Skip to content

History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202023 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2020 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae  Onttrek inligting uit bronne  Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15)  Definieer historiese begrippe/terme  Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2  Verduidelik inligting verkry uit bronne (20)  Analiseer bewyse uit bronne  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne  Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord.  Daar word van leerders verwag om 'n standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().  Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv. ___________ •___________________________________________________ _________________•____________________________• ________________ √√√√ Vlak 2 KOMMENTAAR Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die leerder se interpretasie van die vraag  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie)  Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.5 Die matriks Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van 'n gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevante tot 47–50 43–46 argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoud-seleksie 43–46 40–42 38–39 relevante tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Inhoud-seleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6  Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: WAAROM HET SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN 1976 GEPROTESTEER? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]  'African National Congress (ANC)'  'Pan Africanist Congress (PAC)' (2 x 1) (2) 1.1.2 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 1A - V1] Swartbewussyn was 'n filosofie/ideologie wat:  Selfvertroue/selfvergelding bevorder het  Swart trots aangemoedig het/om trots te wees om swart te wees  Swart Suid-Afrikaners geïnspireer het om onafhanklik te wees selfstandig te wees  Gelykheid, geregtigheid, trots en eenheid aanmoedig  Geestesvryheid van wit onderdanigheid beklemtoon het  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]  'die huidige onderwysstelsel Eurosentries (op Europese waardes, gebruike en tradisies gegrond) was  'Afrikane se prestasies ondermyn (verswak) het' (2 x 1) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]  Om beheer en outoriteit oor swart Suid-Afrikaners te handhaaf  Om onderwys te gebruik om te verseker dat swart Suid-Afrikaners onderdanig aan die wit minderheidsregering bly/ goedkoop arbeidsmark  Om taal te gebruik as 'n manier van indoktrinasie in 'n poging om wit meerderwaardigheid te handhaaf  Om te verseker dat swart Suid-Afrikaners nie kritiese denkers sou word nie  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]  Om die publiek in te lig dat leerders van Phefeni Junior Sekondêre Skool besig was met 'n optog teen die instelling van Afrikaans as onderrigmedium/ Dit was nuuswaardig  Om aan te dui dat leerders van Phefeni Junior Sekondêre Skool protesteer/ om aan te dui dat daar ʼn gedetermineerde opposisie teen Afrikaans as onderrigmedium was  Om die publiek in te lig oor die gewelddadige aard van die staking by Phefeni Junior Sekondêre Skool  Om die apartheidsregering internasionaal aan die kaak te stel  Enige ander relevante antwoord enige 1 x 2) (2) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  '… op 'n bandopnemer van die adjunk-prinsipaal, mnr. Nhlapo beslag gelê het en met aanranding gedreig'  '… het hulle die prinsipaal se kantoor en klaskamers met klippe bestook…'  ‘Hulle het die skoolhoof gedreig en Afrikaanse handboeke uitgegooi’ (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 1.2.3 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 1B – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat:  Dit insig gee oor waarom leerders by Phefeni Junior Sekondêre Skool tot gewelddadige protesaksie oorgegaan het  Dit eerstehandse inligting gee oor hoe die gebeure by Phefeni Junior Sekondêre Skool ontvou het  Dit inligting gee hoe die leerders by Phefeni Junior Sekondêre Skool gereageer het op die instelling Afrikaans as onderrigmedium  Dit inligting gee dat leerders van Phefeni Junior Sekondêre Skool verenig was/gedetermineerd in hulle protesaksie  Dit aandui dat daar volgehoue opstande by Phefeni Junior Sekondêre Skool was  Dit verskaf die name van die mense wat betrokke was, die datums en ander gebeurtenisse wat gelei het tot die Soweto opstande  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]  Dit toon dat die leerders glimlag/gelukkig was toe hulle begin het met die optog om teen Afrikaans as onderrigmedium by skole in Soweto te protesteer  Die foto toon leerders wat gedissiplineerd en ordelik was terwyl hulle die optog aangepak het  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]  Die leerders marsjeer teen die instelling van Afrikaans as onderrigmedium  Die leerders het ʼn protesoptog onderneem om Bantoe onderwys/ die owerhede uit te daag  Die leerders het gevoel dat as hulle die Afrikaanse taal leer dit hulle onderdanig aan wit Suid-Afrikaners sou maak  Die leerders kon nie die Afrikaanse taal verstaan nie en het daarom hulle eksamens gedruip  Die leerders het aan protesaksie deelgeneem teen die sosio-ekonomiese omstandighede van swart Suid-Afrikaners  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]  Die polisie wou die totaal tot 'n minimum (23 gedood) hou om sodoende nie te sleg te lyk nie/ genadeloos  Die amptelike getalle deur die polisie het getoon dat hulle hul rol in die doodmaak van leerders in die Soweto-opstande wou verdoesel  Die polisie wou getalle laag hou om internasionale verleentheid te voorkom  Die nie-amptelike getalle sou meer geweld aanhits  Die nie-amptelike getalle sou polisiebrutaliteit aan die kaak stel  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]  'Die leerders het ... die optog in 'n gewelddadige opstand verander'  'Motors te rol'  'Voertuie aan die brand te steek'  'Geboue aan die brand te steek'  'Simbole van die apartheidsregime aan die brand te steek' (enige 4 x 1) (4) 1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]  'Die polisie was nie gereed vir 'n optog van daardie omvang nie'  'die apartheidsregime het nie die verspreiding van onrus en massa- opstande voorsien (verwag) nie …'  ‘hulle het die vlak van ontevredenheid (ongelukkigheid) onderskat’ (enige 1 x 2) (2) 1.4.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]  Die Soweto-opstande het die apartheidsregime uitgedaag om die ongelykhede van die verlede aan te pak/hulle is gedwing om hulle beleid te heroorweeg  Die Soweto-opstande was 'n keerpunt omdat jong leerders bereid was om die mag van die apartheidstaat aan te durf  Die apartheidsregime is onkant betrap/het nie die mobilisering van leerders verwag nie/het die optog onderskat  Internasionaal het Suid-Afrika 'n negatiewe reputasie gekry wat direk die ekonomie geaffekteer het  Die Soweto-opstande het die vryheidstryd in Suid-Afrika laat opvlam  Baie internasionale maatskappye het gereageer deur die instel van sanksies en disinvestering in Suid-Afrika  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D - V3]  Bron 1C toon leerders wat vreedsaam teen die implementering van Afrikaans as onderrigmedium protesteer terwyl Bron 1D staaf dat leerders gewelddadig gereageer het gedurende die optog nadat die polisie hulle aangeval het  Bron 1C toon nie polisieteenwoordigheid gedurende die optog nie terwyl Bron 1D staaf dat die polisie op leerders begin skiet het en ongeveer 200 gedood het  Bron 1C toon hoe die leerders die apartheidsregime uitgedaag het om die taalbeleid te verander terwyl in Bron 1D het die apartheidsregime nie daarin geslaag om hulle onregverdige diskriminerende beleid van die Bantoe Onderwyswet te hersien nie  Bron 1C toon leerders wat protesteer terwyl Bron 1D die reaksie van die polisie aandui  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Die Swartbewussynsfilosofie (SB) het die selfrespek van swart Suid- Afrikaanse leerders 'n hupstoot gegee (Bron 1A)  SASO en SASM het 'n belangrike rol gespeel om swart Suid-Afrikaanse leerders bewus te maak om op te staan vir hulle regte (Bron 1A)  Die leerders het die Bantoe-onderwysstelsel wat op Europese waardes, gebruike en tradisies gebaseer was, uitgedaag (Bron 1A)  Die leerders het die taalbeleid van die apartheidsregering uitgedaag (eie kennis)  Swart Suid-Afrikaanse leerders wou saamstaan en die apartheidsregime uitdaag (eie kennis)  Die onderwysers het nie Afrikaans as onderrigmedium verstaan nie en tog is daar van hulle verwag om in die taal te onderrig (eie kennis)  The World-koerant het die leerders se ontevredenheid oor die instelling van Afrikaans as onderrigmedium beklemtoon (Bron 1B)  Die foto toon leerders wat eis dat 'Afrikaans afgeskaf moet word' (Bron 1C)  15 000 tot 20 000 swart Suid-Afrikaanse leerders het teen die implementering van Afrikaans as onderrigmedium geprotesteer (Bron 1D)  Die Soweto-opstande het die brutaliteit van die apartheidsregime aan die res van die wêreld ontbloot en Suid-Afrika in 'n negatiewe lig gestel (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van waarom swart Suid-Afrikaanse PUNTE VLAK 1 leerders in 1976 geprotesteer het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom swart Suid- PUNTE VLAK 2 Afrikaanse leerders in 1976 geprotesteer het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip van waarom swart Suid-Afrikaanse leerders in PUNTE VLAK 3 1976 geprotesteer het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVISTE SOOS DIE CRADOCK VIER HANTEER? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]  'die behoefte om 'n instelling vir die herstel van geregtigheid tot stand te bring wat baie slagoffers ontneem is wat gedurende die apartheidsregering doodgemaak is'  'herstellende eerder as vergeldende geregtigheid'  Om genesing vir die baie slagoffers en hulle families... te bring (enige 1 x 2) (2) 2.1.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]  Die WVK se doel was om genesing te bring tussen die slagoffer en die oortreder/om waardigheid te herstel  Genesing tussen die slagoffer en die oortreder kon lei tot versoening en vervolgens vergifnis  Die WVK wou 'n nuwe Suid-Afrika bou gebaseer op vergifnis eerder as haat/om wraak te voorkom  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.1.3 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 2A – V1]  Die verlening van amptelike kwytskelding vir persone wat politiek- verwante/ gemotiveerde misdade gepleeg het  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]  'Johan van Zyl'  'Eric Taylor'  'Gerhardus Lotz'  'Nicholas van Rensburg'  'Harold Snyman'  'Hermanus du Plessis' (enige 3 x 1) (3) 2.2 2.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]  Om beide oortreders en slagoffers te nooi om voor die WVK te verskyn en oor menseregteskendings te getuig  Om die publiek in te lig oor die misdade wat gedurende apartheid gepleeg is  Om mense aan te moedig om die waarheid te praat oor hulle betrokkenheid by politieke moorde  Om die publiek in te lig dat WVK-verhore landswyd plaasvind  Om die doel van die WVK uit te lig – om die waarheid te vertel en versoening  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]  'Moord'  'Ontvoering'  'Marteling' (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2] Die WVK moedig:  Oortreders aan te moedig om die waarheid te vertel/volle onthulling  Apartheidsagente/Veiligheidspolisie aan om na vore te kom en slagoffers te vertel oor die gebeure rondom hulle geliefdes  Genesing en versoening aan  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C - V1]  'Mnr. Goniwe'  'Mnr. Mhlauli' (2 x 1) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]  Hy wou die misdaad wat hy gepleeg het, verdoesel  Hy wou geen bewyse met betrekking tot die dood van politieke aktiviste agterlaat nie  Om politieke aktiviste te ontmoedig om betrokke te raak by politieke aktiwiteite teen die apartheidsregime  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.3 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 2C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat:  Dit beklemtoon hoe die veiligheidspolisiemanne die Cradock Vier dopgehou het  Dit gee die name van die veiligheidspolisiemanne wat by die waarneming betrokke was  Dit fokus op hoe die veiligheidspolisiemanne mnr. Goniwe en mnr. Mhlauli hanteer het  Dit noem hoe mnr. Goniwe en mnr. Mhlauli vermoor is  Dit nuwe insig (getuienis) gee oor hoe die veiligheidspolisie die Cradock Vier doodgemaak het  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D - V1]  ' veiligheidspolisiemanne ... amnestie ... geweier' (1 x 1) (1) 2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D - V1]  'hulle nooit die volle waarheid … onthul het nie'  'Die kommissie kon dus nie 'n verband sien tussen die daad en politieke motiewe nie' (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]  Goniwe se broer en sy familie kon nou berus ten opsigte van die moord op Mathew Goniwe en ander politieke aktiviste  Die WVK was 'n onafhanklike liggaam wat vry was van alle politieke inmenging en het daarom 'n regte besluit geneem deur nie amnestie te verleen aan die oortreders wat verantwoordelik was vir die moord op die Cradock Vier nie  Goniwe se broer het gevoel dat regverdigheid geskied het  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2D - V3]  Beide Bron 2B en 2D meld die misdade wat gepleeg is (moord; ontvoering en marteling) tydens ondervraging  Bron 2B skets die brutale misdade (moord, ontvoering en marteling) wat die apartheidspolisie gepleeg het teen politieke aktiviste en Bron 2D wys hoe die veiligheidspolisiemanne politieke aktiviste hanteer het (ontvoering)  In Bron 2B word die oortreders genooi om na die WVK te kom en te verduidelik hoe hulle deur politieke aktiviste ontvoer is en Bron 2D dui die rol aan wat die veiligheidspolisiemanne gespeel het in die ontvoering en moord van politieke aktiviste toe hulle voor die WVK verskyn het  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Die WVK is gestig om die doelwitte, fasilitering van rehabilitasie en herstel van mens- en burgerwaardigheid van slagoffers van gruwelike mense- regteskendings te verseker (Bron 2A)  Die WVK het ten doel gehad om herstellende geregtigheid eerder as vergeldende geregtigheid te bereik (Bron 2A)  Die WVK het ten doel gehad om afsluiting te bring vir die families van slagoffers as oortreders die volle waarheid vertel (Bron 2A)  Die WVK het 'n platform daargestel vir slagoffers en oortreders om hulle stories oor menseregteskendings te vertel (eie kennis)  Gedurende die WVK-verhore het van die waarheid uitgekom soos hoe die Cradock Vier doodgemaak is (eie kennis)  In sommige gevalle het oortreders vergifnis gesoek en die families met antwoorde voorsien (eie kennis)  Die WVK gebruik plakkate om beide oortreders en slagoffers te nooi om voor die WVK te verskyn en oor menseregteskendings te getuig (Bron 2B)  By die WVK-verhore is oortreders deur staatsprokureurs ondervra oor hoe politieke aktiviste ontvoer en doodgemaak is (Bron 2C)  Die veiligheidspolisiemanne wat verantwoordelik was vir die moord op die Cradock Vier is amnestie geweier (Bron 2D)  Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die WVK die moord op politieke PUNTE VLAK 1 aktiviste soos die Cradock Vier hanteer het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die WVK die moord PUNTE VLAK 2 op politieke aktiviste soos die Cradock Vier hanteer het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor hoe die WVK die moord op politieke aktiviste PUNTE VLAK 3 soos die Cradock Vier hanteer het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP SUID-AFRIKA GEHAD? 3.1 3.1.1 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 3A - V1]  Globalisering verwys na tegnologiese, politieke en ekonomiese veranderings wat gelei het daartoe dat die wêreld anders funksioneer as 20 jaar gelede  Globalisering beskryf die manier waarop mense, idees en goedere wêreldwyd vinniger en goedkoper verskuif word  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  'Omgewing'  'Kultuur'  'Politieke stelsels'  'Ekonomiese ontwikkeling en voorspoed'  'Menslike fisiese welstand in gemeenskappe' (enige 2 x 1) (2) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  'Toenemende oorgrenshandel'  'Toenemende beleggings en migrasie'  'Buitelandse beleggings ... amper verdubbel' (3 x 1) (3) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A - V2]  Kommunikasietegnologie soos die internet stel mense in staat om regdeur die wêreld dadelik met mekaar in verbinding te kan wees  Kommunikasie soos die internet het mense regdeur die wêreld toegelaat om ten alle tye met mekaar in verbinding te wees  Reis tussen lande het goedkoper en vinniger geword  Die oordrag van geld en handel is 24/7 beskikbaar as gevolg van innoverende tegnologie  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  'Ryker'  'Voorspoedig'  'Modern' (enige 2 x 1) (2) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  'Om hulle komparatiewe voorsprong te verander'  'Om die waardeketting te klim' (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B - V2]  Die eienaars van produksiemiddele wou hulle profyt maksimaliseer (verhoog)  Werkgewers regverdig die indiensneming van laaggeskoolde arbeiders deur vir hulle lae lone te betaal  Werkers is in kompetisie vir laaggeskoolde werksgeleenthede en dit het dit moontlik gemaak vir werkgewers om hulle lone laag te hou  Werksgeleenthede vereis nie spesialisasie nie en daarom kan werkgewers bekostig om lone laag te hou  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  'Globalisering 'n dryfveer van groter ongelykheid in lande soos Suid-Afrika is' (1 x 1) (1) 3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  ‘Die kwessie van ongelykheid aan die spits van beleid moet wees’  'Nuwe vorme van maatskaplike veiligheidsnette'  'Ekonomiese insluiting geskep moet word' (enige 2 x 1) (2) 3.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]  Die gaping tussen lone van laaggeskoolde en geskoolde arbeiders was groot  Loonverhogings tussen laaggeskoolde en geskoolde arbeiders was ongelyk  Geskoolde arbeiders het gewoonlik beter voordele gehad as laag geskoolde arbeiders  Laaggeskoolde arbeiders is vatbaarder vir werkloosheid as geskoolde arbeiders  Tegnologie is gebruik deur die rykes om hulle profyt te verhoog en dit het hulle meer verryk as laaggeskoolde werkers  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3.4 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat:  Gordhan in sy toespraak staaf dat globalisering bygedra het tot verhoogde vlakke van ongelykheid in Suid Afrika  Gordhan voorgestel het dat die regering 'n beleid moes opstel om die ongelykheid in die arbeidsmark aan te pak  Globalisering bygedra het daartoe dat die gaping tussen wenners (rykes) en verloorders (armes) groter word  Dit staaf dat ekonomiese transformasie veronderstel was om die meerderheid tot voordeel te strek tog is net die minderheid bevoordeel  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne 3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V3]  Die spotprent toon dat globalisering verantwoordelik was vir die gaping wat al hoe groter word tussen ryk en arm  Die spotprent toon 'DIEGENE WAT HET' is in die minderheid in verhouding met 'DIEGENE WAT NIE HET NIE' wat in die meerderheid is  Die spotprent toon dat globalisering ongelykheid veroorsaak  Die spotprent toon dat globalisering 'DIEGENE WAT HET' verryk ten koste van 'DIEGENE WAT NIE HET NIE'  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]  (Diegene wat het) - Mense wat die produksiemiddele besit/'die rykes'  (Diegene wat nie het nie) - Mense wat armoedig is soos die werkloses en behoeftiges (armes)  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 3B en 3C – V3]  Beide Bron 3C en 3D toon dat globalisering bygedra het tot ongelykheid in Suid-Afrika  Beide Bron 3C en 3D toon dat globalisering verantwoordelik was vir die stigting van 'verloorders' (armes) en 'wenners' (rykes)  Beide Bron 3C en 3D toon dat globalisering die minderheid (rykes) bevoordeel het en nie die meerderheid (armes) nie  Beide Bron 3C en 3D toon dat globalisering 'DIEGENE WAT HET' (ryk) en 'DIEGENE WAT NIE HET NIE' (arm) gestig het  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Globalisering het ʼn impak op Suid-Afrika gehad in die volgende:  Verhoogde handel, belegging en migrasie (Bron 3A)  Bygedra tot vooruitgang in Inligtingstegnologie (IT) wat in ruil die lewens van mense verander het (Bron 3A)  Dit het inkomste en lewenstandaarde van armes verbeter (Bron 3B)  Bygedra daartoe dat die lone van laag-geskoolde arbeiders laag gebly het (eie kennis)  Veroorsaak verhoogde ongelykheid (Bron 3C)  Bygedra tot die werkloosheid van 'n groot aantal mense (eie kennis)  Die verryking van 'n minderheid en het bygedra tot die verarming van die meerderheid (Bron 3D)  Het bygedra dat die gaping tussen ryk en arm groter word (Bron 3D)  Het tot gevolg dat die 'WAT HET' ryker word terwyl die 'WAT NIE HET NIE' armer word (Bron 3D)  Het gelei tot hoër vlakke van werkloosheid, armoede en maatskaplike uitdagings (eie kennis)  Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 18 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van die impak wat globalisering op Suid- PUNTE VLAK 1 Afrika gehad het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die impak wat PUNTE VLAK 2 globalisering op Suid-Afrika gehad het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van die impak wat globalisering op Suid-Afrika PUNTE VLAK 3 gehad het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 19 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem nie dat dit die intense druk van verskillende internasionale anti-apartheidsorganisasies was wat gelei het tot die uiteindelike val van die apartheidsregime in die 1980's. HOOFASPEKTE  Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem of hulle saamstem al dan nie dat dit die intense druk van verskillende internasionale anti-apartheidsorganisasies was wat gelei het tot die uiteindelike val van die apartheidsregime in die 1980's. Hulle moet toon hoe hulle beoog om die vraag te beantwoord. Indien kandidate saamstem kan hulle die volgende aspekte by hulle opstel insluit: UITBREIDING  Redes vir die druk van die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) in die 1970's en 1980's in reaksie op PW Botha se hervormings in Suid-Afrika (Kort agtergrond)  In die1980's het die International Defence and Aid Fund (IDAF) fondse beskikbaar gestel vir noodtoestand-inhegtenisnemings/smokkel R200 miljoen na Suid-Afrika/ skep 'n netwerk van skenkers wat die vrylating van politieke gevangenes befonds het/Vanaf Januarie 1985 het IDAF 16 551 regsake (bv. detensies, gewone wetsvervolgings van straataktiviste) befonds  Sportboikotte: In 1981 het Nieu-Seeland teen die 'rassistiese' Springboktoer betoog/die Suid-Afrikaanse Sportraad (SACOS) het politieke bande met die UDF en COSATU tot stand gebring/slagspreuk 'Geen normale sport in 'n abnormale gemeenskap' nie/Teen die laat 1980's is SA verban uit 90% van wêreldsport  Kulturele Boikotte: Internasionale kunstenaars – slegs nie-segregasie gehore/ Kunstenaars teen Apartheid is in Brittanje gestig deur Dali Tambo en Jerry Dammers/Die British Actors' Union Equity het die gebruik van televisieprogramme wat sy lede ingesluit het, verbied/In 1985 het die VSA se 'Artists United against Apartheid' geweier om in Suid-Afrika op te tree en het geld vir bevrydingsbewegings ingesamel/Die 1986 Freedom Festival in Londen is deur 'n gehoor van 250 000 bygewoon/musikante het hulle solidariteit met die mense in SA getoon/sprekers van die ANC, SWAPO en die British Anti-Apartheid Movement het die skare toegespreek  Akademiese Boikotte: Geleerdes het geweier om na Suid-Afrika te reis/Uitgewers het geweier om Suid-Afrikaanse manuskripte te publiseer/Geen samewerking van geleerdes nie/Buitelandse uitgewers het geweier om toegang te gee tot inligting/Internasionale konferensies het Suid-Afrikaanse geleerdes verbied/ Buitelandse instellings het Suid-Afrika akademiese toegang geweier en het geweier om Suid-Afrikaanse grade te erken  Verbruikersboikotte: Suid Afrika het 'n ekonomiese resessie gedurende die 1980's beleef/Anti-apartheidsgroepe het die publiek aangemoedig om SA produkte te boikot/Ierse werkers het geweier om vrugte uit Suid-Afrika te hanteer/Invoer van natuurlike produkte uit Suid-Afrika – steenkool, yster, staal – is verbied Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 20 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Disinvestering: Dit was as gevolg van die Soweto-opstande en die dood van Steve Biko/Swede was die eerste industriële land wat in SA disinvesteer het/In die 1980's het buitelandse beleggings met 30% gedaal/Teen 1980 het Brittanje alreeds van die Simonstad marinewerf (hawe) disinvesteer/General Motors en Barclays Bank het uit Suid-Afrika onttrek/In die 1980's het die Suid-Afrikaanse ekonomie gesukkel omdat beleggers die land verlaat het/Die rand het gedevalueer/Die uitwerking van die AAM protesaksie het 'n negatiewe effek op die Suid-Afrikaanse regering/Tussen 1985 en 1990 het meer as 200 Amerikaanse maatskappye uit Suid-Afrika onttrek/ Die Universiteit van Kalifornië het beleggings van meer as drie biljoen dollars uit Suid-Afrika onttrek  Sanksies: In die 1980's het die Sullivan Principle (werkers van alle VSA maatskappye moet gelyk behandel word) die basis gevorm vir disinvestering- veldtogte/Leerderopstande in die 1980's het die onttrekking van VSA handelsmaatskappye aangevuur/In 1982 het die Verenigde Nasies (VN) apartheid veroordeel en gevra vir sanksies teen SA o In 1985 het Amerikaanse Bank – Chase Manhattan Bank – bande met Suid- Afrika verbreek/Die Johannesburgse Aandelemark (JSE) het vir vier dae gesluit/ Die waarde van die rand het gedaal met 35% van 54 tot 34 sent teenoor die dollar/In 1985 het die Europese Ekonomiese Gemeenskap nuwe beleggings in SA verban o In 1986 het die Amerikaanse Kongres 'n wet aanvaar wat alle nuwe beleggings en lenings in Suid-Afrika verbied het/Groot maatskappye soos General Electric, Pepsi Cola, General Motors, Mobil en IBM het hul aktiwiteite in Suid-Afrika gestop/Die VSA het gedreig om wapenverkope aan Suid-Afrika te staak/In 1986 het die Anti-Apartheidswet van die VSA veroorsaak dat Europa en Japan sanksies teen Suid-Afrika instel/Internasionale banke het vertroue in Suid-Afrika se ekonomie verloor o In 1987 het Israel gestem om nie langer hulle bestaande verdedigingskontrakte met SA te verleng nie/In 1988 het een vyfde van Britse en 184 van Amerikaanse maatskappye uit SA onttrek as gevolg van druk van aandeelhouers/Barclays Bank het sy aandele verkoop as gevolg van druk van die Britse publiek/Die SA ekonomie het aanhou stagneer en het slegs 'n groei van 1,1% getoon o Brittanje het opgehou om wapens aan Suid-Afrika te verkoop o Ierland het opgehou om steenkool van Suid-Afrika te koop  Die rol van Internasionale Vakbonde: Die AAM het 'n handelsverbod op SA geplaas/Die Ierse Kongres van Vakbonde het die apartheidsregime in SA teëgestaan  Politieke en finansiële krisis in SA het voortgeduur/Westerse nasies het groot druk op SA geplaas om apartheid te beëindig/Die apartheidsregime het geen keuse gehad as om in alle erns onderhandelings met anti-apartheidsorganisasies te begin nie  Die veldtog om Mandela vry te laat: Wembley Stadium/Verenigde Nasies/VN Veiligheidsraad en VN Algemene Vergadering het 'n oproep gedoen om die vrylating van Nelson Mandela  Die rol van die frontliniestate: Verskaf basisse vir opleiding van vryheidsvegters; veroordeel Suid-Afrika se apartheidsbeleid by die VN  Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. Indien kandidate nie saamstem met die stelling nie, moet hulle hul argument met relevante bewyse ondersteun [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 21 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe die onderhandelingsproses tussen verskillende politieke partye 'n belangrike rol gespeel het in die totstandkoming van 'n demokratiese Suid-Afrika in 1994. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:  Inleiding: Kandidate moet die stelling krities bespreek en aandui hoe hulle beoog om die vraag te beantwoord. UITBREIDING  De Klerk neem die leierskap van die Nasionale Party in 1989 oor (agtergrond kortliks)  De Klerk lewer sy baanbrekerstoespraak op 2 Februarie 1990 in die parlement  Politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP is ontban  De Klerk besluit om Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vry te laat wat die weg baan vir onderhandelings  NP- en ANC-afvaardiging op 2 Mei 1990 gelei deur FW de Klerk en Nelson Mandela - Groote Schuur Minuut onderteken  ANC stem op 6 Augustus 1990 in om die gewapende stryd te laat vaar – Pretoria Minuut word onderteken  Negentien (19) politieke partye bestaande uit 300 afgevaardigdes het by die Wêreldhandelsentrum ontmoet - KODESA 1  Rol van politieke partye in die oplossing van insidente van geweld wat op die Witwatersrand en Natal uitgebreek het  Slegs Blanke Referendum en sy rol  Verskeie politieke partye weier om saam te stem met 'n nuwe grondwet-liggaam en tussentydse regering – mislukking van KODESA 2  Rol van verskillende politieke partye in die Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en sy gevolge  Bhisho-slagting (7 September 1992) het die samespreking onder verskillende politieke partye ontspoor  Memorandum van Begrip geteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) – impak van die onderhandelingsproses  Die sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die rol wat Nelson Mandela gespeel het in die kalmering van die nasie  Veelparty Onderhandelingsforum is gestig – het 'n belangrike rol gespeel in die onderhandelingsproses  Die Sonsondergangklousule (The Sunset Clause) soos voorgestel deur Joe Slovo het die dooie punt in onderhandelings verbreek  Verskillende politieke partye stem saam oor die datum vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing – 27 April 1994  ANC wen 1994-verkiesing en Nelson Mandela word die eerste swart Suid- Afrikaanse President  Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 22 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die val van die Sowjetunie in 1989 bygedra het tot politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Hulle moet 'n standpunt inneem en hulle argument met relevante bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:  Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die val van die Sowjetunie in 1989 bygedra het tot politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. UITBREIDING  Disintegrasie van die Sowjetunie teen die einde van 1989 (Glasnost en Perestroika)  Die val van die Berlynse Muur en sy impak  Kommunisme word nie langer beskou as 'n 'wêreldwye bedreiging' nie  Veranderings in die Sowjetunie het bygedra tot die beëindiging van apartheid  Die val van die Sowjetunie het 'n politieke impak gehad op beide die ANC en die Nasionale Party  Die ANC kon nie langer staatmaak op die USSR om hulle ekonomies en militêr te ondersteun nie  Gorbachev was ten gunste van 'n vreedsame magsoordrag in Suid-Afrika  Die disintegrasie van die Sowjetunie het beteken dat die Nasionale Party regering sy siening moes verander ten opsigte van die African National Congress  Die val van kommunisme en die Slag van Cuito Cuanavale het 'n belangrike impak gehad op die Suid-Afrikaanse regering se standpunt om nie 'met kommuniste te praat' nie  Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om uit Angola te onttrek en 'n skikking oor Namibië te bereik  Die vreedsame oorgang van meerderheidsregering in Namibië het beide die ANC en die Suid-Afrikaanse regering aangespoor om te praat  Die Nasionale Party se bewering dat hy as 'n skans teen kommunistiese uitbreiding in Suidelike Afrika optree het onrealisties begin raak  Westerse wêreldmoondhede het die skuif dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties opgelos het, ondersteun  Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie langer sy wit oorheersende regering in Suid-Afrika kon onderhou nie  Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord was vir die nodige wit kapitalistiese ontwikkeling nie  Daar was geen twyfel dat die aanhoudende onderdrukking van swart Suid- Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie  PW Botha kry 'n beroerte en word opgevolg deur FW de Klerk  FW de Klerk het begin aanvaar dat swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie 'n sameswering was onder leiding van Moskou nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 23 DBE/November 2020 SS/NSS – Nasienriglyne  Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ' 'n nuwe regverdige grondwetlike bedeling' aangekondig  Dit het De Klerk in staat gestel om in samesprekings met die vryheidsbewegings betrokke te raak  Die vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie en sy impak  Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all