NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)


View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 429.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paperQuestion paper · SesothoAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding,
ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in inhoudsdekking.
Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het ʼn argument is duidelike argument
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE WERKERS-
UNIES (COSATU) DIE APARTHEIDSREGERING GEDURENDE DIE
1980’s TEENGESTAAN?
1.1 1.1.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1A – V1]
• Is ʼn organisasie van werkers wat aangesluit het om hul
gemeenskaplike belange te bevorder
• ʼn Organisasie of groep werkers wat aansluit om oor lone, ure,
voordele en werksomstandighede te onderhandel
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Vakbonde het magtige organisasies geword wat die regering nie
kon beheer nie
• Werkers het hul mag besef en sleutelspelers in die stryd teen
apartheid geword
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ICU
• FOSATU
• GAWU
• CNETU
• SACTU (Enige 3 x 1) (3)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Die land het onregeerbaar geword
• Politieke onrus was ʼn kenmerk van die 1980’s
• Onrus van die 1980’s sou die politieke landskap van Suid-Afrika
verander
• Die 1980’s sou tot die ondergang van apartheid lei
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Stakings
• Boikotte
• Wegbly-aksies (Enige 2 x 1) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• 1,5 miljoen werkers het aan die oproep gehoor gegee, saam met
duisende wat skoolleerlinge, studente, taxi-bestuurders, smouse,
winkeliers, huiswerkers, selfonderhoudende en werklose mense
ingesluit het (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Swart werkers het lae lone ontvang
• Die loongaping tussen die bestuur en werkers en geskoolde en
ongeskoolde werkers sou verminder
• Om die standaard van lewe van swartes te verbeter
• Om die lewensomstandighede van swartes veral vroue te
verbeter
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit het daarin geslaag om die werkers te mobiliseer om apartheid
te weerstaan
• Koördineer ʼn reeks betogings en veldtogte wat deur miljoene
Suid-Afrikaners ondersteun is
• Rollende massa-aksie deur COSATU het die land onregeerbaar
gemaak
• Dit gee insig oor die rol wat COSATU in die stryd teen apartheid
gespeel het
• COSATU se optrede het ʼn ekonomiese agteruitgang in die
ekonomie veroorsaak, wat veroorsaak het dat wit sake-eienaars
druk op die apartheidsregering geplaas het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• COSATU het ʼn leefbareloon-veldtog van stapel gestuur
• Wou die werk- en lewensomstandighede van werkers verbeter
• Dit dui op sy visie om eenheid onder werkersklasmense binne die
land te skep
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• 40 uur week sonder verlies van betaling
• Meidag, 16 Junie en Sharpevilledag as betaalde openbare
vakansiedae
• Werksekuriteit
• Geen belastingaftrekkings nie
• ʼn Minimum van 6 maande betaalde kraamverlof
• ʼn Einde aan die koshuisstelsel en ordentlike behuising naby
werkplekke (Enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 9
1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C – V3]
• Bron 1B meld dat COSATU geveg het vir ʼn leefbare loon en Bron 1C
toon dat COSATU ʼn veldtog vir ʼn leefbare loon van stapel gestuur het
• Bron 1B verduidelik hoe die vakbond werkers verenig het om teen
apartheid te betoog, terwyl Bron 1C COSATU as ʼn magtige verenigde
liggaam deur ʼn gebalde vuis wys wat teen apartheid betoog
• Bron 1B meld dat ʼn eis gemaak is dat 1 Mei ʼn betaalde vakansiedag
word en Bron 1C wys dit een van die eise tydens die betoging was
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Gearresteer
• Teistering
• Huisaanvalle
• Aangehou (Enige 2 x 1) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die groeiende gewig van die arbeidersbeweging
• Hulle vermoë om oorwinnings vir werkers te behaal
• COSATU was besig om ʼn politieke bedreiging vir die
apartheidsregering te word
• Om die mag in die hande van die wit minderheid te hou
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.5.3 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1D – V2]
• Die polisie en weermag is meer mag gegee om enigiemand in
hegtenis te neem wat geglo is ʼn bedreiging vir die staat is
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• COSATU is in 1985 bekendgestel (Bron 1A)
• Met byna ʼn halfmiljoen lede, het dit die grootste vakbond geword wat ooit
in Suid-Afrika gestig is (Bron 1A)
• Herlewing van vakbondwese (Bron 1A)
• Het veldtogte vir werkersregte van stapel gestuur (Bron 1B)
• Het begin met stakings en protes om die werk- en lewensomstandighede
van werkers te verbeter (Bron 1B en Bron 1C)
• NLA deur die regering gewysig weens druk van COSATU (Eie kennis)
• Ondersteun huurgeld en verbruikersboikotte van burgerlike organisasies
(Eie kennis)
• COSATU het die werkers teen apartheid verenig (Bron 1C)
• COSATU in ooreenstemming met die ANC en UDF (Bron 1B)
• Belofte om alle mense te verteenwoordig en uitbuiting van werkers te
weerstaan (Eie kennis)
• COSATU het ʼn bedreiging vir apartheid geword (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe COSATU
die apartheidsregering gedurende die PUNTE
VLAK 1
1980’s teengestaan het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
• Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon ʼn
mate oor hoe COSATU die PUNTE
VLAK 2 apartheidsregering gedurende die 1980’s 3–5
teengestaan het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor hoe COSATU die
apartheidsregering gedurende die 1980's PUNTE
VLAK 3 teengestaan het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 11
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS-
KOMMISSIE (WVK) OM VERSOENING EN GENESING VIR SUID-
AFRIKANERS TE BRING?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ʼn Ware nie-rassige demokratiese Suid-Afrika te bou (1 x 2) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Apartheid het die politieke regte van Suid-Afrikaners weggeneem
• Onder apartheid het Suid-Afrikaners onderdrukking en
diskriminasie verduur
• Die menswaardigheid van swart Suid-Afrikaners weggeneem
• Tydens apartheid is mense tronk toe gestuur en sonder berou
vermoor
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Baie haat/wantroue het tussen rasse bestaan
• Om die nuwe bedeling in Suid-Afrika te laat werk
• Om versoening en vrede in Suid-Afrika te bring
• Om die voortbestaan van die nuwe demokrasie te verseker
• Om verdere geweld te voorkom wat die land jare lank geteister het
• Om toekomstige menseregteskendings te voorkom
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Om ʼn volledige prentjie as moontlik te vestig, van die oorsaak,
aard en omvang van die growwe skending van menseregte gee
• Fasiliteer die toestaan van amnestie
• Om die lot van slagoffers bekend te maak en hul mens- en
burgerlike waardigheid te herstel
• Beveel herstelmaatreëls aan en voorsien hulle van vergoeding
(Enige 2 x 1) (2)
2.2 2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die wat ook deur die apartheidstelsel/polisie vermoor is
• Omdat hulle ook hul jeug opgeoffer het ter wille van Vryheid
• Hulle het nooit ʼn normale tienerlewe gehad nie
• Sodat hulle bydrae tot die bevrydingstryd nie vergeet moet word
nie
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2.2 [Definisie van historiese konsepte van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Slagoffers en oortreders kan oor hul verklarings by die WVK-
verhore ondervra word
• Ondervraging van aktiviste deur veiligheidspolisie van hul
politieke aktiwiteite en gemartel
• Ondervraging kon mondelings of fisies wees
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Hy was:
• Gestres/Gespanne
• Depressief
• Kwaad
• Gefrustreerd (Enige 2 x 1) (2)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Vergaderings
• Protesoptogte
• Rubberkoeëls in die gesig staar
• Lewendige ammunisie in die gesig staar (Enige 2 x 1) (2)
2.2.5 [Evalueer die betroubaarheid van Bron 2B – V3]
Hierdie bron is BETROUBAAR omdat:
• Dit is ʼn primêre bron aangesien Riefaat direk by die bevrydingstryd
betrokke was
• Die inligting is die oorspronklike getuienis wat tydens die WVK-
verhoor gegee is
• Sy getuienis kan met ander bronne geverifieer word
• Gehoor het die emosionele toestand/trauma van Riefaat ervaar
• Die WVK het ʼn platform geskep vir slagoffers om hul storie te
vertel
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Spoeg in die gesig van mense wat onderdruk is
• Verarm en gemartel deur die apartheidsregime
• Weiering om belofte skadevergoeding te betaal (Enige 2 x 1) (2)
2.3.2 [Definisie van historiese konsepte uit Bron 2C – V1]
• Vergoeding vir die verlies van menselewens en eiendom
• Betaling vir skade wat ʼn persoon kon opgedoen het
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• President Thabo Mbeki se regering het die afgelope maande die
regverdigheid daarvan om geld aan individue vir lyding te betaal,
bevraagteken
• Aktiviste nie vir geld teen apartheid gestry het nie (Enige 1 x 2) (2)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die geld kan gebruik word vir berading om van hul vorige ervarings
te genees
• Hulle nie in staat was om te werk nie weens die sielkundige
marteling wat hulle verduur het terwyl hulle vir vryheid geveg het
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 13
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die Suid-Afrikaanse regering het nie die regte van slagoffers wat
menseregteskendings ervaar het, geprioritiseer nie
• Die regering het nie die aanbeveling van die WVK oor
vergoeding vir slagoffers uitgevoer nie
• Die regering het baie verskonings gehad om vergoeding aan
slagoffers te gee
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die regering was huiwerig om slagoffers van apartheid te betaal
• Die regering het verskonings gemaak om nie vergoeding te gee
nie
• Die regering wou hom nie verbind tot die tydraamwerk om
betalings te maak nie
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2C dui aan dat niemand in die stryd om geld geveg het nie en
Bron 2D wys die regering het verskonings om nie slagoffers te vergoed
nie
• Beide bronne toon die onwilligheid van die regering om skadevergoeding
te betaal
• Beide bronne dui aan die trauma wat slagoffers verduur het weens nie-
betaling van skadevergoeding
• Beide bronne toon die uitwerking wat apartheid op die lewens van
gewone Suid-Afrikaners gehad het
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Die rede vir die stigting van die WVK was om die verlede te hanteer (Eie
kennis)
• WVK gestig om growwe menseregteskendings te ondersoek (Bron 2A)
• WVK het nasionale versoening en genesing bevorder (Bron 2A)
• Die WVK het volle amnestie gebied aan diegene wat na vore gekom het
en hul misdade bely het (Bron 2A)
• WVK het 'n platform verskaf om na slagoffers se stories te luister
(Bron 2B)
• Riefaat kon sy storie vertel tydens die WVK-verhoor van die marteling wat
hy en mede-kamerade verduur het (Bron 2B)
• Die WVK het die getuienis wat deur die slagoffers en oortreders aangebied
is, ondersoek (Eie kennis)
• Die WVK het deernis vir slagoffers getoon (Bron 2B)
• Slagoffers en oortreders is aangemoedig om die waarheid te vertel sodat
die nasie kon genees (Eie kennis)
• Die WVK het skadevergoeding aan slagoffers aanbeveel (Bron 2A en
Bron 2D)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
• Simboliese herstel, opgrawing en herbegrafnis van die oorblyfsels van
slagoffers voorgestel deur WVK (Eie kennis)
• Slagoffers moes ʼn geruime tyd wag om geldelike reparasie/
vergoeding te kry (Bron 2C en Bron 2D)
• Die regering het die menslike gesig van herstel verwaarloos
(Bron 2C en Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om die paragraaf te assesseer.:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe suksesvol
die Waarheids-en-Versoeningskommissie
PUNTE
VLAK 1 (WVK) was om versoening en genesing vir
0–2
Suid- Afrikaners te bring.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
• Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon
begrip oor hoe suksesvol die Waarheids-en-
Versoeningskommissie(WVK) was om PUNTE
VLAK 2
versoening en genesing vir Suid-Afrikaners 3–5
te bring.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ’n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor hoe suksesvol die
Waarheids-en-Versoeningskommissie
(WVK) was om versoening en genesing vir PUNTE
VLAK 3
Suid-Afrikaners te bring. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip van
onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 15
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET MULI-NASIONALE KORPORASIES (MNK)
OP DIE GLOBALE MARK GEHAD?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Deur reis en handel
• Vervoer van produkte oor die wêreld binne ure of dae (2 x 1) (2)
3.1.2 [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Globalisering beteken dat lande meer interafhanklik word en
dat mense oor die hele wêreld meer aan mekaar verbind is
• Globalisering het gelei tot die monopolisering op nywerhede
deur groot sakeondernemings, wat groot winste maak ten
koste van onderontwikkelende en onontwikkelende lande
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Mense oor die hele wêreld dra klere met dieselfde naam/
handelsmerk
• Mense het van kitskosse leer ken
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Die wêreldekonomie word deur die ryk lande oorheers
• Arm lande het nie voordeel getrek uit die winste wat in hul
lande gemaak is nie
• Natuurlike hulpbronne is uitgebuit deur buitelanders wat in arm
lande belê het
• Werkers van ontwikkelende provinsies is min lone betaal
aangesien die meeste winste na buitelandse provinsies
gegaan het
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Dit was buite sy grense
• Nie onderworpe aan sy wette nie (2 x 1) (2)
3.2.2 [Verduideliking van historiese konsep uit Bron 3B – V2]
• Dit is groot maatskappye wat ander takke in verskillende lande
regoor die wêreld open
• Groot beleggings word in die buiteland gemaak
• Groot winste word deur hierdie lande gemaak
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
OMDAT:
• Dit sou baie mense werkloos laat
• Dit sal tot armoede in lande lei
• Dit sal waarskynlik tot onrus teen die regering lei
• Dit sal ekonomiese onstabiliteit in ʼn land veroorsaak
• Die regering gaan ʼn belangrike inkomste verloor wat
dienslewering aan die mense sal belemmer
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• VSA
• Duitsland
• Japan (Enige 2 x 1) (2)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Arbeidswette is verslap
• Slegte beligting (slegs een klein liggie gewys)
• Werkers het geen reg gehad om uit te praat oor hul toestand
nie (Monde is verseël)
• Werkers se basiese menseregte en goeie werks-
omstandighede word geskend
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• ‘Doen dit net’/ “Just do it”
• Hulle monde is verseël/toegeplak. (Enige 1 x 2) (2)
3.3.3 [Evalueer die beperkings van Bron 3C – V3]
Die bron is beperk omdat:
• Dit is bevooroordeeld aangesien dit slegs die negatiewe impak
van Multi-Nasionale Korporasies toon
• Dit skep die indruk dat alle MNK’s hulle werkers sleg behandel
• Dit dui nie aan dat werkers ook gebaat het uit MNK’s deur dat
hulle lone ontvang het
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Sportdrag (1 x 2) (2)
3.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Hulle hoef nie die lewensomstandighede van die werkers te
verbeter nie
• Om meer wins te maak
• Kinders is minder betaal
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 17
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Werkers het onder loondiefstal gely
• Verbale mishandeling
• Het vir ure gewerk in hoë temperatuur ver oor die wetlike perk
van 90 grade (Enige 2 x 1) (2)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Nike was ten volle bewus van die swak toestande in die fabrieke
• Hulle sou ontdek dat werkersregte geskend word
• Hulle sal gedwing word om die fabriek te sluit
• Die naam handelsmerk Nike kan in ʼn negatiewe lig beskou
word
• Dit kan tot die boikot van die Nike-produkte lei
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3C en 3D – V3]
• Bron 3C wys die vroue wat moeg/oorwerk lyk, terwyl Bron 3D aandui dat
werkers gedwing is om vir lang ure sonder behoorlike ventilasie te werk
• Bron 3C wys dat kinders gewoond was om in die Nike-fabriek te werk,
terwyl Bron 3D die berigte aandui dat dit kinderarbeid gebruik het
• Bron 3C toon dat werkers se monde toegeplak is om nie oor die haglike
toestande te praat nie. Bron 3D dui aan dat die WRC toegang geweier
is om die fabriek te inspekteer
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte insluit:
• Globalisering sal lei tot die integrasie van ekonomieë en samelewings
(Bron 3A)
• Mense regoor die wêreld begin mekaar se kulture deel (Bron 3A)
• Die wêreld aan kitskos bekendgestel (Eie kennis)
• Het toegang tot maatskappye soos McDonald’s en Starbucks (Bron 3A)
• In sommige lande rykdom geskep (Bron 3A)
• MNK vestig maatskappye regoor die wêreld (Bron 3B)
• Lande moes hul arbeidswette verslap (Bron 3B)
• Beperkte staatsbeheer oor ekonomiese aktiwiteite (Bron 3B)
• Produseer klere met handelsmerk wat wêreldwyd gedra word
(Bron 3C en 3D)
• MNK’s het uitbuiting van werkers veroorsaak (Bron 3C en Bron 3D)
• Baie lande het nie voordeel getrek uit winste wat deur MNK’s gemaak
is nie (Eie kennis)
• Nike het nie die werksomstandighede van werkers verbeter nie
(Bron 3C en Bron 3D)
• Het tot weerstand teen die Nike-maatskappy gelei (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ’n elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip oor die
impak wat Multi-Nasionale Korporasies PUNTE
VLAK 1
op die globale mark gehad het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ’n
groot mate verband met die onderwerp, bv.
toon begrip oor die impak wat Multi-
PUNTE
VLAK 2 Nasionale Korporasies op die globale
3–5
mark gehad het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om
’n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv.
demonstreer ’n deeglike begrip oor die
impak wat Multi-Nasionale Korporasies
PUNTE
VLAK 3 op die globale mark gehad het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ’n
georganiseerde paragraaf en toon begrip
oor die onderwerp. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970s TOT 1980s: SUID-AFRIKA DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate die filosofie van SB-studente,
gemeenskappe en werkers beïnvloed het om die apartheidsregime in die 1960’s en
1970’s uit te daag.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate die filosofie van BC studente,
gemeenskappe en werkers beïnvloed het om die apartheidsregime in die 1960’s
en 1970’s uit te daag.
UITBREIDING
• Rede vir die stigting van die Swartbewussynsbeweging (SBB) (Agtergrond)
Biko se filosofie van Swartbewussyn (SB)
• Maak swartmense bewus van die euwels van apartheid
• Kweek ʼn gevoel van eiewaarde en vertroue in swart Suid-Afrikaners
• Herstel swart trots
• Die manier waarop swart Suid-Afrikaners hulself gesien het, verander
• Bemagtig hulle om apartheid te konfronteer
• Biko het swart Suid-Afrikaners versoek om hulself te laat geld en dinge vir
hulself te doen
• Skakel die gevoel van minderwaardigheid uit
Rol van Steve Biko
• Vorming van SASO
• SASO het SB idees versprei oor die kampusse van die etnies geskeide
universiteite
• SASO het swart eenheid en solidariteit bevorder
• Studente meer polities bewus gemaak
• Studente aangemoedig om hulself van apartheid te bevry
• Biko bevorder selfbevryding
• Hy het geglo dat assosiasie met blankes die bevrydingstryd ondoeltreffend
maak en dat swartes hulself moet bevry
• Gevestigde selfhelpgroepe vir swart gemeenskappe saam met ander SB-leiers
• SB-idees is in SASO-nuusbriewe gepubliseer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
Swartbewussyn word ʼn nasionale beweging
• In 1972 is die Black People’s Convention gestig
• Bedoel om swartmense van sielkundige en fisiese onderdrukking te bevry
• Selfhelpprojekte is op die been gebring, bv. Zanempilo-kliniek, Ginsburg en
Zimele-trustfonds
• Tot die stigting van die Black Allied Workers Union in 1973 gelei
• SB beïnvloed skoliere wat tot die vorming van SASM gelei het
Uitdagings wat die idees van BC aan die staat stel
• Die Suid-Afrikaanse regering was aanvanklik nie bekommerd oor die SBB nie
en het gelyk met sy eie beleid van afsonderlike ontwikkeling
• SBB het sterker geword en ʼn uitdaging aan die staat gestel
• Dit het ʼn massabeweging geword wat gepoog het om apartheid te ondermyn
• Biko se toesprake het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om apartheid te
verwerp
• SB-idees spoor die werkers aan om met staking op te tree
• SBB ondersteun disinvesteringsondernemings
1976 Soweto-opstand:
• Leerders by skole in Soweto was ongelukkig omdat; meeste staatsbefondsing
het na wit skole gegaan, erge oorbevolking in klasse, kurrikulum was beperk en
onderwys het leerders voorberei op hande- en ongeskoolde arbeid.
• Die instelling van Afrikaans as onderrigmedium in 1975 in swart skole het
massaprotes ontketen.
• SASM het besluit om ʼn massabetoging teen Afrikaans as onderrigmedium te hou.
• Op 16 Junie 1976 het duisende Soweto-leerders ʼn vreedsame protes aangepak.
• Later het die optog gewelddadig geword en honderde is beseer en doodgemaak
(Hastings Ndlovu en Hector Pietersen).
• Woede oor die polisie-aksies het leerders amok gemaak deur die strate van
Soweto en simbole van apartheid soos geboue en wit besighede verbrand.
Regerings se reaksie op Biko se filosofie
• Verbod en huisarres van Biko en ander leiers
• SB-leiers is verbied om in die openbaar te praat
• BPC-aktiviste is sonder verhoor aangehou
• SASO is op universiteitskampusse verbied
• Biko is in hegtenis geneem en ondervra
• Biko is in 1977 wreedaardig deur die veiligheidspolisie vermoor
• Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 21
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. As hulle
saamstem, moet hulle toewyding en kompromie deur verskillende rolspelers
verduidelik wat ʼn einde gebring het aan die voortslepende geweld in Suid-Afrika en
die weg baan vir ʼn nuwe demokratiese Suid-Afrika in 1994. As hulle nie met die
stelling saamstem nie, moet hulle hul lyn met argument met relevante historiese
bewyse staaf.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.
• Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem en aandui of hulle saamstem of
verskil of dit deur toewyding en kompromie deur verskillende rolspelers was wat
ʼn einde gebring het aan die voortslepende geweld in Suid-Afrika en die weg vir
ʼn nuwe demokratiese Suid-Afrika in 1994 gebaan het.
UITBREIDING
• De Klerk kom in 1989 aan bewind – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990
• Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies, soos die ANC en
SAKP
• Die opheffing van beperkings op COSATU, AZAPO, ens.
• Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC-afvaardiging
gelei deur Nelson Mandela, NP-afvaardiging deur FW de Klerk gelei)
• Apartheidswetgewing wat herroep is, soos die Wet op Afsonderlike
Reservering van Geriewe (Politieke leierskap)
• Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende
stryd op te skort)
• KODESA 1 (19 politieke partye, AZAPO, KP en PAC/300 afgevaardigdes
uitgesluit) (Politieke leierskap en betrokkenheid van ander partye)
• Geweld breek in sommige dele van die land uit, soos die Witwatersrand- en
Natalse Blankes-referendum en die impak daarvan (Maart 1992) (Politieke
leierskap)
• CODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor ʼn
nuwe grondwetvormende liggaam en tussentydse regering (politieke leierskap)
• NP wou minderheidsveto hê terwyl ANC ʼn tussentydse regering vir nie langer
as 18 maande en gewone meerderheidsregering wou hê nie
• Boipatong-slagting en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)
• Bhisho-slagting het die proses van onderhandelinge ontspoor (7 September
1992)
• Goldstone-kommissie
• Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf
Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) (Politieke leierskap deur beide partye)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
(Politieke leierskap)
• Veelparty-onderhandelingsforum (politieke leierskap deur alle partye)
• Regse (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum (‘World Trade Centre’) en die
gevolge daarvan
• Sonsondergangklousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die dooiepunt van
onderhandelinge verbreek (Politieke leierskap)
• Verkiesingsdatum aangekondig, 27 April 1994 (Politieke leierskap)
• Die ANC het die verkiesings gewen en Mandela het die eerste swart Suid-
Afrikaanse president geword
• Enige ander relevante antwoord.
• Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 23
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: 1989 TOT HEDE
[Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe die hervormings van Gorbatsjof gelei het tot die
ineenstorting van kommunisme en vanaf 1989 vir ewig verandering in die politieke
landskap in Suid-Afrika teweeggebring het.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en aandui hoe die hervormings van
Gorbatsjof gelei het tot die ineenstorting van kommunisme wat die politieke
landskap in Suid-Afrika vanaf 1989 sou verander.
UITBREIDING
• Gorbatsjof se beleid van Glasnost en Perestroika
• Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die impak daarvan
• Die kommunistiese regimes in Oos-Europa het in duie gestort
• Die val van die Berlynse Muur
• Politieke veranderinge in die res van die wêreld plaas druk op die
apartheidsregime om veranderinge aan te pak
• Die ineenstorting van kommunisme het beide die Nasionale Party en die ANC
geraak
• Die Nasionale Party was nou bereid om met die ANC te onderhandel
• Die Nasionale Party se vrees vir ʼn kommunisties-beheerde ANC het nou
ongegrond gelyk
• Na die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie; die ANC het nie verdere
steun van die Sowjetunie ontvang nie
• Die ANC kon nie meer op die Sowjetunie staatmaak vir ekonomiese en militêre
ondersteuning nie
• Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese
aanslag beskerm, het onrealisties geword
• Lande in die Westerse wêreld het die stap ondersteun dat Suid-Afrika sy
probleme vreedsaam en demokraties moet oplos
• Daar was geen twyfel dat voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners
deur die apartheidsregime nie volhoubaar was nie en politieke onstabiliteit tot
gevolg sou hê.
• Die regering het begin glo dat hervorming nodig is om die ontwikkeling van ʼn
sterk middelklas in te sluit wat as ʼn ‘bolwerk teen die rewolusie’ sou optree.
• PW Botha het 'n beroerte gehad en is deur FW de Klerk opgevolg
• FW de Klerk het Suid-Afrika se politieke penarie besef en begin aanvaar dat die
swart Suid-Afrikaanse stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was wat vanuit
Moskou gerig is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023)
• Dit het De Klerk in staat gestel om in gesprek met die bevrydingsorganisasies te
tree
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘ʼn nuwe en regverdige grondwetlike bedeling’
aangekondig.
• De Klerk het alle anti-apartheidsorganisasies ontban, insluitend die ANC, PAC
en Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party
• Dit het die einde van apartheid en die begin van die proses van onderhandelinge
aangedui
• Enige ander relevante antwoord.
Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper