Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 463.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:
GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET BERLYN IN 1948 'N FOKUSPUNT VAN KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE (USSR) EN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA (VSA) GEWORD?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Identifiseer in die bron DRIE lande wat die Europese
Advieskommissie ('European Advisory Commission') gevorm het.
(3 x 1) (3)
1.1.2 Waarom, volgens die bron, is daar in Februarie 1945 by Jalta
besluit om ook 'n sone vir Frankryk in Duitsland te skep? (1 x 1) (1)
1.1.3 Verduidelik waarom jy dink die besettingslande moes seker maak
'dat die Duitsers nie in staat sou wees om weer 'n militêre mag op
te bou nie'. (1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar op die implikasies daarvan om die stad Berlyn
in die Sowjet-sone te hê, in die konteks van Koue Oorlog-spanning
in 1948 tussen die USSR en die VSA. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Definieer die term blokkade in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.2.2 Verduidelik waarom jy dink die VSA die Berlynse Blokkade as 'n
'duidelike oortreding van bestaande ooreenkomste oor die
administrasie van Berlyn' beskou het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Haal DRIE redes uit die bron aan waarom die VSA vasberade was
om as 'n mag in Berlyn aan te bly. (3 x 1) (3)
1.2.4 Noem EEN spesifieke verpligting, volgens die bron, waarop die
VSA aangedring het met betrekking tot die fisiese welstand van die
bevolking van sy sektor in Berlyn. (1 x 1) (1)
1.2.5 Lewer kommentaar op waarom die VSA klem gelê het op sy
bereidwilligheid om enige meningsverskille met die USSR deur
onderhandelinge te skik. . (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2023
NSS
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Gee TWEE redes, volgens die bron, waarom die Sowjetunie die
bekendstelling van 'n spesiale geldeenheid wat slegs in die
westelike deel van Berlyn gebruik sou word, teengestaan het.
(2 x 1) (2)
1.3.2 Verduidelik die konsep monetêre hervorming in die konteks van die
Berlyn-sones in 1948. (1 x 2) (2)
1.3.3 Waarom, volgens die bron, het die Sowjet-bevelvoerders, geglo dat
die gevaar van die ontwrigting van ekonomiese aktiwiteite van die
Sowjet-sone en Berlyn, nie uitgeskakel was nie? (1 x 2) (2)
1.3.4 Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n
geskiedkundige wat navorsing oor die verdeling van Berlyn doen.
(2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1B en 1C. Lewer kommentaar op hoe Bron 1B van Bron 1C
verskil met betrekking tot redes wat die VSA en USSR aangevoer het om in
1948 as besettingsmagte in Berlyn aan te bly. (2 x 2) (4)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Verduidelik die simboliese voorstelling van die drie leiers wat langs
mekaar sit in die konteks van die Koue Oorlog. (1 x 2) (2)
1.5.2 Waarom wou Rusland (Stalin) finale seggenskap oor die
administrasie van Berlyn gehad het? (1 x 2) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe Berlyn in 1948 'n fokuspunt van Koue Oorlog-spanning tussen die
Sowjetunie (USSR) en die Verenigde State van Amerika (VSA) geword het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2: WATTER FAKTORE HET TOT DIE BETROKKENHEID VAN DIE DRIE
NASIONALISTIESE BEWEGINGS (MPLA, FNLA EN UNITA) BY DIE
ANGOLESE BURGEROORLOG IN 1975 GELEI?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Definieer die term rewolusie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.2 Identifiseer in die bron die DRIE nasionalistiese bewegings wat
die beheer van Angola na onafhanklikheid betwis het. (3 x 1) (3)
2.1.3 Noem TWEE kommunistiese lande in die bron waarmee Neto noue
bande gevorm het. (2 x 1) (2)
2.1.4 Wat dui die teregstelling van Nito Alves se volgelinge aan oor Neto
se leierskap? (1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Waarom, dink jy, is hierdie foto in Desember 1975 geneem? (2 x 2) (4)
2.2.2 Lewer kommentaar op die implikasie van die titel van die foto,
'Angola se Wreedaardige Geskiedenis, en die Rol van die MPLA
daarin' ('Angola's Brutal History and the MPLA's Role in it'). (1 x 2) (2)
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Waarom, volgens die bron, het die oorgang vanaf Portugese
bewind in Angola in 'n ramp verander? (1 x 2) (2)
2.3.2 Verduidelik die term burgeroorlog in die konteks van die magstryd
oor Angola. (1 x 2) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar op die betekenis van die stelling: 'Albei was
egter vasberade, vir redes van hulle eie prestige (aansien) ...', in
die konteks van hulle betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog.
(2 x 2) (4)
2.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
wat die Angolese Burgeroorlog bestudeer. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2023
NSS
2.4 Bestudeer Bron 2D.
2.4.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die MPLA tot
nasionalisme en sosialisme geneig was. (1 x 2) (2)
2.4.2 Verduidelik wat jy dink met die volgende in die konteks van die
Angolese Burgeroorlog geïmpliseer word: 'Konflik was op etniese
gronde gebaseer'. (1 x 2) (2)
2.4.3 Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse Intelligensiediens
(CIA) die FNLA ondersteun? (1 x 1) (1)
2.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom jy dink Suid-Afrika besluit het om UNITA
te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4.5 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die
MPLA nie die lewens van die Angolese mense verbeter het nie.
(2 x 1) (2)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C die
inligting in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die benadering wat deur die
drie nasionalistiese bewegings gevolg is. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die
faktore wat tot die betrokkenheid van die drie nasionalistiese bewegings
(MPLA, FNLA en UNITA) by die Angolese Burgeroorlog in 1975 gelei het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE BURGERREGTEBETOGERS, WAT
IN DIE 1960's AAN DIE VRYHEIDSRITTE IN DIE VERENIGDE STATE
VAN AMERIKA (VSA) DEELGENEEM HET, TEËGEKOM?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Hoe, volgens die bron, het die Vryheidsryers beplan om
rassediskriminasie in 1961 in die VSA uit te daag? (1 x 2) (2)
3.1.2 Definieer die term grondwet in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.3 Lewer kommentaar op wat bedoel word met die stelling: 'Hulle het
ook geweet dat hulle beseer of selfs doodgemaak kon word as
hulle sou probeer om daardie reg [om saam te reis] uit te oefen'.
(1 x 2) (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom President John F Kennedy dadelik opgetree het om die
VSA te desegregeer. (2 x 2) (4)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie koerantberig voorbladnuus
gehaal het. (1 x 2) (2)
3.2.2 Waarom, dink jy, was die titel van hierdie berig: 'Onmenslik!'?
(2 x 2) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op waarom die vlamme en rook vanuit die bus
'Die Vlamme van Haat!' genoem is. (1 x 2) (2)
3.3 Lees Bron 3C.
3.3.1 Wat, volgens die bron, het Zwerg en sy kollegas gemotiveer om by
die Vryheidsritte betrokke te raak? (1 x 1) (1)
3.3.2 Gee TWEE opsies, wat deur Zwerg genoem is, wat aktiviste sou
neem indien hulle tronk toe sou gaan omdat hulle aan die
Vryheidsritte deelgeneem het. (2 x 1) (2)
3.3.3 Waarom sou 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar beskou
wanneer die 1961 Vryheidsritte in die VSA nagevors word? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2023
NSS
3.4 Bestudeer Bron 3D.
3.4.1 Gee DRIE redes in die bron waarom die betogers ná die
busontploffing hospitaal toe geneem is. (3 x 1) (3)
3.4.2 Lewer kommentaar op wat met Goewerneur Patterson se stelling
met betrekking tot die Vryheidsryers geïmpliseer word: 'Enige
betogers in hierdie staat sal geen polisiebeskerming kry nie'.
(2 x 2) (4)
3.4.3 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die hospitaal nie die
beseerde Vryheidsryers behandel of aanvaar het nie. (2 x 1) (2)
3.4.4 Verduidelik die term segregasionis in die konteks van die staat van
Alabama. (1 x 2) (2)
3.4.5 Gee TWEE bewyse uit die bron wat aandui dat Goewerneur
Patterson 'n 'militante segregasionis' was. (2 x 1) (2)
3.5 Raadpleeg Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C
ondersteun word deur die inligting in Bron 3D met betrekking tot die
behandeling van die Vryheidsryers. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die
uitdagings wat die burgerregtebetogers, wat in die 1960's aan die
vryheidsritte in die VSA deelgeneem het, teëgekom het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees
VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die taktieke wat Viëtkong gedurende die oorlog in Vietnam tussen 1963 en 1975
gebruik het, was suksesvol om die strategieë van die VSA ondoeltreffend te maak.
Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou
argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese en kulturele beleide het die
Kongo na onafhanklikheid in die 1960's positief verander.
Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging afhanklik was van gewelddadige,
radikale en militante strategieë om diskriminasie in die VSA te beëindig.
Gebruik relevante geskiedkundige bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum