Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12202414 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 1: HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE STUDENTE (COSAS) APARTHEID IN DIE 1980’s TEENGESTAAN? BRON 1A Die bron hieronder fokus op die doelstellings van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) gestig by ʼn konferensie wat van 30 Junie tot 1 Julie by Wilgespruit, naby Roodepoort in 1979 gehou is. Die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) het hom daaraan gewy om sy lede oor die geskiedenis en stryd van die ‘verdruktes’ in te lig. Ephrahim Mogale, die organisasie se eerste president, het ʼn leidende rol in hierdie opsig gespeel. COSAS het hom ook aan die beginsels van nie-rassisme en demokrasie toegewy. Die organisasie se hoofdoelwitte was die bewusmaking van studente en die breër gemeenskap aan die onderdrukkende aard van onderwys in Suid-Afrika, en om deel te neem in die opstel van ʼn opvoedkundige handves vir ʼn toekomstige, nie-rassige demokratiese onderwysstelsel. Om hul verbintenis tot onderwys te wys en hul boodskap gewild te maak, het COSAS die ‘Education Charter-veldtog’ van stapel gestuur. Die handves het die onderwysbeginsels in die Vryheidshandves beaam. Die mening was dat ʼn demokratiese onderwysstelsel slegs bereik kan word in ʼn demokratiese samelewing wat op die wil van al die mense gebaseer is. Dit het erken dat Bantoe-onderwys daarop gemik was om die jeug te beheer en te indoktrineer en dat dit slegs verander kan word deur die land se hele politieke stelsel te transformeer. Alhoewel dit hoofsaaklik op onderwys gefokus was, het COSAS die verband tussen opvoedkundige en sosiale transformasie in sy verklaring van oortuigings geïdentifiseer: • Studente moet deur demokratiese verkose SVR’e georganiseer word • Studente moet die gemeenskap dien ... • Die plig van die studente was om ondersteuning aan vakbond- en gemeenskapsorganisasies te verleen In 1982 het COSAS die tema ‘Student-werker Aksie’ aangeneem en die vorming bevorder van jeugkongresse om die belange van jong werkers en werklose jeug te dien. Dit het samewerking tussen skoolleerlinge, jong werkers en die werklose jeug meegebring. [Uit https://www.sahistory.org.za/article/congress-south-african-students-cosas. Toegang op 6 Januarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron hieronder verduidelik die aktiwiteite wat COSAS aangepak het om die onregverdige stelsel van apartheid in die 1980’s teen te staan. In sy vroeë jare het COSAS op opvoedkundige kwessies gefokus, maar met sy alliansie met die UDF, het die studente teen die einde van 1984 eise gestel oor opvoedkundige sowel as politieke kwessies. Deur die 1980’s het studente onder die vaandel van COSAS ʼn verskeidenheid versettaktieke soos boikotte, stakings, onderhandelings en eise neergelê. COSAS, wat op die krisis in onderwys in skole gefokus het, het ten doel gehad om teen Bantoe-onderwys te veg en om verhoudings tussen leerlinge, onderwysers en ouers te normaliseer, wat aansienlik sedert die skoolboikotte in die laat 1970’s verbrokkel het. Die boikotte het in bruin skole in die Wes-Kaap begin, maar het vinnig deur die land versprei weens skoolgebaseerde kwessies. Teen 1985, het skoolboikotte skole onwerkbaar en onregeerbaar gemaak en het die ineenstorting van die Swart Plaaslike Owerhede in die townships gesien. Hul slagspreuk, ‘Bevryding voor Onderwys’ het tot chaos regoor die land gelei, wat daartoe gelei het dat die Nasionale Onderwyskrisiskomitee (NECC) in 1986 gevorm is. Daar was ook betogings in die landelike gebiede tussen 1985 en 1986. Massavergaderings het ʼn gereelde kenmerk van die boikotte geword. COSAS het hom ook vir demokratiese verkose SVR’e beywer. Talle ander betogings en boikotte is deur COSAS geloods. ʼn Veldtog teen Republiekdag, gesentreer rondom die slagspreuk, ‘Voorwaarts na ʼn Volksrepubliek’ is in 1981 georganiseer. ʼn Nasionale boikot van Wilson Rowntree en Fattis en Monis-produkte is uitgeroep in simpatie met die behandeling van werkers by hierdie fabrieke. Dit was egter gebeure in die Vaalstreek wat studenteprotes verander het en deel gemaak het van ʼn groot politieke stryd. Om verhooging van huur- en dienskoste teen te staan, is ʼn wegblyaksie in die Vaal deur meer as 20 000 studente en inwoners ondersteun. Skoolkwessies was nou aan die breër politieke stryd teen apartheid en kapitalisme gekoppel. [Uit https:/karibu.org.za/from – Soweto-to-democracy/htm. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) BRON 1C Hierdie is ʼn plakkaat wat deur COSAS-lede in 1985 by die Screen Training Project in Johannesburg geskep is ter voorbereiding van ʼn massavergadering. Hierdie plakkaat bestaan uit die gesig van wyle Bongani Khumalo, ʼn student wat in 1984 vermoor is. COSAS het sy gesig op die regter boonste kant van hierdie plakkaat geplaas om hul stryd teen apartheidsonderwys te ondersteun. [Uit https://www.saha.org.za/imagesofdefiance/forward with democratic srcs down with apartheid education.htm. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.] Voorwaarts met demokratiese SVR’e Beëindig apartheidsopvoeding Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die bron hieronder verduidelik hoe die regering probeer het om die aktiwiteite van COSAS te onderdruk en hoe studente op hierdie maatreëls gereageer het. Die uittreksel is geneem uit ʼn proefskrif, Studenteorganisasie en Politieke weerstand: ʼn Analise van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente, 1979–1985 deur T. Matona, Februarie 1992. COSAS het ʼn jaar lank nie bestaan nie voordat die hele korps nasionale leiers en baie lede gearresteer is. Mogale is daarvan beskuldig dat hy die doelwitte (oogmerke) van die ANC en SAKP bevorder, en is op Robbeneiland gevange geneem. Regdeur 1985 het die boikotte die normale funksionering van townshipskole wyd ontwrig. ʼn Nasionale massabeweging van studente onder leiding van COSAS het ook ʼn nasionale politieke stryd gelei wat in ʼn krisis ontwikkel het. In hierdie konteks het die staat sy poging tot onderdrukking verskerp. Dit het baie studente, insluitend COSAS-lede, dood, beseer of aangehou gelaat. Alhoewel die regering klasboikotte verbied het, het honderde skole regoor die land leeg gebly. Weerstand en onderdrukking in skole het ʼn algemene patroon van polisie-optrede en aanhoudings op vreedsame boikotte tot gevolg gehad. Dit het die boikotte aangespoor, met die eise vir die vrylating van medestudente. Verdere polisie-optrede het die konflik ge-eskaleer en begrafnisse en herdenkings van diegene wat gesterf het, het belangrike plekke van weerstand geword. By die begrafnis van ʼn 15-jarige student wat vermoor is, toe die polisie gebots het met leerlinge wat klasse boikot omdat hulle onder meer die opheffing van die ouderdombeperkingswet en die reg om Studenterade (SR’e) te stig, geëis het, was deur meer as 10 000 studente bygewoon. Die COSAS-spreker by die begrafnis het gesê: “Ons sal in aksie bewys dat Bantoe-onderrig boos is. Ons sal daarteen in opstand kom totdat dit heeltemal geskrap is, op die rommel-asblik van die geskiedenis gestort en eens en vir altyd begrawe is.” Uiteindelik is COSAS in die middel van 1985 verbied aangesien die noodtoestand deur die Suid-Afrikaanse regering afgekondig is. Terwyl die COSAS-organisasie geraak is, het studentemobilisering te kragtig geword om in bedwang te hou. [Uit Student organisation and Political resistance: An analysis of the Congress of South African Students, 1979 –1985 deur T. Matona] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORDE VAN DIE GUGULETHU SEWE GEHANTEER? BRON 2A Die bron hieronder fokus op hoe die Suid-Afrikaanse polisie daarin geslaag het om die Gugulethu Sewe in 1985 te infiltreer. Gedurende 1985 was daar ʼn dramatiese eskalasie in gewapende aanvalle deur MK- operateurs, insluitend ʼn handgranaataanval op veiligheidsmagte in Augustus wat ongevalle tot gevolg gehad het. Dit het daartoe gelei dat generaal-majoor Griebenouw van die Wes-Kaapse veiligheidspolisie die bystand van Vlakplaas versoek het. Vlakplaas- bevelvoerder Eugene de Kock het sekere Vlakplaas-personeel ontplooi (georganiseer) insluitend Joe Coetzer, Riaan Bellingan en verskeie askaris, insluitend Gladstone Moss, Eric ‘Shakes’ Maluleke en Xola Frank ‘Jimmy’ Mbane. Die askaris is deur lede van die veiligheidspolisie ingelig. Hulle is foto’s gewys van sommige aktiviste in Gugulethu wat na bewering ‘gevaarlike terroriste' is. Na ʼn onsuksesvolle poging om Mbelo (ʼn askari) in ʼn groep in Gugulethu te infiltreer, is Jimmy en Eric Maluleke ingestuur. Hulle het wapens en granate gekry en het by die huis van die plakkersleier ‘Yamile’ aangekom en beweer dat hulle bevelvoerders uit ballingskap is. As bewys, het hulle het ʼn versteekte paneel in die minibus oopgemaak, en hul gewere gewys. Yamile het die askaris geglo en, nadat hy hulle aan Christopher ‘Rasta’ Piet, voorgestel het. Hulle het gou die kern van die groep gehad, wat as die ‘Gugulethu Sewe’ bekend geword het. Op 3 Maart 1986, kort na 07h00, is sewe mans van tussen sestien en drie-en-twintig jaar in Gugulethu doodgeskiet. Almal het talle skietwonde aan hul liggame opgedoen: almal is in die kop geskiet: een het die helfte van sy gesig weggeblaas gehad. [Uit https://sabctrc.saha.org.za/reports/volume3/chapter5/subsection35.htm. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die volgende is deel van getuienisse wat Thapelo Mbele en Rian Bellingan by die Waarheid-en-Versoeningskommissie-verhoor in Kaapstad op 18 November 1997 gelewer het. Een van die sleutelgetuies in die ‘Gugulethu Sewe’-saak was dié van Thapelo Johannes Mbelo, ʼn lid van die veiligheidstak. Mbelo het in sy beëdigde verklaring gesê as die polisie die groep wou arresteer, sou dit maklik gewees het want die askaris kon die polisie gewys het waar om hulle te kry. Hy het aan die komitee beskryf hoe die polisiebeamptes op die vergadering opdrag gekry het om sekere posisies op die toneel van die beplande aanval op die minibus in te neem. Nadat die aanval nie plaasgevind het nie, en hulle besig was om te onttrek en uiteen te gaan, het hy van die verdagtes op die sypaadjie opgemerk. Aangesien hy gedink het hulle was daarop ingestel om polisiemanne aan te val, het hy hierdie inligting aan sy kollegas per radio oorgedra. Die skietery het kort daarna begin. Hy het gesien hoe een van die verdagtes, Christopher Piet, met ʼn geweer hardloop en skiet. Mbelo sê hy het gesien hoe Piet geskiet word en op die grond val, hoewel hy nie kon sien wie hom geskiet het nie. Nadat hy die voertuig gestop het, het hy gery, het Mbelo gesê ʼn aanvaller het met sy hande in die lug na hom gekom en in Xhosa gesê hy sal die polisie wys waar die ander is. Nadat die man egter ontwapen is, het ʼn sersant van die onlustegroep hom beveel om die man te skiet, wat hy gedoen het, en hom in die kop geskiet het. Mbelo het aan die komitee gesê hy het gesien hoe Bellingan, sy destydse bevelvoerder, ʼn ander verdagte op die toneel uit ʼn voertuig trek en hom twee keer geskiet het. Mbelo, wat die families van die oorledene gevra het om hom te vergewe en aangebied het om hulle een vir een te ontmoet om verskoning te vra. Intussen ontken Bellingan die meeste van Mbelo se getuienis. Hy het gesê die operasie het nie volgens die plan verloop om die oortreders in hegtenis te neem toe hulle na die polisiepersoneel-minibus beweeg het nie. Hy het volgehou dit was nie moontlik om die groep in hegtenis te neem nie omdat hulle aanhou van plek tot plek beweeg het. Hy het egter volle verantwoordelikheid vir die dood van die sewe aanvaar. [Uit https://www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/heide/ct00100.htm. Toegang op 4 Maart 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) BRON 2C Dit is ʼn spotprent deur Zapiro wat kommentaar lewer oor die prestasies van die Waarheid- en-Versoeningskommissie (WVK) in Julie 1998. [Uit Zapiro, End of Part One deur J. Shapiro] WAARHEID JY IS HIER NA REKONSILIASIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Die volgende is uittreksels van twee getuienisse van die moeders van die Gugulethu Sewe. Cynthia Nomvewu Ngewu, die ma van Christopher ‘Rasta’ Piet en Notrose Konile, die ma van Zabonke John Konile by die Waarheid-en-Versoeningskommissie se verhore op 27 November 1996. Piet se ma, Cynthia Nomveyu Ngewu, het in haar getuienis van 27 November 1996 aan die Waarheid-en-Versoeningskommissie se growwe Menseregteskendings-komitee gesê die verhore in die hof was sy mee ontevrede oor en sy kon nie die taal verstaan wat gepraat word nie; die verrigtinge was in Afrikaans. Ngewu het gesê sy moes sien hoe haar dooie seun op televisie met ʼn tou om sy middel gesleep word. Hulle het hom uit die bakkie gesleep. Die polisie het aan haar gesê haar seun het op die polisie geskiet en hulle het later tot by haar huis gekom om wapens te soek. Sy het gesê hulle is aangesê om hul seuns dadelik te begrawe, maar hul prokureurs het hulle aangeraai om hulle te begrawe op die tyd wat hulle wil. Na ʼn lang tyd en reeds hiervan vergeet het, was hulle meegedeel dat daar ʼn geregtelike doodsondersoek by Wynberg gaan wees. Hulle is meegedeel dat Christopher deur Barnard en Coetzee geskiet is. Sy het gesê gedurende die tyd toe al hierdie gebeure, gebeur het, was sy te swak. Sy was vol haat as gevolg van die manier waarop haar seun vermoor is. Ngewu het later haar vergifnis en versoenende oortuigings oor haar seun se dood uitgespreek. “Ons wil nie die euwel (kwaad) wat oortreders aan die nasie gepleeg het, terugbring nie. Ons wil menslikheid teenoor hulle demonstreer sodat hulle op hul beurt hul eie menslikheid kan herstel.” Mev. Konile het haar getuienis begin deur ses keer binne vyf sekondes swaar te sug en gesê: “Ek is so moeg – ek is so moeg nog voor hierdie proses waaroor ek reeds wanhoop het. Ek sal nie met hulle kan praat nie, dit is hulle skuld dat ek nou in hierdie ellende is, ek nie weet wat om met hulle te maak nie. Ek kan nooit vir hulle sê wat om te doen nie. Ek het net alles prysgegee. Ek wil nie lieg nie, ek het hulle nie vergewe nie.” Die Waarheid-en-Versoeningskommissie het die Suid-Afrikaanse polisie, Rian Bellingan, Thapelo Mbelo en Xola Frank ‘Jimmy’ Mbane amnestie vir die moorde toegestaan. [Uit www.sabctrc.saha.org.za. Toegang op 8 Januarie 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE EKONOMIE VAN ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED? BRON 3A Die bron hieronder fokus op die nadele van globalisering vir die ontwikkelende lande. In ekonomie kan globalisering gedefinieer word as die proses waarin besighede, organisasies en lande op ʼn internasionale skaal begin funksioneer. Die tempo van globalisering het die afgelope paar jaar toegeneem, ʼn gevolg van vinnige vooruitgang in kommunikasie en vervoer. Vooruitgang in kommunikasie stel besighede in staat om geleenthede vir belegging te identifiseer. Terselfdertyd, innovasies in inligtingstegnologie onmiddellike kommunikasie en die vinnige oordrag van finansiële bates oor nasionale grense moontlik te maak. Globalisering bied aan besighede ʼn mededingende voordeel deur hulle toe te laat om grondstowwe te verkry waar dit goedkoop is. Globalisering gee ook aan organisasies die geleentheid om voordeel te trek uit laer arbeidskoste in ontwikkelende lande, terwyl hulle die tegniese kundigheid en ervaring van meer ontwikkelde ekonomieë benut. Met globalisering kan verskillende dele van ʼn produk in verskillende streke van die wêreld gemaak word. Nie alles oor globalisering is voordelig nie. Enige verandering het wenners en verloorders, en die mense wat in gemeenskappe woon wat afhanklik was van werk wat elders uitgekontrakteer is, ly dikwels. Dit beteken effektief dat werkers in die ontwikkelde wêreld met laerkostemarkte vir werk moet meeding. Die situasie is meer kompleks in die ontwikkelende wêreld, waar ekonomieë vinnig verander. Inderdaad, die werksomstandighede van mense op sommige punte in die voorsieningsketting is betreurenswaardig (onaanvaarbaar). Die klerebedryf in Bangladesj het byvoorbeeld na raming vier miljoen mense in diens, maar die gemiddelde werker verdien minder in ʼn maand as wat ʼn Amerikaanse werker in ʼn dag verdien. [Uit https://education.nationalgeographic.org/resource/effects-economic-globalization. Toegang op 11 Maart 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Die bron hieronder is geskryf deur ʼn lid van die Anti-Globalisering Beweging. Dit fokus op die rol wat die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) ten opsigte van globalisering gespeel het. Met die herhalende sang van: “Hey, hey, ho, ho, die WTO moet gaan!” en “Die mense verenig, ons sal nooit verdeeld wees nie,!” het die Weerstandsfees begin ... gevolg deur die lewendige samevoeging van tromslaners en fluitspelers wat met die ritme afskop. ʼn Inspirerende, passievolle werkersklaskoalisie van die mees onwaarskynlike individue was besig om in die strate van Seattle te vergader om hul sterk ontevredenheid teenoor ʼn gemeenskaplike vyand te lig; die vernietigende korporatiewe regulering van die Wêreldhandelsorganisasie ... die WHO. Die betogers het bestaan uit onder andere, vakbondstaalwerkers en hul gesinne, omgewingsbewustes, ou hippies, kollegestudente, oumas, migante-/trekwerkers van Mexiko, Tibettaanse monnike, werkers van die ‘Pacific Rim sweatshops’ (fabriekswerkers wat lae lone verdien het, en wat lang ure onder swak werksomstandighede gewerk het). Die diereregte-aktiviste het as seeskilpaaie aangetrek, en daar was ook ʼn paar wilde, mal nonne. Wat ʼn fees! Hierdie pragtige mengelmoes van mense was ook baie goed opgevoed en ingelig oor die kwessies rakende die aktiwiteite van die WHO. Hulle het hul huiswerk gedoen. Vir die afgelope vier dae wat ek in Seattle was, en verskeie weke voor dit, is verskeie werkswinkels en seminare oor ʼn verskeidenheid nasionale en internasionale kwessies by die plaaslike gemeenskapsale en kerke gehou. Kwessies wat bespreek is, het gewissel van die produksie van geneties-gemanipuleerde voedsel; die hongerloonfabrieke in Indonesië, Pakistan, Mexiko en die Filippyne; die duidelike uitroeiing (afkapping) van woude; dierebeskermingswette; beeshormone; vergiftigde lug, water en grond; die verlies van Amerikaanse werkers se werk aan oorsese markte (ek sal slawearbeid goedkoper noem); ... Die primêre agenda van die WHO het basies bestaan uit die verkragting van die planeet en die uitbuiting van die werkers deur ʼn paar multinasionale maatskappye se uitvoerende hoofde en groot aandeelhouers, in die naam van blatante gierigheid en mag, behels. Dan wonder hulle hoekom so baie mense in die straat opgedaag het om hulle teen te staan? [Uit http://pecoskid.com/my-writings/anti-globalization-movement-essays-battle-in-seattle/. Toegang op 11 Maart 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) BRON 3C Hierdie is ʼn spotprent deur ʼn onbekende spotprenttekenaar wat die verskuiwing van produksie van die VSA na laeloonlande (Indonesië) kritiseer. [Uit https//www.pinterest.de/pin/366128644678749632/. Toegang op 11 March 2024 verkry.] BAIE WERK GEEN WERK GEEN SKOENE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Die uittreksel hieronder beklemtoon die impak wat die multinasionale maatskappye op die lewens van gewone mense in ontwikkelende lande gehad het. Sedert die Tweede Wêreldoorlog is meer en meer globale produksie, deur grootmaatskappye wat oor grense heen werk, uitgevoer. Multinasionale maatskappye het wêreldwyd toegeneem deur hul vervaardigingsaanlegte in die buiteland te vestig, sodat hulle op goedkoper arbeidskoste kan kapitaliseer of om nader aan hul markte te wees. Maatskappye het magtiger as baie nasionale state geword. Alhoewel hulle broodnodige buitelandse beleggings na ontwikkelende lande gebring het, het hierdie maatskappye dikwels winste voor die regte van werkers, of die lande waarin hulle geleë is, gestel. Supermarkte in ontwikkelde lande het wêreldwye kettingwinkels geskep en goedkoop produkte van regoor die wêreld verseker. Maar die mense wat die produk verbou het, is op die pryse wat hulle van die multinasionale maatskappye kry afhanklik, wat in die meeste gevalle in die laaste paar dekades aansienlik gedaal het. Dit ontneem hul vermoë om ʼn basiese lewenstandaard aan hul gesinne te verskaf. Die probleem is nie dat internasionale handel eintlik teen die behoeftes en belange van die armes is nie, maar dat die reëls wat handeldryf reguleer, ten gunste van die ryk lande vasgestel is. Vir arm mense om voordeel uit wêreldwye handel te trek, moet die reëls hervorm word sodat hulle armes, op nasionale en internasionale markte, regverdige toegang bied. [Uit http://www.youth deved.ie/issues/globalisation_and_trade. Toegang op 11 Maart 2024 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2024) ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: http//wwwdeved.youth .ie/issues/globalisation_and_trade https:/karibu.org.za/from – Soweto-to-democracy/htm http://pecoskid.com/my-writings/anti-globalization-movement-essays-battle-in-seattle/. https//www.pinterest.de/pin/366128644678749632/ https://education.nationalgeographic.org/resource/effects-economic-globalization/ https://www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/heide/ct00100.htm https://www.saha.org.za/imagesofdefiance/forward with democratic srcs down with apartheid education.htm https://www.sahistory.org.za/article/congress-south-african-students-cosas https:/karibu.org.za/from – Soweto-to-democracy/htm Shapiro, J., 1998 Zapiro End of Part One, 1st ed, Cape Town, David Phillip Publishers Maona, T. 1992, Student organisation and Political resistance: An analysis of the Congress of South African Students, 1979 -1985 www.sabctrc.saha.org.za Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 History

View all