Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2014
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers %20(English)%20June%202014%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b6322558-818f-4c67-b34d-309f2eecce06/v1-516fc3f0fe13d1c37148/card.webp)





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 329.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
KOGNITIEWE GEWIGSTOEKENNING
HISTORIESE VAARDIGHEDE
VLAKKE VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
VLAK 1 • Selektering en organisasie van relevante 30%
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
VLAK 2 40%
• Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
VLAK 3 betroubaarheid, eensydigheid en 30%
beperkings vas te stel (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander
geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag
gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering
vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar
5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die
matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4 }26–27
A VLAK 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN IN
DIE 1970's OP DIE STUDENTE VAN SOWETO GEHAD?
1.1
1.1.1 [Definisie van 'n konsep uit Bron 1A – V1]
• 'n Filosofie verkondig deur Steve Biko sodat swart Suid-Afrikaner ontslae kon raak
van hul minderwaardigheid gevoelens
• 'n Ideologie wat idees van selfstandigheid, selfwaarde, sielkundige vryheid en
swart trots verkondig
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
• Swart Bewussyn wou hê dat mense aan groepstrots uiting gee
• Swart Suid-Afrikaners vasberade gemaak om opgang te maak om die beoogde
self te bereik
• Psigiese vryheid van swart mense
• Ontslae te raak van die gevoel van minderwaardigheid (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A - V2]
• Beheer van die denke/verstand van swart Suid-Afrikaners was die gevaarlikste tipe
onderdrukking
• Die apartheidsregering het swart Suid-Afrikaners gemanipuleer deur hulle
verstandelik te onderdruk
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
• Swart Bewussyn sal maak dat die swart man homself sal sien as 'n mens, die hele
self nie as 'n verlengstuk of 'n bykomende hefboom van een of ander masjien nie
• Die swart man sal nie pogings deur enigeen duld wat die belangrikheid van sy
menswees (ware man) wil verkleineer nie/ Om dinge op hulle eie te kan doen
(2 x 1) (2)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B - V1]
• Leiers van die SASO en die BPC is verban (Inperkingsbevele)
• Baie aktiviste was in die tronk
• Doodmaak van aktiviste (bv. Shezi)
• Teistering deur die spesiale magte (2 x 1) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Prominente leiers van die SMB het in ballingskap gegaan en by die ANC en PAC
aangesluit
• SMB het invloedryke leiers verloor as gevolg van sluipmoorde en moorde
• BPC-organiseerders was in die tronk/ in detensie
• Die ondersteuning vir SMB in die land afgeneem
• Verbanning van handelsunie organisasies
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Hulle het besluit om ondergronds te gaan en betrokke geraak by gemeenskap-
stryde/ het weerstand gebied teen die apartheidsregering
• Hulle het gekonsentreer op die verspreiding van die idees van SB deur middel van
die SASO-nuusbrief
• Het in ballingskap gegaan
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Verduideliking van informasie verkry uit Bron 1C – V1]
(a) Tsiesti Mashinini het 'n massabetoging in Soweto voorgestel teen die gebruik van
die Afrikaanse taal in swart Suid-Afrikaanse skole / het deel van die aksiekomitee
gevorm (1 x 2) (2)
(b) Seth Mazibuko het die aanvanklike klasboikot by Orlando West Junior teen die
gebruik van die Afrikaanse taal in swart Suid-Afrikaanse skole georganiseer/het
deel van die aksiekomitee gevorm
(1 x 2) (2)
1.3.2 [Analise van bewyse uit Bron 1C - V2]
• Afrikaans is beskou as 'n instrument van onderdrukking
• Het swart Suid-Afrikaners voorberei op knegskap/ ongeskoolde arbeid
• Afrikaans het die vordering van swart Suid-Afrikaanse studente in die onderwys
beperk
• Wou studente werf om by SASM aan te sluit/ beïnvloed deur swartbewussyn
• Dit was nie hul moedertaal nie/ onbekende taal en het daarom geweier om in
Afrikaans te studeer
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.3 [Verduideliking van informasie verkry uit Bron 1C - V2]
• Groepe studente het op verskillende punte in Soweto bymekaar gekom
• Studente het besluit om 'n optog te hou teen die gebruik van die Afrikaanse taal in
swart Suid-Afrikaanse skole
• Hulle het in Orlando-wes van oral in Soweto bymekaar gekom
• Teen 10:30 het byna 5 000 studente in Vilikazistraat (Vilakazi) aangekom
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3.4 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
• Die bron is bruikbaar omdat dit sommige idees van Swart Bewussyn aandui
(vasberadenheid om onderdrukking te beveg, 'die omstandighede kan nie
toegelaat word om voort te duur nie', 'iets moet gedoen word')
• Die Bron is bruikbaar omdat wys dat swart Suid-Afrikaners die voortou neem om
die omstandighede in Soweto skole te verander
• Die Bron is bruikbaar omdat dit oorspronklike verklarings van jeug leiers bevat wat
deur die idees van Swart Bewussyn beïnvloed
• Die Bron is bruikbaar omdat dit 'n beskrywing gee van die volgorde van
gebeurtenisse wat aanleiding gegee het tot die optog teen Afrikaans
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
1.4
1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Dit wys die vasberadenheid/eenheid van die studente wat besluit het om 'n optog
te hou teen die gebruik van die Afrikaans taal
• Dit wys dat baie studente deelgeneem het aan die Soweto opstand
• Dit wys een van die redes vir die optog in Soweto teen die gebruik van die
Afrikaans taal
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.4.2 [Interpretasie en evaluering van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Dit wys dat die studente van Soweto die gebruik van Afrikaans as 'n medium van
onderrig in hul skole afgekeur het
• Dit mobiliseer studente om by die optog aan te sluit teen Afrikaans, die werktuig
van Bantoe-onderwys
• Toon woede/ ontnugtering/gegriefdheid
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D – V3]
• Bron 1C wys hoe die idees van Swart Bewussyn (waagmoed en swartes wat die
voortou neem) studente leiers beïnvloed het in die organisasie en mobilisering van
die Soweto skole.
Bron 1D wys die praktiese invloed van die Swartbewussynfilosofie op studente wat
optogte teen die Afrikaanse taal loods
• Bron 1C toon selfbewustheid en selfstandigheid by leiers van SASM (Sibongile
Mkhabela en Seth Mazibuko) om apartheid beleide uit te daag
Bron 1D verwys na bewyse van vasberadenheid en entoesiasme onder die
studente wat 'n optog hou teen die gebruik van die Afrikaanse taal
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit die relevante Bron - V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Die filosofie van Swart Bewussyn het swart mense beïnvloed om trots op hulself te
wees en ontslae te raak van hul minderwaardigheid kompleks (Bron 1A)
• Swart Bewussyn besiel swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe met aanmatiging en
self vertroue (Bron 1A)
• Dit het eenheid en onafhanklikheid optrede onder swart Suid-Afrikaners bevorder
(Bron 1A)
• Die Filosofie van Swart Bewussyn het die stigting van studente-organisasies soos
SASO en SASM tot volg gehad (Bron 1B)
• Swart Bewussyn het die stigting van BPC beïnvloed wat 'n aantal projekte onder
swart gemeenskappe onderneem het (Bron 1B)
• Swart Bewussyn het stakings aangemoedig soos die Durban-staking in 1973
• Swart Bewussyn het die stigting van politieke organisasies soos AZAPO beïnvloed
• Swart Bewussyn het grootliks die Soweto-opstand van 1976 beïnvloed (Bron 1C
en 1D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen
of min begrip van die invloed wat die filosofie van Swart
Bewussyn op swart Suid-Afrikaners gedurende die PUNTE:
VLAK 1
1970's gehad het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou 'n groot mate verband
met die onderwerp bv. toon begrip van die invloed wat
PUNTE:
VLAK 2 die filosofie van Swart Bewussyn op swart Suid-
3–5
Afrikaners gedurende die 1970's gehad het.
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip van
die invloed wat die filosofie van Swart Bewussyn op
PUNTE:
VLAK 3 swart Suid-Afrikaners gedurende die 1970's gehad het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE HANTEER?
2.1
2.1.1 [ Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Om menslike en burgerlike waardigheid te herstel
• Om die rehabilitasie en herstel van slagoffers wat mense regte skending ervaar het
te fasiliteer
• Openbare erkenning as hoofbydraer tot die helingsproses
• Om die stemme en die waardigheid tot die voorheen gemarginaliseerde te herstel
(enige 2 x 1) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• MRSK het 'n platform geskep vir agterblywendes om hul stories te vertel
• MRSK het 'n stem gegee aan diegene wat voorheen stilgemaak was
• MRSK het aan oortreders die geleentheid gebied om vergifnis te soek
• MRSK het openbare erkenning vir slagoffer en oortreder verskaf HRVC
• MRSK het slagoffers via die WVK verhore toegelaat om genesing te verkry
(afsluiting)
• Om openbare verhore te hou
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Definisie van 'n konsep uit Bron 2A – V1]
• Bring mense van verskillende politieke sieninge/oortuigings bymekaar wat nie
voorheen oor die weg kon kom nie
• Om vorige vyande bymekaar te bring op 'n manier om nasie bou en genesing aan
te moedig
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Dit het die geheime van die verlede ontbloot toe agterblywendes hul
getuie/verklarings deel
• Dit het diegene wat growwe menseregteskending gepleeg het, aangemoedig om
na vore te kom
• Openbare erkenning van skuld deur oortreders
• Oorlewendes is die geleentheid gegee om in die openbaar aan te dui hoe hul
menseregte geskend is
• Dit was nie oor wraak of geweld nie, maar het eerder op herstel en heling gefokus
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Interpretasie en evaluering van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Hulle het getuig oor die mans wat in hul lewens was wat verdwyn as gevolg van
hul politieke aktiwiteite
• Meeste van hul mans, seuns en vaders was aktiviste wat of vermoor of verdwyn
het as gevolg van hul deelname in die stryd vir vryheid
• Hulle het die stilte verbreek omdat vroue direk betrokke was/ Vroue wou graag
gehoor word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• 'Wit' Suid-Afrikaanse polisieman was verantwoordelik vir haar man se dood.
(1 x 1) (1)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Polisie het hom aangehou
• Val na sy dood vanaf die sewende vloer van die polisiehoofkwartier
• Saloojee se bloedbevlekte klere is ontdek
• Die ondervraging het vyf minute geduur/ Geen vrae is toegelaat deur die landdros
(enige 1 x 2) (2)
2.2.3 [Bepaling van bruikbaarheid van Getuienis 1 uit Bron 2B – V3]
Bruikbaar tot 'n groot mate
• Die getuie kan gestaaf word met opnames van die WVK
• Getuienis is by die WVK gegee
• Getuienis vertel die storie van 'n weduwee wie getuig oor die dood van haar man
by die WVK
• Wys op die geweld wat deur die apartheidsregering gepleeg was
• Sy het erken dat die insident gemaak het dat sy wit polisiemanne en wit Suid-
Afrikaners haat
• Gee getuienis (sleutelbesonderhede) oor haar man se dood
• Dit verwys na die tydperk deur die WVK aangedui (werklike verhoor)
• Enige ander relevante antwoord
OF
Bruikbaar tot 'n mindere mate/ tot geen mate nie
• Bron is partydig ten gunste van die weduwee
• Gee nie die oortreders se siening nie
• Wys nie of vergifnis gesoek is nie/aan gebied is
• Haar vrae is nie beantwoord nie
• As gevolg kon sy nie afsluiting kry nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Hy wou weet wie die skuldiges was sodat hy hulle kon vergewe
• Hy wou hê dat diegene wat die opdrag gegee vir die bomontploffing hul
betrokkenheid moes erken (enige 1 x 2) (2)
2.2.5 [Onttrekking van informasie uit Bron 2B – V1]
(a) Getuienis 1: SAP/ polisie (1 x 1) (1)
(b) Getuienis 2: ANC (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.3 [Verduideliking hoe Bron 2A en 2B mekaar ondersteun – V3]
• Bron 2A – WVK moedig oorlewendes aan om hul stories te deel deur middel van
openbare verhore
Bron 2B – Gee voorbeelde van openbare verhore
• Bron 2A – Fokus op die stemme van die wat voorheen gemarginaliseer was
Bron 2B – Oorlewendes het die geleentheid gebruik om hul getuie te deel
• Bron 2A – Die WVK het genesende geregtigheid beoefen
Bron 2B – Gee voorbeelde van slagoffers wat genesing gesoek het
• Bron 2A – WVK erken die skending van menseregte
Bron 2B – Oorlewendes het vorme van geweld beklemtoon wat aanhoudend
gepleeg was (enige 2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• 55% (1 x 1) (1)
2.4.2 [Interpretasie van data uit Bron 2C – V2]
• Dit beeld wit Suid-Afrikaners uit as die enigste oortreders
• Wit Suid-Afrikaners was in 'n negatiewe lig beskou
• Afrikaners het gevoel dat hulle niks verkeerd gedoen het nie
• Wit Suid-Afrikaners het gevoel dat die 'n 'heksejag' was'
• Hulle het gevoel dat die verlede agtergelaat moes word en nie van gepraat
word nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.3 [Interpretasie van informasie uit Bron 2C – V2]
• Swart Suid-Afrikaners wou hê dat vergoeding aan hulle betaal word
• Beeld die mate van menseregteskending uit wat swart Suid-Afrikaners moes
verduur
• Oortreders is bekend gemaak hulle het rekonsiliasie verlang
• Die lyding wat die meeste swart Suid-Afrikaanse aktiviste moes verduur is nou
geopenbaar
• Swart Suid-Afrikaners wou afsluiting hê en om te versoen met die verlies van hul
geliefdes
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.5
2.5.1 [ Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Kritici het dit bevraagteken of die kommissie effektief vorige ongeregtighede
ontmasker het of maar net ʼn pleister opgeplak het
• Persoonlike weergawes as openbare voorbeelde
• Doen min om verandering te bring
• Sweep emosies op
• Verskoon die apartheidsregering vir menseregte skendings
• Sommige het gegrief gevoel met die kommissie se uitbuiting van die enkeling se
trauma
• Vervolging en strafoplegging was die enigste manier hoe geregtigheid sal
voortbestaan (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Sommige mense het nie die wetlikheid van die WVK erken nie
• 'n Paar mense wou wraak hê deur middel van vervolging en skuldigbevinding van
oortreders
• Sommige mense wou hê dat oortreders beboet/tronkstraf opgelê word
• ʼn Paar families (Steve Biko) het amnestie van oortreders teengestaan
• Oopmaak van ou wonde van die verlede
• Persoonlike ondervindinge was openbaar gemaak om die aansprake geldig te
maak
• Die WVK het emosies opgesweep maar het min gedoen om verandering te bring
• Baie mense het gevoel dat die vergoeding (reparasies) wat aangebied is te min
was
• Anti-apartheidsaktiviste het geargumenteer dat die WVK ongrondwetlik was
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit die relevante Bronne - V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
SUKSESVOL
• Oortreders is identifiseer en het erken wat hulle gedoen het (Bron 2A)
• Openbare verhore is dwarsoor Suid-Afrika gehou (Bron 2A)
• 'Stem was aan diegene gegee wie voorheen stilgemaak was (Bron 2A)
• Oortreders het vergifnis gesoek (Bron 2A en 2B)
• Meeste agterblywendes en slagoffers wie voor die WVK verskyn het, het afsluiting
ontvang (Bron 2A en 2B)
• Menseregteskending is bloot gelê (Bron 2B en 2D)
• Gedeeltes (vergoeding) reparasies is betaal
• Verskaf genesing aan die nasie (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
EN/OF
ONSUKSESVOL
• Maak openbare voorbeelde van persoonlike verlies (Bron 2A)
• Doen min om verandering in slagoffers se lewens te maak (Bron 2D)
• Kwytskelding van apartheid oortreders se mense regte skending
• Geen vervolging of skuldigbevinding van oortreders nie (Bron 2D)
• Amnestie was toegestaan (Bron 2D)
• WVK was beskou as 'n 'heksejag' deur wit Suid-Afrikaners
• Daar was geen nagevolge vir oortreders wie nie in die WVK deelgeneem het nie
(Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip om verduidelik
of die WVK suksesvol was om Suid-Afrika PUNTE:
VLAK 1
se verdeelde verlede te hanteer nie 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor
die onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou 'n groot
mate verband met die onderwerp bv. toon
begrip om verduidelik of die WVK suksesvol PUNTE:
VLAK 2
was om Suid-Afrika se verdeelde verlede te 3–5
hanteer
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike
begrip om verduidelik of die WVK suksesvol
was om Suid-Afrika se verdeelde verlede te
PUNTE:
VLAK 3 hanteer
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP EKONOMIESE
VERHOUDINGS TUSSEN LANDE WAT IN DIE NOORDELIKE EN
SUIDELIKE HALFRONDE GELEË WAS?
3.1
3.1.1 [Definisie van 'n historiese konsep deur die gebruik van Bron 3A – V1]
• Globalisasie is die proses waardeur die vrye vloei van idees, goedere dienste
en kapitaal geskied wat aanleiding gee tot die integrasie van ekonomieë en
gemeenskappe (1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Internasionale Monetêre Fonds
• Wêreldbank (2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Globalisasie floreer in demokratiese lande wat die vrye vloei van idees en
goedere toelaat
• Die implementering van ekonomiese praktyke het aanleiding gegee tot die
vaslegging van demokrasie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.1.4 [Interpretasie en evaluering van bewyse uit Bron 3A – V2]
Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM NIE en hul
antwoorde met relevante bewyse staaf.
STEM SAAM
• Dit kon ontwikkelende lande help om ekonomies onafhanklik te word (eie hulp)
• Ontwikkelende lande sal minder afhanklik wees van ontwikkelende lande vir
bystand
• Ontwikkelende lande sal baat vind by vry handel as gevolg van die
implementering van die vrye handel stelsel
• Ontwikkelende lande het hul per capita-inkomste met twee-derdes verhoog
sedert die implementering van die vrye handel stelsel
• Verbruikers kan baat vind omdat die vryehandelstelsel kan help om pryse te
verlaag op sommige goedere
• Verbruikers het toegang tot 'n verskeidenheid van goedere as gevolg van die
handelsliberaliseringstelsel
• Handelsliberaliseringstelsel het aanleiding gegee tot werkskepping vir laer
vaardigheid werkers
• Gevolg tot hoër ware inkomste vir laer vaardigheid werkers
• Die aantal mense in volslae armoede het afgeneem sedert die implementering
van die handelsliberaliseringstelsel in sommige gevalle.
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
STEM NIE SAAM
• Omdat ryk lande nie hul markte vir produkte oopmaak waar ontwikkelende
lande 'n vergelykende voordeel het nie gee dit aanleiding tot onregverdige
handelsbetrekkinge tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande
• Die ekonomiese ongelykhede tussen noord en suid duur nog steeds voort
• Vryemarkstelsel (handelliberalisme) het aanleiding gegee tot die
herstrukturering van arm lande se ekonomieë
• Die herstrukturering van die ekonomie het aanleiding gegee tot verminderde
besteding op gesondheid, onderwys en ontwikkeling
• Dit gee aanleiding tot maatskappy/beheer en verspreiding van goedere wat
aanleiding gee tot prysbeheer
• Handhawing van die 'ryk en arm' sindroom sowel as die 'afhanklike sindroom'
deur prysbeheer en uitbuiting
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Verduideliking en Interpretasie van informasie uit Bron 3B - V2]
• Ongelykheid neem toe in die wêreld
• Ongelykheid neem toe binne lande
• Ongelykheid neem toe tussen ryk en arm lande (enige 1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• 74 tot een/ 1997
• 60 tot een/ 1990
• 30 tot een/ 1960 (enige 1 x 2) (2)
3.2.3 [Verduideliking en Interpretasie van informasie uit Bron 3B – V2]
• Om te verseker dat swartes in die Suide 'n beter lewe geniet
• Om die neiging te verander waarby ontwikkelende lande hoofsaaklik
uitvoerders van grondstowwe is te stop
• Om te verseker dat Afrika afgeronde produkte kan produseer van hul eie
grondstowwe (enige 1 x 2) (2)
3.2.4 [Bepaling van bruikbaarheid van inligting uit Bron 3B – V3]
Kandidate moet aandui of die bron BRUIKBAAR is of NIE BRUIKBAAR NIE en
hul antwoorde ondersteun met relevante bewyse.
BRUIKBAAR
• Die bron weerspieël die menings van die gewese president van die Republiek
van Suid-Afrika, Thabo Mbeki op die impak van globalisasie op ontwikkelende
lande
• Die bron weerspieël die groeiende gaping tussen die ontwikkelde en
ontwikkelende lande as gevolg van globalisering
• Die bron weerspieël ook hoe die ontwikkelde lande voordeel getrek het uit
globalisering ten koste van ontwikkelende lande
• Die bron weerspieël hoe globalisering gebruik kan word tot die voordeel van
ontwikkelende lande
• Enige ander relevant response
NIE BRUIKBAAR NIE
• Die bron gee net Mbeki se standpunte op die impak van globalisering op
ontwikkelende lande
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• Die bron konsentreer net op die negatiewe aspekte van globalisering op
ontwikkelende lande
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.3 [Vergelyking en interpretasie van bewyse uit Bron 3A en 3B – V3]
In respons op die vraag, moet die kandidate Bron 3A en Bron 3B vergelyk om
die verskille te beklemtoon
• Bron 3A argumenteer dat globalisasie bygedra tot die vermindering van
armoede terwyl Bron 3B wys dat globalisasie wel bygedra tot die groei van
wêreld armoede
• Bron 3A argumenteer dat ryk lande 'n meer betekenisvolle rol moet speel om
armoede te beveg terwyl Bron 3B beklemtoon dat ontwikkelende lande
globalisasie moet gebruik om armoede te verslaan
• Bron 3A fokus op hoe ontwikkelende lande kan baat vind by uitvoere na
ontwikkelde lande terwyl Bron 3B argumenteer teen die verskynsel van
ontwikkelende wat slegs dien as uitvoerders van grondstowwe
• Bron 3A is ʼn Westerse perspektief (positief) oor globalisering en Bron 3B is ʼn
Afrika perspektief (negatief)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Skuld vereffening
• Ekonomiese herstrukturering (enige 1 x 1) (1)
3.4.2 [Interpretasie en evaluering van bewyse uit Bron 3C – V2]
Kandidate moet aandui of hulle SAAM STEM of NIE SAAMSTEM NIE en hul
antwoorde ondersteun met relevante bewyse.
SAAM STEM
• Ontwikkelende lande kan Strukturele Aanpassingsplanne gebruik om hul
ekonomieë meer doeltreffend te maak
• Strukturele Aanpassingsplanne rus die ekonomieë van ontwikkelende lande toe
om volgehoue groeiplanne te handhaaf
• Strukturele Aanpassingsplanne kan aanleiding gee tot die verlaging van staats-
besteding
• Enige ander relevante antwoord
• STEM NIE SAAM
• Die Strukturele Aanpassingsplanne het aangedring dat arm lande hul
lewenstandaard verlaag
• Arm lande was forseer om neo-liberale (vrymarkstelsels) ekonomiese beleide in
te stel wat regerings forseer het om maatskaplike besteding te verminder
• Arm lande forseer om hul markte te oop te maak wat bygedra het tot armoede
en afhanklikheid
• Arm lande was forseer om hul markte oop te maak waarin handel slegs die ryk
lande bevoordeel het (Ryk lande het hul goedkoop produkte vir hoër pryse
verkoop, terwyl arm lande hul duur produkte vir goedkoop pryse verkoop het
• Die Strukturele Aanpassingsplanne het bygedra tot die vergroting van die
inkomste gaping tussen ryk en arm lande
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 18 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Ontwikkelende lande verkoop goedkoop produkte teen hoë pryse
• Ontwikkelde lande koop duur produkte teen goedkoop pryse
• Handelswanbalans vergroot die gaping tussen ryk en arm (1 x 1) (1)
3.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Vervaardigde goedere word hoofsaaklik in ponde en dollar verkoop en daarom
sal ontwikkelende lande nie hierdie goedere bekostig nie/ te duur
• Ryk lande het nie hul produksie-instrumente verkoop nie
• Ryk lande het die alleenhandel (monopolie) op die produksie-instrument
(enige 2 x 1) (2)
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Afrika
• Europa (2 x 1) (2)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Koffie
• Bananas
• Goud
• Rys
• Koper
• Ivoor
• Steenkool
• Vrugte
• Groente
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 1) (2)
3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Noordelike en Suidelike Halfronde het nie handel as gelyke vennote gedryf nie
(Suid se hoë arbeidsintensiewe produkte [is duur] word teen goedkoop pryse
verhandel vir lae intensiteit [goedkoop] produkte met die Noorde
• Die handelsvennote word in verskillende groottes voorgestel wat ongelykheid
voorstel
• Die Noorde word voorgestel as ryk terwyl die Suide voorgestel word as arm (die
manier waarop die 'handelaars' geklee is)
• Die Noorde word voorgestel as ontwikkeld (hoë tegniese goedere) terwyl die
Suide voorgestel word as minder ontwikkel (Die Suide stuur hul produkte na die
marke)
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 19 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit al die Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Die lande wat in die Noordelike Halfrond geleë is, het ryk geword terwyl die suide
arm gebly het. (Bron 3B)
• Ongelykhede tussen die noordelike state en die suide het toegeneem sowel as die
inkomste gaping (Bron 3B)
• Die noordelike state het globalisasie gebruik om hul rykdom en mag te vermeerder
om sodoende hul ekonomiese verdrukking van die suide te handhaaf (Bron 3B)
• Om hul ekonomieë te verbeter, het lande geleë in die Suidelike Halfrond lenings
gemaak by die IMF en Wêreldbank (Bron 3C)
• Die lenings het streng bepalings gehad (Strukturele Aanpassingsplanne) wat
aanleiding gee tot verminderde maatskaplike besteding van arm lande in die suide
(Bron 3C)
• Die lande van die Suidelike Halfrond was ook onder verpligting om hul mark oop te
maak om hul ekonomieë 'n hupstoot te gee (Bron 3C)
• Dit gee aanleiding tot onregverdige handelspraktyke tussen lande geleë in
Noordelike en Suidelike Halfronde (Bron 3D)
• Globalisering gee verbruikers toegang tot 'n meer verskeidenheid van produkte
(Eie kennis)
• Globalisering het aanleiding gegee tot die skepping van meer werkgeleenthede vir
ongeskoolde werkers in ontwikkelende lande (Eie kennis)
• Werk skepping gee aanleiding tot die vermindering van armoede in die meeste
ontwikkelende lande (Eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip van die impak wat globalisering
op die ekonomiese verhoudinge tussen lande gehad
het wat in die Suidelike en Noordelike Halfronde PUNTE:
VLAK 1 geleë is. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie…
• Bewyse is meestal relevant en hou 'n groot mate
verband met die onderwerp bv. toon begrip van die
impak wat globalisering op die ekonomiese
VLAK 2 verhoudinge tussen lande gehad het wat in die PUNTE:
Suidelike en Noordelike Halfronde geleë is. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip
van die impak wat globalisering op die ekonomiese
verhoudinge tussen lande gehad het wat in die
VLAK 3 Suidelike en Noordelike Halfronde geleë is. PUNTE:
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde 6–8
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 20 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
[Beplan, konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet 'n standpunt inneem en aandui tot watter mate interne weerstands-
bewegings in Suid-Afrika suksesvol was om PW Botha se apartheidsregime gedurende
die 1980's uit te daag. Hulle moet die rol van verskillende weerstandsorganisasies soos
die UDF, ECC beklemtoon terwyl hulle 'n gedagterigting ontwikkel.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aan dui tot watter mate interne weerstandsbewegings die
apartheidsregime gedurende die 1980's uitgedaag het.
UITBREIDING
Tot 'n groot mate
• Botha se beleid van Totale Aanslag/ Totale Strategie
• Hervormingswetsontwerpe (1983-Grondwet, Driekamerparlement 1984, 'Koornhof
Bills')
• End Conscription Campaign (Beëindig Diensplig veldtog) van 1983 en sy impak
• Stigting en rol van die UDF ('Don't vote' [Moenie Stem] veldtog, 'Miljoen
Handtekeninge'-veldtog in 1984)
• Massaprotes in swart Suid-Afrikaanse woonbuurte in 1984 en 1985 (bv. Wegbly-
veldtogte georganiseer deur die Vaal Burgerlike Vereniging, Verbruikersboikotte
georganiseer deur Pebco in die Oos Kaap, rol van religieuse organisasies ens.)
• Protes optogte (bv. Langa-township in die Oos-Kaap),
• Skoolboikotte hoofsaaklik gelei deur COSAS in 1983 en 1985 (Atteridgeville,
Tembisa, Alexandra, Soweto, Wes-Kaap en Natal)
• Gemeenskappe onderneem huurboikotte, bv. in Vaaldriehoek en Soweto in 1984
• Stigting en impak van COSATU en ander unies in die stryd van werkers
• Wegbly-aksies in Meidag 1986 en NUM-staking in 1987
• Aankondiging van die Noodtoestand 1985 tot 1986 deur die PW Botha-regime
• Opkoms die van die Massa Demokratiese Beweging in1989 en die Versetveldtog
teen apartheidswette in groot stede bv. Kaapstad, Durban en Johannesburg.
• Die rol van die Black Sash, byvoorbeeld in burgerlike protes en bystand vir slagoffers
van apartheid
• Teen die einde van die 1980's het duisende Suid-Afrikaners hul lewens verloor in die
stryd om vryheid (bv. dood in aanhouding, 'swart op swart' geweld en vigilante
groepe)
• Geleidelik het die Suid-Afrikaanse regering besef dat verandering nodig was
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Indien kandidate tot 'n mindere mate aandui moet hulle, hulle antwoord met
relevante bewyse ondersteun
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 21 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan, konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet bespreek tot watter mate leierskap en ooreenkomste tussen die
verskillende politieke organisasie gedurende die onderhandeling proses tot die geboorte
van Suid-Afrika se demokrasie in 1994 aanleiding gegee het.
HOOFASPEKTE
• Inleiding: Kandidate moet hul gedagterigting aandui en bespreek tot watter mate die
rol van leiers soos FW de Klerk en Nelson Mandela gelei het tot toegewings en
samesprekings wat tot die geboorte van 'n demokratiese Suid-Afrika in 1994
aanleiding gegee het.
UITBREIDING
TOT 'N GROOT MATE
• (Redes vir die onderhandelingsproses) FW de Klerk's se toespraak op 2 Februarie
1990 in die parlement was 'n keerpunt in die geskiedenis van Suid-Afrika (leierskap)
• Hy het die onbanning van politieke organisasies aaangekondig (leierskap)
• Vrylating van Nelson Mandela in Kaapstad op 11 Februarie 1990 het die weg gebaan
vir 'n onderhandelingskikking (leierskap)
• [Geweld in Sebokeng] lei tot ʼn vertraging in die Groote Schuur-minuut in Mei 1990 -
NP laat politieke gevangenes vry (leierskap)
• Pretoria-minuut in Augustus 1990 - ANC kondig aan dat hulle die gewapende stryd
gaan staak en die regering het aangekondig dat dit die noodtoestand gaan ophef
(leierskap)
• CODESA 1 in Desember 1991 - 19 politieke partye het dit bygewoon - the PAC en
KP het nie deelgeneem om 'n nuwe grondwet vir Suid-Afrika op te stel nie (leierskap
en politieke partye)
• ANC en die NP stel voor 'n Verklaring van Voorneme in 1991(leierskap en
kompromie)
• Die 'Slegs blankes'-referendum in Maart 1992 – het aan De Klerk die goedkeuring
gegee om te onderhandel (leierskap)
• CODESA 2 in Mei 1992– SAUK sou 'n neutrale siening gee, massa-optrede om die
onderhandelingsproses te bespoedig/ Boipatong /Bhisho-slagting (leierskap en
kompromie)
• Rekord van Verstandhouding in September 1992 – geheime samesprekings tussen
die ANC en NP – verbind hulself tot die onderhandelingsproses (politieke partye)
• Veelparty onderhandelinge by Kempton Park/ sluipmoord op Chris Hani/ rol van
Mandela/ stel 'n RNE en 'n Sonsondergang-klousule voor (kompromie en leierskap)
• Tussentydse Grondwet in November 1993 (toegewing)
• Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 (politieke partye)
• Krediet moet aan kandidate gegee word wie melding maak van die rol wat
geweld in die onderhandelings proses gespeel het om hul antwoord te bewys
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 22 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE
Beplan, konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet hulle argumentslyn aandui deur te wys hoe verbrokkeling van die
Sowjetunie gedien het om politieke verandering in Suid-Afrika te versnel. Hulle moet
relevante bewyse gebruik van hoe die verbrokkeling beide die Suid-Afrikaanse regering
en die African National Congress met geen keuse gelaat het as om te onderhandel nie.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet na die stelling verwys en verduidelik hoe die verbrokkeling
van die Sowjetunie die politieke toekoms van Suid-Afrika beïnvloed het en die weg
gebaan het vir onderhandelinge.
UITBREIDING
• Agtergrond (Glasnost en Perestroika) Die impak van die val van kommunisme in
Rusland op Suid-Afrika
• Die Nasionale Party het die African National Congress beskou as 'n agent van
kommunistiese Rusland
• Met die verbrokkeling van die Sowjetunie het die ANC verswak
• Die verbrokkeling van die Sowjetunie het beteken die Nasionale Party sy opvatting
rakende die ANC moes verander
• Die val kommunisme en die Slag by Cuito Cuanavale het 'n groot impak op die Suid-
Afrikaanse siening gehad om nie met 'kommuniste te praat' nie
• Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om uit Angola te onttrek en om 'n
ooreenkoms vir Namibië onderhandel
• Die vreedsame oordra van meerderheid regering in Namibië het beide die ANC en die
Suid-Afrikaanse regering aangemoedig om te praat
• Die kommer van die Nasionale Party rakende die invloed van die SAKP binne die
ANC-alliansie is verwyder
• NP kon nie langer kommunisme as voorwendsel vir onderdrukking gebruik nie
• Suid-Afrika was nie meer 'n belangrike speler in die Koue Oorlog politiek nie
• Die Nasionale Party kon nie meer die bedreiging van kommunisme as 'n maatstaf
gebruik om steun van die Westerse regerings te werf nie
• Westerse regerings het druk op Suid-Afrika geplaas om apartheid te beëindig
• Westerse regerings het druk op Suid-Afrikaanse regering geplaas om met die ANC
samesprekings te begin
• Die val van kommunisme het ook die ANC affekteer
• ANC kon nie langer op die Sowjetunie steun vir ekonomiese en militêre steun nie
• Sosialisme was nie meer 'n opsie vir die revolusionêre ANC nie
• Die resultaat was dat die ANC gereed was om te onderhandel
• Die veranderde wêreld en massa-optogte in Suid-Afrika gee aanleiding tot spanning
binne die NP
• Dit gee aanleiding tot 'n verandering van leierskap binne die NP in 1989
• FW de Klerk het begin met 'n hervormingsbeleid
• In 1989 lang aanhoudende verbanne politieke gevangenes vrygelaat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 23 DBE/November 2014
NSS – Memorandum
• In Februarie 1990 het De Klerk die vrylating van Nelson Mandela aangekondig
• De Klerk het ook politieke organisasies soos die ANC, PAC en SAKP wettig verklaar
• Die regering was gewillig om te onderhandel om apartheid te beëindig
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. 50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20(English)%20June%202014%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--b6322558-818f-4c67-b34d-309f2eecce06/v1-516fc3f0fe13d1c37148/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum