NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 






View all
HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 21
- File size
- 751.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 21
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn
inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van die opstel
gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is en om die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in inhoudsdekking.
Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
opstel. Goeie
opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
sintese van Grootliks
argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog
inligting. Het ʼn beskrywend of
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN DIE EKONOMIESE EN POLITIEKE
ONSTABILITEIT IN EUROPA IN DIE 1940’s AANGESPREEK?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Europa
• Asië
• Afrika (3 x 1) (3)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Lande kon nie genoeg goedere vir hul eie mense produseer nie
• nog minder vir uitvoer. (2 x 1) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• VSA (1 x 1) (1)
1.1.4 [Analise van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Om vir invoere te betaal
• en skuldbetalings te maak. (2 x 1) (2)
1.1.5 [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Hulle het nie geld gehad om goedere te koop nie.
• Hulle het geen surplus produkte gehad om te verkoop nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Dit noodsaaklik is vir die handhawing van die beskawing waarin
die Amerikaanse lewenswyse gewortel is. (1 x 2) (2)
1.2.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1]
• Lande waar die regering volkome beheer het oor die mense en
die manier waarop hulle leef.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die Marshall-plan sal vryheid na Europese lande bring.
• Sukses van die Marshall-plan sal Europa teen kommunisme
beskerm.
• Ekonomiese herstel sal die voortsetting van kapitalisme en
demokrasie verseker.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Europese lande sou tot totalitarisme gedwing word.
• Kommunisme sou in Europa gedwing word.
• Daar sou konflik tussen kommunisme en kapitalisme wees.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
1.2.5 [Evaluasie van bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
• Dit is ʼn uittreksel uit ʼn toespraak wat Truman in 1949 gemaak
het.
• Truman is die VSA president wat die Marshall-plan goedgekeur
het.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1C – V2]
• Ekonomiese bystand gegee aan Europese lande wie se
ekonomieë deur die Tweede Wêreldoorlog vernietig is.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Die Marshall-plan het broodnodige handelsdollars voorsien.
• Het Wes-Europa gered van om ʼn sosialistiese pad te volg.(1 x 2) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Seker gemaak dat daar geen herhaling was van die chaos wat na
die Versailles-ooreenkoms van 1919 ontstaan het nie.
• Verhoed dat verloorders in kommunisme verval.
• Om markte vir Amerikaanse handel oop te maak.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die VSA herbou Europa met die Marshall-plan.
• Ekonomieë van oorloggeteisterde lande sal begin groei.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die Marshall-plan sal vrede na Europa bring.
• Lande wat voordeel trek uit die Marshall-plan sal deur die VSA
beskerm word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die Marshall plan was ʼn VSA plan vir Europese herstel.
• Die fondse vir Europese herstel het uit die VSA gekom.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en Bron 1D ‒ V3]
• Beide bronne dui aan dat Amerikaanse dollars gebruik is vir die Europese
herstel.
• Bron 1C meld dat die Marshall-plan gelei het tot vinnige ekonomiese
herstel in Europa, en Bron 1D; die groeiende blare dui die ekonomiese
herstel aan.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 9
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
• Die ekonomie van Europa was verwoes deur die Tweede Wêreldoorlog.
(Bron 1A)
• Die tekorte aan verbruikersgoedere het na die oorlog vererger. (Bron 1A)
• Talle lande in Europa kon nie hul skuld betaal nie en handel was erg geraak.
(Bron 1A)
• Die VSA het die Marshall-plan vir die herstel van die Europese ekonomie
geïmplementeer.
• Truman het geglo dat die Marshall-plan nodig was om die vryheid van
Europese lande te beskerm (Bron 1B)
• Die VSA het geglo dat die Marshall-plan demokrasie en kapitalisme sou
beskerm. (Bron 1B)
• Die Marshall-plan was gebruik om die verspreiding van kommunisme in
Europa te beperk.
• Die Marshall-plan het Amerikaanse dollars verskaf om Europese herstel te
bevorder. (Bron 1C)
• Beide die wenners en verloorders het baat by die Marshall-plan gevind.
(Bron 1C)
• Verloorders moes bygestaan word sodat hulle nie tot kommunisme wend
nie. (Bron 1C)
• Die ekonomieë van Europese lande het herleef.
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv.
toon min of geen begrip van hoe die
Marshall-plan ekonomiese en politieke
PUNTE
VLAK 1 onstabiliteit in Europa in die 1940’s
0–2
aangespreek het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp bv., toon ʼn bietjie
begrip van hoe die Marshall-plan
PUNTE
VLAK 2 ekonomiese en politieke onstabiliteit in
3–5
Europa in die 1940’s aangespreek het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om
ʼn paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv., toon ʼn deeglike
begrip van hoe die Marshall-plan
ekonomiese en politieke onstabiliteit in
PUNTE
VLAK 3 Europa in die 1940’s aangespreek het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 2: WAAROM HET DIE BUITELANDSE MAGTE IN 1975 BY DIE
ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
2.1 2.1.1 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V1]
• Teen die heerskappy van ʼn land deur ʼn vreemde land.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• MPLA
• UNITA
• FNLA (3 x 1) (3)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Vir mag (1 x 1) (1)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Hulle het gevoel dat die beweging die belange van die VSA in
Angola die beste verteenwoordig.
• Om te keer dat die kommunisties belynde MPLA Angola regeer.
• Om die verspreiding van kommunisme in Suidelike-Afrika te
voorkom.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Zaïre
• Suid-Afrika (2 x 1) (2)
2.2.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 2B – V2]
• Aanval op Angola deur buitelandse lande.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die VSA wou nie gesien word dat hulle inmeng in die sake van
Angola nie.
• Die VSA wou verseker dat ʼn VSA-vriendelike regering in Angola
opgerig word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die MPLA het Kuba versoek om hulle by te staan wanneer hulle
deur buitelandse lande aangeval word.
• Om die kommunisties georiënteerde MPLA te help om aan bewind
te bly.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 11
2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Om te toon hoe die Kubaanse soldate Angolese tydens die
Angolese Burgeroorlog gehelp het.
• Daar was ʼn goeie verhouding tussen Kuba en Angola.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Die Angolese het die ingryping van die Kubane verwelkom.
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Russe
• Kubane (2 x 1) (2)
2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Toe Suid-Afrikaanse troepe vroeg in Oktober Angola begin
binneval het, was daar skaars Russe en baie min Kubane in die
land. (1 x 2) (2)
2.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• MPLA was deur die Kubane en die Russe bygestaan.
• MPLA was vriendelik teenoor SWAPO wat teen Suid-Afrika in
Suidwes-Afrika geveg het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Zaïre
• Zambië (2 x 1) (2)
2.4.5 [Evalueer die beperkinge van bewyse uit Bron 2D – V3]
Die bron is beperk omdat:
• Dit slegs Suid-Afrika se standpunt gee.
• Dit bevooroordeeld teen Kuba en Rusland is.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en Bron 2C – V3]
• Beide bronne toon dat Kuba by die Angolese Burgeroorlog betrokke was.
• Bron 2B noem dat ʼn bataljon gereelde(ervare) troepe deur Kuba gestuur is
na Angola. Bron 2C is ʼn foto van Kubaanse troepe in Angola.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
• In 1975 het Portugal aan Angola sy onafhanklikheid gegee sonder
behoorlike magsoordrag.
• Die MPLA, UNITA en FNLA het meegeding om mag wat tot ʼn burgeroorlog
gelei het.
• Die burgeroorlog het tot die wapenwedloop gelei aangesien die drie
bevrydingsbewegings deur buitelandse moondhede bygestaan is.
(Bron 2A)
• Die VSA het die FNLA in die geheim bygestaan met fondse om hul belange
in Angola te beskerm. (Bron 2A)
• Die Sowjetunie het die MPLA met wapens en oorlogstoerusting bygestaan.
(Bron 2A)
• Kuba het militêre raadgewers gestuur en opleidingskampe vir die MPLA
bestuur. (Bron 2A)
• Suid-Afrika het wapens en opleiding aan beide UNITA en FNLA verskaf.
(Bron 2A)
• Fidel Castro het die VSA daarvan beskuldig dat hulle Zaïre en Suid-Afrika
teen MPLA aangehits het. (Bron 2B)
• Kuba was op versoek vir bystand deur die MPLA in Angola betrokke.
• Vorster het Rusland en Kuba die skuld gegee vir die ingryping van Suid-
Afrika in Angola. (Bron 2D)
• Suid-Afrika wou keer dat MPLA in Angola aan bewind is. (Bron 2D)
• Zambië en Zaïre het Suid-Afrika se ondersteuning vir UNITA en FNLA
verwelkom. (Bron 2D)
• Die betrokkenheid van buitelandse lande het die burgeroorlog laat toeneem.
• Die Angolese Burgeroorlog het ʼn slagveld vir die Koue Oorlog kompetisie
geword.
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv.
toon min of geen begrip van hoekom buitelandse
moondhede by die Angolese Burgeroorlog
PUNTE
VLAK 1 betrokke geraak het.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp bv., toon ʼn mate van
begrip hoekom buitelandse moondhede by die PUNTE
VLAK 2
Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv., hoekom
buitelandse moondhede by die Angolese
PUNTE
VLAK 3 Burgeroorlog betrokke geraak het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 13
VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE 1960’s STEMREG
VIR SWARTES IN DIE VSA BEREIK?
3.1 3.1.1 [Definisie van ʼn konsep uit Bron 3A – V1]
• Regte wat deur al die burgers geniet word.
• Persoonlike regte wat deur die grondwet beskerm word.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Suidelike Christelike Leierskap Konferensie (SCLC)
• Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC) (2 x 1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• George Wallace, goewerneur van Alabama, was ʼn berugte
teenstander van desegregasie.
• Die plaaslike geregsbode (sheriff) in Dallas County het ʼn
standvastige opposisie teen swart kiesersregistrasie dryf gelei.
(2 x 1) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Om te wys dat swart mense in teenstelling met die sienings van
die segregasioniste, swartmense daarin belanggestel het om te
stem.
• Toename in die aantal swart kiesers sal sommige regte wen vir
swart mense.
• Daar sal in die belange van die swart mense voorsiening gemaak
word.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Om SNCC se eerste veldpersoneel te word
• Hulle tot voltydse bewegingswerk te verbind. (2 x 1) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Swartes was aangeval toe hulle probeer het om te registreer om
te stem.
• Vroeër pogings om te registreer om te stem was nie suksesvol
nie.
• Swartes het hoop verloor om gelyke regte te verkry.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Stemregtewet.
• Wat die kiesers uitgebrei het
• Die ondemokratiese wurggreep van die suidelike Dixiecrats
beëindig het.
• Het die nasionale Demokratiese Party meer eksplisiet
verteenwoordigend gemaak (in ras en geslag)
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Staatstroepe het die optoggangers met knuppels aangeval
• Optoggangers hardloop weg sonder om terug te veg.
• ʼn Vreedsame optog wat in ʼn Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”)
verander het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Hulle het die opdragte van die goewerneur gevolg.
• Hulle was teen integrasie gekant/het segregasie ondersteun.
• Hulle was rassiste.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.3.3 [Bepaling van die betroubaarheid van bewyse uit Bron 3C – V3]
Die bron is betroubaar omdat:
• Die foto ʼn primêre bron is wat tydens die gebeurtenis geneem is.
• Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) deur ander bronne gestaaf
kan word.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• John Lewis
• Hosea Williams (2 x 1) (2)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Menige mense het van die werk van die Burgerregtebeweging
bewus geword.
• Meer mense het simpatie gehad met swartmense in die VSA.
• Lidmaatskap van die Burgerregtebeweging het toegeneem .
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• wie se weiering om haar sitplek op ʼn Montgomery bus prys te gee,
het gehelp om die moderne Burgerregtebeweging te begin.
(1 x 2) (2)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Die optog het tot die aanneming van die Stemregwet. (Voting
Rights Act.) gelei
• Die federale regering was gedwing om op te tree.
• Die aantal swart kiesers in die VSA het toegeneem.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 3C en Bron 3D – V3]
• Beide bronne toon dat die Burgerregtebeweging vir die stemreg van
swartes geveg het.
• Bron 3C wys hoe die optoggangers deur die staatstroepe aangeval word.
• Bron 3D bevestig dat die optoggangers deur staatstroepe op Bloedige
Sondag (“Bloody Sunday”) aangeval was.
• Beide bronne toon dat die optoggangers vreedsaam was.
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 15
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
• Die Burgerregtewet wat in 1964 aangeneem is het diskriminasie,
gebaseer op ras, tydens stemming verbied; maar Swartes was nog
steeds stemreg in die suidelike stede van die VSA verbied. (Bron 3A)
• Die Burgerregtebeweging het voortgegaan om swartes aan te moedig om
te registreer om te stem. (Bron 3A)
• In 1965 het Martin Luther King jnr. en die SCLC ʼn swart kiesers-
registrasieveldtog in Selma, Alabama begin. (Bron 3A)
• Beide die goewerneur van Alabama en die plaaslike geregsbode was
teen integrasie en die swart kiesers registrasieveldtog gekant (Bron 3A)
• Slegs 2 persent van swartes in Selma kon daarin slaag om te registreer
om te stem as gevolg van die weerstand teen swart stemmery (Bron 3A)
• Lede van die SNCC het deur tot deur gegaan om swartes aan te moedig
om te registreer om te stem. (Bron 3B)
• Sommige het met skool en werk opgehou om voltyds die werk van die
beweging te doen. (Bron 3B)
• Hulle werk het tot die aanneming van die Stemregwet en ʼn toename in
die aantal geregistreerde aantal swart kiesers gelei. (Bron 3B)
• Op Sondag 7 Maart 1965 het Lewis en Williams ʼn vreedsame optog in
Selma gelei. (Bron 3B)
• Staatstroepe het die optoggangers met geweld ontmoet en dit het in die
Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) ontaard, wat regstreeks in die media
gepubliseer was. (Bron 3B)
• Die Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) het die federale regering
gedwing om die Stemregtewet aan te neem.
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn baie elementêre wyse bv.,
toon min of geen begrip van hoe die
Burgerregtebeweging in die 1960’s stemreg vir
PUNTE
VLAK 1 swartes in die VSA verkry het.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp bv. toon ʼn bietjie
begrip van hoe die Burgerregtebeweging in die PUNTE
VLAK 2
1960’s stemreg vir Swartes in die VSA verkry het. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv., toon ʼn deeglike
begrip van hoe die Burgerregtebeweging in die
PUNTE
VLAK 3 1960’s stemreg vir swartes in die VSA verkry het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
Kandidate moet ʼn gebalanseerde reaksie verskaf wat die militêre strategieë van
beide die VSA en die Viëtkong in Viëtnam tussen 1963 en 1973 krities bespreek.
SINOPSIS
Kandidate moet krities kan bespreek waarom die VSA nie in staat was om ʼn klein nasie
Viëtnamese kleinboere tydens die Viëtnam-oorlog tussen 1963 en 1973 te verslaan
nie. ʼn Oorsig van die taktiek en strategieë wat deur die VSA se weermag en die
Viëtminh/Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) aangewend is tydens die oorlog moet ook
uitgelig word. ʼn Ontleding van hoe die Viëtkong die Amerikaanse weermag kon oorskry,
moet oor uitgebrei word.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet die stelling krities bespreek en ʼn relevante argument
ontwikkel.
UITBREIDING
• Die Geneefse-ooreenkoms het verkiesing belowe om die land teen 1956 te verenig.
• Die VSA wou die verspreiding van kommunisme in Suidoos-Asië verhoed – die
‘Domino Effek’
• Die VSA stuur wapens en adviseurs – misluk.
• Veilige dorpie-stelsel (Villagisation) / Kleinboeredorpie-strategie (strategic hamlet
programme) (VSA en die Suid-Viëtnamese regering skep nuwe dorpies en het
gepoog om dorpenaars (kleinboere) van die guerrillas te skei) wat ʼn mislukking was.
• Viëtnamese kleinboere was ook guerrillas (Viëtkong) en was nie maklik
identifiseerbaar deur die VSA soldate nie.
• Die Golf van Tonkin resolusie (1964) het President Johnson wye militêre magte
gegee wat het tot die uitbreiding van oorlogvoering in Viëtnam gelei het.
• Die VSA het Operasie Rollende Donderweer (Operation Rolling Thunder) van stapel
gestuur om die Ho Chi Minh-roete te vernietig – misluk – het tot meer ondersteuning
vir die Vietkong gelei
• Die Vietkong het die Tet-offensief van stapel gestuur (1968) – neem omtrent 80%
van stede en dorpe oor
• Die Tet-offensief het publieke opinie teen die oorlog gedraai.
• Die Viëtkong was baie ervare nadat hulle bevryding teen koloniale heerskappy
geveg het / die VSA het jong onervare dienspligtiges (opgeroepte soldate) gestuur,
die Amerikaanse weermag was nie in guerrilla oorlogvoering opgelei nie.
• ‘Operation Ranch Hand’ – het chemiese middels gebruik om die woude (Agent
Orange) en gewasse (Agent Blue) te verwoes.
• Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• Die hoogs doeltreffende gebruik van guerrillataktiek deur die Viëtkong
het Amerikaanse strategieë frustreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 17
• Die VSA gebruik soek-en-vernietig-beleide (missies) – wat tot groot aantal
burgerlike sterfgevalle lei
• Die My Lai-slagting het die beeld van die VSA ʼn knou gegee.
• Die media het druk op die Amerikaanse regering geplaas om van die oorlog te
onttrek.
• Studente en ontwapensbewegings het teen Amerikaanse betrokkenheid by die
oorlog geprotesteer.
• President Nixon se Vietnamisasie beleid / sluit WHAM (Winning the hearts and
mind of the Vietnamese) in, was ʼn poging deur die VSA om Amerikaanse troepe
te onttrek en was ʼn poging om sy beeld te red (‘save face’)
• Die VSA onttrek alle troepe teen 1973 en Noord Viëtnam neem beheer van
Saigon in 1975 oor.
• Viëtnam was onder kommunistiese beheer verenig.
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik of hulle met die stelling saamstem of nie. Deur met die
stelling saam te stem, moet hulle verduidelik hoe Mabuto Sese Seko se politieke en
ekonomiese beleid daarin geslaag het om die Kongo tot ʼn welvarende land te ontwikkel
nadat hulle onafhanklikheid van België in die 1960’s verkry het. As die kandidate nie met
die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse
ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur aan te dui of hulle saamstem of nie
met die stelling saamstem nie. Hulle moet ook ʼn uiteensetting gee van hoe
hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
Ekonomiese beleid
• Koloniale erfenisse: (as agtergrond inligting)
o Uitbuiting – Belgiese welvaart gebaseer op ontginning van katoen;
rubberplantasies; en myne (koper, tin en diamant) deur koloniale
maatskappye; Winste uit minerale (myne) gebaseer op uitbuiting van
Kongolese werkers
o By onafhanklikheid is Kongo as die welvarendste beskou, maar met die
ekonomiese rykdom wat deur buitelandse eienaars besit word
• Erf ʼn kapitalistiese ekonomie van België
• Aanvanklik was die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders gelaat
• Die land se ryk, natuurlike hulpbronne van koper, kobalt, diamante en ander
materiale het buitelandse beleggings gelok
• Nasionalisering: Mobutu het die land se kopermynbedryf genasionaliseer en winste
uit die koperbedryf gebruik om sy 10-jaar industrialisasieplan te finansier
• Genasionaliseerde maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding
• Buitelandse maatskappye was onder beheer van sy familielede en bondgenote
geplaas
• Het Zaïrenasie ingestel. (vervang buitelanders met Zaïrese burgers)
• Zaïrenasie lei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur
• Die ekonomie was gekenmerk deur nepotisme en elitisme (het ʼn groot gaping
tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm) geskep
• Swak ekonomiese beleide het tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie
ens., gelei
• Mobutu het ʼn kleptokrasie geskep waar ʼn groep aangestelde publieke amptenare
hul posisies vir finansiële gewin misbruik het
• Mobutu was gedwing om retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) ingestel
• Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer
• Die Kongo se ekonomie het ineengestort
• Die Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings bv., van die
Wêreldbank
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 19
Politieke beleid
• Koloniale nalatenskappe: (as agtergrond inligting)
o Paternalisme – Kongolese is soos kinders behandel – met geen
verantwoordelikheid met betrekking tot die administrasie of
verteenwoordiging in die regering nie;
o Politieke partye is verbied en met vinnige Belgiese onttrekking – as gevolg
van die 1959 Leopoldville-opstande – is baie politieke partye
(verteenwoordig verskillende streke en etnisiteit) gevorm; politieke partye
het volgens streeks- en etniese groepering gevorm.
o 120 politieke partye het aan die 1960 verkiesings deelgeneem; geen enkele
politieke party het ʼn volstrekte meerderheid behaal nie – Patrice Lumumba se
Movement National Congolese (MNC) het die meeste van die setels gewen
omdat dit anders as ander streekpartye ʼn mate van landwye steun gehad het
o Gebrek aan politieke eenheid
• Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklik geword met Joseph Kasavubu as
president en Patrice Lumumba as eerste minister. Joseph Kasavubu het
verkies dat die Kongo ʼn federale staat moet wees terwyl Patrice Lumumba vir
ʼn sterk gesentraliseerde nasionale regering was/Lumumba was ook in konflik
met Moise Tshombe
• Kongo het begin met baie politieke onstabiliteit – met Tshombe wat gefokus
het op afskeiding van Katanga vir sy eie onafhanklikheid
• Mobutu het 1965 mag by Kasavubu oorgeneem deur ʼn coup d'état
• Hy het daarin geslaag om ʼn vorm van politieke stabiliteit (op ʼn vorm van
outorisasie gebaseer) te bring
• Mobutu het in 1967 daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en sy land
ʼn nuwe grondwet as ʼn eenpartystaat onder sy party, die Popular Movement for
the Revolution (MPR) gegee
• Die Kongo het binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ʼn
eenpartystaat geword, met alle opposisie wat onderdrukwas
• Mobutu het ʼn persoonliheidskultus/ideologie ontwikkel (Mobutuisme)
• Mobutuisme het Kongo ʼn outokratiese staat gemaak met Mobutu as die militêre
diktator.
• Mobutu was deur die VSA ondersteun omdat hy as ʼn anti-kommunistiese
bondgenoot beskou was
• Hy het ʼn sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings,
bevorderings en die toewysing van staatsinkomste beheer
• Hy het ʼn beleid van Zaïrenasie, ʼn beleid wat vaardige/kundige buitelanders of
diegene wat strategiese bestuursposisies beklee het met ongeskoolde plaaslike
mense vervang – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke
leierskaprolle gelei het.
• Hy het nepotisme toegelaat (kleptokrasie)
• Mobutu was lewenslange president tot en met sy dood in 2007
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE
1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is
deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie daarin geslaag het
om Afro-Amerikaners te organiseer om diskriminasie en segregasie in die VSA in die
1960’s uit te daag. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse
ondersteun.
HOOF ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate die
Swartmag-filosofie daarin geslaag het om swart-Amerikaners te organiseer
om diskriminasie en segregasie in die VSA in die 1960’s uit te daag. Hulle
moet ook ʼn uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun.
UITBREIDING
• Omstandighede in die VSA: (Agtergrond inligting)
o Swart-Amerikaners is steeds ekonomies en polities onderdruk in die VSA as
gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette
o Gebrek aan ʼn gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese
omstandighede (woon in ghetto’s en krotbuurte/swak behuising/onvoldoende
fasiliteite)
o Swart-Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van
verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s
o Swart-Amerikaners was aan polisiebrutaliteit onderwerp – het tot die groei van
nasionalistiese gevoelens gelei
• Swartmag-filosofie wat vir selfgelding gepleit het; selfstandigheid; swart trots;
beheer van politiek in hul eie gemeenskappe (voorgestaan deur Stokely
Carmichael); swart-Amerikaners om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm;
Swartes om vryheid van Blanke gesag te soek; bevordering van Afro-haarstyl en
Afrika-klere en het die slagspreuk ‘Black is beautiful’ geskep (het daarin geslaag
om minderwaardigheidskompleks uit te skakel)
• In 1966 stig Bobby Searle en Huey Newton die Black Panther Party (BPP) vir
selfverdediging – teen polisiebrutaliteit (het daarin geslaag om swart Amerikaners
aan te moedig om selfgeldend te wees)
• Die Tienpuntplan is aangeneem om sy sosiale, politieke en ekonomiese
doelwitte vir die opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap te dek
• Die Black Panther Party het voedingskemas, kindersorg- en
geletterdheidsprojekte in swart gemeenskappe bestuur – die voedingskemas het
honger onder die jeug uitgeroei en leer in skole verbeter (armoede uitgeskakel)
• DieBPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die swart
Amerikaanse gemeenskappe uitgeroei
• Die BPP se kindersorgprojekte het na die mediese behoeftes van swart
Amerikaners in swart gemeenskappe omgesien
• BPP-lede het die strate gepatrolleer om polisieaktiwiteite te monitor (polisieer
die polisie) en hulself teen polisiebrutaliteit te verdedig
• Die BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 21
• Malcolm X het gewapende selfverdediging teen wit onderdrukking bevorder
• Hy het aangevoer/geredeneer dat bloedvergieting nodig is vir revolusie (swart
nasionalisme) en hy het selfrespek en selfdissipline voorgestaan
• Bevorder die konsep van ‘Black Pride’ (selfbeeld/selfrespek/selfhulp)
• Moedig swart-Amerikaners aan om op enige moontlike manier teen wit
Amerikaanse gesag op te staan in die strewe na vryheid, geregtigheid en
gelykheid
• Ondersteun die gebruik van geweld as ʼn manier van selfverdediging teen diegene
wat swart Amerikaners aangeval het
• Stokely Carmichael het geglo dat die nie-gewelddadige strategie misluk het as
gevolg van geweld wat teen swart Amerikaners voortgeduur het
• Bepleit/verkondig die uitsluiting van wit ‘liberale’ as ʼn filosofie vir swart-
Amerikaners
• Hy het die idee bevorder om die VSA in aparte swart en wit lande te verdeel
• Hy was gekant teen die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog
• Impak: die mees voor die handliggende vorme van rassediskriminasie was
beëindig
• Rassegeweld en spanning het afgeneem
• Swart-Amerikaners is tot openbare ampte verkies
• Behuising en fasiliteite van swart Amerikaners is verbeter
• Swart geletterdheid en afhanklikheid van staatstoelaes was beperk
• Regstellendeaksie-beleide vir federale indiensneming is ingestel
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024_ Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2024 Addendum Eng.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper