Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12201824 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 24 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (). • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie) • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van 'n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.5. Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle moet die kriteria gebruik word wat in die matriks verskaf word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I A VLAK 4 VLAK 3 }26–27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevante tot 47–50 43–46 argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevante tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud/geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag nie op gepaste wyse beantwoord nie en vaag; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN 1962 OP DIE ONTPLOOIING VAN MISSIELE NA KUBA GEREAGEER? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • 'Om van die bedreiging van missiele in Kuba werk te maak' (1 x 1) (1) 1.1.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 1A – V1] • Amerika het 'n blokkade afgedwing om te verhoed dat Sowjetskepe vol missiele Kuba invaar • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2] • Amerika en die Sowjetunie was van aangesig tot aangesig (Waagmanskap) en was gereed vir 'n direkte konfrontasie met mekaar, maar die Sowjetunie het teruggetrek • 'n Konfrontasie (Waagmanskap) waar Amerikaanse skepe Sowjetskepe verhinder het om Kuba in te gaan maar die Sowjetunie het sy skepe die opdrag gegee om terug te keer na die Sowjetunie • Enige ander relevante antwoord enige 2 x 2) (4) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • 'ʼn Waarborg deur Amerika dat Kuba nie ingeval sou word nie' • 'Die verwydering van Turkse missiele' (2 x 1 ) (2) 1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Robert Kennedy – VSA (Prokureur-generaal) • Anatoly Dobrynin – Sowjetunie (Sowjet-ambassadeur) (2 x 1) (2) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • 'Ons is bereid om die missiele ... uit Kuba te verwyder' • 'Ons is bereid om hierdie waarborg aan die Verenigde Nasies te gee' • ‘Amerika ... soortgelyke missiele uit Turkye sal verwyder’ (enige 2 x 1) (2) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • 'Dat die onskendbaarheid (veiligheid) van Turkye se grense' • 'En die soewereiniteit [van Turkye] gerespekteer sal word' • 'Daar nie met hulle binnelandse sake ingemeng sal word nie' • 'Dat Turkye nie ingeval sal word nie' • 'Dat ons gebied nie as 'n vastrapplek vir so 'n inval beskikbaar gestel sal word nie’ (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 1.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2] Khrushchev: • Het gevoel dat die Veiligheidsraad ʼn universeel gerespekteerde en neutrale liggaam was • Het gevoel dat die hele wêreld bekommerd was oor die moontlikheid van 'n kernoorlog • Moes 'n spoedige oplossing vind met betrekking tot die krisis in Kuba • Het gevoel dat die hele wêreld van hom en Kennedy verwag om die missielkrisis vreedsaam op te los • Moes saam met Kennedy werk om 'n kernoorlog af te weer deur vreedsame metodes te gebruik • Beide die VSA en die Sowjetunie was permanente lede van die Veiligheidsraad • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2] • Om te bevestig dat kernmissiele gedemonteer is en uit Kuba vervoer is • Om te toon hoe die missiele uit Kuba op 'n Sowjet-vragskip verskeep sou word • Om die Sowjetunie se verbintenis tot die verwydering van kernmissiele uit Kuba te bevestig • Om te wys dat die VSA die verwydering van kernwapens in Kuba gemonitor het • Om te bewys dat die missielkrisis tot ʼn einde gekom het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 1C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit 'n oorspronklike bron is – visuele bewyse (foto) wat die bewyse van die vervoer van gedemonteerde missiele na ʼn Sowjet vragskip toon • Dit is in November 1962 geneem, die tyd toe die werklike onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba plaasgevind het • Dit toon Sowjetmissiele wat op 'n skip gelaai word wat onderweg is na die Sowjetunie • Die bron kom ooreen met ander bronne oor die verwydering van missiele uit Kuba na die Sowjetunie • Dit gee inligting oor waarvandaan die missiele verskeep word (Port of Mariel) en die datum waarop dit plaasgevind het • Dit bewys dat die VSA die verwydering van missiele in Kuba gemonitor het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • 'Die Sowjet-missielbasisse in Kuba gedemonteer word' • 'Missiele en toerusting wat daarmee verband hou in kratte verpak word' • 'Die vaste installasies op hierdie terreine vernietig word' (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2] • Die Rooikruis het nie voorkeur gegee aan die regering van enige land nie (hulle was neutraal) • Die Rooikruis is ʼn internasionale humanitêre instelling en help mense wat geaffekteer word deur konflik en oorlog • Die Rooikruis was nie polities betrokke in die Koue Oorlog nie • Die Rooikruis het lede oor die hele wêreld uit alle lande gehad • Die Rooikruis het nie 'n weermag gehad nie en is nie as 'n bedreiging deur enige land beskou nie/ ʼn vredesagent • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2] • Die VSA het nie die Sowjetunie vertrou met betrekking tot die verwydering van alle missiele uit Kuba nie • Om te verseker dat die Sowjetmissiele uit Kuba verwyder word sodat dit nie 'n bedreiging vir die VSA se veiligheid inhou nie • Die VSA wou die oppergesag handhaaf in hierdie krisis/ magstryd met die Sowjetunie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D – V3] Kandidate kan hul antwoorde begin met die frase ‘Beide bronne ...’ • Bron 1C is 'n lugfoto wat die onttrekking/ verwydering van missiele uit Kuba aandui en Bron 1D verwys na missiele wat gedemonteer word en na die hawe vervoer word • Bron 1C toon 'n Sowjet-vragskip wat wag om gelaai te word met Sowjetmissiele vanaf Kuba en Bron 1D bevestig die demontering van Sowjet- missielbasisse in Kuba • Bron 1C toon Sowjet betrokkenheid (Sowjettrokke en vragskip) in die onttrekking van missiele uit Kuba en Bron 1D dui aan dat die Amerikaanse die demontering van missielterreine in Kuba noukeurig sou dophou • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Kennedy het die ontplooiing van missiele in Kuba as ʼn ontmiddellike bedreiging vir die VSA beskou (Bron 1A) • Sowjet Unie het die ontplooiing van missiele in Kuba as ʼn verdedigings optrede beskou (eie kennis) • Kennedy het ExComm, wat verskeie opsies oor die Sowjetmissiele in Kuba bespreek het, in die lewe geroep (Bron 1A) • Kennedy het 'n blokkade aangekondig wat gelei het tot die onttrekking van Sowjetskepe wat op pad was na Kuba (Bron 1A en eie kennis) • Verbod op alle kerntoetse deur die Amerikaanse en die Sowjetunie (Bron 1B) • Korrespondensie tussen Kennedy en Khrushchev toon samewerking tussen die twee leiers om 'n kernoorlog te voorkom (Bron 1A, 1B en 1D) • Onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba – Russiese beeld is geknou (Bron 1C en 1D) • Toesig deur die Rooikruis om by te staan met die verwydering van missiele uit Kuba is deur beide die Amerikaanse en die Sowjetunie verwelkom (Bron 1D) • Die Amerikaanse het lugbewaking gebruik om die onttrekking van missiele uit Kuba te monitor en te verifieer (Bron 1C en 1D) • Totstandkoming van die 'blitslyn' tussen Kennedy en Khrushchev (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State PUNTE VLAK 1 van Amerika gereageer het op die ontplooiing van 0–2 missiele na Kuba in 1962. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Sowjetunie PUNTE VLAK 2 en die Verenigde State van Amerika gereageer het 3–5 op die ontplooiing van missiele in Kuba in 1962. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika gereageer het op die ontplooiing van missiele in Kuba in PUNTE VLAK 3 1962. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONDHEDE IN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE GESPEEL? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 'Rusland' • 'Kuba' (2 x 1) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2] Vorster wou: • Om waterbronne/damme te beskerm • Om die MPLA te verhoed om Angola te regeer • Om Angola te verdedig teen Russiese en Kubaanse invloed • Om UNITA in sy stryd teen die MPLA ondersteun • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 'Die begeerte om te voorkom dat ʼn MPLA-regering beheer oorvat’ • 'Om die verspreiding van kommunisme te voorkom’ (2 x 1) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Kenneth Kaunda (President van Zambië)' • Mobutu Sese Seko President van Zaïre' (2 x 1) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2] (a) • Die MPLA ondersteun kommunisme • Die MPLA het noue verhoudings met Rusland en Kuba gehad • Die MPLA het bevrydingsorganisasies ondersteun (SWAPO/ANC) • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) (b) • UNITA het kapitalisme ondersteun • UNITA het teen die kommunistiese MPLA geveg • UNITA het teen Russiese en Kubaanse magte in Angola geveg • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • 'Angolese' • 'Kubaanse' (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2] • Dit was die eerste oorlog in suidelike Afrika wat baie lande uit die buiteland ingesluit het • Die aantal troepe wat Kuba na Angola gestuur het (50 000) en die toerusting toon dat dit 'n groot oorlog/slag was • Dit was die eerste oorlog in suidelike Afrika waar moderne militêre toerusting gebruik is • Die lugmag is ook deur beide Suid-Afrika en Kuba gedurende die oorlog gebruik • Daar was ʼn groot aantal ongevalle gedurende die oorlog/ lewensverlies • Die miete dat die Suid-Afrikaanse lugmag onoorwonne is was bloot gelê • Dit het aanleiding gegee tot die onafhanklikheid van Namibië • Dit het ʼn invloed op die heersende politieke bestel in Suid-Afrika gehad • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • 'Dit die lewens van ongeveer 300 wit soldate’ • ‘ 'n Groot aantal swart soldate' • ‘Geen oorwinning in sig was nie’ • ‘Om met die oorlog voort te gaan, tot al groter verliese sou lei’ • ‘Enorme koste...meer as R1 miljoen per dag’ • ‘Toenemende militarisering van Suid-Afrika, teenkanting ontlok’ (enige 2 x 1) (2) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2] • Angola het gesmag na vrede • Hulle wou hê dat ekonomiese, politieke en maatskaplike rekonstruksie van die land sou plaasvind • Angolese sou 'n regering van hul keuse hê • Buitelandse inmenging in Angola se interne sake sou tot 'n einde kom • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2] • Die boodskap is dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het • Soldate wat terugkeer van die oorlog in Angola word as 'WENNERS' verwelkom • Dit toon Suid-Afrika se militêre voertuie wat uit Angola onttrek en Namibië binnegaan • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 2C – V3] Kandidate MOET ʼn standpunt inneem en sê BRUIKBAAR of NIE BRUIKBAAR NIE en dit ondersteun BRUIKBAAR: • Die foto toon Suid-Afrikaanse troepe wat tuiskom as 'WENNERS' • Dit is geneem teen die einde van die Slag van Cuito Cuanavale • Dit gee 'n Suid-Afrikaanse regeringsperspektief oor die uitkoms van die oorlog • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne NIE BRUIKBAAR NIE: • Dit gee 'n eensydige perspektief/siening • Dit gee slegs die Suid-Afrikaanse siening van die oorlog in Angola en is daarom eensydig • Dit brei nie daarop uit hoe die SAW 'WENNERS' was nie • Dit kon as propaganda gebruik word om die SAW as 'WENNERS' te toon • Die foto kon opgemaak gewees het (gemanipuleer om te toon dat die SAW die Slag van Cuito Cuanavale gewen het) • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • 'SWAPO' • 'ANC' (2 x 1) (2) 2.4.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 2D – L1] • ʼn Politieke teorie/ideologie gebaseer op die geskrifte van Karl Marx wat beoog het om ʼn klaslose samelewing te skep/stig • Kommunisme kan na verwys word as ʼn ekonomiese stelsel waarin die staat die grond, industrieë, eiendom en rykdom van die bevolking beheer/besit • Dit is 'n ideologie wat deur die MPLA aangeneem is • Die MPLA wou 'n klaslose stelsel hê • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2] • Dit het getoon dat die leiers van Afrika-lande die vermoë gehad het om op te staan teen buitelandse oorheersing • Oorwinning by die Slag van Cuito Cuanavale het gedien as 'n versnelling van die onafhanklikheid van Namibië (1990) en Suid-Afrika (1994) • Dit het die mite van die onoorwinlikheid van die Suid-Afrikaanse weermag in suidelike Afrika vernietig en het getoon dat Afrika die vermoë gehad het om op sy eie te staan • Dit het die onafhanklikheid van Angola onder leiding van die MPLA bevorder • Dit het die pogings van Suid-Afrika en VSA regerings gestop om ʼn pro kapitalistiese regering te stig/Apartheidstaat in Angola • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3] • Bron 2C toon dat Suid-Afrika die Slag van Cuito Cuanavale gewen het terwyl Bron 2D beweer dat Suid-Afrika die oorlog verloor het • Bron 2C toon Suid-Afrika se militêre voertuie wat Namibië ingaan nadat hulle van Angola onttrek het terwyl Bron 2D noem dat Suid-Afrika sy nederlaag as 'n taktiese uitvaart (onttrekking) beskou het • Bron 2C toon 'n banier wat Suid-Afrika se militêre magte as 'WENNERS' verwelkom terwyl Nelson Mandela in Bron 2D aangehaal word waar hy sê dat die Slag van Cuito Cuanavale 'n verpletterende nederlaag was van die rassistiese Suid-Afrikaanse weermag • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Suid-Afrika het betrokke geraak in Angola as gevolg van Kubaanse en Russiese inmenging (Bron 2A) • Kuba en Rusland het betrokke geraak om die MPLA te ondersteun terwyl Suid- Afrika UNITA ondersteun het (eie kennis) • Suid-Afrika het betrokke geraak om Kuba en die MPLA te verhoed om die Ruacana en Calueque damme te beset/verower (Bron 2A) • Angolese en Kubaanse brigades het 'n massiewe aanval op UNITA geloods, Suid-Afrika het inderhaas UNITA ondersteun (Bron 2B) • Die VSA het UNITA ondersteun deur militêre hulp te verskaf om die onafhanklikheid van Angola te verdedig (Bron 2D) • Die Kubane het bygedra tot die nederlaag van die Suid-Afrikaanse weermag by die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 2D) • Nelson Mandela toon die belangrikheid van Kuba se deelname in die Slag van Cuito Cuanavale ( Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van die rol wat buitelandse moondhede in die PUNTE VLAK 1 Slag van Cuito Cuanavale gespeel het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die rol wat PUNTE VLAK 2 buitelandse moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale 3– 5 gespeel het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van die rol wat buitelandse moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het. PUNTE VLAK 3 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en 6–8 toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SWARTMAGFILOSOFIE IN DIE 1960's EN 1970's OP SWART AMERIKANERS GEHAD? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • 'Het die belangrikheid van 'n verpersoonlikte beeld van swart militarisme verhoog' • ‘Sy denke deur hierdie medium gevorm is’ • ‘Pearl Marsh ... nie meer haar hare reguit te maak’ (1 x 2) (2) 3.1.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1] • Filosofie om swart trots, selfvertoue/selfstandigheid onder swart Amerikaners in die VSA in te skerp • Ideologie vir swart Amerikaners om wit oorheersing te verwerp en swart identiteit, onafhanklikheid, eenheid en sukses te bevorder • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2] • Hy is opgeneem in die norme en waardes soos deur wit Amerikaners aangeneem is • Hy het homself nie as 'n Afrikaan geïdentifiseer nie • Marsh se pa het kroes hare geassosieer met 'Afrikaan' wat hy as negatief beskou het • Marsh se pa was waarskynlik bekommerd/ gevrees oor sy dogter wat polities radikaal geword het – om 'n Afro te dra was 'n politieke stelling • Mense uit Marsh se pa se generasie het hare wat reguit gemaak is, gesien as 'n teken van 'ordentlikheid' en 'vordering' • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2] • Om te toon dat jy trots is om 'n Afrikaan te wees/ Black is Beautiful • Om jou erfenis, geskiedenis en bydrae tot die wêreld te beklemtoon • Om wit norme/waardes te verwerp en jou krag, eenheid en vermoë te demonstreer • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • 'Linkse' (1 x 1) (1) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • 'Burgerregtebeweging' • ‘Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC)’ • 'Black Panther-party' • 'Amerikaanse Kommunisteparty' (enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2] (a) Die Swartmag-aktiviste beskou Angela Davis as: • 'n Heldin/rolmodel/leier • ʼn Inspirasie vir swart Amerikaners omdat sy 'n aktivis, akademikus, geleerde en feminis was • ʼn Aktivis wat vir gelyke regte en waardigheid opgestaan • 'n Swart Amerikaner wat trots en selfbewus was • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) (b) Die Amerikaanse regering beskou Angela Davis as: • 'n Bedreiging/ vyand vir die VSA regering • Iemand wat 'n negatiewe invloed op swart Amerikaners het • 'n Krimineel (Sy was op die FBI se mees gesoekte lys) • Gevaarlik omdat sy aan die Amerikaanse Kommunisteparty behoort het • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2] • Daar is ontdek dat die gewere wat in die ontsnapping gebruik is in Angela Davis se naam geregistreer is • Sy het 'n veldtog gelei vir die vrylating van die 'Soledad Broers' • Sy was 'n uitgesproke kritikus teen die Amerikaanse regering • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • 'Vlug tussen state' • 'Moord' • 'Ontvoering’ (enige 2 x 1) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2] • Om 'n negatiewe beeld van Angela Davis oor te dra • Angela Davis kon haar dalk vermom het/skuilnaam ‘Tamu’ om arrestasie te vermy • Om te beklemtoon dat sy 'n gevaarlike Swartmag-aktivis was • Om seker te maak dat sy geïdentifiseer kan word/nie vlug nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 3B en3C - V3] • Bron 3B gee 'n positiewe indruk van Angela Davis (aktivis, onderwyser/akademikus, geleerde) terwyl Bron 3C Angela Davis as 'n krimineel uitbeeld (word gesoek vir moord en ontvoering) • Bron 3B toon dat Angela Davis 'n politieke aktivis was (lid van die Black Panther-party en Amerikaanse Kommuniste Party) terwyl Bron 3C haar as 'n voortvlugtige van geregtigheid uitbeeld • Uit Bron 3C kan ons aflei dat Angela Davis nie gewelddadig was nie (lid van SNCC) terwyl sy in Bron 3B voorgestel word as gewelddadig (gesoek vir moord en ontvoering) • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • 'Die toenemende aktiwiteit van swart ekstremistegroepe wat tot geweld geneig is' (1 x 1) (1) 3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • 'Geskool volgens die Marxisties-Leninistiese ideologie • ‘Die leringe van die Chinese Kommunistiese leier, Mao ZeDong' • 'Het lede verskeie aanvalle op polisieamptenare gedoen' • 'Openbare eiendom vernietig' • 'Was by gewelddadige konfrontasies met die polisie regoor die land betrokke' • Verkondig die gospel van haat en geweld ...... (enige 3 x 1) (3) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V1] Hoover het probeer om die leiers van die Black Panther-party uit te beeld as: • Misdadigers • Nie die wet onderhou nie • Geweld/ haat aan te hits • Radikaal en daag die staat uit • Beskadiging van openbare fasiliteite (onderwys) • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.5.4 [Evalueer die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3D – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit 'n uittreksel is uit 'n stelling wat eerstehandse inligting gee • Dit ʼn kontemporêre koerant verslag is (16 Julie 1969) • Die stelling gemaak is deur die FBI Direkteur, Edgar Hoover • Dit insig gee waarom die FBI lede van die Black Panther-party (BPP) vervolg het • Dit werp lig op hoe die Black Panther Party gewerk het en hoe hulle beskou is • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Televisiedekking van Swartmag-leiers het gedien as bewusmaking van militantheid onder swart Amerikaners (Bron 3A) • Die voorkoms van die leiers van die Swartmagbeweging het swart Amerikaners geïnspireer om trots te wees op hulle natuurlike hare en om selfversekerd te wees en nie meer hulle hare reguit te maak nie (Bron 3A en 3C) • Die oproep om die Soledad Brothers te bevry het beklemtoon dat 'swartes dinge op hulle eie doen' (Bron 3B) • Die Swartmagfilosofie het die Afro as 'n simbool van swart trots bevorder (Bron 3C) • Die Swartmagfilosofie het die idee van 'Black is Beautiful' bevorder (Bron 3A en 3C) • Die Swartmagfilosofie het lede van die Black Panther-party beïnvloed om ver te reis om die Swartmagfilosofie te versprei (Bron 3D) • Die Black Panther-party het Gemeenskapsgebaseerde programme begin om swart Amerikaanse gemeenskappe op te hef uit armoede (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van die invloed wat die Swartmagfilosofie in die PUNTE VLAK 1 1960's en 1970's op swart Amerikaners gehad het. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die invloed wat die PUNTE VLAK 2 Swartmagfilosofie in die 1960's en 1970's op swart 3–5 Amerikaners gehad het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip van die invloed wat die Swartmagfilosofie in die PUNTE VLAK 3 1960's en 1970's op swart Amerikaners gehad het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleidsrigtings, die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie suksesvol was in die transformasie van Kommunistiese China tussen 1957 en 1969. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet noem tot watter mate Mao se beleidsrigtings (die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie) suksesvol was in die transformasie van Kommunistiese China tussen 1957 en 1969. Kandidate moet aandui hoe hulle, hulle argument gaan ondersteun. UITBREIDING • Die intensies van China se Kommuniste party (praktiese beleide om die ekonomie te verbeter; outoritêre regeringsvorm; kleinboere sonder grond te bemagtig; grondhervormingsprosesse; nasionalisering van swaar nywerhede) • Klaslose gemeenskap (fokus daarop om omstandighede te verbeter van kleinboere en werkers; het alle Chinese opgelei om saam te werk vir 'n beter China) • Eerste Vyfjaarplan/Honderd blomme veldtog (agtergrond inligting) Die Groot Sprong Vorentoe (het meer op ekonomiese transformasie gefokus) • Mao Zedong se Tweede Vyfjaarplan wat begin het in 1958 • Industrialisasie  Beoog om China te industrialiseer om kapitalistiese lande te wen  Om privatisering te beëindig  Het gelei tot die instelling van agterplaas industrieë  Afhanklik van ongeskoolde menslike hulpbronne (kleinboere) • Landbou  Om landbouproduksie te verhoog sodat dit gelykstaande is aan die produksie van die Weste  Plattelandse koöperasies is geamalgameer in 'mense kommunes' (kollektivisering)  Gewelddadige amalgamasie van boere in 'mense kommunes'  Swak beplanning en lewering/ swak boerdery metodes  Hoë belasting op plaasprodukte • Gebruik propaganda om produksie te bevorder • China se ekonomie het geleidelik verval in 'n staat van bankrotskap • Mislukking binne drie jaar 'Drie Bitter Jare' – ly tot hongersnood • Mao het uiteindelik erken dat foute begaan is en het bedank as President van China, maar het sy pos behou as voorsitter van die Chinese Kommuniste Party • In 1962 het hy die verantwoordelikheid van die ekonomie aan President Liu Shaoqi en CKP generaal sekretaris Deng Xiaoping oorhandig en uit die politiek getree • Li Shaoqi en Deng Xiaoping keer weer terug na 'n mate van kapitalisme • Dit het aangedui dat die Groot Sprong Vorentoe klaaglik misluk het • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Die Kulturele Rewolusie (fokus op politieke transformasie): • Mao Zedong het die Kulturele Revolusie in 1966 geloods om sy mag wat hy verloor het as gevolg van die Groot Sprong Vorentoe te herstel • Hy het die Rooi Wagte (Red Guards) ingestel wat: die idees bestudeer en versprei het in die Klein Rooi Boekie; kleinboere opgevoed het in die beginsels van Kommunisme; lees en skryf geleer het; suiwering (opponente van Kommunisme & gematigdes is geëlimineer (uitgewis) en miljoene opponente van Kommunisme is doodgemaak) ingestel het; teenkommuniste kuns en boeke vernietig het • Die rol van die Rooi Wagte (Veldtog om die 'Vier Oues' (Four Olds) aan te val: verandering van ou idees, tradisionele kultuur, gebruike en gewoontes) • Reuse betogings is in die Tiananmen Square Beijing, gehou en oral is plakkate en prente van Mao opgesit • Die Klein Rooi Boekie (Little Red Book) (het Mao se filosofieë oor Kommunisme bevat; daar is van alle burgers verwag om die beginsels van Kommunisme te memoriseer; 'n Bron van Kommunistiese propaganda in China) • Eliminasie (Uitwissing) van amptenare: Deng Xiaoping en Liu Shaoqi is uit die regering verwyder; het ontslae geraak van professionele (ingenieurs, wetenskaplikes, onderwysers ens.) • Sluiting van skole, kolleges & universiteite (omdat hulle krities, liberaal & elitisties is) • Nywerhede het swaargekry en produksie het teen 1968 opgehou • Negatiewe impak op die ontwikkeling van China • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) die ekonomiese en politieke uitdagings waarmee hulle onderskeie lande na die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's gekonfronteer is, aangepak het. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na die ekonomiese en politieke staat van die Kongo en Tanzanië teen onafhanklikheidswording. Hulle moet 'n argument inslaan en dit ondersteun deur te toon hoe beide lande hulle ekonomiese en politieke beleid ontwikkel het na onafhanklikheidswording. UITBREIDING Krediet moet ook gegee word aan kandidate wat hulle opstel vergelykend struktureer Elemente van ekonomiese 'ontwikkeling' Die Kongo: • Het swaar gesteun op landbou en minerale ontginning (enkelprodukekonomie) en sy invloed op die ekonomie • Kapitalistiese ekonomie • Zaïrenasie (vervang buitelanders met plaaslike Zaïrese) misluk as gevolg van (onervarenheid/ korrupsie/wanbestuur/nalatigheid) • Ekonomie word gekenmerk deur nepotisme en elitisme (groot gaping ontwikkel tussen ryk en arm) • Afname in die stand van die infrastruktuur • Aansoek om terugwerking (omkeer van Zaïrenasie) • Afhanklik van buitelandse hulp en belegging • Enige ander relevante antwoord Tanzanië: • Het swaar gesteun op landbou en minerale ontginning (enkel-produk ekonomie) en het 'n geloofwaardige vervaardigingsektor ontwikkel • Afrika sosialistiese ekonomie • Arusha Verklaring (afskaffing van uitbuiting/verkleining in die inkomste-gaping tussen die armes en die rykes/eienaarskap van die land se hulpbronne) • Program van hervestiging van mense na nuwe dorpe (kollektiewe dorpe) (Villagisation) het dienslewering verbeter/het 'n stabiele gemeenskap ontwikkel wat vry was van ekonomiese ongelykhede). Boere het egter geweier om hulle voorvaders se grond te verlaat/landbouproduksie het geval • Meeste genasionaliseerde maatskappye het bankrot gespeel • Uitvoere het afgeneem • Tanzanië was weereens afhanklik van buitelandse hulp/lenings • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Elemente van politieke 'stabiliteit' Die Kongo: • Verkryging van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (Kongo (1960): J Kasavubu word President en P Lumumba word die Eerste Minister • Nadat veelparty verkiesings met onafhanklikheid gehou is, het die Kongo 'n eenpartystaat geword binne die eerste vyf jaar na die verkryging van onafhanklikheid • Mobutu Sese Seko het 'lewenslange president' geword tot met sy dood in 2007 • Mobutu Sese Seko het 'n kleptokrasie gestig waar 'n groep aangestelde staatsamptenare hulle posisie vir finansiële gewin uitgebuit het • Het Afrika waardes teruggebring • Sterk gesentraliseerde regering • Politieke stabiliteit (alhoewel gebaseer op outoritêre gesag) • Enige ander relevante antwoord Tanzanië: • Verkryging van onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (Tanzanië 1961: J Nyerere (Eerste Minister) – het die grondwet gewysig om President te word (1962) • Gladde oorgang (vreedsame verandering / rasse harmonie/ verbondenheid aan die bevordering van menslike gelykheid en waardigheid) • Nadat veelparty-verkiesings gehou is, het Tanzanië 'n eenparty-staat geword • Nyerere bly 'lewenslange president' tussen die 1960's en 1970's • Nyerere het die 'Leierskap-kode' in die Arusha Verklaring ingestel en daarmee hoë vereistes van integriteit aan staatsamptenare gestel • Afrika Sosialisme/ Ujamaa was geskik vir die inwoners • Stigting van die Verenigde Republiek van Tanzanië (1964) • Gesentraliseerde en eenheidstaat • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat die Optog na Washington op 28 Augustus 1963 alleen die mees invloedryke vorm van protes was in die 1960's teen diskriminasie in die Verenigde State van Amerika. Kandidate moet voorbeelde selekteer uit massa- gebaseerde nie-gewelddadige protes wat die Burgerregtebeweging onderneem het, soos die sitbetogings, massa-optredes en optogte tot die uitreiking van die Burgerregtewet in 1964 en die Stemregwet in 1965. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur saam te stem/nie saam te stem dat die Optog na Washington op 28 Augustus 1963 alleen die mees invloedryke vorm van protes was in die 1960's teen diskriminasie in die VSA. UITBREIDING Oor die algemeen sal kandidate nie saamstem nie: • Segregasie/Jim Crow wette en weerstand voor 1960’s (slegs agtergrond) • Sit-betogings (vanaf 1960) – (Greensboro, Noord-Carolina, vier studente hou 'n 'sitbetoging' by 'n 'slegs-blanke' middagete toonbank; (In die somer van 1961 is besighede in Greensboro gedesegregeer); Sitbetogings het reg oor die segregeerde Suide versprei; Swart en wit studente stig die Student Non-Violent Coordinating Committee om die Burgerregtebeweging te ondersteun; Die konsep van 'sitbetoging' het oor gesegregeerde fasiliteite versprei soos 'pray-ins' (gebedsbetogings), 'read-ins' (leesbetogings), 'wade-ins' (stapbetogings) • 'Vryheidsryers' (nierassig/nie-gewelddadig) – ('sitbetoging' in busse en het gereis van die Noorde tot diep in die Suide om nuwe federale wette te toets wat segregasie op die nasionale busstelsel verhoed en aangeval word deur bendes, gebombardeer word, in die tronk gegooi word en nie deur die plaaslike polisie beskerm word nie – duisende het vrywillig aangesluit en President Kennedy is gedwing om federale maarskalks te forseer om die Vryheidsryers te beskerm; Taai nuwe wetgewing wat deur federale bevel op 1 November 1961 ingestel is, het amptelik alle nasionale openbare fasiliteite gedesegregeer • Betogings en optogte: • Birmingham 1963: (Massa-betogings, insluitend 'n kinder-optog het met gewelddadige en wrede reaksie van die polisie gebots (waterkanonne, honde, ens. Alles gebruik om nie-gewelddadige protesteerders te terroriseer) President Kennedy het op TV gesê dat 'rasse segregasie' 'n 'morele aangeleentheid' was en 'geen plek in die Amerikaanse lewe het nie'. Op 10 Mei 1963 het die stad se besighede en munisipaliteit aangekondig dat munisipale fasiliteite gedesegregeer sou word. Aanvalle en moorde op swart Amerikaners in die stad het voortgeduur (Medgar Evans, Bombardement van die 16de Straat Baptiste kerk) • Optog na Washington 1963: (250 000 mense het deelgeneem in 'n nierassige, nie- gewelddadige optog na Washington om volle gelykheid en werksgeleenthede te eis; Martin Luther King Jnr. Gee sy 'I have a dream (Ek het 'n droom) toespraak'). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Selma-Montgomery-optogte (Maart 1965): (Om te eis dat swart Amerikaners toegelaat word om te registreer om te stem (slegs 2,5% swart mense was geregistreerde kiesers as gevolg van intimidasie en rassistiese aanvalle) – na drie pogings, brutale polisie aanvalle op nie-gewelddadige betogers (Bloedige Sondag) en massa ondersteuning van regoor die land het hulle Montgomery bereik. Druk is geplaas op President Johnson om die 1965 Wet op Stemreg uit te vaardig) • Vryheid-somer (Freedom Summer) (1964) – (Duisende aktiviste en vrywilligers (meer as 70 000 studente – baie van die noordelike state, plaaslike SNCC, CORE en NAACP aktiviste) het gewerk om swart Amerikaners in Mississippi te registreer en hulle in Vryheidskole te leer (letterkunde, geskiedenis); Aktiviste en vrywilligers het te doen gekry met geweld van wit segregasioniste bendes en polisiebeamptes; 1964 (2 Julie) Burgerregtewet is uitgevaardig – belet diskriminasie en segregasie in werksomstandighede en alle openbare fasiliteite • 1965 (6 Augustus) Wet op Stemreg is uitgevaardig – (het struikelblokke soos geletterdheidstoetse en verkiesingsbelasting vir verkiesings wat daargestel is om te voorkom dat swartmense as kiesers registreer onwettig verklaar; CRM het daarin geslaag om gelykheid te verkry voor die wet • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat [50] Indien kandidate sou sê dat hulle saamstem, moet hulle hul argument met relevante bewyse ondersteun TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all