NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 376.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paperQuestion paper · SesothoAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrQuestion paperQuestion paper · SesothoAddendum · EngAddendum · AfrAddendumAddendum · SesothoMemo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.
ARTIKEL A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VAN
DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING
ARTIKEL B: OPSTEL VRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE -
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGS WAT KONGO NA
ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG STAAR
VRAAG 6: PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF
DIE 1950’S TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord, kan gevind word in die ADDENDUM.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. Wanneer jy die vrae beantwoord, moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.
7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE MUUR BYGEDRA TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE (USSR)?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die bron, het mense die Duitse Demokratiese
Republiek verlaat? (2 x 1) (2)
1.1.2 Noem die DRIE lande uit die bron wat die westelike sektor van Berlyn
beheer het. (3 x 1) (3)
1.1.3 Definieer die konsep kommuniste in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.4 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde: “Die DDR het dus
teen 1961 nie meer ‘territoriale’ opsies gehad om die breindrein te stop
nie’, in die konteks van die Berlynse krisis. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Haal DRIE bewysstukke uit die bron aan wat daarop dui dat President
Kennedy bereid was om die Berlynse Muur krisis met geweld teen te
staan. (3 x 1) (3)
1.2.2 Waarom dink jy was die VSA nie bereid was om Wes-Berlyn te verlaat
nie? (2 x 2) (4)
1.2.3 Lewer kommentaar op die stelling: ‘Clay se teenwoordigheid het
gehelp om die moraal te herstel en Wes-Berlyners gerus te stel dat
hulle nie oorgegee (verlate) is nie. (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik die konsep blokkade in die konteks van Koue Oorlog
spanning tussen die VSA en die USSR. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Noem TWEE gevolge wat die bou van die Berlynse Muur in Berlyn
veroorsaak het, soos in die bron genoem. (2 x 1) (2)
1.3.2 Waarom, volgens die bron, het die Sowjetunie en die Amerikaanse
tenks mekaar by die grens-oorgang van Friedrichstrasse
gekonfronteer? (1 x 2) (2)
1.3.3 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: “Vir sestien
uur het die twee kern moondhede mekaar op ʼn afstand van net ʼn
paar meter gekonfronteer”? (1 x 2) (2)
1.3.4 Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling: “Khruschev het
die vier-mag status van die hele Berlyn bevestig, ten minste vir
nou”? (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Waarom dink jy was hierdie foto gepubliseer? (2 x 2) (4)
1.4.2 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die gevolge van die bou van die Berlynse Muur navors. (2 x 2) (4)
1.5 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun
met betrekking tot die gevolge van die bou van die Berlynse Muur. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Berlynse Muur bygedra het tot Koue Oorlog spanning
tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WAT WAS DIE REDES VIR SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN
DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975?
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Definieer die konsep burgeroorlog in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.2 Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die Suid-Afrikaanse
militêre invalle in Angolese gebied? (2 x 1) (2)
2.1.3 Noem die TWEE lande uit die bron wat UNITA in ʼn sterk mag omskep
het wat die MPLA-regering kon omverwerp. (2 x 1) (2)
2.1.4 Lys die TWEE lande volgens die bron wat die MPLA in staat gestel
het om Angola te regeer. (2 x 1) (2)
2.1.5 Waarom dink jy was die Suid-Afrikaanse regering daarteen gekant dat
die MPLA Angola regeer? (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Gee TWEE redes uit die bron waarom Kubaanse troepe na Angola
gekom het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: ‘Die Kubane
was die welpies van die luiperd’, in die konteks van buitelandse
betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975? (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar op die redes waarom die VSA Suid-Afrika se
ingryping in Angola ondersteun het. (1 x 2) (2)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Definieer die konsep onafhanklikheid in die konteks van die
bevrydingstryd van Angola. (1 x 2) (2)
2.3.2 Noem die TWEE doelwitte van die Suid-Afrikaanse Weermag se
operasies in Angola. (2 x 1) (2)
2.3.3 Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se doelwitte nadat hulle misluk
het om te verhoed dat die MPLA in Angola aan bewind kom? (1 x 2) (2)
2.3.4 Lewer kommentaar op die stelling: “Die Suid-Afrikaanse regering was
vasbeslote om SWAPO se militêre kapasiteit te verswak of lam te lê
ter voorbereiding vir die tyd wanneer SWAPO die verkiesingsbelange
in Suidwes-Afrika sou betree.” (1 x 2) (2)
2.3.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom die Suid Afrikaanse kabinet nie Operasie
Savannah in 1975 goedgekeur het nie. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskap dra die bron oor met betrekking tot die verhouding
tussen die SADF en UNITA tydens die Angolese burgeroorlog?
(1 x 2) (2)
2.4.2 Waarom dink jy het die Suid Afrikaanse troepe militêre opleiding,
advies en logistieke bystand aan UNITA gegee? (1 x 2) (2)
2.4.3 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir geskiedkundiges wat
die redes vir Suid Afrika se betrokkenheid by die Angolese
Burgeroorlog van 1975 navors. (2 x 2) (4)
2.5 Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2A ondersteun
met betrekking tot die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Angolese
Burgeroorlog van 1975. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes
vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975
verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: HOE HET DIE OPTOG NA WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963
TOT DIE BEËINDIGING VAN DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE TEEN
SWART AMERIKANERS IN DIE VSA IN DIE 1960’s BYGEDRA?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep burgerregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Watter DRIE gebeurtenisse het, volgens die bron, die weg gebaan vir
die grootste burgerregte optog van alle tye? (3 x 1) (3)
3.1.3 Lys enige TWEE name van die Groot Ses burgerregte-organisasies
wat die optog na Washington beplan het. (2 x 1) (2)
3.1.4 Wat stel Kennedy voor oor die houding van sommige senatore wat die
optog na Washington as ʼn moontlike verskoning kon gebruik het om teen
die konsep Burgerregte Wet van 1963 te stem? (1 x 2) (2)
3.2 Lees Bron 3B.
3.2.1 Hoeveel mense het die optog na Washington op 28 Augustus 1963
bygewoon? (1 x 1) (1)
3.2.2 Noem VIER areas uit die bron wat die Kennedy-administrasie op
gefokus het om deur die kongres deur te voer. (4 x 1) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar tot watter mate Philip Randolph se idee oor
grootskaalse optogte om segregasie en diskriminasie in die VSA teen
te staan, suksesvol was. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik die konsep segregasie in die konteks van die
Burgerregtebeweging. (1 x 2) (2)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf oor die optog na
Washington op 28 Augustus 1963 wil oordra. (2 x 2) (4)
3.3.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir
geskiedkundiges wat die Optog na Washington op 28 Augustus 1963
navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2023)
3.4 Bestudeer Bron 3D.
3.4.1 Waarom, volgens die bron, was die Neger, na 100 jaar, steeds nie
vry nie? (2 x 1) (2)
3.4.2 Verduidelik wat Martin Luther King Jnr. bedoel het toe hy verklaar
het dat ‘Amerika die Neger volk ʼn slegte tjek gegee het, ʼn tjek wat
teruggekom het as onvoldoende fondse' binne die konteks van die
Burgerregtebeweging. (2 x 2) (4)
3.4.3 Lewer kommentaar op Martin Luther King se verklaring: ‘Daar sal
geen rus of vrede in Amerika wees indien die Neger nie sy
burgerregte verkry nie.’ (1 x 2) (2)
3.4.4 Waarom dink jy word Martin Luther King se, ‘Ek het ʼn droom
toespraak’ as ikonies beskou. (2 x 2) (4)
3.5 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3D die
inligting in Bron 3C met betrekking tot die Optog na Washington in 1963
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die optog na Washington op 28 Augustus 1963 tot die
beëindiging van diskriminasie en segregasie teen swart Amerikaners in die
VSA in die 1960’s bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Verduidelik tot watter mate die Verenigde State van Amerika suksesvol was om die
verspreiding van kommunisme in te perk (verhoed) in die Viëtnam -oorlog van 1955–
1975.
Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Bespreek krities hoe die Kongo hul politieke en ekonomiese uitdagings aangespreek
het na die verkryging van onafhanklikheid vanaf België in die 1960s.
Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 6: PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF
DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING
Die militante en konfronterende benadering van die Swartmagbeweging was effektief
om diskriminasie teen Swart Amerikaners in die 1960’s te beëindig.
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum