Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2023
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2023 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 602.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2023
NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET BERLYN IN 1948 'N FOKUSPUNT VAN KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE (USSR) EN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA (VSA) GEWORD?
BRON 1A
Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek met die titel The Berlin Wall: How It Rose
and Why It Fell (1992). Dit lê klem op die ooreenkomste wat deur die
oorwinningsmagte ten opsigte van die administrasie van Duitsland na die Tweede
Wêreldoorlog bereik is.
Selfs voordat die oorlogswapens stilgemaak is, het die Europese Advieskommissie
('European Advisory Commission') 'n groep wat deur die Verenigde State van
Amerika, Brittanje en die Sowjetunie gestig is begin om die besetting van Duitsland
te beplan. Destyds is besluit dat Duitsland in drie sones verdeel sou word, een vir elke
land, behalwe Frankryk.
Later by 'n konferensie wat in Februarie 1945 by Jalta gehou is, kon die Amerikaanse
President, Franklin D Roosevelt, en die Britse Eerste Minister, Winston Churchill, die
Sowjetleier, Joseph Stalin, oortuig om 'n sone vir Frankryk te skep, wat in sewentig
jaar drie invalle en twee nederlae aan die hand van Duitsland beleef het. Elkeen van
hierdie vier sones sou deur die land wat die area/gebied beset, geadministreer word.
President Roosevelt het op 12 April 1945 gesterf, en die presidentskap van die
Verenigde State van Amerika het na Harry Truman oorgegaan. Truman, Churchill en
Stalin het op 17 Julie 1945 by Potsdam, naby Berlyn, ontmoet. Dit was by hierdie
vergadering waar die finale besluite geneem is oor hoe Duitsland georganiseer moet
word en waar sy grense getrek sou word. Die Geallieerdes het oor 'n grens in die
weste saamgestem; 'n tydelike grens vir die oostekant sou die Oder- en westelike
Neisse-rivier wees. Elke besettingsland moes seker maak dat die Duitsers nie in staat
sou wees om weer 'n militêre mag op te bou nie.
Die stad Berlyn, 110 myl binne die oostelike sone van die Sowjette, het 'n spesiale
area vir gesamentlike viermagbeheer geword … Voordat die Sowjet-weermag amptelik
beheer van sy sone oorgeneem het, was daar 'n finale stormloop van mense uit die
ooste na die weste. Hulle het gevrees dat die Russe 'n veiliger grens, een waar dit
onmoontlik sou wees om deur te gaan, sou oprig.
[Uit The Berlin Wall: How It Rose and Why It Fell by DM Epler]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 1B
Die bron hieronder is 'n uittreksel uit The Berlin Crisis: A Report on the Moscow
Discussions, 1948 deur die Amerikaanse departement van buitelandse sake
('US Departement of State') wat op 6 Julie 1948 aan die verteenwoordigers van die
USSR in Washington, Londen en Parys voorgehou is. Dit dui die Verenigde State se
reaksie teen die Berlynse Blokkade aan.
Die regerings van die Verenigde State, Verenigde Koninkryk en Frankryk het besluit
om formele vertoë aan die regering van die USSR te rig. Die Sowjet-regering is
ingelig dat die Verenigde State die blokkade-maatreëls as 'n 'duidelike oortreding van
bestaande ooreenkomste oor die administrasie van Berlyn deur die vier
besettingsmagte' beskou het.
Die regering van die Verenigde State van Amerika het dit kategories (ferm) gestel dat
dit sy eie sektor van Berlyn beset het, met vrye toegang daartoe 'as 'n kwessie van
gevestigde reg, wat van die nederlaag en uitlewering van Duitsland afgelei is, en deur
formele ooreenkomste tussen die hoof-Geallieerdes bevestig is'.
Die Verenigde State het ook uitdruklik verklaar dat dit 'nie deur dreigemente, druk of
ander aksies gedruk sou word om hierdie regte te verbeur nie'.
Met inagneming hiervan, saam met die verantwoordelikheid vir die fisiese welstand
van die bevolking in sy sektor van Berlyn, honderdduisende vroue en kinders
ingesluit, was die Verenigde State verplig om daarop aan te dring 'dat die reëlings vir
die beweging van vrag en passassiersverkeer tussen die westelike sones en Berlyn
volgens bestaande ooreenkomste ten volle herstel word'.
Die Verenigde State het weereens sy bereidwilligheid beklemtoon om deur
onderhandelinge te skik, of deur enige van die ander vreedsame metodes soos in
artikel 33 van die Handves van die Verenigde Nasies voorsiening gemaak word.
Die Verenigde State het spesifiek aangebied om aan onderhandelinge tussen die vier
geallieerde besettingsowerhede in Berlyn deel te neem, sodra die blokkademaatreëls
opgehef is.
[Uit The Berlin Crisis: A Report on the Moscow Discussions, 1948]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 1C
Die bron hieronder, gedateer 14 Julie 1948, is 'n Sowjetunie-reaksie op die Verenigde
State se nota wat op 6 Julie 1948 aan die Sowjetunie se verteenwoordigers gestuur is.
Dit beskryf kortliks die stappe wat die Sowjet-bevelvoerders sou neem om sy beheer
oor Berlyn te verdedig.
Berlyn is in die middel van die Sowjet-sone geleë en maak deel uit van daardie sone.
Die belange van die Berlynse bevolking laat nie 'n situasie toe waar daar in Berlyn of
slegs in die westelike sektore van Berlyn 'n spesiale geldeenheid bekend gestel sal
word, wat nie in die Sowjetsone geldig is nie. Bowendien het die uitvoer van 'n aparte
monetêre (finansiële) hervorming in die westelike sone van Duitsland vir Berlyn en die
hele Sowjet-sonebesetting in 'n situasie geplaas waar gedreig is om al die geldnote,
wat in die westelike sone gekanselleer is, in Berlyn en die Sowjetsone-besetting te
stort.
Die Sowjet-bevelvoerders is daarom gedwing om sekere dringende maatreëls vir die
beskerming van die belange van die Duitse bevolking, sowel as vir die ekonomie van
die Sowjetbesettingsone en die gebied van die 'Groter Berlyn' te aanvaar. Die gevaar
van hierdie ontwrigting van die ekonomiese aktiwiteite van die Sowjetsone en van
Berlyn is tot op hede nog nie uitgeskakel nie, in soverre die Verenigde State, Groot
Brittanje en Frankryk voortgaan om hulle spesiale geldeenheid in Berlyn te behou.
Verder het die Sowjet-bevelvoerders aanhoudend hulle kommer oor die welstand van
die Berlynse bevolking geopenbaar en openbaar dit steeds, en hulle verseker dat alle
lewensnoodsaaklike middele voorsien sal word. Hulle lê hulle ook daarop toe om
probleme, wat onlangs in hierdie saak ontstaan het, so gou moontlik uit te skakel. In
hierdie verband, indien die situasie dit vereis, sal die Sowjetregering nie daarteen
gekant wees om op sy eie manier vir die hele 'Groter Berlyn' voldoende voorraad te
verseker nie.
[Uit The Berlin Crisis: A Report on the Moscow Discussions, 1948]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 1D
Die bron hieronder met die titel UNTER DEN LINDEN (Onder die Lindebome) deur
SJ Ray, is op 2 Desember 1948 in die Amerikaanse Kansas City Star-koerant
gepubliseer. Dit beeld Stalin uit, wat Berlyn in twee dele sny.
BERLYN
VSA
FRANKRYK BRITTANJE
RUSSIESE
OOREENKOMS
OM TE
BEMIDDEL
[Uit Kansas City Star, 2 Desember 1948]
STALIN
RUSSIESE OOREENKOMS OM TE BEMIDDEL – Verwys na
Rusland (Stalin) wat die finale woord het om die gesamentlike
administrasie van Berlyn deur die Geallieerdes te beëindig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2023
NSS – Addendum
VRAAG 2: WATTER FAKTORE HET TOT DIE BETROKKENHEID VAN DIE DRIE
NASIONALISTIESE BEWEGINGS (MPLA, FNLA EN UNITA) BY DIE
ANGOLESE BURGEROORLOG IN 1975 GELEI?
BRON 2A
Die bron hieronder verduidelik in breë trekke hoe Agostinho Neto onder die 'Popular
Movement for the Liberation of Angola' (MPLA) beheer gekry het oor Angola nadat die
land op 11 November 1975 volle onafhanklikheid van Portugal verkry het.
Na die Angeliere-revolusie ('Carnation Revolution') (wat Salazar se opvolger, Marcelo
Caetano, onttroon het) gedurende April 1974 in Portugal het drie politieke faksies om mag
in Angola meegeding. Een van die drie was die 'Popular Movement for the Liberation of
Angola' (MPLA), waaraan Agostinho Neto behoort het. Angola het op 11 November 1975
volle onafhanklikheid van Portugal verkry, en Neto het die leier van die nasie geword,
nadat die MPLA Luanda ten koste van die ander vryheidsbewegings beset het. Hy het 'n
eenpartystaat gestig en sy regering het nou bande met die Sowjetunie en ander nasies in
die Oosblok en ander kommunistiese state ontwikkel, in besonder Kuba, wat die MPLA
aansienlik in sy oorlog teen die 'National Front for the Liberation of Angola' (FNLA), die
'National Union for the Total Independence of Angola' (UNITA) en Suid-Afrika gehelp het.
… As gevolg hiervan het hy 'n beweging wat later die naam 'Fractionism' gehad het, wat
in 1977 gepoog het om 'n staatsgreep uit te voer (huidige regering omverwerp),
gewelddadig onderdruk soos geïnspireer deur die 'Organização dos Comunistas de
Angola'. Tienduisende ondersteuners (of beweerde ondersteuners) van Nito Alves is oor
'n tydperk van tot twee jaar, in die nadraai van die staatsgreeppoging vermoor
[Uit https://kwekudee-tripdownmemorylane.blogspot.com/2014/01/agostinho-neto-pan-african-
culturalist.html?m=1. Toegang op 22 Maart 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 2B
Die foto hieronder met die titel 'Angola's Brutal History and the MPLA's Role in it', het
in die Guardian-koerant van 5 Mei 2014 verskyn. Dit is in Desember 1975 geneem en
beeld soldate van die 'Popular Movement for the Liberation of Angola' (MPLA) uit wat
in die Angolese Burgeroorlog geveg het.
[Uit die Guardian-koerant, 5 Mei 2014]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 2C
Die bron hieronder is geneem uit 'n boek met die titel The First Dance of Freedom:
Black Africa in the Post-War Era deur 'n geskiedkundige, M Meredith. Dit beskryf in
breë trekke die krisis wat deur Portugal gedurende die oorgang van mag in Angola
geskep is.
Die oorgang (verandering) vanaf Portugese bewind in Angola het op 'n baie groter
skaal tot 'n ramp gelei. Die onttrekking van die Portugese het alle pogings om die
oorgang te beheer, oorboord gegooi. Op die vooraand van onafhanklikheid in
November 1975, met 'n groot deel van die land in geweld gedompel, het die Portugese
Hoë Kommissaris, Admiraal Leonel Cardoso, 'n kort seremonie in Luanda gehou
waartydens hy aangekondig het dat hy die mag aan die 'Angolese mense' oorgedra
het. Nie een enkele Angolees was teenwoordig om getuie te wees van hierdie
verrigtinge nie.
Geen ernstige poging is ooit deur die nasionaliste gemaak om hulle verskille te besleg
nie. Die magstryd in Angola is van die begin af eerder in terme van 'n gewapende stryd
as deur politieke skikking uitgevoer. Op elke stadium van die konflik het elke faksie
probeer voordeel trek deur by buitelandse belange te smeek vir ondersteuning. Die
twee hoof buitelandse magte wat by die konflik betrokke was, die Verenigde State en
die Sowjetunie, het geen direkte strategiese belange in Angola gehad nie. Albei was
egter vasberade, vir redes van hulle eie prestige (aansien) en omdat hulle bekommerd
was oor die wêreldmagsbalans, om te verseker dat die Angolese faksies wat hulle
ondersteun het, suksesvol was.
…die faksie wat die sterkste in militêre terme was, was Roberto se 'National Front for
the Liberation of Angola' (FNLA). Sy guerrilla-weermag is geherorganiseer en met die
hulp van President Mobutu se weermag heropgelei. 'The Popular Movement for the
Liberation of Angola' (MPLA) … was besig om uitmekaar te val.
[Uit The First Dance of Freedom: Black Africa in the Post-War Era by M Meredith]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 2D
Die bron hieronder, met die titel Africa since 1940: The Past of the Present, is deur 'n
geskiedkundige, F Cooper, geskryf. Dit verduidelik hoe ideologiese verskille tussen die
drie nasionalistiese bewegings in Angola deur etniese verskille sowel as deur
ondersteuning van buitelandse magte gevorm is.
Die 'Popular Movement for the Liberation of Angola' (MPLA), gelei deur Agostinho
Neto, het deur nasionalistiese en sosialistiese lense na politiek gekyk. Andere het
egter hulle leiers as mulattos* beskou, verwyder van die sosiale instellings en netwerke
waar die meeste mense gewoon het. Intussen het Bakongo, wat aan die Angolese
kant van die grens met die Belgiese Kongo gewoon het, ook uit ballingskap in Angola
getrek. Te midde van 'n plattelandse rewolusie het hulle uiteindelik die 'National Front
for the Liberation of Angola' (FNLA) onder Holden Roberto georganiseer. Toe kom die
'National Union for the Total Liberation of Angola' (UNITA) wat deur Jonas Savimbi,
afkomstig van die Ovimbundu-sprekende streek, georganiseer is. Sy klein kader
ondersteuners, meestal van Protestantse sendingskole, het 'n deeglike plattelandse
basis gehad. Konflik was op etniese gronde gebaseer (kultuurgebonde).
Die FNLA is deur Zaïre en die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) ondersteun, wat
dit as die minste Marxisties van die drie beskou het …UNITA het ondersteuning van
Zambië en daarna van Suid-Afrika ontvang. Savimbi het in 'n oogwink sy ideologiese
standpunt vanaf Maoïsme** tot Reaganisme*** omgekeer en die Verenigde State het
hulle ondersteuning tot UNITA bygevoeg ...
Die MPLA het die eienskappe van 'n Sowjetparty en die Afrika-hekwagterstaat
gekombineer. Hulle ware bron van mag was oliereserwes wat vanuit gemilitariseerde
areas gekom het. Nadat landbou moontlik deur 'n rewolusie omgekeer sou word, het
dit min in die platteland gedoen behalwe om soldate te werf. Onderwys, gesondheid en
ander dienste in die stede het gely. Die MPLA met sy oliereserwes en UNITA het met
hulle oorlog voortgegaan.
[Uit Africa since 1940: The Past of the Present by F Cooper]
*Mulattos is mense van gemengde herkoms van die Portugese (wit Europeërs) en
Angolese (swart) in Angola.
**Maoïsme word ook na verwys as die Mao Zedong-gedagtegang. Dit is 'n vorm van
kommunisme wat deur Mao Zedong (Mao Tse Tung) ontwikkel is as 'n leerstelling om
staatsbeheer deur 'n kombinasie van gewapende opstande (geweld), massa-
mobilisering en strategiese alliansies te kaap. Dit het ook propaganda en vals inligting
gebruik om sy leerstellings te bevorder.
***Reaganisme verwys na 'n Amerikaanse beleid gebaseer op ekonomiese
indiwidualisme soos verkondig deur Ronald Reagan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2023
NSS – Addendum
VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE BURGERREGTEBETOGERS, WAT
IN DIE 1960's AAN DIE VRYHEIDSRITTE IN DIE VERENIGDE STATE
VAN AMERIKA (VSA) DEELGENEEM HET, TEËGEKOM?
BRON 3A
Die bron hieronder is geneem uit 'n boek, Freedom Riders: 1961 and the Struggle
for Racial Justice, geskryf deur R Arsenault, 'n burgerregte-aktivis en militante
studenteleier. Dit beklemtoon die toegewydheid van die Vryheidsryers gedurende die
1960's.
In 1961 was die Vryheidsryers oorgehaal om die wêreld te verander. Hulle het dit
gedoen deur eenvoudig op 'n bus te klim, nie as Swartes of Blankes wat deur 'n
verouderde stelsel van rassediskriminasie beperk is nie, maar as vrye en volwaardige
burgers van 'n demokratiese nasie.
Die Vryheidsryers het geweet dat die federale wet en Grondwet van die Verenigde
State van Amerika hulle regte om saam te reis beskerm het, selfs tot in die Diep Suide,
waar die plaaslike wette en gebruike rasseskeiding gewettig het. Hulle het ook geweet
dat hulle beseer of selfs doodgemaak kon word as hulle sou probeer om daardie reg
uit te oefen. Toe onluste uitgebreek het, het die potensiaal vir geweld 'n werklikheid
geword en die nasie het in afgryse gereageer. Sonder om afgeskrik te word, het die
Vryheidsryers aanhou kom, meer as vierhonderd altesaam, en die vryheidsbusse
gevul en in die tronke van die Jim Crow Suide ingemarsjeer.
Die vasberade dapperheid en toewyding van die Vryheidsryers het niegewelddadige
direkte optrede en opstande op voetsoolvlak tot in die middelpunt van die Amerikaanse
openbare lewe gebring. Dit het tot 'n onvoorsiene regeringsreaksie op die
ongrondwetlike skending van vryheid en burgerlike gelykheid gelei. Hierdie
veelrassige, niegewelddadige weermag het John F Kennedy se administrasie gedwing
om die onmiddellikheid van 'n burgerregtestryd, wat die wêreld se aandag getrek het,
te konfronteer. Teen die einde van 1961 is 'n verreikende desegregasiebevel in
werking gestel en die federale regering was besig om in die rigting van aktiewe
betrokkenheid in die stryd vir rassegeregtigheid te beweeg.
[Uit Freedom Riders: 1961 and the Struggle for Racial Justice by R Arsenault]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 3B
Die koerantberig hieronder is op 20 Mei 1961 in die NEW YORK Amsterdam News
gepubliseer. Dit het 'n foto gebruik om doeltreffend verslag te doen oor die uitdagings
wat Vryheidsryers met hulle betoging teen rassesegregasie in die Verenigde State van
Amerika teëgekom het.
Onmenslik!
[Uit NEW YORK Amsterdam News, 20 Mei 1961]
'The Flames of Hatred!'/
Die Vlamme van Haat!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 3C
Die bron hieronder is geneem uit 'n dokumentêr saamgestel deur Stanley Nelson, 'n
skrywer en filmmaker, wat 'n onderhoud met Jim Zwerg gevoer het. Hy was een van
slegs tien wit manlike studente van die Vryheidsryers, wat op 14 Mei 1961 'n bus vanaf
Nashville na Orleans geneem het.
Q: Jy was betrokke by die Vryheidsritte ...
Zwerg: Wel, ons het gehoor van die 'Congress for Racial Equality' (CORE) Vryheidsrit,
en ons het geweet dat John Lewis, 'n lid van ons organisasie, daarby betrokke sou
wees. Ons het gehoor van die bus in Aniston wat gebrand het ... ons het 'n
vergadering tot laat in die nag gehou kort nadat ons daarvan gehoor het. Die gevoel
was dat as ons daardie oortreders van geweld laat glo dat mense sou ophou as hulle
gewelddadig genoeg was, sou ons ernstige stappe terug neem.
Die gevoel, reg van die begin af, was dat ons op 'n rit moes gaan. Ons het dr. King
gebel, ons het James Farmer gebel. Daar was 'n bewustheid dat ons fone afgeluister
word, die gevoel was dus dat hulle geweet het wat ons sou doen. Ons plan het van
CORE s'n verskil. Waar hulle hul busse gehuur het, sou ons net kaartjies kry en op die
bus klim. Ons het gevoel dit was nog belangriker ... Daar is besluit dat ons twaalf
mense sou stuur. Ek was een van 18 wat vrywillig aangebied het om te gaan. Ek is
gevra waarom ek vrywillig aangebied het om te gaan ... Ek moet sê, op daardie
oomblik, was dit nie eers 'n vraag nie. Dit was die regte ding vir my om te doen. Ek het
nooit eers twee keer daaroor gedink nie.
Q: Hoe was die reis?
Zwerg: … Ek sou voor in die bus by Paul Brooks sit. Dit was 'n rustige reis, totdat ons
by Birmingham se stadsgrense gekom het. Ons is deur die polisie afgetrek ... Hulle het
op die bus geklim en gesê: 'Dit is 'n Vryheidsryersbus! Wie kom van Nashville af?' En
die busbestuurder het na Paul en my gewys. Ons is al twee gearresteer, van die bus
afgeneem en in 'n patrolliemotor gesit ... Een van die dinge waaroor ons saamgestem
het was dat wanneer ons gearresteer word, ons op 'n hongerstaking sou gaan omdat
ons, soos ons gedink het, onwettig gearresteer is. Jy trek nie kop uit deur te pleit nie; jy
betaal nie borg en kom los nie. Jy bly. Maar hier was ek. En ek het nie geweet wat met
Paul gebeur het nie. Ek het nie geweet wat met die ander mense op die bus gebeur
het nie ...
[Uit PBS Home Video Freedom Riders BLU-RAY United States of America.
Gekyk op 12 Februarie 2023.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2023
NSS – Addendum
BRON 3D
Die bron hieronder is deel van 'n onderhoud wat H Raines met H Thomas, 'n
Vryheidsryer, gevoer het. Dit het in die boek My Soul is Rested; Movement Days in the
Deep South Remembered verskyn. Dit fokus op die behandeling wat die beseerde
Vryheidsryers in Alabama ervaar het.
Die bus het begin ontplof en baie mense is deur vlieënde glas gesny. Die meeste van
ons is na die hospitaal vir rookinaseming geneem ... ek dink ek kon nie helder dink nie
en was half deurmekaar, as gevolg van die rook en, o genade, ek kan steeds daai
goed hier binne my ruik. Jy bereik 'n punt waar jy begin bewerig raak.
Die mense by die hospitaal wou niks vir ons doen nie. Hulle wou nie. En ek het gesê:
'Julle is dokters, julle is mediese personeel'. Hulle wou nie. Goewerneur Patterson het
op die staatsradio gegaan en gesê: 'Enige betogers in hierdie staat sal geen
polisiebeskerming kry nie.' En daarna het die skare begin om buite die hospitaal saam
te drom, en die hospitaal het vir ons gesê om te gaan. En ons het gesê: 'Nee, ons
gaan nie buitentoe nie.' 'n Karavaan van Birmingham, omtrent 'n vyftienmotor-
karavaan, gelei deur Eerwaarde Fred Shuttlesworth, het vanaf Birmingham gekom om
ons uit te kry ...
Hiervoor kon hulle gedeeltelik vir Goewerneur John Patterson dankie sê. Hy is 'n
militante segregasionis wat die Ku Klux Klan se ondersteuning vir sy
verkiesingsveldtog gevra het, en hy het op 'n keer gesê dat integrasie slegs 'oor sy
dooie liggaam' na Alabama sou kom. In sy intreerede (eerste toespraak) het Patterson
verklaar: 'Ek sal dit teenstaan met elke greintjie energie wat ek besit, en alle mag tot
my beskikking gebruik om enige vermenging van wit en Negerrasse in die klaskamers
van hierdie staat te keer.' Terwyl die Vryheidsryers nader gekom het, het hy gesê: 'Die
mense van Alabama is so kwaad dat ek nie beskerming vir hierdie klomp
moeilikheidmakers kan waarborg nie.'
[Uit My Soul is Rested: Movement Days in the Deep South Remembered deur H Raines]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2023
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem :
Arsenault, R. 2006. Freedom Riders: 1961 and the Struggle for Racial Justice (Oxford
University Press Inc., New York)
Cooper, F. 2002. Africa since 1940: The Past of the Present (Cambridge University Press,
USA.)
Epler, DM. 1992. The Berlin Wall: How It Rose and Why It Fell (The Millbook Press,
Connecticut, USA)
https://kwekudee-tripdownmemorylane.blogspot.com/2014/01/agostinho-neto-pan-african-
culturalist.html?m=1
Guardian-koerant, 5 Mei 2014
Kansas City Star. 2 Desember 1948
Meredith, M. 1985. The First Dance of Freedom: Black Africa in the Post-War Era
(Abacus, UK)
NEW YORK Amsterdam News, 20 Mei 1961
PBS Home Video Freedom Riders BLU-RAY United States of America
Raines, H. 1983. My Soul is Rested: Movement Days in the Deep South
Remembered (Penguin Publishers, London)
The Berlin Crisis: A Report on the Moscow Discussions, 1948. The Department of State.
(US Government Printing Office. Washington DC)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2015 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2012 Addendum (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper