Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 481.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsopgawe in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE ‒ ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA
ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE MUUR DIE KOUE OORLOG-SPANNING
TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET-
UNIE VERSTERK?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Identifiseer uit die bron, TWEE eise wat Khrushchev aan die Verenigde
State en sy bondgenote gestel het. (2 x 1) (2)
1.1.2 Hoe, volgens die bron, het Eisenhower op Sowjet-eise gereageer?
(1 x 2) (2)
1.1.3 Wat word geïmpliseer deur ‘na-oorlogse ooreenkomste oor die
besetting en bestuur van Duitsland en Wes-Berlyn’? (1 x 2) (2)
1.1.4 Waarom, volgens die bron en jou eie kennis, was die VSA en
Brittanje teen ʼn vrye Berlyn met geen gewaarborgde toegang tot
die Weste nie? (1 x 2) (2)
1.1.5 Verduidelik waarom die kruising van vlugtelinge van Oos-Berlyn na Wes-
Berlyn ʼn ramp vir die Ooste sou beteken as dit sonder toesig gelaat was.
(1 x 2) (2)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Wie, volgens die bron, het die doringdraadheining bestel wat Oos- en
Wes-Berlyn verdeel? (1 x 1) (1)
1.2.2 Definieer die term Koue Oorlog in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.2.3 Wat, volgens die bron, sou die belangrikheid van die Berlynse Muur
wees? (3 x 1) (3)
1.2.4 Noem die TWEE lande wat ʼn stryd/dooiepunt gehad het kort nadat die
muur gebou is. (2 x 1) (2)
1.2.5 Waarom dink jy het die stryd/dooiepunt tot die mees spanningsvolle
oomblikke van die Koue Oorlog in Europa gelei? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Waarom, volgens die bron, was daar ʼn voorstel vir die viermag-
samesprekings onder die militêre bevelvoerders in Berlyn? (1 x 2) (2)
1.3.2 Lewer kommentaar op die stelling: ‘die Sowjetunie het bedekte
(vermomde) dreigemente gemaak’ om “nie ʼn passiewe waarnemer te
bly nie”. (1 x 2) (2)
1.3.3 Definieer die term viermagsamesprekings in die konteks van die
Berlynse krisis. (1 x 2) (2)
1.3.4 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn
historikus wat die Berlynse krisis navors. (2 x 2) (4)
1.4 Lees Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik waarom Oos-Berlyners bereid was om te sterf deur die
Berlynse Muur na Wes-Berlyn te probeer oorsteek. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar oor die houding van die Wes-Berlynse polisie
teenoor die tiener. (2 x 2) (4)
1.5 Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
bewyse in Bron 1C met betrekking tot die Berlynse Muur ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Berlynse Muur die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State
van Amerika (VSA) en die Sowjetunie (USSR) versterk het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
SUIDER-AFRIKA GEHAD?
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Watter TWEE Angolese groepe, volgens die bron, het teen mekaar by
Cuito Cuanavale gestoei? (2 x 1) (2)
2.1.2 Haal die rede uit die bron aan wat tot die begin van die Slag van Cuito
Cuanavale gelei het. (1 x 2) (2)
2.1.3 Waarom, volgens die bron, het die SAW Jonas Savimbi se UNITA
tydens hierdie oorlog ondersteun? (2 x 1) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar op die stelling: ‘die gevegslyne is volgens
ideologiese oortuigings getrek.’ (1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Wat, volgens die bron, het tot Suid-Afrika se besluit om Cuito Cuanavale
te verlaat gelei? (2 x 1) (2)
2.2.2 Definieer die term onderhandelinge in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar oor hoekom Suid-Afrika huiwerig was om die
onafhanklikheid van Namibië, in ruil vir Kuba se onttrekking uit Angola
te beding. (2 x 2) (4)
2.2.4 Verduidelik die betekenis van die betrokkenheid van die Verenigde
Nasies Organisasie by die ondertekening van die verdrae. (1 x 2) (2)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Wat, volgens die bron, was die aansporing vir Kuba in die Slag van Cuito
Cuanavale? (1 x 2) (2)
2.3.2 Haal uit die bron die Departement van Militêre Veterane se belofte aan,
met betrekking tot die slagoffers by Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar op wat Nelson Mandela geïmpliseer het deur die
stelling: “die Kubaanse mense hou ʼn spesiale plek in die harte van die
mense van Afrika”. (2 x 2) (4)
2.3.4 Definieer die term bevryding in die konteks van die posisie van Namibië
na die slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2)
2.3.5 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron aan ʼn historikus wat die
impak van die Slag van Cuito Cuanavale navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.4 Verwys na Bron 2D.
2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (1 x 2) (2)
2.4.2 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die rol wat Kuba in die
Slag van Cuito Cuanavale vir Suider-Afrika gespeel het. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2D en Bron 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D met betrekking tot die resultate van die Slag van Cuito
Cuanavale ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
watter impak die Slag van Cuito Cuanavale op Suider-Afrika gehad het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: HOE HET DIE OPTOG OP WASHINGTON TOT DIE EINDE VAN
DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE IN AMERIKA IN DIE 1960’s
BYGEDRA?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Noem DRIE toestande in Amerika wat tot die Optog op Washington gelei
het. (3 x 1) (3)
3.1.2 Noem DRIE burgerregte-organisasies wat ʼn veldtog vir die Optog op
Washington beywer het. (3 x 1) (3)
3.1.3 Definieer die term burgerregte in die konteks van Amerika. (1 x 2) (2)
3.1.4 Lewer kommentaar op wat King geïmpliseer het met die stelling: “Laat
die swart arbeidende massas praat.” (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die bron, was die doel van die Optog op Washington?
(2 x 1) (2)
3.2.2 Definieer die term diskriminasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.2.3 Wat word deur King se historiese, ‘I have a dream (Ek het ʼn droom)-
toespraak’ geïmpliseer? (1 x 2) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die Lincoln-gedenkteken
in die stryd van die swart Amerikaners. (1 x 2) (2)
3.3 Lees Bron 3C.
3.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die Optog op Washington
met die aanneming van die Burgerregtewet van 1964 gehelp het.
(1 x 2) (2)
3.3.2 Wat, volgens die bron, was die vraag wat Amerika sedert 1955 of selfs
1954 gehad het? (1 x 2) (2)
3.3.3 Verduidelik hoe Martin Luther King se toespraak hierdie vraag
beantwoord het. (1 x 2) (2)
3.3.4 Verduidelik die hooggeregshofbeslissing in die Brown vs. Board (of
Education)-saak in 1954. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.4 Verwys na Bron 3D.
3.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
3.4.2 Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron aan ʼn
historikus wat die Optog op Washington navors. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
bewyse in Bron 3D met betrekking tot die Optog op Washington ondersteun.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Optog op Washington tot die einde van diskriminasie en segregasie in
Amerika in die 1960’s bygedra het. (8)
[50]
TOTAAL AFDELING A: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE ‒
VIËTNAM
Verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika suksesvol was om die
verspreiding van kommunisme in Viëtnam in die tydperk 1965 tot 1975 te bekamp. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGINGS WAT KONGO NA
ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
Politieke en ekonomiese beleide wat deur Mobuto Sese Seko in die nuut onafhanklike
Kongo ingestel is, het groei en voorspoed gebring.
Bespreek die bogenoemde stelling krities. Gebruik historiese bewyse om jou
argument te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VAN DIE 1950’s TOT DIE
1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING
Die Swartmagbeweging het in die 1960’s daarin geslaag om swart trots,
selfstandigheid en die verdediging van die Afro-Amerikaner se regte te vestig.
Stem jy saam? Gebruik relevante bewyse en voorbeelde om jou argument te
ondersteun. [50]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Addendum