x 1) (2)
3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
Tekstiele
Opvoedkundige dienste
Spyseniering en verblyf
Drank
Tabak
Glasprodukte
Skoene (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 3C – V1]
Boete
Gevangenisstraf van tot ses maande (Enige 1 x 2) (2)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
As gevolg van die afname in aktiwiteite in die bedryf, handel,
restaurante en hotelle
Afname in ekonomiese aktiwiteite
Ontwrigting in die internasionale en binnelandse
voorsieningsketting
Suid-Afrika kan nie sy minerale uitvoer nie
Aandklokreëls en die verbod op die verkoop van alkohol
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Om die verspreiding van die pandemie te stop (Die derde Covid-
vlaag sal meer verwoestend wees)
Om veiligheidsmaatreëls te tref om nie besmet te raak nie
Toon die belangrikheid daarvan om te alle tye maskers te dra
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Dra ʼn masker (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 17
3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
Dit kan veroorsaak dat mense siek word
Dit kan tot die dood van mense lei
Dit kan tot die verspreiding van die virus lei
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3B en 3D – V3]
Bron 3B dui die gesondheidsmaatreëls aan wat getref moet word
om die verspreiding van die virus te voorkom. Bron 3D toon die
maatreëls wat getref moet word.
Bron 3B dui aan dat sekere regte en vryheid van Suid-Afrikaners
ingekort is. Bron 3D toon dat dit verpligtend is om ʼn masker in
die openbaar te dra
Beide bronne toon dat voorsorgmaatreëls getref moet word om
die verspreiding van die virus te stop
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte insluit:
Die WGO het die pandemie as ʼn wêreldwye kwessie verklaar (Bron 3A)
Suid-Afrika is gedwing om gedeeltelike inperking te begin sowel as
toesluit van skole en hoër instellings vir 14 dae (Bron 3A)
Sekere regte en vryheid van Suid-Afrikaners was beperk (Bron 3B)
Dit het die hoë armoede-syfer in Suid-Afrika ontbloot (eie kennis)
Beperk die vryheid van beweging en vergadering sedert apartheid
(Bron 3B)
Streng inperkingsmaatreëls in Suid-Afrika ingestel (Bron 3C en 3D)
Inperking is nie die enigste oplossing vir die pandemie nie (Bron 3C)
Programme vir maatskaplike beskerming moet geïmplementeer word
(Bron 3C)
Internasionale befondsing sal uiteindelik tot die redding kom (Bron 3C)
Volg die Covid-protokolle om infeksie te verminder (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor die impak wat
die globale COVID-19 pandemie op Suid- PUNTE
VLAK 1
Afrika gehad het. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om te rapporteer
of kan nie ’n paragraaf skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor die impak wat die globale PUNTE
VLAK 2
COVID-19 pandemie Suid-Afrika gehad het. 3–5
Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
’n deeglike begrip oor die impak wat die
globale COVID-19 pandemie op Suid-Afrika
PUNTE
VLAK 3 gehad het.
6–8
Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip oor
die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 19
AFDELING B: OPSTELTIPE VRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet ʼn standpunt inneem op hoe Steve Biko en die Swartbewussyns-
beweging die apartheidsregering in die 1970’s uitgedaag het.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en demonstreer tot watter mate
Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging die apartheidsregering in die 1970’s
uitgedaag het.
UITBREIDING
Rede vir die stigting van die Swartbewussynsbeweging (SBB) (Agtergrond)
Biko se filosofie van Swartbewussyn (SB)
Maak swartmense bewus van die euwels van apartheid
Kweek ʼn gevoel van eiewaarde en vertroue in swart Suid-Afrikaners
Herstel swart trots
Die manier waarop swart Suid-Afrikaners hulself gesien het, verander
Bemagtig hulle om apartheid te konfronteer
Biko het swart Suid-Afrikaners versoek om hulself te laat geld en dinge vir hulself
te doen
Skakel die gevoel van minderwaardigheid uit
Rol van Steve Biko
Vorming van SASO
SASO het SB idees versprei oor die kampusse van die etnies geskeide
universiteite
SASO het swart eenheid en solidariteit bevorder
Studente meer polities bewus gemaak
Studente aan gemoedig om hulself van apartheid te bevry
Biko bevorder selfbevryding
Hy het geglo dat assosiasie met blankes die bevrydingstryd ondoeltreffend maak
en dat swartes hulself moet bevry
Gevestigde selfhelpgroepe vir swart gemeenskappe saam met ander SB-leiers
SB-idees is in SASO-nuusbriewe gepubliseer
Swartbewussyn word ʼn nasionale beweging
In 1972 is die Black People’s Convention gestig
Bedoel om swartmense van sielkundige en fisiese onderdrukking te bevry
Selfhelpprojekte is op die been gebring, bv. Zanempilo-kliniek, Ginsburg en
Zimele-trustfonds (Trust Fund)
Gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union in 1973
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
Die SB beïnvloed skoliere wat tot die vorming van SASM gelei het
Uitdagings wat die idees van BC aan die staat stel
Die Suid-Afrikaanse regering was aanvanklik nie bekommerd oor die SBB nie en
het gelyk of dit met sy eie beleid van afsonderlike ontwikkeling in lyn was
Die SBB het sterker geword en ʼn uitdaging aan die staat gestel
Dit het ʼn massabeweging geword wat gepoog het om apartheid te ondermyn
Biko se toesprake het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om apartheid te verwerp
SB-idees spoor die werkers aan om met staking op te tree
SBB ondersteun disinvesteringsondernemings
Regerings se reaksie op Biko se filosofie
Verbod en huisarres van Biko en ander leiers
SB-leiers is verbied om in die openbaar te praat
BPC-aktiviste is sonder verhoor aangehou
SASO is op universiteitskampusse verbied
Biko is in hegtenis geneem en ondervra
Biko is in 1977 wreedaardig deur die veiligheidspolisie vermoor
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 21
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet standpunt inneem of dit die besluit van De Klerk was wat die weg
gebaan het vir ʼn onderhandelde skikking wat uiteindelik tot die stigting van 'n
demokratiese Suid-Afrika in 1994 gelei het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
Inleiding: Kandidate moet aandui of dit slegs De Klerk se besluit was wat gelei het
tot ʼn onderhandelde skikking wat die vir ʼn demokratiese Suid-Afrika in
1994 weg gebaan het.
UITBREIDING
De Klerk kom aanbewind in 1989 – kort agtergrond
De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 (Politieke leierskap)
Vrylating van Mandela en die ontbanning van politieke en gemeenskapsorganisies
soos die ANC, PAC en SACP
Verwydering van beperkings op COSATU, AZAPO ens. (Politieke leierskap en
toewyding)
Grootte Schuur Minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet; ANC delegasie gelei
deur Nelson Mandela; NP delegasie gelei deur FW de Klerk (Politieke leierskap en
toegewydheid)
Apartheid wetgewing herroep, soos die Wet op Aparte Geriewe (Politieke leierskap
en toegewydheid)
Pretoria Minuut, 6 Augustus 1990 (Opskorting van die gewapende stryd deur die
ANC)
KODESA 1 (19 politieke partye, uitsluitend AZAPO, KP en PAC/300
verteenwoordigers ontmoet (Politieke leierskap en toewyding)
Geweld breek uit in sekere dele van die land, soos aan die Witwatersrand en
Natal.
Net Blankes Referendum en impak (Maart 1992) (politieke leierskap)
KODESA 2 (2 Mei 1992 stort in duie; partye kon nie ooreenkom oor nuwe
grondwet en tussentydse regering nie) (Politieke leierskap en toewyding)
NP wou minderheid veto hȇ, terwyl die ANC ʼn tussentydse regering vir nie langer
as 18 maande en ʼn meerderheidsregering wou hȇ.
Die Boibatong-slagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
Die Bhisho-slagting het die proses van die onderhandelinge ontspoor
(7 September 1992)
Memorandum van Verstandhouding geteken tussen Roelf Meyer en Cyril
Ramaphosa (Politieke leierskap en toewyding)
Dood van Chris Hani (10 April 1993) en die impak op Suid-Afrika (Politieke
Leierskap)
Veelpartyonderhandelingsforum (Politieke leiersap en toewyding)
Bestorming van die Wêreldhandelsentrum deur die AWB en die gevolge daarvan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
Sonsondergangsklousule voorgestel deur Joe Slovo breek onderhandelings
dooiepunt (Politieke leierskap en toewyding)
Verkiesingsdatum aangekondig, 27 April 1994 (Politieke leierskap)
ANC wen verkiesing en Mandela word die eerste swart Suid-Afrikaanse president
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V2 23
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling.
Kandidate moet verduidelik of dit die ineenstorting van kommunisme was wat
aansienlik grootliks verantwoordelik was vir politieke veranderinge wat na 1989 in
Suid-Afrika plaasgevind het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
Inleiding: Kandidate moet ’n standpunt inneem en aandui of die ineenstorting van
kommunisme grootliks verantwoordelik was vir die politieke veranderinge wat na
1989 in Suid-Afrika plaasgevind het.
UITBREIDING
Gorbachev se Glasnost- en Perestroika-hervormings
Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die gevolge daarvan
Die kommunistiese regimes in Oos-Europa stort in duie
Politieke veranderinge in die wêreld het druk op die apartheidsregime gesit om
veranderinge aan te bring.
Die ineenstorting van kommunisme het beide die NP en ANC affekteer
Die Nasionale Party was nou bereid om met die ANC te onderhandel.
Die Nasionale Party se vrees vir ʼn kommunistiese ANC blyk ongegrond te wees.
Na die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie; die ANC verkry geen
ondersteuning van die Sowjetunie
Die ANC kon nie langer op die Sowjetunie vir ekonomiese en militêre steun
staatmaak nie
Die Nasionale Party se bewering dat dit as ’n ‘skans’ optree teen kommunistiese
uitbreiding in Suid-Afrika, het onrealisties geword
Westerse wêreldmagte ondersteun die idee dat Suid-Afrika sy probleme
vreedsaam en demokraties op kan oplos
Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie meer wit minderheidsregering
kan handhaaf nie en sou tot politiek onstabiliteit lei
Die regering het besef dat hervorming nodig was vir die ontwikkeling van ʼn sterk
middelklas wat as ʼn ‘bulwark teen die revolusie’ sou optree.
P.W. Botha het ’n beroerte gehad en is deur F.W. de Klerk opgevolg
F.W. de Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen
apartheid nie ’n sameswering vanaf Moskou was nie
Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te onderhandel
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘’n nuwe grondwetlike bedeling’ aangekondig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
De Klerk ontban alle anti-apartheidsorganisasies insluitend die ANC, PAC en die
Suid-Afrikaanse kommunistiese party
Dit het die einde van apartheid beteken en die begin van die onderhandelings-
proses
Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper