Skip to content
Question paper

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper (Afr)

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: HistoryGrade 12201710 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – SWARTMAGBEWEGING IN DIE VSA AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTE-BEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN (1) moet ʼn brongebaseerde vraag wees, en ten minste EEN (1) moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Leerders word aangeraai om nagenoeg ʼn uur op elke vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees. 8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik word om hierdie vrae te beantwoord is in die meegaande ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS TOT KOUE OORLOGSPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's BYGEDRA? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Watter land was volgens die inligting in die bron, ʼn bedreiging vir Kuba? (1 x 1) (1) 1.1.2 Waarom het Khrushchev verkies om Kuba te help? Gee DRIE redes vir jou antwoord vanuit die bron. (3 x 1) (3) 1.1.3 Wat, volgens die inligting in die bron, was die voorwaarde vir die verwydering van missiele uit Kuba deur die Sowjetunie? (1 x 2) (2) 1.1.4 Verduidelik die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse missielkrisis. (1 x 2) (2) 1.1.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir 'n historikus wat die Kubaanse missielkrisis bestudeer. (2 x 2) (4) 1.2 Gebruik Bron 1B. 1.2.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, het die VSA die aktiwiteite wat in Kuba ontvou het, fyn dopgehou? (1 x 2) (2) 1.2.2 Verduidelik waarom dit nodig was vir Kennedy om ʼn kwarantyn op Sowjet-missiele wat na Kuba ontplooi was, op te lê. (2 x 2) (4) 1.2.3 Waarom, volgens jou mening, was die VSA teen die ontplooiing van Sowjet-missiele in Kuba gekant? (2 x 2) (4) 1.2.4 Lewer kommentaar op wat jy dink Kennedy bedoel het met die stelling: ‘Ek doen ʼn beroep op voorsitter Khrushchev ... om die geskiedenis van die mens te verander.’ (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik waarom jy dink Robert Kennedy en Dobrynin besluit het om te praat. (2 x 2) (4) 1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik Dobrynin se verwysing na Turkye. (1 x 2) (2) 1.4 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die ontplooiing van Sowjet-missiele na Kuba. (2 x 2) (4) 1.5 Bestudeer Bron 1D. 1.5.1 Identifiseer die twee leiers wat in die spotprent uitgebeeld word. (2 x 1) (2) 1.5.2 Verduidelik wat geïmpliseer word met die woorde: ‘DIT MAAK MY SEER AS WAT DIT JOU SEER MAAK’ in die konteks van die Kubaanse missielkrisis. (2 x 2) (4) 1.6 Deur gebruik te maak van die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Kubaanse missielkrisis tot Koue Oorlog- spanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie in die 1960’s bygedra het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG NA 1975 BETROKKE GERAAK? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Raadpleeg Bron 2A. 2.1.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die konsep, die Koue Oorlog, in die konteks van die Angolese Burgeroorlog te definieer. (1 x 2) (2) 2.1.2 Haal enige VIER lande aan vanuit die bron wat by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (4 x 1) (4) 2.1.3 Waarom, volgens die inligting in die bron, het die apartheidsregering UNITA ondersteun? (1 x 2) (2) 2.1.4 Verduidelik waarom jy dink 'n aantal lande by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Watter direkte ondersteuning volgens die bron, het die MPLA-regering vanaf die Sowjetunie en Kuba ontvang? (2 x 1) (2) 2.2.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir ʼn historikus wat die rolle wat Kuba en die VSA in die Angolese Burgeroorlog gespeel het, bestudeer. (2 x 2) (4) 2.2.3 Wat, volgens die bron, was Kuba se voorwaarde om uit Angola te onttrek? (1 x 2) (2) 2.2.4 Verduidelik waarom, na jou mening, Kuba besluit het om die voorwaardes voor hul onttrekking uit Angola te stel. (2 x 2) (4) 2.3 Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die bewyse in Bron 2B ondersteun, aangaande die betrokkenheid van buitelandse magte by die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4) 2.4 Gebruik Bron 2C. 2.4.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto gepubliseer was. (2 x 2) (4) 2.4.2 Identifiseer die Angolese politieke party wat hierdie foto gepubliseer het. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017) 2.5 Bestudeer Bron 2D. 2.5.1 Waarom was die Slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die Angolese Burgeroorlog beskou? (2 x 2) (4) 2.5.2 Verduidelik waarom jy dink daar verskillende sienings was oor wie die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. (2 x 2) (4) 2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis; skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die buitelandse moondhede by die Angolese Burgeroorlog ná 1975 betrokke geraak het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: HOEKOM WAS DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GEDURENDE DIE 1960’s GESTIG? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Raadpleeg Bron 3A. 3.1.1 Wat, volgens die inligting in die bron, was die TWEE basiese probleme wat Afro-Amerikaners in die gesig gestaar het? (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe moet swartmense hulself as ‘waardig’ bevestig? Verskaf DRIE bewyse vanuit die bron. (3 x 1) (3) 3.1.3 Verduidelik waarom, na jou mening, swartmense geïnspireer was deur Swart Afrikaners wat hul eie lande regeer het. (2 x 2) (4) 3.1.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir ʼn historikus wat die filosofie van die Swartmag bestudeer. (2 x 2) (4) 3.2 Lees Bron 3B. 3.2.1 Definieer die begrip nasionalisme in die konteks van die opkoms van die Swartmagbeweging. (1 x 2) (2) 3.2.2 Wat, volgens die inligting in die bron, was die basiese eise van swart- mense wat in die VSA gewoon het? (1 x 1) (1) 3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die boodskap wat Malcolm X aan Afro-Amerikaners gekommunikeer het, te verduidelik. (2 x 2) (4) 3.2.4 Verduidelik wat jy dink geïmpliseer was deur die stelling: ‘Ons moet veg totdat ons oorkom’ in die konteks van die strategieë wat deur die Swartmagbeweging gebruik was. (2 x 2) (4) 3.3 Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3A ondersteun met betrekking tot die filosofie van die Swartmagbeweging. (2 x 2) (4) 3.4 Verwys na Bron 3C. 3.4.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, was die term ‘Neger’ met ‘swart’ vervang? (1 x 2) (2) 3.4.2 Verduidelik waarom, na jou mening, die Swartmag filosofie ʼn indruk op baie Afro-Amerikaners gemaak het. (2 x 2) (4) 3.4.3 Noem TWEE bewyse vanuit die bron wat aandui dat Afro-Amerikaners nog steeds slagoffers van rassisme was. (2 x 1) (2) 3.5 Gebruik Bron 3D. 3.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in hierdie foto oorgedra word. (2 x 2) (4) 3.5.2 Waarom dink jy, was die Black Panther Party gestig? (1 x 2) (2) 3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis; skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy verduidelik waarom die Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960’s gestig was. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste een vraag, maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling nie. VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA Teen die laat 1960's het die Chinese Kommunistiese Party (CCP) besef dat Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie ʼn groot fout was. Stem jy met hierdie stelling? Ondersteun jou gedagtegang/argument met relevante bewyse. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO Bespreek krities die politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele suksesse en uitdagings wat die Kongo en Tanzanië ervaar het, nadat hulle onafhanklikheid vanaf koloniale heerskappy behaal het. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES IN DIE 1950’s TOT DIE 1960’s: DIE BURGERREGTE-BEWEGING Verduidelik tot watter mate die verskillende vorms van burgerlike samelewing protesaksies suksesvol was om te verseker dat Afro-Amerikaners gelykheid en regverdigheid in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s behaal het [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 History

View all