NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
GESKIEDENIS P1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentMemorandum 









%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
View all





History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 714.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan
die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word
vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal
daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Vraag herkenbaar in antwoord.
Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
opstel. Goeie
opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
sintese van Grootliks
argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog
inligting. Het ʼn beskrywend of
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1 HOE HET DIE BERLYNSE MUUR BYGEDRA TOT KOUE OORLOG
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE (USSR)?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘op soek na werk onder die ‘ekonomiese wonderwerk’ van Wes-
Duitsland’
• ‘in sommige gevalle het hulle gevlug oor politieke of godsdienstige
vervolging (marteling) (2 x 1) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• VSA
• Brittanje
• Frankryk (3 x 1) (3)
1.1.3 [Definisie van konsep uit Bron 1A – V1]
• ’n Persoon wat die idee van ’n klaslose samelewing ondersteun
• Enige ander relevante antwoord. (2 x 1) (2)
1.1.4 [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Die DDR het geen land opsie gehad om die breindrein te stop nie.
• Die DDR kon nie die fisiese grense verander om die ‘breindrein’ te
stop nie.
• Die DDR het nie meer opsies gehad om te verhoed dat Oos-
Berlyners Oos-Berlyn verlaat nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘Kennedy verkies om voort te gaan met die militêre opbou wat hy
begin het.’
• ‘ʼn opskorting van diensplig aangekondig vir meer as vier-en-tagtig
duisend aangewese mans’
• ‘Hy het ook die toere van weermag personeel in Duitsland en Japan
met ses maande verleng’
• ‘en die aktivering van 113 reserwe -eenhede bevestig’ (Enige 3 x 1) (3)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Hy wou verhoed dat Wes-Berlyn kommunisties word.
• Wes-Berlyn was ʼn baken van kapitalisme in die hart van die
kommunistiese gebied.
• Dit het die VSA se vasberadenheid getoon om kapitalisme en
demokrasie te beskerm.
• Dit toon die vasberadenheid van die VSA om kommunisme in te perk.
• Die VSA se aansien sou gedaal het indien hulle Berlyn sou verlaat.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Clay se teenwoordigheid het Wes-Berlyners hoop gegee dat die krisis
opgelos kon word.
• Clay het die Wes-Berlyners tydens die Berlynse blokkade gehelp.
• Clay verteenwoordig die VSA se militêre steun aan Wes-Berlyners.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Definisie van konsep uit Bron 1C – V2]
• Die daad om te verhoed dat mense of goedere die kommunistiese of
kapitalistiese invloedsfeer binnegaan of beweeg.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• ‘het die Muur strate, pleine en woonbuurte van mekaar geskei’
• ‘openbare vervoer verbindings verbreek’. (2 x 1) (2)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• DDR-grenswagte probeer het om die identifikasie van
verteenwoordigers van die Westerse Geallieerdes na te gaan toe
hulle die Sowjet-sektor binnegekom het.’
• ‘Volgens die Amerikaanse siening is die Geallieerde reg om vrylik
deur die hele Berlyn te beweeg, geskend’. (Enige 1 x 2) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• ʼn Kernoorlog tussen die VSA en die USSR was op hande.
• Geen land was gereed om terug te staan nie.
• Dit het getoon dat albei lande nie bereid was om hierdie krisis met
onderhandelinge op te los nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige1 x 2) (2)
1.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Khruschev het aanvaar dat Berlyn deur die vier oorlog bondgenote
beheer word.
• Khruschev het aanvaar dat die USSR nie alleenregte het om Berlyn
te beheer nie.
• Khruschev was gereed om die Westerse Geallieerdes gratis toegang
tot Wes-Berlyn te gee.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Om te wys wat sal gebeur met diegene wat probeer ontsnap het.
• Om mense bang te maak wat van plan was om na Wes-Berlyn te
ontsnap
• Om die desperate lot van die lewensomstandighede van Oos-
Berlyners bloot te stel.
• Om die brutaliteit van die Oos-Duitse kommuniste uit te wys.
• Oos-Berlyners was bereid om te sterf in vir hul vryheid.
• Oos-Duitsland was ernstig om te verhoed dat Oos-Berlyners na Wes-
Berlyn beweeg.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 9
1.4.2 [Bepaling van die betroubaarheid van die Bron 1D – V3]
Hierdie bron is betroubaar tot ʼn groot mate omdat:
• Die foto is ʼn primêre bron wat eerstehandse inligting gee.
• Die datum van die gebeurtenis stem ooreen met die historiese tydlyn
van die bou van die Berlynse Muur.
• Die gebeurtenis in die bron kan deur ander bronne bevestig word.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1C en 1D ‒ V3]
• Bron 1C verklaar dat grensbeheer in die volgende jare vervolmaak is, terwyl
Bron 1D ʼn soldaat uitbeeld wat wag hou by die Berlynse Muur wat die
grensbeheer ondersteun, soos in Bron 1C genoem.
• Bron 1C verklaar dat meer as 100 000 burgers probeer ontsnap het terwyl
Bron 1D toon dat Peter Fetcher probeer ontsnap het.
• Bron 1C noem dat meer as 600 mense doodgeskiet is terwyl hulle probeer
ontsnap het terwyl Bron 1D die lyk van Peter Fetcher uitbeeld wat
doodgeskiet is terwyl hulle probeer ontsnap het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
• Berlyn is verdeel in vier sones van beheer, Wes-Berlyn onder die Westerse
moondhede en Oos-Berlyn onder die USSR. (Eie kennis)
• Oos-Berlyners ontsnap na die Weste om werk te kry en vervolging vry te
spring. (Bron 1A)
• In 1952 verseël Oos-Duitsland sy vasteland grens met Wes-Duitsland om die
hoë beweging van mense na Wes-Berlyn te stop. (Bron 1A)
• Die USSR het probeer om die Westerse moondhede uit Berlyn te dwing.
(Bron 1A)
• USSR was bekommerd oor die groot aantal Oos-Berlyners wat na Wes-
Berlyn oorgesteek het (Bron 1A)
• Kapitalistiese Wes-Berlyn het voorspoed en groei getoon terwyl die
kommunistiese Oos-Berlyn agteruitgegaan het. (Eie kennis)
• President Kennedy het verkies om met die militêre opbou voort te gaan.
(Bron 1B)
• President Kennedy het die ontplooiing van weermag personeel in Duitsland
en Japan met ses maande verleng en die aktivering van 113 reservis-
eenhede bevestig (Bron 1B)
• Burgemeester Brandt het die onmenslike verdeling van Berlyn as
onderdrukkend en bedreigend veroordeel. (Bron 1C)
• Op 25 Oktober 1961 het die VSA en die USSR mekaar by die grens
gekonfronteer. (Bron 1C)
• Die twee lande was op die rand van oorlog, maar Kennedy en Khruschev het
daarin geslaag om die situasie te ontlont. (Bron 1C)
• Mense het jare lank probeer om die Berlynse Muur oor te steek en baie het
tydens hul pogings gesterf. (Bron 1C en 1D)
• Enige ander relevante reaksie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van hoe
die Berlynse Muur tot Koue Oorlog
PUNTE
VLAK 1 spanning tussen die Verenigde State van
0–2
Amerika en die Sowjetunie bygedra het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, byvoorbeeld,
toon ʼn mate van begrip van hoe die Berlynse
muur tot Koue Oorlog spanning tussen die PUNTE
VLAK 2
Verenigde State van Amerika en die 3–5
Sowjetunie bygedra het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om
ʼn paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn
deeglike begrip van hoe die Berlynse Muur
tot Koue Oorlog spanning tussen die tussen
die Verenigde State van Amerika en die PUNTE
VLAK 3
Sowjetunie bygedra het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat 'n begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: WAT WAS DIE REDES VIR SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN
DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975?
2.1 2.1.1 [Definisie van ʼn konsep uit Bron 2A – V1]
• ʼn Oorlog tussen die burgers van ʼn land
• Twee groepe in een land wat veg om aan bewind te wees.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ‘om SWAPO se operasies in Namibië te ontwrig’
• ‘om hulp aan UNITA te verleen’ (2 x 1) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• VSA
• Suid Afrika (2 x 1) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Sowjet-Rusland
• Kuba (2 x 1) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Gevrees dat die MPLA ʼn kommunistiese regering in Angola sou stig.
• MPLA het SWAPO teen Suid-Afrika in Suidwes-Afrika bygestaan.
• MPLA was deur Rusland en die Kubane ondersteun.
• SA wou nie deur kommunistiese lande omsingel word nie.
• Enige ander relevante reaksie (Enige 2 x 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘hulle het ʼn suidwaartse opmars na die Namibiese grens beplan’
• ‘en ons het werklik geglo dat die Sowjetunie hoofsaaklik hieragter
sit’ (2 x 1) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die Kubane was in Angola om ʼn Sowjet -agenda uit te voer.
• Die Russe was agter die betrokkenheid van Kuba in Angola.
• Kubaanse betrokkenheid was Rusland se plan om kommunisme in
Suider-Afrika te versprei.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B - V2]
• Suid-Afrika was ʼn anti-kommunistiese bondgenoot van die VSA.
• VSA wou verhoed dat die MPLA ʼn kommunistiese regering in
Angola vestig.
• Die VSA het Suid-Afrika gebruik om hul belange in Afrika te
beskerm.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.3 2.3.1 [Definisie van ʼn konsep uit Bron 2C-V1]
• Die reg van Angolese om hulself te regeer sonder buitelandse
betrokkenheid.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V2]
• ‘om te verhoed dat die MPLA tydens onafhanklikheid mag oorneem.’
• ‘vasbeslote om SWAPO se militêre vermoë te verswak of lam te lê
ter voorbereiding vir die tyd wanneer SWAPO die verkiesings
belange in Suidwes-Afrika sou betree. (2 x 1) (2)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C van die MPLA – V1]
• ‘die omverwerping en vervanging daarvan (MPLA) geword deur ʼn
‘vriendelike’ anti-kommunistiese regering onder leiding van die
National Union for the Total Independence of Angola (UNITA).’
(1 x 2) (2)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Suid-Africa wou SWAPO verswak sodat hulle nie die verkiesing
wen en Suidwes-Afrika regeer nie.
• Suid-Afrika was nie gereed om die mag in Suidwes-Afrika te oor te
handig nie.
• SA wou die wit minderheidsregering in SWA handhaaf.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C –V2]
• Dit was ʼn geheime oorlog met geheime Amerikaanse steun.
• Die Suid-Afrikaanse kabinet was dalk bang vir die lewensverlies van
Suid-Afrikaanse soldate tydens die oorlog.
• Die Suid-Afrikaanse kabinet het geweet dat UNITA swak was en
wou daarom verhoed dat hulle nie die oorlog alleen teen die MPLA
en SWAPO moes veg nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die SAW en UNITA troepe was bondgenote tydens die Angolese
Burgeroorlog.
• Suid-Afrika en UNITA het saam teen die MPLA geveg.
• Suid-Afrika het UNITA-troepe tydens die Angolese Burgeroorlog
bygestaan.
• Suid-Afrika het UNITA soldate tydens die Angolese burgeroorlog
opgelei.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• UNITA-troepe was swak opgelei.
• UNITA-troepe het nie die nodige vaardighede in moderne
oorlogvoering gehad nie.
• UNITA-troepe het nie geweet hoe om tegnologie en gevorderde
wapens te gebruik nie.
• UNITA-troepe het guerrilla-oorlogvoeringstaktieke gebruik wat
onvoldoende was om die MPLA om ver te werp.
• UNITA was nie aan konvensionele oorlogvoering gewoond nie.
• Enige relevante reaksie. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 13
2.4.3 Bepaling van beperkinge van Bron 2C – V3]
Die bron is BEPERK omdat:
• Die bron gee slegs ʼn Suid-Afrikaanse perspektief.
• Die foto kon vir propaganda doeleindes vervaardig gewees het.
• Die foto kon opgevoer/gemanipuleer gewees het
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2A verklaar dat SA UNITA bygestaan het terwyl die bystand in Bron 1D
gesien word.
• Bron 2A verklaar dat SA UNITA hulp verleen het met opleiding en logistiek,
terwyl Bron 1D ʼn visuele aanbieding van die logistieke ondersteuning aandui.
• Albei bronne toon dat SADF UNITA opgelei het.
• Albei bronne toon dat SADF advies en logistieke hulp aan UNITA tydens die
Angolese burgeroorlog verleen het.
• Enige relevante reaksie. (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit.
• Nadat Angola onafhanklikheid vanaf Portugal verkry het, het ʼn burgeroorlog
tussen die bevrydingsbewegings in Angola uitgebreek. (Eie kennis)
• Angola het ʼn slagveld van die Koue Oorlog geword. (Bron 2A)
• Suid-Afrikaanse troepe het invalle na Angola onderneem, UNITA ondersteun
en SWAPO aangeval. (Bron 2A)
• MPLA het op die ondersteuning van Kuba en Rusland staatgemaak. (Bron 2A)
• Die VSA het Suid-Afrika weens die Koue Oorlog-kompetisie ondersteun.
(Bron 2A)
• Pik Botha van Suid-Afrika het geglo dat Kubane saam met die USSR werk
(Bron 2B)
• Suid-Afrika het geglo dat die Russe in Angola inmeng soos hulle in
Afghanistan gedoen het (2B)
• Suid-Afrika het opgetree omdat Amerika belowe het om hulle te help.
(Bron 2B)
• ʼn Angola onder MPLA bewind was ʼn veiligheidsbedreiging vir Suid-Afrika
(Bron 2C)
• Suid-Afrika wou nie hê kommunisme moes na Suider-Afrika versprei nie.
• Suid-Afrika het Suidwes-Afrika beheer en was nie gereed om dit prys te gee
nie.
• SA het UNITA ondersteun om die kommunistiese MPLA om vêr te werp.
• Suid-Afrikaanse troepe het UNITA soldate opgelei om die MPLA omvêr te werp.
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, byvoorbeeld,
toon min of geen begrip van die redes waarom Suid-
Afrika by die Angolese Burgeroorlog van 1975
PUNTE
VLAK 1 betrokke geraak het nie
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp verslag
doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met die
onderwerp, byvoorbeeld, toon ʼn mate van begrip van
PUNTE
VLAK 2 die redes waarom Suid-Afrika by die Angolese
3–5
Burgeroorlog van 1975 betrokke geraak het
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn insig
in die redes waarom Suid-Afrika by die Angolese
PUNTE
VLAK 3 Burgeroorlog van 1975 betrokke geraak het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: HOE HET DIE OPTOG NA WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963
TOT DIE BEËINDIGING VAN DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE
TEEN SWART AMERIKANERS IN DIE VSA IN DIE 1960’s
BYGEDRA?
3.1 3.1.1 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Burgerregte is die nie-politieke regte en voorregte wat deur die wet
aan alle burgers gegee word.
• Burgerregte verwys na die toekenning van regte vir persoonlike
vryheid aan alle burgers van ʼn land.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• 1960 Sitstaking
• 1961 Vryheidsritte
• 1963 Birmingham-optog (3 x 1) (3)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Southern Christian Leadership Conference
• Congress of Racial Equality
• Student Nonviolent Coordinating Committee
• Brotherhood of Sleeping Car Porters
• National Association for the Advancement of Colored People
• National Urban League (Enige 2 x 1) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Sommige senatore was gekant teen integrasie tussen swart en
blanke Amerikaners.
• Sommige senatore was rassiste wat segregasie ondersteun het.
• Sommige senatore het geglo dat blankes meerderwaardig teenoor
swart Amerikaners was.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘Na raming 250 000 mense’ (1 x 1) (1)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘indiensneming diskriminasie’
• ‘burgerregte skendings teen Afro-Amerikaners’
• ‘Latino’s en ander groepe wat van hul stemreg ontneem was’
• ‘steun vir die Burgerregte Wet’ (4 x 1) (4)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Tot a groot mate:
• ‘President Roosevelt het die Uitvoerende Bevel 8802 (verbod op
diskriminasie in die verdedigingsbedryf, 1941) onderteken’
• ‘President Truman het Uitvoerende Bevel 9981 (desegregasie van
die weermag, 1948) onderteken
• Dit het rassisme in die weermag en verdedigingsnywerhede
stopgesit.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.2.4 [Definisie van konsep binne die konteks van Bron 3B – V2]
• Die politieke, ekonomiese sosiale skeiding van Amerikaners op
grond van ras.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Die foto wys die redes vir die optog aan, byvoorbeeld gelyke regte,
indiensneming en vryheid.
• Die foto wys dat die optog deur beide swartes en wittes ondersteun
is.
• Dit dra die boodskap oor dat die optog massiewe ondersteuning
geniet het.
• Die foto wys dat die optog vreedsaam was.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Bepaling van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3]
Die bron is tot ʼn groot mate bruikbaar omdat:
• Dit is ʼn primêre bron wat eerstehandse inligting gee.
• Die datum van die bron stem ooreen met die datum van die
historiese gebeurtenis.
• Die inligting in die bron kan deur ander bronne bevestig word.
• Die doel van die bron is om die leser in te lig en nie om die leser te
oorreed oor die redes en ondersteuning van die optog nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V2]
• ‘die lewe van die Neger steeds ongelukkig lamgelê deur die boeie
van segregasie en die kettings van diskriminasie’
• ‘die Neger woon op ʼn eensame eiland van armoede te midde van ʼn
groot oseaan van materiële welvaart’ (2 x 1) (2)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Swart Amerikaners het nooit die regte geniet wat in die grondwet
belowe is nie.
• Swart Amerikaners is nie as gelyke burgers behandel soos dit in die
grondwet beloof was nie.
• Swart Amerikaners het diskriminasie en segregasie ervaar wat hul
onvervreembare regte, soos vervat in die grondwet, geskend het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Swart Amerikaners sal nooit ophou protesteer totdat hulle gelyke
regte kry nie.
• Amerika sal nooit vry van onrus wees voordat die eise van die
Swart Amerikaners toegestaan word nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 17
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Die toespraak het miljoene Amerikaners oortuig van die droom van
ʼn Amerika vry van diskriminasie en segregasie.
• Die toespraak het gelei tot die aanvaarding van die Burgerregte Wet.
• Die toespraak was inspirerend en het ʼn beroep op alle Amerikaners
gedoen, ongeag van ras.
• Die toespraak het Martin Luther King die geestelike leier van
miljoene Amerikaners gemaak.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3C en 3D – V3]
• Bron 3C verklaar dat na die Neger na 100 jaar nie vry is nie, terwyl Bron 3D
toon dat betogers vryheid eis.
• Bron 3C verklaar dat daar geen vrede sal wees voordat Swartes gelyke
regte ontvang, terwyl Bron 3D ʼn optog uitbeeld wat gelyke regte eis.
• Bron 3C verklaar dat King geweier het om te glo dat die bank van
geregtigheid bankrot is, terwyl Bron 3D geregtigheid eis
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Daar is teen swart Amerikaners gediskrimineer en hulle het nie gelyke regte
geniet nie. (Eie kennis)
• Die Burgerregte beweging het nie-geweldadige protesaksies gebruik om
gelyke regte te kry
• Protesaksies soos sitstakings, vryheidsritte en die Birmingham-optog het
die optog vir Werk en Vryheid voorafgegaan. (Bron 3A)
• Die Groot Ses was betrokke by die beplanning van die optog.
• Kennedy was bekommerd dat die beplande optog die burgerregtewette wat
hy voorgelê het, in gevaar sou stel. (Bron 3A)
• Sowat 250 000 mense het die optog bygewoon. (Bron 3B)
• Die optog het gefokus op burgerregte, vryheid en werkgeleenthede.
(Bron 3B)
• Die optog is deur verskillende groepe en individue gereël en bygewoon.
(Bron 3B)
• Die optog was suksesvol om die lot van die Swart Amerikaners te
beklemtoon.
• Die optog vestig die aandag op die Burgerregtebeweging.
• Martin Luther King jnr. het sy beroemde toespraak, ‘Ek het ʼn droom’ tydens
die optog gemaak. (Bron 3D)
• Lei tot die aanvaarding van die Burgerregte Wet van 1964 (Eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Kan nie bewyse onttrek of bewyse op ʼn baie
elementêre manier uit die bronne haal nie ,
byvoorbeeld toon geen of min begrip van hoe
die optog in Washington op 28 Augustus 1963
tot die beëindiging van diskriminasie en PUNTE
VLAK 1
segregasie teen swart Amerikaners in die VSA 0–2
in die 1960s bygedra het.
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp
verslag doen nie.
• Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant
is en in ʼn groot mate verband hou met die
onderwerp, byvoorbeeld, toon ʼn mate van begrip
van hoe die Optog in Washington op 28
PUNTE
VLAK 2 Augustus 1963 tot die beëindiging van
3–5
diskriminasie en segregasie teen Swart
Amerikaners in die VSA in die 1960s bygedra
het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon, byvoorbeeld, toon ʼn deeglike
begrip van hoe die optog in Washington op 28
Augustus 1963 tot die beëindiging van PUNTE
VLAK 3
diskriminasie en segregasie teen swart 6–8
Amerikaners in die VSA in die 1960s bygedra
het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer – oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SAMEVATTING
Kandidate moet verduidelik in watter mate die VSA tydens die Viëtnamese oorlog
suksesvol was om die verspreiding van kommunisme in Viëtnam te bevat. Hulle
moet hul argument ondersteun met relevante historiese bewyse.
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur te verduidelik in watter mate
Amerikaanse strategieë tydens die Viëtnamese oorlog suksesvol was
om die verspreiding van kommunisme in Viëtnam te bevat. Hulle moet
ook ʼn uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun.
UITWERKING
• Na die Frans-Viëtnamese oorlog is Viëtnam verdeel, langs die 17de parallel in
Noord- en Suid-Viëtnam
• Noord-Viëtnam was onder ʼn kommunistiese regime, terwyl Suid-Viëtnam ʼn
kapitalistiese regime was
• Die VSA het Suid-Viëtnam onvoorwaardelike steun verleen.
• Suid-Viëtnam is deur die korrupte en ongewilde Ngo Dinh Diem geregeer
• Die Nasionale Bevrydingsfront is gestig en het ʼn guerrilla-leër, die Vietkong,
gehad.
• Ngo Dinh Diem is omvergewerp – onstabiliteit in Suid-Viëtnam
• Vietcong het ʼn uitgerekte veldtog begin om Viëtnam te verenig
• China en Noord-Viëtnam ondersteun die Vietkong
• Die VSA het betrokke geraak – om die verspreiding van kommunisme in
Suidoos -Asië te voorkom – die ‘Domino-effek’
• Verdorping/Strategiese Hamlet-program (regerings in die VSA en Suid-Viëtnam
het nuwe dorpe geskep en probeer om dorpenaars (boere) van guerrillas te skei),
wat misluk het.
• Golf van Tonkin-resolusie (1964) het president Johnson groot militêre magte
gegee wat tot die eskalasie van oorlogvoering in Viëtnam gelei het.
• VSA se lug bomaanval ‘Operation Rolling Thunder’ (die strategie was ʼn
mislukking)
• Tet-offensief (1968) – Vietcong het verrassende guerrilla-aanvalle geloods op
dorpe in Suid-Viëtnam en Amerikaanse basisse waarvan hulle ongeveer 80%
verower het
• Tet-offensief het getoon dat die Amerikaners nie die oorlog kon wen nie omdat
die Vietkong strategies was.
• Die kommuniste uit Noord-Viëtnam (Viet Minh) het voorrade aan Suid-Viëtnam
deur die Ho Chi Minh-roete verskaf
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
• ‘Operation Ranch Hand’ – gebruik chemikalieë om woude (Agent Orange) en
gewasse (Agent Blue) te vernietig.
• Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• Hoogs effektiewe gebruik van guerrilla-taktieke deur die Vietkong frustreer
Amerikaanse strategieë.
• Die VSA het soek-en-vernietig-missies (My Lai-slagting) gebruik om dorpe wat
deur Vietkong ondersteun is te vernietig (dit het ʼn groot aantal burgerlike sterftes
tot gevolg gehad).
• Die rol van die media, studente en ontwapening bewegings om druk op die
Amerikaanse regering te plaas om uit Viëtnam te onttrek.
• President Nixon se Vietnamiseringsbeleid/insluitend WHAM (Wen die harte en
gedagtes van die Viëtnamese) was ʼn poging van die VSA om hom aan oorlog te
onttrek en aansien te herwin.
• Die VSA het alle troepe teen 1973 onttrek en Noord-Viëtnam het in 1975 beheer
oor Saigon oorgeneem.
• Viëtnam het ʼn verenigde land onder kommunistiese bewind geword.
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking
saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SAMEVATTING
Kandidate moet krities bespreek hoe Mobuto Sese Seko die politieke en ekonomiese
uitdagings aangespreek het wat Kongo in die gesig gestaar het ná sy vryheid van
België in 1960.
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe effektief Kongo was om die politieke
en ekonomiese uitdagings op te los wat hulle in die gesig gestaar het
nadat hulle onafhanklikheid van België in die 1960’s verkry het. Hulle
moet hul argument ondersteun met relevante historiese bewyse.
UITWERKING
• Politieke uitdagings
• Kongo was tot vroeg in1960 onder koloniale bewind.
• Mobutu Sese Seko het aan bewind gekom deur ʼn militêre staatsgreep.
• Hy het ʼn eenparty staat ingestel.
• Veelpartyverkiesings is nie in die Kongo gehou nie. Mobutu het aangevoer dat
hierdie vorm van regering meer gepas is vir Afrika as Westerse demokrasie.
• Opposisiepartye is stilgemaak. Daar was bewyse van gevangenisstraf en
skending van menseregte van diegene wat teen die leierskap gepraat het.
• Die tydperk van onafhanklikheid in die Kongo is deur geweld en politieke
omwenteling gekenmerk.
• Die Kongo was hoogs gefragmenteer volgens etniese lyne met leiers wat met
mekaar meeding.
• Mobutu beklemtoon die belangrikheid van Afrikanisering van hul politieke stelsels
(Hy beskou demokrasie as anti-Swart en ʼn Westerse oplegging)
• Mobutu Sese Seko het tussen die 1960’s en 1970’s lewenslank as president gebly
• Mobutu Sese Seko het ʼn kleptokrasie geskep waar ʼn groep aangestelde openbare
amptenare hul posisie misbruik het.
Ekonomiese uitdagings
• Die Kongo het enkelproduk-ekonomieë van koloniseerders geërf
• Teen onafhanklikheid het die Kongo nie ʼn vervaardigingsektor gehad nie
• Die Kongo het ʼn paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad.
• Mobutu Sese-Seko het grond en nywerhede genasionaliseer om rykdom gelykop
onder sy mense te versprei.
• Die Kongo het nie oliereserwes gehad nie, en die land het ʼn ekonomiese krisis
beleef toe oliepryse in die 1970’s gestyg het
• Mobutu Sese Seko (1970) het besluit om sektore van die ekonomie te privatiseer
weens die ekonomiese krisis
• Die Kongo het lenings van die buiteland en organisasies aangegaan: Vanaf die
1960’s het die Kongo finansiële hulp van die kapitalistiese Weste ontvang.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
• Mobutu Sese Seko het nie daarin geslaag om ʼn beduidende vervaardigingsbedryf
te ontwikkel nie
• Die Kongo bly afhanklik van die uitvoer van landbouprodukte en minerale.
• Die Kongo het gesukkel om ekonomies te ontwikkel en het steeds sterk
staatgemaak op hulp en beleggings van sy Westerse bondgenote soos die VSA
en Frankryk (neo-kolonialisme)
• Die Kongo het ʼn kapitalistiese ekonomiese stelsel omhels
• Die ekonomie van die Kongo het groot verskille in rykdom tussen ryk en arm
veroorsaak
• Die Kongo se ekonomie is deur elitisme en nepotisme gekenmerk
• Enige ander relevante reaksie
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking
saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) GESKIEDENIS V1 23
VRAAG 6: PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF DIE
1950’s TOT DIE 1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SAMEVATTING
Kandidate moet verduidelik of hulle saamstem of nie saamstem met die stelling nie, in
ooreenstemming met die verklaring, moet hulle verduidelik hoe die militante en
konfronterende benadering van die Swartmagbeweging effektief was om diskriminasie
teen swart Amerikaners in die 1960’s te beëindig. Hulle moet hul argument ondersteun
met relevante historiese bewyse.
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur aan te dui of hulle met die stelling
saamstem of nie. Hulle moet ook ʼn uiteensetting gee van hoe hulle hul
argument sal ondersteun.
UITBREIDING
• Redes vir die vorming van die Black Power-beweging.
• Die impak van die filosofie van die Black Power Movement op Afro-Amerikaners
• Geglo in die konsepte van selftrots en selfbeeld / selfrespek, wat onder Afro-
Amerikaners ingeskerp moet word.
• Beginsels van Swart Mag (doen dinge vir jouself, beheer politiek in hul gemeenskap
en is trots op hul eie kultuur en verdedig hulself) teen rasse- onderdrukking en
manipulasie.
• Bevordering van swart belange en bekommernisse
• Die filosofie van Black Power het na vore gekom as ʼn poging om die swak
lewensomstandighede van Afro-Amerikaners aan te spreek.
• Malcolm X pleit vir swart skeiding, selfbeskikking (Swart Nasionalisme), selfrespek
en selfdissipline.
• ʼn Beroep op selfgeldendheid (aggressiwiteit) in hul revolusie teen onderdrukking,
byvoorbeeld rasse-onluste by Watts
• Afro-Amerikaners aangemoedig om op te staan teen wit Amerikaanse owerhede in
die strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid op watter moontlike manier ook al.
• Bevorder die konsep van ‘Black Pride’ (selfbeeld-respek-hulp)
• In 1966 het Stokely Carmichael die slagspreuk ‘Black Power’ ‘Black is beautiful’
gewild gemaak en ‘Swart Trotsheid’ bevorder.
• Gepleit vir die uitsluiting van ‘wit’ liberale as ʼn filosofie vir Afro-Amerikaners
• Hy het geglo dat die strategie van nie-geweld misluk het as gevolg van die
voortdurende geweld wat deur wit Amerikaners teen Afro-Amerikaners gebruik is.
• Bevorder Afrika klere/Afro-haarstyle/musiek/letterkunde/erfenis as simbool van
Black Pride.
• Die rol van die Black Panther Party
• Die Black Panther Party (BPP) is in 1966 deur Bobby Seale en Huey Newton gestig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
• Die BPP was betrokke by die inisiëring en ondersteuning van Swartmag
programme, dit wil sê gemeenskapsgebaseerde programme en voedingskemas
• Begin met programme wat verantwoordelik was vir die verdediging van Afro-
Amerikaners teen polisie wreedheid,
• Gefokus op sosio-ekonomiese toestande van Afro-Amerikaners en het ook
verskeie gemeenskap oorlewingsprogramme bedryf.
• Die Tien-punt plan het as die Black Panther se manifes gedien.
• Dit dek sy sosiale, politieke en ekonomiese doelwitte en doelstellings.
• Die Tien-punt plan het ten doel gehad om te verseker dat Afro-Amerikaners
gelykheid in onderwys, behuising, indiensneming en burgerregte bereik.
• Dring aan op vryheid, volle indiensneming, ordentlike behuising, moet die ware
geskiedenis van Afro-Amerikaners leer, polisie brutaliteit beëindig, die moord op
Afro-Amerikaners beëindig en gratis gesondheidsorg bied.
• Die Black Panther Party het by straat patrollies betrokke geraak, polisie-aktiwiteite
gemonitor.
• Verdedig hulself deur gewere te dra (militante benadering) om die voortdurende
polisie brutaliteit te stop.
• Impak / kort en langtermyn doelwitte – die mees voor die handliggende vorme
van rassediskriminasie geëindig.
• Rasse geweld en spanning het afgeneem.
• Afro-Amerikaners is tot openbare ampte verkies.
• Behuising en fasiliteite van swart Amerikaners is verbeter.
• Swart geletterdheid het toegeneem en afhanklikheid van staatstoelaes het
afgeneem.
• Regstellende aksie-beleid vir federale indiensneming is in plek gestel.
• Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)
Related documents

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum