Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202024 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT SENIOR CERTIFICATE GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2020 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 24 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae  Onttrek inligting uit bronne  Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15)  Definieer historiese begrippe/terme  Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2  Verduidelik inligting verkry uit bronne (20)  Analiseer bewyse uit bronne  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne  Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord.  Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.  Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().  Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv. ___________ •___________________________________________________ _________________•____________________________• ________________ √√√√ Vlak 2 KOMMENTAAR Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die leerder se interpretasie van die vraag  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie)  Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van 'n gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevante tot 47–50 43–46 argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoud-seleksie 43–46 40–42 38–39 relevante tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Inhoud-seleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1– 6  Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN KUBA BYGEDRA? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  'as gevolg van sy ondersteuning en vriendskap' (1 x 2) (2) 1.1.2 [Definieer 'n historiese begrip in Bron 1A – V1]  'n Ideologie wat 'n klaslose gemeenskap waar privaateienaarskap verbied word, voorstaan  'n Ideologie wat nasionalisering van alle grond, industrieë en banke ondersteun (bv. alle produksiemiddele behoort aan die staat)  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]  Kuba was naby die VSA geleë en was daarom 'n bedreiging vir die VSA  Dit het Khrushchev die voordeel gegee om die Verenigde State se plasing van missiele in Turkye teë te werk om die magsbalans te herstel  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] (a)  ‘rampspoedig’  ‘die nederlaag van die rebelle wat deur Amerika ondersteun is’  'vernedering vir Kennedy se administrasie' (enige 1 x 1) (1) (b)  ‘Castro en sy weermag het gou die Amerikaans-gesteunde rebelle verslaan’  'gehelp om Castro se bondgenootskap met die Sowjetunie te versterk' (enige 1 x 1) (1) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  'nywerheid toerusting en goedere'  ‘sekere hoeveelheid wapens’  'militêre kundiges en tegnici’  ‘militêre toerusting’ (enige 2 x 1) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]  Om Kuba teen Amerikaanse aggressie te beskerm  Om die kommunistiese ideologie in Kuba en Latyns-Amerika te verdedig  Om enige suspisie dat die Sowjetunie die aggressor kan wees, af te weer  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 1.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]  Die VSA en ander kapitalistiese lande is gewoond daaraan om dreigemente (bv. blokkade) teen kleiner lande te gebruik in 'n poging om hulle inskiklik (om missiele te onttrek) en onderdanig te maak  Die VSA het hulle ekonomiese mag gebruik om te probeer om Kuba te dwing om hulle ekonomiese beleid aan te hang  Anders as die VSA (aggressor) staan die Sowjetunie vir vrede  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  'Om die militêre mag van die Castro-regering in Kuba te steun (versterk)'  ‘Die Sowjette 'n aantal lugafweer-verdedigingsmissiele, met 'n reikafstand van vyf en twintig myl, aan die Kubaanse regering verskaf het’  ‘Verskaf die Sowjette klaarblyklik die omvattende radar- (sensor-) en ander elektroniese toerusting’  ‘Die teenwoordigheid van verskeie Sowjet-vervaardigde motor-torpedobote’ (enige 1 x 2) (2) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]  Om die Amerikaners te oortuig dat hy in beheer was van die situasie  Om die ondersteuning van die Amerikaanse publiek te verkry en hulle vrese te besweer  Om die Amerikaners in te lig oor die stappe wat hy beoog om teen die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba neem  Om die publiek bewus te maak van ʼn moontlike kernoorlog  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] ʼn Uitdaging vir:  'demokrasie'  'vrede'  'stabiliteit'  'voorspoed' (4 x 1) (4) 1.3.4 [Vasstelling van die beperkings van Bron 1C – V3]  Die bron weerspieël 'n Amerikaanse siening/ partydig wat die VSA se intensies regverdig  Die bron is nie dateer nie  Die doel van die bron is om die publiek te oortuig dat die VSA demokrasie en vryheid verdedig  Die bron toon nie hoe die VSA tot die krisis in Kuba bygedra het nie  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]  Om die publiek in te lig oor hoe die VSA beoog het om die ontplooiing van missiele na Kuba te hanteer  Dit was nuuswaardig omdat die publiek bewus moes wees van die verwikkelings wat die VSA affekteer  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]  Die VSA het ‘n blokkade ingestel om die ontplooiing van Sowjet missiele na Kuba te stop  Die VSA het die Sowjetunie gewaarsku dat hulle streng maatreëls sal onderneem om die verspreiding van kommunisme te keer  Die VSA het aangedring dat die Sowjetunie Kuba moet 'HOU OP' (verlaat)  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D om ooreenkomste te bepaal – V3]  In Bron 1C het Kennedy belowe om inligting aan alle Amerikaners beskikbaar te stel om hulle op hoogte te hou van die verwikkelings in Kuba wat deur 'n voorblad koerantartikel in Bron 1D gekommunikeer is  Bron 1C staaf dat die VS regering enige manier sou gebruik om Kubaanse en die Sowjetunie se aggressie teen die westelike hemisfeer te stop en in Bron 1D het die Amerikaanse regering 'n blokkade gebruik om die ontplooiing van missiele na Kuba te stop  Beide Bron 1C en 1D verwys na die Amerikaanse regering se reaksie teen die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Die Sowjetunie het Kuba ondersteun nadat die VSA sy ekonomiese en diplomatieke bande net Kuba verbreek het (Bron 1A)  Kuba se aanvaarding/aanneming van kommunisme (Sowjetunie) het verwerping van kapitalisme (VSA) geïmpliseer (eie kennis)  Die nabyheid van Sowjetmissiele in Kuba was 'n bedreiging vir die veiligheid van die VSA (Bron 1A)  Die impak van die Slag van die Bay of Pigs, April 1961 het spanning tussen die VSA en Kuba/Sowjetunie verbreed (Bron 1A)  Die Sowjetunie het Kuba van wapens voorsien (Bron 1B)  Die Sowjetunie het militêre kundiges en tegnici gestuur om Kubane op te lei in die gebruik van gesofistikeerde wapens (Bron 1B)  Die Sowjetunie het die dreigemente en afpersing beskou as 'n integrale deel van die VSA se strategie (Bron 1B)  Die VSA was bekommerd en het daarom die beweging van Sowjetskepe na Kuba begin monitor (Bron 1C)  Die VSA het sy gereedheid getoon om die Kubaanse/Sowjetunie se militêre mag te konfronteer (Bron 1C)  Die VSA en die Sowjetunie het hulle in ʼn magspel begewe wat die Koue Oorlog-spanning verhoog het (eie kennis)  Die VSA het die media (koerant) gebruik om die Amerikaanse publiek in te lig oor hulle optrede (blokkade) teen die ontplooiing van missiele na Kuba (Bron 1D)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State PUNTE VLAK 1 van Amerika in die 1960's tot Koue Oorlog-spanning in Kuba 0–2 bygedra het.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika in die 1960's tot Koue Oorlog-spanning in PUNTE VLAK 2 Kuba bygedra het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n elementêre manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip oor hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika in die PUNTE VLAK 3 1960's tot Koue Oorlog-spanning in Kuba bygedra het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP SUID-AFRIKA EN KUBA GEHAD? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]  'Om te verhoed dat die Angolese regeringsmagte die dorp Mavinga, wat onder UNITA-beheer was, te verower'  'om die gebied onder UNITA se beheer uit te brei' (2 x 1) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – L1]  'Angolese (MPLA)'  'Kubaanse magte' (2 x 1) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – L2]  Die MPLA en Kubaanse magte was strategies en het daarom die SAW suksesvol uitmaneuvreer/uitoorlê  Die Kubaanse lugmag was beter as die SAW se lugmag  Die SAW se lugafdeling het nie moderne lugvaartuie gehad om die Kubaanse lugmag uit te daag nie  Kon nie deur die radar-/missielverdediging dring nie  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]  'Nog wit dienspligtiges gedood kon word'  'Die oorlogskoste'  'Die impak wat dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het' (3 x 1) (3) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]  'PW Botha' (1 x 1) (1) 2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]  'Militêre oorwegings die swaarste geweeg het in die regering in Pretoria se besluit om te onderhandel'  'Hulle leierskap ... ontsenu is deur die moontlikheid van 'n goed bewapende teenstander (vyand) wat in staat was om ernstige verliese vir Suid-Afrikaanse magte in konvensionele oorlogvoering te veroorsaak' (2 x 1) (2) 2.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – L2]  Na 'n aantal jare van oorlog was dit uiteindelik vir Chester Crocker moontlik om die oorlogvoerende lande Suid-Afrika, Kuba en Angola na die onderhandelingstafel te bring  Chester Crocker kon uiteindelik vrede bemiddel tussen Suid-Afrika, Kuba en Angola deur die leiers sover te kry om die drieledige ooreenkoms te onderteken  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – L1]  'Onafhanklikheid van Namibië'  'Beveiliging van die soewereiniteit, onafhanklikheid en gebiedsintegriteit van Angola' (2 x 1) (2) 2.3.2 [Definisie van 'n historiese begrip in Bron 2C – L1]  Die reg van die mense van Angola om hulself te regeer sonder buitelandse inmenging  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – L2]  Kuba het die onafhanklikheid van Angola gewaarborg  Kuba het Namibia se onafhanlikheid verseker  Kuba se missie om die SAW te keer om die MPLA te onttroon, was suksesvol  Kuba het sy praktyk diegene in nood te help, verwesenlik  Kuba het daarin geslaag om die verspreiding van kapitalisme te voorkom  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – L2]  Die VVO moes lande wat in oorlog betrokke was, bymekaarbring sodat vrede verkry kon word  Die VVO moes seker maak dat die artikels soos in die ooreenkoms gestipuleer, nagekom word  Die VVO het gepoog om vrede in Angola te handhaaf  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – L2]  Dit toon Kubaanse troepe wat uit Angola onttrek na die Slag van Cuito Cuanavale  Dit toon Angolese wat hulle waardering wys deur met hulle hande vir die Kubaanse magte te waai  Dit toon dat daar goeie betrekkinge/verhoudings was tussen die Kubane en die Angolese  Dit toon die Kubaanse magte wat op ʼn feesvierende/ gelukkige manier die land verlaat  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.4.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 2D – L3] Die bron is BRUIKBAAR omdat:  Dit 'n foto is wat die onttrekking van die Kubaanse troepe uit Angola vasgevang het  Die foto eerstehandse inligting is wat geneem is ten tye van die onttrekking ('n primêre bron)  Die datum en oorsprong van die bron ooreenkom met die tydperk van die amptelike onttrekking van Kubaanse troepe uit Angola  Dit die wêreld inlig oor die amptelike onttrekking van Kubaanse troepe uit Angola  Die foto insig gee oor die rol wat Kuba in Angola gespeel het  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D om die ooreenkomste te bepaal – L3]  Bron 2C stipuleer tydperke vir die onttrekking van Kubaanse troepe en Bron 2D toon die implementering van die onttrekking van Kubaanse troepe  Bron 2C staaf dat omstandighede geskep is wat die aanvang van die terugkering van die Kubaanse militêre kontingent uit Angola toegelaat het en Bron 2D toon die werklike onttrekking van die Kubaanse troepe uit Angola  Bron 2C staaf dat Kuba suksesvol was in sy internasionalistiese missie en Bron 2D gee te kenne dat die Kubane gelukkig is nadat hulle hul doel bereik het om hulle vyande te verslaan deur Angola te verlaat  Beide Bron 2C en 2D toon die Kubaanse militêre magte se direkte betrokkenheid in die Angolese burgeroorlog  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – L3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:  Suid-Afrikaanse en UNITA-magte het sterk weerstand verkry van Angolese (MPLA) en Kubaanse magte by Cuito Cuanavale en is daarom gedwing om 'n wapenstilstand te onderteken (Bron 2A)  Die swakhede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is blootgelê (Bron 2A)  Die oorlogskoste/lewensverlies in Angola het Suid-Afrika (PW Botha) gedwing om vir vrede in die streek te onderhandel (Bron 2B)  Dit het gelei tot 'n drieledige ooreenkoms tussen Suid-Afrika, Angola en Kuba onder Chester Crocker se voorsitterskap wat gelei het tot vrede in die suid- westelike streek van Afrika (Bron 2C)  Suid-Afrika het ingestem tot die Namibiese onafhanklikheid (Bron 2B en 2C)  Kuba het bygedra tot die onafhanklikheid van Angola en Namibië (Bron 2C)  Kuba het ingestem tot die onttrekking van troepe uit Angola (Bron 2C)  Kubaanse troepe wat uit Angola onttrek, kan gesien word (Bron 2D)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor die impak wat die Slag van Cuito PUNTE VLAK 1 Cuanavale op Suid-Afrika gehad het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor die impak wat die Slag van PUNTE VLAK 2 Cuito Cuanavale op Suid-Afrika gehad het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n elementêre manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip oor die impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suid- PUNTE VLAK 3 Afrika gehad het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne VRAAG 3: WATTER PROGRAMME HET DIE BLACK PANTHER-PARTY IN DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GEÏMPLEMENTEER? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]  'Gratis ontbyt vir kinders'  'Gesondheidsklinieke'  'Skoene vir kinders' (3 x 1) (3) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]  'Honger mense gevoed'  'Kos'  'Klere en mediese sorg aan arm swart Amerikaners gegee'  Het dit gewys wat jy kan vermag as jy georganiseerd is (enige 2 x 1) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – L2] Die Black Panther-party het geïmpliseer dat 'n hervormingsprogram:  Begin word deur diegene wat beheer wil handhaaf en verseker dat die status quo gehandhaaf word  Nie noodwendig verandering beteken het in die lewens van swart Amerikaners nie  Net kosmetiese veranderinge sou bring in die lewens van swart Amerikaners  Nie swart Amerikaners sou oplei om onafhanklik en selfonderhoudend te wees nie  'n Revolusionêre program verkies het eerder as 'n hervormingsprogram  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – L2]  Swart Amerikaanse leerders het nie meer honger skool toe gegaan nie/kon in die klas konsentreer  Swart Amerikaanse leerders het van die Gratis Ontbytprogram gehou  Dit het bygedra tot die ontwikkeling van eiedunk onder swart Amerikaanse kinders  Dit het jong swart Amerikaners gemotiveer om by die Black Panther-party aan te sluit  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – L2]  Dit toon behoeftige swart Amerikaanse vrouens en kinders wat sakke met gratis kos dra wat deur die Black Panther-party voorsien is  Dit toon dat die swart Amerikaanse vrouens en kinders gelukkig gelyk het (gesigsuitdrukking)  Dit toon die sukses van die Black Panther-party se 'Gratis Kosprogram'  Dit toon die Black Panther-party se implementering van sy filosofie van selfstandigheid  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 3.2.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van Bron 3B – L3] Die bron is BRUIKBAAR omdat:  Dit 'n foto is – geneem op 'n stadium toe die gemeenskapsprogramme van die Black Panther-party aktief besig was  Die naam van die Black Panther-party en sy embleem op die drasakke hulle eienaarskap toon (het getoon dat die program die geesteskind van die Black Panther-party was)  Dit die begunstigdes (swart Amerikaanse vrouens en kinders) getoon het wat gratis kos ontvang  Dit die sukses van die Black Panther-party se oorlewingsprogram toon  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B om die ooreenkomste te bepaal - L3]  Bron 3A meld dat die Black Panther-party gemeenskapsprogramme georganiseer het en Bron 3B toon swart Amerikaanse families wat kospakkies gaan haal by die Black Panther-party se Gratis Kosprogram  Bron 3A meld die implementering van ʼn beter stelsel vir swart Amerikaanse gemeenskappe en Bron 3B toon die kinders en vrouens in ʼn gelukkige gemoedstoestand  Bron 3A meld 'n revolusionêre program wat deur die leiers van die Black Panther-party begin is en Bron 3B toon die implementering van die revolusionêre program (Beide Bron 3A en 3B wys op die programme van die Black Panther-party)  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1] Om dinge gedoen te kry  ‘in onderwys’  ‘behuising’  ‘en die howe’ (3 x 1) (3) 3.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – L2]  Die Oakland Gemeenskapskool was trots daarop om swart Amerikaanse kinders te bedien  Swart Amerikaanse kinders wat die Oakland Gemeenskapskool bygewoon het, het van 'n minderbevoorregte agtergrond gekom  Die skool het kinders toegelaat wat deur die hoofstroom publieke of privaatskole weggewys is  Die skool het 'n gedifferensieerde curriculum aangebied om alle soorte kinders te akkommodeer  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – L1]  'As gevolg van die teistering wat sommige kinders in Oakland ondervind het' (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]  'FBI-agente het in stede soos Richmond in Virginia van huis tot huis gegaan en vir ouers gesê dat lede van die BPP hulle kinders oor swart nasionalisme sou leer'  'Ouers ... vertel is dat die kos met aansteeklike siektes besmet is' (2 x 1) (2) 3.5.2 [Definisie van 'n historiese begrip in Bron 3D – L1]  'n Ideologie waar mense van dieselfde nasie (Swart) saamkom om hulle eie taal, kultuur, geloof te beoefen en regeer wil word deur 'n persoon van dieselfde nasie  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – L2]  Die Federale regering het die sukses van die Skoolontbytprogram gesien en dit in 1975 aangeneem  Die Skoolontbytprogram is later uitgebrei na arm gemeenskappe in die VSA  Die Skoolontbytprogram is in alle openbare skole in 1975 deur die Federale regering ingestel, want dit het 'n potensiële onderriguitkoms opgelewer  Dit was as gevolg van druk wat op politieke leiers uitgeoefen is om arm kinders te voed voordat hulle die skool bywoon  Om die gewildheid van die Black Panther-party se Skoolontbytprogram te ondermyn  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – L3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:  Verskeie gemeenskapsprogramme soos (gratis ontbyt vir kinders, gesondheidsklinieke en skoene vir kinders) is deur die Black Panther-party gestig om swart gemeenskappe in die VSA by te staan (Bron 3A)  Die BPP voed honger mense, gee kos, klere en mediese sorg aan arm swart Amerikaners (Bron 3A)  Die Black Panther-party verskaf gratis kos aan behoeftige swart Amerikaanse gemeenskappe (Bron 3B)  Swart Amerikaanse gesinne uit behoeftige gemeenskappe is van sakke kos voorsien (Bron 3B)  Die Oakland Gemeenskapskool is gestig om gratis onderwys aan swart Amerikaanse kinders te verskaf (Bron 3C)  Die Oakland Gemeenskapskool bedien kinders wat geëtiketteer is as 'opvoedkundig minderbevoorregtes', 'ekonomies verwaarloos' en 'onopvoedbaar' (Bron 3C)  Leerder inskrywings het toegeneem /verminderde vlakke van afwesigheid in baie skole (eie kennis)  Die openbare sigbaarheid van die Black Panther-party se ontbytprogramme het druk op politieke leiers geplaas om swart Amerikaanse kinders voor skool kos te gee (Bron 3D)  Die Federale regering het die Skoolontbytprogram in 1975 in behoeftige areas in die VSA goedgekeur (Bron 3D)  Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van die programme wat die Black Panther-party in die PUNTE VLAK 1 1960's in die Verenigde State van Amerika geïmplementeer 0–2 het.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip van die programme wat die Black Panther- PUNTE VLAK 2 party in die 1960's in die Verenigde State van Amerika 3–5 geïmplementeer het.  Gebruik bewyse op 'n elementêre manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van die programme wat die Black Panther-party in die 1960's in die PUNTE VLAK 3 Verenigde State van Amerika geïmplementeer het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet saamstem of nie saamstem of Voorsitter Mao Zedong se Derde Vyfjaarplan (Kulturele Revolusie), wat in 1966 ingestel is, bedoel was om die foute wat gedurende die Tweede Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) gemaak is, vanaf 1958 reg te stel. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt/argument neem en of saamstem of nie saamstem nie dat die Derde Vyfjaarplan (Kulturele Revolusie) ingestel is om die uitdagings wat gewone Chinese gedurende die Tweede Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) ondervind het, reggemaak het. Kandidate moet aandui hoe hulle hul argument gaan ondersteun. UITBREIDING Indien kandidate met die stelling saamstem, kan hulle die volgende punte by hulle antwoorde insluit: Indien kandidate aandui dat hulle nie saamstem nie, moet hulle aandui dat die Groot Sprong Vorentoe meer ʼn ekonomiese beleid was, terwyl die Kulturele Revolusie meer die ideologie bevorder het en Mao se outoriteit versterk het en moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.  Mao se beleid van die Tweede Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) en die Derde Vyfjaarplan (Kulturele Revolusie) was bedoel om die Volksrepubliek van China ekonomies en ideologies te verander om sodoende Westerse magte uit te daag. Die Groot Sprong Vorentoe (1958–1962)  Mao Zedong se Tweede Vyfjaarplan wat begin het in 1958  Industrialisasie  Beoog om China te industrialiseer om kapitalistiese lande te wen  Om privatisering te beëindig  Het gelei tot die instelling van agterplaas industrieë  Afhanklik van ongeskoolde menslike hulpbronne/kleinboere  Lang werksure het werkers ontmoedig  Landbou  Om landbouproduksie te verhoog sodat dit gelykstaande is aan die produksie van die Weste  Plattelandse koöperasies is geamalgameer in 'mense kommunes' (kollektivisering)  Gewelddadige amalgamasie van boere in 'mense kommunes'  Swak beplanning en lewering  Hoë belasting op plaasprodukte  Gebruik propaganda om produksie te bevorder  China se ekonomie het geleidelik verval in 'n staat van bankrotskap  Mislukking binne drie jaar 'Drie Bitter Jare' lei tot hongersnood Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne  Dit het tot gevolg gehad dat die Groot Sprong Vorentoe klaaglik misluk het  In 1962 het die verantwoordelikheid van die ekonomie aan President Liu Shaoqi en CKP Generaal Sekretaris Deng Xiaoping wat ʼn vorm van kapitalisme ingestel het, oorhandig en Mao het uit die politiek getree  Enige ander relevante antwoord Die Kulturele Revolusie (1966–1970) Mao het uiteindelik erken dat foute begaan is met die Groot Sprong Vorentoe en het bedank as President van China, maar het sy pos behou as voorsitter van die Chinese Kommunisteparty  Die bedoelings van China se Kommunisteparty (praktiese beleide om die ekonomie te verbeter; outoritêre regeringsvorm; kleinboere sonder grond te bemagtig; grondhervormingsprosesse; nasionalisering van swaar nywerhede)  Klaslose gemeenskap (fokus daarop om omstandighede te verbeter van kleinboere en werkers; het alle Chinese opgelei om saam te werk vir 'n beter China)  Mao het die Kulturele Revolusie in 1966 geloods om sy mag wat hy verloor het as gevolg van die Groot Sprong Vorentoe, te herstel  Mao het ook die Kulturele Revolusie ingestel om ontslae te raak van kapitalisme/om kommunisme te re/revolusie  Mao het die Rooi Wagte (Red Guards) ingestel wat: die ideë bestudeer en versprei het in die Klein Rooi Boekie; kleinboere onderrig het in die beginsels van Kommunisme; lees en skryf geleer het; suiwering (opponente van kommunisme & gematigdes is geëlimineer (uitgewis) en miljoene opponente van kommunisme is doodgemaak) ingestel het; teenkommuniste kuns en boeke vernietig het  Die rol van die Rooi Wagte (Veldtog om die 'Vier Oues' (Four Olds) aan te val: verandering van ou ideë, tradisionele kultuur, gebruike en gewoontes)  Reuse betogings is in die Tiananmen Square Beijing, gehou en oral is plakkate en prente van Mao opgesit  Die Klein Rooi Boekie (Little Red Book) (het Mao se filosofieë oor Kommunisme bevat; daar is van alle burgers verwag om die beginsels van Kommunisme te memoriseer; 'n Bron van Kommunistiese propaganda in China)  Eliminasie (Uitwissing) van amptenare soos Deng Xiaoping en Liu Shaoqi is uit die regering verwyder; het ontslae geraak van professionele mense soos (ingenieurs, wetenskaplikes, onderwysers)  Sluiting van skole, kolleges en universiteite (omdat hulle krities, liberaal en elitisties is)  Nywerhede het swaargekry en produksie het teen 1968 afgeneem  Negatiewe impak op die ontwikkeling van China  Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet die maatskaplike en ekonomiese uitdagings wat Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) in hulle respektiewe lande na die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's geïmplementeer het, krities bespreek. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:  Inleiding: Kandidate moet die vraag kontekstualiseer deur te verwys na die maatskaplike en ekonomiese beleid wat beide die Kongo en Tanzanië geïmplementeer het ten tye van onafhanklikheid. Hulle moet 'n argument inneem en ondersteun deur te wys hoe beide lande hulle maatskaplike en ekonomiese uitdagings in die 1960's na die verkryging van onafhanklikheid geadresseer het. UITBREIDING Krediet moet gegee word aan kandidate wat hulle opstel vergelykend struktureer MAATSKAPLIK Onderwys Die Kongo Uitdagings:  Teen onafhanklikheid was daar slegs 14 universiteits-gegradueerdes in die Kongo en daarom is hoër onderwys na onafhanklikheid uitgebrei  Eurosentriese waardes word geleer  Europese geskiedenis en taal en Westerse kennis het voorkeur bo Afrika kennis en vaardighede geniet  slegs 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs Beleid:  Het op primêre onderrig gefokus  Tussen 1960 en 1974 het primêre onderwys in die Kongo gestyg van 1,6 miljoen na 4,6 miljoen  Frans het die onderrigtaal in die Kongo gebly Tanzanië Uitdagings:  Eurosentriese waardes word geleer  Europese geskiedenis en taal en Westerse kennis het voorkeur bo Afrika kennis en vaardighede geniet  slegs 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne Beleid:  Nyerere het die gebruik van Swahili ('n algemene taal wat deur meeste Tanzaniërs gepraat word) bo Engels bevorder  Tussen 1961 en 1981 het ongeletterdheid in Tanzanië verminder van 80% na 20%. Daar is net 'n paar hulpbronne gegee aan tersiêre onderwys. Inskrywings by primêre skole het toegeneem  Strukturele aanpassingsprogramme in die 1980's het drastiese inperkings in maatskaplike uitgawe veroorsaak en het 'n tekort van handboeke, banke en onderwysers tot gevolg gehad  Nyerere (Tanzanië) het 'n pamflet geproduseer 'Education for self-reliance' in 1967 en dit het primêre onderrig in landelike gebiede bepleit en op basiese geletterdheid gefokus Kleredrag: Kongo:  Sese Seko aanvaar Kwame Nkrumah en sy Maoïstiese kleredrag  'n Slagspreuk 'weg met die pak klere' is in die Kongo aanvaar Tanzanië:  Nyerere aanvaar Kwame Nkrumah en sy Maoïstiese kleredrag Kuns: Kongo en Tanzanië:  Bevordering van Afrika-kuns in literatuur sowel as in handwerk  Enige ander relevante antwoord Afrikanisasie Kongo Uitdagings:  Buitelandse invloed Beleid:  Zaïrenasie: Sese Seko het Afrika-geloof en kultuur deur sy authenticité beleid bevorder  Sese Seko het mense aangemoedig om Afrika-kleredrag te dra, Afrika-musiek te speel en daarna te luister en Afrika-kos te eet  Sese Seko verander die name van baie dorpe en stede in die Kongo na Afrika-name (bv. Leopoldville word Kinshasa; Kongo word Zaïre; die Kongorivier word die Zaïrerivier; Joseph Desiree Mobutu word Mobutu Sese Seko waka za Banga) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne Tanzanië Uitdagings:  Buitelandse invloed Beleid:  Villagisation – Nyerere het 'tradisionele' gemeenskapswaardes deur Ujamaa ('familieskap') dorpies bevorder; Tanzaniërs is aangemoedig om op landbou, tradisionele waardes en om selfonderhoudend te wees te fokus. Tanzaniërs het hulle grond gemeenskaplik bewerk eerder as om kontantgewasse vir uitvoere te produseer EKONOMIES Die Kongo Uitdagings  Steun grootliks op landbou- en minerale ontginning (eenproduk-ekonomie) en het 'n negatiewe impak op die ekonomie gehad  Kapitalistiese ekonomiese stelsel het gelei tot die uitbuiting van boere Beleid:  Zaïrenasie (buitelanders wat met plaaslike burgers vervang word) was 'n mislukking as gevolg van onervarenheid/ korrupsie/wanbestuur/nalatigheid  Die ekonomie word gekenmerk deur nepotisme en elitisme ('n groot gaping tussen ryk en arm het ontstaan)  Afname in die stand van die infrastruktuur  Toepassing van Retrosessie (omkeer van Zaïrenasie)  Afhanklik van buitelandse hulp en belegging  Enige ander relevante antwoord Tanzanië Uitdaging(s):  Steun grootliks op landbou- en minerale ontginning (eenproduk-ekonomie) en het 'n geloofwaardige vervaardigingsektor ontwikkel Beleid:  Het 'n Afrika sosialistiese ekonomiese stelsel ontwikkel  Arusha-verklaring (doen afstand van uitbuiting/afname van inkomste gaping tussen die armes en rykes/eienaarskap van die land se bronne)  Villagisation (gemeenskaplike dorpies) verbeter dienslewering/het 'n stabiele gemeenskap tot stand gebring wat vry was van ekonomiese ongelykhede. Alhoewel, boere het geweier om hulle voorvaders se grond te verlaat wat tot 'n val in landbouproduksie gelei het/ landbouproduksie het drasties geval  Meeste maatskappye wat genasionaliseer is, speel bankrot  Uitvoere het afgeneem  Tanzanië het teruggekeer na buitelandse hulp/ lenings in die 1970's  Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die verskeie vorme van protes deur die Burgerregtebeweging gelei het tot 'n verbetering in die lewens van gewone swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika in die 1960's. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:  Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en aandui tot watter mate die verskeie vorme van protes deur die Burgerregtebeweging in die VSA gelei het tot 'n verbetering in die lewens van gewone swart Amerikaners in die 1960's. UITBREIDING  Redes vir die Burgerregtebeweging (agtergrondinligting)  Sitstaking (vanaf 1960) – (Greensboro, Noord-Carolina, vier studente hou 'n 'sitstaking' by 'n 'slegs-blankes' middagetetoonbank; (In die somer van 1961 is besighede in Greensboro gedesegregeer); Sitbetogings het reg oor die segregeerde Suide versprei; Swart en wit studente stig die Student Non-Violent Coordinating Committee om die Burgerregtebeweging te ondersteun; Die konsep van 'sitbetoging' het oor gesegregeerde fasiliteite versprei soos 'pray-ins' (gebedsbetogings), 'read-ins' (leesbetogings), 'wade-ins' (stapbetogings)  'Vryheidsryers' (nierassig/nie-gewelddadig) – ('sitbetoging' in busse en het gereis van die Noorde tot diep in die Suide om nuwe federale wette te toets wat segregasie op die nasionale busstelsel verhoed en aangeval word deur bendes, gebombardeer word, in die tronk gegooi word en nie deur die plaaslike polisie beskerm word nie – duisende het vrywillig aangesluit en President Kennedy is gedwing om federale polisie te forseer om die Vryheidsryers te beskerm; Taai nuwe wetgewing wat deur federale bevel op 1 November 1961 ingestel is, het amptelik alle nasionale openbare geriewe gedesegregeer Betogings en optogte:  Birmingham 1963: (Massa-betogings, insluitend 'n kinder-optog het met gewelddadige en wrede reaksie van die polisie gebots (waterkanonne, honde, ens. Alles gebruik om nie-gewelddadige protesteerders te terroriseer) President Kennedy het op TV gesê dat 'rassesegregasie' 'n 'morele aangeleentheid' was en 'geen plek in die Amerikaanse lewe het nie'. Op 10 Mei 1963 het die stad se besighede en munisipaliteit aangekondig dat munisipale geriewe gedesegregeer sou word. Aanvalle en moorde op swart Amerikaners in die stad het voortgeduur (Medgar Evans, Bombardement van die 16de Straat Baptistekerk)  Optog na Washington 1963: (250 000 mense het deelgeneem in 'n nierassige, nie- gewelddadige optog na Washington om gelykheid, vrede en werksgeleenthede te eis; Martin Luther King Jnr. Gee sy 'I have a dream (Ek het 'n droom) toespraak').  Vryheid-somer (Freedom Summer) (1964) – (Duisende aktiviste en vrywilligers (meer as 70 000 studente – baie van die noordelike state, plaaslike SNCC, CORE en NAACP aktiviste) het gewerk om swart Amerikaners in Mississippi te registreer en hulle in Vryheidskole te leer (letterkunde, geskiedenis); aktiviste en vrywilligers het te doen gekry met geweld van wit segregasioniste bendes en polisiebeamptes; 1964 (2 Julie) Burgerregtewet is uitgevaardig – belet diskriminasie en segregasie in werksomstandighede en alle openbare geriewe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2020 SC/NSC – Nasienriglyne Selma-Montgomery-optogte (1965):  Om te eis dat swart Amerikaners toegelaat moet word om te registreer om te stem. (Slegs 2.5% swart Amerikaners was geregistreer as kiesers as gevolg van intimidasie en rassistiese aanvalle)  Eerste poging: Op Sondag 7 Maart 1965, met 600 betogers. Hulle is met traangas gegooi en geslaan. Die optog het misluk. Verwys daarna as die 'Bloedige Sondag'  Tweede poging: 'n Federale regter het nie toestemming gegee vir die optog nie en dit is verban. 200 betogers vertrek vanaf Selma op 9 Maart 1965 maar is blokkeer by die Edmund Pettus brug. Die optog het misluk want hulle kon nie verder gaan nie.  Derde poging: Toestemming is gegee vir die optog; Betogers vertrek op 21 Maart 1965; Die aantal betogers neem toe langs die pad (soos massa ondersteuning oor die land aansluit) tot ongeveer 25 000. Die betogers word deur Federale troepe beskerm  Impak van die optogte: Druk word uitgeoefen op President Johnson om die 1965 Stemregwet op 6 Augustus te aanvaar. Dit het struikelblokke soos geletterdheidstoetse en verkiesingsbelasting vir verkiesings wat daargestel is om te voorkom dat swart Amerikaners as kiesers registreer onwettig verklaar; die CRM het daarin geslaag om gelykheid te verkry voor die wet  Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all