Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 



%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2/v1-a0a97a96d22e080d0901/card.webp)

View all



History P2 Nov 2019 Afr_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 9
- File size
- 200.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
AFDELING nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
ORGANISASIE (SASO) IN DIE BEWUSMAKING VAN SWART
SUID-AFRIKANERS GESPEEL?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Haal TWEE redes uit die bron aan oor wat daartoe aanleiding
gegee het dat swart Suid-Afrikaanse studente by NUSAS
aangesluit het. (2 x 1) (2)
1.1.2 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Biko gevoel het dat dit nodig was om in 1969 SASO
te stig. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Hoe, volgens die bron, het SASO die Swartbewussynsfilosofie
bevorder? (2 x 1) (2)
1.2.2 Noem die TWEE leiers in die bron wat SASO se
gemeenskapsontwikkelingsprogramme beïnvloed het. (2 x 1) (2)
1.2.3 Maak 'n lys van DRIE gemeenskapsprojekte in die bron wat deur
SASO tot stand gebring is. (3 x 1) (3)
1.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op die impak wat gemeenskapsontwikkelingsprojekte
op swart Suid-Afrikaners gehad het. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Hoe, volgens die bron, het die Minister van Justisie die parlement
verstom (geskok)? (1 x 2) (2)
1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe Pelser die verbanning van die SASO-8 geregverdig het.
(1 x 2) (2)
1.3.3 Waarom, volgens die bron, het Pelser nie die leiers van SASO voor
die hof gedaag nie? (1 x 1) (1)
1.3.4 Verduidelik wat jy dink Helen Suzman geïmpliseer het met die
stelling: 'die regering was verantwoordelik vir die skep van 'n
onvernietigbare (blywende) swart nasionalisme wat net 'n
neweproduk van wit nasionalisme is'. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2019
NSS
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik waarom jy dink SASO besluit het om hierdie nuusbrief
te publiseer. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar op die gebruik van die swart gebalde vuis wat
op die voorblad van die nuusbrief in die lug opgesteek is. (1 x 2) (2)
1.4.3 Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron
wanneer die rol van SASO nagevors word. (2 x 2) (4)
1.5 Bestudeer Bron 1C en 1D en verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
bewyse in Bron 1D oor die SASO-8 ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
wat die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) in die bewusmaking
van swart Suid-Afrikaners gespeel het, verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVIS, ASHLEY KRIEL, HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Haal TWEE organisasies uit die bron aan wat tot die stigting van
die WVK ingestem het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Gee TWEE redes in die bron vir die totstandkoming van die WVK.
(2 x 1) (2)
2.1.3 Verduidelik waarom jy dink die WVK die mandaat gekry het om
menseregteskendings wat tussen 1 Maart 1960 en 10 Mei 1994
gepleeg is, te ondersoek. (2 x 2) (4)
2.1.4 Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2)
2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar oor waarom die WVK na die getuienis van beide
slagoffers en oortreders geluister het. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee wanneer en waar
Ashley Kriel vermoor is. (2 x 1) (2)
2.2.2 Hoe, volgens die bron, het aktiviste Ashley Kriel se persoonlikheid
beskryf? (2 x 1) (2)
2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Ashley Kriel 'n teiken van die apartheidsveiligheidsmagte
geword het. (2 x 2) (4)
2.2.4 Noem TWEE maniere in die bron waarop Ashley Kriel se
menseregte geskend is. (2 x 1) (2)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Noem enige TWEE politieke aktiviste in die bron vir wie Benzien
om verskoning gevra het vir hulle aanranding gedurende
ondervraging. (2 x 1) (2)
2.3.2 Verduidelik of jy dink die WVK geregverdig was om amnestie aan
Benzien toe te staan vir die moord op Ashley Kriel. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B van
die bewyse in Bron 2C verskil met betrekking tot die moord op Ashley Kriel.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2019
NSS
2.5 Gebruik Bron 2D.
2.5.1 Lewer kommentaar op wat jy dink deur die woorde op die banier,
'WVK: GEEN GEREGTIGHEID VIR ASHLEY KRIEL,' geïmpliseer
word. (2 x 2) (4)
2.5.2 Verduidelik waarom jy die bewyse in hierdie bron bruikbaar sou
vind wanneer die omstandighede rondom die dood van Ashley
Kriel nagevors word. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie die moord op die
politieke aktivis, Ashley Kriel, hanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE 2018 BRICS-SPITSBERAAD OP SUID-
AFRIKA GEHAD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Noem enige DRIE BRICS-lidlande in die bron. (3 x 1) (3)
3.1.2 Waar, volgens die bron, is die 10de BRICS-spitsberaad gehou?
(1 x 1) (1)
3.1.3 Wat, volgens Sooklal, was die DRIE sleuteluitdagings waarvoor
opkomende lande te staan gekom het? (3 x 1) (3)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe lede van BRICS die uitdagings wat opkomende lande
ondervind het, sou aanpak. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
3.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom jy dink BRICS-leiers mekaar se hande
vasgehou het. (1 x 2) (2)
3.3 Vergelyk Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
in Bron 3B oor die 10de BRICS-spitsberaad ondersteun. (2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3C.
3.4.1 Wie, volgens die bron, het baat gevind by die ooreenkoms wat by
die 10de BRICS-spitsberaad onderteken is? (2 x 1) (2)
3.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
doel van die beleggingstransaksies wat by die BRICS-spitsberaad
onderteken is. (2 x 2) (4)
3.4.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink BRICS-lidstate na
Suid-Afrika as die 'nie-gunsteling' ('underdog') verwys het. (1 x 2) (2)
3.4.4 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
wat bestudeer of Suid-Afrika by BRICS baat gevind het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2019
NSS
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Voor watter uitdagings, volgens die bron, het Suid-Afrika as 'n lid
van BRICS te staan gekom? (2 x 1) (2)
3.5.2 Definieer die term kapitalisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.5.3 Identifiseer EEN rede in die bron wat 'Suid-Afrika se groei beperk'
het. (1 x 1) (1)
3.5.4 Lewer kommentaar op hoe BRICS-lidlande Suid-Afrika se
vervaardigingsektor geraak het. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
impak wat die 2018 BRICS-spitsberaad op Suid-Afrika gehad het, verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Verduidelik tot watter mate boikotte, onttrekking van beleggings en sanksies deur die
internasionale anti-apartheidsbewegings verantwoordelik was vir die uiteindelike val
van PW Botha se regime in die 1980's.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Die 25ste herdenking van die geboorte van 'n demokratiese Suid-Afrika word in 2019
gevier.
Bespreek krities die rolle wat verskillende politieke organisasies gespeel het in die
bemeestering van die uitdagings wat Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 in die gesig
gestaar het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Die val van die Berlynse Muur in 1989 het daartoe gelei dat politieke vyande, die
Nasionale Party en die African National Congress, samesprekings begin het.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Addendum
History P2 Nov 2019 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
History P2 Add June 2019 Eng_hlayiso.com_.pdf
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2/v1-a0a97a96d22e080d0901/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC History P2 (English) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
NW NSC HISTORY P2 AFR SEPT 2019_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
History P2 Nov 2017 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
History P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum