Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220239 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EXEMPLAR GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2023 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU) IN DIE 1980's OP DIE APARTHEIDSREGERING SE ARBEIDSHERVORMINGS GEREAGEER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Waarom, volgens die bron, het die nuutgestigte COSATU gedreig om 'n nasionale staking uit te roep? (1 x 1) (1) 1.1.2 Verduidelik waarom jy dink dat COSATU die disinvesteringsveldtog teen die apartheidsregering ondersteun het. (1 x 2) (2) 1.1.3 Definieer die term nasionalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.4 Wat word deur die stelling, ʹdat dit [COSATU] tot een-persoon-een- stem in 'n verenigde Suid-Afrika verbind isʹ, in die konteks van sy rol as 'n arbeidsbeweging geïmpliseer? (2 x 2) (4) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Waarom, dink jy, is hierdie plakkaat geskep? (2 x 2) (4) 1.2.2 Identifiseer bewyse in die bron wat aandui dat hierdie 'n COSATU- plakkaat was. (1 x 2) (2) 1.2.3 Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n navorser wat COSATU se reaksie op die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge bestudeer. (2 x 2) (4) 1.3 Gebruik Bron 1C. 1.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop sinspeel dat anti- apartheidsgroepe negatief deur die noodtoestand beïnvloed is. (1 x 2) (2) 1.3.2 Noem die TWEE radikale organisasies wat vir die polisie ʹn groter bron van kommer was, volgens Johan van der Merwe. (2 x 1) (2) 1.3.3 Waarom, dink jy, het die regering COSATU verbied om veldtogte vir die ontbanning van die ANC en die vrylating van politieke gevangenes te loods? (1 x 2) (2) 1.3.4 Verduidelik die konsep sanksies in die konteks van COSATU se posisie om weerstand te bied teen die apartheidsregering. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2023 NSS 1.4 Raadpleeg Bron 1D. 1.4.1 Wat, volgens die bron, was die TWEE uitdagings waarop COSATU se spesiale kongres op 14 Mei 1988 moes reageer? (2 x 1) (2) 1.4.2 Maak 'n lys van DRIE maniere uit die bron wat toon hoe die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge werkers en hulle unies sou beïnvloed. (1 x 3) (3) 1.4.3 Verduidelik die betekenis van die stelling, COSATU is die ʹreg (ontsê) om op die nasionale politieke terrein te werkʹ, in die konteks van beperkings wat deur die regering afgedwing is. (1 x 2) (2) 1.4.4 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die woorde dat 'COSATU nie sonder 'n stryd sal opgee nie', in die konteks van die dreigement wat deur die apartheidsregering daargestel is. (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1D met betrekking tot COSATU se reaksie op die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge ondersteun. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʹn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe COSATU in die 1980's op die apartheidsregering se arbeidshervormings gereageer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2023 NSS VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) LEIERS VAN DIE APARTHEIDSREGERING BLOOTGELÊ VIR GROWWE MENSEREGTESKENDINGS WAT TUSSEN 1960 EN 1994 GEPLEEG IS? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, het die Nasionale Party die idee van 'n Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) ondersteun? (1 x 2) (2) 2.1.2 Definieer die term amnestie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.3 Waarom, dink jy, het swart Suid-Afrikaners verduidelikings van oortreders geëis, en nie net onthullings deur die Nasionale Party nie? (1 x 2) (2) 2.1.4 Verduidelik die implikasie van die Minister van Justisie, Dullah Omar, se stelling oor die WVK: '… om Suid-Afrikaners in staat te stel om ... met die verlede vrede te maak en om die saak van versoening te bevorder'. (2 x 2) (4) 2.1.5 Wat, volgens die bron, was die menings van die volgende oor die toestaan van algemene amnestie deur die WVK? (a) De Klerk (1 x 1) (1) (b) ANC (1 x 1) (1) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop sinspeel dat Botha se regering in die laat 1970's die 'gebied van kriminele wangedrag' betree het. (3 x 1) (3) 2.2.2 Verduidelik die term derde mag in die konteks van die apartheidsregering se manier waarop die ANC hanteer is. (1 x 2) (2) 2.2.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink De Klerk het nie opgetree na die bewerings wat deur Generaal Steyn oor derdemag- aktiwiteite gemaak is nie. (2 x 2) (4) 2.2.4 Wie, volgens die bron, was betrokke by die bombardering van Khotso House? (1 x 1) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2023 NSS 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik die belangrikheid van die frase, 'UITEINDELIK, 'N GROTE!', in die konteks van die amnestieproses. (1 x 2) (2) 2.3.2 Wat is die implikasie van TUTU se woorde, 'JY MOES DIÉ GESIEN HET WAT WEGGEKOM HET …', ten opsigte van die WVK-proses? (2 x 2) (4) 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Wat, volgens die bron, was T Leon se siening oor hoe die Nasionale Party sy voetsoldate behandel het? (1 x 2) (2) 2.4.2 Waarom, volgens die bron, het P Erasmus genoem dat, '… ek daardie ou woede nog so warm soos altyd in my binneste gevoel brand (het)', met betrekking tot die vergaderings tussen oud- ministers, generaals en die Staatsveiligheidsraad oor hoe om teen die WVK op te tree? (1 x 2) (2) 2.4.3 Lewer kommentaar op waarom die voetsoldate gevoel het dat die leierskap van die regerende party deur wie hulle aangestel is, hulle weggegooi het. (1 x 2) (2) 2.4.4 Waarom sou 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar beskou wanneer die aanspreeklikheid van die Nasionale Party-leierskap teenoor die WVK-prosesse nagevors word? (2 x 2) (4) 2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot hoe die leierskap van die apartheidsregering gedurende die WVK-verhore aanspreeklikheid vermy het. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die leiers van die apartheidsregering blootgelê het vir growwe menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2023 NSS VRAAG 3: HOE HET MAGTIGE INTERNASIONALE FINANSIËLE INSTELLINGS, NAAMLIK DIE INTERNASIONALE MONETÊRE FONDS (IMF) EN DIE WÊRELDBANK, SEDERT DIE 1980ʹs DIE GEGLOBALISEERDE EKONOMIEË GEVORM? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Definieer die term geglobaliseerde ekonomieë in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Gee VIER punte van kritiek oor globalisering soos in die bron genoem. (4 x 1) (4) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op hoe magtige nasies en finansiële instellings uit die implementering van globalisering 'van bo af' voordeel trek. (1 x 2) (2) 3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die ervaring van globalisering 'van onder af' vir Afrika voordelig sou wees. (1 x 2) (2) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Haal VIER bewyse uit die bron aan om aan te dui dat Afrika se ervaring van die globale krisis in die 1980's tot 'n afhanklike verhouding met die Weste gelei het. (4 x 1) (4) 3.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom sommige Afrika-lande huiwerig was om hulp van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank te aanvaar. (1 x 2) (2) 3.2.3 Wat dink jy is die implikasie van die stelling, '… nie sedert die dae van kolonialisme het eksterne magte so kragdadig daarop gefokus om Afrika se ekonomiese struktuur ... te vorm nie', oor die invloed van die IMF en die Wêreldbank? (1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik die term strukturele aanpassings in die konteks van die beleide van internasionale finansiële instellings ten opsigte van Afrikalande. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2023 NSS 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik of jy die opskrif 'Afhanklikheidsteorie' (ʹDependence Theoryʹ) as geskik vir hierdie spotprent beskou. (2 x 2) (4) 3.3.2 Waarom, dink jy, beeld die spotprenttekenaar 'ryk nasies' as oorgewig uit? (1 x 2) (2) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Identifiseer TWEE posisies in die bron wat J Stiglitz beklee het voordat hy die wêreld van beleidsformulering betree het. (2 x 1) (2) 3.4.2 Lewer kommentaar op waarom globalisering oor die algemeen met ontwikkeling geassosieer word. (1 x 2) (2) 3.4.3 Gee TWEE voorbeelde van projekte wat in die bron genoem word, wat uit buitelandse hulp voordeel getrek het. (2 x 1) (2) 3.4.4 Wat word geïmpliseer met die stelling: 'Maar vir baie in die ontwikkelende wêreld het globalisering nie die beloofde ekonomiese voordele gebring nie'? (1 x 2) (2) 3.4.5 Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir 'n geskiedkundige wat globalisering bestudeer. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C verskil van die bewyse in Bron 3D oor die impak van globalisering op die Afrikalande. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe magtige internasionale finansiële instellings, naamlik die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, sedert die 1980's die geglobaliseerde ekonomieë gevorm het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA Die Swartbewussynsbeweging het geglo dat swart mense hulself sielkundig moet bevry en selfstandig moet wees in hulle stryd om die apartheidsregering van die 1970's uit te daag. Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te staaf. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Die pad na demokrasie is gekenmerk deur die voortdurende voorkoms van geweld en konflik wat nie daarin geslaag het om die eerste demokratiese verkiesings in 1994 in Suid-Afrika te voorkom nie. Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Verduidelik tot watter mate Gorbachev se hervormings in die middel 1980's in die Sowjetunie FW de Klerk beïnvloed het om politieke hervormings in te stel, wat die weg gebaan het vir onderhandelinge vir 'n demokratiese Suid-Afrika. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all