Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

MemorandumHistoryGrade 12202424 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 GESKIEDENIS V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 30% VLAK 3 beperkings vas te stel. (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR • Sommige weglating in die inhoudsdekking • Poog om ʼn argument te handhaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te opstel. Goeie opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie. sintese van Grootliks argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog inligting. Het ʼn beskrywend of gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol goed te ontwikkel. gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument gebalanseerde, Gevolgtrekking argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike gemaak uit bewyse verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te Argument gevolgtrekking uit ondersteun. die bewyse te bewyse nie. maak nie. deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17 beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE STUDENTE (COSAS) APARTHEID IN DIE 1980’s TEENGESTAAN? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘om sy lede in te lig oor die geskiedenis en stryd van die “verdruktes”. ’ • ‘tot die beginsels van nie-rassisme en demokrasie’ (2 x 1) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Studente moet deur demokraties verkose SVR’e’ georganiseer word • ‘Studente moet die gemeenskap dien ...’ • ‘Die plig van die studente was om ondersteuning aan vakbond- en gemeenskapsorganisasies te verleen’ (Enige 2 x 1) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Beide studente en werkers het onder die wette van apartheid gely • Saam sal hulle veldtogte teen die apartheidsregime loods • COSAS kan noodsaaklike ondersteuning aan stakende werkers en die gemeenskap bied • Saam sou hulle ʼn sterker krag word wat tot die ondergang van apartheid sal lei • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1A – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Om die vakuum te vul aangesien ander studente-organisasies verbied is • Om studente polities bewus te maak • Om weerstand te bied teen die Bantoe-onderwysstelsel wat deur apartheid afgedwing is • Om studente te organiseer om hul rol te speel om apartheid te weerstaan • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • ‘Boikotte’ • ‘Stakings’ • ‘Onderhandelings’ • ‘Eise neergelê’ (Enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Skole was swak toegerus • Tekort aan gekwalifiseerde onderwysers • Die gebruik van lyfstraf • Teenwoordigheid van polisie in skole • Onderwysers wat polities bewus was, is afgedank • Om minderwaardige onderwys te kry • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.2.3 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1B – V1] • Doelbewuste weiering om produkte/goedere te koop • Weiering om met ʼn persoon of organisasie te handel • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Studente was bereid om hul opvoeding op te offer om vir vryheid te veg • Studente was bereid om vir ʼn demokratiese Suid-Afrika te veg • Gratis en gelyke onderwys sal slegs verkry word as die politieke stelsel van Suid-Afrika verander word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Dui aan dat COSAS gelyke onderwysgeleenthede wou hê • COSAS wou hê Bantoe Onderwys moet beëindig word • Sprekers wat genooi is, dui ook aan dat COSAS ook gekonsentreer het op politieke eise vir ʼn nie-rassige demokratiese Suid-Afrika • Die dood van hul medestudente het gedien as ʼn motivering om nie die stryd teen apartheid prys te gee nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • ‘Biskop Tutu’ • ‘Terror Lekota’ • ‘Cedric Kekana’ • ‘Alex Rapodile’ (Enige 2 x 1) (2) 1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C – V3] • Bron 1B dui aan dat COSAS gepoog het om teen Bantoe-onderwys te veg en Bron 1C toon dat COSAS Bantoe-onderwys verwerp het • Bron 1B dui aan dat skoolkwessies nou gekoppel is aan politieke eise teen apartheid en Bron 1C toon dat sprekers van verskillende organisasies as sprekers na die vergadering genooi is. • Beide bronne verwys na COSAS-eise vir demokratiese verkose SVR’e • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 9 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘Beskuldig van die bevordering van die doelwitte (oogmerke) van die ANC en SAKP’ (1 x 2) (2) 1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • 'Dood' • 'Beseer' • 'Aangehou' (Enige 2 x 1) (2) 1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • COSAS het belowe om Bantoe-onderwys teen te staan • Dit sal veldtogte begin om die Bantoe-onderwysstelsel te beëindig • COSAS sal nie sy weerstand teen die onregverdige onderwysstelsel stop totdat dit geskrap is nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.5.4 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1D – V2] • Ongewapende studente is tydens betogings beseer en gedood • COSAS is verbied • COSAS-lede is tronk toe gestuur sonder enige formele verhore • Dit het onwettig geword om klasboikotte te propageer • Die polisie en weermag is meer mag gegee om enigiemand in hegtenis te neem wat geglo ʼn bedreiging vir die staat is • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) is in Junie 1979 gestig (Bron 1A) • Lig sy lede oor die geskiedenis en stryd van die onderdruktes in (Bron 1A) • Die doel van die COSAS was om studente en die gemeenskap bewus te maak van die onderdrukkende aard van onderwys in Suid-Afrika (Bron 1A) • COSAS het alliansies met die UDF en werkers gevorm (Eie kennis) • COSAS het ʼn verskeidenheid weerstandstaktieke uitgevoer soos boikotte, stakings, onderhandel en eise gestel (Bron 1B) • COSAS het verskillende veldtogte geloods om apartheid te weerstaan (Bron 1B) • Dit het Suid-Afrika onregeerbaar gemaak (Bron 1B) • COSAS het begin met skoolboikotte teen die Bantoe-onderwysstelsel (Bron 1B en Bron 1D) • COSAS het belowe om nie die stryd op te gee totdat die apartheidstelsel vernietig is nie (Bron 1B) • COSAS het werkers- en gemeenskapweerstandaktiwiteite ondersteun (Bron 1B en Bron 1C) • Studente was bereid om ter wille van vryheid te sterf en in die tronk gestop te word (Bron 1D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe COSAS die apartheidsregering in die 1980’s PUNTE VLAK 1 teengestaan het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon gedeeltelike begrip oor hoe COSAS die PUNTE VLAK 2 apartheidsregering in die 1980's 3–5 teengestaan het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv., demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe COSAS die apartheidsregering in die 1980’s PUNTE VLAK 3 teengestaan het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 11 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORDE VAN DIE GUGULETHU SEWE GEHANTEER? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘ʼn Handgranaataanval op veiligheidsmagte in Augustus wat ongevalle veroorsaak het’ (1 x 1) (1) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘Gladstone Moss’ • ‘Eric ‘Shakes’ Maluleke’ • ‘Xola Frank ‘Jimmy’ Mbane (3 x 1) (3) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Vlakplaas was die regering se moordbende • Hulle wou van staatsvyande ontslae raak • Hulle was ʼn bedreiging vir die staat • Die aktiviste is as terroriste beskou wat die regering wou omverwerp • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.4 Verduideliking van historiese konsep uit Bron 2A – L1] • ʼn Voormalige guerrilla wat in ʼn polisiespioen verander het • ʼn Voormalige politieke aktivis wat deur sekuriteitsmagte gewerf is • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Die taktiek wat deur die veiligheidspolisie gebruik is • Die polisie het brutale metodes gebruik om staatsvyande uit te skakel • Hulle is as terroriste gesien • ʼn Groot aantal moorde het gedurende hierdie tydperk plaasgevind • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘Thapelo Mbelo’ • ‘Rian Bellingan’ (2 x 1) (2) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘Dit sou maklik gewees het, want die askaris wat die groep geïnfiltreer het, kon die polisie wys waar om hulle te kry’ (1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B –V2] • Mbelo het voor die WVK verskyn en sy rol in die moorde op die Gugulethu Sewe erken • Hy het volle openbaarmaking gemaak • Hy het die ouers om verskoning gevra • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) 2.2.4 [Bepaal die betroubaarheid van bewyse uit Bron 2B – V3] Hierdie bron is BETROUBAAR omdat: • Dit is ʼn primêre bron, ʼn uittreksel oor getuienis van Mbelo en Rian Bellingan wat lede van die veiligheidspolisie was wat die Gugulethu Sewe vermoor het • Beide was direk verantwoordelik vir die moorde • Die bron kan geverifieer word met inligting in Bron 2A oor hul betrokkenheid by die moorde • Die datum van die bron 18 November 1997 stem ooreen met die tydraamwerk van die WVK-verhore. • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Die WVK was die lig om die verborge waarheid oor die moorde wat tydens die apartheidsera plaasgevind het, te openbaar • Die WVK was suksesvol om die waarheid te openbaar en versoening tussen die slagoffers en oortreders teweeg te bring • Die WVK het ʼn platform geskep vir oortreders om die waarheid oor hul wandade te onthul • Dit wys ook dat nie almal nie bereid was om voor die WVK te verskyn nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • ‘Aartsbiskop Desmond Tutu’ (1 x 2) (2) 2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B en 2C om ooreenkomste te bepaal – V3] • Bron 2B meld dat die oortreders Mbelo en Bellingan voor die WVK verskyn om volle openbaring te gee oor hul betrokkenheid by die moorde op die Gugulethu Sewe en Bron 2C toon dat die WVK suksesvol was om die oortreders op te spoor en die waarheid te onthul • Bron 2B meld dat die Gugulethu Sewe doodgeskiet is en Bron 2C wys dat slagoffers vermoor is • Beide bronne onthul dat die hoofdoel van die WVK was om die waarheid oor wandade te onthul • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘Christopher ‘Rasta’ Piet’ • ‘Zabonke John Konile’ (2 x 1) (2) 2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Sy het bedoel sy wou nie wraak neem nie • Sy was gereed om die oortreders te vergewe sodat hulle weer ʼn normale lewe kan lei • Sy het herstellende geregtigheid ondersteun • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 13 2.5.3 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V2] • Die toestaan van amptelike kwytskelding vir mense wat politiese gemotiveerde misdade gepleeg het • Die toestaan van amptelike kwytskelding aan oortreders wat volle openbaring van gruweldade maak wat hulle vir politieke redes gepleeg het • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die WVK is gestig om ernstige menseregteskendings te ondersoek wat onder apartheid van 1960 tot 1994 gepleeg is (Eie kennis) • Die veiligheidspolisie het Vlakplaas gebruik om politieke aktiviste dood te maak (Bron 2A) • Die WVK het openbare verhore gehou waar die oortreders ʼn kans gehad het om hul stories te vertel (Bron 2B en Bron 2C) • Thapelo Mbele en Rian Bellingan het voor die WVK verskyn om getuienis oor die moord op die Gugulethu Sewe te lewer (Bron 2B) • Die WVK het ʼn platform geskep waar oortreders die waarheid oor hul misdade kon onthul (Bron 2B en Bron 2C) • Die WVK-voorsitter was aartsbiskop Desmond Tutu wat die leiding geneem het om die waarheid te onthul (Bron 2C) • Mev. Nomvewu Ngewu en mev. Konile het ʼn kans gekry om hul stories te vertel (Bron 2D) • Die WVK het aan Rian Bellingan, Thapelo Mbelo en Xola Jimmy Mbane amnestie toegestaan (Bron 2D) • Mev. Ngewu het vergifnis uitgespreek vir die moord op haar seun (Bron 2D) • Die slagoffers het afsluiting gevind (Bron 2D) • Die oortreders is deur familielede vergewe (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) Gebruik die volgende rubriek om die paragraaf te assesseer: • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie PUNTE VLAK 1 (WVK) die moorde van die Gugulethu 0–2 Sewe gehanteer het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ‘n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Waarheid- en-Versoeningskommissie (WVK) die PUNTE VLAK 2 moorde van die Gugulethu Sewe 3–5 gehanteer het. • Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) die moorde van die Gugulethu PUNTE VLAK 3 Sewe gehanteer het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 15 VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING DIE EKONOMIE VAN ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED? 3.1 3.1.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V1] • Globalisering beteken dat lande meer interafhanklik word en dat mense oor die hele wêreld meer aan mekaar verbind is • Globalisering verwys na ‘n verbintenis tussen verskillende ekonomiese, politieke, tegnologiese en kulturele sfere. • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Dit is as gevolg van vinnige vooruitgang in kommunikasie • Vinnige vooruitgang in vervoer (2 x 1) (2) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • ‘Besighede is voorsien van ʼn mededingende voordeel om grondstowwe te koop waar dit goedkoop is’ • ‘Hulle het geleenthede gekry om voordeel te trek uit laer arbeidskoste in ontwikkelende lande’ • ‘Verskillende dele van ʼn produk kan in verskillende streke van die wêreld gemaak word’ (Enige 2 x 1) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Werkers in Bangladesj is lae lone betaal • Mense in Bangladesj leef in armoede • Die lewenstandaard is hoër in die VSA as in Bangladesj • Dit beklemtoon die uitdagings wat mense in ontwikkelende lande in die gesig staar • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Werkersregte is nie deur Wêreldhandelorganisasie beskerm nie • Hul werk is nie beskerm nie, en dit was ʼn manier om hul werk te verseker • Hulle het salarisse gekry wat nie ordentlik was nie • Hulle is deur hul werkgewers uitgebuit • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Hulle was goed opgevoed en ingelig’ • ‘Verskeie werkswinkels en seminare oor ʼn verskeidenheid nasionale en internasionale kwessies gehou’ • ‘Hulle het hul huiswerk gedoen’ (Enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) 3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Die produksie van geneties gemanipuleerde voedsel’ • ‘Hongerloonfabrieke in Indonesië, Pakistan, Mexiko en die Filippyne’ • ‘Die afkap van woude’ • ‘dierebeskermingswette’ • ‘Beeshormone’ • ‘vergiftigde lug, water en grond’ • ‘Verlies van Amerikaanse werkers se werk aan oorsese markte’ (Enige 2 x 1) (2) 3.2.4 [Bepaling van beperking van Bron 3C – V3] • Bevooroordeeld – eensydige siening van betogers • Dit beklemtoon slegs die negatiewe aspekte van die WHO • Dit dui nie daarop dat die WHO deur die vermindering van die pryse van voltooide goedere en dienste uiteindelik tot 'n laer lewenskoste gelei het nie • Dit het ook vryer handel verseker wat ook die lewenskoste verlaag het • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Dit toon die uitbuiting van ontwikkelende lande deur lae lone aan hulle te betaal • Ontwikkelende lande (arm vrou) maak skoene, maar mense daar is steeds arm (geen skoene nie) • Globalisering het tot uitbuiting van die ontwikkelende lande gelei • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • ‘Geen Werk’ (1 x 2) (2) 3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Om op goedkoop arbeidskoste te kapitaliseer’ • ‘Om nader aan hul markte te wees’ (2 x 1) (2) 3.4.2 [Verduideliking van konsep uit Bron 3D – V2] • Is groot maatskappye wat ander takke in verskillende lande regoor die wêreld geopen het • Groot beleggings word in die buiteland gemaak • Groot winste word deur hierdie maatskappye gemaak • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Die regte van gewone mense is deur hierdie multi-nasionale maatskappye geïgnoreer • Hulle is uitgebuit deur lae lone te kry wat tot onvermoë gelei het om basiese lewenstandaard vir hul gesinne te voorsien • Die pryse vir hul produkte het drasties gedaal • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 17 3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Hulle kon meer en beter markte bereik • Groot winste gemaak deur goedkoop arbeid te gebruik • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3C en 3D – V3] • Bron 3C toon dat arm lande ʼn mark vir goedkoop arbeid was, en Bron 3D dui aan dat multi-nasionale ondernemings globalisering gebruik het om op goedkoop arbeidskoste te kapitaliseer • Bron 3C wys die vroue is oormoeg en Bron 3D dui aan dat MNK hul winste eerste stel voor die regte van werkers • Beide bronne dui daarop dat beleggings na ontwikkelende lande gebring word • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit: • Globalisering stel besighede in staat om geleenthede vir belegging te identifiseer (Bron 3A) • Organisasies trek voordeel uit laer arbeidskoste in ontwikkelende lande (Bron 3A) • Die omgewing is negatief beïnvloed (Bron 3B) • Werksgeleenthede word in ontwikkelende lande as gevolg van globalisering geskep (Bron 3C) • Dit beïnvloed die ontwikkelende lande negatief deur gewone mense uit te buit – lae lone, baie werk (Bron 3C) • Multinasionale maatskappye stel wins voor werkersregte (Bron 3C en Bron 3D) • Die gaping tussen die rykes en die armes het toegeneem (Bron 3D) • Reëls vir internasionale handel het die ontwikkelde lande bevoordeel (Bron 3D) • Globalisering het die ontwikkelende lande gedwing om geld te leen by IMF en Monetêre Fonds (Eie kennis) • Ontwikkelende lande het groot rente op lenings betaal wat hulle armer gemaak het (Eie kennis) • Ontwikkelende lande het nie toegang tot nasionale en internasionale markte nie (Bron 3D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe globalisering die ekonomieë van PUNTE VLAK 1 ontwikkelende lande beïnvloed het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ’n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe globalisering die PUNTE VLAK 2 ekonomieë van ontwikkelende lande 3–5 beïnvloed het. • Gebruik bewyse op ’n basiese manier om ’n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ’n deeglike begrip oor hoe globalisering die ekonomieë van ontwikkelende lande PUNTE VLAK 3 beïnvloed het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde paragraaf en toon begrip oor die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 19 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970s TOT 1980s: SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie met die stelling saamstem nie. Kandidate moet verduidelik of dit deur die invloed van die Swartbewussynsbeweging was dat Swart Suid-Afrikaners in die 1970’s teen die apartheidsregering kon opstaan. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie – saamstem dat dit deur die invloed van die Swart Bewussynsbeweging was dat swart Suid-Afrikaners in die 1970’s teen die apartheidsregering kon opstaan. As hulle nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse staaf. UITBREIDING • Rede vir die stigting van die Swartbewussynsbeweging (SBB) (Agtergrond) Filosofie van Swartbewussyn (SB) • Swartes met ʼn gevoel van trots toegedien • Boesem swartes met selfvertroue en selfstandigheid in om die apartheidstaat uit te daag • Swartes beïnvloed om hulself te aanvaar • Swartes bemagtig om die gees van selfbejammering, minderwaardig- heidskompleks, self-vervreemding en oorheersing deur eksterne kragte te verwerp • Verwerping van wit oorheersing in hul organisasies • Swart studente het hulself begin organiseer om wit oorheersing te weerstaan deur weg te breek van NUSAS en SASO gestig (1968) (Beinvloed deur SBB) • Swart studente het die filosofie van Swart Bewussyn aangeneem (Invloed van SBB) • Biko het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om hulself te laat geld en dinge vir te doen hulself • SASO het BC-idees oor die kampusse van die etnies geskeide universiteite versprei • Studente aangemoedig om hulself van apartheid te bevry • Biko het selfbevryding bevorder • SASO het swart eenheid en solidariteit bevorder • Studente meer polities bewus gemaak en dan vir hul regte veg • SB-idees is in SASO-nuusbriewe gepubliseer om die SB-idees te versprei • Selfhelpgroepe vir swart gemeenskappe gestig met ander SB-leiers (invloed en selfstandigheid) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) Swart Bewussyn word ʼn nasionale beweging • In 1972 is die Black People’s Convention gevorm • Gemik daarop om swartmense van beide sielkundige en fisiese onderdrukking te bevry • Selfhelpprojekte is op die been gebring bv. Zanempilo-kliniek by Ginsburg, Zimele-trustfonds, Njwaxa-leerwerke (invloed en selfstandigheid) • Invloed op werkers het gelei tot die stigting van vakbonde BAWU (Black Allied Workers Union) – (invloed en selfstandigheid) • Stakings in Durban in 1973 (Werkers staan op teen apartheid) • Suid-Afrikaanse Studentebeweging het in 1972 gestig wat Swartes blootgestel het aan die ideale van SB (SBB-invloed op die jeug) • BPC en SASO het FRELIMO-saamtrekke (1974) georganiseer (jeugbetrokkenheid) • Die arrestasies van SB-leiers het politieke aktivisme verhoog • Studente se selfvertroue is versterk en gereed om die apartheidstaat uit te daag • Bantoe-onderwys het Afrikaans as onderrigmedium in skole ingestel (1975) • SASO en SASB het die stigting van die Soweto-Studente Verteenwoordigende Raad (SSVR) beïnvloed • Swart onderwysers en studente het Afrikaans as die taal van die onderdrukker verwerp • Sommige onderwysers en studente was reeds aan die idees van Biko en die SB-filosofie deur SASO (studente-onderwysers van universiteite) blootgestel • Die departementele omsendbrief oor Afrikaans (50/50) het die Soweto- opstand laat gebeur • Studente het op 16 Junie 1976 vreedsaam teen die implementering van die omsendbrief betoog • Polisiereaksie op studentebetogings het tot die dood van Hector Petersen, ʼn 13-jarige seun en andere gelei • Baie mense het die land verlaat en in ballingskap gegaan • Swartes beïnvloed om hul eie media te hê om die apartheidstaat uit te daag • Biko is in 1977 wreedaardig deur die veiligheidspolisie vermoor • Nalatenskap van Biko • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 21 VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek dat toegewydheid en vasberadenheid van verskeie politieke leiers en partye uiteindelik gelei het tot die beëindiging van apartheid en die totstandkoming van 'n demokratiese Suid-Afrika. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle opstel insluit. • Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem oor of toegewydheid en vasberadenheid van verskeie politieke leiers en partye uiteindelik het tot die beëindiging van apartheid en die vestiging van ʼn demokratiese Suid-Afrika gelei. UITBREIDING • FW de Klerk het PW Botha in 1989 vervang • De Klerk se toespraak in parlement op 2 Februarie 1990 • Vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 en ander verbode politieke leiers in 1990 (Toegewydheid en vasberadenheid deur De Klerk) • Ontbanning van die ANC, die PAC en die SAKP en ander verbanne partye • Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 – beide politieke partye het hulle daartoe verbind om geweld te beëindig en te onderhandel (vasberadenheid van die ANC en NP) • Geweld in die Vaaldriehoek (Rol van verskeie politieke partye) • Pretoria Minuut in Augustus 1990 – ANC het gewapende stryd gestaak en die NP het die noodtoestand opgehef (vasberadenheid deur ANC en NP) • Die Nasionale Vredesooreenkoms onderteken deur 27 politieke partye – het ʼn veiligheidsnet vir onderhandelinge gebied • KODESA 1 (20 Desember 1991) – 19 politieke partye behalwe vir KP en PAC (vasberadenheid) • Die Verklaring van Voorneme – partye het ooreengekom om ʼn nuwe grondwet op te stel en tussentydse regering (Toegewydheid en vasberadenheid deur partye) • Slegs blankes referendum (vasberadenheid deur De Klerk) • De Klerk het wit mening getoets nadat hy drie tussenverkiesings aan CP verloor het • Resultaat – oorwegend Ja vir onderhandelinge om voort te gaan • KODESA 2 (2 Mei 1992) – het nie gehou nie weens geweld en onvermoë van partye om oor magsdeling ooreen te kom • Boipatong-slagting en invloed van Derde Mag (17 Junie 1992) • Bisho-slagting (September 1992) – ANC-ondersteuners wie deel wou wees van die onderhandelingsproses • ANC het ʼn beroep op rollende massa-aksie teen die Nasionale Party gedoen • Rekord van Verstandhouding (September 1992) – Meyer en Ramaphosa verbind hulself tot vrede en tot onderhandelinge (Toegewydheid en vasberadenheid) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) • Joe Slovo se Sunset-klousule (vasberadenheid) • Partye wat meer as 5% van stemme wen, sal ʼn regering van nasionale eenheid vorm om die nuwe SA regeer • Blankes kan hul werk vir 5 jaar behou • Veelparty-onderhandelinge by die Wêreldhandelsentrum hervat (toegewydheid en vasberadenheid deur politieke partye) maar het nie gehou nie • Die AWB het die onderhandelinge op 15 Junie 1993 onderbreek toe hulle die Wêreldhandelsentrum met ʼn gepantserde voertuig bestorm met die hoop om onderhandelinge te stop • Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) – Janusz Waluś • Mandela spreek nasie toe op TV (vasberadenheid deur Mandela) • St. James-slagting (25 Julie 1993) • Heidelberg taverne-skietery (30 Desember 1993) • Shell House-slagting (28 Maart 1994) • Datum vir die eerste demokratiese verkiesing vasgestel (27April 1994) • Voortgesette geweld regdeur verkiesings • ʼn Motorbom buite die ANC hoofkantore • ʼn Motorbom het by die Jan Smuts-lughawe ontplof • Uitslae van verkiesing: ANC 62,7%, NP 20,4% en IVP 10,5% (vasberadenheid deur politieke partye) • Mandela het die eerste swart staatspresident van die nuwe demokratiese Republiek van Suid-Afrika geword met Thabo Mbeki en FW de Klerk as sy adjunkte • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V2 23 VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die ineenstorting van kommunisme beide die ANC en NP gehelp het om te besef dat die enigste oplossing in Suid- Afrika, was om te onderhandel. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem tot watter mate die ineenstorting van kommunisme beide die ANC en NP gehelp om te besef dat die enigste oplossing in Suid-Afrika was om te onderhandel. UITBREIDING • Die Sowjetunie het ekonomiese ontberinge gehad (agtergrondinligting) • Die Sowjetunie was by die Afghanistan Oorlog en Koue Oorlog betrokke • Die Sowjette het baie geld aan kernwapens bestee • Gorbatsjof het in 1985 die leierskap van die Sowjetunie oorgeneem • Om die ekonomie te laat herleef, het Gorbatsjof perestroika en glasnost ingestel • Perestroika beteken die herstrukturering van die ekonomie • Perestroika het kleinskaalse private eienaarskap toegelaat en het die regering se beheer oor produksie verwyder • Glasnost beteken openheid en het mense toegelaat om die regering te kritiseer • Beide beleide het Gorbatsjof nie die verwagte uitkomste gegee nie • Perestroika en glasnost het gelei tot die ineenstorting van die Sowjetunie omdat mense demokrasie geëis het • Dit het tot die einde van kommunisme en die einde van die Koue Oorlog gelei • Die Sowjetunie word nie meer as ʼn supermoondheid beskou nie • Kommunisme was nie meer as ʼn ‘globale bedreiging’ gesien nie • Ineenstorting van die Berlynse-muur – 1989 het die einde van Koue Oorlog aangedui • Die VSA en sy bondgenote kon nie meer voortgaan om die apartheid te ondersteun nie • Die Weste plaas nou druk op die NP om met die ANC te onderhandel of sou voortgesette sanksies in die gesig staar aangesien Suid-Afrika van geen nut meer was nie • Die ineenstorting van die Sowjetunie het druk op beide die Nasionale Party en die ANC geplaas om te onderhandel • Beide partye het geen ander keuse gehad as om met onderhandelinge te begin nie • Die nederlaag van die SAW tydens die Slag van Cuito Cuanavale in 1988 het die Nasionale Party aangemoedig om met kommuniste oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika te begin onderhandel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 24 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPEMBER 2024) • Suid-Afrika het aan Suidwes-Afrika onttrek – SWAPO het die verkiesing gewen (1990) en het dit na Namibië herdoop • Hierdie vreedsame oorgang van wit minderheidsregering na swart meerderheidsregering in Namibië het as ʼn bloudruk gedien vir SA om dieselfde te doen • Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie wit oppergesag regering onbepaald kon handhaaf nie • Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat as apartheid voortduur die ontwikkeling van die ‘wit’ ekonomie sou daaronder ly • Die regering het begin glo dat hervorming nodig is om die ontwikkeling van ʼn sterk swart middelklas wat as ʼn ‘bolwerk teen rewolusie’ sou optree • Die Suid-Afrikaanse regering kon nie meer die bedreiging van kommunisme gebruik om die Westerse steun te kry nie • Suid-Afrika kon nie meer staatmaak op Westerse steun vir sy ‘anti- kommunistiese’ houding nie – wêreldpolitiek het verander en dit het ʼn impak op Suid-Afrika se apartheidsbeleid gehad • Die apartheidsregime kon nie meer kommunisme gebruik om sy beleid van rasseskeiding te regverdig nie • Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese aanslag beskerm het onrealisties geword • De Klerk het gedink die ANC sou swak wees en het sy bereidwilligheid daarvoor gewys om met die ANC te onderhandel • Die Sowjetunie kon nie meer die ANC finansieel ondersteun nie aangesien dit bankrot was • Die Sowjetunie sal nie meer die ANC met wapens ondersteun nie aangesien dit ten gunste van vreedsame onderhandelinge was • Die ANC kon nie sonder die Sowjet militêre en finansiële ondersteuning met die gewapende stryd teen die NP voortgaan nie • Die ANC het nou ook bereidwilligheid getoon om met NP te onderhandel as ʼn alternatief vir die gewapende stryd • FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie ʼn sameswering gerig vanaf Moskou was nie • Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies in gesprek te tree om ʼn blywende oplossing vir Suid-Afrika te vind • Op 2 Februarie 1990 het De Klerk die ontbanning van alle anti-apartheid organisasies aangekondig en dit het die weg vir veelpartygesprekke gebaan • Hierdie samesprekings het uiteindelik gelei tot demokratiese verkiesings wat in 1994 gehou is • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 History

View all