Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220239 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 5 DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet ’n opstelvraag wees. 4.2 Die ander vraag (DERDE) kan óf ʼn opstelvraag óf brongebaseerde vraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE WERKERSUNIES (COSATU) DIE APARTHEIDSREGERING GEDURENDE DIE 1980’s TEENGESTAAN? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer die term vakbond in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Waarom dink jy het wettiging van vakbonde nie die gewenste uitwerking gehad wat PW Botha verwag het nie? (1 x 2) (2) 1.1.3 Noem enige DRIE progressiewe vakbondorganisasies uit die bron wat voor die stigting van COSATU bestaan het. (3 x 1) (3) 1.1.4 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die woorde: “Die 1980’s sal in die geskiedenis as die waterskeiding (keerpunt) in ons momentele (grootse) stryd teen apartheid opgeteken word”. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Identifiseer enige TWEE vorme van protes wat deur COSATU gebruik was om met die ‘rollende massa-aksie’ voort te gaan. (2 x 1) (2) 1.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat mense van alle vlakke van die samelewing die wegbly-aksie van 1 Mei 1986 ondersteun het. (1 x 2) (2) 1.2.3 Lewer kommentaar op hoekom jy dink COSATU die ‘Leefbare Loon Veldtog’ geloods het. (2 x 2) (4) 1.2.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die weerstand teen apartheid deur COSATU in die 1980’s bestudeer. (2 x 2) (4) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Watter boodskappe word in hierdie plakkaat oor die stryd vir werkersregte in Suid-Afrika uitgebeeld? (2 x 2) (4) 1.3.2 Noem enige DRIE eise, genoem in die plakkaat, wat COSATU tydens die ‘Lewende Loon’-veldtog gestel het. (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.4 Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C ondersteun rakende die rol wat COSATU in die 1980’s gespeel het. (2 x 2) (4) 1.5 Lees Bron 1D. 1.5.1 Hoe, volgens die bron, het die staat die vakbondlede hanteer? (2 x 1) (2) 1.5.2 Waarom dink jy het die regering so hardhandig teenoor COSATU en sy bondgenote opgetree? (2 x 2) (4) 1.5.3 Verduidelik die begrip noodtoestand in die konteks van die onderdrukkende maatreëls wat deur die apartheidsregering geneem is. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy verduidelik hoe COSATU die apartheidsregering gedurende die 1980’s teengestaan het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS- KOMMISSIE (WVK) OM VERSOENING EN GENESING VIR SUID- AFRIKANERS TE BRING? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Wat, volgens die bron, was die groot taak wat die ANC ná die 1994-verkiesing gehad het? (1 x 2) (2) 2.1.2 Lewer kommentaar op wat Mandela met die volgende stelling geïmpliseer het: “Dat daar geen boosheid/kwaad was wat so deur die wêreld veroordeel is as apartheid nie”. (2 x 2) (4) 2.1.3 Waarom dink jy het die ANC op ʼn beleid van “vergewe sonder om te vergeet”, besluit? (2 x 2) (4) 2.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat die doelwitte van die WVK verduidelik. (2 x 1) (2) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Hoekom dink jy wou Riefaat Hattas oor die vergete kamerade getuig? (1 x 2) (2) 2.2.2 Definieer die term ondervraging in die konteks van die WVK- verhore. (1 x 2) (2) 2.2.3 Waarom, volgens die bron, het Riefaat die traumasentrum bygewoon? (2 x 1) (2) 2.2.4 Wat, volgens die bron, was die daaglikse stryd van studente? (2 x 1) (2) 2.2.5 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die WVK-verhore bestudeer. (2 x 2) (4) 2.3 Verwys na Bron 2C. 2.3.1 Waarom, volgens die bron, was die Suid-Afrikaanse regering aangeval? (2 x 1) (2) 2.3.2 Definieer die term skadevergoeding in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.3.3 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat President Thabo Mbeki huiwerig was dat die regering skadevergoeding aan individue betaal. (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde: ‘Ons het nie vir geld geveg nie, maar geld kan iets betekenisvol in my lewe doen’, in die konteks van vergoeding. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.4 Lees Bron 2D. 2.4.1 Watter boodskap word in die spotprent oor skadevergoeding uitgebeeld? (2 x 2) (4) 2.4.2 Verduidelik wat deur die woorde geïmpliseer word: “ONS IS ONBEPAALD GESLUIT. JY SAL BY DIE VOLGENDE VENSTER BEDIEN WORD”, in die konteks van vergoeding. (1 x 2) (2) 2.5 Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2C aangaande die proses van skadevergoeding aan slagoffers van menseregteskending deur die regering, ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy verduidelik hoe suksesvol die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) was om versoening en genesing aan Suid-Afrikaners te bring. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES (MNK) OP DIE GLOBALE MARK GEHAD? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Hoe, volgens die bron, kommunikeer en deel ons mekaar se kulture? (2 x 1) (2) 3.1.2 Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe globalisering tot kulturele uitruiling tussen lande bygedra het. (1 x 2) (2) 3.1.4 Lewer kommentaar oor waarom globalisering nie die ekonomiese gaping tussen die ryk en die arm lande verminder het nie. (1 x 2) (2) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Waarom, volgens die bron, was dit moeilik vir state om Multi- Nasionale Korporasies in terme van globalisering te beheer? (2 x 1) (2) 3.2.2 Definieer die term Multi-Nasionale Korporasies in die konteks van globalisering. (1 x 2) (2) 3.2.3 Lewer kommentaar oor waarom baie regerings die moontlikheid gevrees het dat MNC’s uit hul lande sou onttrek. (2 x 2) (4) 3.2.4 Noem enige TWEE lande uit die bron waar MNC’s se hoofkwartiere geleë is. (2 x 1) (2) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat hierdie spotprent oordra aangaande toestande van werkers wat in Multi-Nasionale Korporasies werk. (2 x 2) (4) 3.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat werkers geen sê in die werkplek gehad het nie. (1 x 2) (2) 3.3.3 Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron vir ʼn historikus wat die toestande van werkers by Multi-Nasionale Korporasies, bestudeer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 3.4 Lees Bron 3D. 3.4.1 Wat, volgens die bron, vervaardig Nike? (1 x 2) (2) 3.4.2 Waarom dink jy het die Nike-vervaardigers hongerloonfabrieke en kinderarbeid gebruik om hul produkte te vervaardig? (2 x 2) (4) 3.4.3 Noem enige TWEE bewerings wat werkers in Viëtnam oor die Nike-fabriek gemaak het. (2 x 1) (2) 3.4.4 Verduidelik waarom, dink jy, Nike nie toegelaat het dat die Workers’ Rights Consortium (WRC) sy kontrakfabrieke inspekteer nie. (1 x 2) (2) 3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting in Bron 3D aangaande die behandeling van werkers deur Nike ondersteun. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak wat Multi-Nasionale Korporasies op die globale mark gehad het, verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V2 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s Verduidelik tot watter mate die filosofie van Swart Bewussyn-studente, gemeenskappe en werkers beïnvloed het om die apartheidstaat in Suid-Afrika in die 1960’s en 1970’s uit te daag. Motiveer jou lyn van argument deur relevante bewyse te gebruik. [50] VRAAG 5: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE Dit was slegs deur toewyding en kompromie deur verskillende rolspelers wat die voortslepende geweld in Suid-Afrika beëindig het en die weg vir ʼn nuwe demokratiese Suid-Afrika in 1994 gebaan het. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou argument deur van relevante bewyse gebruik te maak. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Bespreek krities hoe die hervormings van Gorbatsjof tot die ineenstorting van kommunisme gelei het en vanaf 1989 verandering in die politieke landskap in Suid- Afrika teweeggebring het. Bespreek die stelling krities. Motiveer jou lyn van argument deur relevante bewyse te gebruik. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all