Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12201924 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 24 bladsye. Kopiereg voorbehou Finale Kopie Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (). • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Finale kopie Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv. ___________ •___________________________________________________ _________________•____________________________• ________________ √√√√ Vlak 2 KOMMENTAAR Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie) • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I A VLAK 4 VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van 'n gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevante tot 47–50 43–46 argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoud-seleksie 43–46 40–42 38–39 relevante tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =0 • Inhoud-seleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie =1– 6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7 – 13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's OP DIE ONTPLOOIING VAN SOWJET-MISSIELE NA KUBA GEREAGEER? 1.1.1 [Definisie van 'n historiese konsep uit Bron 1A – V1] • 'n Regering vir die mense deur die mense (bepaal deur die wil van die mense) • Vryheid van burgers in 'n land om 'n leier van hulle keuse aan te stel • Dit is ‘n politieke stelsel wat die vryheid van spraak, assosiasie en die pers toelaat • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] (a) 'Nederlaag' verloorder, mislukking (1 x 1) (1) (b) 'Groot held' (1 x 1) (1) 1.1.3 [Interpretasie van inligting in Bron 1A – V2] • Om te beskerm/Kuba te verdedig teen Amerikaanse aanval/aggressie • Om die kommunistiese ideologie in Kuba/Latyns-Amerika te versprei en te verskans • Om die VS regering uit te daag met betrekking tot die ontplooiing van missiele in Turkye/ Italië • Om aan die VSA en die res van die wêreld te toon dat die Sowjetunie magtig en sterk was • Om voorsprong te hê in die wapenwedloop • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • 'Om foto's van die beweerde Sowjet-missielbasisse in Kuba te neem’ (1 x 2) (2) 1.2.2 [Interpretasie van inligting in Bron 1B – V2] Kandidate moet beide opsies gee om vol punte te behaal • Die meerderheid van ExComm het Kennedy aangesê om 'n blokkade op Sowjetskepe wat onderweg is na Kuba af te dwing/dit was ʼn versigtige en minder konfronterende benadering • Ander lede van ExComm het Kennedy aangesê om 'n lugaanval op Kuba te loods/ want dit was meer konfronterend en ‘n oorlogsverklaring • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 1.2.3 [Interpretasie van inligting in Bron 1B – V2] • Om deursigtig te wees oor die verwikkelings in Kuba • Om Amerikaners te verseker dat hy (Kennedy) en sy administrasie in beheer van die situasie was • Om die Amerikaanse publiek in te lig oor die stappe wat hy beplan het teen die Sowjetunie • Toon dat hy nie bang was of geïntimideerd gevoel het nie deur die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Om die publiek bewus te maak van ʼn moontlike bedreiging van ʼn kernoorlog • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B - V1] • 'Om offensiewe opbou te stop, 'n streng kwarantyn (blokkade) op alle militêre aanvaltoerusting wat na Kuba gestuur word, geïnisieer’ • ‘Het ek die voortgesette en noukeurige waarneming van Kuba en die militêre opbou daarvan gelas’ • ‘Om enige kernmissiel wat uit Kuba gelanseer word, as 'n aanval deur die Sowjetunie op die Verenigde State te beskou' (3 x 1) (3) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van inligting in Bron 1C – V2] • Om die Amerikaanse publiek in te lig oor die dapper stappe (blokkade) wat Kennedy besluit het om teen die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba te neem • Om Khrushchev te intimideer sodat Sowjetmissiele uit Kuba verwyder kon word • Om Amerikaanse burgers te verseker dat Kennedy se regering in beheer was van die situasie in Kuba • Dit is 'n belangrike gebeurtenis/nuuswaardig wat die veiligheid van die VSA en sy bondgenote kon affekteer • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3.2 [Interpretasie van inligting in Bron 1C – V2] • Die Kubaanse Missielkrisis kon slegs opgelos word indien die Sowjetmissiele uit Kuba verwyder sou word • Die ultimatum het te kenne gegee dat die VSA (Kennedy) meer mag as die Sowjetunie uitgeoefen het • Kennedy het die opdrag gegee/gewaarsku dat die Sowjetunie sy missiele uit Kuba moes verwyder • Dit toon Kennedy se intensie om met die Sowjetunie tot oorlog oor te gaan as die missiele nie uit Kuba verwyder word nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 1B en 1C - V3] • In Bron 1B het Kennedy besluit om 'n blokkade van Sowjetskepe wat beplan het om na Kuba te vaar, in te stel en in Bron 1C is die blokkade van Sowjetskepe wat na Kuba gevaar het, geïmplementeer • In Bron 1B het Kennedy die Amerikaanse nasie toegespreek oor die stappe wat hy beplan het om teen die Sowjetunie te neem en Bron 1C bevestig die stappe wat Kennedy geneem het deur die Sowjetunie te beveel om sy missiele uit Kuba te verwyder (ultimatum) • In Bron 1B verklaar Kennedy dat Khrushchev die offensiewe opbou moet stop en in Bron 1C gee Kennedy ‘n ultimatum aan Krushcheve om die missiele te verwyder • Beide Bron 1B en 1C bevat inligting oor die stappe (instel van blokkade) wat Kennedy geneem het met betrekking tot die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘U (VSA) het vernietigende missielwapens, wat u aanvallend noem, in Turkye, letterlik langs ons, geplaas’ (1 x 2) (2) 1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • 'Ons is bereid om die middele wat u as offensief (aanvallend) beskou, uit Kuba te verwyder' • 'Ons is bereid om dit uit te voer en om die volgende plegtige belofte by die Verenigde Nasies (VN) af te lê' • ‘U verteenwoordigers sal 'n verklaring aflê dat die Verenigde State van Amerika, op hulle beurt, met inagneming van die ongemak en die angs van die Sowjetstaat, hulle ooreenkomstige middele (soortgelyke missiele) uit Turkye sal verwyder’ (2 x 1) (2) 1.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Die Veiligheidsraad/Verenigde Nasies (1 x 1) (1) 1.5.4 [Evaluering van die tekortkominge van bewyse in Bron1D- L3] • Die bron gee slegs Khrushchev se sienings oor hoe om die Kubaanse Missielkrisis op te los (eensydig) • Dit is die siening van 'n kommunis • Dit is eensydig teenoor die VS regering (blameer die VS regering vir die ontplooiing van missiele na Turkye) en regverdig die Sowjetunie se ontplooiing van missiele na Kuba • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Fotografiese bewyse wat uit 'n U-2 vliegtuig geneem is, het die oprigting van Sowjetmissiel-terreine in Kuba openbaar (Bron 1B) • President Kennedy is ingelig oor die oprigting van die Sowjetmissiel-terreine in Kuba en het onmiddellik ExComm gestig om hom te adviseer (Bron 1B) • Lede van ExComm het die instel van 'n blokkade of 'n lugaanval aanbeveel (Bron 1B) • Kennedy het gekies om 'n blokkade van Sowjetskepe, wat onderweg was na Kuba, in te stel want hy het bedreig gevoel (Bron 1B) • Kennedy rig 'n ultimatum aan Khrushchev om die missiele uit Kuba te verwyder (Bron 1C) • Kennedy het die verkenning van Kuba verbeter wat aanleiding gee tot die afskiet van ʼn VSA spioen vliegtuig, wat die spanning laat toeneem het (Bron 1B) • Die VSA en sy burgers is sielkundig voorberei vir die uitbreek van 'n kernoorlog (eie kennis) • Kennedy het ‘n beleid van waagmanskap geïmplementeer • 'n Aantal vreedsame optogte is regoor die VSA gehou teen die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of VLAK 1 min begrip van hoe die Verenigde State van Amerika PUNTE gereageer het op die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba 0–2 in die 1960's nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, VLAK 2 bv. toon begrip van hoe die Verenigde State van Amerika PUNTE gereageer het op die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba 3–5 in die 1960's. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van hoe die Verenigde State van Amerika gereageer het op VLAK 3 die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba in die 1960's. PUNTE • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en 6–8 toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE TUSSEN 1974 EN 1976 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 'FNLA' • 'UNITA' (2 x 1) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 'Die Amerikaanse nederlaag in Viëtnam in April 1975 het sy aansien oor die wêreld heen ernstig geknou' • 'Kissinger, die VS … angstig gemaak om maniere te vind om Amerika se mag af te dwing' (enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van inligting in Bron 2A – V2] Die VSA: • Het in Angola betrokke geraak om die verspreiding van kommunisme te stop • Het nie bestaande belange in Angola se olienywerheid gehad nie • Wou nie hulle geloofwaardigheid/beeld onder prodemokratiese Afrikalande verloor nie • Om Sowjet oorheersing/invloedsfeer in Suidelike Afrika uit te daag • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Interpretasie van inligting in Bron 2B – V2] • Toon die VSA se geheime militêre betrokkenheid in Angola • Toon dat Angola vernietig sal word gedurende die konflik (koeëlgate, bomme en rook) • Stel dit dat die oorlog Amerikaanse belastingbetalers miljoene dollar sal kos/gee ʼn negatiewe perspektief • Die oorlog kon tot die dood van baie mense gelei het • Stel dit dat die CIA en Henry Kissinger ten gunste van die VSA se betrokkenheid in Angola was • Gee te kenne dat die Amerikaanse ondervinding in Viëtnam herhaal sal word in Angola • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.2 [Analise van bewyse in Bron 2B – V2] • Die stelling is sarkasties - Amerika is in Viëtnam verslaan en daarom was daar 'n moontlikheid dat die VSA in Angola verslaan sou word • Baie Amerikaanse soldate is dood in Viëtnam daarom was daar 'n moontlikheid daar meer soldate hulle lewens in 'n Angolese oorlog sou verloor • Die oorlog in Viëtnam kos miljoene dollar en daar is verwag dat die oorlog in Angola ook duur sou wees • Die VS verliese in Angola sou erger as die een in Viëtnam wees want dit het die Sowjetunie, Kuba en Suid-Afrika ingesluit • Die CIA was betrokke in beide Angola en Viëtnam • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 2.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 2A en 2B – V3] • In Bron 2A het die VSA 300 000 VS dollar aan die FNLA en UNITA geskenk en dit word ondersteun in Bron 2B wat beweer dat die VS betrokkenheid miljoene sal kos • Bron 2A meld dat die CIA en Kissinger ten gunste van die VSA se betrokkenheid in Angola was en Bron 2B stel Kissinger en die CIA voor as die twee hoof rolspelers in Amerika se betrokkenheid in Angola • Bron 2A staaf dat Amerika in Viëtnam verslaan is wat ondersteun word in Bron 2B wat aandui dat nog 'n nederlaag vir die VSA in Angola verwag word • In Bron 2A het die VSA ʼn geheime skenking aan die FNLA en UNITA gemaak en in Bron 2B toon die spotprenttekenaar die VSA se betrokkenheid as ‘TOP SECRET’ hoogs geheim • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • 'dat julle moes onttrek sonder om julle doelstellings te bereik' (1 x 2) (2) 2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • '… omdat hulle (Kubane) die terrein van die Calueque Dam beset het' • '… Russiese en Kubaanse ondersteuning van die MPLA' (2 x 1) (2) 2.4.3 [Interpretasie van inligting in Bron 2C – V2] • Die kommuniste ondersteun vryheidsbewegings in Afrikalande • Die kommuniste het in totale staatsbeheer geglo en dit was teen Vorster se oortuiging van 'n markekonomie • Die kommuniste het die Suid-Afrikaanse vryheidsbewegings soos die ANC wat die apartheidsregime uitgedaag het, ondersteun • Die rol van die kommuniste in Angola het 'n ernstige bedreiging vir Vorster se apartheidsregime ingehou • Die kommuniste wou wêreldoorheersing hê • Die kommuniste het lande in Suidelike Afrika ondermyn • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4.4 [Vasstelling van die betroubaarheid van Bron 2C – V3] BETROUBAAR TOT 'n GROOT MATE • Dit bevat eerstehandse inligting uit 'n onderhoud • Die persoon met wie die onderhoud gevoer is (BJ Vorster) was die Eerste Minister van Suid-Afrika en het beter insig gehad in die verwikkelings in Angola • Die datum van die onderhoud (1976) kom ooreen met die datum van die burgeroorlog • Die inligting is verkry deur 'n TV stasie wat groot internasionale gebeurtenisse gedek het • Enige ander relevante antwoord BETROUBAAR TOT 'n MINDERE MATE • Die bron gee 'n eensydige siening van Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola • Die bron maak nie Suid-Afrika se alternatiewe motiewe vir sy betrokkenheid in Angola bekend nie • Die bron kan beskou word as propaganda om die ondersteuning van Westerse moondhede te verkry • Die bron is eensydig teen Rusland en Kuba want dit versterk 'n kommunistiese bedreiging • Die bron bevat onakkurate inligting, bv. 'ons was nooit betrokke by die burgeroorlog nie' • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • 'hoofsaaklik van 'n burgerlike aard' • 'deur vir hulle tegniese bystand te stuur, veral dokters' • 'het ons militêre adviseurs gestuur om hulle gewapende magte te organiseer' (enige 2 x 1) (2) 2.5.2 [Definisie van 'n historiese konsep uit Bron 2D – V1] • Buitelandse moondhede wat lande verslaan en grond en mense oorneem; hulle het reëls, waardes, taal en leiers op hierdie kolonies afgedwing bv. Portugal het Angola gekoloniseer; die kolonialiste het menslike -en nasionale hulpbronne vir hul eie gewin uitgebuit • Die leiers van Europese lande het besluit om beheer te neem van gebiede byvoorbeeld in Afrika • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • '... toe Suid-Afrikaanse troepe op 23 Oktober 1975 Angola ingeval het' • ‘... om teen die Suid-Afrikaanse troepe te veg’ (1 x 2) (2) 2.5.4 [Interpretasie van inligting in Bron 2D – V2] • Suid-Afrika sou sy apartheidsbeleid in Angola implementeer en sou Angolese aan rassediskriminasie onderwerp (onregverdige behandeling) • Suid-Afrika was ‘n kapitalistiese land en sou Angola se natuurlike hulpbronne vir sy eie gewin uitbuit • Suid-Afrika sou die kommunistiese MPLA regering in Angola beëindig • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die VSA het die FNLA en UNITA in die geheim befonds om te voorkom dat die MPLA die mag in Angola oorneem (Bron 2A) • Die VSA raak betrokke in Angola om te voorkom dat die USSR kommunisme in Angola en Suidelike Afrika versprei (Bron 2A) • Die VSA wou hulle ekonomiese belange (olie) in Angola beskerm (eie kennis) • Die USSR raak betrokke in die burgeroorlog in Angola om kommunisme te laat vooruitgaan (Bron 2A) • Die USSR het die MPLA van wapens en adviseurs voorsien om 'n kommunistiese oorwinning in Angola te verseker (Bron 2A en 2C) • Suid-Afrika het in Angola betrokke geraak want hulle wou die verspreiding van kommunisme in Angola en in Suidelike Afrika stop (Bron 2C) • Suid-Afrika moes die Calueque Ruacana hidro-elektriese kragfasiliteit wat Suidwes-Afrika/Namibië van elektrisiteit voorsien het, beskerm (eie kennis) • Suid-Afrika wou die MPLA verhoed om mag oor te neem, want hulle het die ANC en SWAPO toegelaat om militêre basisse in Angola te bou (eie kennis) • Kuba raak betrokke in Angola om die MPLA teen Suid-Afrika te beskerm (Bron 2D) • Kuba het betrokke geraak in die burgeroorlog om die versterking van rassisme en diskriminasie te voorkom indien Suid-Afrika Angola sou oorneem (Bron 2D) • Buitelandse magte het betrokke geraak in die burgeroorlog in Angola as gevolg van sy ryk natuurlike hulpbronne en sy strategiese geografiese ligging sowel as sy vaarbare hawens vir handel (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van waarom buitelandse moondhede PUNTE VLAK 1 betrokke geraak het in die Angolese burgeroorlog 0–2 tussen 1974 en 1976 nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom buitelandse moondhede betrokke geraak het in die Angolese PUNTE VLAK 2 burgeroorlog tussen 1974 en 1976. 3–5 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van waarom buitelandse moondhede betrokke geraak het in die Angolese burgeroorlog tussen 1974 en PUNTE VLAK 3 1976. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: WATTER ROL HET FRED HAMPTON IN DIE 1960s IN DIE MOBILISERING VAN SWART AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA GESPEEL? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • 'Akademie' • 'Atletiek' • 'Redenaars' • ‘Organiseerder’ (enige 2 x 1) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • 'om ontspanningsgeriewe' • 'Die gehalte van onderwys in swart Amerikaanse skole te verbeter' (enige 1 x 2) (2) 3.1.3 [Interpretasie van inligting in Bron 3A – V2] Kandidate moet beide kapitalisme en sosialisme in hulle antwoord insluit • Kapitalisme is 'n ekonomiese sisteem wat gebaseer is op die uitbuiting van arbeid in die strewe na maksimum profyt terwyl sosialisme die verdeling van bronne voorstaan en die staat totale eienaarskap oor die produksiemiddele het • Fred Hampton het voorkeur aan sosialisme gegee, want hierdie ekonomiese sisteem is gebaseer op verdeling terwyl kapitalisme daarop gefokus het om slegs 'n paar te verryk • Fred Hampton het geglo dat die heersende kapitalistiese stelsel onregverdig was en het gevolglik sosialisme bepleit omdat hy geglo het dat dit ‘n nuwe samelewig sou skep wat gebasseer sou wees op rasse en ekonomiese gelykheid. • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.1.4 [Definisie van 'n historiese konsep uit Bron 3A – V1] • Swart Mag is gebruik om eenheid, selfvertroue, trots en mag deur swart Amerikaners teen die VS regering en sy verskillende agentskappe te • Swart Mag was gebruik om swart Amerikaners te verenig om sodoende onderdrukking, diskriminasie en ongelykheid waarvoor hulle te staan gekom het, uit te daag • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • 'Opvoeding' • 'Waarneming' • 'Deelname' (enige 2 x 1) (2) 3.2.2 [Interpretasie van inligting in Bron 3B – V2] • Hampton roep 'n rewolusie uit want hy wou 'n radikale verandering in die gemeenskap hê. • Om die lewenstandaard van Afro Amerikaners te verbeter • Het die uitwissing van rykdomverskille, rassisme en segregasie gebaseer op ras, begeer • Om verandering teweeg te bring in die ekonomiese sisteem wat geleenthede aan swart Amerikaners sou verseker • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1] • ‘Beveg kapitalisme met sosialisme’ • 'Organiseer' • 'Mobiliseer' • 'Toewy aan rewolusionêre politieke mag' • 'Onsself die spesifieke behoeftes leer om weerstand teen die magstruktuur van kapitalisme te bied ' (enige 2 x 1) (2) 3.2.4 [Vasstelling van die bruikbaarheid van die bewyse in Bron 3D – V3] Die bron is BRUIKBAAR want: • Dit is ʼn toespraak wat deur Fred Hampton gehou is by die Olivet Kerk in 1969 • Dit skets die beleid van 'n prominente lid van die BPP • Dit verskaf nuwe insig oor Fred Hampton bv. Hy het nie onderdrukking van swart Amerikaners ondersteun nie. • Dit beklemtoon Hampton se standpunt hoe verandering ingestel kan word om alle Amerikaners op te hef • Die beklemtoon hoe Hampton inligting gee oor die uitdagings waarvoor swart Amerikaners te staan kom • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B – V3] • In Bron 3A bepleit Fred Hampton dat Swart Amerikaners opgevoed moet word volgens die filsofie van Swart Mag en in Bron 3B verseker die die Black Panther-party dat Swart Amerikaners ‘n opvoeding ontvang wat tot ‘n suksesvolle revolusie sou lei • Bron 3A noem dat Fred Hampton aangetrokke was tot die BPP se maatskaplike programme en Bron 3B noem hoe 'n regverdige samelewing in die VSA tot stand gebring kon word • In Bron 3A het Hampton ʼn verskuiwing van kapitalisme na sosialisme bevorder en in Bron 3B het hy die behoefte om onsself te leer om die magstruktuur van kapitalisme teë te staan, bevorder • Beide Bron 3A en 3B toon dat Fred Hampton ʼn kragtige openbare spreker was wat swart Amerikaners gemobiliseer het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • ‘Fred Hampton was suksesvol met die saamsmelt (vereniging) van die Black Panther-party met verskeie politieke organisasies in Chicago, waaronder voormalige bendeleiers van die swart Amerikaanse, Italiaanse, Latyns-Amerikaanse en wit gemeenskappe' (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 3.4.2 [Interpretasie van inligting in Bron 3C – V2] Fred Hampton: • Was 'n invloedryke leier in die swart Amerikaanse gemeenskap en het hulle denke gevorm • Propageer idee vir die totstandkoming van 'n sosialistiese land wat teen demokratiese ideale was wat die VSA verteenwoordig het • Het die FBI se behandeling van swart Amerikaners blootgestel • Bevorder eenheid onder verskillende rasse/ politieke organisasie en bendelede • Wou polisiebrutaliteit teen swart Amerikaners beëindig • Wou verandering deur middel van 'n 'rewolusie' bring • Het volgens die informant onwettige wapens gestoor • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • ‘Secobalbitel (‘n kragtige slaapmiddel) • 'het ongeveer 100 rondtes ammunisie … gevuur' • ‘twee skote op kort afstand gevuur' (enige 2 x 1) (2) 3.5 3.5.1 [Interpretasie van inligting in Bron 3D – V2] • Om die rol wat Fred Hampton in die stryd vir vryheid vir swart Amerikaners gespeel het, te herdenk • Om swart Amerikaners te herinner aan die opofferings wat Fred Hampton gemaak het vir 'n vry samelewing • Om Fred Hampton se rewolusionêre gees wakker/nalatenskap lewendig te hou omdat hy gebore is in Illinois, Chicago • Om aan die rol wat die polisie gespeel het in die ondermyning van die swart Amerikaanse gemeenskap te herinner en dit toe te lig • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5.2 [Interpretasie van inligting in Bron 3D – V2] • Dit toon dat sy nalatenskap steeds lewendig was 'jy kan nooit die rewolusie doodmaak nie' in die BPP • Dit toon dat Fred Hampton 'n held was in die stryd om vryheid van swart Amerikaners • Dit toon dat Fred Hampton ʼn kragtige spreker was • Die rooi kleur toon hoe Fred Hampton brutaal deur die polisie vermoor is (koeëlgate) • Dit kleur rooi gee te kenne dat Fred Hampton vermoor is oor sy sosiale oortuigings • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: Fred Hampton: • Organiseer die jeug om fasiliteite in die swart Amerikaanse gemeenskappe te verbeter (Bron 3A) • Het aangesluit by die Black Panther-party (BBP) as gevolg van sy sosialistiese oriëntasie en die verskillende programme wat hulle gehou het om behoeftige swart Amerikaners te help • Wou 'n gemeenskap hê wat gebaseer was op sosialisme eerder as kapitalisme (Bron 3A) • Het die opvoeding van die massas ondersteun (Bron 3A) • Het swart Amerikaners aangemoedig om in BPP programme betrokke te raak (eie kennis) • Was 'n voorstaander van rewolusie in die Verenigde State van Amerika om verandering teweeg te bring (Bron 3B) • Was instrumenteel in die opkoms van politieke bewussyn onder die swart Amerikaanse werkersklas (Bron 3B) • Het polisiebrutaliteit blootgestel en hulle verontagsaming van Federale Wette (eie kennis) • Het 'n rol gespeel in die versekering van wapenstilstand wat bereik is tussen die Black Panthers, verskeie politieke organisasies en bendelede (Bron 3C) • Het sy redenaars-vaardighede gebruik om swart Amerikaners te mobiliseer (Bron 3D) • Het swart Amerikaners aangemoedig om vir gelyke regte, geregtigheid en vryheid te veg (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen VLAK 1 of min begrip van die rol wat Fred Hampton in die PUNTE mobilisering van swart Amerikaners in die 1960's in die 0–2 Verenigde State van Amerika gespeel het nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou verband met die VLAK 2 onderwerp, bv. toon begrip van die rol wat Fred Hampton PUNTE in die mobilisering van swart Amerikaners in die 1960's 3–5 in die Verenigde State van Amerika gespeel het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip van die rol wat Fred Hampton in die mobilisering VLAK 3 van swart Amerikaners in die 1960's in die Verenigde PUNTE State van Amerika gespeel het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie in die verandering van die Volksrepubliek van China van 'n landbou na 'n moderne nywerheidsgemeenskap tussen 1957 en 1969 bespreek. HOOFASPEKTE • Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie die Volksrepubliek van China verander het van 'n landbou na 'n moderne nywerheidsgemeenskap tussen 1957 en 1969. Hulle moet ook aandui hoe hulle hul argument gaan ondersteun.. UITBREIDING Kandidate kan die volgende punte in hulle antwoord insluit in die kritiese bespreking van die stelling: • Mao se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie wat bedoel was om kommunistiese China ekonomies en polities te verander. Die Groot Sprong Vorentoe (fokus meer op ekonomiese transformasie) • Die bedoeling van China se Kommuniste Party (praktiese beleid om die ekonomie te verbeter; outoritêre regeringsvorm; bemagtig landbouers sonder grond; grondhervormingsproses; nasionalisering van swaar nywerhede) • Klaslose gemeenskap (fokus op die verbetering van omstandighede van boere en werkers; lei alle Chinese op om saam te werk vir 'n beter China) • Die sukses van die Eerste Vyfjaarplan van 1953 en die 100 blomme veldtog (agtergrond inligting) • Mao Zedong se Tweede Vyfjaarplan in 1958 fokus op: • Nywerheid o Het ten doel om China te industrialiseer en om kapitalistiese lande verby te steek o Om privatisering te beëindig o Lei tot die instelling van agterplaas-nywerhede o Afhanklik van ongeskoolde menslike hulpbronne (landbouers) o Swak (minderwaardige) kwaliteit van staal en ander produkte o Werkers moet naby hul werkplekke bly om die maksimum gebruik van tyd te verseker • Landbou o Om landbou-vervaardiging te verhoog sodat hulle gelyk kon wees met die vervaardiging van die Weste o Landelike koöperasies is saamgesnoer in 'Volkskommunes' (kollektivisering) o Gedwonge samevoeging van boere in 'Volkskommunes' o Swak beplanning en lewering o Hoë belasting op plaasprodukte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Propaganda is gebruik om produksie te bevorder • Geleidelik het China se ekonomie in 'n staat van bankrotskap verval • 'Bitter Drie Jare' ly tot hongersnood • Dit het gely daartoe dat die Groot Sprong Vorentoe 'n klaaglike mislukking was • In 1962 het hy die verantwoordelikheid van die ekonomie aan president Liu Shaoqi en CCP Generaal Sekretaris Deng Xiaoping oorhandig en uit die politieke arena getree • Enige ander relevante antwoord Die Kulturele Rewolusie (het gefokus op politieke transformasie eerder as landbou en industriële transformasie van die land): • Mao Zedong stig die Kulturele Rewolusie in 1966 om gesag te herstel wat verlore geraak het as gevolg van die mislukking van die Groot Sprong Vorentoe • Sy doel was om die outoriteit as leier van die Chinese Kommuniste Party te herstel • Hy stel die Rooi Wagte, wat die idees van die Klein Rooi Boekie bestudeer en versprei, aan; wat landbouers opvoed in die beginsels van kommunisme; wat lees- en skryfvaardighede geleer het; wat suiwerings ingestel het (opponente van kommunisme & gematigdes is geëlimineer en miljoene opponente van kommunistiese regering is doodgemaak); wat teenkommunistiese kuns en boeke vernietig het • Die Klein Rooi Boekie het Mao se filosofieë oor kommunisme bevat; daar is van alle burgers verwag om die beginsels van kommunisme te memoriseer; 'n bron van kommunistiese propaganda in China) • Die rol van die Rooi Wagte (Veldtog om die 'Vier Oues' ('Four Olds') aan te val: verandering van ou ideë, tradisionele kultuur, gebruike en gewoontes) • Reuse betogings is in Tiananmen Square, Beijing, gehou en oral is plakkate en prente van Mao opgesit • Eliminasie (Uitwissing) van amptenare soos Deng Xiaoping en Liu Shaoqi is uit die regering verwyder; het ontslae geraak van professionele (ingenieurs, wetenskaplikes, onderwysers ens.) • Sluiting van skole, kolleges & universiteite (omdat hulle krities, liberaal & elitistiese was) • Nywerhede het swaargekry en produksie het teen 1968 opgehou • Het 'n negatiewe impak op ontwikkeling in China gehad • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat beide die leiers van die Kongo (Mobutu Sese Seko) en Tanzanië (Julius Nyerere) 'n verskillende politieke en ekonomiese beleid na die verkryging van onafhanklikheid van koloniale beheer, geïmplementeer het. Kandidate moet demonstreer hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat beide die leiers van die Kongo en Tanzanië 'n verskillende politieke en ekonomiese beleid na die verkryging van onafhanklikheid van koloniale beheer geïmplementeer het. UITBREIDING Krediet moet ook gegee word aan kandidate wat hulle opstel vergelykend struktureer Implementering van politieke beleid Die Kongo: • Verkry onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (die Kongo (1960): J Kasavubu word President en P Lumumba word Eerste Minister (agtergrond) • Na die staatsgreep het Mobutu Sese Seko ‘n eenparty staat in die Kongo gestig (agtergrond) • Implementeer 'n beleid wat Afrikageloof en -gebruike beklemtoon (agtergrond) • Mobutu Sese Seko bly 'lewenslange president' tot met sy dood in 2007 • Mobutu Sese Seko stig 'n Kleptokrasie waar 'n groep aangestelde openbare amptenare hulle posisie misbruik het vir finansiële gewin • Mobutisme lei tot 'n outokratiese staat en persoonlikheidskultus • Mobutu word 'n militêre diktator • Sterk sentrale regering • Politieke stabiliteit is gebaseer op outoritarisme • Enige ander relevante antwoord Tanzanië: • Verkry onafhanklikheid deur demokratiese verkiesings (J Nyerere word verkies as Eerste Minister) wysig die grondwet om President te word (1962) • Gladde oorgang (vreedsame verandering/rasseharmonie/bevorder mense se gelykheid en menswaardigheid pligsgetrou) • Nadat veelparty-verkiesings gehou is na onafhanklikheid het Tanzanië 'n eenpartystaat geword • Nyerere bly 'lewenslange president' nadat onafhanklikheid verkry is • Nyerere stel die 'Leierskapskode' in die Arusha-verklaring, wat hoë vlakke van integriteit vereis van openbare amptenare, in • Afrika Sosialisme / Ujamaa was toepaslik vir inwoners • Stigting van die Verenigde Republiek van Tanzanië (1964) • Gesentraliseerde en verenigde staat • Politieke stabiliteit is gebaseer op die Swahili taal en die beleid van TANU • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne Implementering van ekonomiese beleid: Die Kongo: • Erf 'n eenproduk-ekonomie van België • Het die ekonomie aanvanklik in die hande van wit setlaars en buitelanders gelaat • Steun grootliks op landbou- en minerale ontginning (eenproduk-ekonomie) • Het profyt gebruik van die koperindustrie om sy 10 jarige industrialisasieplan te finansier • Nasionaliseer maatskappye wat deur buitelanders besit word • Stel Zaïrenasie in (vervang buitelanders met plaaslike Zaïreniste) • Zaïrenasie lei tot korrupsie en wanadministrasie • Die ekonomie word gekenmerk deur nepotisme en elitisme (groot gaping tussen ryk en arm) • Afname in die stand van die infrastruktuur soos paaie ens. • Toepassing van Retrosessie (omkeer van Zaïrenasie) • Het buitelandse hulp en beleggings van bv. die Wêreldbank ontvang • Enige ander relevante antwoord Tanzanië: • Erf 'n kapitalistiese ekonomie van Brittanje • Ekonomie is gebaseer op kontantgewasse vir die uitvoermark • Kontantgewasse vir die uitvoermark lei tot voedseltekorte in die land • Nyerere beweeg weg van kontantgewasse vir uitvoere na die plant van voedsel vir die mense • Het die kapitalistiese ekonomie met 'n ekonomie gebaseer op Afrika sosialisme vervang (Ujamaa) • Arusha-verklaring (doen afstand van uitbuiting/afname van inkomste gaping tussen die armes en rykes/eienaarskap van die land se hulpbronne) • Villagisation (gemeenskaplike dorpies) verbeter dienslewering/het 'n stabiele gemeenskap tot stand gebring wat vry was van ekonomiese ongelykhede • Landbouproduksie het drasties geval omdat boere geweier het om hulle voorvaders se grond te verlaat • Ujamaa was 'n mislukking as gevolg van gedwonge kollektivisering/gewasse is teen lae koste aan die staat verkoop • Besighede en banke wat deur buitelanders besit is, is genasionaliseer • Die meeste maatskappye wat genasionaliseer is, het bankrot geraak • Uitvoere soos bv. koffie het afgeneem • Was afhanklik van buitelandse hulp bv. die Wêreldbank • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes van die Burgerregtebeweging 'n betekenisvolle rol gespeel het in die beëindiging van diskriminasie teen swart Amerikaners in die 1960's. Kandidate moet voorbeelde selekteer uit massa-gebaseerde nie-gewelddadige protes soos sitbetogings, massa-optredes en optogte, wat onderneem is, tot die uitreiking van die Burgerregtewet in 1964 en die Stemregwet in 1965. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die verskillende vorme van protes van die Burgerregtebeweging 'n betekenisvolle rol gespeel het in die beëindiging van diskriminasie teen swart Amerikaners. Kandidate moet 'n standpunt inneem waarin hulle aandui of tot 'n grotere mate of tot 'n kleiner mate en aandui hoe hulle hul argument gaan ondersteun. UITBREIDING • Die Rosa Parks insident en Montgomery busboikot in1955/ Skooldesegregasie (1957) (Agtergrond - kortliks) • Sitbetogings (vanaf 1960) – (Greensboro, Noord-Carolina, vier studente sit by 'n slegs-blanke toonbank; In die somer van 1961 is besighede in Greensboro gedesegregeer; Sitbetogings versprei na die gesegregeerde suide; Swart en wit studente vorm die Student non-violent Coordinating Committee (SNCC) om die Burgerregtebeweging te ondersteun; Die konsep van sitbetogings versprei na ander gesegregeerde fasiliteite soos 'bidbetogings' 'pray-ins', 'leesbetogings' (read-ins), 'swembetogings' (wade-ins) ens.) • Vryheidsryers (nie-rassig/nie-gewelddadig): (Het in busse gesit en van die Noord na die diep Suide gery om nuwe federale wette te toets wat segregasie op die nasionale busstelsel verhoed het en is aangeval deur bendes, gebombardeer, in die tronk gegooi en nie beskerm deur die plaaslike polisie nie; duisende het vrywillig ondersteun en President Kennedy is gedwing om federale amptenare die opdrag te gee om die Vryheidsryers te beskerm; taai nuwe wetgewing wat deur federale bevel op 1 November 1961 ingestel is, het amptelik alle nasionale fasiliteite gedesegregeer) • Birmingham 1963: (Massa-betogings, insluitend 'n kinder-optog het met gewelddadige en wrede reaksie van die polisie gebots (waterkanonne, honde, ens. alles gebruik om nie-gewelddadige protesteerders te terroriseer) President Kennedy het op TV gesê dat 'rasse segregasie' 'n 'morele saak' was wat 'geen plek in die Amerikaanse lewe het nie'. Op 10 Mei 1963 het die stad se besighede en munisipaliteit aangekondig dat munisipale fasiliteite gedesegregeer sou word. Aanvalle en moorde op swart Amerikaners in die stad het voortgeduur (Medgar Evans, Bombardering van 16de Straat Baptistekerk) • Optog na Washington 28 Augustus 1963: (250 000 het deelgeneem in 'n nierassige, niegewelddadige optog na Washington om volle gelykheid en werkgeleenthede te eis; Martin Luther King Jnr. het die 'I have a dream' toespraak gegee) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2019 NSS – Nasienriglyne • Vryheidsomer (1964) – Duisende aktiviste en vrywilligers (meer as 70 000 studente, baie van die noordelike state, plaaslike SNCC, CORE en NAACP aktiviste) het gewerk om swart Amerikaners in Mississippi te registreer en in Vryheidskole te leer (letterkunde, geskiedenis); Aktiviste en vrywilligers is met geweld van wit segregasionistiese bendes en polisie amptenare gekonfronteer; • 1964 (2 Julie) Burgerregtewet uitgevaardig – belet diskriminasie en segregasie in werksomstandighede en alle openbare fasiliteite • Selma-Montgomery optogte (Maart 1965): Om te eis dat swart Amerikaners toegelaat word om te registreer om te stem (slegs 2.5% swart mense was geregistreer om te stem as gevolg van intimidasie en rassistiese aanvalle) - Eerste poging: Op Sondag 7 Maart 1965, is 600 betogers geslaan en met traangas gegooi (Bloedige Sondag) - Tweede poging: Op Dinsdag 9 Maart 1965 het die federale regter 'n tweede poging van die Selma Montgomery optog verban. Meer as 2000 betogers is geblokkeer by die Edmund Pettus-brug - Derde poging: Op 21 Maart 1965 het die aantal betogers al langs die pad vermeerder na meer as 25 000. Die optog is wettig verklaar en die betogers is deur die federale troepe beskerm • Die impak van die optogte: dit het gelei tot die uitvaardiging van die Stemregwet in 1965 • 1965 (6 Augustus) Stemregwet uitgevaardig – Het struikelblokke soos geletterdheidstoetse en verkiesingsbelasting, wat daargestel is om te voorkom dat swart mense as kiesers registreer, onwettig verklaar; • BRB het suksesvol daarin geslaag om gelykheid te verkry voor die wet maar dit is nie ten volle implementeer nie • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all