Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
GESKIEDENIS V1
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers %20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)




%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 756.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel.
KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE GEWIGS-
VLAKKE TOEKENNING
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15 punte)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit
bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit
(20 punte)
bronne.
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om
bruikbaarheid, betroubaarheid,
eensydigheid en beperkings vas te 30%
VLAK 3
stel. (15 punte)
Vergelyk en kontrasteer
interpretasies en perspektiewe in
die bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos
aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ . __________________________ . __________________
_________________ . ____________________________ . __________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.3 Globale assessering van ʼn opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel
sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt.
Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening
aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse
om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag
word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie.
Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’
voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van
die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet
aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering
nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem
op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument
te ondersteun
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2. Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies
toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn
kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne/memorandum), vir elke
hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn
relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die
nasienriglyn/memorandum) bv. ʼn antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 5
2. Die matriks
2.5 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word
wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering
van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag
geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van
die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe
vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die
matriks) van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4 }26–27
A VLAK 3
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande en
gestruktureerde opstel. Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys van Poging aangewend om Weinig of geen poging
AANBIEDING beplande en gestruktureerde opstel. gestruktureer. Bewyse 'n gestruktureerde en antwoord te struktureer. om die opstel te
Goeie sintese van
inligting. Het 'n goed gestruktureerde Poog om 'n duidelike tot 'n sekere mate beplande argument. Grootliks beskrywend struktureer nie.
gebalanseerde, opstel. 'n Relevante argument te ontwikkel. gebruik om argument te Poog om 'n argument
of poog om argument
oorspronklike argument argument is gevolg. ondersteun. Slotsom vol te hou.
Gevolgtrekking gemaak te ontwikkel. Geen
ontwikkel met bewyse. Bewyse gebruik om die bereik op grond van Gevolgtrekking nie
uit bewyse om die bewyse. poging om 'n
Argument deurgaans argument te verdedig. duidelik ondersteun
Poog om 'n argument te gevolgtrekking te maak
volgehou en verdedig. deur bewyse nie.
onafhanklike ondersteun. nie.
Onafhanklike
gevolgtrekking gemaak gevolgtrekking uit die
uit bewyse om die bewyse te maak om die
argument te argument te
ondersteun. ondersteun.
INHOUD
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
47–50 43–46
Inhoudskeuse ten volle
relevant tot argument
wat gevolg is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie relevant 43–46 40–42 38–39
tot argument wat gevolg
is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of irrelevante
keuse van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag, maar
beantwoord dit nie. Hou 26–27 24–25 20–23
soms nie verband met
die vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad nie. 14–17 0–13
Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG – DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS
HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS TOT KOUE OORLOG-SPANNING
TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN
DIE 1960’s BYGEDRA?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse van uit Bron 1A – V1]
Verenigde State van Amerika (VSA) (1 x 1) (1)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse van uit Bron 1A – V1]
As Kuba val, sal ander Latyns-Amerikaanse lande die Sowjet-
unie verwerp.
Die verlies van Kuba sou ʼn terugslag vir Marxisme-Leninisme
wees.
Die statuur van die Sowjetunie sou daal indien Kuba deur die
VSA ingeval sou word. (3 x 1) (3)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1A – V1]
Dat Kuba nie deur die VSA ingeval sou word nie. (1 x 2) (2)
1.1.4 [Verduideliking van ʼn historiese konsep vanuit Bron 1A – V2]
Die vlootblokkade van Kuba wat sou verhoed het dat Sowjetunie
se skepe missiele na Kuba uitvoer.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.1.5 [Bepaling van bruikbaarheid vanuit Bron 1A – V3]
Die bron beklemtoon die vrese van die Sowjetunie indien Kuba
kapitalisties sou word
Die bron onthul die moontlike bedreiging van Marxisme-
Leninisme.
Dit beklemtoon die strategieë van die Sowjetunie in terme van
hoe om met die VSA te deel.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse van uit Bron 1B – V1]
Daar was ʼn Sowjet militêre opbou in Kuba.
Daar is bewyse van missielbasisse in Kuba. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1B – V2]
Om die ontplooiing van Sowjet-missiele na Kuba te stop.
Om die veiligheid en sekuriteit van die VSA te verseker.
Om die verspreiding van kommunisme na Latyns-Amerika te
verhoed.
Om ʼn boodskap aan die Sowjetunie te stuur dat die VSA
Sowjet aggressie in die Westerse halfrond nie sou verdra nie.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1B – V2]
Die missiele was ʼn bedreiging vir die veiligheid van die VSA
Om te verhoed dat ʼn kernoorlog uitbreek.
Om die verspreiding van kommunisme na Latyns-Amerika te
verhoed.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1B – V2]
Die VSA beskou Kuba as ʼn land waar die menseregte van
mense geskend was.
Dit verwys na die siening van baie mense in die VSA dat baie
Kubane daar teen hul wil gehou was.
Verwys na die gebrek aan demokrasie in Kuba.
Die VSA het streng ekonomiese en diplomatieke sanksies teen
Kuba toegepas.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1C – V2]
Om die diplomatieke kanale van gesprekvoering oop te hou.
Om die verhoging van vyandigheid tussen die VSA en die
Sowjetunie te verhoed
Om ʼn oplossing vir die missielkrisis te vind.
Om te verhoed dat ʼn kernoorlog uitbreek
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1C – V2]
Die VSA het missiele in Turkye gehad wat ʼn bedreiging vir die
Sowjetunie was. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 9
1.4 [Vergelyking en interpretasie van bewyse vanuit Bronne 1C en 1B – V3]
Bron 1C bevat bewyse van Amerikaanse missiele naby die grens van die
Sowjetunie en gevolglik het die Sowjetunie in Kuba missiele ontplooi
soos in Bron 1A getoon.
In Bron 1A het die Sowjetunie aangedui dat hulle hul missiele vanaf
Kuba sou onttrek, indien die onafhanklikheid van Kuba nie bedreig sou
word deur die VSA nie. In Bron 1C belowe die VSA om sy missiele
vanaf Turkye te onttrek.
Beide bronne toon die risikobestuur wat kenmerkend was van die
missielkrisis.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse vanuit visuele leidrade; Bron 1D – V1]
Fidel Castro
Nikita Khrushchev (2 x 1) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1D – V2]
Deur die missiele vanuit Kuba te onttrek, het die Sowjetunie se
reputasie aansienlike skade gely.
Alhoewel Kuba dalk ʼn gevoel van verlies gevoel het, was die
grootste negatiewe impak op die Sowjetunie.
Khrushchev het geweet dat hy die respek en ondersteuning van
die weermag sou verloor.
Hy verwag dat sy posisie in die Sowjetunie bedreig sou word en
dat hy dalk politieke mag sou verloor.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.6 [Paragraaf – interpretasie, analise en sintese van bewyse/inligting vanuit
relevante bronne – V3]
Die VSA ontplooi Jupiter missiele naby die grense van die Sowjetunie in
1959 om sodoende ʼn militêre voordeel bo die USSR te verkry.
Die VSA het geweet van die Sowjetmissiele wat na Kuba ontplooi was
deur hul waarneming (Bron B).
VSA het ʼn vloot- en lugblokkade opgelê om die Sowjetunie te verhoed
om missiele na Kuba te vervoer (Bron 1B).
Kennedy het aangedring dat Khrushchev die missiele vanaf Kuba moes
onttrek (Bron 1B).
In Oktober 1962 Anatoly Dobrynin en Robert Kennedy van die VSA
besprekings gehou oor hoe om die missielkrisis op te los (Bron 1C).
Die wêreld was op die rand van ʼn kernoorlog.
Albei leiers het die bedreiging van ʼn kernoorlog besef (Bron 1C).
Die USSR verwyder sy missiele vanuit Kuba (Bronne 1A en 1C).
Die VSA doen dieselfde deur sy missiele vanuit Turkye te onttrek
(Bron 1C).
Die delikate balans van mag was nietemin in stand gehou.
Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse in ʼn elementêre wyse bv. toon
min of geen begrip van hoe die Kubaanse
missielkrisis het tot Koue Oorlog-spanning
tussen die Verenigde State van Amerika en die
VLAK 1 0–2
Sowjetunie in die 1960’s bygedra het.
Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag oor
onderwerp te skryf of kan nie ʼn paragraaf skryf
nie.
Bewyse is meestal relevant en hou verband met ʼn
groot mate aan die onderwerp bv. toon ʼn beter
begrip van hoe die Kubaanse missielkrisis tot
Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde
VLAK 2 3–5
State van Amerika en die Sowjetunie in die
1960’s bygedra het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruike relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip van hoe die Kubaanse
missielkrisis tot Koue Oorlog-spanning tussen
die Verenigde State van Amerika en die
VLAK 3 6–8
Sowjetunie in die 1960’s bygedra het.
Bewyse hou baie goed verband met die vraag.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA
HOE HET DIE BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG NA 1975 BETROKKE GERAAK?
2.1 2.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep – V1]
Ideologiese oorlog tussen die VSA en die USSR.
Kompetisie vir ideologiese oppergesag tussen kapitalisme en
kommunisme.
Oorlog van posisies, waar daar nie werklike of militêre gevegte
tussen die hoof teenstanders plaasvind nie.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1)
VSA
China
USSR/Sowjetunie
Kuba
Zaïre
Suid-Afrika (Enige 4 x 1) (4)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1]
Om die gebruik van Angola as ʼn basis vir rebelle wat geveg het
vir die onafhanklikheid van Namibië, te beëindig. (1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2A – V2]
Om hul onderskeie ideologieë te bevorder.
Om Angola as ʼn basis vir die bevordering van
kapitalisme/kommunisme in Afrika te maak.
Om die politieke ideologie wat in post-onafhanklike Angola
posgevat het, te beïnvloed.
Om die verskillende faksies in die burgeroorlog te ondersteun.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – V1]
Een biljoen dollar in hulp/voorraad
2 000 bykomende troepe (2 x 1) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.2.2 [Bepaling van bruikbaarheid vanuit Bron 2B – V3]
Hierdie bron is bruikbaar omdat:
Die VSA was baie gretig om UNITA te ondersteun.
VSA het UNITA gesien as ʼn instrument om die verspreiding van
kommunisme in Angola en Afrika teen te staan.
Kuba was ʼn ou bondgenoot van die MPLA en het ondersteuning
aan die MPLA regering aangebied.
Kuba ontplooi troepe en militêre toerusting in Angola.
Die betrokkenheid van die VSA en Kuba het die Angolese konflik
verleng.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.2.3. [Onttrekking van inligting vanuit Bron 2B – V1]
Dat alle buitelandse troepe vanuit Angola en Namibië moet
onttrek. (1 x 2) (2)
2.2.4 [Interpretasie en analise van bewyse vanuit Bron 2B – V2]
Om die soewereiniteit van Angola te waarborg.
Kuba wou verseker dat alle buitelandse magte Angola verlaat.
Om te verseker dat die MPLA-regering nie benadeel word of in
gedrang kom, indien Kuba Angola verlaat het nie.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.3 [Vergelyking en interpretasie van bewyse vanuit Bronne 2A en 2B – V3]
In Bron 2A verskaf die VSA hulp en opleiding vir FAPLA en UNITA, en in
Bron 2B word Savimbi as ʼn belangrike bondgenoot van die VSA beskou.
Beide bronne toon die Sowjetunie se ondersteuning vir die MPLA-regering.
Bron 2A gee bewyse van Suid-Afrika se direkte ondersteuning van
UNITA, terwyl Bron 2B Kubaanse finansiële en militêre ondersteuning vir
die MPLA toon.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie en analise van bewyse vanuit Bron 2C – V2]
Om te wys dat hulle vooruitgang gemaak het in die oorlog en die
vyand oorwin het.
Dit was gebruik vir propaganda doeleindes.
Om die moraal van die regeringsmagte te demp en terselfdertyd
die moraal van UNITA te bevorder.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – V1]
UNITA (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 13
2.5 2.5.1 [Interpretasie en evaluering van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
Die stryd was die laaste groot geveg in die Angolese
burgeroorlog waarin die buitelandse magte direk betrokke was.
Die direkte konfrontasie tussen Kubaanse magte en die Suid-
Afrikaanse weermag regimente, het tot die onttrekking van
buitelandse magte in Angola gelei.
Die onafhanklikheid van Namibië is deur die implementering
van die VN se resolusie 434 bereik.
Die SAW se militêre mag was deur Kuba in Cuito Cuanavale
blootgestel.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.5.2 [Interpretasie en evaluering van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
Verskillende lande het betrokke geraak by die Angolese oorlog
met hul eie verskillende doelwitte.
Elke land of groep wil nie gesien word asof hulle verslaan was
nie.
As deel van die Koue Oorlog, was die Angolese burgeroorlog ʼn
ideologiese stryd wat in Afrika plaasgevind het.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, analise en evaluering van bewyse/inligting vanuit relevante
bronne – V3]
Buitelandse betrokkenheid in die burgeroorlog Angola as ʼn terrein van
die Koue Oorlog bevestig (Bron 2A).
Die betrokkenheid van SA, Kuba, VSA, China en die USSR het die
Angolese burgeroorlog tot internasionale vlak verhef (Bron 2A). (8)
Die VSA en SAW ondersteun UNITA wat ʼn sterk mag in Angola
geword het (Bron 2A).
China het militêre instrukteurs gestuur om FAPLA op te lei (Bron 2A).
Weens hul jarelange verhouding met die MPLA, het Kuba beduidende
steun aan die MPLA-regering gegee (Bron 2A).
Die VSA het onvoorwaardelike ondersteuning aan Jonas Savimbi en
UNITA gegee (Bron 2B).
As gevolg van die VSA se betrokkenheid was die burgeroorlog verleng
en dit het gelei tot die verslaan van die SAW.
Kuba die skaal ten gunste van die Angolese regeringsmagte geswaai
(Bron 2C).
Kuba het hoëtegnologie MGD wapens tydens die slag van Cuito
Cuanavale ontplooi (Bron 2D).
Die SAW was verneder en totaal oortref (Bron 2D).
Die militêre gebreke van die SAW was deur die Kubaanse regimente
by Cuito Cuanavale blootgestel.
Cuito Cuanavale was die laaste strooi vir die SAW (Bron 2D).
Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Gebruik die volgende rubriek om en ʼn punt toe te ken.
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse bv. toon
min of geen begrip van hoe die buitelandse
moondhede by die Angolese burgeroorlog
VLAK 1 0–2
betrokke geraak het.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou met ʼn groot
mate verband met die onderwerp bv. toon ʼn
begrip van hoe die buitelandse moondhede by
VLAK 2 die Angolese burgeroorlog betrokke geraak 3–5
het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse om ʼn
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n
deeglike begrip van hoe buitelandse
moondhede by die Angolese burgeroorlog
VLAK 3 6–8
betrokke geraak het.
Gebruik bewyse effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: BURGERREGTEBEWEGING PROTES IN VSA, 1950’s TOT 1970’s
WAAROM WAS DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA GEDURENDE DIE 1960’s GESTIG?
3.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3A – V1]
Hulle is arm.
Hulle is swart. (2 x 1) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3A – V1]
Swart moet hulself in die swart gemeenskap organiseer
Swart mense moet dinge vir hulself doen.
Skep swart bewussyn wat die basis vir politieke mag sal voorsien.
Slegs swart mense moet namens swart mense praat. (Enige 3 x 1) (3)
3.1.3 [Interpretasie en evaluering van bewyse vanuit Bron 3A – V2]
Swartes kon hul eie sake sonder blanke betrokkenheid behartig.
Swart mense was in staat om die wêreld te wys dat hulle op hulself
kan staan.
Dit het die mening dat swartes geen vordering sal maak sonder die
blanke nie, aan die kaak gestel.
Swartes in ander dele van die wêreld was aangemoedig om vir
gelykheid te veg.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Interpretasie, evaluering en ontleding van bruikbaarheid van bewyse
vanuit Bron 3A – V3]
BRUIKBAAR
Die bron verduidelik die uitdagings wat swartes in die gesig gestaar
het in die VSA – dat hulle arm en swart is.
Bied ʼn filosofiese en politieke regverdiging vir die bevordering vir
swart mense
Die bron beroep op swart gemeenskappe om hul eie gevegte te
veg.
Die bron moedig selfbeskikking onder swartes aan.
Afrika is gesien as ʼn goeie voorbeeld van hoe swartes hul eie lande
kan beheer.
Enige ander relevante antwoord.
NIE-BRUIKBAAR NIE
Die bron kan gesien word as die bevordering van rasse-segregasie.
Die bron kan lei tot die rasse-polarisasie van die Amerikaanse
samelewing.
Alle blankes sou as mense wat rassisme ondersteun beskou word.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.2 3.2.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep vanuit Bron 3B – V1]
Trots wat iemand het omdat hy deel uitmaak van ʼn nasie en ʼn
verbintenis om die belang van daardie nasie te bevorder.
Die Swartmagbeweging het trots onder swart mense aangemoedig.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3B – V1]
Hulle wou vryheid onmiddellik hê. (Enige 1 x 1) (1)
3.2.3 [Interpretasie van inligting vanuit Bron 3B – V2]
Swartes het vir ʼn lang tyd op vryheid sonder enige sukses
aangedring.
Vryheid sal nie kom indien Swartes nie daarvoor veg nie.
Swartes moet blanke oorheersing in al sy vorms verwerp
Swartes moet van hul gemeenskappe en ekonomiese aktiwiteite
beheer neem
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Interpretasie van en inligting vanuit Bron 3B – V2]
Swartes moet veg totdat hulle hul vryheid behaal.
Malcolm X het die niegewelddadige filosofie verwerp.
Swartes moet hulself teen blanke brutaliteit beskerm.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3 [Vergelyking, interpretasie en evaluering van inligting vanuit Bronne 3A en 3B
– V3]
Beide bronne verwys na die aandringing van vryheid vir Afro-Amerikaners.
Beide bronne moedig swartes aan om verantwoordelikheid vir hul lot te
neem.
Beide bronne beklemtoon selfbeskikking vir swartes.
Bron 3A verwys dat swart mense arm is, dit kan gekoppel word aan
Bron 3B wat praat oor die behoefte vir swartes om in beheer van die
ekonomie in hul gemeenskappe te wees.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van inligting vanuit Bron 3C – V1]
Die term ‘Negro’ word met die jare van slawerny in Amerika
geassosieer. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 17
3.4.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3C – V2]
Dit het hul politieke uitsluiting vanaf die hoofstroom Afrikaanse
lewe aangespreek.
Dit bevorder swart identiteit en kultuur.
Dit het op rassegelykheid aangedring.
Swart kon identifiseer met die politieke ideale van die
Swartmagbeweging.
Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C – V1]
ʼn Hoër rentekoers vir ʼn verband gehef.
Betaal minder as blankes terwyl hulle dieselfde werk doen.
Het geweld vanaf blankes in die gesig gestaar. (Enige 2 x 1) (2)
3.5 3.5.1 [Interpretasie van bewyse vanuit die visuele bron; Bron 3D – V2]
Die militantheid van die lede van die party – uniform en militêre
houding.
Die party het hul lede bewapen wat sigbaar was
Die party was nie bang om geweld te gebruik om sy doelwitte te
bereik nie.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.5.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3D – V1]
Om Afro-Amerikaners teen polisie brutaliteit te verdedig. (1 x 2) (2)
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van inligting uit relevante bronne te evalueer
die mate van die sukses van desegregasie van skole – V3]
Swartmagbeweging was gevorm om vir die politieke, sosiale en
ekonomiese regte van swart Amerikaners te veg (eie kennis).
Om die probleme van armoede en rassisme aan te spreek (Bron 3A).
Die beweging het probeer om die behoefte aan sielkundige gelykheid te
benadruk (Bron 3A).
Om te verseker dat swart mense op hul eie kan ontwikkel en in hul eie
gemeenskappe (Bron 3A)
Te bepleit dat swart mense dinge vir hulself moet (Bron 3A).
Om ʼn nuwe standpunt in te neem met betrekking tot die stryd vir vryheid
en die gebruik geweld indien nodig (Bron 3B).
Swartes was aangemoedig om blanke oorheersing te verwerp (Bron 3B).
Swartes moes beheer neem van die ekonomie in hul gemeenskappe
(Bron 3B)
Om trots en aansien in swartes in te boesem (Bron 3C).
Bevorder swart kultuur en identiteit (Bron 3C).
Ten spyte van ʼn paar prestasies van die Burgerregtebeweging, was swart
mense nog steeds slagoffers van rassisme (Bron 3C).
Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse in 'n elementêre wyse bv. toon
min of geen begrip van waarom die Swartmag-
beweging in die Verenigde State van Amerika
VLAK 1 0–2
gedurende die 1960’s gestig was.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn paragraaf
skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou verband met ʼn
groot mate tot die onderwerp bv. toon ʼn begrip
van waarom die Swartmagbeweging in die
VLAK 2 Verenigde State van Amerika gedurende die 3–5
1960’s gestig was.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse maar kan nie
ʼn paragraaf skryf nie.
Gebruik relevante bewyse byvoorbeeld
demonstreer ’n deeglike begrip van waarom
die Swartmagbeweging in die Verenigde State
VLAK 3 6–8
van Amerika gedurende die 1960’s gestig was.
Gebruik bewyse effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG – CHINA
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Die kandidaat moet ʼn standpunt neem ten opsigte van of hulle saamstem of nie
saamstem nie met die stelling nie. Nadat ʼn standpunt ingeneem is moet die
kandidaat gebruik maak van relevante historiese inhoud om hul gedagtegang te
ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul respons insluit:
Inleiding: Kandidate moet aandui hoe Mao Zedong die Chinese ekonomie ten
spyte van ʼn hoë politiese en sosiale koste opgebou het. Hulle moet dan
aandui of China ʼn supermoondheid teen 1976 geword het. Stem jy saam of
nie.
UITBREIDING
Opkoms van Mao Zedong en die verklaring van die Republiek van China in
1949.
Eerste vyfjaar-Plan, 1953–1958
Groot Sprong Vorentoe, 1958: Mao se program van Sjina se oorhaastige
oorgang na industriële sosialisme
Landelike kollektivisering – groot kommunes.
Privaat eiendom was op beslag gelê deur die staat en mense was gedwing om
in kommunale sale te eet.
Aanvraag vir verhoogde staalproduksie was ʼn kenmerk van die Groot Sprong
Vorentoe.
Alle burgers gemobiliseer na die produksie van staal deur die gebruik van
agterplaas-oonde. Hierdie program was ʼn mislukking, produseer nutteloos
staal en stroping van die platteland van brandstof.
Mislukte landbou eksperimentering.
Produksiesyfers was onbetroubaar – gemanipuleer deur amptenare
Groot Chinese hongersnood – 30 miljoen dood (1959–1962).
Dit het gelei tot die mislukking van die Groot Sprong Vorentoe.
Mao het uiteindelik erken dat foute gemaak was en het bedank as president
van China, maar sy posisie as die voorsitter van die Kommunistiese Party van
China gehou.
In 1962 het Mao die verantwoordelikheid van die ekonomie aan President Liu
Shaoqi en CCP se algemene Sekretaris Deng Xiaoping oorgegee, en van die
politieke toneel onttrek.
Die Kulturele Revolusie is deur Mao in 1966 van stapel gestuur.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
In sy siening China was besig om te verwesters.
Hy het die Rooi Wagte daargestel – dit is groepe jong mense wat Mao
verafgod het.
Die Rooi Wagte was aangesê om almal wat in ʼn posisie van gesag was aan
te val bv. onderwysers, ouers, intellektuele, wetenskaplikes, ens. Hierdie
mense was gedwing om te bely dat hulle ‘vyande van die werkersklas’ of
‘kapitalistiese stropers’ was. Baie was gemartel en vermoor.
Groot optogte is gehou in Tiananmen Square, Beijing. Plakkate en prente
van Mao was oral vertoon.
Xiaoping en Liu Shaoqi was onthef van hul posisies. Liu sterf in die tronk in
1969.
Sluiting van skole en universiteite vir meer as twee jaar
Nywerheid het gely en produksie is byna gestop teen 1968; die ekonomie het
in eengestort.
Ten minste ʼn miljoen mense het as gevolg van die Kulturele Revolusie
gesterf.
Mao het die Rooi Wagte beveel om hul aanvalle te stop in 1969 en wet en
orde herstel. Mao het aangekondig dat die Kulturele Revolusie oor was, maar
dit het jare geneem om alles terug te bring na normaliteit in fabrieke, skole en
plase.
Enige ander relevante antwoord.
GEVOLGTREKKING
Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet ʼn kritiese bespreking maak van die suksesse en uitdagings wat
Tanzanië en die Kongo in die gesig gestaar het met spesiale verwysing na die
politieke, ekonomiese, kulturele en sosiale sfere van albei lande. ʼn Behoorlike
kontekstualisering van die kandidaat se reaksie word verwag. Die kandidate moet
gedetailleerde vergelyking van die twee lande met toepaslike ondersteunende
voorbeelde gee. Die kandidaat mag albei lande onder een kategorie of
afsonderlik bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul respons insluit:
Inleiding: Kandidate moet fokus op die uitdagings van die Kongo en
Tanzanië na onafhanklikheid, met spesifieke verwysing na politieke en
ekonomiese uitdagings.
UITBREIDING
Die Kongo – politieke uitdagings
Kongo verkry onafhanklikheid vanaf België in 1960.
Patrice Lumumba was eerste Minister van die koalisie regering – verkies –
goeie betrekkinge met Rusland.
Weste ongelukkig met Lumumba se politieke houding – beplan om hom te
laat val.
Politieke onstabiliteit heers.
Politieke ambisies van Kasavubu, Tshombe en Mobutu.
VSA en België sameswering met Kasavubu en Mobutu.
Lumumba se val van mag en sluipmoord.
Mobutu oorname tot mag.
Kongo onder Mobutu se diktatuur.
Verandering van naam na Zaïre.
Mobutu se magsverwydering.
Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Die Kongo – ekonomiese uitdagings: Zaïrianisasie van ekonomie
Vervanging van buitelanders met onervare Kongo burgers.
Gebrek aan vaardighede het gelei tot verwaarlosing en verrotting van sleutel
infrastruktuur.
Kongo het aansienlike natuurlike hulpbronne – maar steeds ʼn arm land gebly
Wanbestuur van die ekonomie onder Mobutu.
Korrupsie en diefstal van staatshulpbronne.
Een-produk ekonomie nie lewensvatbaar
Regering nie in staat om sy buitelandse skuld te diens nie.
In die 1970’s bereik die inflasiekoers 100%.
Swak infrastruktuur.
Ontwikkeling van elite klasse.
Kleptokrasie – regering deur diewe.
Enige ander relevante antwoord.
Die Kongo – sosiaal en kultureel
Pakke was verbied – vervang deur plaaslike klere.
Maoist se invloed op klere
Politieke onstabiliteit het gelei tot armoede en lae lewensverwagting.
Enige ander relevante antwoord.
Tanzanië – politieke prestasies en uitdagings
Nyerere het in Afrika-sosialisme geglo
Aanneming van die leierskapkode
Een-party staat
Eenheid met Zanzibar
TANU en die aanneming van die Arusha-verklaring in 1967
Aanneming van ujamaa as inhoud vir die Arusha verklaring
Afrika-eenheid
Enige ander relevante antwoord.
Tanzanië – ekonomiese uitdagings
Implementering van ujamaa
Verpligte beweging na ujamaa dorpe
Weerstand teen ujamaa deur die kleinboere
Konsep van familieskap en kommunale boerdery.
Beperkte ekonomiese prestasies
Beperkings – mislukkings van ujamaa en die ekonomiese impak
Die impak van die IMF en Wêreldbank-lenings op Tanzanië
Afhanklikheid op kontant-oeste en afname in voedselsekerheid
Nyerere se toelating van die mislukkings van ujamaa
Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 23
Tanzanië – sosiale en kulturele uitdagings
Ongeletterdheid uitgewis – verbeterings in onderwys
Skole, klinieke en hospitale gebou
Verbeterde primêre gesondheidsorg
Verbeterde lewensverwagting
Behuising uitdagings
Voorsiening van kraanwater
Afrikanisering
Enige ander relevante antwoord.
GEVOLGTREKKING
Kandidate moet argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES IN DIE VSA, 1950’s TOT 1960’s: DIE
BURGERREGTE BEWEGING
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet ʼn standpunt inneem en relevante historiese bewyse gebruik om
hul te ondersteun. Die verskeie veldtogte en die onderskeie prestasies moet
bespreek word.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul respons insluit:
Inleiding: moet fokus op die aanvaarde standpunt en die grondslag
daarvan. Die kandidaat moet die benadering geneem word om te handhaaf
ʼn lyn van argument stel.
UITBREIDING
Ongelykhede tussen swart en wit Amerikaners.
Die rol van Martin Luther King Junior en die nie-geweldadige beleid
‘Sit-ins’
Vryheidsritte
Die Birmingham-veldtog, April 1963
Optog na die Lincoln-gedenkteken (‘Memorial’) in Washington, DC
Die 1964 Burgerregtewet
Die Selma-Montgomery optogte
Stemregtewet, 1965
GEVOLGTREKKING
Kandidate moet hul argument saamvat met ʼn relevante slot met inagneming
van die standpunt wat die inleiding in geneem was. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper