Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220209 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 HIST.2 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2020 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. OGGENDSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie AFDELING nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: WAAROM HET SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN 1976 GEPROTESTEER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Haal TWEE politieke organisasies uit die bron aan wat in die 1960's verban is. (2 x 1) (2) 1.1.2 Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.3 Identifiseer TWEE bekommernisse in die bron wat die studenteleiers oor die onderwysstelsel gehad het. (2 x 1) (2) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die apartheidsregering Afrikaans as 'n verpligte onderrigmedium by swart Suid-Afrikaanse skole ingestel het. (2 x 2) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Waarom, dink jy, het die redakteur van The World-koerant besluit om hierdie artikel te publiseer? (1 x 2) (2) 1.2.2 Hoe, volgens die bron, het die 'staking' by Phefeni Junior Sekondêre Skool gewelddadig geraak? (2 x 1) (2) 1.2.3 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat die gebeure bestudeer wat in 1976 tot die Soweto- opstande gelei het. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Lewer kommentaar op die luim (stemming) van die studente in die foto. (1 x 2) (2) 1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom studente van Soweto besluit het om 'n optog te onderneem. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2020 SS/NSS 1.4 Gebruik Bron 1D. 1.4.1 Verduidelik waarom jy dink daar verskille was tussen die amptelike en nie-amptelike syfers oor die getal studente wat deur die polisie in Soweto doodgemaak is. (2 x 2) (4) 1.4.2 Hoe, volgens die bron, het studente op die apartheidspolisiemag gereageer nadat hulle begin skiet het? (4 x 1) (4) 1.4.3 Waarom, volgens die bron, het die Soweto-opstande die apartheidspolisie verras? (1 x 2) (2) 1.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Soweto-opstande as 'n keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis beskou word. (2 x 2) (4) 1.5 Raadpleeg Bron 1C en 1D en verduidelik hoe die inligting in Bron 1C van die bewyse in Bron 1D oor die Soweto-opstande van 1976 verskil. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom swart Suid-Afrikaanse studente in 1976 geprotesteer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVISTE SOOS DIE CRADOCK VIER HANTEER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 2) (2) 2.1.2 Verduidelik waarom jy dink die WVK eerder op herstellende geregtigheid as op vergeldende geregtigheid gefokus het. (2 x 2) (4) 2.1.3 Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.4 Noem enige DRIE veiligheidspolisiemanne in die bron wat om amnestie vir die moord op die Cradock Vier aansoek gedoen het. (3 x 1) (3) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Lewer kommentaar op waarom die WVK besluit het om hierdie plakkaat te vervaardig. (2 x 2) (4) 2.2.2 Noem enige TWEE misdade, in die bron, wat in 'ons verlede' gepleeg is. (2 x 1) (2) 2.2.3 Verduidelik wat geïmpliseer word met die woorde, 'LAAT ONS REGUIT MET MEKAAR PRAAT … SODAT ONS DIE PAD NA VERSOENING SAAM KAN STAP', in die konteks van die WVK-verhore. (2 x 2) (4) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Noem die TWEE aktiviste in die bron wat mnr. Lotz geïdentifiseer het toe hy die voertuig gestop het. (2 x 1) (2) 2.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom mnr. Lotz die motorvoertuig aan die brand gesteek het. (2 x 2) (4) 2.3.3 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat die moord op die Cradock Vier ondersoek. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2020 SS/NSS 2.4 Bestudeer Bron 2D. 2.4.1 Wat, volgens die bron, was die uitkoms van die WVK-verhoor met betrekking tot die Cradock Vier? (1 x 1) (1) 2.4.2 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee waarom die WVK amnestie aan die veiligheidspolisie geweier het. (2 x 1) (2) 2.4.3 Verduidelik waarom jy dink Goniwe se broer oor die WVK se besluit met betrekking tot die Cradock Vier bly was. (2 x 2) (4) 2.5 Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot hoe die veiligheidspolisiemanne anti-apartheidsaktiviste ondervra het. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die WVK die moord op politieke aktiviste soos die Cradock Vier hanteer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP SUID-AFRIKA GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Definieer die term globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Gee TWEE voorbeelde in die bron van die effekte wat globalisering op verskillende gemeenskappe wêreldwyd gehad het. (2 x 1) (2) 3.1.3 Volgens die bron, waarom het baie waarnemers geglo dat baie lande ' 'n onseker fase' in hul ekonomiese ontwikkeling betree het? Noem DRIE faktore. (3 x 1) (3) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op Thomas Friedman se bewering 'dat globalisering deesdae "verder" en "vinniger" is'. (2 x 2) (4) 3.2 Lees Bron 3B. 3.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat globalisering 'ontwikkelde lande' gehelp het. (2 x 1) (2) 3.2.2 Hoe, volgens die bron, kan lande 'tegnologie en innovering' gebruik om die 'inkomste en lewenstandaarde van die armes' te verhoog? (2 x 1) (2) 3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom jy dink die lone van 'laaggeskoolde arbeiders' verlaag is. (2 x 2) (4) 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Wat, volgens die bron, was Gordhan se siening van globalisering? (1 x 1) (1) 3.3.2 Identifiseer die TWEE strategieë in die bron wat Gordhan voorgestel het, wat Suid-Afrika sal help om die maatskaplike en ekonomiese skeidings wat deur globalisering veroorsaak is, te hanteer. (2 x 1) (2) 3.3.3 Verduidelik hoe globalisering tot toenemende vlakke van ongelykheid in Suid-Afrika bygedra het. (2 x 2) (4) 3.3.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir 'n historikus wat die impak wat globalisering op Suid-Afrika se ekonomie gehad het, te ondersoek. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2020 SS/NSS 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wie 'DIEGENE WAT HET' en 'DIEGENE WAT NIE HET NIE' is, in die konteks van globalisering. (2 x 2) (4) 3.5 Bestudeer Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in albei bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die negatiewe effekte van globalisering op Suid-Afrika. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die impak wat globalisering op Suid-Afrika gehad het, te verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's Dit was die gevolg van intense druk vanaf verskillende internasionale anti- apartheidsorganisasies wat in die 1980's tot die uiteindelike val van die apartheidsregime gelei het. Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Die onderhandelingsproses tussen verskillende politieke partye het in 1994 'n belangrike rol in die totstandkoming van 'n demokratiese Suid-Afrika gespeel. Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Verduidelik tot watter mate die val van die Sowjetunie in 1989 tot die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het, bygedra het. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all