Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202421 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 GESKIEDENIS V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 30% VLAK 3 beperkings vas te stel. (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt. P Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van die opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is en om die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Sommige weglatings in inhoudsdekking. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te opstel. Goeie opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande Grootliks struktureer nie. sintese van argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog beskrywend of inligting. Het ʼn gevolg. Bewyse te ontwikkel. argument te om ʼn argument vol poog om argument goed gebruik om die Gevolgtrekking ondersteun. te hou. te ontwikkel. Geen gebalanseerde, argument te gemaak uit bewyse Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie poging om ʼn oorspronklike verdedig. Poog om om die argument te grond van bewyse. duidelik gevolgtrekking te argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike ondersteun. ondersteun deur maak nie. Argument gevolgtrekking uit bewyse nie. die bewyse te deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: WAAROM HET DIE BURGERLIKE SAMELEWING IN SUID- AFRIKA DIE IMPLEMENTERING VAN DIE WET OP STEDELIKE BANTOERADE GEDURENDE DIE 1980’s TEENGESTAAN? 1.1 1.1.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1A – V1] • ʼn Driekamerparlement wat blankes, Kleurlinge en Indiërs ingesluit het • ʼn Huis van die Parlement met kamers van verskillende rassegroepe Blankes, Kleurlinge en Indiërs • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Swart plaaslike raadslede wat verkies is om die townships te bestuur (1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Verset teen apartheid het toegeneem • Die burgerlike samelewing het teen apartheid verenig • Die apartheidsregering was gedwing om apartheid te beëindig • In die 1980’s het Suid-Afrika onregeerbaar geword • Die 1980’s het die mees gewelddadigste tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika geword • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Stakings • Massabetogings • Skoolboikotte • Huurboikotte • Verbruikersboikotte (Enige 2 x 1) (2) 1.2 1.2.1 Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Om die beheer van die apartheidstaat teen te staan • Om die belange van plaaslike gemeenskappe te bevorder (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Albei organisasies wou apartheid beëindig • Albei organisasies wou politieke regte vir alle Suid-Afrikaners hê • Albei organisasies het geglo Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon • Albei organisasies wou die lewensomstandighede van alle Suid- Afrikaners verbeter • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Huur • Munisipale dienste • Openbare vervoer • Swak ontspanningsgeriewe • Swak kinderversorgingsfasiliteite (Enige 2 x 1) (2) 1.2.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V2] • Gewone burgers het geglo dat die reg om ʼn land te regeer in die hande van die mense moet wees • Die mense van Suid-Afrika het die reg gehad om hul eie leiers te kies • Besluite/wette moet nie net deur ʼn paar uitgesoektes geneem word nie, maar gewone burgers moet ingesluit word • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Om Suid-Afrikaners te motiveer om teen apartheid te verenig • Gemeenskapsrade verwerp omdat hulle apartheid handhaaf • Bevorder die gebruik van geweld om apartheid te vernietig • Suid-Afrikaners om meer militant te word om apartheid af te breek • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Huurboikotte versprei na 54 townships • Ongeveer 300 000 huishoudings betrek (2 x 1) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Hoë koers van werkloosheid • Oorbevolking in townships/ Tekort aan huise • Swak lone ontvang • Inflasie het die koste van basiese voedsel verhoog • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • United Democratic Front (UDF) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 9 1.3.4 [Evaluering van die betroubaarheid van Bron 1C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Die swart raadslede is as ‘sell-outs’/ marionette van apartheid gesien • Die VCA is gestig om die plaaslike verkiesings te boikot • Hulle het die strukture van apartheid gehandhaaf • Baie swart raadslede het nie die toestande in die townships verbeter nie, maar die huur verhoog • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • ʼn Beroep word op inwoners gedoen om te betoog teen die hervormings wat deur die regering afgedwing word • Gewone mense spreek hulle teen onregverdige behandeling in Suid-Afrika uit • Die mense verwerp die swart plaaslike owerhede • Burgerlikes verwerp die Wet op Stedelike Bantoerade • Verskillende organisasies het die burgerlike organisasie/huurboikot ondersteun • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘verwerp gemeenskapsrade’ • ‘moenie stem nie’ • ‘eis beter behuising • ‘eis lae huurbetalings’ (Enige 2 x 1) (2) 1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1C en 1D – V3] • Bron 1C meld dat die Vaal Civic Association gestig is om die swart plaaslike regeringsverkiesings teen te staan, en Bron 1D toon dat gemeenskapsrade verwerp word en gemeenskappe aangemoedig word om nie in die verkiesings te stem nie. • Bron 1C dui aan dat die VCA teenkanting gemobiliseer het deur vergaderings te hou, terwyl Bron 1D die plakkaat wys wat die inwoners oproep is om ʼn belangrike vergadering by te woon • Beide bronne beklemtoon dat burgerlikes huurverhogings verwerp het • Beide bronne dui aan dat hulle die swart plaaslike owerhede verwerp het • Beide bronne beklemtoon dat die gemeenskappe / burgerlikes PW Botha se hervormings verwerp het • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Hervormings wat as kosmeties beskou word (eie kennis) • Die regering het gemeenskapsraadslede bekendgestel wat verantwoordelik vir dorpsadministrasie was (Bron 1A en Bron 1B) • Afrikane sal toegelaat word om vir hierdie owerhede te stem, maar nie vir die nasionale regering nie (Bron 1A) • Swart Plaaslike Owerhede het beperkte magte gehad, aangesien hulle steeds deur die staat beheer is (Bron 1A) • Raadslede was korrup en het hulself verryk (eie kennis) • Raadslede is as uitverkopers beskou (Bron 1A en Bron 1B) • Swart Plaaslike Owerhede is deur burgerlike organisasies verwerp (Bron 1B en Bron 1D) • Optogte, stakings en boikotte georganiseer teen die regering, wat die land onregeerbaar maak (eie kennis) • Gemeenskappe het meer polities bewus geword (Bron 1C) • Huurverhogings het tot huurboikotte en vergaderings gelei (Bron 1C en Bron 1D) • Ekonomiese en politieke griewe van die mense het tot protes teen die apartheidsregime gelei (Bron 1C) • Die (huur) boikotte was ʼn poging om apartheid onwerkbaar te maak (Bron 1C) • Enige ander relevante antwoord. Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor waarom die burgerlike samelewing in Suid-Afrika die implementering VLAK 1 van die Wet op stedelike Bantoerade 0–2 gedurende die 1980’s teengestaan het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom die burgerlike samelewing in Suid- Afrika die implementering van die Wet op VLAK 2 3–5 stedelike Bantoerade gedurende die 1980’s teengestaan het. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor waarom die burgerlike samelewing in Suid-Afrika die implementering VLAK 3 van die Wet op stedelike Bantoerade gedurende 6–8 die 1980’s teengestaan het. • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 11 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) GEPOOG OM VERSOENING IN SUID-AFRIKA TE BEVORDER? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1 • ‘Om menseregteskendings sedert 1960 te ondersoek’ • ‘Om amnestie toe te staan aan daardie oortreders wat volle openbaarmaking gemaak het’ • ‘Die kommissie moes ook versoening en eenheid onder Suid- Afrikaners bevorder’ (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V2] • Om oortreders aan te moedig om na vore te kom en die waarheid oor hul gruweldade te openbaar • Die WVK het die waarheid gesoek en die waarheid gebruik om ʼn nuwe nasie te genees en te bou • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Die WVK het gefokus op die oortreders en slagoffers van politieke misdade wat van 1960 tot 1994 gepleeg is • Dit was die eerste herstellende geregtigheidsproses in Suid-Afrika • Verskaf platform vir oorlewendes om hul stories te vertel • Voorsien ʼn forum vir oortreders om slagoffers en hul gesinne te ontmoet • Om afsluiting te bring • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1] • ‘Die kommissie het 21 300 verklarings ontvang’ • ‘38 000 growwe skendings van menseregte’ aangeteken’ (Enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] Verwerp dit as ʼn instrument wat poog om: • ‘Afrikaner-geskiedenis te oneer’ • ‘Die bydrae wat sy voorvaders tot Suid-Afrika gemaak het te oneer’ (2 x 1) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] (a) • Skaamteloos en hardkoppig • Toon geen berou nie • Het nie respek vir die posisie van Tutu/WVK getoon nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) (b) • Versoenend • Toon respek en empatie vir voormalige vyande • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • PW Botha was die leier van die regering wat gruweldade gepleeg het • Geleentheid om die nasie te genees en berou vir apartheidsdade te toon • Neem verantwoordelikheid vir die dade van menseregte- skendings • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.2.4 [Bepaling van die beperkings van bewyse uit Bron 2B – V3] Hierdie bron is BEPERK omdat: • Bevooroordeelde/Eensydige siening van menseregtevergrype deur die Nasionale Party-regering • Onthul nie die gruweldade wat deur die bevrydingsbewegings gepleeg is nie • Stel die Nasionale Party-regering in ʼn negatiewe lig • Dui nie aan dat sommige lede van die bevrydingsbeweging ook geweier het om voor die WVK te verskyn nie / nie hul verkeerde dade in die openbaar erken het nie • Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • WVK wou die waarheid van oortreders hoor • Oortreders moes in die openbaar verantwoordelikheid vir hul dade neem • Die WVK het gepoog om Suid-Afrika se verdeelde verlede te genees • Dit openbaar die WVK se poging om die nasie te versoen • Dit wys oortreders soos Botha het weerstand gebied om na die WVK te kom • Die WVK het probeer om PW Botha na die WVK-verhore te bring • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • ‘Desmond Tutu’ (1 x 2) (2) 2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2B en 2C – V3] • Bron 2B dui aan dat Tutu, PW Botha probeer oorreed het om voor die WVK te verskyn en Bron 2C wys hoe Tutu sukkel om PW te kry om voor die WVK te verskyn • Bron 2B dui aan dat Tutu agteroor gebuig het om PW te oortuig om voor die WVK te verskyn, en Bron 2C wys letterlik hoe Tutu sy rug gebuig het om PW voor die WVK te probeer kry • Beide bronne onthul dat nie alle Suid-Afrikaners ten gunste van versoening was nie • Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 13 2.5 2.5.1 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2D – V1] • Herstel vriendskaplike verhoudings tussen voormalige vyande • Om mense te verenig of mense bymekaar te bring na die verdeeldheid wat deur apartheid veroorsaak is • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘Dit is tot stand gebring in reaksie op ʼn diepe wens vir versoening in die harte van baie Suid-Afrikaners’ • ‘Mense wat nie dalk grusame skendings van menseregte gepleeg het nie, maar nietemin hul spyt wil aandui oor mislukkings in die verlede om alles te doen wat hulle kon gedoen het om sulke skendings te voorkom’ • ‘Mense wat op een of ander simboliese wyse hul verbintenis tot ʼn nuwe soort toekoms wil demonstreer waarin menseregteskendings nie sal plaasvind nie’ (Enige 2 x 1) (2) 2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Hulle wou hul berou toon vir grusame menseregteskendings wat tydens apartheid gepleeg is • Wou ʼn openbare verbintenis tot die herbou van ʼn nuwe Suid- Afrika maak • Om vergifnis te vra dat hulle stilgebly het toe gruweldade deur die apartheidsregering gepleeg is • Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2) 2.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘Maar nou is daar ʼn nuwe geleentheid om tot hierdie land te verbind’ • ‘Om respek vir menseregte te bou’ • ‘Om die land te help ontwikkel’ • ‘Om die ideale wat in die grondwet vervat is, werklik te maak’ (Enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • WVK is gestig om grusame menseregteskendings te ondersoek (Bron 2A) • Die WVK het volle amnestie aan diegene gebied wat na vore gekom het en hul misdade bely het (Bron 2A) • Die WVK het ʼn platform vir slagoffers en oortreders gebied om mekaar te ontmoet (eie kennis) • Die WVK het die geleentheid geskep vir slagoffers om van hul lyding te vertel (eie kennis) • Suid-Afrika se WVK was ten gunste van herstellende geregtigheid (Bron 2A) • WVK het leiers van die apartheidsregime na die WVK-verhore ontbied (Bron 2B) • Slagoffers het die geleentheid gehad om diegene wat hul geliefdes seergemaak het te konfronteer (eie kennis) • Tutu was instrumenteel in die poging om PW Botha te oortuig om voor die WVK te verskyn (Bron 2B en Bron 2C) • Sommige veiligheidspolisie wat by menseregteskendings betrokke was, het die waarheid oor gruweldade onthul (Bron 2C) • Vergoeding gegee aan slagoffers van grusame menslike oortredings (eie kennis) • Baie slagoffers het sluiting by die WVK gevind (eie kennis) • Die dag versoening is deur baie mense ondersteun (Bron 2D) • Deur die register te teken, het baie Suid-Afrikaners in die openbaar hul verbintenis tot versoening getoon (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 15 Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie VLAK 1 (WVK) gepoog het om versoening in Suid- 0–2 Afrika te bevorder. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Waarheids-en- VLAK 2 Versoeningskommissie (WVK) gepoog het 3–5 om versoening in Suid-Afrika te bevorder. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ʼn paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK) gepoog VLAK 3 het om versoening in Suid-Afrika te bevorder. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet aandui tot watter mate die Swartbewussynsbeweging (SBB) die ingesteldheid van swart Suid-Afrikaners verander het om die apartheidsregime in die 1970’s uit te daag. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en demonstreer tot watter mate die SBB die ingesteldheid van swart Suid-Afrikaners verander het om die apartheidsregime in die 1970’s uit te daag. UITBREIDING • Rede vir die vorming van die Swartbewussynbeweging (agtergrond) • Biko se filosofie van Swartbewussyn (SB) • Maak swartmense bewus van die euwels van apartheid • Kweek ʼn gevoel van eiewaarde en selfvertroue by swart Suid-Afrikaners • Herstel swart trots • Verander die manier hoe swart Suid-Afrikaners hulself sien • Bemagtig hulle om apartheid te konfronteer • Biko het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om hulself te laat geld en dinge vir hulself te doen • Elimineer die gevoel van minderwaardigheid • Die rol van Steve Biko: • Vorming van SASO • SASO het SB-idees oor die kampusse van die etnies geskeide universiteite versprei • SASO het swart eenheid en solidariteit bevorder • Studente meer polities bewus gemaak • Moedig studente aan om hulself van apartheid te bevry • Biko het selfbevryding bevorder • Hy het geglo dat assosiasie met blankes die bevrydingstryd ondoeltreffend maak en dat swartes hulself moet bevry • Selfhelpgroepe vir swart gemeenskappe met ander BC-leiers gestig • BC-idees is in SASO-nuusbriewe gepubliseer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 17 • Swart Bewussyn word ʼn nasionale beweging • 1972 is die Black People’s Convention gevorm • Gemik daarop om swartmense van beide sielkundige en fisiese onderdrukking te bevry • Selfhelpprojekte is op die been gebring, bv. Zanempilo-kliniek, Ginsburg, en Zimele Trust Fund • Het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union in 1973 • 1976 Soweto-opstand • Leerders by skole in Soweto was ongelukkig omdat; meeste staatsbefondsing na wit skole gegaan het, erge oorbevolking in klasse, kurrikulum was beperk en onderwys het leerders op hande- en ongeskoolde arbeid voorberei. • Die instelling van Afrikaans as onderrigmedium in 1975 in swart skole het massaprotes ontketen. • SB het geleerdes beïnvloed wat tot die vorming van SASM gelei het • Die SASM het besluit om ʼn massabetoging teen Afrikaans as onderrigmedium te hou. • Op 16 Junie 1976 het duisende Soweto-leerders ʼn vreedsame protes aangepak. • Later het die optog gewelddadig geword en honderde is beseer en doodgemaak (Hastings Ndlovu en Hector Pietersen). • Woede oor die polisie-aksies het leerders amok gemaak deur die strate van Soweto en simbole van apartheid soos geboue en wit besighede verbrand. • Studente het in ballingskap gegaan • Regering se persepsies van SBB • Aanvanklik was die Suid-Afrikaanse regering nie bekommerd oor die SBB nie, aangesien dit soortgelyk het aan sy eie beleid van afsonderlike ontwikkeling • SB het sterker geword omdat dit ʼn uitdaging aan die staat gestel het • Dit het ʼn massabeweging geword wat apartheid ondermyn het • Biko se toesprake het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om apartheid te verwerp • SB-idees spoor die werkers aan om met stakings te begin • SBB het disinvesteringsmaatskappye ondersteun • Regering se reaksie op Biko se filosofie • Verban en huisarres van Biko en ander leiers • SB-leiers is verbied om in die openbaar te praat • BPC-aktiviste is sonder verhoor aangehou • SASO is op universiteitskampusse verbied • Biko is gearresteer en ondervra • Biko is in 1977 wreed deur die veiligheidspolisie vermoor • Die nalatenskap • Enige ander relevante inligting • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet saamstem of nie – saamstem dat die Suid-Afrika se pad na demokrasie deurspek (geteister) was met wydverspreide uitdagings en onoorkombare (onoortreflike) struikelblokke. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en aandui of Suid-Afrika se pad na demokrasie deurspek (geteister) was met wydverspreide uitdagings en onoorkombare (onoortreflike) struikelblokke. UITBREIDING • De Klerk kom in 1989 aan bewind – kort agtergrond • De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 • Het gelei tot die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP • Die opheffing van beperkings op COSATU en AZAPO ens. • Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet: ANC-afvaardiging onder leiding van Nelson Mandela en die NP-afvaardiging onder leiding van FW de Klerk) • Apartheidswetgewing herroep soos die Wet op Afsonderlike Reservering van Geriewe • Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende stryd op te skort) • KODESA 1 (19 politieke partye uitgesluit AZAPO, CP en PAC – 300 afgevaardigdes het vergader) • Geweld breek uit in verskeie dele van Suid-Afrika soos die Witwatersrand en Natal (uitdaging) • Slegs blankes referendum en die impak daarvan (Maart 1992) (uitdaging) • CODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor ʼn nuwe grondwetmakende liggaam en tussentydse regering nie (uitdaging) • Die NP wou minderheidsveto hê terwyl ANC ʼn tussentydse regering vir nie langer as 18 maande en gewone meerderheidsregering wou hê nie (uitdaging) • Die Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en die gevolge daarvan (uitdaging) • Die Bhisho-slagting (7 September 1992) het die proses van onderhandelinge amper ontspoor. (uitdaging) • Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) (toewyding) • Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika (uitdaging en toewyding) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 19 • Belangrikheid van die Veelparty-onderhandelingsforum vir Suid-Afrika se toekoms (toewyding) • Regse (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum (World Trade Centre) en die gevolge daarvan (uitdaging) • Sonsondergangklousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die dooiepunt van onderhandelinge verbreek (toewyding) • St James-slagting in Julie 1993 – APLA oop vuur – 11 gedood en 58 gewond (uitdaging) • Heidelberg Taverne-slagting (skietery) – 31 Januarie 1993 (uitdaging) • Shell House-slagting (uitdaging) • Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig (toewyding) • Motorbomme – ANC-hoofkantoor en Jan Smuts-lughawe (uitdaging) • ANC het verkiesings gewen en Mandela het die eerste swart Suid-Afrikaanse president geword • Enige ander relevante antwoord. • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik of die ineenstorting van kommunisme in 1989 grootliks verantwoordelik was vir die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit. • Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en aandui of die ineenstorting van kommunisme in 1989 grootliks verantwoordelik was vir die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. UITBREIDING • Gorbachev se beleid van Perestroika en Glasnost • Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die impak daarvan • Die kommunistiese regimes in Oos-Europa het in duie gestort • Politieke veranderinge in die res van die wêreld plaas druk op die apartheidsregime om veranderinge aan te pak • Die ineenstorting van kommunisme het beide die Nasionale Party en die ANC geraak • Die Nasionale Party was nou bereid om met die ANC te onderhandel • Die Nasionale Party se vrees vir ʼn kommunisties-beheerde ANC het nou ongegrond gelyk • Na die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie; die ANC het nie verdere steun van die Sowjetunie ontvang nie • Die ANC kon nie meer op die USSR staatmaak om dit ekonomies of met wapens te ondersteun nie • Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese oorname beskerm, was naïef • Westerse wêreldmoondhede het die stap ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties oplos • Daar was geen twyfel dat voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners deur die apartheidsregime nie volhoubaar was nie en politieke onstabiliteit tot gevolg sou hê. • Die regering het begin glo dat hervorming nodig is om die ontwikkeling van ʼn sterk middelklas in te sluit wat as ʼn ‘bolwerk teen die rewolusie’ sou optree. • PW Botha het ʼn beroerte gehad en is deur FW de Klerk opgevolg • FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was wat vanuit Moskou gerig is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 21 • Dit het De Klerk in staat gestel om in gesprek met die bevrydingsorganisasies te tree • Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘ʼn nuwe en regverdige grondwetlike bedeling’ aangekondig • De Klerk het alle anti-apartheidsorganisasies ontban, insluitend die ANC, PAC en Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party • Dit het die einde van apartheid en die begin van die proses van onderhandelinge aangedui • Enige ander relevante antwoord. • Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all