Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201710 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ʼn addendum van 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM VREDE MAAK MET DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM VREDE MAAK MET DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toepas. 7. ʼn Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringsstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: WATTER BYDRAE HET STEPHEN BANTU BIKO TOT DIE VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA IN DIE 1970’s GEMAAK? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Identifiseer DRIE programme vanuit die bron waarby die Swart Bewussynsbeweging betrokke was. (3 × 1) (3) 1.1.2 Wat, volgens die inligting in die bron, was die doel van die Swart Gemeenskapsprogramme? (1 × 2) (2) 1.1.3 Verduidelik wat Biko geïmpliseer het met die stelling ‘die Swart man is gemaak om heeltyd te leef met aangeleenthede van voortbestaan, gemoeid met môre’ in die konteks van die filosofie van Swartbewussyn. (2 × 2) (4) 1.1.4 Watter impak moes die filosofie van Swart Bewussyn op die Swart man, volgens Biko se verwagting, hê? (1 × 2) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Watter kenmerke, volgens Donald Woods, het Biko hardnekkig tydens aanhouding gemaak? (3 × 1) (3) 1.2.2 Lewer kommentaar op wat jy dink Woods bedoel het met hierdie stelling: ‘Biko was ʼn militant in sy verdediging van sy beginsels, ja, maar sy blywende doel was vreedsame versoening van alle Suid- Afrikaners.’ (1 × 2) (2) 1.2.3 Verduidelik waarom jy dink dat Kruger die aanklagtes in die voorlopige verslag oor hoe Steve Biko gesterf het, ontken het. (2 × 2) (4) 1.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron aan ʼn historikus wat die omstandighede waaronder Biko vermoor was, bestudeer. (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.3 Lees Bron 1 C. 1.3.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die volgende konsepte te definieer: (a) Apartheid (1 × 2) (2) (b) Onderdrukking (1 × 2) (2) 1.3.2 Verduidelik hoekom jy dink Gordimer vir Biko as ʼn held beskou het. (2 × 2) (4) 1.3.3 Watter eienskappe, volgens die bron, sou Biko in staat gestel het om ʼn betekenisvolle bydrae tot die ‘nuwe’ Suid-Afrika te kon maak. (2 × 1) (2) 1.4 Verwys na Bron 1D. Watter boodskappe word deur die spotprent oorgedra? (2 × 2) (4) 1.5 Vergelyk Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die impak wat Biko gehad op die Suid-Afrikaanse politiek. (2 × 2) (4) 1.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT lyne (80 woorde) waarin jy die bydrae wat Stephen Bantu Biko tot die bevrydingstryd in Suid-Afrika in die 1970’s gemaak het, verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) VREDE EN VERSOENING IN SUID-AFRIKA MEEGEBRING? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Identifiseer die TWEE leiers van die WVK vanuit die bron. (2 × 1) (2) 2.1.2 Volgens die inligting in die bron, wat was die belangrikste take van die WVK? (2 × 1) (2) 2.1.3 Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK. (1 × 2) (2) 2.1.4 Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ʼn historikus wat die redes vir die vorming van die WVK bestudeer. (2 × 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Haal TWEE stukke bewyse uit die bron aan wat beweer dat F.W. De Klerk die WVK gebrekkig gevind het. (2 × 1) (2) 2.2.2 Wat, volgens F.W. De Klerk, was die oplossings vir die gebreke in die WVK? (2 × 1) (2) 2.2.3 Waarom, volgens die bewyse in die bron, het Cyril Ramaphosa die WVK ondersteun? (1 × 1) (1) 2.2.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik die verskillende sienings wat De Klerk en Ramaphosa oor die WVK-proses gehad het. (2 × 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Waarom, volgens die bron, was Stompie Sepei doodgemaak? (1 × 1) (1) 2.3.2 Lewer kommentaar oor waarom jy dink Mamanki voor die WVK verskyn het. (2 × 2) (4) 2.3.3 Verduidelik of die WVK in staat was om die waarheid oor die omstandighede waaronder Stompie Sepei gesterf het, te openbaar. (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 2.4 Gebruik Bron 2D. 2.4.1 Haal TWEE name aan vanuit die plakkaat wat as informante (mpimpis) geïdentifiseer was. (2 × 1) (2) 2.4.2 Lewer kommentaar oor waarom jy dink die ANC Vroueliga vir Winnie Mandela gedurende die WVK-verhore ondersteun het. (2 × 2) (4) 2.4.3 Verduidelik in jou eie woorde die rol wat informante tydens Suid- Afrika se Bevrydingstryd gespeel het. (2 × 2) (4) 2.5 Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die dood van Stompie Sepei. (2 × 2) (4) 2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT lyne (80 woorde) waarin jy verduidelik of die WVK suksesvol was om vrede en versoening in Suid- Afrika mee te bring. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISERING OP DIE EKONOMIEË VAN ONTWIKKELENDE LANDE NA 1989? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Haal TWEE faktore uit die bron aan wat boere tot nuwe en onbekende toestande in hul ekonomieë blootgestel het. (2 × 1) (2) 3.1.2 Wat, volgens die bron, het die manier waarop Suider-Afrikaanse boere die klimaatvariasie gehanteer het, beïnvloed? (1 × 2) (2) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, om die verhouding tussen klimaatsverandering en klimaatvariasie in die konteks van globalisering te verduidelik. (2 × 2) (4) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Identifiseer TWEE probleme, vanuit die bron, wat arme klein familieboere in die gesig gestaar het. (2 × 1) (2) 3.2.2 Watter boodskap dra die plakkaat oor met betrekking tot die twee vroue in die veld? (1 × 2) (2) 3.2.3 Lewer kommentaar op waarom hierdie bron nie as ʼn betroubare historiese bewys gebruik kan word om die impak van globalisering te bestudeer nie. (2 × 2) (4) 3.2.4 Verduidelik hoe maatskaplike beskerming arme klein familieboere sou help om hul lewensomstandighede te verbeter. (1 × 2) (2) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Volgens die inligting in die bron, lys die TWEE faktore wat die armste lande gehelp het om vinniger te groei en armoede te verminder. (2 × 1) (2) 3.3.2 Verduidelik hoe die sienings van Domschu en Kalytta met betrekking tot die impak van globalisering verskil. (2 × 2) (4) 3.3.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom globalisering vir verbeterde werkgeleenthede in Asiatiese lande verantwoordelik was. (2 × 2) (4) 3.4 Vergelyk Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3C ondersteun met betrekking tot die gevolge van globalisering op suidelike Afrika-lande. (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Volgens die inligting in die bron, waarom het ontwikkelende nasies oor die toestande van hul stede gekla? (1 × 2) (2) 3.5.2 Noem die TWEE kitskoskettings wat winkels in die ontwikkellende lande geopen het. (2 × 1) (2) 3.5.3 Verduidelik waarom Indië krities oor McDonalds was. (2 × 2) (4) 3.5.4 Volgens die inligting in die bron, verduidelik hoe armoede deur globalisering verminder kan word. (2 × 1) (2) 3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT lyne (80 woorde) waarin jy die impak wat globalisering op die ekonomieë van ontwikkelende lande na 1989 gehad het, verduidelik. (8) [50] AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT 1980’s ‘Die internasionale Anti-Apartheidsbewegings se beroep op boikotte, disinvestering en sanksies het aansienlik tot die ineenstorting van die apartheidsregime in Suid- Afrika in die 1980’s bygedra.’ Stem jy met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM VREDE MAAK MET DIE VERLEDE ‘Die vrylating van Nelson Mandela in 1990 was ʼn keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis.’ Evalueer hierdie stelling deur te verduidelik hoe die proses van onderhandelinge tussen die verskillende politieke rolspelers tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994 gelei het. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELD ORDE: 1989 TOT DIE HEDE ‘Die ineenstorting van kommunisme en die val van die Sowjet-unie het die weg gebaan vir onderhandelings tussen die ANC en die apartheidsregering ná 1989.’ Bespreek hierdie stelling krities deur die impak wat die ineenstorting van die Sowjet-unie op Suid-Afrika se politieke landskap gehad het, te ontleed. [50] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 History

View all