Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 311.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WATTER LESSE KAN SUID-AFRIKANERS BY BANTU STEPHEN
BIKO, WAT VEERTIG JAAR GELEDE GESTERF HET, LEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Gebruik die inligting in die bron en haal DRIE komponente van die
filosofie van Swart Bewussyn aan. (3 x 1) (3)
1.1.3 Verduidelik, in jou eie woorde, hoe swart Suid-Afrikaners
sielkundige bevryding kon verkry. (1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor die filosofie van Swart
Bewussyn. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Selekteer TWEE bewyse uit die bron wat te kenne gee dat die
polisie Steve Biko as 'n bedreiging beskou het. (2 x 1) (2)
1.2.2 Waarom, volgens die inligting in die bron, het die polisie besluit om
in 1977 vir Steve Biko buite Grahamstad te arresteer? (1 x 2) (2)
1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
wat die dokters gemotiveer het om valse diagnoses te maak oor
hoe Biko gesterf het. (2 x 2) (4)
1.2.4 Haal DRIE woorde uit die bron aan wat beskryf hoe Biko op
12 September 1977 gesterf het. (3 x 1) (3)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Verduidelik waarom jy dink Swartbewussynaktiviste besluit het om
hierdie plakkaat rond te dra. (1 x 2) (2)
1.3.2 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die volgende in die
plakkaat:
(a) Die gebalde vuiste (1 x 2) (2)
(b) Die gebreekte ketting (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2017
NSS
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Waarom, dink jy, was Allister Sparks vasbeslote om uit te vind hoe
Steve Biko vermoor is? (2 x 2) (4)
1.4.2 Noem TWEE maniere in die bron wat wys hoe Helen Zille te werk
gegaan het om inligting oor Biko se moord in te samel. (2 x 1) (2)
1.4.3 Lewer kommentaar op hoe Jimmy Kruger en dr. Hersch verskil
het ten opsigte van die omstandighede waaronder Steve Biko
gesterf het. (2 x 2) (4)
1.5 Vergelyk Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
in Bron 1D rakende die dood van Steve Biko ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
lesse verduidelik wat Suid-Afrikaners by Bantu Stephen Biko, wat veertig jaar
gelede gesterf het, kan leer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS AHMED TIMOL,
HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Wat het op 22 Oktober 1971 met Ahmed Timol gebeur? (1 x 1) (1)
2.1.2 Haal TWEE stukke beswarende (impliserende) bewysstukke
aan wat die polisie in die kattebak van Ahmed Timol se motor
gevind het. (2 x 1) (2)
2.1.3 Watter bewyse in die bron dui daarop dat Ahmed Timol gemartel is
terwyl hy in polisie-aanhouding was? Noem DRIE bewyse. (3 x 1) (3)
2.1.4 Verduidelik tot watter mate jy die bewyse, gegee deur die polisie-
ondervraers oor hoe Timol gesterf het, as betroubaar kan beskou.
(2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 2) (2)
2.2.2 Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.2.3 Noem die volgende leiers van die WVK:
(a) Die voorsitter (1 x 1) (1)
(b) Die ondervoorsitter (1 x 1) (1)
2.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die demokratiese regering op herstellende geregtigheid in
plaas van vergeldende geregtigheid besluit het. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is. (2 x 2) (4)
2.3.2 Lewer kommentaar op waarom Hawa Timol besluit het om voor die
WVK te verskyn. (2 x 2) (4)
2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse
in Bron 2C ondersteun oor hoe die WVK die moord van Ahmed Timol hanteer
het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2017
NSS
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Waarom, volgens die bewyse in die bron, het die NVG besluit om
die doodsondersoek oor hoe Ahmed Timol vermoor is, te heropen?
(1 x 2) (2)
2.5.2 Verduidelik waarom jy dink Cajee besluit het om hulde aan Hawa
Timol te bring. (2 x 2) (4)
2.5.3 Lewer kommentaar op wat jy dink geïmpliseer word deur die
stelling: '… die doodsondersoek 'n presedent (voorbeeld) vir ander
families sal wees om te volg', in die konteks van die WVK-verhore.
(2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die WVK die moord van politieke aktiviste, soos Ahmed Timol, hanteer
het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: HOE IS SUID-AFRIKA SE PLUIMVEEBEDRYF DEUR
GLOBALISERING BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die term globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Haal DRIE maniere uit die bron aan wat te kenne gee dat
globalisering die menslike welstand van samelewings in die wêreld
beïnvloed het. (3 x 1) (3)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom internasionalisme as meer suksesvol as nasionalisme in
die konteks van globalisering beskou is. (2 x 2) (4)
3.1.4 Identifiseer TWEE internasionale monetêre (finansiële) instellings
wat die proses van globalisering ondersteun het. (2 x 1) (2)
3.1.5 Waarom, volgens die inligting in die bron, het monetêre instellings
besluit om Suid-Afrika onder druk te plaas om sy
handelsbeperkings te verwyder? (2 x 1) (2)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat het Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente aangespoor om by
die anti-globaliseringsverset aan te sluit? (1 x 1) (1)
3.2.2 Verduidelik waarom Europese pluimveeprodusente Suid-
Afrikaanse pluimveeboere gekritiseer het oor hoe hulle besigheid
gedoen het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Waarom, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse regering besluit
om die plaaslike pluimveebedryf te beskerm? (2 x 1) (2)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink die spotprentkunstenaar
besluit het om 'GOEDKOOP INVOERE' groter as 'PLAASLIKE
INVOERE' uit te beeld. (2 x 2) (4)
3.4 Vergelyk Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
oor die krisis waarvoor die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf te staan gekom
het in Bron 3C ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2017
NSS
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Noem die unie wat by die Suid-Afrikaanse regering gepleit het dat
regulasies oor goedkoop pluimvee-invoere verskerp moes word.
(1 x 1) (1)
3.5.2 Watter land, volgens die bron, was Suid-Afrika se grootste
mededinger met betrekking tot pluimvee-invoere? (1 x 1) (1)
3.5.3 Verduidelik hoe die Departement van Handel en Nywerheid ('DTI')
en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ('DAFF')
probeer het om Suid-Afrika se pluimveebedryf te beskerm. (2 x 2) (4)
3.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer
navorsing gedoen word oor die invloed wat goedkoop invoere op
Suid-Afrika se pluimveebedryf gehad het. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe Suid-Afrika se pluimveebedryf deur globalisering beïnvloed is. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
PW Botha se pogings om die apartheidstelsel te hervorm, is deur intense
internasionale weerstand begroet.
Bespreek hierdie stelling krities, met verwysing na die verskillende vorme van
weerstand wat internasionale anti-apartheidsbewegings gebruik het om in die 1980's
die uiteindelike ondergang van die apartheidsregering te verseker. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Verduidelik tot watter mate politieke leierskap en verbintenis deur belangrike Suid-
Afrikaanse rolspelers die weg gebaan het vir die geboorte van 'n nie-rassige
demokratiese Suid-Afrika in 1994.
Ondersteun jou argumente met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Gorbachev se beleid van Glasnost en Perestroika het in 1989 tot die ineenstorting van
die Sowjetunie gelei wat 'n direkte uitwerking op Suid-Afrikaanse politiek gehad het.
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argumente met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 Paper 1 North West Mock 2025 Addendum

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum