Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 495.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
KOGNITIEWE GEWIGSTOEKENNING
HISTORIESE VAARDIGHEDE
VLAKKE VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en
30%
VLAK 3 beperkings vas te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ()
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerke () aangedui
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
_______________________________________________
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit
wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt
in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte, slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot
argument wat gevolg
47–50 43–46
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
relevante tot argument
43–46 40–42 38–39
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
toereikend en
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
26–27 24–25 20–23
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend of
14–17 0–13
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer
nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA
KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE
VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERHOOG?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Twee jaar gelede het die Eisenhower regering lede van die Mafia gehuur om
Castro dood te maak in 'n sluipmoord
• Die VSA het begin om anti-Castro Kubaanse uitgewekenes op te lei om Kuba/
hulle tuisland in te val
• Die Kennedy regering het die projek oorgeërf wat gely het tot die Bay of Pigs
• Die Kennedy regering het 'n CIA kampanje (veldtog) van teistering en sabotasie
geborg (enige 2 x 1) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• As Kuba se beskermer (om Kuba te beskerm)
• Om Amerikaanse aggressie af te weer/CIA kampanje (veldtog) van teistering
en sabotasie (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Castro was aanvanklik gekant teen Sowjet missiel-installering in Kuba
• Khrushchev het Castro oortuig van waarom dit nodig was om missiele te
ontplooi na Kuba
• Castro het uiteindelik met Khrushchev saamgestem om missiele in Kuba te
ontplooi
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Om die VSA/wêreld bewus te maak daarvan dat Kuba in 'n alliansie/verhouding
was met die Sowjetunie
• Om te toon dat Kuba nie langer kwesbaar sou wees vir 'n aanval deur die VSA
nie
• Om Kuba se soewereiniteit en onafhanklikheid te toon
• Die Sowjetunie het onder die internasionale wet alle reg gehad om die missiele
te stuur
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
• Toon bewyse dat Sowjetmissiele na Kuba ontplooi is, bv. die missielskuiltent
• Bewyse dat die missielterrein weggesteek / verskuil was (missielterrein is
omring deur digte plantegroei
• Die foto toon dat Kuba homself bewapen/militariseer om Amerikaanse
aggressie teen te werk (missiellanseerder)
• Die foto toon die ontplooiing van Sowjet militêre toerusting (oksideertenk-
sleepwaens) na Kuba
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.2.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 1B – V3]
Leerlinge MOET ʼn standpunt inneem oor die bruikbaarheid van die bron om
punte te verdien
Die bron is BRUIKBAAR tot 'n groot mate omdat:
• Dit 'n oorspronklike bron is, 'n foto wat op 14 Oktober 1962 geneem is
• Dit relevant is en dit die toerusting toon wat deur die Sowjetunie na Kuba
ontplooi is
• Die bron ooreenkom met baie ander bronne oor die ontplooiing van missiele na
Kuba
• Dit inligting verskaf oor die soort missiele wat deur die Sowjetunie geïnstalleer
is
• Dit die missielterrein toon wat 'n bedreiging geword het vir die veiligheid van die
VSA
• Enige ander relevante antwoord
Die bron is BRUIKBAAR tot 'n mindere mate omdat:
• Die CIA subjektief kon wees in die identifisering van wat hulle beskou het as 'n
bedreiging soos getoon in die foto
• Die foto dien as 'n propaganda werktuig vir die VSA
• Die foto kon gemanipuleer gewees het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Die verdediging van die Verenigde State van Amerika (ons eie veiligheid)
• Die verdediging van die hele Westerse hemisfeer (2 x 1) (2)
1.3.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 1C – V1]
• 'n Streng kwarantyn is deur die VSA ingestel om alle offensiewe militêre
toerusting wat na Kuba verskeep word, te verhoed/ Die VSA het probeer om die
verskeping van missiele na Kuba te stop
• Deur fisies die Sowjetskepe te keer wat missiele na Kuba vervoer
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• 'n Streng kwarantyn (blokkade) op alle offensiewe militêre toerusting word
onderneem
• Toenemende streng bewaking oor Kuba en sy militêre opbou te behou
• Ek het die opdrag gegee dat die Gewapende magte ... vrag gevind word
• Om enige kernmissiel wat vanaf Kuba teen enige nasie in die Westerse
hemisfeer gelanseer word te beskou as 'n aanval deur die Sowjetunie op die
Verenigde State
• Afbreking en onttrekking van alle offensiewe wapens in Kuba
• ʼn Beroep op Khrushchev om hierdie ongeoorloofde ... oplossings deel te neem
(enige 2 x 1) (2)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
• Om Amerikaanse burgers in te lig oor die ontplooiing van Sowjetmissiele na
Kuba
• Om VS burgers te verseker dat Kennedy en sy administrasie in beheer was
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Om Amerikaanse burgers in te lig oor die stappe wat hy beplan het om teen die
Sowjetunie te neem (indien leerlinge voorbeelde gebruik moet hulle gekrediteer
word)
• Om die ondersteuning van die VS regering in sy ideologiese oorlog teen die
Sowjetunie te verkry
• Om die Sowjetunie te dreig om hulle wapens uit Kuba te onttrek
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 1B en 1C –V3]
• Bron 1B toon die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba en in Bron 1C verwys
Kennedy na die ontplooiing van missiele as 'n bedreiging vir die veiligheid van
die VSA en die hele Westelike hemisfeer
• Bron 1B toon die opbou van offensiewe militêre toerusting op die drumpel van
die VSA (Kuba) en in Bron 1C reageer Kennedy deur 'n kwarantyn (blokkade)
op offensiewe militêre toerusting na Kuba af te dwing
• Die militêre toerusting in Bron 1B was binne die bereik van Amerikaanse stede
en in Bron 1C het Kennedy gereageer deur die VS gewapende magte in te roep
om gereed te wees vir enige gebeurlikheid
• Beide bronne 1B en 1C toon dat die missiele versteek was/ in die geheim
ontplooi is
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Om hulle (Kuba) se verdedigingspotensiaal te versterk
• Om Kuba toe te laat om vreedsaam te lewe
• Om te ontwikkel volgens sy mense se begeerte (2 x 1) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Om die VSA uit te daag ooreenkomstig die VS missiele in Turkye/Italië
• Om 'n afskrikmiddel te voorsien vir 'n potensiële VS aanval teen Kuba
• Om sy (USSR) sterkte en mag aan die VSA en die res van die wêreld te toon
• Om kommunisme in Kuba/Latyns Amerika te versprei/versterk
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – L1]
• Om die integriteit van die grense te respekteer
• Om die soewereiniteit van Turkye te respekteer
• Om nie in te meng in Turkye se huishoudelike sake nie
• Om nie Turkye in te val nie
• Om nie sy gebied beskikbaar te maak as 'n place d'armes (militêre basis) vir so
'n inval nie
• Om diegene wat daaraan dink om aggressie teen Turkye vanuit Sowjetgebied
te loods, te weerhou (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die Sowjetunie se betrokkenheid in Kuba (Bron 1A)
• Die VSA stig EXCOMM wat verskillende opsies bespreek met betrekking tot die
ontplooiing van missiele na Kuba (eie kennis)
• Vergaderings is gehou tussen Kennedy en Gromyko (eie kennis)
• Die 14 Oktober 1962 foto's dui die installasie van Sowjetmissiel-terreine in
Kuba aan (Bron 1B)
• Ontplooiing van missiele lei tot suspisie en bewaking deur die VSA (Bron 1B)
• Kennedy kondig 'n blokkade aan en verdere stappe wat geneem sal word teen
die Sowjetunie (Bron 1C)
• Die VS gewapende magte was gereed vir enige gebeurlikheid (Bron 1C)
• Kennedy beskuldig die Sowjetunie daarvan dat hulle wêreldvrede bedreig
(Bron 1C)
• Khrushchev het Kennedy geantwoord en die gevaar van die VS missiele wat in
Turkye geplaas is, aangedui (Bron 1D)
• Beide Kennedy en Khrushchev het via briewe gekommunikeer (Bron 1D/eie
kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1 min begrip oor hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in PUNTE
Kuba die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde 0–2
State van Amerika en die Sowjetunie verhoog het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2 met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die ontplooiing PUNTE
van Sowjetmissiele in Kuba die Koue Oorlog-spanning 3–5
tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie
verhoog het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike
VLAK 3 begrip oor hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba PUNTE
die Koue Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van 6–8
Amerika en die Sowjetunie verhoog het.
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: WAAROM HET KUBA IN 1975 BY DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
2.1
2.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 2A – V1]
• Leiers van nasionalistiese/ vryheidsbewegings in Angola wat saamwerk om 'n
regering te vorm
• Die Alvor Ooreenkoms lei tot magsdeling onder die leiers van die drie
nasionalistiese bewegings (MPLA, UNITA en FNLA)/ toonaangewende politieke
rolspelers totdat veelparty verkiesings in November 1975 gehou word
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Die Alvor Ooreenkoms is sterk onderskryf deur ander Afrika-lande deur middel
van die OAE (1 x 2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die MPLA, UNITA en die FNLA het die ondersteuning van die buiteland wat
hulle stryd om onafhanklikheid ondersteun het, versoek
• Angola was strategies belangrik en ryk aan minerale – beide kante in die Koue
Oorlog wou Angola in hulle invloedsfeer hê
• Die MPLA is ondersteun deur Kuba en die Sowjetunie (Kommunisme)
• UNITA is ondersteun deur Suid-Afrika en die VSA (Kapitalisme)
• Die burgeroorlog tussen die MPLA en UNITA het 'n ideologiese konflik tussen
kapitalisme en kommunisme geword
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Die gegewe situasie op grond van ons beweging en ons land
• Die verkenningsreis van die amptelike Kubaanse afvaardiging (enige 1 x 2) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Om 'n militêre skool vir kaders op te rig
• Om 'n maatskappy vir sekuriteitspersoneel te stig
• 'n Skip om oorlogsmateriaal vanaf Dar es Salaam te vervoer
• Wapens
• Vervoermiddels (enige 2 x 1) (2)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Kommunisme/Sosialisme (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.2.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2B – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit eerstehandse inligting (brief) van die leier van die MPLA (Neto) aan Kuba
(Castro)
• Die brief wat militêre bystand versoek het, is op 26 Januarie 1976 afgelewer
minder as twee weke nadat die MPLA tot magsdeling ingestem het by Alvor
• Die inligting in die brief kom ooreen met ander bronne
• Die inligting is relevant tot die navorsing oor Kuba se betrokkenheid in die
Angolese Burgeroorlog
• Die inligting gee meer insig oor die spesifieke versoeke deur Castro vir militêre
bystand
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• 'n Bataljon gewone troepe
• Anti-tenkwapens (2 x 1) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Om die Angolese patriotte te help om die Suid-Afrikaanse inval te stuit
(1 x 2) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Castro het geargumenteer dat Kuba alleen die verantwoordelikheid moes dra
vir hulle betrokkenheid in Angola, hulle het nie bevele van die Sowjetunie
gevolg nie
• Castro het geargumenteer dat die Sowjetunie saam met die Kubane gewerk het
om die MPLA in Angola te ondersteun
• Castro beskou die verhouding tussen die Sowjetunie en Kuba rakende die
MPLA as gebaseer op gelyke verhoudings wat 'buitengewoon respekvol' was
• Alleenlik die Kubaanse Kommuniste Party kon die besluit neem om troepe te
stuur om die MPLA in Angola te ondersteun
• Castro het dieselfde ideologie (kommunisme) met die MPLA en die Sowjetunie
gedeel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
• Die VSA (Ford en Kissinger) het die leuen verkondig dat Kuba slegs in Angola
betrokke geraak het op bevele van die Sowjetunie
• Hulle wou nie aanvaar dat Kuba op sy eie opgetree het nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Angola is beheer deur buitelandse magte; beide Kuba en die USSR word
getoon asof hulle Angola 'opwen' asof hulle 'n horlosiespeelding is wat nie
onafhanklik kan optree nie
• Die spotprent gee te kenne dat Kuba Angola beheer, maar Kuba word beheer
deur die USSR; Kuba is ook 'n opwen-speelding sonder die vermoë om
onafhanklik op te tree
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Die Sowjetunie versprei kommunisme deur Kuba na Angola (die sleutel wat die
USSR gebruik om Kuba 'op te wen' word uitgebeeld as 'n hamer en sekel, 'n
simbool van kommunisme)
• Die Sowjetunie het meer mag as Kuba en Angola (aangedui deur die relatiewe
grootte van die figure wat in die spotprent getoon word)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Die hamer en sekel is die simbool van kommunisme
• Die hamer en sekel is die simbool van werkers en boere
• Die USSR was verantwoordelik vir die verspreiding van die kommunistiese
ideologie na Kuba en indirek na Angola
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2C is ʼn kommunistiese siening van Castro se bystand aan die MPLA in
Angola terwyl Bron 2B ʼn Amerikaanse siening was van die Sowjetunie se
betrokkenheid in Kuba en Angola
• In Bron 2C het Castro beweer dat Kuba se betrokkenheid in Angola alleenlik
hulle besluit was; terwyl in Bron 2D gee die spotprenttekenaar te kenne dat
Kuba onder Sowjetbeheer optree
• In Bron 2C beweer Castro dat die Sowjetunie direk ondersteuning na Angola
gestuur het; terwyl in Bron 2D die spotprenttekenaar te kenne gee dat die
USSR Kuba gebruik as 'n tussenganger ('n 'middelman') eerder as om direk
ondersteuning te stuur
• In Bron 2C sê Castro dat die USSR 'buitengewoon respekvol' is in sy
verhouding met Kuba terwyl in Bron 2D die spotprenttekenaar die indruk gee
dat Kubaanse onafhanklikheid of sieninge nie in ag geneem is nie, hulle is 'n
'marionet' of 'n 'speelding' van die USSR se kommunistiese ideologie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Suid-Afrika het Angola ingeval so Kuba het die MPLA verdedig (Bron 2A en
2C)
• Die burgeroorlog in Angola het uitgedraai as 'n Koue Oorlog-stryd en Kuba het
hom verbind om die MPLA te verdedig teen 'n aanval deur die Weste (Bron 2A)
• Neto (MPLA) het Kuba vir spesifieke bystand gevra, bv. militêre skool, ʼn skip
om oorlogsmateriaal te vervoer, wapens (Bron 2B en 2C)
• Neto (MPLA) het hom in die 1970's verbind tot die stigting van 'n onafhanklike,
demokratiese en kommunistiese Angola, Kuba het hierdie ideologie gedeel
(Bron 2B)
• Kuba het hom verbind om Angola in hulle onafhanklikheidstryd van
kolonialisme te ondersteun (Bron 2C)
• Die VSA beweer dat Kuba in Angola betrokke was as gevolg van die USSR
(Bron 2C en 2D)
• Kuba was onder die beheer van die Sowjet kommunistiese ideologie (Bron 2D)
• Kuba het hom verbind om teen imperiale magte te veg (eie kennis)
• Kuba en Angola het historiese bande gehad as gevolg van slawerny (eie
kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1 min begrip oor waarom Kuba betrokke geraak het in die PUNTE
Angolese burgeroorlog in 1975. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2 met die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom Kuba PUNTE
betrokke geraak het in die Angolese burgeroorlog in 1975. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
VLAK 3 begrip oor hoe waarom Kuba betrokke geraak het in die PUNTE
Angolese burgeroorlog in 1975. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's SWART
AMERIKANERS GEMOBILISEER?
3.1
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3A – V1]
• 'n Idee wat wou hê dat swart Amerikaners moes saamwerk en 'n
gemeenskapsprogram stig om sosio-ekonomiese toestande te verbeter
• 'n Filosofie wat in die 1960's in die VSA uit die Burgerregtebeweging gegroei
het wat swarttrots bevorder het
• 'n Filosofie wat maatskaplike gelykheid bevorder het deur die stigting van
politieke en kulturele inrigtings onder swart Amerikaners
• 'n Uitroep aan alle swart Amerikaners om hulle kultuur, identiteit,
selfstandigheid en selfverdediging te bevorder
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Om 'n beroep te doen op swart Amerikaners in hierdie land om te verenig
• Om uit ʼn magsposisie te onderhandel
• Om die totale mag van die samelewing te deel
• Om swart Amerikaanse erfenis te erken
• Om 'n sin vir gemeenskap te bou
• Vir swart Amerikaners om hulle eie doelwitte te definieer
• Vir swart Amerikaners om hulle eie organisasies te lei en daardie organisasies
te ondersteun (enige 2 x 1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Daar was geen nasionale organisasie wat kon spreek tot die groeiende
militantheid van jong swart mense nie
• Die Burgerregtebeweging se stemtoon is aangepas tot die middelklas wittes
• Dit het gedien as 'n soort buffersone tussen die gehoor en kwaai, jong swart
Amerikaners
• Hulle het beweer dat hulle ten behoewe van die gemeenskap praat, maar dit
het nie in die stemtoon van die gemeenskap gepraat nie
• Geen van daardie sogenaamde leiers kon in 'n opstandige gemeenskap ingaan
en na geluister word nie (enige 2 x 1) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
• Integrasie was 'n teken van verandering wat deur die VS Federale regering
aangebied is
• Integrasie sou veral tot voordeel van swart gematigdes wat in die minderheid
was, wees
• Daar is van swart Amerikaners verwag om by 'n wit Amerikaanse leefstyl aan te
pas/ te assimileer
• Volgens die swartmagfilosofie is swart Amerikaners nie as gelykes met wit
Amerikaners beskou nie
• Wit Amerikaners was steeds in 'n superieure posisie/ swart mense is beskou as
minderwaardig
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Politieke onderdrukking
• Ekonomiese uitbuiting
• Sosiale vernedering (3 x 1) (3)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Die VS regering het demokrasie aan die hele wêreld verkondig, maar het nie
daarin geslaag om dit in sy eie land toe te pas nie (Swart Amerikaners het
steeds struikelblokke ervaar in onderwys, registrasie om te stem,
werkreservering)
• Die Federale regering het nie daarin geslaag om die grondwet van die VSA af
te dwing nie (bv. stemreg, swak lewensomstandighede, maatskaplike
ongelykheid)
• Swart Amerikaners se regte is nie in geregshowe beskerm nie
• Swart Amerikaners is nog steeds polisiebrutaliteit ondervind
• Diskriminasie (maatskaplik, ekonomies en polities) teenoor swart Amerikaners
is steeds kragtig toegepas in die meeste Amerikaanse state (bv.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Die Swartmagfilosofie het verwag dat swart Amerikaners moes begin om dinge
op hul eie te begin doen
• Om swart Amerikaners te wys wat hulle kan bereik as hulle verenig was
• Hulle het swart Amerikaners gehelp om nie op gematigde wittes vir hulp staat te
maak nie
• Hulle het swart Amerikaners gehelp om die beginsel van selfstandigheid te
aanvaar
• Hulle het swart Amerikaners gehelp om eenheid en trots ondermekaar te
bevorder
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3B – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit eerstehandse inligting (toespraak) deur Malcolm X, leier van die
Swartmagbeweging verskaf
• Dit lig toe hoe swart Amerikaners gemobiliseer is om vir hulself te veg
• Die toespraak is in 1964 gelewer toe die Swartmagbeweging aan die groei was
• Die inligting in die toespraak kom ooreen met ander bronne
• Dit gee insig in die filosofie van die Swartmagbeweging
• Dit lig die uitdagings toe wat swart Amerikaners in die gesig moes staar
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Dit toon die sukses van die Black Panther-party se Gemeenskapsprogramme
(bv. swart Amerikaanse vroue wat gratis kospakkies ontvang)
• Dit toon die filosofie van selfstandigheid wat deur die Black Panther-party
voorgestaan is
• Dit toon swart Amerikaners wat saamwerk om hulle onderskeie gemeenskappe
op te hef
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Dit toon dat die Black Panther-party sy eie koerant gehad het om swart
Amerikaners bewus te maak
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Die koerant het die Swartmagfilosofie versprei
• Dit het helderheid aan swart Amerikaners verskaf oor hulle regte
• Dit het meer toegang tot inligting vir arm swart Amerikaanse families verskaf
• Dit verskaf inligting oor aktiwiteite/ programme van die Black Panther-party en
die Swartmagbeweging oor die algemeen
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3C - V3]
• In Bron 3A doen Stokely Carmichael 'n beroep op swart Amerikaners om 'n sin
van gemeenskap op te bou en in Bron 3C swart Amerikaanse vrouens gesien
word wat voordeel trek uit gemeenskapsprogramme
• Bron 3A staaf dat swart Amerikaners hulle eie organisasies moet lei en Bron 3C
toon een van die programme van die Black Panther-party, ʼn swart aangevoerde
gemeenskapsorganisasie
• Beide Bron 3A en 3B bevorder die doelwitte en idees van Swartmag
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Onderdruk die politieke moontlikheid wat die Black Panther-party
verteenwoordig het
• Verkleineer die Black Panther-party
• Federale agente het probeer om partykonflik te skep
• Val die Black Panther-party aan as vyande van die staat
• FBI bevorder gewelddadige konflik tussen die Black Panther- leiers
• Voorkom swart nasionalistiese groepe en leiers om eerbiedwaardigheid te
verkry deur hulle te diskrediteer (enige 1 x 2) (2)
3.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2]
• Wou die invloed van die Black Panther-party verminder
• Wou die Black Panther-party verhoed om ondersteuning te kry van gematigde
swart en wit Amerikaners
• Wou die verspreiding van die Black Panther-party se revolusionêre idees
verminder
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Vervalste dokumente
• Betaal lokvinke
• Het hulle van plofstof voorsien
• Moedig lede aan om openbare geboue op te blaas
• Bevorder boendoehowe
• Moedig Panther-lede aan om verdagte informante te martel (enige 1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die Swartmagbeweging doen 'n beroep op swart Amerikaners om te verenig
(Bron 3A)
• Die Swartmagbeweging het swart Amerikaners geïnspireer om nie teen
gediskrimineer te word nie (Bron 3A)
• Die Swartmagbeweging beïnvloed swart Amerikaners om hulle erfenis te erken,
om hulle eie doelwitte te stel en om eie organisasies te lei (Bron 3A)
• Leiers van die Swartmagbeweging het die tekortkominge van die
Burgerregtebeweging aan die kaak gestel wat gelei het daartoe dat jong swart
Amerikaners by die Black Panther-party aangesluit het (Bron 3A)
• Die Swartmagbeweging het swart Amerikaners aangemoedig om teen politieke
onderdrukking, ekonomiese uitbuiting en sosiale vernedering op te staan (Bron
3B)
• Die Swartmagbeweging het swart Amerikaners aangemoedig om militant te
wees (Bron 3B)
• Die Swartmagbeweging moedig swart Amerikaners aan om hulle eie gevegte te
veg (eie kennis)
• Die Black Panther-party stig verskillende programme om swart Amerikaanse
gemeenskappe op te hef (Bron 3C)
• Die Black Panther-party publiseer gemeenskap gebaseerde koerante om swart
Amerikaanse gemeenskappe op hoogte te hou van hulle regte of sake wat hulle
affekteer (Bron 3C)
• Black Panther-leiers het hulle lede gewaarsku oor die moontlike infiltrasie van
die FBI (Bron 3D)
• Die Black Panther-party stig regskantore en verskaf regsadvies aan swart
Amerikaners (eie kennis)
• Die Black Panthers het die polisie gemonitor om te verseker dat hulle nie hulle
mag misbruik nie (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1 min begrip oor hoe die Swartmagbeweging swart PUNTE
Amerikaners in die 1960's gemobiliseer het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2 met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die PUNTE
Swartmagbeweging swart Amerikaners in die 1960's 3–5
gemobiliseer het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
VLAK 3 begrip oor hoe die Swartmagbeweging swart Amerikaners PUNTE
in die 1960's gemobiliseer het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Daar word van kandidate verwag om te verduidelik of Mao Zedong se beleide van die
Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie 'n klaaglike mislukking was al dan nie.
Hulle kan verwys na Mao Zedong se beleid tussen 1958 en 1969.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling
nie. Hulle moet uitlig of Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en
Kulturele Revolusie 'n klaaglike mislukking was al dan nie en aandui hoe hulle hul
argument gaan ondersteun.
UITBREIDING
Indien kandidate saamstem met die stelling kan hulle die volgende punte in hulle
antwoord insluit:
• Mao se opkoms, die eerste vyfjaarplan en honderd blomme veldtog (agtergrond)
• Mao se beleide het die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie ingesluit in
'n poging om kommunisme te verskans
Die Groot Sprong Vorentoe:
• Mao Zedong se Tweede Vyfjaarplan wat in 1958 begin het
• Dit het ten doel gehad om China te industrialiseer om kapitalistiese lande verby te
steek; landbouproduksie te verbeter om gelyk te wees met Westerse lande
• Beëindig privatisering
• Plattelandse koöperasies is geamalgameer in 'mense kommunes' (kollektivisering)
• Gewelddadige amalgamasie van boere in 'mense kommunes'
• Gebruik propaganda om produksie te bevorder
Hoe die Chinese reageer het op die Groot Sprong Vorentoe:
• Swak beplanning; swak ondersteuning aan kleinboere; korrupte plaaslike amptenare;
hoë belasting op plaasprodukte; agterplaas industrieë wat minderwaardige goedere
produseer; industrieë stort ineen
• Om China te industrialiseer het afgehang van kleinboere eerder as masjinerie
• Dit het kleinboere aangemoedig om agterplaas industrieë op te rig (industrialisering op
die platteland)
• Dit het hongersnood tot gevolg gehad wat gelei het tot die sterftes van miljoene mense
• Die ekonomie het ineengestort
• Die Groot Sprong Vorentoe, ook na verwys as die 'Drie Bitter Jare'/ ‘Groot Sprong
Agteruit’, het binne 3 jaar misluk
• Mao Zedong is gedwing om weer terug te keer na 'n mate van kapitalisme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Dit het tot gevolg gehad dat die Groot Sprong Vorentoe klaaglik misluk het
• Mao het uiteindelik erken dat foute begaan is en het bedank as President van China,
maar het sy pos behou as voorsitter van die Chinese Kommuniste Party
• In 1962 het hy die verantwoordelikheid van die ekonomie aan President Liu Shaoqi en
CKP generaal sekretaris Deng Xiaoping oorhandig en uit die politiek getree
Die Kulturele Revolusie:
• Die intensies van China se Kommuniste party (praktiese beleide om die ekonomie
te verbeter; outoritêre regeringsvorm; kleinboere sonder grond te bemagtig;
grondhervormingsprosesse; nasionalisering van swaar nywerhede)
• Klaslose gemeenskap (fokus daarop om omstandighede te verbeter van kleinboere
en werkers; het alle Chinese opgelei om saam te werk vir 'n beter China)
• Hy het die Kulturele Revolusie in 1966 geloods om sy mag wat hy verloor het as
gevolg van die Groot Sprong Vorentoe te herstel
• Hy het die Rooi Wagte (Red Guards) ingestel wat: die idees bestudeer en versprei
het in die Klein Rooi Boekie; kleinboere opgevoed het in die beginsels van
Kommunisme; lees en skryf geleer het; suiwering (opponente van Kommunisme &
gematigdes is geëlimineer (uitgewis) en miljoene opponente van Kommunisme is
doodgemaak) ingestel het; teenkommuniste kuns en boeke vernietig het
• Die rol van die Rooi Wagte (Veldtog om die 'Vier Oues' (Four Olds) aan te val:
verandering van ou idees, tradisionele kultuur, gebruike en gewoontes)
• Reuse betogings is in die Tiananmen Square Beijing, gehou en oral is plakkate en
prente van Mao opgesit
• Die Klein Rooi Boekie (Little Red Book) (het Mao se filosofieë oor Kommunisme
bevat; daar is van alle burgers verwag om die beginsels van Kommunisme te
memoriseer; 'n Bron van Kommunistiese propaganda in China)
• Eliminasie (Uitwissing) van amptenare: Deng Xiaoping en Liu Shaoqi is uit die
regering verwyder; het ontslae geraak van professionele (ingenieurs, wetenskaplikes,
onderwysers ens.)
• Sluiting van skole, kolleges en universiteite (omdat hulle krities, liberaal en elitisties is)
• Nywerhede het swaargekry en produksie het teen 1968 opgehou
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.
Indien kandidate aandui dat hulle nie saamstem nie, moet hulle hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet in hierdie opstel toon hoe beide Mobutu Sese Seko in die Kongo en
Julius Nyerere in Tanzanië ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling bevorder
het nadat hulle lande onafhanklikheid verkry het van koloniale regering. Kandidate moet
hul antwoord ondersteun met verwysing na ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleid.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hierdie vraag in konteks plaas deur te noem dat die
ekonomieë van die Kongo en Tanzanië onderontwikkeld was ten tye van
onafhanklikheidswording. Daarby gevoeg het kolonialisme Afrika-kultuur en
maatskaplike strukture ondermyn en devalueer. Leiers van die Kongo en Tanzanië
het albei na dekolonisasie ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling in
hulle lande bevorder.
UITBREIDING
EKONOMIES
• Die Kongo en Tanzanië het enkel-produkte van hulle onderskeie koloniseerder
oorgeërf; Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel aanvaar; terwyl Tanzanië
'n sosialistiese ekonomiese model aanvaar het. Beide het gesukkel om hulle
ekonomieë te ontwikkel
• Met onafhanklikheidswording het die Kongo en Tanzanië 'n tekort gehad aan 'n
lewendige vervaardigingsnywerheid
• Die Kongo het daarna gestreef om die ekonomie te industrialiseer en 'n
vervaardigingsbasis (grootliks gefaal) te ontwikkel; terwyl Tanzanië sy landboubasis
uitgebou het, villagisation beleid en Ujamaa (het opposisie van onafhanklike Afrika-
boere in die gesig gestaar)
• Die Kongo het van die vroeë 1960's swaar gesteun op buitelandse hulp en
kundigheid; terwyl Tanzanië gepoog het om selfonderhoudend te wees en neo-
kolonialisme verwerp het
• Beide lande het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en minerale
• Mobutu en Nyerere het die grond en nywerhede genasionaliseer om rykdom eweredig
te versprei
• Nog die Kongo nog Tanzanië het oliereserwes gehad en daarom het albei
ekonomiese krisisse beleef toe die oliepryse in die 1970's gestyg het
• Beide Mobutu (1970s) en Nyerere (1980s) het besluit om sektore van die ekonomie te
privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis
• Beide lande het lenings van die buiteland en buitelandse organisasies aanvaar; vanaf
die 1960's het die Kongo finansiële hulp van die kapitalistiese Weste aanvaar; terwyl
Tanzanië vanaf die 1980's gedwing was om Wêreldbank-lenings te aanvaar en
onderwerp was aan strukturele ontwikkelingsbeleid
• Die Kongo se ekonomie is gekarakteriseer deur elitisme en nepotisme; terwyl
Tanzanië korrupsie van regeringsamptenare verminder het deur 'n 'Leierskap-kode'
• Die ekonomie van die Kongo het reuse verskille in rykdom tussen ryk en arm
geproduseer; terwyl Tanzanië gepoog het om ekonomiese ongelykheid te verminder
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
MAATSKAPLIK EN KULTUREEL
Onderwys en taal
• Koloniale onderwys het Eurosentriese waardes bevorder
• Onder kolonialisme het min Afrika-kinders meer as primêre onderrig ontvang.
Die Kongo en Tanzanië het 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad
• Kinders het Europese geskiedenis en tale geleer en Westerse kennis is bevoordeel bo
Afrika-kennis
Onderwys in Tanzanië
• Nyerere het die gebruik van Swahili ('n algemene taal wat deur meeste Tanzaniërs
gepraat word) bo Engels bevorder
• Tussen 1961 en 1981 het ongeletterdheid in Tanzanië geval van 80% na 20%.
Min bronne is aan tersiêre onderrig gegee. Laerskool inskrywings het toegeneem
• Strukturele aanpassing in die 1980's het drastiese afsnyding van maatskaplike
uitgawes veroorsaak wat tekorte van handboeke, banke en onderwysers tot die gevolg
gehad het
• Nyerere (Tanzanië) skryf 'n pamflet 'Onderwys vir selfstandigheid' (1967) – hy brei
laerskoolonderrig op die platteland uit en fokus op basiese geletterdheid
Onderwys in die Kongo
• Met onafhanklikheidswording was daar 14 universiteitsgegradueerdes in die Kongo en
daarom is die hoëronderwys-sisteem uitgebrei
• Tussen 1960-1974 het primêre onderrig in die Kongo gestyg van 1.6 miljoen tot 4.6
miljoen
• Frans het die onderrigtaal in die Kongo gebly
Afrikanisasie
• In Tanzanië: Villagisation – Nyerere, bevorder 'tradisionele' gemeenskapswaardes
deur Ujamaa ('familieskap') dorpies; Tanzaniërs is aangemoedig om op landbou en
tradisionele waardes te fokus en om selfstandig te word. Tanzaniërs het die eerder in
kommunes die grond bewerk as om kontantgewasse vir uitvoer te produseer
• In die Kongo: Zairianisasie: Mobutu het Afrika-gelowe en kultuur bevorder deur
middel van sy beleid van authenticité.
• Mobutu het die mense aangemoedig om Afrika-klere te dra, om Afrika-musiek te speel
en te luister en om Afrika-kos te eet
• Mobutu het baie dorpe en stede se name in die Kongo met Afrika name hernoem (bv.
Leopoldville het Kinshasa geword
KLEREDRAG
• Mobutu en Nyerere het Kwame Nkrumah en Maoïstiese kleredrag aanvaar
KUNS
• Bevorder Afrika-kuns en letterkunde asook handwerk
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die verskillende protes-vorme wat deur
burgerregte-aktiviste in die Verenigde State van Amerika in die 1960's gelei is, suksesvol
was in die versekering dat alle Amerikaners ongeag ras gelyk behandel word. Kandidate
moet voorbeelde kies van massa-gebaseerde, nie-gewelddadige protes wat die
Burgerregtebeweging onderneem het soos die Montgomery Bus-boikot, sit-betogings,
massa betogings en optogte tot die uitvaardiging van die Wet op Burgerregte in 1964 en
die Wet op Stemreg in 1965.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en verduidelik tot watter mate
verskillende protes-vorme deur burgerregte-aktiviste suksesvol was in die versekering
dat alle Amerikaners ongeag ras gelyk behandel sou word in die Verenigde State van
Amerika.
UITBREIDING
Kandidate kan tot 'n groot mate saamstem:
• Agtergrond – segregasie en diskriminasie in die Verenigde State van Amerika
• Agtergrond - Montgomery Bus-boikot (1955) – (Protesaksie deur Rosa Parks het
massa-boikotte van stedelike busstelsels tot gevolg gehad; Martin Luther King Jnr. Het
prominent geraak en het gevra vir nie-gewelddadige massa-protes – die busse is
gedesgregeer teen die einde van 1955, Federale hof het segregasie op publieke
vervoer as onkonstitusioneel verklaar
• Sit-betogings (vanaf 1960) – (Greensboro, Noord-Carolina, vier studente hou 'n
'sitbetoging' by 'n 'slegs-blanke' middagete toonbank; (In die somer van 1961 is
besighede in Greensboro gedesegregeer); Sitbetogings het reg oor die segregeerde
Suide versprei; Swart en wit studente stig die Student non-violent Coordinating
Committee om die Burgerregtebeweging te ondersteun; Die konsep van 'sitbetoging'
het oor gesegregeerde fasiliteite versprei soos 'pray-ins' (gebedsbetogings), 'read-ins'
(leesbetogings), 'wade-ins' (stapbetogings) – ses middagete toonbanke in Nashville
het hulle beleid verander en hulle toonbanke gedesegregeer
• 'Vryheidsryers' (nierassig/nie-gewelddadig) – ('sitbetoging' in busse en het gereis
van die Noorde tot diep in die Suide om nuwe federale wette te toets wat segregasie
op die nasionale busstelsel verhoed en aangeval word deur bendes, gebombardeer
word, in die tronk gegooi word en nie deur die plaaslike polisie beskerm word nie –
duisende het vrywillig aangesluit en President Kennedy is gedwing om federale
maarskalks te forseer om die Vryheidsryers te beskerm; Taai nuwe wetgewing wat
deur federale bevel op 1 November 1961 ingestel is, het amptelik alle nasionale
openbare fasiliteite gedesegregeer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Betogings en optogte:
• Birmingham 1963: (Massa-betogings, insluitend 'n kinder-optog het met gewelddadige
en wrede reaksie van die polisie gebots (waterkanonne, honde, ens. Alles gebruik om
nie-gewelddadige protesteerders te terroriseer) President Kennedy het op TV gesê dat
'rasse segregasie' 'n 'morele aangeleentheid' was en 'geen plek in Amerikaanse lewe
het nie'. Op 10 May 1963 het die stad se besighede en munisipaliteit aangekondig dat
munisipale fasiliteite gedesegregeer sou word. Aanvalle en moorde op swart
Amerikaners in die stad het voortgeduur (Medgar Evans, Bombardement van die 16de
Straat Baptiste kerk)
• Optog na Washington 1963: (250 000 mense het deelgeneem in 'n nierassige, nie-
gewelddadige optog na Washington om volle gelykheid en werksgeleenthede te eis;
Martin Luther King Jnr. Gee sy 'I have a dream (Ek het 'n droom) toespraak').
• Selma-Montgomery optogte (Maart 1965): (Om te eis dat swart Amerikaners toegelaat
sou word om te registreer om te stem (slegs 2.5% swart mense was geregistreerde
kiesers as gevolg van intimidasie en rassistiese aanvalle) – na drie pogings, brutale
polisie aanvalle op nie-gewelddadige betogers (Bloedige Sondag) en massa
ondersteuning van regoor die land het hulle Montgomery bereik. Druk is geplaas op
President Johnson om die 1965 Wet op Stemreg uit te vaardig)
• Vryheid-somer (Freedom Summer) (1964) – (Duisende aktiviste en vrywilligers
(meer as 70 000 studente – baie van die noordelike state, plaaslike SNCC, CORE en
NAACP aktiviste) het gewerk om swart Amerikaners in Mississippi te registreer en
hulle in Vryheids-skole te leer (letterkunde, geskiedenis); Aktiviste en vrywilligers het
te doen gekry met geweld van wit segregasioniste bendes en polisiebeamptes; 1964
(2 Julie) Burgerregtewet is uitgevaardig – belet diskriminasie en segregasie in
werksomstandighede en alle openbare fasiliteite
• 1965 (6 Augustus) Wet op Stemreg is uitgevaardig – (het struikelblokke soos
geletterdheidstoetse en verkiesingsbelasting vir verkiesings wat daargestel is om te
voorkom dat swartmense as kiesers registreer onwettig verklaar; CRM het daarin
geslaag om gelykheid te verkry voor die wet
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
Indien kandidate sou sê dat hulle in 'n mindere mate saamstem, moet hulle hul
argument met relevante bewyse ondersteun
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum