Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2019
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 330.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE
KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2019
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's
OP DIE ONTPLOOIING VAN SOWJET-MISSIELE NA KUBA
GEREAGEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Definieer die konsep demokrasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Hoe, volgens die bron, is die volgende leiers na die mislukte inval
by die Bay of Pigs beskou:
(a) Kennedy (1 x 1) (1)
(b) Castro (1 x 1) (1)
1.1.3 Verduidelik waarom President Khrushchev besluit het om
kernwapens na Kuba te ontplooi. (2 x 2) (4)
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 Waarom, volgens die bron, het Richard Heyser 'n vlug met 'n
U-2-vliegtuig oor Kuba onderneem? (1 x 2) (2)
1.2.2 Lewer kommentaar oor die advies wat ExComm-lede aan
President Kennedy gegee het met betrekking tot die ontplooiing
van Sowjetmissiele na Kuba. (2 x 2) (4)
1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom President Kennedy besluit het om die Amerikaanse
publiek toe te spreek. (2 x 2) (4)
1.2.4 Maak 'n lys van die DRIE stappe in die bron wat
President Kennedy op die Sowjetunie wou afdwing. (3 x 1) (3)
1.3 Verwys na Bron 1C.
1.3.1 Verduidelik waarom die redakteur van die Daily Sketch besluit het
om hierdie artikel op die voorblad van die koerant te publiseer.
(2 x 2) (4)
1.3.2 Lewer kommentaar op wat jy dink die woorde 'Ultimatum aan
Khrushchev "Verskuif daardie missiele" ' in die konteks van die
krisis in Kuba oordra. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2019
NSS
1.4 Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
in Bron 1C ondersteun met betrekking tot President Kennedy se standpunt
oor die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba. (2 x 2) (4)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Waarom, volgens die bron, het President Khrushchev na Turkye
verwys? (1 x 2) (2)
1.5.2 Noem die TWEE voorstelle in die bron wat Khrushchev met
betrekking tot die verwydering van missiele gemaak het. (2 x 1) (2)
1.5.3 Noem die vredesorganisasie in die bron wat deur Khrushchev
voorgestel is om oor die verwydering van missiele uit Turkye en
Kuba toesig te hou. (1 x 1) (1)
1.5.4 Verduidelik die tekortkominge van hierdie bron vir 'n historikus wat
die Kubaanse Missielkrisis bestudeer. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika in die 1960's op die
ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba gereageer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 2: WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE TUSSEN 1974 EN
1976 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE
GERAAK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Noem die TWEE Angolese vryheidsbewegings in die bron wat
deur die CIA befonds is. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, volgens die bron, het Amerika se perspektief van die
Angolese konflik verander? (1 x 2) (2)
2.1.3 Lewer kommentaar op wat jy dink Kissinger geïmpliseer het met
die stelling: 'Ek gee nie oor die olie om nie, maar ek gee om vir
Afrika, veral as die Sowjets hulle ideologie versprei en ons niks
daaraan doen nie'. (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent met betrekking tot
die VSA se betrokkenheid in die Angolese Burgeroorlog oorgedra
word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.2.2 Lewer kommentaar op die woorde, 'AS JY VAN VIËTNAM GEHOU
HET, SAL JY VAN HIERDIE EEN HOU!' in die konteks van
Angola. (2 x 2) (4)
2.3 Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die
bewyse in Bron 2B ondersteun met betrekking tot die VSA se betrokkenheid
by die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4)
2.4 Lees Bron 2C.
2.4.1 Waarom, volgens Rhodes, is Suid-Afrika se betrokkenheid in
Angola as 'n 'flater' deur sommige waarnemers beskou? (1 x 2) (2)
2.4.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat Eerste Minister Vorster
aangespoor het om in Angola in te meng. (2 x 1) (2)
2.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom Vorster nie van die kommuniste gehou
het nie. (2 x 2) (4)
2.4.4 Verduidelik tot watter mate jy die inligting in die bron as betroubaar
sou beskou wanneer die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid in
Angola nagevors word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2019
NSS
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Noem enige TWEE rolle, volgens die bron, wat Kuba gespeel het
in die bystand van 'n groot aantal Afrikalande gedurende hulle
stryd om onafhanklikheid. (2 x 1) (2)
2.5.2 Definieer die konsep kolonialisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.5.3 Waarom, volgens die bron, het Kuba besluit om sy 'militêre
eenheid' na Angola te stuur? (1 x 2) (2)
2.5.4 Verduidelik waarom jy dink Castro nie wou hê dat Angola 'in die
hande van die Suid-Afrikaanse rassiste' moes val nie. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom buitelandse moondhede tussen 1974 en 1976 by die
Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2019
NSS
VRAAG 3: WATTER ROL HET FRED HAMPTON IN DIE 1960's IN DIE
MOBILISERING VAN SWART AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA GESPEEL?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Haal TWEE leierskapseienskappe van Fred Hampton uit die bron
aan. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom, volgens die bron, het Hampton 'n jeuggroep binne die
NAACP georganiseer? (1 x 2) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Fred Hampton 'n 'skuif weg van kapitalisme na sosialisme
bevorder het'. (2 x 2) (4)
3.1.4 Definieer die konsep Swart Mag in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens Hampton, was die 'basiese dinge' vir 'n suksesvolle
rewolusie? (2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik waarom jy dink Hampton 'n oproep tot rewolusie in die
VSA beklemtoon het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Hoe, volgens die bron, wou Hampton die ekonomiese sisteem van
kapitalisme teenstaan? (2 x 1) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar oor waarom jy die inligting in die bron as
bruikbaar sou beskou in die bestudering van die impak wat Fred
Hampton op die burgers van die Verenigde State van Amerika
gehad het. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A en 3B
mekaar ondersteun met betrekking tot die rol wat Fred Hampton in die
mobilisering van swart Amerikaners gespeel het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2019
NSS
3.4 Bestudeer Bron 3C.
3.4.1 Waarom, volgens die bron, het Fred Hampton die aandag van die
FBI en die Chicago-polisie getrek? (1 x 2) (2)
3.4.2 Verduidelik waarom jy dink die Chicago-polisie besluit het om Fred
Hampton tereg te stel. (2 x 2) (4)
3.4.3 Hoe, volgens die bron, is Fred Hampton doodgemaak? (2 x 1) (2)
3.5 Gebruik Bron 3D.
3.5.1 Lewer kommentaar oor waarom jy dink hierdie plakkaat
geproduseer is. (2 x 2) (4)
3.5.2 Verduidelik die boodskappe wat in die plakkaat oorgedra word.
(2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
wat Fred Hampton in die mobilisering van swart Amerikaners in die 1960's in
die Verenigde State van Amerika gespeel het, verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2019
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie het
tussen 1957 en 1969 die Volksrepubliek van China van 'n landboustaat na 'n moderne
nywerheidstaat verander.
Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Die leiers van die Kongo (Mobutu Sese Seko) en Tanzanië (Julius Nyerere) het albei
verskillende politieke en ekonomiese beleid geïmplementeer na die verkryging van
onafhanklikheid van koloniale regering.
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die Burgerregte-
beweging in die 1960's 'n betekenisvolle rol in die beëindiging van diskriminasie teen
swart Amerikaners gespeel het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum