Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 322.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP:
DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE SWARTMAGBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig
is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA IN 1962 OP DIE ONTPLOOIING VAN MISSIELE NA KUBA
GEREAGEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Wat het daartoe aanleiding gegee dat President Kennedy ExComm
vir 'n krisisvergadering byeengeroep het? (1 x 1) (1)
1.1.2 Definieer die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (1 x 2) (2)
1.1.3 Lewer kommentaar op wat jy dink Dean Rusk met die stelling, 'Ons
was van aangesig tot aangesig en ek dink die ander ou het net sy
oë geknip', in die konteks van die ontplooiing van Sowjetmissiele
na Kuba geïmpliseer het. (2 x 2) (4)
1.1.4 Identifiseer die TWEE eise in die bron wat Khrushchev aan die
Amerikaanse regering gestel het. (2 x 1) (2)
1.1.5 Wie, volgens die bron, het vir die verwydering van Amerikaanse
missiele uit Turkye onderhandel? (2 x 1) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Watter voorstelle het Khrushchev gemaak om die Kubaanse
Missielkrisis op te los? (2 x 1) (2)
1.2.2 Noem enige TWEE versekerings in die bron wat die Sowjetunie
met betrekking tot die soewereiniteit van Turkye gegee het. (2 x 1) (2)
1.2.3 Verduidelik waarom Khrushchev bereid was om 'n besluit oor Kuba
'binne die raamwerk van die Veiligheidsraad' te ondersteun. (2 x 2) (4)
1.3 Verwys na Bron 1C.
1.3.1 Lewer kommentaar op waarom jy dink hierdie foto geneem is.
Gebruik die bewyse in die bron om jou antwoord te ondersteun.
(2 x 2) (4)
1.3.2 Verduidelik waarom jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sou
beskou wanneer die Kubaanse Missielkrisis nagevors word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2018
NSS
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Haal DRIE gevolgtrekkings aan waartoe die Amerikaanse regering
gekom het met betrekking tot inligting wat in die lugfoto's verskaf is.
(3 x 1) (3)
1.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Amerikaners die Internasionale Komitee van die
Rooikruis beskou het as 'n geskikte agent vir die inspeksie van
'vragskepe wat na Kuba onderweg is'. (2 x 2) (4)
1.4.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink die Amerikaanse regering
die onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba wou monitor. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die inligting
in Bron 1D met betrekking tot die onttrekking van Sowjetmissiele uit Kuba
ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika in 1962
op die ontplooiing van missiele na Kuba gereageer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2: WATTER ROL HET BUITELANDSE MOONDHEDE IN DIE SLAG VAN
CUITO CUANAVALE GESPEEL?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Identifiseer die TWEE lande in die bron wat vir Suid-Afrika se
ingryping in Angola geblameer is. (2 x 1) (2)
2.1.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink Vorster Suid-Afrika se
betrokkenheid in Angola verdedig het. (2 x 2) (4)
2.1.3 Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se 'hoofredes' vir ingryping
in Angola? (2 x 1) (2)
2.1.4 Noem die TWEE Afrika-leiers in die bron wat Suid-Afrika se
ondersteuning van die FNLA en UNITA verwelkom het. (2 x 1) (2)
2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Suid-Afrika:
(a) Nie die MPLA ondersteun het nie (1 x 2) (2)
(b) UNITA ondersteun het (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Identifiseer die TWEE brigades in die bron wat 'n grootskaalse
aanval op UNITA begin het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy dink die Slag van Cuito Cuanavale as die 'grootste slag
nog in Afrika suid van die Sahara' beskou word. (2 x 2) (4)
2.2.3 Haal TWEE redes uit die bron aan wat tot die SAW se ontrekking
uit Cuito Cuanavale aanleiding gegee het. (2 x 1) (2)
2.2.4 Waarom het die leiers van Angola dit nodig gevind om die oorlog
te beëindig? (1 x 2) (2)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik die boodskap wat in hierdie foto oorgedra word. (1 x 2) (2)
2.3.2 Lewer kommentaar daarop of 'n historikus, wat die uitkoms van die
Slag van Cuito Cuanavale navors, die bron bruikbaar sal vind.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2018
NSS
2.4 Lees Bron 2D.
2.4.1 Noem die TWEE organisasies/bewegings in die bron wat voorkom
het dat die SAW Cuito Cuanavale verower. (2 x 1) (2)
2.4.2 Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde in die konteks
van die Slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2)
2.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
jy dink Nelson Mandela met die stelling, 'Cuito Cuanavale was 'n
oorwinning vir die hele Afrika!', geïmpliseer het. (2 x 2) (4)
2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C verskil van
die inligting in Bron 2D oor die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale.
(2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
wat buitelandse moondhede in die Slag van Cuito Cuanavale gespeel het,
verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SWARTMAGFILOSOFIE IN DIE 1960's
EN 1970's OP SWART AMERIKANERS GEHAD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Watter invloed, volgens die bron, het televisie op swart
Amerikaners gehad? (1 x 2) (2)
3.1.2 Definieer die konsep Swart Mag in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy dink Pearl Marsh se pa teen haar natuurlike haarstyl
gekant was. (2 x 2) (4)
3.1.4 Lewer kommentaar op wat jy dink met die stelling, 'Ek is 'n
Afrikaan', in die konteks van die Swartmagfilosofie in die VSA
geïmpliseer is. (2 x 2) (4)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Watter soort skool, volgens die bron, het Angela Davis in New York
City bygewoon? (1 x 1) (1)
3.2.2 Noem enige DRIE organisasies/partye in die bron waaraan Angela
Davis in die 1960's behoort het. (3 x 1) (3)
3.2.3 Verduidelik hoe jy dink die volgende Angela Davis beskou het:
(a) Die Swartmag-aktiviste (1 x 2) (2)
(b) Die Amerikaanse regering (1 x 2) (2)
3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Angela Davis van die ontsnappingspoging uit die Marin
County-hof verdink is. (1 x 2) (2)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Haal enige TWEE redes uit die bron aan wat daarop dui dat Angela
Davis deur die FBI gesoek is. (2 x 1) (2)
3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
boodskappe wat die FBI oor Angela Davis wou oordra. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer Bron 3B en 3C. Met betrekking tot Angela Davis, verduidelik hoe
die inligting in Bron 3B van die bewyse in Bron 3C verskil. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2018
NSS
3.5 Gebruik Bron 3D.
3.5.1 Waarom, volgens Hoover, het die FBI meer 'ondersoek-
verantwoordelikhede' gehad? (1 x 1) (1)
3.5.2 Gee DRIE redes in die bron wat te kenne gee dat die Black
Panther-party 'die grootste bedreiging vir die interne veiligheid van
die land' (VSA) verteenwoordig. (3 x 1) (3)
3.5.3 Verduidelik die beeld wat Hoover oor die leiers van die Black
Panther-party probeer oordra het. (1 x 2) (2)
3.5.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
bron vir 'n historikus wat oor die Black Panther-party navorsing
doen. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
invloed wat die Swartmagfilosofie in die 1960's en 1970's op swart
Amerikaners gehad het, verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
Verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleidsrigtings, die Groot Sprong Vorentoe
en die Kulturele Rewolusie, tussen 1957 en 1969 in die transformasie van
Kommunistiese China suksesvol was.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) die
ekonomiese en politieke uitdagings waarvoor hulle onderskeie lande na die verkryging
van onafhanklikheid in die 1960's te staan gekom het, aangepak het. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
Die Optog na Washington (Lincoln-monument) op 28 Augustus 1963 was in die 1960's
die invloedrykste (effektiefste) vorm van verset teen diskriminasie in die Verenigde
State van Amerika.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum