Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 391.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 2 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
30%
VLAK 3 te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die
beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ().
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 3 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
___________ •___________________________________________________
_________________•____________________________• ________________
Vlak 2 √√√√
KOMMENTAAR
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
die kantlyn regs onder, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
val:
• Die leerder se interpretasie van die vraag
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie)
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
onafhanklike argument)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 4 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument
ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n
relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
nasienriglyne)
Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel.
P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
hoofpunt.
Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
die inleiding gemaak is, ondersteun.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
die vraag wat gevra is.
E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
moet gegee word om argument vol te hou.
L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.
2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 5 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Vraag herkenbaar in antwoord.
Toon soms bewys van 'n gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 6 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot 47–50 43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoud-seleksie 43–46 40–42 38–39
relevante tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Inhoud-seleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
struktureer nie = 1– 6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 7 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
ORGANISASIE (SASO) IN DIE BEWUSMAKING VAN SWART
SUID-AFRIKANERS GESPEEL?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
• 'Omdat hulle uitgesproke was in hulle kritiek teen die regering se optrede'
• 'Verskeie wit leiers het empatie (simpatie) gehad met die swart saak'
(2 x 1) (2)
1.1.2 [Definisie van 'n historiese konsep uit Bron 1A - V1]
• Die Nasionale Party het in 1948 apartheid, wat mense geskei het op
grond van hulle ras (Swartes, Indiërs, Kleurlinge en Blankes), as 'n wet
ingestel; dit het wette geïmplementeer soos die Groepsgebiede Wet en
andere om skeiding van Suid-Afrikaners te verseker
• Rasse diskriminasie waar die apartheidsregering seker gemaak het dat
wit Suid-Afrikaners beter werke en geleenthede gehad het as swart Suid-
Afrikaners
• Wettige verskansing van wit voorregte in die meeste sfere soos
ekonomies, polities en maatskaplik
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
• Biko en sy kollegas het gevoel dat swart Suid-Afrikaners hulself moes
verteenwoordig deur die stigting van SASO
• Om hulle eie organisasie te stig om swart eenheid, selfstandigheid en
solidariteit te bevorder omdat swart Suid-Afrikaners nie toegelaat is om ʼn
rol in blanke politiek te speel nie
• Biko en sy ondersteuners het gevoel dat 'n eksklusiewe slegs-
swartbeweging nodig was om swart Suid-Afrikaners bewus te maak van
hul regte
• NUSAS het nie langer aan die behoeftes van die swart Suid-Afrikaanse
studente voldoen nie
• Om die apartheidsregime/ regering uit te daag met betrekking tot hul
rassistiese beleid soos die weiering om gemengde ras akkommodasie of
eetfasiliteite toe te laat
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• 'SASO het ... begin om ander swart organisasies bymekaar te bring'
• 'het ... die Swartmense se Konvensie as die politieke organisasie gestig ...'
(2 x 1) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• 'Julius Nyerere'
• 'Paulo Freire' (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 8 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘Skoon water, beskutting en gesondheidsdienste’
• 'bou van klein damme'
• 'die oprigting van skoolgeboue'
• 'verskaffing van medisyne'
• 'sopkombuise'
• 'hulp aan gemeenskappe wat gevestig is'
• ‘geletterdheidsprojek’
• ‘Tuisonderrigskema’ (enige 3 x 1) (3)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
Die gemeenskapsprojekte het die volgende impak gehad:
• Het swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe bygestaan om hulle eie
belange vas te stel en hulle eie potensiaal vas te stel
• Het die vertroue en selfvertroue van swart Suid-Afrikaners gewen
• Het 'n praktiese program vir onderwys en die opheffing van swart Suid-
Afrikaners voorsien om armoede te verlig en geletterdheid te verbeter deur
politieke, ekonomiese en maatskaplike bewuswording
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.3
1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• 'Toe hy erken het dat agt SASO-leiers verban is omdat hofprosedures hulle
'n platform (publisiteit) sou bied' (1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]
• Die stellings wat deur swart Suid-Afrikaanse studenteleiers gemaak is kon
lei tot die uitbreek van geweld en sou 'n impak gehad het op die veiligheid
van wit Suid-Afrikaners
• Pelser beskou die Swartbewussynsfilosofie as ʼn bedreiging en beweer
dat die SASO 8 geweld aanstig (daar word verwys na ‘brandstigting,
verkragting en bloedige rewolusie)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• 'Dit sou hulle 'n platform (publisiteit) gegee het' (1 x 1) (1)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]
• Die hardhandige behandeling op swart Suid-Afrikaners deur die
apartheidsregime was direk verantwoordelik vir die opkoms van swart
nasionalisme
• Die apartheidsregime het aangehou om wit minderhede te ondersteun en
beskerm en dit sou lei tot die opkoms van swart nasionalisme (dit lei tot
weerstand teen apartheid)
• Afrikaner nasionalisme onderdruk die opkoms van Afrika nasionalisme en
dit was verantwoordelik vir die saai van swart nasionalisme
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 9 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.4
1.4.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Om lede van SASO in te lig oor die verbanning van die agt SASO-leiers
• Om die leiers wat verban is te eer
• Om aan die kaak te stel hoe die apartheidsregime leiers van SASO en die
BPC behandel het
• Om swart Suid-Afrikaners aan te spoor om te verenig (gebalde vuis in die
lug opgesteek) teen die verbanning van die SASO 8
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
• Die opgeligte vuis verteenwoordig 'n simbool van mag
(‘amandla’)/krag/eenheid
• Verteenwoordig 'n simbool van weerstand/stryd/geveg teen wit
oorheersing (apartheid)/veg vir vryheid
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.4.3 [Vasstelling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 1D – V3]
Die bron is BRUIKBAAR want:
• Dit is die voorblad van 'n SASO nuusbrief (verbande uitgawe) wat in 1973
gepubliseer is
• Dit toon die SASO 8 wat verban is deur die apartheidsregime
• Dit gee insig in hoe die apartheidsregime op SASO 8 reageer het/ dit toon
die onsensitiwiteit van die apartheidsregime teenoor swart Suid-Afrikaanse
politieke aktiviste
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D – V3]
• Beide Bron 1C en 1D verwys na die verbanning van die SASO 8
• Bron 1C dui die name van die SASO 8 aan wat verban is en Bron 1D toon
die foto's van die SASO 8 wat verban is
• Bron 1C skets die gevolge van die apartheidsregime se poging om swart
Suid-Afrikaners te ondermyn en in Bron 1D sien ons die bewyse van swart
Suid-Afrikaanse leiers wat die apartheidsregime uitgedaag het
• Bron 1C verwys na 'Swart rewolusie' en in Bron 1D sien ons die voorblad
van 'n nuusbrief wat die opgehewe gebalde vuis toon wat die begin van
die swart rewolusie/ vryheidstryd impliseer
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 10 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Biko was 'n voorstaander van die stigting van SASO as gevolg van 'n
tekort aan integrasie van studentepolitiek in Suid-Afrika (Bron 1A)
• SASO was verantwoordelik vir die stigting van BPC in 1972 wat die
bewusmaking van swart Suid-Afrikaners aangevoer het deur middel van
die Swartbewussynsfilosofie (Bron 1B)
• SASO stig gemeenskapsprojekte wat beïnvloed is deur Julius Nyerere en
Paulo Freire (Bron 1B)
• SASO het verskeie selfhelpprogramme regoor Suid-Afrika uitgebrei en
gevestig om swart Suid-Afrikaners te help (Bron 1B)
• SASO se gemeenskapsprogramme het die lewensomstandighede van
arm swart Suid-Afrikaners verbeter (Bron 1B)
• SASO was ook betrokke in geletterdheidsprogramme en 'n 'Tuisonderrig-
skema' om swart Suid-Afrikaners by te staan (Bron 1B)
• SASO het verskeie nuusbriewe gepubliseer om hulle
Swartbewussynsfilosofie onder sy lede te versprei (eie kennis)
• Die Minister van Justisie het die SASO 8 verban wat daartoe gelei het dat
swart Suid-Afrikaners ontwaak het om weerstand te bied teen die
apartheidsregime (Bron 1C)
• Die dade van SB-leiers het swart Suid-Afrikaners geïnspireer om die
apartheidsregime uit te daag (Bron 1C)
• Die Maart 1973 nuusbrief van SASO het gedien as 'n inligtingsoordrag oor
die verbanning van die SASO 8 (Bron 1D)
• SASO het diskriminasie aan die hand van die apartheidsregime ondervind
(eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van die rol wat die Suid-Afrikaanse Studente-
PUNTE
VLAK 1 organisasie (SASO) in die bewusmaking van swart Suid-
0–2
Afrikaners gespeel het nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp,
bv. toon begrip van die rol wat die Suid-Afrikaanse
PUNTE
VLAK 2 Studente-organisasie (SASO) in die bewusmaking van swart
3–5
Suid-Afrikaners gespeel het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip
van die rol wat die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie
(SASO) in die bewusmaking van swart Suid-Afrikaners PUNTE
VLAK 3
gespeel het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 11 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVIS, ASHLEY KRIEL, HANTEER?
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
• 'Nasionale Party'
• 'African National Congress' (2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
• 'Om Suid-Afrika se gewelddadige en onderdrukkende (wreedaardige)
verlede te hanteer'
• ' 'n Manier om nasionale eenheid en versoening te bevorder' (2 x 1) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Die WVK het nie die tyd of hulpbronne gehad om die gruweldade wat
vanaf die instelling van apartheid gepleeg is te ondersoek nie
• Gedurende 1960 tot 1994 het 'n groot aantal politieke gruweldade/moorde
in Suid-Afrika plaasgevind (van die Sharpeville slagting tot demokrasie)
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.1.4 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A - V1]
• Die toestaan van amptelike kwytskelding aan persone wat politieke
moorde gepleeg het
• Die toestaan van amptelike kwytskelding aan oortreders wat hulle
gruweldade, wat hulle om politieke redes gepleeg het, ten volle onthul het [
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
• Sodat 'n regverdige oordeel gemaak kon word
• Om die waarheid aan te hoor oor gruweldade wat gedurende die
apartheidsregering gepleeg is sodat die gepaste besluit/beslissing deur
die WVK gemaak kon word
• Om toe te laat dat die stem van slagoffers en oortreders gehoor kan word
sodat genesing en afsluiting bereik kon word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]
• '9 Julie 1987'
• 'Kaapse Vlakte' (2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]
• 'held'
• 'kampioen'
• 'stryd-ikoon'
• ‘gebore leier’
• ‘vurig’
• ‘vrolik’ (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 12 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
• Ashley Kriel was 'n anti-apartheidsjeugleier/ politieke aktivis,
vryheidsvegter in Kaapstad
• Hy het die ANC ondersteun in sy stryd teen apartheid
• Hy het organiserings-vaardighede gehad en het die jeug verenig om die
apartheidsregime uit te daag
• Hy het by die gewapende vleuel (MK) van die ANC aangesluit
• Die apartheidsregering het Kriel gesien as ʼn bedreiging in die bydrae om
Suid-Afrika ‘onregeerbaar’ te maak
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]
• ‘het die meeste van sy tyd bestee om ... weg te kruip’
• ‘met die graaf geslaan’
• ‘Kriel vermoor is’
• 'wreedaardig gemartel'
• 'in die rug geskiet' (enige 2 x 1) (2)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• 'Peter Jacobs'
• 'Ashley Forbes'
• 'Anwar Dramat'
• 'Tony Yengeni'
• 'Gary Kruse'
• 'Niclo Pedro'
• 'Allan Mamba' (enige 2 x 1) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
GEREGVERDIG omdat:
• Benzien voor die WVK verskyn en sy rol in die moord op Ashley Kriel
erken het (het ʼn volle onthulling gedoen)
• Benzien nie uit sy eie opgetree het nie (polities gemotiveerd)/hy bloot die
instruksies van die leiers van die apartheidsregering geïmplementeer het
• Enige ander relevante antwoord
NIE GEREGVERDIG NIE omdat:
• Benzien nie die waarheid gepraat het oor die rol wat hy in die moord op
Ashley Kriel gespeel het nie
• Daar oorgenoeg bewyse was wat getoon het dat Kriel wreedaardig
gemartel is toe hy deur Benzien geskiet is
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2C – V3]
• Bron 2B stel dit dat Ashley Kriel wreedaardig gemartel en vermoor is
terwyl Benzien in Bron 2C ontken dat hy Kriel ‘onregmatig en verkeerdelik’
doodgemaak het
• Ashley Kriel se susters sê in Bron 2B dat hy geskiet is deur Jeffrey
Benzien terwyl Benzien in Bron 2C ontken dat hy verantwoordelik was vir
die moord op Kriel
• Source 2B staaf dat Ashley Kriel op 9 Julie 1987 doodgemaak is en Bron
2C staaf dat Kriel op 15 Julie 1987 doodgemaak is
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 13 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.5
2.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
• Die WVK het die familie van Ashley Kriel gefaal toe amnestie aan Benzien
toegestaan is
• Benzien wat verantwoordelik was vir die moord op Ashley Kriel is
toegelaat om vry weg te stap
• Die familie en vriende van Kriel het nie afsluiting verkry met betrekking tot
die omstandighede van sy dood nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5.2 [Vasstelling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 2D – V3]
Die bron is BRUIKBAAR want:
• Dit toon dat mense teen die WVK se beslissing met betrekking tot Ashley
Kriel se dood geprotesteer het
• Dit toon dat nie alle mense saamgestem het met die WVK se bevinding
met betrekking tot die moord op politieke aktiviste soos Kriel nie
• Dit beklemtoon hoe mense gevoel het oor die WVK en hoe hulle die
oortreders van politieke geweld gehanteer het soos diegene wat vir Kriel
se dood verantwoordelik was
• Die bron ooreenkom met ander bronne om aan te dui hoe die WVK die
moord op Kriel hanteer het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die WVK is gestig om vas te stel hoe politieke aktiviste vermoor is
(Bron 2A)
• Die WVK is gestig om nasionale eenheid en versoening te bou om die
‘aard, gebeure en mate van growwe menseregteskendings' wat tussen 1
Maart 1960 en 10 Mei 1994 deur die apartheidsregime gepleeg is (Bron
2A)
• Die WVK het openbare verhore gehou waar beide die slagoffers en
oortreders van politieke misdade 'n kans gekry het om hulle storie te vertel
(Bron 2A)
• Die WVK het openbare verhore gehou by die Bellville
Gemeenskapsentrum in Kaapstad om te luister na die getuienisse oor hoe
Kriel vermoor is (Bron 2C)
• Jeffrey Benzien het in Kaapstad voor die WVK verskyn om getuienis te
lewer met betrekking tot die moord op Ashley Kriel (Bron 2C)
• Die WVK het amnestie aan Benzien vir die moord op Kriel toegestaan
(Bron 2C)
• Die WVK het 'n platform gebied vir die ontmoeting van oortreders en
slagoffers sodat genesing kon plaasvind (Bron 2C)
• Die WVK het 'n platform vir genesing en versoening gebied toe hulle
toegelaat het dat beide slagoffers en oortreders ontmoet (eie kennis)
• Die betogers was ongelukkig oor die uitspraak van die TRC met
betrekking tot die moord op Kriel (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 14 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van hoe die Waarheids-en-Versoenings-
PUNTE
VLAK 1 kommissie die moord op politieke aktivis, Ashley Kriel,
0–2
hanteer het nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp,
bv. toon begrip van hoe die Waarheids-en-
PUNTE
VLAK 2 Versoeningskommissie die moord op politieke aktivis,
3–5
Ashley Kriel, hanteer het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
van hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie die moord
PUNTE
VLAK 3 op politieke aktivis, Ashley Kriel, hanteer het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 15 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE 2018 BRICS-SPITSBERAAD OP SUID-
AFRIKA GEHAD?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• 'Brasilië'
• 'Rusland'
• Indië'
• 'China'
• 'Suid-Afrika' (enige 3 x 1) (3)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• 'Sandton Konvensie-sentrum’
• ‘Johannesburg' (enige 1 x 1) (1)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• 'ontwikkelingsuitdagings'
• 'groei van hulle ekonomieë'
• 'aanpak van armoede’
• ‘werkloosheid' (enige 3 x 1) (3)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
• Om inklusiewe ekonomiese groei in ontwikkelende lande teweeg te bring
• Om handel tussen opkomende en ontwikkelende lande te verseker
• Om beleggings onder BRICS-lande te verhoog
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2
3.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Dit toon die leiers van hulle onderskeie lande wat die 10de BRICS-
spitsberaad in Suid-Afrika bywoon
• Dit dui op 'n noue en vriendelike verhouding tussen leiers van die BRICS-
lande
• Dit dui ʼn mate van eenheid/samewerking onder die verskillende leiers van
BRICS aan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Dit vertoon eenheid onder BRICS-leiers
• Dit vertoon krag en solidariteit tussen verskeie leiers
• Dit vertoon 'n gevoel van kameraadskap tussen BRICS-leiers
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B – V3]
• Beide Bron 3A en 3B beweer dat die 10de BRICS-spitsberaad in
Sandton/Suid-Afrika gehou is
• Bron 3A meld dat BRICS uit vyf lidlande bestaan en Bron 3B toon die
bewyse van die vyf BRICS-leiers
• Beide Bron 3A en 3B dui samewerking en eenheid onder BRICS-lede aan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 16 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.4
3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• 'Arm Suid-Afrikaners'
• 'Werklose Suid-Afrikaners' (enige 2 x 1) (2)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]
• Daar is verwag dat nuwe werksgeleenthede in Suid-Afrika geskep sou
word
• Om die ekonomie van Suid-Afrika 'n hupstoot te gee
• Om armoede te verlig
• Om handelsbetrekkinge onder BRICS te bevorder
• Om minder afhanklik te wees van Westerse kapitalistiese befondsing
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]
• Daar is verwys na Suid-Afrika as die 'niegunsteling', want dit het die
kleinste BBP/ekonomie in vergelyking met ander BRICS-lede
• Dit het die kleinste bevolking vandaar het dit beperkte koopkrag
• Suid-Afrika het nie die fiskale en ekonomiese spierkrag in vergelyking met
ander BRICS-lidstate nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.4.4 [Vasstelling van die beperking van bewyse in Bron 3C – V3]
Die bron het BEPERKINGS want:
• Dit gee slegs die siening van Suid-Afrikaanse analiste (eensydig)/dit gee ʼn
pro BRICS-siening
• Daar is geen aanduiding van watter ooreenkomste geteken is nie
• Die beleggingstransaksies het nie vermeld watter sektor van die Suid-
Afrikaanse ekonomie by BRICS sou baat gevind het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D- V1]
• 'Die uitdaging vir Suid-Afrika is dat BRICS Suid-Afrika se binnelandse
ekonomie kan ondergrawe en die werkloosheid van sy burgers direk kan
affekteer'
• 'Baie produkte van BRICS-lande ding mee met dié van Suid-Afrika'
• 'BRICS en Westerse kapitalistiese lande teiken almal Afrika se hulpbronne,
wat 'n direkte bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomie inhou' (enige 2 x 1) (2)
3.5.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3D - V1]
• Slegs 'n paar beheer die produksie/privaateienaarskap en wins-
maksimalisering is die sleutel
• Dit floreer op die uitbuiting en besering van werkers
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D - V1]
• 'Strukturele hindernisse’
• ‘swak ekonomiese en politieke beleid’
• ‘leiers se gebrek aan verbeelding het Suid-Afrika se groei beperk'
(enige 1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 17 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.5.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D- V2]
• Die instelling van hoë tariewe op Suid-Afrikaanse produkte het dit moeilik
vir Suid-Afrika gemaak om die markte van BRICS-lidlande te betree
• Suid-Afrika het deursigtigheid benodig op hoe tariefskedules en verborge
interne belasting van BRICS-vennote geïmplementeer is
• Goedkoop goedere is na Suid-Afrika uitgevoer wat 'n negatiewe impak op
Suid-Afrika se vervaardigingsindustrie gehad het en gelei het tot hoë
werkloosheidsvlakke
• Suid-Afrika het BRICS-lede maklike toegang tot sy markte aangebied
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die 10de BRICS-spitsberaad wat in Suid-Afrika gehou is, het samewerking
tussen BRICS-lande vertoon – dit het 'n positiewe impak op Suid-Afrika
gehad (Bron 3A)
• Die beleggingstransaksies wat Suid-Afrika onderteken het met BRICS pak
Suid-Afrika se swak ekonomie, waarvan verwag is om meer
werksgeleenthede te skep, aan (Bron 3C)
• China het 'n verbintenis aangegaan om $14,7 miljard (R196 miljard) uit te
betaal om investering in Suid-Afrika te befonds (Bron 3C)
• Strukturele hindernisse, swak ekonomiese en politieke beleid en die tekort
aan verbeelding in leierskap het Suid-Afrika se groei belemmer (Bron 3D)
• Daar is ook 'n aantal uitdagings uitgelig soos hoë tariefgrense, tekort aan
deursigtigheid en versteekte interne belasting wat aangespreek behoort te
word (Bron 3D)
• Dit toon dat Suid-Afrika nie afhanklik is van sy vorige handelsvennote die
VSA en Verenigde Koninkryk om ekonomiese bystand te verkry om sy
ekonomie te bou (eie kennis)
• Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS vertoon sy onafhanklikheid om
ekonomiese bande met enige ander ekonomiese blok aan te gaan (eie
kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 18 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van die impak wat die 2018 BRICS-spitsberaad op PUNTE
VLAK 1
Suid-Afrika gehad het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp,
bv. toon begrip van die impak wat die 2018 BRICS-spits- PUNTE
VLAK 2
beraad op Suid-Afrika gehad het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
van die impak wat die 2018 BRICS-spitsberaad op Suid-
PUNTE
VLAK 3 Afrika gehad het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 19 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate boikotte, disinvestering en sanksies deur
die internasionale anti-apartheidsbewegings verantwoordelik was vir die val van PW
Botha se regime in die 1980's.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate boikotte, disinvestering en
sanksies deur die internasionale anti-apartheidsbewegings verantwoordelik was vir
die val van PW Botha se regime in die 1980's.
UITBREIDING
• Redes vir die intense druk deur die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) in die 1970's
en 1980's in antwoord op PW Botha se hervormings in Suid-Afrika (Agtergrond
kortliks)
• In die1980's het die International Defence and Aid Fund (IDAF) fondse beskikbaar
gestel vir noodtoestand inhegtenisnemings/smokkel R200 miljoen na Suid-Afrika/
skep 'n netwerk van donateurs wat die vrylating van politieke gevangenes befonds
het/Vanaf Januarie 1985 het IDAF 16 551 regsake (bv. detensies, gewone
wetsvervolgings van straat-aktiviste) befonds
• Sportboikotte: In 1981 het Nieu-Seeland teen die 'rassistiese' Springboktoer
geprotesteer/die Suid-Afrikaanse Sportraad (SACOS) het politieke skakels met die
UDF en COSATU tot stand gebring/slagspreuk 'Geen normale sport in 'n
abnormale gemeenskap' nie/Teen die laat 1980's is SA verban uit 90% van
wêreldsport
• Kulturele Boikotte: Internasionale kunstenaars – slegs nie-segregasie gehore/
Kunstenaars teen Apartheid is in Brittanje gestig deur Dali Tambo en Jerry
Dammers/Die British Actors' Union Equity het die gebruik van televisieprogramme
wat sy lede ingesluit het, verbied/In 1985 het die VSA se 'Artists United against
Apartheid' geweier om in Suid-Afrika op te tree en het geld vir
bevrydingsbewegings ingesamel/Die 1986 Freedom Festival in Londen is deur 'n
gehoor van 250 000 bygewoon/musikante het hulle solidariteit met die mense in
SA getoon/sprekers van die ANC, SWAPO en die British Anti-Apartheid Beweging
het die skare toegespreek
• Akademiese Boikotte: Geleerdes het geweier om na Suid-Afrika te reis/Uitgewers
het geweier om Suid-Afrikaanse manuskripte te publiseer en om toegang te gee tot
informasie/Internasionale konferensies het Suid-Afrikaanse geleerdes verbied/
Buitelandse instellings het Suid-Afrika akademiese toegang geweier en het
geweier om Suid-Afrikaanse grade te erken/Buitelandse skole het geweier om as
eksterne eksaminators op te tree vir tesisse wat by SA universiteite voorgelê
is/Trinity College het sy fakulteite verbied om met Suid-Afrikaanse universiteite
saam te werk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 20 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Verbruikersboikotte: Suid Afrika het 'n ekonomiese resessie gedurende die 1980's
beleef/anti-apartheidsgroepe het die publiek aangemoedig om SA produkte te
boikot/ Ierse werkers het geweier om vrugte uit Suid-Afrika te hanteer/Invoer van
natuurlike produkte uit Suid-Afrika – steenkool, yster, staal – is verbied
• Disinvestering: Dit was as gevolg van die Soweto-opstand en die dood van Steve
Biko/ Swede was die eerste industriële land wat in SA desinvesteer het/In die
1980's het buitelandse beleggings met 30% gedaal/ Teen 1980 het Brittanje alreeds
van die Simonstad marinewerf (hawe) disinvesteer/General Motors en Barclays
Bank het uit Suid-Afrika onttrek/In die 1980's het die Suid-Afrikaanse ekonomie
gesukkel omdat beleggers die land verlaat het/Die rand is gedevalueer/
Die uitwerking van die AAM protesaksie het 'n negatiewe effek op die Suid-
Afrikaanse regering/Tussen 1985 en 1990 het meer as 200 Amerikaanse
maatskappye uit Suid-Afrika onttrek/Die Universiteit van Kalifornië het beleggings
van meer as drie miljard dollars uit Suid-Afrika onttrek
• Sanksies: In 1980's het die Sullivan Principle (werkers van alle VSA maatskappye
moet gelyk behandel word) die basis gevorm vir desinvestering-veldtogte/Leerders-
opstande in die 1980's het die onttrekking van VSA handelsmaatskappye
aangevuur/In 1982 het die Verenigde Nasies (VN) apartheid veroordeel en gevra vir
sanksies teen SA
- In 1985 het Amerikaanse Bank – Chase Manhattan Bank bande met Suid-Afrika
verbreek/Die Johannesburgse Aandelemark (JSE) het vir vier dae gesluit/
Die waarde van die rand het gedaal met 35% van 54 tot 34 sent teenoor die
dollar/In 1985 het die Europese Ekonomiese Gemeenskap nuwe beleggings in
SA verban
- In 1986 het die VS Kongres 'n wet aanvaar wat alle nuwe beleggings en lenings
in Suid-Afrika verbied het/Groot maatskappye soos General Electric, Pepsi
Cola, General Motors, Mobil en IBM het hul aktiwiteite in Suid-Afrika gestop/
Die VSA het gedreig om wapen-verkope aan Suid-Afrika te staak/In 1986 het
die Anti-Apartheidswet van die VSA veroorsaak dat Europa en Japan sanksies
teen Suid-Afrika instel/Internasionale banke het vertroue in Suid-Afrika se
ekonomie verloor
- In 1987 het Israel gestem om nie langer hulle bestaande verdedigingskontrakte
met SA te verleng nie/In 1988 het een vyfde van Britse en 184 van Amerikaanse
maatskappye uit SA onttrek as gevolg van druk van aandeelhouers/Barclays
Bank het sy aandele verkoop as gevolg van druk van die Britse publiek/Die SA
ekonomie het aanhou stagneer en het slegs 'n groei van 1.1% getoon
• Die rol van Internasionale Vakbonde: Die AAM het 'n handelsverbod op SA
geplaas/Die Ierse Kongres van Vakbonde het die apartheidsregime in SA
teëgestaan
• Politieke en finansiële krisis in SA het aangehou/Westerse nasies het groot druk op
SA geplaas om apartheid te beëindig/Die apartheidsregime het geen keuse gehad
as om in alle erns onderhandelings met anti-apartheidsorganisasies te begin nie
• Die veldtog om Mandela vry te laat: Wembley Stadium/Verenigde Nasies/VN
Veiligheidsraad en VN Algemene Vergadering het 'n oproep gedoen om die
vrylating van Nelson Mandela
• Die rol van die frontliniestate: Verskaf basisse vir opleiding van vryheidsvegters;
veroordeel Suid-Afrika se apartheidsbeleid by die VN
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 21 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die rolle wat verskillende politieke organisasies gespeel het in die in
die bemeestering van die uitdagings wat Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 in die gesig
gestaar het krities bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate moet die rolle wat verskillende politieke organisasies gespeel
het in die in die bemeestering van die uitdagings wat Suid-Afrika tussen 1990 en
1994 in die gesig gestaar het krities bespreek.
UITBREIDING
• Die Nasionale Party se besluit om leiers van die ANC in 1990 vry te laat
• Ontbanning van politieke en burgerlike organisasies, die ANC en SAKP deur die NP
• NP se besluit om Nelson Mandela vry te laat
• Rol van Nelson Mandela nadat hy vrygelaat is uit die gevangenis in Februarie 1990
• Groote Schuur Minuut, 2 Mei 1990 - NP laat politieke gevangenes vry
(Samesprekings tussen die ANC en NP) (Rol van verskeie politieke organisasies)
• Geweld in die Vaal-driehoek (Rol van verskeie politieke organisasies)
• Pretoria Minuut in Augustus 1990 – (Rol van verskeie politieke organisasies)
• Vergadering van politieke partye – KODESA 1 (20 Desember 1991) (Rol van
verskeie politieke organisasies)
• Die Declaration of Intent (Rol van verskeie politieke organisasies)
• Aanhoudende geweld op pendelaartreine op die Rand (Rol van verskeie politieke
organisasies)
• KODESA 2 (2 Mei 1992) – aanhoudende massa-aksie om die
onderhandelingsproses te versnel (Rol van verskeie politieke organisasies)
• Boipatong-slagting en sy gevolge (17 Junie 1992) (Rol van verskeie politieke
organisasies)
• Rol van die ANC in die uitroep vir aanhoudende massa aksie teen die Nasionale
Party
• Bhisho-slagting (Gqozo) en die rol van verskeie politieke organisasies om dit op te
los (7 September 1992)
• Memorandum van Begrip I September 1992 – Meyer en Ramaphosa (Rol van
verskeie politieke organisasies)
• Veelparty Onderhandelingsforum – die AWB se aanval op die Wêreldhandelsentrum
(Rol van verskeie politieke organisasies)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) (Rol van verskeie politieke organisasies)
• Die rol wat leiers van politieke organisasies gespeel het om die IVP, PAC en regse
organisasies te kry om deel te neem in Suid-Afrika se eerste demokratiese
verkiesing
• Datum vir die eerste demokratiese verkiesing is vasgestel (27- 29 April 1994) (Rol
van verskeie politieke organisasies)
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 22 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling nie. Indien
hulle saamstem met die stelling, moet hulle verduidelik hoe die val van die Berlynse
Muur in 1989 daartoe gelei het dat politieke vyande, die Nasionale Party en die African
National Congress samesprekings begin het. Indien hulle nie saamstem met die
stelling nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate kan bespreek hoe die val van die Berlynse Muur in 1989
daartoe gelei het dat politieke vyande, die Nasionale Party en die African National
Congress samesprekings begin het en hoe hierdie samesprekings gelei het tot
politieke verandering in Suid-Afrika.
UITBREIDING
• Die impak van Glasnost en Perestroika
• Die Sowjetunie disintegreer teen die einde van 1989 en word nie langer beskou as
'n supermoondheid nie
• Kommunisme word nie langer gesien as 'n 'wêreldwye bedreiging' nie
• Die val van die Berlynse Muur in Junie 1990
• Suid-Afrika kon nie langer die bedreiging van kommunisme gebruik om Westerse
ondersteuning te verkry nie
• Suid-Afrika kon nie langer op Westerse ondersteuning staatmaak nie vir sy 'anti-
kommunistiese' standpunt nie
• Wêreldpolitiek het verander en dit het 'n impak gehad op Suid-Afrika se
apartheidsbeleid
• Die apartheidsregime kon nie langer kommunisme gebruik om hulle beleid of rasse
segregasie te regverdig nie
• Die Nasionale Party se bewering dat hulle Suid-Afrika teen 'n kommunistiese
aanslag beskerm het onrealisties geraak
• Die Nasionale Party se bewering dat hulle die Kaapse seeroete beskerm teen
kommunisme het naïef begin raak
• Die VSA en sy bondgenote kon nie langer aanhou om die apartheidsregime te
ondersteun nie
• Die val van die USSR het ook die ANC beïnvloed
• Die USSR kon nie langer die ANC finansieel ondersteun nie omdat hulle bankrot
was
• Die USSR sou nie meer die ANC met wapens ondersteun nie omdat vreedsame
samesprekings vir hulle belangriker was
• Die val van die Sowjetunie het druk op beide die Nasionale Party en die ANC
geplaas om samesprekings te begin
• Die Slag van Cuito Cuanavale het die Nasionale Party aangespoor om
samesprekings oor die onafhanklikheid van Namibië met kommuniste te begin
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party-regering nie langer wit oorheersings-
regering kon handhaaf nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2 23 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord
was vir die ontwikkeling van 'wit' ekonomiese belange nie
• Daar was geen twyfel meer dat die aanhoudende onderdrukking van swart Suid-
Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie
• Die regering het begin glo dat die ontwikkeling van 'n sterk swart middelklas wat sou
dien as 'n 'skans teen rewolusie' ingesluit moes word in hervorming
• Die veiligheidsmagte en daaropvolgende noodtoestand het nie die township
opstande gestop nie
• Teen die laat 1980's was die Suid-Afrikaanse ekonomie in 'n staat van depressie
• PW Botha het 'n beroerte gekry en is opgevolg deur FW de Klerk
• FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n
samesweringsopdrag was wat van Moskou af gekom het nie
• Dit het vir De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies betrokke te
raak om 'n blywende oplossing vir Suid-Afrika te vind
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk die ontbanning van alle anti-
apartheidsorganisasies aangekondig en dit het die weg gebaan vir veelparty-
samesprekings
• Hierdie samesprekings het uiteindelik gelei tot demokratiese verkiesings wat in 1994
gehou is
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50]
TOTAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum