Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2014
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 

%20(English)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--4cee2274-271e-4435-91c3-0840a3727422/v1-cb107976332c54974f93/card.webp)



View all





History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 330.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLE-
STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
insig gebruik.
6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE
SOWJETUNIE BYGEDRA?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Identifiseer die VIER lande wat Duitsland en Berlyn na die Tweede
Wêreldoorlog beset het. (4 x 1) (4)
1.1.2 Verduidelik hoe die Sowjetunie op die ekonomiese beleid van die
Westerse moondhede in naoorlogse Duitsland gereageer het. (2 x 2) (4)
1.1.3 Wat verstaan jy onder die konsep Ystergordyn? (1 x 2) (2)
1.1.4 Waarom was die Westerse moondhede nie bereid om uit Wes-Berlyn
te onttrek nie? (1 x 2) (2)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Waarom, volgens die bron, het dit vir Brittanje en Amerika nodig
geword om ongeveer 400 000 vlugte na Wes-Berlyn te onderneem?
(1 x 2) (2)
1.2.2 Beskryf die impak wat die Berlynse Blokkade op gewone Berlyners
gehad het. (2 x 1) (2)
1.2.3 Lewer kommentaar oor waarom Wes-Berlyners nie die voedsel
aanvaar het wat deur Oos-Berlyn aan hulle beskikbaar gestel is nie.
(2 x 2) (4)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Watter boodskap, dink jy, word deur hierdie foto oorgedra? (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik, in die konteks van die gebeure wat in 1948 plaasgevind
het, waarom hierdie foto wyd deur die Westerse media (koerante)
gepubliseer is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2014
NSS
1.4 Bestudeer Bron 1D.
1.4.1 Noem TWEE vorme van ondersteuning wat die Sowjetunie aan die
mense van Berlyn verskaf het. (2 x 1) (2)
1.4.2 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as
partydig kan beskou. (2 x 2) (4)
1.4.3 Otto Grotewohl het die Berlynse Stadsadministrasie 'krimineel'
genoem. Gee 'n rede vir sy standpunt. (1 x 2) (2)
1.4.4 Otto Grotewohl het beweer dat die Westerse moondhede 'die
Duitsers teen die Sowjetunie opsweep'. Verduidelik of jy met sy
interpretasie van gebeure saamstem. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1D 'n ander
perspektief gee as dié in Bron 1B met betrekking tot die hulp wat Berlyn in
1948 ontvang het. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlog-spanning tussen die
Westerse moondhede en die Sowjetunie bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 2: HOE HET DIE BUITELAND IN DIE EERSTE FASE VAN DIE
ANGOLESE BURGEROORLOG VANAF 1975 TOT 1976 INGEGRYP?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Verduidelik die volgende geskiedkundige konsepte in jou eie woorde:
(a) Anti-koloniale oorlog (1 x 2) (2)
(b) Burgeroorlog (1 x 2) (2)
2.1.2 Wat, volgens Guimarᾶes, was die rede vir die 'wapenwedloop' tussen
1974 en 1975 in Angola? (1 x 2) (2)
2.1.3 Noem die lande in die buiteland wat elk van die volgende Angolese
vryheidsbewegings gesteun het:
(a) MPLA (1 x 1) (1)
(b) FNLA (1 x 1) (1)
(c) UNITA (1 x 1) (1)
2.1.4 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom die
VSA by die Angolese burgeroorlog betrokke geraak het. (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Watter rede het Henry Kissinger aangevoer om die VSA se
betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog te regverdig? Verwys na
Raam 1 en 2 in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (1 x 2) (2)
2.2.2 Verduidelik hoe President Ford op Kissinger se voorstel gereageer
het deur die inligting in die spotprent te gebruik. (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar oor waarom jy die bewyse in die bron as
bruikbaar sou beskou wanneer jy navorsing oor die VSA se
betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog doen. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Gee VIER redes waarom Kuba in Angola ingegryp het. (4 x 1) (4)
2.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die verhouding
tussen Kuba en die Sowjetunie in Angola te verduidelik. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2014
NSS
2.4 Verwys na Bron 2D.
2.4.1 Waarom, volgens Rhodes, was Suid-Afrika se betrokkenheid in
Angola 'n 'flater'? (1 x 1) (1)
2.4.2 Vorster het beweer dat 'ons nooit by die burgeroorlog as sodanig
betrokke was nie ...'. Verduidelik tot watter mate jy hierdie bewering
as geldig sal beskou. (2 x 2) (4)
2.4.3 Hoe verdedig Vorster sy besluit om in 1976 Suid-Afrikaanse troepe na
Angola te stuur in die konteks van die Koue Oorlog in Afrika?
Ondersteun jou antwoord deur bewyse uit die bron te gebruik. (2 x 2) (4)
2.5 Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C en 2D verskil met betrekking tot die
betrokkenheid van beide Castro en Vorster in die Angolese burgeroorlog.
(2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe lande in die buiteland in die eerste fase van die Angolese
burgeroorlog vanaf 1975 tot 1976 ingegryp het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: WATTER ROL HET DIE REGERING VAN DIE VERENIGDE STATE IN
1957 IN DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL, IN
LITTLE ROCK, ARKANSAS, GESPEEL?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Bestudeer Bron 3A.
3.1.1 Beskryf die houding van wit Amerikaanse leerders teenoor Elizabeth
Eckford in die foto. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.1.2 Waarom, dink jy, het wit Amerikaanse leerders teen Elizabeth Eckford
se bywoning van Central High School geprotesteer? (2 x 2) (4)
3.1.3 In 1997 het President Clinton opgemerk dat die beeld van Elizabeth
Eckford (soos getoon in Bron 3A) 'die gewete van ons nasie
aangeraak het'. Gebruik jou eie kennis om te verduidelik tot watter
mate jy met Clinton se bewering oor hierdie ikoniese/simboliese beeld
saamstem. (2 x 2) (4)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Wat het Martin Luther King jr. (Telegram 1) gemotiveer om President
Eisenhower te versoek om ''n onomwonde standpunt' in Little Rock in
te neem? (1 x 2) (2)
3.2.2 Gee die DRIE redes wat Woodrow Mann (Telegram 2) geïdentifiseer
het vir die ingryping van die federale regering in Little Rock. (3 x 1) (3)
3.2.3 Waarom, dink jy, het President Eisenhower nie onmiddellik op die
krisis in Little Rock gereageer nie? Ondersteun jou antwoord met
TWEE redes. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik hoe die gebeure in Little Rock, Arkansas, die fondament
van die Amerikaanse lewenswyse ondermyn het. (2 x 2) (4)
3.3.2 Definieer die geskiedkundige konsep menseregte in die konteks van
die krisis by Central High School, Little Rock. (1 x 2) (2)
3.3.3 Noem DRIE 'gedragstandaarde' soos vervat in die Handves van die
Verenigde Nasies. (3 x 1) (3)
3.3.4 Waarom het President Eisenhower geglo dat die situasie in Little
Rock, Arkansas, die VSA se 'aansien' en 'invloed' in die wêreld
bedreig? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2014
NSS
3.4 Verwys na Bron 3D.
3.4.1 Watter VIER redes het die ouers van die Little Rock-Nege gegee vir
hul ondersteuning van die federale regering se ingryping by Central
High School? (4 x 1) (4)
3.4.2 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige die inligting in hierdie bron as
bruikbaar sal beskou wanneer navorsing gedoen word oor die rol wat
die federale regering gespeel het om te verseker dat die regte van
swart Amerikaners beskerm word. (2 x 2) (4)
3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis om 'n paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy die rol
verduidelik wat die regering van die Verenigde State in 1957 in die
desegregasie van Central High School in Little Rock, Arkansas, gespeel het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika gedurende die tydperk
1965 tot 1975 daarin geslaag het om die verspreiding van kommunisme in Viëtnam te
stuit. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES –
DIE KONGO EN TANZANIË
Bespreek tot watter mate beide die Kongo en Tanzanië geslaag het in die daarstelling
van ekonomiese ontwikkeling en politieke stabiliteit nadat hulle onafhanklikheid van
koloniale bewind verkry het. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE
1970s: SWARTMAGBEWEGING
Die Swartmagbeweging het ontstaan uit die ontnugtering van die burgerregtewerkers
in die suide en is aangevuur deur opstande deur ontevrede swart Amerikaners in die
noorde.
Is dit 'n geldige beoordeling van die opkoms van die Swartmagbeweging in die
Verenigde State van Amerika in die 1960's? Bespreek. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
%20(English)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--4cee2274-271e-4435-91c3-0840a3727422/v1-cb107976332c54974f93/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2014 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2014 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2014 Memo
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 Paper 1 North West Mock 2025 Addendum

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum