Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202314 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2023 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2023 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE CONGRESS OF SOUTH AFRICAN TRADE UNIONS (COSATU) IN DIE 1980's OP DIE APARTHEIDSREGERING SE ARBEIDSHERVORMINGS GEREAGEER? BRON 1A Die artikel hieronder is op 6 Desember 1985 in The Namibian-koerant gepubliseer. Dit verduidelik gebeurtenisse wat tydens die stigtingskonferensie van die Congress of South African Trade Unions (COSATU) afgespeel het en beskryf ook COSATU se rol as 'n arbeidsbeweging. Die Congress of South African Trade Unions (COSATU), wat verlede naweek by 'n saamtrek van stapel gestuur is en deur meer as 10 000 werkers in Durban bygewoon is, beloof om die moeilikste uitdaging, wat nog in die geskiedenis van die Suid- Afrikaanse arbeidsbeweging gesien is, aan die regering en nywerheid te bied. Leiers van die nuwe superfederasie het reeds gedreig om 'n nasionale staking uit te roep as die regering sy dreigement uitvoer om trekarbeiders te repatrieer (terug te stuur) en het onderneem om werkers in die tuislande uit minagting teen beperkings op vakbonde in hierdie streke te organiseer. In beleidsriglyne wat tydens die stigtingskonferensie aanvaar is, het die Congress ook na vore gekom ter ondersteuning van disinvestering (onttrekking van beleggings), sowel as die uiteindelike nasionalisering van Suid-Afrika se myne en ander groot nywerhede. Met die klem op die politieke rol wat die nuwe federasie beoog om te speel, het COSATU se president, Elijah Barayi, gesê die Congress hoop om die vakuum te vul wat deur die verbanning van die African National Congress (ANC) geskep is en dat dit tot een-persoon-een-stem in 'n verenigde Suid-Afrika verbind is. Die Congress het ook 'n oproep gedoen om 'n nasionale minimum loon, 'n 40 uur-werkweek teen volle betaling, 'n verbod op oortyd en die stigting van 'n nasionale werkersvakbond vir werkloses as 'n affiliasie van die federasie. Met 'n lidmaatskap van 'n halfmiljoen, al die 150 000 lede van die National Union of Mineworkers (NUM) en die 100 000 lede van die Federation of South African Trade Unions (FOSATU) ingesluit, word die stigting van COSATU as 'n triomf (oorwinning) vir vakbondwese beskryf. [Uit The Namibian, 6 Desember 1985] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 1B Die plakkaat hieronder, wat deur COSATU se mediawerker, Patrick Cockayne, ontwerp is, demonstreer COSATU se verset teen die apartheidsregering se Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge wat in 1987 voorgestel is. [Uit Red on Black: The Story of the South African Poster Movement deur J Seidman] NEE! vir die Arbeidswet 'N ONREG AAN EEN IS 'N ONREG AAN ALMAL NEE! vir beperkings VOORWAARTS MET COSATU Spesiale Kongres JOHANNESBURG MEI 14–15 1988 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 1C Die uittreksel hieronder, geneem uit The Washington Post, is op 25 Februarie 1988 gepubliseer. Dit verduidelik die apartheidsregering se sterk optrede teen COSATU en ander anti-apartheidsorganisasies. Die verordening (wet), wat deur Adriaan Vlok, Minister van Wet en Orde, aangekondig is, sê dat die United Democratic Front (UDF) en ander ingeperkte anti- apartheidsgroepe (COSATU ingesluit) mag voortbestaan en nie verbied sal word om finansiële rekords te hou, administratiewe funksies te verrig of 'n verpligting wat deur of onder enige wet of geregshof opgelê is, na te kom nie. Maar hulle sal die Minister van Wet en Orde se toestemming moet kry om enige ander aktiwiteite uit te voer. Vlok het gesê dat ondanks noodregulasies wat reeds van krag is, sommige opposisiegroepe volgehou het om 'n revolusionêre klimaat te vestig, in stand te hou en te bevorder. Johan van der Merwe, Veiligheidspolisiehoof, het in November op die moontlikheid van sulke sterk optrede gesinspeel toe hy aan verslaggewers gesê het dat wettige radikale organisasies, soos die UDF en COSATU, 'n groter bron van kommer vir die polisie is as onwettige groepe soos die African National Congress (ANC). COSATU, wat begin het om die organisatoriese vakuum te vul wat deur die aanhouding van die meeste van die UDF se nasionale en streeksleiers geskep is, word nou verbied om hom te beywer vir die wettiging van onwettige organisasies soos die ANC, om op die vrylating van aangehoudenes aan te dring, teen boikotte van plaaslike swart verkiesings en om 'n beroep te doen op disinvesterings of sanksies teen Suid-Afrika (SA). [Uit The Washington Post, 25 Februarie 1988] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 1D Die bron hieronder beklemtoon maatreëls wat op 14 Mei 1988 deur COSATU tydens sy spesiale kongres aanvaar is. Dit was in antwoord op die dreigement wat deur die apartheidsregering se beperkings en die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge daargestel is. Die spesiale kongres is belê in reaksie op twee spesifieke uitdagings aan COSATU: Die regering se beperkings op 24 Februarie, wat COSATU wetlik beperk het tot 'n beperkte reeks van fabrieksvloer-vakbondwese en effektief 17 ander organisasies verbied het, onder wie die United Democratic Front (UDF), 'n nabye en formele COSATU-bondgenoot; en die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 'n wetsontwerp wat volgens die Minister van Mannekrag, Pietie du Plessis, ten doel gehad het om die 'balans in nywerheidsverhoudinge ten gunste van die werkgewer te herstel'. Selfs nadat dit effens versag is in die finale konsep wat 24 uur na die spesiale kongres aan die Driekamerparlement voorgelê is. Die wetsontwerp sal werkers se reg om te staak aansienlik beperk, vakbonde oopstel vir siviele aksie vir verliese gely deur hulle lede se optrede en solidariteitsoptrede in nywerheidsgeskille verbied. Gesamentlik het die beperkings en die wetsontwerp gepoog om COSATU 'n reg te ontsê wat in die wese van sy bestaan ingeweef is: die reg om op die nasionale politieke terrein te werk, beide om sy lede se fabrieksvloer- eise te volbring, en in hulle breër, politieke belange. ʹGesamentlik verbied die hele wetsontwerp en die beperkings COSATU effektief,' het Hoofsekretaris Jay Naidoo op 25 Februarie gesê. Die dubbele bedreiging van die beperkings en die wetsontwerp het verskeie dinge van COSATU geëis: 'n Onmiddellike en beslissende reaksie as 'n waarskuwing aan werkgewers en die regering dat COSATU nie sonder 'n stryd sal opgee nie, en om steun vir verdere weerstand te genereer; voortdurende agitasie en optrede om spesifiek aan werkgewers te demonstreer dat steun aan die wetsontwerp hulle dalk meer sou kos as wat dit werd was. [Uit Work in Progress, Uitgawe Nr. 54, Junie–Julie 1988] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2023 NSS – Addendum VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) LEIERS VAN DIE APARTHEIDSREGERING BLOOTGELÊ VIR GROWWE MENSEREGTESKENDINGS WAT TUSSEN 1960 EN 1994 GEPLEEG IS? BRON 2A Die bron hieronder is geneem uit 'n biografie van FW de Klerk, die leier van die Nasionale Party, met die titel A Question of Balance: A Biography of FW de Klerk geskryf deur John Cameron-Dow. … Die Nasionale Party het die idee van 'n Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) gesteun om verantwoordelikheid te vermy. Hulle benadering was om die konsep van amnestie gebou. Hulle siening was dat die onthulling van misdade wat in die verlede gepleeg is, met vrystelling van vervolging vergoed moes word. Dit was nie so eenvoudig nie; swart Suid-Afrikaners was heeltemal geregverdig in hulle eise vir verduidelikings. Boonop was die werktuig van hulle vryheid, die African National Congress (ANC), nou aan bewind. Die omvang en aard van die kommissie sou deur Mandela en sy regering bepaal word. Die Waarheids-en-Versoeningskommissie is ná die toepassing van die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening in 1995 ingestel. Drie komitees is saamgestel om die kommissie se mandaat uit te voer, deur die Minister van Justisie, Dullah Omar, beskryf as ' 'n noodsaaklike oefening om Suid-Afrikaners in staat te stel om op 'n moreel aanvaarbare grondslag met die verlede vrede te maak en om die saak van versoening te bevorder'. FW de Klerk volstaan met sy mening dat 'n proses vereis is om Suid-Afrikaners in staat te stel om met die konflik van die verlede vrede te maak in 'n gees van versoening en om sonder verwyte met die toekoms voort te gaan. Hy is ook bekend daarvoor dat hy ten gunste van 'n algemene amnestie vir oortreders van politiek-geïnspireerde geweld was. ʹn Algemene amnestie het baie teen ANC-denke ingegaan. Dit is nou algemene kennis dat verskriklike misdade in die naam van staatsveiligheid, veral gedurende die laaste jare van PW Botha se presidentskap, gepleeg is. Maar hoe kon FW de Klerk, 'n senior kabinetslid, nie bewus wees van die gruweldade wat gepleeg is nie; daar was sekerlik 'n gesamentlike sameswering (betrokkenheid) op kabinetsvlak. [Uit A Question of Balance: A Biography of FW de Klerk deur J Cameron-Dow] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 2B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek geskryf deur M Meredith, wat in die 1990's as 'n korrespondent vir die koerante The London Observer en die Sunday Times gewerk het. Dit fokus op hoe die bevindinge van die Waarheids-en- Versoeningskommissie (WVK) die gruweldade wat vanaf die laat 1970's deur die Nasionale Party-regering gepleeg is, blootlê. Nadat die kriteria vir aanspreeklikheid vasgestel is, het die WVK sy uitspraak oor die belangrikste protagoniste (karakters) gelewer. Dit was Botha se regering in die laat 1970's, het die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) verklaar, wat die 'gebied van kriminele wangedrag' betree het. Vorige regerings het deur onderdrukking regeer, maar Botha se regering het 'n beleid van die doodmaak van sy opponente aanvaar. Hulle was ook verantwoordelik vir die wydverspreide gebruik van marteling, ontvoering, brandstigting en sabotasie. Gedurende vergaderings van die Staatsveiligheidsraad het van sy vernaamste lede, Botha, Malan, Vlok en die hoofde van die sekuriteitsmagte ingesluit, terminologie soos 'elimineer, uithaal en uitwis' gebruik, wel wetende dat dit tot die moord van politieke opponente sou lei. Die 'gebied van kriminele wangedrag' het tot in FW de Klerk se ampstermyn uitgebrei. Die WVK was baie krities oor FW de Klerk se mislukking om die probleem van die 'derde mag' – 'n netwerk van sekuriteitsmaglede en verregse groepe wat gepoog het om enige oorgang wat tot 'n African National Congress (ANC)-regering sou lei, te ontwrig. Alhoewel die WVK erken het dat FW de Klerk stappe gedoen het om die nasionale veiligheidsbestuurstelsel, wat hy van Botha geërf het, te ontbind, het die WVK gesê dat hy 'min duidelike pogings aangewend het om derdemag-aktiwiteite aan bande te lê' en pleidooie van senior offisiere soos Generaal Steyn, die Weermag Hoof van Personeel, om 'n deeglike ondersoek in te stel, geïgnoreer het. Hy het nie daarin geslaag om tot aksie oor te gaan nie, was die slotsom waartoe die WVK gekom het, 'óf opsetlik óf deur weglating'. Die WVK het getuienis aangehaal dat hulle gehoor het dat FW de Klerk daarvan bewus was dat sy kommissaris van polisie, Van der Merwe, by onwettige aktiwiteite ten opsigte van die bombardement van Khotso House betrokke was, en tog het hy steeds sy posisie as die mees senior polisieman in die land behou. [Uit Coming to Terms – South Africa's Search for Truth by M Meredith] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 2C Die bron hieronder is deur Zapiro geteken en vir die eerste keer op 2 Augustus 1998 in die Sun. Times gepubliseer. Dit beeld die apartheidsregering se kabinetministers uit wat tussen 1960 en 1994 aanspreeklikheid vir menseregte-oortredings ontduik het. [Uit Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years on deur C Villa-Vicencio en F du Toit] Amnestieproses FW de Klerk PW Botha Adriaan Vlok Pik Botha TEKS IN SPRAAKBORRELS UITEINDELIK, 'N GROTE! Magnus Malan JY MOES DIÉ GESIEN HET WAT WEGGEKOM HET … Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 2D Die uittreksel hieronder is geneem uit die skuldbekentenisse wat deur P Erasmus, 'n lid van die veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP), gemaak is. Hy lê die donker geheime van die apartheidsera-polisiëringstelsel bloot, wat in die vroeë 1980's deur die Nasionale Party-kabinet en die Staatsveiligheidsraad beveel is. Die leier van die Demokratiese Party, Tony Leon, het dit opgesom toe hy gesê het dat dit lyk asof die Nasionale Party sy rug gedraai het op die voetsoldate, wat deur hulle politieke leiers aangemoedig is om terreurdade teen die mense van Suid-Afrika te pleeg. Johan van der Merwe het later teen sy voormalige base gedraai en erken dat FW de Klerk inderdaad oor alle geheime projekte gedurende die laaste vier jaar van sy regering ingelig is. Van der Merwe het egter ook teen voormalige lede van die Suid- Afrikaanse Polisie (SAP) gedraai deur sy naam op die kwytskeldingslys (beskerming) van 3 500 polisiebeamptes te sit wat FW de Klerk goedgekeur het, net voor hy in die April 1994-verkiesings deur Mandela vervang is. As 'n uitdrukking van solidariteit met die SAP van sy era het FW de Klerk sy eie naam ook op daardie lys geplaas. Toe dit gerapporteer is dat FW de Klerk, sommige oud-ministers en generaals wat by die Staatsveiligheidsraad betrokke was, reeds drie keer ontmoet het en die vierde vergadering beplan het om hulleself voor te berei vir wat soos die naderende aanslag van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) moes gevoel het, het ek daardie ou woede nog so warm soos altyd in my binneste gevoel brand. Seer sekerlik was die konsep van 'n waarheidskommissie dat elke indiwidu voor die kommissie verskyn en alleen hulle storie vertel, want dit is wat hulle verkies het om te doen – vir watter rede ook al. Ons, die voetsoldate, was beleër (beïnvloed), nie soseer deur ons gewete nie, maar deur die feit dat ons misken en verwerp is, weggegooi deur diegene wat 'n regering verteenwoordig het wat ons aangestel het om dood te maak, te vermink (om in stukke te sny) en te martel. Dit is die waarheid. Ons kon eenvoudig nie daaroor kom nie. [Uit Confessions of a Stratcom Hitman deur P Erasmus] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2023 NSS – Addendum VRAAG 3: HOE HET MAGTIGE INTERNASIONALE FINANSIËLE INSTELLINGS, NAAMLIK DIE INTERNASIONALE MONETÊRE FONDS (IMF) EN DIE WÊRELDBANK, SEDERT DIE 1980's DIE GEGLOBALISEERDE EKONOMIEË GEVORM? BRON 3A Die uittreksel hieronder is geneem uit 'n boek deur T Falola en B House-Soremekun. Dit verduidelik hoe globalisering die Afrika-kontinent negatief beïnvloed. Globalisering stel Afrika en swart mense as gemarginaliseerd (onbelangrik) voor: globaliserende ekonomieë soek hulpbronne vanuit alle uithoeke van die wêreld, en geglobaliseerde ekonomieë trek aansienlike voordele uit hulle ekonomieë en politieke oorheersing. Die Wealth of Nations, om uit Adam Smith se beroemde boek te leen, word gebruik, nie net om die hulpbronne binne die grense van nasiestate te ontwikkel nie, maar ook om die hulpbronne van ander lande te benut. Afrika het meer aan die buitewêreld gegee as wat dit teruggekry het en die basis gelê om oor die armoede van nasies te praat, die uiterste hoogtepunt van menslike vooruitgang. Globalisering se kritici verwys na die vernietiging van die omgewing, klimaatsverandering, uitputting (vermindering) van natuurlike en minerale hulpbronne, arbeidsuitbuiting … Afrika is die gevallestudie van beide posisies, wat voorbeelde van die voordele en probleme van globalisering verskaf. Afrika ervaar globalisering 'van bo af', dit wil sê, 'n situasie waar magtige lande en maatskappye met meer hulpbronne in staat is om die hoofaksies en -beleide, wat die eienskappe van globale ontmoetings bepaal, te beheer. Indien Afrika deel is van die globaliseringsvergelyking 'van onder af', sal enige bespreking oor sy plek in die globale stelsel ons by aspekte van nasionalisme en weerstand betrek – hoe Afrikane hulleself kan mobiliseer om mag en voorregte te wen en hoe internasionale instellings hervorm moet word. Die akteurs wat globalisasie van bo af beheer, doen 'n beroep op Afrikalande om demokrasie te beoefen, maar dieselfde demokratiese beginsels is nie op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad van toepassing nie, waar 'n handjievol lande vetoreg (om te verwerp) het. [Uit Globalisation and Sustainable Development in Africa deur T Falola en B House-Soremekun] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 3B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek deur BK Campbell en J Loxley. Dit beklemtoon die impak van globalisering deur internasionale finansiële instellings, naamlik die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, in die 1980's op Afrikalande. Die voorwaardes waarmee Afrika-regerings op die globale krisis van die vroeë 1980's moes reageer, het die uitwerking gehad dat hulle deur nuwe vorme van afhanklike verhoudings met Westerse regerings en internasionale finansiële organisasies ingesluit is. In besonder het die akute betalingsbalanskrisisse waaronder die meeste Afrikastate in onlangse jare gely het, en die gepaardgaande ontwrigting van plaaslike produksie, die kontinent se vermoë ondermyn om buitelandse skuld, wat in beter tye aangegaan is, te betaal. Baie lande is inderdaad gedwing om skuld aan te gaan in 'n poging om ekonomiese ineenstorting af te weer (herstel) en/of in 'n poging om ekonomiese herstel te stimuleer. Hulle het hulle veral na die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank gewend vir betalingsbalanslenings. Gewoonlik het hulle dit teen hulle wil gedoen en omdat hulle ander moontlikhede om finansies te bekom, uitgeput het. Soms dring banke se bilaterale skenkers en ander bronne van befondsing daarop aan dat Afrika-regerings by internasionale instellings leen, as 'n voorwaarde om hulle eie bydrae tot betalingsbalanshulp te handhaaf. Nog nooit tevore het die internasionale finansiële instellings so 'n omvattende invloed op beleidsformulering in Afrika uitgeoefen nie; nie sedert die dae van kolonialisme het eksterne magte so kragdadig daarop gefokus om Afrika se ekonomiese struktuur en die aard van sy deelname aan die wêreldstelsel te vorm nie. Strukturele aanpassings, soos deur die internasionale instellings bevorder, streef daarna om groei en stabiliteit te herstel deur relatiewe pryse, plaaslike uitgawes en die tipe en graad van staatsingryping in die ekonomie te verander. [Uit Structural Adjustment in Africa deur BK Campbell en J Loxley] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 3C Hierdie spotprent met die titel ʹAfhanklikheidsteorieʹ ('Dependence Theory') is uit die boek The Development of Underdevelopment deur AG Frank geneem. Dit werp lig op 'n standpunt ten opsigte van die afhanklikheidsteorie. [Uit The Development of Underdevelopment deur AG Frank] ARM NASIES RYK NASIES Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2023 NSS – Addendum BRON 3D Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek met die titel Globalisation and Its Discontents deur J Stiglitz. Dit deel sy persoonlike ervaringe om vir magtige finansiële instellings te werk. In 1993 het ek die Academia (universiteit) verlaat om op die Raad van Ekonomiese Adviseurs onder President Bill Clinton te dien. Na jare van navorsing en onderrig was hierdie my eerste poging tot beleidsformulering, en meer presies, politiek. Daarvandaan het ek in 1987 na die Wêreldbank verskuif, waar ek vir ongeveer drie jaar as hoofekonoom en senior visepresident gedien het, waarna ek in Januarie 2000 weggegaan het. Ek kon nie 'n meer fassinerende tyd gekies het om in beleidsformulering te gaan nie. Ek was in die Withuis toe Rusland sy oorgang vanaf kommunisme begin het, en ek het by die Wêreldbank gewerk gedurende die finansiële krisis wat in 1987 in Oos-Asië begin het en die wêreld uiteindelik omsluit het. Ek het nog altyd in ekonomiese ontwikkeling belanggestel en wat ek gesien het, het my standpunte oor beide globalisering en ontwikkeling radikaal verander. Buitelandse hulp, 'n ander aspek van die geglobaliseerde wêreld, het ten spyte van al sy foute nog steeds voordele vir miljoene gebring, dikwels op maniere wat amper ongesiens verbygegaan het: guerrillas in die Filippyne is deur 'n Wêreldbankgefinansierde projek van werk voorsien toe hulle al hulle wapens neergelê het, besproeiingsprojekte het die inkomste van boere, wat gelukkig genoeg was om water te kry, meer as verdubbel, opvoedkundige projekte het geletterdheid na die landelike gebiede geneem, in 'n paar lande het Vigs-projekte gehelp om die verspreiding van hierdie dodelike siekte te stuit. Diegene wat globalisering kritiseer, sien dikwels nie die voordele raak nie. Maar die ondersteuners van globalisering is, indien enigiets, selfs meer ongebalanseerd. Vir hulle is globalisering (wat tipies verbind word met die aanvaarding van triomfantelike kapitalisme, Amerikaanse styl) vooruitgang; ontwikkelende lande moet dit aanvaar as hulle wil groei en armoede effektief wil beveg. Maar vir baie in die ontwikkelende wêreld het globalisering nie die beloofde ekonomiese groei gebring nie. [Uit Globalisation and Its Discontents deur J Stiglitz] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2023 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Cameron-Dow, J. 2016. A Question of Balance: A Biography of FW de Klerk, JCD Publishers, VSA. Campbell, B en Loxley J. 1989. Structural Adjustment in Africa, St Martin's Press Inc., VSA. Erasmus, P. 2021. Confessions of a Stratcom Hitman, Jacana Media, Suid-Afrika. Falola, T en House-Soremekun, B. 2011. Globalisation and Sustainable Development in Africa, University of Rochester Press, Verenigde Koninkryk. Frank, AG. 2005. The Development of Underdevelopment, New England Free Press, VSA. Meredith, M. 1999. Coming to Terms – South Africa's Search for Truth, Public Affairs, VSA. Seidman, J. 2008. Red on Black: The Story of the South African Poster Movement, STE Publishers, Suid-Afrika. Stiglitz, J. 2002. Globalisation and Its Discontents, WW Norton & Company, VSA. The Namibian, 6 Desember 1985 The Washington Post, 25 Februarie 1988 Villa-Vicencio, C en Du Toit, F. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years on, David Phillip, Suid-Afrika. Work in Progress, Uitgawe Nr. 54, Junie–Julie 1988, Publication of the Southern African Research Service. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (Afrikaans) | Hlayiso