NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)


View all





History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 · 2024 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2024
- Exam period
- HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 759.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
HISTORY P2 GR12 JUNE READY FOR PRINTING!7.5.24 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 1: WAAROM HET DIE BURGERLIKE SAMELEWING IN SUID-AFRIKA DIE
IMPLEMENTERING VAN DIE WET OP STEDELIKE BANTOERADE
GEDURENDE DIE 1980’s TEENGESTAAN?
BRON 1A
Die uittreksel hieronder verduidelik hervormings wat deur eerste minister PW Botha in 1983
in die Suid-Afrikaanse parlement ingestel is wat massa burgerlike protes ontketen het.
Gedurende die 1980’s het die apartheidsregering onder toenemende interne druk gekom.
Die Nasionale Party het probeer om ʼn politieke oplossing vir die krisis wat hulle in die gesig
gestaar het te vind, deur die kosmetiese Driekamerparlement te skep. Hierdie bestuurstelsel
het met apartheid gepeuter, maar dit nie uitgedaag nie. Botha se Nuwe Bedeling is daarop
gemik om hierdie situasie te versterk deur “swart plaaslike owerhede” in die lokasies
(townships) te skep. Afrikane wat in townships woon, sal toegelaat word om vir hierdie
owerhede te stem, maar nie vir die nasionale regering in die Republiek van Suid-Afrika nie.
Terselfdertyd sou swart plaaslike owerhede betaal word deur, en onder beheer van die
nasionale regering se Bantoe Administrasieraad bly – wit amptenare wat deur die ‘slegs-
wit’-regering aangestel is.
Die hervormings het die teenoorgestelde effek as wat die apartheidsregime bedoel het,
gehad. Hervormings het hernieude stukrag (motivering) vir die weerstandsbewegings
verskaf, en die 1980’s was ʼn dekade wat ʼn keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis
geword het.
Omvattende protes-aksies, deur massas gewone Suid-Afrikaners teen die
apartheidsregime, het sy hoogtepunt in die 1980’s bereik. Dit het stakings, massabetogings,
skool-, huur- en verbruikersboikotte ingesluit. Die huise van ‘uitverkoopers’,
regeringsgeboue en biersale is aangeval. Die regering het met uiterste brutaliteit en
onderdrukking gereageer deur ʼn noodtoestand wat vir ʼn groot deel van die 1980’s geduur
het, te verklaar.
[Uit sahistory.org.za/article/1980s-and-crisis-apartheid. Toegang op 19 November 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die uittreksel hieronder beskryf die redes vir die stigting van burgerlike organisasies in die
1980’s.
Gemeenskaps- of burgerlike organisasies is op plaaslike vlak gevorm om die beheer van
die apartheidstaat teen te staan en om die belange van plaaslike gemeenskappe te
bevorder. Burgerlike organisasies is van onder af opwaarts georganiseer, en hoewel die
ANC verbied is, het die meeste burgerlikes met die ANC geïdentifiseer.
Burgerlikes het ‘brood-en-botterkwessies’ soos huur, munisipale dienste, openbare vervoer
en swak ontspannings- en kindersorgfasiliteite aangepak. Burgerlikes het gepoog om die
lewenskwaliteit van township-inwoners te verbeter en het ʼn groot rol in die weerstand van
die 1980’s gespeel. Daar was gereelde, gewelddadige konfrontasies met die
veiligheidsmagte.
Die regering het gemeenskapsrade gestig wat deur swart raadslede bedien was wat vir
township-administrasie verantwoordelik was. Hierdie gemeenskapsrade is deur huur- en
diensfooie van plaaslike inwoners gefinansier. Raadslede is as medewerkers (verraaiers)
of ‘sell-outs' (‘uitverkoopers’) beskou en rade is deur gemeenskappe verwerp omdat hulle
apartheidstrukture opgelê het. Raadslede en swart polisiebeamptes is gedwing om uit die
townships te vlug, gedwing om te bedank of het gewelddadige dood in die gesig gestaar.
Burgerlike organisasies in straat- en gebiedskomitees het gepoog om alternatiewe
instellings van administrasie en geregtigheid te vorm in ʼn poging om volksmag teen wit
minderheidsheerskappy te vestig. Betogings teen swak dienste het die vorm van boikotte
aangeneem, waarin inwoners geweier het om huur of diensfooie aan die munisipaliteit te
betaal. In 1985 het Oliver Tambo, leier van die ANC in ballingskap, gesê: “In hierdie
komende tydperk sal ons met nog meer krag (energie) die vernietiging van die
regeringsorgane moet voortsit om die land onregeerbaar te maak.”
[Uit https://www.sahistory.org.za/article/liberation-organisation. Toegang op 19 November 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2024)
BRON 1C
Die bron hieronder is ʼn uittreksel uit ʼn boek deur K. Jochelson. Dit verduidelik die huurboikot
wat die Vaal Civic Association (VCA) in Julie 1984 aangepak het nadat ʼn nuwe
huurverhoging aangekondig is.
Bewyse dat politieke bewussyn in die townships al hoe meer strydlustig (aggressief) geword
het, het na vore gekom toe die huurboikot na 54 townships landwyd versprei het. Dit het
sowat 300 000 huishoudings betrek en die staat minstens R40 miljoen per maand gekos.
Die huurboikotte was ʼn reaksie op beide ekonomiese en politieke griewe.
Die Vaal plaaslike owerhede het jare lank daarin geslaag om wins te maak – wat hulle
gedoen het deur die koste van die huur van dorpshuise van gemiddeld R11,87 per maand
in 1977 tot R62,56 per maand in 1984 te verhoog. In 1984 was dit R10 per maand hoër as
enige ander township. In Julie 1984 het die Lekoa Dorpsraad ʼn nuwe huurverhoging
aangekondig.
ʼn United Democratic Front (UDF) geaffilieerde by name die Vaal Civic Association (VCA)
het teenkanting teen die huurverhoging gemobiliseer. Die VCA is in Oktober 1983 gestig
om swart plaaslike owerhede-verkiesings teen te staan. Toe huurverhogings aangekondig
is, het die VCA ʼn anti-huur-veldtog georganiseer. Dit het persverklarings teen die verhoging
uitgereik, pamflette versprei en vergaderings in al die geaffekteerde gebiede gehou:
Boipatong, Sebokeng, Evaton Small Farms, Sharpeville en Bophelong. Die polisie het op ʼn
optog wat deur die VCA geroep is om teen hoër huurgeld en tariewe te protesteer
losgebrand. Mense het teruggeveg. Geweld het oor die Witwatersrand versprei.
[Uit ‘Rent Boycotts: Local Authorities on their Knees, Work in Progress, No. 44 September/October 1986
deur K. Jochelson]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die plakkaat hieronder is deur die Vaal Civic Association (VCA) ontwerp om
gemeenskappe na ʼn vergadering te nooi om die besluite wat deur die plaaslike swart
owerhede geneem is, teen te staan.
VAAL INWONERS • verwerp gemeenskapsrade
• moenie stem nie
BELANGRIKE VERGADERING • eis beter behuising
• eis lae huurbetalings
JY IS GENOOI SPREKERS:
PLEK: ROOMS-KATOLIEKE KERK Lord McCamel (Vaal Burger)
SONE 12 (OORK. POSKANTOOR) Aubrey Makoena (Bevry
TYD: 1–00 nm. Mandela-Komitee)
DATUM: 27 NOV 1983 Elliot Shabangu (GAWU)
[Uit https://www.saha.org.za>udf>civics.html Toegang op 19 November 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
GEPOOG OM VERSOENING IN SUID-AFRIKA TE BEVORDER?
BRON 2A
Die volgende is ʼn uittreksel uit ʼn boek deur D. Herwitz geskryf. Dit fokus op die redes vir
die stigting van die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK).
Die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 gestig om
menseregteskendings sedert 1960 te ondersoek, en om amnestie aan daardie
oortreders wat volle openbaarmaking gemaak het toe te staan. Die kommissie moes ook
versoening en eenheid onder Suid-Afrikaners bevorder. In ruil vir volledige bekentenisse
van polities gemotiveerde misdade, het die WVK amnestie belowe vir diegene wat na
vore gekom het. Die WVK se mandaat moes gelyk-handig wees, maar sy samestelling
was kwalik gebalanseerd. Die voorsitter, aartsbiskop Desmond Tutu, was ʼn
beskermheer (ondersteuner) van die United Democratic Front, die ANC se interne front
sedert die vroeë 1980’s ...
Op daardie stadium was die WVK die eerste herstellende geregtigheidsproses van sy
soort om openbare verhore te hou en ruimte vir oorlewendes te bied om hul stories in
hul eie woorde te vertel. Hierdie verhore het ʼn belangrike simboliese funksie in ʼn land
gedien waar die regeringstelsel op die ontkenning en stilswye van veral swart stemme
gegrond is.
Altesaam het die kommissie sowat 21 300 verklarings van slagoffers ontvang en sowat
38 000 growwe skendings van menseregte aangeteken. Meer as een duisend oortreders
het amnestie ná volle openbaarmaking ontvang. In plaas daarvan om op die konteks van
ʼn daad te konsentreer, het die kommissie op die dader of slagoffer gefokus, met die
gevolg dat die konteks in die meeste gevalle maar effens (swak) geskets (aangespreek)
is. Kruisondervraging van slagoffers is nie in die slagofferverhore toegelaat nie, maar
hoorsê-getuienis wel.
[Uit Race and Reconciliation, deur D. Herwitz]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Die bron hieronder is geneem uit ʼn boek deur Mamphela Ramphele geskryf en handel
oor die redes waarom PW Botha geweier het om met die WVK saam te werk.
Nog ʼn omstrede saak was dié van die voormalige president, mnr. PW Botha. Hy het
geweier om met die WVK saam te werk, en dit verwerp as ʼn instrument wat poog om die
Afrikanergeskiedenis en die bydrae wat sy voorvaders tot Suid-Afrika gemaak het, oneer
aan te doen. Tutu het hom op baie maniere probeer oortuig. Hy is maande gegun om
vrae van die WVK te beantwoord. Tutu het Botha by sy huis in die Wildernis, Suid-Kaap,
besoek om hom te probeer oorreed om verantwoordelikheid te aanvaar vir die beleide
wat onder sy toesig gevolg is. Botha was tot die bitter-einde sonder berou. Volgens hom
het die Afrikaners niks verkeerd gedoen nie. Hulle het net hul Godgegewe
verantwoordelikhede nagekom om Christelike nasionale waardes teen terroriste en
kommuniste te verdedig. Tutu het Botha met groot respek en eerbied behandel, al het
hy nie met sy standpunte saamgestem nie.
Die hof het Botha aangespreek omdat hy ʼn dagvaarding om voor die WVK te verskyn,
verontagsaam het. Selfs in die hof het Tutu nie sy rug op Botha gedraai nie en die kans
om die land te genees nie. Hy het aan Botha voorgestel om te erken dat sy regering se
beleid tot wandade deur verskeie staatsamptenare gelei het, en dat hy jammer was.
Maar Botha was hardkoppig tot die bitter einde.
Sommige lede van die kommissie het gevoel dat Tutu agteroor gebuig het om ʼn skuldige
(misdadiger) tegemoet te kom wat geen berou getoon het nie. Dit was nie sommer enige
persoon nie, maar iemand wat ʼn leiersposisie beklee het. Moes hy nie
verantwoordelikheid aanvaar het vir menseregteskendings tydens ʼn regeringstelsel
waarvan hy so lank aan die hoof was nie? Ander het weer gewys op die risiko’s om
president Botha in daardie stadium te verneder. Gegewe die broosheid van die nuwe
demokrasie, was daar ʼn gevaar dat die regsgesindes kon opstaan.
[Uit Laying the Ghosts to rest deur M. Ramphele.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2024)
BRON 2C
Die spotprent deur Zapiro fokus op PW Botha se onwilligheid om voor die WVK te
verskyn.
[Uit Zapiro: The Madiba Years deur J. Shapiro.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Die volgende uittreksel is geneem uit die WVK se Finale Verslag en lewer kommentaar
op die reaksies deur sommige Suid-Afrikaners oor die kwessie van versoening.
Om saam te val met die nasionale Dag van Versoening en om die tweede herdenking
van die stigting van die Kommissie te vier, is vier ‘Registers vir Versoening’ in Desember
1997 geopen, een in elk van die streekkantore. Die idee van so ʼn register is informeel
onder kommissarisse bespreek en het tydens ʼn radio-inbelprogram duidelik geword, toe
luisteraars ʼn behoefte uitgespreek het aan een of ander manier om die spyt en berou
wat hulle oor vorige onregte gevoel het te artikuleer.
Met die aankondiging van die Register het die Kommissie gesê: Dit is tot stand gebring
in reaksie op ʼn diepe wens vir versoening in die harte van baie Suid-Afrikaners; mense
wie dalk nie growwe skendings van menseregte gepleeg het nie, maar nietemin hul spyt
wil aandui oor mislukkings in die verlede om alles te doen wat hulle kon doen om sulke
skendings te voorkom; mense wat op een of ander simboliese wyse hul toewyding tot ʼn
nuwe soort toekoms wil demonstreer waarin menseregteskendigs nie sal plaasvind nie.
Ons weet dat baie Suid-Afrikaners gereed en gretig is om van ʼn vorige geskiedenis van
verdeeldheid en diskriminasie weg te draai. Binne ʼn kort tydjie het dosyne mense na die
Kommissiekantore gekom om die Register te teken, en selfs meer het die
internetwebwerf gebruik om hul boodskappe oor te dra. Baie briewe wat aan die
Kommissie geskryf is, is ook aan die Register aangeheg. Van die boodskappe is met
skenkings vir die President se Fonds vir Herstel vergesel. Baie het om vergifnis gevra.
Baie het dankbaarheid uitgespreek vir die geleentheid “om uiteindelik in die openbaar te
erken hoe ons voel”, om die woorde van een bydraer te gebruik.
Dit is nie te laat nie – ja, ek kon meer in die verlede gedoen het, kon dapper gewees het.
Ek is spyt dat ek dit nie gedoen het nie. Maar nou is daar ʼn nuwe geleentheid om tot
hierdie land te verbind ... om respek vir menseregte te bou, om die land te help ontwikkel,
om die ideale wat in die grondwet vervat is, werklik te maak.
[Uit WVK se Finale Verslag, Deel 5, Hoofstuk 9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2024)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was uit die volgende geneem:
sahistory.org.za/article/1980s-and-crisis-apartheid. Toegang op 19 November 2023
verkry.
https://www.sahistory.org.za/article/liberation- organisation. Toegang op 19 November
2023 verkry
‘Rent Boycotts: Local Authorities on their Knees,’ Work in Progress, No. 44
September/October 1986 deur K. Jochelson
https://www.saha.org.za>udf>civics.html. Toegang op 19 November 2023 verkry.
Herwitz, D. 2003, Race and Reconciliation (Universiteit van Minnesta Drukkery)
Laying the Ghosts to rest deur M. Ramphele (Tafelberg)
Zapiro: The Madiba Years deur J. Shapiro
WVK se Finale Verslag, Deel 5, Hoofstuk 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper