NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 



%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)

View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 713.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paperQuestion paper · SesothoAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 1: HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE WERKERSUNIES
(COSATU) DIE APARTHEIDSREGERING GEDURENDE DIE 1980's
TEENGESTAAN?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik die gebeurtenis wat die weg vir die stigting van COSATU
in 1985 gebaan het.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) van 1979 het swart vakbonde gewettig. Ironies
genoeg het die wettiging van swart vakbonde die teenoorgestelde uitwerking gehad as
wat die regering verwag het.
Op sy stigtingskongres het COSATU 33 geaffilieerde en nie-geaffilieerde vakbonde
byeengebring. Hierdie bekendstelling het ʼn vernuwing verteenwoordig van
vakbondwese in die lyn van vroeër progressiewe vakbondorganisasies en federasies
wat voor die stigting van COSATU bestaan het. Belangrik onder hierdie was die Industrial
and Commercial Workers Union (ICU), Federation of South African Trade Unions
(FOSATU), General and Allied Workers Union (GAWU), African Union of Mineworkers,
National Union of Mineworkers (NUM) en die South African Congress of Trade Unions
(SACTU).
COSATU het al die druk (spanning) en tradisies van ons ryk geskiedenis van stryd
verteenwoordig. Dit het gespruit uit dekades van massastryd, uit die ICU van die 1920’s,
die bitter stryd van mynwerkers in die 1940's en die militante weerstand van SACTU in
die 1950’s. Dit was ʼn beweging wat gebore is te midde van ʼn noodtoestand en die
uitdaging teen apartheid. Dit het ʼn meedoënlose (aanhoudende) stryd voortgesit vir die
basiese regte van werkers om as mense op die fabrieksvloer sowel as in die land van
hul geboorte beskou te word. Enige poging om die verband tussen die stryd om basiese
vakbondregte op die fabrieksvloer te skei van die breër stryd om menseregte in die
samelewing was nie net ongewens nie, maar ook onmoontlik in die Suid-Afrikaanse
konteks.
Die 1980’s sal in die geskiedenis opgeteken word as die waterskeiding (keerpunt) in ons
momentele (grootse) stryd teen apartheid. ʼn Kern-kenmerk van daardie heldhaftige
verset was die onvermoeide (vasberade) stryd deur die werkende mense van ons land.
[Uit https://omalley .nelsonmandela.org>index. php>site. Toegang op 22 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie uittreksel verduidelik die verskillende veldtogte wat deur COSATU in die 1980’s
geloods was.
In 1988 het COSATU noue bande met die African National Congress (ANC) en United
Democratic Front (UDF) gehad. Die mag van werkers is moontlik gemaak deur COSATU
se volgehoue oproep vir ‘rollende massa-aksie’. Deur stakings, boikotte en wegbly-aksies
het COSATU dit duidelik gemaak dat dit ʼn krag is om mee rekening te hou. COSATU is
bekommerd oor die ekonomiese en maatskaplike welsyn van al sy lede. Talle wegbly-
aksies en stakings om onder meer teen die noodtoestand, verkiesings en nasionale
herdenkingsdae te protesteer, is deur COSATU in samewerking met die UDF van stapel
gestuur. COSATU het ook sanksies en disinvesteringsveldtogte teen Suid-Afrika
ondersteun.
Twee belangrike veldtogte is deur COSATU geïnisieer. Dit het die ‘Leefbare Loon-Veldtog’
van stapel gestuur. Gedurende 1987 was COSATU-lede die enigste werkers wat
loonverhogings bo inflasiekoers gekry het. Dit was nie gebaseer op die welwillendheid van
werkgewers nie, maar op die stryd van ons lede. Hierdie veldtog bly relevant terwyl ons
poog om die loongaping tussen senior bestuur en werkers, mans en vroue, en tussen
geskoolde en ongeskoolde werkers uit te skakel – van wie die meerderheid swart of vroue
is.
Meidag is ons s’n – Op 1 Mei 1886 het Amerikaanse werkers – georganiseer deur die
International Workers of the World – opgeruk ter ondersteuning van ʼn agt-uur dag. Dit het
ʼn internasionale tradisie begin om ʼn werkersvakansie te vier wat tot vandag toe voortduur.
Teen 1986 is die tradisie al 100 jaar lank waargeneem. Terwyl COSATU skaars ses
maande oud was, was Meidag-vieringe in Suid-Afrika daardie jaar die grootste ooit, met
groot saamtrekke regoor die land. Suid-Afrikaanse werkers het die dag as hul eie
aangegryp. Die feit dat dit vandag deel van ons openbare vakansiedae is, is te danke aan
COSATU lede. 1,5 miljoen werkers het aan die oproep gehoor gegee, saam met duisende
wat skoolleerlinge, studente, taxi-bestuurders, smouse, winkeliers, huiswerkers, self-
onderhoudende en werklose mense insluit.
[Uit https://mediadon.co.za>formationof COSATU. Toegang op 22 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
BRON 1C
Die plakkaat was in 1987 deur ʼn COSATU-werker, Eve Hedrew vir die ‘Leefbare Loon-
Veldtog’ ontwerp.
[Uit saha.org.za/workers/cosatu _unite __and _fight _for _a living_wage.htm, Toegang op 22 Januarie
2023 verkry.]
VERENIG EN VEG VIR ’N
LEEFBARE LOON
• 40 uur week sonder verlies aan betaling
• Meidag, 16 Junie en Sharpevilledag as
betaalde openbare vakansiedae
• Werksekuriteit
• Geen belastingaftrekkings nie
• ʼn Minimum van 6 maande betaalde kraamverlof
• ʼn Einde aan die hostelstelsel en ordentlike behuising naby
plekke van werk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die bron hieronder verduidelik die reaksie van die Nasionale Party teenoor COSATU in
die 1980’s.
Die staat het op sy beurt ʼn tweede noodtoestand afgekondig en ʼn wrede (verbete) veldtog
van aanhoudings en onderdrukkings geloods. Baie vakbondlede is gearresteer of
geteister, insluitend Jay Naidoo, wie se huis op die eerste nag van die noodgeval, 12 Junie
1986, deur veiligheidspolisie in siviele drag oorval is. In die eerste ses weke van die
noodgeval is 2 700 vakbondlede aangehou, die meerderheid van hulle van COSATU.
COSATU se hoofkwartier in Johannesburg is deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW)
versper, wat alle bewegings in en uit die gebou gemonitor het.
Maar werkers het ook wraak geneem. Honderde het begin staak om teen aanhoudings te
betoog. Toe vyf National Union of Mineworkers (NUM)-streekleiers in Kimberley
gearresteer is, het 2 000 werkers by vier myne begin staak, een van baie sulke voorvalle.
COSATU se president, Elijah Barayi, wat ook die NUM se vise-president was, is ook
aangehou en die vakbond het ʼn nasionale verbruikersboikot van drankwinkels, kroeë en
konsessie-(besigheids)winkels begin.
COSATU is verhoed (verbied) om in die buitelug te vergader en ander beperkings het
normale vakbondprosesse ontwrig – met die gevolg dat selfs sakeondernemings by die
regering begin kla het dat hulle met vakbondleiers in die tronk gedwing is om met ‘skare’
te onderhandel.
[Uit sahistory.org.za/article/congress-south Africa-trade-unions-cosatu Toegang op 22 Januarie 2023
verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS-
KOMMISSIE (WVK) OM VERSOENING EN GENESING VIR SUID-
AFRIKANERS TE BRING?
BRON 2A
Die bron hieronder deur Sandy Shaw, skrywer van South Africa’s Transition to Democracy
verduidelik die redes vir die stigting van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK)
in 1996.
Na hul oorwinning in die 1994-verkiesing, het die ANC ʼn reusetaak gehad om ʼn ware nie-
rassige demokratiese Suid-Afrika te bou, sonder om die verlede te vergeet. Soos Mandela
dit beskryf het: “Daar is niks so boos soos apartheid wat wêreldwyd veroordeel was nie”;
en daarom was dit noodsaaklik om ʼn manier te kry om die oortreders van die
apartheidstelsel te vergewe sonder om die misdade wat teen menslikheid gepleeg was te
vergeet. Die ANC se oplossing om te ‘vergewe sonder om te vergeet’ het tot die ontstaan
van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) in 1996 gelei.
Die doelwitte van die WVK was om sover moontlik ʼn geheelbeeld van die oorsake, aard en
omvang van grootskaalse menseregteskending te kry. Dit moes ook die kwessie van
amnestie fasiliteer aan persone wie die volle waarheid onthul het van die misdade wat hulle
gepleeg het. Die WVK was ook die taak opgelê om die noodlot van slagoffers bekend te
maak en om hul menslike en burgerlike menswees te herstel, deur aan hulle die geleentheid
te bied om hul stories te vertel, reparasie-maatreëls aan te beveel en kompensasie
(vergoeding) te voorsien. Die WVK moes ook aanbevelings maak oor hoe om ʼn politieke
kultuur in Suid-Afrika te skep wat respek van menseregte aan alle burgers waarborg.
[Uit South Africa’s Transition to Democracy deur S. Shaw]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie bron hieronder fokus op die getuienis by die WVK-verhoor deur Riefaat Hattas, ʼn
aktivis en ANC- en UDF-ondersteuner, op 22 Mei 1997 in Athlone, Kaapstad.
VOORSITTER: Riefaat, ek gaan vir mev. Burton vra om die aflegging van die eed te
administrateer, maar ek wil net vir jou baie dankie sê dat jy gekom het, nie net om oor
jouself te praat nie, maar om te praat oor die mense wat jy jou “vergete Kamerade” noem.
Dit is baie belangrik dat iemand namens daardie mense praat en ons is baie dankbaar dat
jy vir ons ʼn voorlegging in daardie verband voorberei het. Mev. Burton sal jou insweer en
Glenda sal dan jou bewyse fasiliteer.
MNR. HATTAS: Agbare kommissarisse, ek smeek u om my nie weer deur ʼn ondervraging
te sit nie. Ek woon elke Donderdag die traumasentrum by.
MEJ. WILDSCHUT (WVK-KOMMISSARIS): Riefaat, neem net jou tyd. As jy voel dit is te
moeilik, neem net soveel tyd as wat jy nodig het, en Viola is langs jou en sy sal jou
aanmoedig.
MNR. HATTAS: Ek is erg gespanne, depressief, kwaad, gefrustreerd. Ek het geen
vertroue in myself nie, ek oorweeg soms selfmoord. Ek weet nie of ek myself alleen kan
dra nie. Ek is deurmekaar as gevolg van wat ek in my hoërskooljare deurgemaak het. Ek
wil nie graag op myself fokus nie, maar ek wil graag fokus op die storie van my vergete
kamerade. Daardie studente wie se dae bestaan het uit vergaderings, protesoptogte,
rubberkoeëls en dikwels lewendige ammunisie, maar dit was deel van die daaglikse stryd
teen ʼn onregverdige vyand. Ons primêre doelwit was om die land onregeerbaar te maak
sodat ons leiers kan terugkeer en ons na ʼn ware demokrasie toe kan lei.
Dit is van die aanbevelings wat ek en ons Kamerade gedink het ek moet voor die WVK
lys. Ek wil eerstens sê dat baie van ons Kamerade wat geaffekteer is, is vandag nog
werkloos. Ons moet finansieel vergoed word vir al die emosionele en sielkundige trauma
wat ons steeds verduur. Gedenktekens moet in alle provinsies opgerig word om die
belangrike rol wat studente en kinders, jeugdiges, sowel as ander gespeel het, aan te dui.
Die Regering behoort die verantwoordelikheid te neem om ons te akkommodeer in terme
van alle relevante ondersteuning wat ons nodig het. Die WVK moet seker maak dat die
Nasionale Party nie ongestraf wegstap vir die misdade wat hulle teen die mense van Suid-
Afrika gepleeg het nie. Die Nasionale Party moet verantwoordelikheid neem vir die
vernietiging en verwoesting van ons lewens. Dit is al.
MEJ. BURTON: Jy het ʼn moedige stap geneem om te kom. Ek hoop dit sal ook ʼn stap
vorentoe in jou eie genesing en selfvergifnis wees.
[Uit https:www.justice.gov.za/trc/special/children/hattas/htm. Toegang op 24 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
BRON 2C
Hierdie uittreksel hieronder beskryf hoe die Suid-Afrikaanse regering in 2000 gekritiseer
was vir die nie-betaling van vergoeding aan slagoffers.
Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdag onder aanval gekom omdat hulle ‘in die gesig
gespoeg het’ van mense wat deur die apartheidsregime onderdruk, verarm en gemartel
is deur weerstand te bied teen die betaling van hul beloofde skadevergoeding.
Die aanklag is gemaak by ʼn tweedaagse konferensie in Kaapstad, getiteld “The
Unfinished Business of the TRC”, met verwysing na die Waarheid-en-
Versoeningskommissie wat menseregteskendings onder apartheid ondersoek en
skadevergoeding vir slagoffers aanbeveel het. Regter Dumisa Ntsebeza, ʼn voormalige
WVK-kommissaris, het gesê die regering ignoreer internasionale presedente (voorbeelde)
wat voorsiening maak dat geld aan byvoorbeeld slagoffers van die Holocaust betaal moet
word. “Ons het miljarde (rande) vir korvette (gewapende vlootskepe) en bewapening
(wapens). Ons moet miljarde hê vir die slagoffers,” het hy gesê, met verwysing na die
regering se onlangse besluit om militêre toerusting ter waarde van R30 miljard te koop
($4 miljard).
Die kommissie het in 1998, ná drie jaar se aanhoor van slagoffers se getuienis van lyding,
aanbeveel dat 17 000 mense elk tussen R17 000 en R22 000 per jaar betaal word vir ses
jaar as herstel. Van hierdie geld is beskikbaar, maar president Thabo Mbeki se regering
het die afgelope maande die regverdigheid daarvan om geld aan individue vir lyding te
betaal bevraagteken en gesê dat aktiviste nie vir geld teen apartheid gestry het nie. Dit
het ʼn bitter reaksie van WVK-amptenare en slagoffers ontlok.
Voormalige aktivis Riefaat Hattas het aan sowat 100 konferensie-afgevaardigdes, meestal
akademici en menseregte-aktiviste, gesê: “Ons het nie vir geld geveg nie, maar geld kan
iets betekenisvol in my lewe wees. Ek is gemartel, ek het nagmerries, ek kan vir berading
betaal,” het hy gesê. Hattas is een van sowat 3 000 slagoffers wat dringende tussentydse
skadevergoeding van ʼn paar duisend rand elk betaal is.
[Uit https://www.news 24.com/govt-slammed-for-not-paying-apartheid-victims-20001004. Toegang op 24
Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Hierdie spotprent deur Zapiro wys die regering se houding teenoor die slagoffers in terme
van vergoeding.
*Zapiro – ʼn Welbekende Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar
[Vertaal uit https://www.iol.co.za/news/politics/apartheid-victims-angry- about-reparation-wait-.
Toegang op 22 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES (MNK) OP
DIE GLOBALE MARK GEHAD?
BRON 3A
Hierdie uittreksel fokus op die invloed van globalisering op die globale mark.
Ons kommunikeer en deel mekaar se kulture deur reis en handel, vervoer goedere regoor
die wêreld binne ure en dae. Ons is in ʼn enorme globale ekonomie waar iets wat in een
area (gebied) gebeur ʼn uitkring-effek wêreldwyd het. Hierdie proses word globalisering
genoem.
Globalisering het veroorsaak dat die wêreld meer ineengeskakel word as ʼn gevolg van
massiewe styging in handel en kulturele uitruiling. Globalisering het die produksie van
goedere en dienste verhoog. Die grootste maatskappye (besighede) is nie langer
nasionale firmas nie maar multi-nasionale korporasies met filiale (takke van maatskappye)
in baie lande. Globalisering vind plaas vir honderde jare, maar dit het geweldig versnel
oor die laaste helfte van die eeu.
Globalisering het uitgeloop op verhoogde internasionale handel in maatskappye wat in
meer as een land opereer (werksaam is) met groter afhanklikheid van die globale
ekonomie, vrye beweging van kapitaal (geld), goedere en dienste. Voorbeelde van multi-
nasionale korporasies is McDonalds, Starbucks en Nike.
Alhoewel globalisering moontlik help om meer rykdom in ontwikkelde lande te skep help
dit nie om die gaping te verklein tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykste
nie.
[Aangepas en vertaal uit http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation.
Toegang op 1 Februarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
BRON 3B
Die bron hieronder deur N. Harris, ʼn Amerikaanse prokureur en politikus, beskryf die mag
wat Multi-Nasionale Organisasies op lande regoor die wêreld het.
Alle state vind dit moeilik om ʼn organisasie te beheer wat vele takke het en wat buite hul
grense geleë is en wat nie aan hul wette onderhewig is nie. As die multi-nasionaal ʼn
belangrike belegger en werkgewer is, bestaan die moontlikheid dat hy sy werksaamhede
sal onttrek en na ʼn ander land verskuif, wat ʼn bron van kommer vir enige regering is. Dis
om hierdie rede dat sommige regerings die belasting op multi-nasionale se winste sal
verlaag en arbeidswette verslap sodat dit makliker vir die multi-nasionale sal wees om hul
werksmag te beheer. ʼn Ander manier om die situasie te interpreteer is om die Westerse
regerings en die multinasionale as bondgenote te sien wat dieselfde doelwit in die
globalisasieprojek nastreef.
Ten spyte van hul veronderstelde gebrek aan nasionaliteit is die meeste multi-nasionale
se hoofkwartiere geleë in die magtige ekonomiese lande (veral die VSA, Duitsland en
Japan). Nog ʼn beweerde gevolg van globalisasie is dat state beheer oor die toekoms van
hul eie state verloor. Kapitaal, goedere, dienste en tegnologie vloei nou onbeheerd en in
groot hoeveelhede oor grense, lokaliseer en verskuif na verskillende dele van die wêreld.
Dit verminder ʼn staat se beheer oor ekonomiese aktiwiteite binne sy grense en stel hom
nie in staat om die waarde sy geldeenheid te bepaal nie.
[Vertaal uit Globalisation:Ethical Debates deur N. Harris.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
BRON 3C
Hierdie spotprent vertoon die toestande waaronder werkers goedere het vir multi-
nasionale maatskappye soos Nike geproduseer het.
[Uit www.google.co.za/search?q=cartoons +on+protest +against+globalisation&sa. Toegang op 1
Februarie 2023 verkry.]
DOEN DIT NET!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13
BRON 3D
Die volgende uittreksel hieronder skets hoe burgerlike samelewing geprotesteer het teen
die Multi-Nasionale maatskappy, ‘Nike’ in 1998, in verskillende lande regoor die wêreld.
Nike, ʼn toonaangewende vervaardiger van sportdrag, is een van die sakewêreld se blink
voorbeelde van hoe om ʼn beeld skoon te maak. Terwyl hulle broodnodige buitelandse
beleggings na ontwikkelende lande bring, stel hierdie maatskappye dikwels winste voor die
regte van werkers of die lande waarin hulle geleë is. In die 1990’s is die maatskappy
geteister (gekwel) deur berigte dat dit hongerloon-werkplekke (oorvol werkplek) en
kinderarbeid gebruik het. Druk het gegroei tot 1998, toe Nike-medestigter Phil Knight in die
openbaar daartoe verbind het om die maatskappy se praktyke te verander en Nike het die
volgende dekade daaraan bestee.
Nou, dreig Nike se hongerloon-fabrieke probleem ʼn terugkeer. Op 29 Julie, het studente
en aktiviste regoor die wêreld deelgeneem aan ʼn eendag-protes teen Nike, georganiseer
deur Verenigde Studente teen Hongerloon-werkplekke (USAS).
Die demonstrasies, in stede soos Boston, Washington D.C., Bangalore, en San Pedro Sula
in Honduras, het stygende aantygings (beskuldigings) wat stadig opgeborrel het teen Nike
verteenwoordig.
Onder hierdie is aantygings (beskuldigings) dat werkers by ʼn Nike kontrak-fabriek in
Hansae Vietnam, gelei het onder loondiefstal en verbale mishandeling, en werk vir ure in
temperature wel oor die wettige limiet van 90 grade, oor die wettige limiet/perk van
90 grade, tot die punt dat hulle voor hul naaimasjiene ineenstort. Nike word ook beskuldig
van werksbesnoeiing by die Hansae-fabriek en produksie geneem het van ʼn fabriek in
Honduras met ʼn sterk vakbond verteenwoordiging, wat veroorsaak het dat honderde
werkers noodsaaklike werke verloor het. Die maatskappy het na bewering toegang geweier
vir die onafhanklike moniteringsgroep Worker Rights Consortium (WRC) om sy
kontrakfabrieke te ondersoek.
[Uit https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-ant-sweatshop-protests. Toegang op 1 Februarie
2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2023)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Harris, N. 2007.Globalisation:Ethical Debates, (Wayland Publishers)
https;//qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-ant-sweatshop-protests
http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation
https://omalley .nelsonmandela.org>index. php> site.
https://www.iol.co.za/news/politics/apartheid-victims-angry- about-reparation-wait-
https://mediadon.co.za>formationof COSATU
https://www.news 24.com/govt-slammed-for-not-paying-apartheid-victims-20001004
https:www.justice.gov.za/trc/special/children/hattas/htm.
saha.org.za/workers/cosatu -_unite _-_and -_figh-for -_a- living_-wage.htm
sahistory.org.za/article/congress-south Africa-trade-unions-cosatu
Shaw, S. 2001. South Africa’s Transition to Democracy: An African Success Story
(Design Press)
www.google.co.za/search?q=cartoons +on+protest +against+globalisation&sa.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper