Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201914 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2019 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2019 NSS – Addendum VRAAG 1: WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE- ORGANISASIE (SASO) IN DIE BEWUSMAKING VAN SWART SUID- AFRIKANERS GESPEEL? BRON 1A Die bron hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) in 1969. Swart universiteitstudente het by die veelrassige en liberale Nasionale Unie van Suid- Afrikaanse Studente (NUSAS) aangesluit omdat hulle uitgesproke was in hulle kritiek teen die regering se optrede. Verskeie wit leiers het empatie (simpatie) gehad met die swart saak deur vir hulle op te kom. Bantu Stephen Biko het egter gevoel dat swart mense selfs in die antiregeringspolitiek nie dieselfde prominente (belangrike) rol as wit mense gespeel het nie. Daar het dus ontevredenheid oor die stelsel ontstaan. Biko was een van die studente wat in die tydperk 1967–1968 die ongesonde politieke situasie in die land begin ontleed en kritiseer het. Hy het onmiddellik die held van miljoene Afrikane wat apartheid verwerp het, geword. Biko is as lid van die Studenteraad (SR) van die mediese skool van die Universiteit van Natal in Wentworth naby Durban, verkies en het in 1967 'n NUSAS-konferensie van studente wat krities teenoor die regering was, bygewoon. Die Rhodes Universiteit, wat die konferensiegasheer was, het geweier om gemengderas-akkommodasie en -eetgeriewe toe te laat. Biko het woedend op hierdie insident gereageer en het die onvolledige integrasie van studentepolitiek onder die huidige stelsel skerp gekritiseer … Biko en sy kollegas het gevoel dat swart mense vir hulleself moes leer praat. By die vergadering van die Christelike Beweging van die Universiteit ('UCM'), wat in 1968 in Stutterheim gehou is, het jong swart studente Biko se idee van 'n beweging eksklusief vir swart mense ondersteun. Swart Suid-Afrikaanse studente het in 1969 'n eksklusief swart beweging, die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) gestig en Biko is as president verkies. [Uit https://www.sahistory.org.za/article/formation-saso-and-black-peoples-convention. Toegang op 25 Februarie 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder fokus op verskillende gemeenskapsprojekte wat SASO in die 1970's bekend gestel het. SASO het teen die vroeë 1970's begin om ander swart organisasies bymekaar te bring en het in 1972 die Swartmense se Konvensie as die politieke organisasie gestig wat die Swartbewussynsfilosofie ('BC') regdeur Suid-Afrika sou bevorder. Daar word gesê dat SASO se gemeenskapsontwikkelingsprojekte sterk beïnvloed is deur Julius Nyerere se idee van 'ujaama' (selfstandigheid) en Paulo Freire se benadering om politieke bewustheid onder onderdrukte groepe te ontwikkel. Die doel was om swart gemeenskappe te help om hulle eie behoeftes te bepaal en uit te leef. SASO het nie probeer om 'n welsynsorganisasie te wees nie en gemeenskapsprojekte is nie as 'n doel op sigself beskou nie, maar eerder as 'n manier om die sekerheid en vertroue van mense te wen en as 'n platform vir hulle onderwys en mobilisering … Gemeenskapsontwikkelingsprojekte het begin met die betrokkenheid van die SASO-tak by die Mediese Skool van die Universiteit van Natal wat gepoog het om aan plakkerskampe (informele nedersettings) en arm gemeenskappe naby Durban se behoeftes aan skoon water, beskutting en gesondheidsdienste aandag te gee. SASO-projekte op nasionale vlak het die bou van klein damme, die oprigting van skoolgeboue, verskaffing van medisyne, sopkombuise en hulp aan gemeenskappe wat hervestig is, ingesluit. SASO was ook betrokke by geletterdheidsprogramme en 'n 'Tuisonderrigskema' as deel van gemeenskapsontwikkeling. Die geletterdheidsprojek is in 1972 by die Christelike Beweging van die Universiteit oorgeneem. Geletterdheid het 'n belangrike rol in swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe gespeel, want dit het tot hulle 'politieke, ekonomiese en maatskaplike bewusmaking' bygedra. [Uit https://www.blackpast.org/global-african-history/south-african-students-organisation-saso/. Toegang op 25 Februarie 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 1C Die koerantartikel hieronder beklemtoon die redes wat die Minister van Justisie vir die verbanning van SASO-leiers aangevoer het. Dit het op 9 Maart 1973 in die Rand Daily Mail verskyn. WAAROM PELSER DIE SASO-8 VERBAN HET (Rand Daily Mail, 9 Maart 1973) Mnr. Pelser, die Minister van Justisie, het gister die Parlement verstom (geskok) toe hy erken het dat agt SASO-leiers (Saths Cooper, Muntu Myeza, Strini Moodley, Patrick 'Terror' Lekota, Pandelani Nefolovhodwe, Nkwenkwe Nkomo, Kaborone Sedibe en Zihulele Cindi) verban is omdat hofprosedures hulle 'n platform (publisiteit) sou bied. Die opposisie het met ongeloof en skok na hulle asems gesnak gedurende 'n kort halfuur-debat oor die skokverbannings wat deur die parlementslid (LP) van die Progressiewe Party vir Houghton, mev. Helen Suzman, aangevra is … Nadat bewerings aangehaal is wat deur swart studenteleiers gemaak is, waarin herhaaldelik na 'brandstigting, verkragting en bloedige rewolusie wanneer die swart rewolusie aanbreek' verwys is, het die Minister gesê dat wanneer hierdie dinge gesê en herhaal is, kon daar net een eindresultaat wees, moord en geweld. Mnr. Pelser se bekentenis is uitgelok deur die leier van die opposisie, Sir De Villiers Graaff, wat daarop aangedring het om te weet waarom hy (die Minister) nie die SASO- leiers voor die hof gedaag het indien die beweerde stellings, wat deur die Minister aangehaal is, deur 'n waarneembare (sigbare) handeling gepaard gegaan is nie. Mnr. Pelser se antwoord was: 'Dit sou hulle 'n platform (publisiteit) gegee het.' Sir De Villiers Graaff het gesê dat die minister se houding onverstaanbaar was (dit maak geen sin nie). Mev. Suzman het vroeër die regering gewaarsku dat hulle swart leiers kon verban, maar dat 'ander in hulle plek sou opstaan, want die regering was verantwoordelik vir die skep van 'n onvernietigbare (blywende) swart nasionalisme wat net 'n neweproduk van wit nasionalisme is'. [Uit http://www.historicalpapers.wits.ac.za/inventories/inv pdfo/AD2189-C9-02--jpeg.pdf. Toegang op 28 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 1D Die bron hieronder het op die voorblad van 'n SASO-nuusbrief verskyn. Die titel was 'VERBANNINGSUITGAWE' en dit het in Maart 1973 verskyn. Nuusbrief Nuusbrief Vol.33––Nr. Vol. Nr.1 1 Maart Maart 20 sent 20 Sent [Uit https://www.apartheidmuseum.org/sites/default/files/files/BIKO%202b.pdf. Toegang op 27 Maart 2019 verkry.] VERBANNING UITGAWE SWART GEBALDE VUIS IN DIE LUG OPGESTEEK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2019 NSS – Addendum VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD OP DIE POLITIEKE AKTIVIS, ASHLEY KRIEL, HANTEER? BRON 2A Die uittreksel hieronder gee in breë trekke die redes vir die stigting van die Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK). Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het ontstaan uit die onderhandelings tussen die Nasionale Party en die African National Congress in 1993 en 1994 in Kempton Park, as deel van die ooreengekome oorgang na demokrasie in Suid-Afrika. Dit is gestig om Suid-Afrika se gewelddadige en onderdrukkende (wreedaardige) verlede te hanteer en as 'n manier om nasionale eenheid en versoening te bevorder. Dit is gegrond op die oortuiging dat om nasionale eenheid en versoening te bou, dit 'n rekord moes saamstel, so getrou as moontlik aan die 'aard, oorsake en omvang van growwe menseskendings' gepleeg tussen 1 Maart 1960 en 10 Mei 1994, van die tydperk deur die WVK-mandaat gedek. Daar is terselfdertyd gehoop dat die werk van die WVK slagoffers van menseregteskendings in Suid-Afrika in staat sou stel om 'meer sigbare en meer waardevolle burgers te word deur die openbare en amptelike erkenning van hulle ervarings' en dat 'diegene wat vir menseregteskendings verantwoordelik was, vir hul dade aanspreeklik gehou kon word'. Om hulle mandaat uit te voer, het die WVK 'n reeks aktiwiteite onderneem, soos die hou van 'n aantal openbare verhore waar beide die slagoffers en die oortreders 'n kans gekry het om hulle stories te vertel; die uitreik van amnestie aan oortreders van menseregte in ruil vir 'n volledige onthulling van hulle dade; en die ontwerp van 'n vergoedingspakket vir slagoffers van menseregteskendings. [Uit https://core.ac.uk/download/pdf/58914753.pdf. Toegang op 23 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 2B Die uittreksel hieronder fokus op die rol wat Ashley Kriel in die stryd teen apartheid gespeel het en sy daaropvolgende moord deur die veiligheidspolisieman, Jeffrey Benzien. Ashley Kriel, wat net 20 jaar oud was, is op 9 Julie 1987 op die Kaapse Vlakte deur die apartheidsveiligheidspolisie vermoor. Sy familie, vriende en ander aktiviste het hom as 'n held, kampioen en stryd-ikoon beskou wat vir 'n vry Suid-Afrika geveg het. En tog, ten spyte van die tydsverloop, voer sy twee susters steeds 'n stryd om afsluiting te vind na sy brutale dood. In die oë van Michel Assure en Melanie Adams was Kriel 'n gebore leier wat beide vurig en vrolik was. Hy was lid van verskeie studentegroepe terwyl hy op skool was waar hy sy redenaars- en organisatoriese vaardighede ontwikkel het. Volgens Kriel se susters het Ashley die jeug van Bonteheuwel georganiseer om skoolboikotte, betogings/verset en ander optrede te onderneem, in ooreenstemming met die African National Congress (ANC) se beroep om die land 'onregeerbaar' te maak … Alhoewel hulle vir sy veiligheid gevrees het, was sy susters nie verbaas toe hy by die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), aangesluit het om teen die apartheidsregering te veg nie. Kriel het na 'n ANC-kamp in Lusaka gegaan en later teruggekeer, maar hy het die meeste van sy tyd bestee om in gebiede naby hulle kindertuiste weg te kruip. Ashley Kriel se susters glo nie dat hulle broer se moordenaar die waarheid vertel het nie. In 'n roerende onderhoud by die ANC se kantoor in Athlone, waar Assure nou werk, kan sy baie duidelik die afskuwelikheid onthou van hoe sy na die 'veilige huis' waar Kriel vermoor is, gegaan het. 'Wat ek in daardie huis gesien het, het vir my 'n storie vertel. Ek het 'n bebloede spitgraaf gevind en ek vermoed hy is met die graaf geslaan. Dit het die sny aan sy kop, wat ek gesien het toe ek lykshuis toe is, veroorsaak. Hulle het hom wreedaardig gemartel …' 'In die lykshuis het ek, behalwe vir die sny aan sy kop, gesien dat Ashley in 'n mooi sterk jongman ontwikkel het en dit het my sterk gemaak,' het sy gesê met trane wat in haar oë opwel. 'Ek het geweier om daar voor die veiligheidspolisie te knak. Ek het geweier om vir hulle swakheid te toon. Ek het gekies om vir Ashley sterk te wees.' Wat die susters wel weet, is dat Kriel deur die berugte apartheidsveiligheidspolisieman, Jeffrey Benzien, in die rug geskiet is. [Uit https://mg.co.za/article/2014-04-24-murder-of-anc-guerrilla-haunts-his-sisters-27-years-after-he- was-killed. Toegang op 24 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 2C Die volgende is deel van die getuienis wat Jeffrey Benzien op 14 Julie 1997 by die Waarheids-en-Versoeningskommissieverhore in die Bellville Gemeenskapsentrum in Kaapstad gegee het. MNR. BENZIEN: Dankie, Voorsitter. Voordat ek begin om my aansoek voor te lees, wil ek graag die volgende noem: Eerstens, vra ek enige persoon of persone wat ek leed aangedoen het om verskoning en ek vra spesifiek die familie van Ashley Kriel om verskoning vir die dood van hulle seun en broer. Hoewel ek ontken dat ek hom onregmatig en verkeerdelik doodgemaak het, het hy wel as gevolg van 'n handeling van my kant af gesterf en daarvoor vra ek verskoning. Die lewe is kosbaar en, as ex post facto (uit wat daarna gebeur het) in ag geneem word en gebaseer op vandag se politieke situasie van versoening, was sy dood onnodig. Verder vra ek ook dat die mense wat ek tydens ondervraging aangerand het, naamlik Peter Jacobs, Ashley Forbes, Anwar Dramat, Tony Yengeni, Gary Kruse, Niclo Pedro en Allan Mamba, om verskoning … ADV. COOK: … Mnr. Benzien, tydens jou tydperk by die Terroristeopsporingseenheid, vir watter daad of dade doen jy aansoek om amnestie? MNR. BENZIEN: Voorsitter, aanrandings, marteling, meineed (vals getuienis) wat gedurende hierdie ondergenoemde tydperk gepleeg is, vis-à-vis (ten opsigte van) verdagtes wat gearresteer en ondervra is, sowel as die dood van Ashley Kriel … Ek staan by my verklaring wat ek by die geregtelike doodsondersoek 23/87, en gedateer 15 Julie 1987, gedoen het. Die rede waarom ek nou aansoek doen, is soos volg: Dit is 'n oop en demokratiese forum in die nuwe Republiek van Suid-Afrika en ek hoop dat ek die families sal kan oortuig dat ek die waarheid praat ... VOORSITTER: Benzien word amnestie toegestaan vir: 1. Die wederregtelike moord op Ashley Kriel op 15 Julie 1987 … [Uit http://www.justice.gov.za/trc/amntrans/capetown/capetown_benzien.htm. Toegang op 26 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 2D Die foto hieronder toon mense wat 'n banier dra wat protesteer teen die WVK se beslissing om amnestie vir die moord op Ashley Kriel toe te staan. Die volgende woorde het op die banier verskyn: 'WVK: GEEN GEREGTIGHEID VIR ASHLEY KRIEL NIE'. [Uit https://www.gettyimages.ae/photos/ashleykriel?mediatype=photography&phrase= ashley%20kriel&sort=mostpopular. Toegang op 28 Maart 2019 verkry.] Afrikaanse vertaling van die woorde op die banier: WVK: GEEN GEREGTIGHEID VIR ASHLEY KRIEL NIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2019 NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE 2018 BRICS-SPITSBERAAD OP SUID-AFRIKA GEHAD? BRON 3A Die bron hieronder fokus op die rol wat Suid-Afrika gespeel het in die aanbieding van die 10de BRICS-spitsberaad wat in Julie 2018 in Sandton, Johannesburg gehou is. Hierdie artikel het op 29 Januarie 2018 op die Suid-Afrikaanse regering se webblad (SAnews.gov.za) verskyn. Suid-Afrika, wat die roterende voorsitterskap van die opkomende ekonomiese groepering Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (BRICS) oorgeneem het, gaan in Julie 2018 die 10de spitsberaad aanbied. Die spitsberaad, wat van 25 tot 27 Julie by die Sandton Konvensiesentrum in Johannesburg geskeduleer is, sal sien hoe Suid-Afrika aan die ontwikkelingsprogram en voorspoed vir lidlande bou. Suid-Afrika se BRICS-Sjerpa (-leier) tydens die BRICS-konferensietafel vir belangegroepe, Ambassadeur Anil Sooklal, het gesê dat 'BRICS 'n belangrike wêreldstruktuur is en dat Suid-Afrika bevoorreg is om die spitsberaad vir 'n tweede keer aan te bied soos wat ons die tweede dekade van samewerking betree. Ons vergader nou al vir nege jaar op 'n spitsberaad-manier en dit sal ons 10de sessie wees. Die eerste spitsberaad wat ons in 2013 aangebied het, was baie suksesvol met baie tasbare (werklike) uitkomste en die gevolge van daardie spitsberaad is sigbaar in die werk van die BRICS en die wêreldgemeenskap en ons is oortuig daarvan dat hierdie spitsberaad dieselfde sal doen'. Sooklal het gesê dat die spitsberaad die samewerking tussen BRICS-lede sal aanhelp/bevorder, asook die wêreldwye impak daarvan soos wat sleuteluitdagings waarvoor opkomende lande te staan kom, soos ontwikkelingsuitdagings, die groei van hulle ekonomieë en die hantering van armoede en werkloosheid, aangepak word. Volgens Sooklal het Suid-Afrika drie primêre doelwitte in die BRICS-konteks, wat is om ontwikkeling en inklusiewe ekonomiese groei te sien, om handel met toegevoegde waarde tussen BRICS-lande te bevorder en om beleggings te bevorder. [Uit https://www.sanews.gov.za/south-africa/sa-host-10th-brics-summit-july. Toegang op 15 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 3B Hierdie foto toon die leiers van Indië, China, Suid-Afrika, Rusland en Brasilië by die 10de BRICS-spitsberaad wat op 25 Julie 2018 in Sandton gehou is. [Uit https://www.google.com/search?q=images+of+south+african+learners+in+a+ computer+class+room.m. Toegang op 15 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 3C Die artikel hieronder fokus op die handelstransaksies wat tussen Suid-Afrika en sy BRICS-vennote onderteken is. Die titel is 'BRICS-beleggingstransaksies – Goeie Nuus vir Arm Suid-Afrikaners' en dit het op 25 Julie 2018 in The Sowetan verskyn. Die ooreenkomste wat tussen opkomende markte by die BRICS-spitsberaad, wat in die noorde van Johannesburg plaasvind, onderteken gaan word, gaan waarskynlik arm en werklose Suid-Afrikaners bevoordeel. Dit is volgens politieke analis, Somadoda Fikeni, wat gister gesê het dat beleggingstransaksies broodnodige werksgeleenthede vir baie mense sal verskaf. 'Enige befondsing sal werksgeleenthede vir die gewone man op straat skep. Dit kan net positief vir Suid-Afrika wees om deel te wees van die ontwikkeling om 'n nuwe rigting te skep, indien dit korrek deur die regering hanteer word. Maar, dit is positief, veral omdat Suid-Afrika afgegradeer is,' (ekonomiese afgradering deur Westerse graderingsagentskappe) het Fikeni gesê. Hy het gesê die feit dat Suid-Afrika deel van die BRICS-blok is, gee hom die geleentheid vir befondsing. 'Die wêreldmag is besig om na die Ooste te skuif, weg van supermoondhede soos die VSA,' het Fikeni gesê. Fikeni het egter gewaarsku dat Suid-Afrika nie te oorgerus (tevrede) moet wees en dink dat BRICS-lande goeie bedoelings het nie. 'Hulle kom met die nasionale belange van hulle lande.' China het Dinsdag 'n verbintenis van $14,7 miljard (R196 miljard) aangegaan om beleggings in Suid-Afrika te befonds. Nog 'n politieke analis, Ralph Mathekga, het gesê dat BRICS-lande probeer om finansiële soewereiniteit (onafhanklikheid) te behou. Hy het gesê dat 'BRICS 'n manier is om finansiële ontwikkeling te bou waar BRICS lande nie nodig het om na die Wêreldbank te gaan vir befondsing nie'. Mathekga het egter gesê dat Suid-Afrika steeds deur ander BRICS-lande as die nie-gunsteling ('underdog') beskou word. 'Wat gebeur, is positief, maar Suid-Afrika moet besef dat hulle steeds as die nie-gunsteling behandel word.' [Uit https://www.sowetanonline.co.za. Toegang op 15 Maart 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2019 NSS – Addendum BRON 3D Die bron hieronder fokus op die uitdagings wat Suid-Afrika as lid van BRICS in die gesig staar. Dit is deur W Gumede geskryf. Die uitdaging vir Suid-Afrika is dat BRICS Suid-Afrika se binnelandse ekonomie kan ondergrawe en die werkloosheid van sy burgers direk kan affekteer. Baie produkte van BRICS-lande ding mee met dié van Suid-Afrika. BRICS en Westerse kapitalistiese lande teiken almal Afrika se hulpbronne, wat 'n direkte bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomie inhou. Strukturele hindernisse, swak ekonomiese en politieke beleid en leiers se gebrek aan verbeelding het Suid-Afrika se groei beperk. Indien ou nywerheids- en opkomende magte 'n ekonomiese vastrapplek in Afrika kry, kan dit moontlik Suid-Afrika se pogings om te groei, ondermyn. Ander BRICS-lande voer alreeds vervaardigde produkte na Afrika uit, wat die insette in Afrika se beplande infrastruktuurprogramme, soos spoorweë, insluit. Dit maak Suid-Afrika se vervaardigingsektor, wat 'n sleutel tot werkskepping is, seer. Baie Suid-Afrikaanse vervaardigers sê dat alhoewel produkte uit BRICS-lande Suid-Afrikaanse markte relatief maklik inkom, hoë tariefmure dit moeilik maak vir Suid-Afrikaanse produkte om sy BRICS-vennote se markte te betree. Nomaxabiso Majokweni, van die oorkoepelende organisasie BUSA, het dit wat Suid-Afrika van BRICS-lande nodig het, opgesom toe sy gesê het: 'Die balanseertoertjie is om handelstransaksies te verslap terwyl die belange van nywerheid en vervaardiging beskerm word. Ons soek nie voorkeur (spesiale) of gratis handelsooreenkomste nie. Ons moet eerder streef na meer deursigtigheid van ons vennote, veral oor tariefskedules en versteekte interne belasting.' [Uit http://www.indrastra.com2016/01/opinion-south-africa-brics-challenges. Toegang op 15 March 2019 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2019 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: http://www.historicalpapers.wits.ac.za/inventories/inv pdfo/AD2189-C9-02--jpeg.pdf http://www.indrastra.com2016/01/opinion-south-africa-brics-challenges http://www.justice.gov.za/trc/amntrans/capetown/capetown_benzien.htm https://core.ac.uk/download/pdf/58914753.pdf. https://mg.co.za/article/2014-04-24-murder-of-anc-guerrilla-haunts-his-sisters-27- years-after-he-was-killed. https://www.apartheidmuseum.org/sites/default/files/files/BIKO%202b.pdf https://www.blackpast.org/global-african-history/south-african-students-organisation- saso/ https://www.gettyimages.ae/photos/ashley-kriel?mediatype=photography&phrase= ashley%20kriel&sort=mostpopular https://www.google.com/search?q=images+of+south+african+learners+in+a+computer +class+room.m https://www.sahistory.org.za/article/formation-saso-and-black-peoples-convention https://www.sanews.gov.za/south-africa/sa-host-10th-brics-summit-july https://www.sowetanonline.co.za Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all