Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2020
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentAddendum 





View all



History P1 Nov 2020 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 14
- File size
- 365.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA IN DIE 1960's TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN KUBA
BYGEDRA?
BRON 1A
Die bron hieronder fokus op waarom Kuba en die Sowjetunie in die vroeë 1960's
bondgenote geword het.
Toe Fidel Castro in Kuba aan bewind gekom het, het sy verhouding met die Verenigde
State van Amerika versleg. Castro was nie 'n kommunis nie, maar het nouer bande
met Nikita Khrushchev (leier van die Sowjetunie) gesmee as gevolg van sy
ondersteuning en vriendskap. Diplomatieke en handelsbetrekkinge is later tussen
Kuba en die Sowjetunie aangeknoop. Castro het alle banke en Amerikaanse
maatskappye genasionaliseer en geweier om vergoeding te betaal.
Die VSA het gereageer deur in 1961 alle diplomatieke en handelsbetrekkinge met
Kuba te verbreek. Castro het gereageer deur aan te kondig dat Kuba nou
kommunisme as politieke ideologie implementeer. Die Amerikaanse regering het
gereageer deur 'n handelsverbod (embargo) op alle Kubaanse goedere te plaas. Dit
het beteken dat Kuba nie 'n mark vir hulle suiker- en tabakprodukte gehad het nie. Dit
het Kuba gedwing om hulle produkte aan die Sowjetunie te verkoop en in ruil daarvoor
het Kuba olie en wapens by die Sowjetunie gekoop …
Khrushchev en die Sowjette kon nie vir 'n bondgenoot teen die Verenigde State van
Amerika (VSA), wat beter geleë was, gevra het nie. Die Amerikaners het bondgenote
regdeur die Oostelike Halfrond, wat die USSR omring, gehad. Die VSA het 'n groot
aantal militêre magte in Europa naby Sowjetgrense gehad … Dit was welbekend dat
die Verenigde State kernmissiele in Turkye gehad het wat op die Sowjetunie gerig
was.
Die Amerikaners was reeds besig met planne om van Castro ontslae te raak toe
John F Kennedy aan die begin van 1961 president geword het … Hierdie plan het in
April 1961 rampspoedig geëindig met die mislukte geveg by die Bay of Pigs. Castro en
sy weermag het gou die rebelle, wat deur Amerika ondersteun is, verslaan en die
mislukking was 'n groot vernedering vir Kennedy se administrasie … Dit het gehelp om
Castro se bondgenootskap met die Sowjetunie te versterk.
[Uit The Cuban Missile Crisis – To the Brink of War deur Paul J Byrne]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 1B
Hierdie bron is deel van 'n verklaring wat Nikita Khrushchev op 11 September 1962
gemaak het. Dit beskryf in breë trekke hoe die Sowjetunie Kuba ekonomies en militêr
bygestaan het.
Ons steek dit nie vir die wêreldpubliek weg dat ons inderdaad hulpbronne soos
nywerheidstoerusting en -goedere aan Kuba verskaf wat help om hulle ekonomie te
versterk en om die welstand van die Kubane te verhoog nie.
… op versoek van die Kubaanse regering word 'n sekere hoeveelheid wapens ook
vanaf die Sowjetunie na Kuba verskeep as gevolg van aggressiewe dreigemente deur
imperialiste. Castro het ook die Sowjet-regering versoek om militêre kundiges en
tegnici na Kuba te stuur wat die Kubane kan oplei in die hantering van hedendaagse
wapens wat hoë vaardighede en diepgaande kennis vereis. Dit is net vanselfsprekend
dat Kuba nog nie sulke kundiges het nie. Dit is hoekom ons hierdie versoek oorweeg
het. Daar moet egter genoem word dat die aantal Sowjet militêre kundiges wat na
Kuba gestuur is, hoegenaamd nie met die aantal landbou- en nywerheidswerkers wat
daarheen gestuur is, vergelyk kan word nie. Die wapens en militêre toerusting wat na
Kuba gestuur is, is uitsluitlik vir verdedigingsdoeleindes ontwerp. Die President van die
Verenigde State van Amerika en die Amerikaanse weermag weet wat
verdedigingsmiddele is. Hoe kan hierdie middele Amerika bedreig?
Ons het gesê, en ons herhaal dit, dat indien oorlog sou uitbreek (begin), as die
aggressor 'n aanval op een of ander staat uitvoer en hierdie staat om hulp vra, het die
Sowjetunie vanuit sy eie gebied die geleentheid om aan enige vredeliewende staat,
nie net aan Kuba nie, bystand te verleen …
Ons sê dit nie om iemand bang te maak nie. Intimidasie (afknouery) is iets vreemd
(onbekend) in die buitelandse beleid van die Sowjetstaat. Dreigemente en afpersing is
'n integrale deel van die imperialistiese state. Die Sowjetunie is 'n voorstaander van
vrede en wil nie oorlog hê nie.
[Uit http://www.mtholyyoke.edu/acad/precrisis.htm. Toegang op 21 Augustus 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 1C
Die bron hieronder fokus op hoe President Kennedy op die ontplooiing van
Sowjetmissiele na Kuba gereageer het.
Alle Amerikaners, asook al ons vriende in hierdie Halfrond, is besorgd oor die
Sowjetunie se rol om die militêre mag van die Castro-regering in Kuba te steun
(versterk). Hierdie regering het in die afgelope vier dae inligting by verskeie bronne
bekom wat sonder twyfel bevestig dat die Sowjette 'n aantal lugafweer-
verdedigingsmissiele, met 'n reikafstand van vyf en twintig myl, aan die Kubaanse
regering verskaf het ... Saam met hierdie missiele verskaf die Sowjette klaarblyklik die
omvattende radar- (sensor-) en ander elektroniese toerusting wat vir hulle operasie
benodig word.
Ons kan ook die teenwoordigheid van verskeie Sowjet-vervaardigde motor-
torpedobote, wat skip-tot-skip geleide missiele met 'n reikafstand van vyftien myl
vervoer, bevestig. Die aantal Sowjet- militêre tegnici wat sover bekend nou in Kuba is,
of op pad daarheen is, is ongeveer 3 500 en strook met hulpverlening ten opsigte van
die opstel en gebruik van die toerusting. Soos ek verlede week gesê het, ons gaan
voort om inligting so vinnig as wat dit ontvang en behoorlik geverifieer (nagegaan) is,
beskikbaar gestel.
Die Kubaanse vraagstuk moet beskou word as deel van die wêreldwye uitdaging wat
die kommunistiese bedreiging vir demokrasie, vrede, stabiliteit en voorspoed inhou. Dit
moet as deel van daardie groter kwessie hanteer word asook in die konteks van die
spesiale betrekkinge wat lankal die inter-Amerikaanse stelsel kenmerk.
Dit bly steeds die beleid van die Verenigde State van Amerika dat die Castro-regime
nie toegelaat sal word om hulle aggressiewe mikpunte deur geweld of die dreigement
van geweld uit te voer nie. Dit sal voorkom word deur watter stappe ook al nodig is
sodat daar nie teen enige deel van die Westelike Halfrond tot die aanval oorgegaan
word nie.
[Uit http://www.mtholyoke.edu/acad/intrel/jfkstate.htm. Toegang op 19 Augustus 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 1D
Die opskrif hieronder is geneem uit 'n Amerikaanse koerant, The Arizona Republic,
wat op 23 Oktober 1962 verskyn het. Die opskrif lui: 'AMERIKA BLOKKEER KUBA, SÊ
VIR RUSS OM "OP TE HOU" ('LAY OFF')'.
Phoenix, Arizona, Dinsdag 23 Oktober 1962
[Uit https://govbooktalk.gpo.gov/2012/10/18/hawks-vs-doves-the-joint-chiefs-and-the-Cuban-missile-crisis/.
Toegang op 16 April 2019 verkry.]
AFRIKAANSE VERTALING:
AMERIKA BLOKKEER KUBA,
SÊ VIR RUSS* OM 'OP TE HOU' ('LAY OFF')
*Die woord RUSS verwys na Rusland.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
SUID-AFRIKA EN KUBA GEHAD?
BRON 2A
Die bron hieronder bespreek die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) se nederlaag deur
die Kubaanse militêre magte by die Slag van Cuito Cuanavale.
Die mite (storie) oor die onoorwinlikheid van die Suid-Afrikaanse militêre masjien is in
1987 tot 1988 beëindig met belangrike gevolge vir maatskaplike verandering.
Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het in Julie 1987 'n groot aanval in suid-oostelike
Angola geloods. Dit was 'n poging om te verhoed dat die Angolese regeringsmagte die
dorp Mavinga, wat onder UNITA-beheer was, te verower en om die gebied onder
UNITA se beheer uit te brei. Die Suid-Afrikaanse en UNITA-magte het met
onverwagse sterk weerstand deur Angolese (MPLA) en Kubaanse magte in die
omgewing van die dorp Cuito Cuanavale te doen gekry.
Ten spyte van die aankoms van vars SAW-versterkings in Desember 1987 en die
gebruik van hulle mees verwoestende en gesofistikeerde wapens, soos lugvaartuie,
artillerie, tenks en panstervoertuie, het hulle steeds swaar verliese gelei en nie daarin
geslaag om Cuito Cuanavale te verower nie. Intussen het ander Angolese (MPLA) en
Kubaanse militêre magte suidwaarts in die rigting van die Namibiese grens beweeg en
Suid-Afrika se terugtoglyn (aftoglyn) afgesny.
Die verlies aan lugsuperioriteit was beslissend in die SAW se nederlaag. Die Suid-
Afrikaanse Lugmag was nie opgewasse teen die moderne Sowjet-toerusting wat deur
die verdedigers na die slag gebring is nie. Suid-Afrikaanse lugvaartuie kon nie die
radar/missielverdedigings by Cuito Cuanavale penetreer nie en toe die Kubaanse
magte in Junie 1988 'n lugaanval op die Calueque-dam geloods het, was die SAW se
lugverdediging onvoldoende.
[Uit Foundations of the New South Africa deur J Pampallis]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 2B
Die bron hieronder verduidelik die gevolge van die Slag van Cuito Cuanavale.
Die toegewydheid van Kubaanse troepe het nietemin die magsbalans in suidelike
Afrika radikaal verander. Die moontlikheid dat nog wit dienspligtiges deur 'n goed
bewapende Kubaanse teenstander (vyand) gedood kon word, die oorlogskoste en die
impak wat dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het, het veroorsaak dat Suid-
Afrika Cuito Cuanavale verlaat het.
PW Botha se kabinet het in April 1988 ingestem om direkte onderhandelinge met
Angola en Kuba onder Chester Crocker (Amerikaanse Assistent Minister van
Buitelandse Sake vir Afrika-aangeleenthede) se bemiddeling te begin. Die
Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') het tot die gevolgtrekking gekom dat 'militêre
oorwegings die swaarste geweeg het in die regering in Pretoria se besluit om te
onderhandel', en uitgewei dat 'hulle leierskap vir die eerste keer in die moderne
geskiedenis ontsenu (ontstel) is deur die moontlikheid van 'n goed bewapende
teenstander (vyand) wat in staat was om ernstige verliese vir Suid-Afrikaanse magte in
konvensionele oorlogvoering te veroorsaak … wat tot gevolg gehad het dat President
PW Botha en sy senior adviseurs teësinnig 'n wapenstilstand (vrede) en die idee om
oor Namibiese onafhanklikheid te onderhandel in ruil vir die onttrekking van Kubaanse
troepe aanvaar het'.
'n Reeks onderhandelings het nou geleidelik Crocker se skakelplan nader aan die
werklikheid gebring. Alhoewel dit twaalf rondtes samesprekings sou neem, is twee
verdrae op 22 Desember 1988 by die Verenigde Volkeorganisasie onderteken, een
tussen Angola en Kuba wat die onttrekking van Kubaanse troepe gereël het, die ander
een tussen Angola, Kuba en Suid-Afrika wat tot Namibiese onafhanklikheid ingestem
het. Crocker se lang stryd was verby, sy doel om vir 'n streeksvredesooreenkoms te
onderhandel, is uiteindelik verwesenlik.
[Uit Journal of Southern African Studies, volume 35, number 1: Chester Crocker and the South African
Border War, 1981–1989. A Reappraisal of Linkage deur Z Kagan-Guthrie]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 2C
Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n brief wat op 22 Desember 1988 deur Oscar
Oramas Oliva (Kubaanse verteenwoordiger by die Veiligheidsraad van die Verenigde
Volkeorganisasie) aan die President van die Veiligheidsraad geskryf is. Dit bevat die
bepalings van die drieledige vredesooreenkoms wat deur Kuba, Suid-Afrika en Angola
onderteken is.
Kuba en Angola kom ooreen dat die vraagstuk van die onafhanklikheid van Namibië en
die beveiliging van die soewereiniteit, onafhanklikheid en gebiedsintegriteit van Angola
ten nouste aan vrede en veiligheid in die suid-westelike streek van Afrika verbind is;
dat 'n drieledige ooreenkoms tussen Kuba, Angola en Suid-Afrika, wat die
noodsaaklike elemente vir die behaal van vrede in die suid-westelike streek van Afrika
bevat, onderteken moet word.
Daarom wil ons dit nou bevestig dat die omstandighede geskep is vir die
inwerkingtreding van die terugkeer na hulle vaderland van die Kubaanse militêre
afvaardiging, wat nou in Angolese gebied teenwoordig is en hulle internasionale missie
suksesvol uitgevoer het. Vervolgens kom ons soos volg ooreen:
ARTIKEL 1
Die … geleidelike en algehele onttrekking na Kuba van die 50 000 man-afdeling van
Kubaanse troepe.
ARTIKEL 3
Albei partye versoek die Veiligheidsraad om die herontplooiing en die geleidelike en
algehele onttrekking van die Kubaanse troepe uit die Angolese gebied te verifieer
(bevestig) …
ARTIKEL 4
Hierdie Ooreenkoms sal in werking tree by die ondertekening van die drieledige
ooreenkoms tussen Kuba, Angola en Suid-Afrika.
Die onttrekking van die Kubaanse magte moet volgens die volgende tydraamwerk
geskied: Teen 1 November 1989: 25 000; teen 1 April 1990: 33 000; teen
1 Oktober 1990: 38 000 en teen 1 Julie 1991: 50 000.
[Uit https://peacemaker.un.org/angola-protocol-brazzaville88. Toegang op 11 September 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 2D
Die foto hieronder toon hoe Kubaanse soldate Angola na die Slag van Cuito
Cuanavale verlaat. Die foto is op 10 Januarie 1989 geneem. Die fotograaf is
onbekend.
[Uit https://images.app.goo.gl/eV3xyTXEZEqr79W96. Toegang op 16 April 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
VRAAG 3: WATTER PROGRAMME HET DIE BLACK PANTHER-PARTY IN DIE
1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
GEÏMPLEMENTEER?
BRON 3A
Die bron hieronder fokus op die redes vir die stigting van gemeenskapsgebaseerde
programme in die 1960's deur die Black Panther-party in die Verenigde State van
Amerika.
Lede van die Black Panther-party was bekend vir die opneem van wapens om hulle
teen polisiegeweld te verdedig, maar daar was ook baie ander minder bekende fasette
van hulle werk. Hulle het gemeenskapsprogramme [vir swart Amerikaners], soos gratis
ontbyt vir kinders, gesondheidsklinieke en skoene vir kinders georganiseer …
Die programme was van die uiterste belang in die Panthers se strategie. Hulle het
eerstens honger mense gevoed en kos, klere en mediese sorg aan behoeftige swart
Amerikaners gegee. Tweedens het dit gewys wat jy kan vermag as jy georganiseerd
is …
'Baie mense het die politiek van hierdie programme verkeerd verstaan; party mense
verwys daarna as hervormingsprogramme. Dit is nie hervormingsprogramme nie, dit is
in werklikheid revolusionêre gemeenskapsprogramme. 'n Revolusionêre program word
deur revolusionêres begin, deur diegene wat die bestaande stelsel vir 'n beter stelsel
wil verruil. 'n Hervormingsprogram word deur die huidige uitbuitstelsel saamgestel as 'n
versoeningsoffer om die mense 'n rat voor die oë te draai en om hulle stil te
hou …'
Die eerste program wat die Panthers georganiseer het, was die Gratis Ontbyt vir
Kinders. Lesley Johnson verduidelik hoe dit daartoe gelei het dat sy by die Panthers
betrokke geraak het. 'Wel, een van die dinge wat ek onmiddellik van die party kon
respekteer en bewonder, was hulle Ontbyt-vir-Skoolkinders-program. Jy weet, my
ouers was al twee werkers ... Daar was tye terwyl ek grootgeword het dat die week se
hawermout of wat ook al opgeraak het en ek honger skool toe gegaan het. So, ek het
regtig waardeer wat die party besig was om te doen.'
[Uit http://www.socialistalternative.orge-black-panther-party-for-self-defense/.
Toegang op 13 Maart 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 3B
Die foto hieronder toon swart Amerikaanse vrouens en kinders wat sakke met gratis
voedsel dra wat in 1969 by die kantore van die Black Panther-party in Oakland,
Kalifornië versprei is.
[Uit http://images.app.goo.gl//CcDQGkoJETDJTXpb9. Toegang op 19 Augustus 2019 verkry.]
BLACK PANTHER-PARTY SE
GRATIS-VOEDSEL-PROGRAM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 3C
Die uittreksel hieronder is uit 'n toespraak geneem wat op 23 en 24 Mei 1976 deur
Ericka Huggins (aktivis van die Black Panther-party) by die Alternative Schools
Conference gelewer is. Dit fokus op hoe die Oakland Community School tot die
opheffing van swart Amerikaanse kinders in die Verenigde State van Amerika bygedra
het.
Hierdie stad moet organiseer om dinge in onderwys, behuising en die howe gedoen te
kry en ook om die lewens van swart Amerikaners op te hef. Ek wou dit sê voordat ek
oor onderwys begin praat …
Ek het gister oor die Oakland Community School gepraat, oor alternatiewe onderwys
en gemeenskapskole. Ek wil vandag graag begin deur julle die geskiedenis van die
Oakland Community School te gee, waarom ons dit begin het, wie dit bedien en in
watter rigting ons voel ons gaan.
Eerstens, ons noem onsself nie 'n 'alternatiewe skool' nie. Ons weet ons is, maar die
woord 'alternatief' het so 'n negatiewe betekenis by swart en arm mense gekry dat ons
met die analisering van wie ons is, wie ons bedien en wat ons probeer om te doen,
besluit het om onsself 'n 'modelskool' te noem.
Ons noem Oakland Community School 'n 'modelskool' en dit is een. Ons bedien
125 kinders. Ons is in Oos-Oakland geleë. Ons bedien kinders wat as 'opvoedkundig
minderbevoorreg', 'ekonomies verwaarloos' en 'onopvoedbaar' bestempel word. Ons
werk met kinders wat in openbare skole moet wees; wat nie in privaat skole of ander
alternatiewe was nie; wie se ouers geen politieke affiliasie (konneksie) het nie en net
die beste vir hulle kinders wil hê. Ek weet ons wil almal die beste vir ons kinders hê.
Kinders verdien die beste, want hulle is die toekoms.
As gevolg van die teistering (vervolging) wat sommige kinders (met sommige kinders
bedoel ek seuns en dogters van lede van die Black Panther-party) in Oakland
ondervind het, het 'n groep ouers en instrukteurs in 1971 bymekaar gekom en besluit
om wat toe die Inter-communal Youth Institute in Oakland genoem is, te stig.
[Uit https://i.pinimg.com/originals/ee/c4/45/eec445e67979686e86227c6c0f86d32b.jpg.
Toegang op 13 Maart 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
BRON 3D
Die bron hieronder fokus op die strategieë wat die Federale Speurdiens (FBI) gebruik
het om die gemeenskapsprogramme van die Black Panther-party te ontwrig.
Gratis kos het as relatief onskadelik voorgekom, maar nie vir die hoof van die FBI,
J Edgar Hoover, nie. Hy het die Black Panther-party (BPP) verafsku (gehaat) en het in
1969 oorlog teen hulle verklaar. Hy (Edgar Hoover) het die (Gratis Voedsel)-program
'as potensieel die grootste bedreiging vir pogings deur regeringsowerhede om die
BPP, en dit waarvoor dit staan, te vernietig en oneffektief te maak', genoem en
wetstoepassingsagentskappe carte blanche (vrye teuels) gegee om hulle te vernietig.
Die gevolge was skielik (vinnig) en verwoestend (skokkend). FBI-agente het in stede
soos Richmond in Virginia van huis tot huis gegaan en vir ouers gesê dat lede van die
BPP hulle kinders oor swart nasionalisme sou leer. Die historikus, Franziska Meister,
skryf dat ouers in San Francisco vertel is dat die kos met aansteeklike siektes besmet
is; daar is klopjagte op gratis-kos-terreine in Oakland en Baltimore uitgevoer deur
offisiere wat BPP-lede voor angsbevange kinders geteister het, en deelnemende
kinders is deur die Chicago-polisie afgeneem (gefotografeer).
'n Vroulike Panther het historikus Nik Heynan vertel dat 'die aand voordat die eerste
ontbytprogram in Chicago veronderstel was om te open, het die Chicago-polisie by die
kerk ingebreek en al die kos fyngemaak en daarop geürineer.'
Dit en ander pogings om die Black Panthers te vernietig, het uiteindelik die program
beëindig. Die openbare sigbaarheid van die Panthers se ontbytprogramme het egter
op die ou end druk op politieke leiers geplaas om kinders voor skool te voed …
… Die Skoolontbytprogram is in 1975 permanent gemagtig (goedgekeur). Deesdae
help dit om meer as 14,57 miljoen kinders voor skool te voed en sonder die radikale
optrede deur van die Black Panthers sou dit dalk nooit gebeur het nie.
[Uit http://www.history.com/news/free-school-breakfast-black-panther-party.
Toegang op 16 Mei 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2020
SS/NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Byrne, PJ. 2006. The Cuban Missile Crisis – To the Brink of War (Compass Point
Books, Minneapolis, Minnesota)
http://images.app.goo.gl//CcDQGkoJETDJTXpb9
http://www.history.com/news/free-school-breakfast-black-panther-party
http://www.mtholyoke.edu/acad/intrel/jfkstate.htm.
http://www.mtholyyoke.edu/acad/precrisis.htm.
http://www.socialistalternative.orge-black-panther-party-for-self-defense
https://govbooktalk.gpo.gov/2012/10/18/hawks-vs-doves-the-joint-chiefs-and-the-
Cuban-missile-crisis/
https://i.pinimg.com/originals/ee/c4/45/eec445e67979686e86227c6c0f86d32b.jpg
https://images.app.goo.gl/eV3xyTXEZEqr79W96
https://peacemaker.un.org/angola-protocol-brazzaville88
Kagan-Guthrie, Z. 1995. Journal of Southern African Studies, Volume 35, Number 1:
Chester Crocker and the South African Border War, 1981–1989. A Reappraisal of
Linkage
Pampallis, J. 1991. Foundations of the New South Africa (Maskew Miller, Kaapstad)
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2024 Addendum Eng.pdf

Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Addendum
History P2 Nov 2020 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2022 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Nov 2019 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2017 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Nov 2015 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Nov 2013 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
History P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024_ Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper