Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220249 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye. Hosted by https://www.ecexams.co.za
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae, moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie afdeling nie. Die bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN DIE MARSHALL-PLAN DIE EKONOMIESE EN POLITIEKE ONSTABILITEIT IN EUROPA IN DIE 1940’s AANGESPREEK? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Noem die vastelande genoem in die bron waar groot gedeeltes in die Tweede Wêreldoorlog vernietig is. (3 x 1) (3) 1.1.2 Wat, volgens die bron, was die impak van die oorlog op Europese handel? (2 x 1) (2) 1.1.3 Watter land was deur die meeste Europese lande na die Tweede Wêreldoorlog geld geskuld? (1 x 1) (1) 1.1.4 Haal redes uit die bron aan waarom verwoeste lande goud of Amerikaanse dollars benodig het. (2 x 1) (2) 1.1.5 Hoekom dink jy het baie lande na die oorlog van die mark onttrek? (1 x 2) (2) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Waarom, volgens die bron, was Europese herstel belangrik? (1 x 2) (2) 1.2.2 Definieer die term totalitêre state in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.2.3 Wat is die implikasie van die stelling: “Die volgende paar jaar kan bepaal of die vrye lande van Europa hul erfenis van vryheid sal kan bewaar”, rakende die Marshall-plan? (1 x 2) (2) 1.2.4 Verduidelik waarom Truman geglo het dat as Europa nie herstel nie, daar geen vrede en stabiliteit in die wêreld sou wees nie. (2 x 2) (4) 1.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat navorsing oor die Marshall-plan doen. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Definieer die term Marshall-plan in die konteks van die Koue Oorlog-kompetisie in Europa. (1 x 2) (2) 1.3.2 Hoe, volgens die bron, het die Marshall-plan die Europese lande gehelp? (1 x 2) (2) 1.3.3 Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, was die voormalige vyande van die VSA in die Marshall-plan ingesluit? (2 x 2) (4) 1.4 Lees Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskap word in die bron oorgedra? (1 x 2) (2) 1.4.2 Lewer kommentaar oor die betekenis van die wit duiwe in die prentjie. (1 x 2) (2) 1.4.3 Hoekom dink jy is die boomstam met die Amerikaanse vlag bedek? (1 x 2) (2) 1.5 Vergelyk Bron 1C en Bron 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die inligting in Bron 1C aangaande die Marshall-plan ondersteun. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die implementering van die Marshall-plan die ekonomiese en politieke onstabiliteit in Europa in die 1940’s aangespreek het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAAROM HET DIE BUITELANDSE MAGTE IN 1975 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Definieer die term anti-koloniaal in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.2 Noem die Angolese bevrydingsbewegings wat in die bron genoem word. (3 x 1) (3) 2.1.3 Wat, volgens die bron, was die rede vir die konflik tussen die Angolese bevrydingsbewegings? (1 x 1) (1) 2.1.4 Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, het die CIA die FNLA ondersteun? (2 x 2) (4) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Noem die TWEE lande in die bron wat deur die VSA aangehits is om Angola aan te val. (2 x 1) (2) 2.2.2 Definieer die term ‘inval’ in die konteks van die Angolese Burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.2.3 Lewer kommentaar oor hoekom die VSA die ander lande aangehits het om Angola aan te val. (1 x 2) (2) 2.2.4 Hoekom, volgens die bron en jou eie kennis, het Kuba by die Angolese burgeroorlog betrokke geraak? (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Hoekom dink jy was hierdie foto gepubliseer? (2 x 2) (4) 2.3.2 Watter gevolgtrekking kan uit die goeie bui van die Angolese in die foto gemaak word? (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024) 2.4 Verwys na Bron 2D. 2.4.1 Wie, volgens die bron, was te blameer vir Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola? (2 x 1) (2) 2.4.2 Watter bewyse in die bron dui daarop dat Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola was nie as gevolg van die betrokkenheid van Kubane en Russe daar nie. (1 x 2) (2) 2.4.3 Verduidelik waarom Suid-Afrika ʼn MPLA-regering as vyandig beskou het. (1 x 2) (2) 2.4.4 Watter TWEE lande in die bron het Suid-Afrika se ondersteuning van FNLA en UNITA verwelkom? (2 x 1) (2) 2.4.5 Verduidelik die beperkings van hierdie bron aan ʼn historikus wat die betrokkenheid van buitelandse moondhede in die Angolese Burgeroorlog navors. (2 x 2) (4) 2.5 Verwys na Bron 2B en Bron 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2C aangaande die Angolese Burgeroorlog ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) wat verduidelik hoekom die vreemde moondhede in 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERREGTEBEWEGING STEMREGTE VIR SWARTES IN DIE VSA IN DIE 1960’s BEREIK? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Definieer die term burgerregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Noem die burgerregte-organisasies wat die swart kiesers aangemoedig het om te registreer. (2 x 1) (2) 3.1.3 Haal TWEE redes uit die bron aan wat daartoe gelei het dat slegs 2% van kwalifiserende swart kiesers geregistreer het om in Alabama te stem. (2 x 1) (2) 3.1.4 Hoekom dink jy was dit belangrik om soveel as moontlik swartes te laat registreer om te stem? (1 x 2) (2) 3.2 Gebruik Bron 3B. 3.2.1 Hoekom, volgens die bron, het die 16 jongmense in die Diep Suide die skool en hul werk verlaat? (2 x 1) (2) 3.2.2 Verduidelik hoekom swartmense in die Diep Suide so baie motivering nodig gehad het om te registreer om te stem. (2 x 2) (4) 3.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die kiesersregistrasieveldtog ʼn sukses was. (2 x 1) (2) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Watter boodskappe word in die bron oorgedra? (2 x 2) (4) 3.3.2 Lewer kommentaar oor hoekom die troepe gereageer het soos hulle op die optoggangers gereageer het. (1 x 2) (2) 3.3.3 Verduidelik hoe betroubaar hierdie bron vir ʼn historikus sou wees wat die stryd van die Burgerregtebeweging in die VSA navors. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2024) 3.4 Lees Bron 3D. 3.4.1 Wie, volgens die bron, was die leiers van die optog op Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”)? (2 x 1) (2) 3.4.2 Wat dink jy was die impak van die televisiegeweld van Bloedige Sondag (“Bloody Sunday”) op die Burgerregtebeweging? (2 x 2) (4) 3.4.3 Watter rol, volgens die bron is deur Rosa Parks in die Burgerregtebeweging gespeel? (1 x 2) (2) 3.4.4 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Die optog was ʼn keerpunt in die beweging’. (2 x 2) (4) 3.5 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting in Bron 3D rakende die Burgerregtebeweging ondersteun. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Burgerregtebeweging in die 1960’s stemreg vir Swartes in die VSA behaal het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae nie. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Al die militêre mag van die Verenigde State van Amerika kon nie ʼn klein nasie van Viëtnamese kleinboere verslaan nie. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die strategieë van beide die VSA en die Viëtkong tussen 1963–1973. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO Mobuto Sese Seko se politieke en ekonomiese beleid het daarin geslaag om die Kongo tot ʼn welvarende land te ontwikkel, nadat hy in die 1960’s onafhanklikheid van België verkry het. Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument deur relevante historiese bewyse te gebruik. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VAN DIE 1950’S TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING Verduidelik tot watter mate die Swartmag-filosofie daarin slaag om Swart Amerikaners te organiseer om diskriminasie en segregasie in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s uit te daag. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all