Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201210 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat gebaseer is op die voorgeskrewe inhoud soos bevat in die nasionale riglyn dokument: VRAAG 1: WAT WAS DIE UITWERKING VAN DIE KOUE OORLOG IN DIE VORMING VAN DIE WÊRELD SOOS DIT IN DIE 1960s DAAR UITGESIEN HET? USSR/VSA – Hoe is ander streke by die Koue Oorlog betrek? Fokus op Kuba VRAAG 2: HOE HET UHURU „N WERKLIKHEID IN AFRIKA GEWORD TUSSEN DIE JARE 1960s EN 1970s? Gevalle studie: Tanzanië VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VOORGEKOM TUSSEN DIE JARE 1960s EN 1990? Fokus 1960s: Die Burgerregtebeweging in die V.S.A. VRAAG 4: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VOORGEKOM TUSSEN DIE JARE 1960s EN 1990 Fokus 1970s: Die Swart Bewussynsbeweging in Suid-Afrika 2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte geallokeer is aan bron- gebaseerde vrae en 30 punte vir die uitgebreide skryfwerk vraag. 3. Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. 4. Kandidate moet hul kennis, vaardighede en insig gebruik wanneer hulle die vrae beantwoord. 5. Die oorskryf van bronne sal tot kandidate se nadeel strek. 6. Vrae moet beantwoord word deur na die addendum te verwys. 7. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 3 VRAAG 1: WAS DIE V.S.A. DIE OORSAAK VAN DIE KUBAANSE MISSIEL KRISIS? Bestudeer Bronne 1A, 1B, en 1C om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die begrip „kapitalisme‟ te verduidelik. (1 x 2) (2) 1.1.2 Watter land het volgens die bron, Kuba uitgebuit? (1 x 1) (1) 1.1.3 Waarom, volgens die bron, was Castro teen kapitalisme gekant? (3 x 1) (3) 1.1.4 Wat het Castro bedoel toe hy gesê het: “... dat die dominante klasse verwyder kan word met wettige wyse wat nie en nooit sal bestaan nie.” (1 x 2) (2) 1.1.5 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir historici wat die aard van die Koue Oorlog in Kuba bestudeer. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Watter bewyse is daar in die bron wat daarop dui dat Amerika die oorhand oor Rusland gehad het in die bewapeningswedloop? Verwys na TWEE visuele leidrade in die bron om die vraag te beantwoord. (2 x 2) (4) 1.2.2 Verduidelik hoe Khrushchev op die Amerikaanse kern bedreiging gereageer het? Gebruik ʼn visuele leidraad om die vraag te beantwoord. (1 x 2) (2) 1.2.3 Op watter maniere is die spotprenttekenaar bevooroordeeld teenoor Rusland? (2 x 2) (4) 1.2.4 Waarom dink jy, lyk Kennedy so ontsteld, ten spyte daarvan dat hy die oorhand in die kernwapen wedloop het? (2 x 2) (4) 1.2.5 Gebruik die bron en jou eie kennis, om te verduidelik hoe die VSA moontlik kon reageer het op die missiele wat in Kuba geïnstalleer was. (3 x 2) (6) 1.3 Verwys na Bron 1C. 1.3.1 Deur te verwys na TWEE visuele leidrade in die foto, verduidelik waarom die mense geprotesteer het. (2 x 1) (2) 1.3.2 Wat word bedoel met die volgende, “Vrede of vernietiging”? (1 x 2) (2) 1.3.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Kubaanse missiel krisis opgelos was. (3 x 1) (3)
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2012) 1.4 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die kernwapen wedloop bygedra het tot die Kubaanse missiel krisis. (6) 1.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye in lengte wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.5.1 OF 1.5.2. 1.5.1 Beskryf waarom en hoe die V.S.A. betrokke geraak in die Kubaanse missiel krisis en wys hoe dit opgelos was. (30) OF 1.5.2 “Vrede of vernietiging” Is dit ʼn billike evaluering van die gevare van ʼn kernoorlog? Staaf jou antwoord. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAS AFRIKA SOSIALISME DIE OPLOSSING VIR TANZANIË SE POST KOLONIALE PROBLEME? Bestudeer Bronne 2A, 2B 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Wanneer, volgens die bron, het Tanzanië homself van koloniale heerskappy bevry? (1 x 1) (1) 2.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende konsepte te verduidelik: (a) Nasionalisering (b) Sosialisme (2 x 2) (4) 2.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom kapitalisme as sinoniem met kolonialisme en verdrukking beskou word. (2 x 2) (4) 2.1.4 Watter bewyse is daar in die bron wat daarop dui dat Tanzanië nog steeds gely het as gevolg van die nalatenskap van kolonialisme? (2 x 2) (4) 2.1.5 Verduidelik waarom Nyerere se siening dat “Afrika moet wegbreek van neo-kolonialisme en selfstandigheid nastreef”, geregverdig kan word? (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Hoe kan ʼn geskiedenis-onderwyser hierdie bron gebruik om die doelwitte van die Ujamaa beleid te verduidelik? Gebruik TWEE visuele leidrade om jou antwoord te staaf. (2 x 2) (4) 2.2.2 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir die geskiedenis studente wat die impak van Ujamaa op gewone Tanzaniërs bestudeer. (2 x 2) (4) 2.2.3 Watter impak het Nyerere gehoop om te bereik deur die publikasie van hierdie foto? (1 x 2) (2) 2.2.4 Evalueer die betroubaarheid van hierdie bron vir die geskiedenis studente wat die Ujamaa-beleid navors. (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die bron met betrekking tot die publieke mening van die Ujamaa-beleid? (1 x 2) (2) 2.3.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat jou antwoord in VRAAG 2.3.1 ondersteun. (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2012) 2.3.3 Hoe kontrasteer Bron 2C vir Bron 2B met betrekking tot die beleid van Ujamaa? (1 x 2) (2) 2.4 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik waarom Ujamaa gesien kan word as ʼn reaksie teen kolonialisme. (6) 2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye in lengte wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.5.1 OF VRAAG 2.5.2. 2.5.1 “Beide die kapitalisme en sosialisme het misluk om ontwikkeling in Tanzanië mee te bring.” Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord. (30) OF 2.5.2 Verduidelik waarom die implementering van Ujamaa ʼn ramp was vir Tanzanië onder Nyerere se bewind. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: HOE HET HOFSAKE DIE PLATVORM GELÊ VIR DIE VERDERE SUKSSESSE VAN DIE BURGERREGTBEWEGING IN DIE 1960s? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Bestudeer Bron 3A. 3.1.1 Waarom, volgens die bron was dit nodig vir Faubus om soldate by die Little Rock Hoërskool te plaas ? (1 x 1) (1) 3.1.2 Waarom het Little Rock Hoërskool so baie publisiteit ontvang? (1 x 2) (2) 3.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom dit nodig was vir die president om troepe te stuur om die studente in die skool te begelei. (2 x 2) (4) 3.1.4 Na watter studente word hier verwys? (1 x 1) (1) 3.1.5 “Die president het 1 100 troepe na Little Rock gestuur om die studente in die skool te begelei.” Wat sê dit vir jou met betrekking tot rasseverhoudings in Amerikaanse skole in 1957? (2 x 2) (4) 3.1.6 Het die Amerikaanse federale regering Faubus se hantering van die situasie ondersteun? Haal bewyse uit die bron om jou antwoord te ondersteun. (1 x 3) (3) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Hoe ondersteun Bron 3A vir Bron 3B met betrekking tot die lot van die nege swart studente? (1 x 2) (2) 3.2.2 Hoe weerspreek Bron 3B Faubus se stelling dat hy, “geweld en wanorde” verhoed het? (2 x 2) (4) 3.3 Verwys na Bron 3C. 3.3.1 Wat kan jy leer uit die bron ten opsigte van die aard van die Burgerregtebeweging? (1 x 2) (2) 3.3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die Burgerregtebeweging die busboikotte begin het. (2 x 2) (4) 3.3.3 Hoe ondersteun Bron 3C vir Bron 3B ten opsigte van die rassistiese wit reaksie teenoor integrasie? (1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2012) 3.4 Raadpleeg Bron 3D. 3.4.1 Deur te verwys na TWEE visuele leidrade in die spotprent, verduidelik waarom die busboikotte 'n sukses was. (2 x 1) (2) 3.4.2 Hoe lank het hierdie boikot aangehou? Gebruik bewyse uit die bron om jou vraag te beantwoord. (1 x 2) (2) 3.4.3 Waarom word Martin Luther King uitgebeeld as die vernaamste persoon in die spotprent? (1 x 2) (2) 3.4.4 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir historici wat die rol van Martin Luther King tydens die busboikotte bestudeer. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis, skryf 'n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoekom sosiale integrasie in Amerika, deur die federale troepe afgedwing was. (6) 3.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye in lengte wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.6.1 OF 3.6.2. 3.6.1 “Die Montgomery busboikot was die hoofrede vir die vooruitgang van die burgerregte vir swart Amerikaners in die jare 1956 – 1964.” Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord. (30) OF 3.6.2 Verduidelik hoe hofsake tot die verdere suksesse van die Burgerregtebeweging in Amerika bygedra het gedurende die jare 1956 tot 1964. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 9 VRAAG 4: WAAROM WAS STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNS BEWEGING BETEKENISVOL IN SUID-AFRIKA SE VRYHEIDSTRYD? Bestudeer Bronne 4A, 4B en 4C om die vrae te beantwoord. 4.1 Bestudeer Bron 4A. 4.1.1 Wie was Steve Bantu Biko? (1 x 2) (2) 4.1.2 Hoe, volgens die bron, het die Nasionale Party opgetree teenoor diegene wat teen Apartheid gekant was? (2 x 2) (4) 4.1.3 Definieer die volgende begrippe: (a) Swart Bewussyn (b) Apartheid (2 x 2) (4) 4.1.4 “Steve Biko het internasionale steun verwerf vir sy filosofie.” Haal bewyse uit die bron aan wat hierdie stelling ondersteun. (2 x 2) (4) 4.1.5 Hoe, volgens die bron, is Biko vereer in Suid-Afrika? (3 x 1) (3) 4.2 Verwys na Bron 4B. 4.2.1 “... Veranderinge wat kom, kan net kom as gevolg van 'n program wat uitgewerk is deur swart mense.” Verduidelik waarom hierdie stelling deur swartes geregverdig was. (2 x 2) (4) 4.2.2 Hoe regverdig Biko die stigting van die Suid-Afrikaanse Studente Organisasie (SASO)? (2 x 2) (4) 4.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom blankes meerderwaardig gevoel het. (2 x 2) (4) 4.3 Verwys na Bron 4C. 4.3.1 Hoe verskil, Bron 4C met Bron 4B met betrekking tot die doelwitte van SASO? (2 x 2) (4) 4.3.2 Evalueer die betroubaarheid van Bron 4C vir historici wat die rol van SASO gedurende die Apartheid-era ondersoek. (2 x 2) (4) 4.3.3 Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom die Apartheids- regering aanvanklik die Swartbewussynsbeweging ondersteun het. (2)
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2012) 4.4 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis skryf 'n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik waarom die Swart Bewussynsbeweging die studente in die swart dorpe beïnvloed het. (6) 4.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye lank te wees.) Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.5.1 OF 4.5.2. 4.5.1 Verduidelik waarom Biko en die Swartbewussynsbeweging ʼn betekenisvolle rol gespeel het in Suid-Afrika se vryheidstryd van1976. (30) OF 4.5.2 “Die dryfkrag van die Swartbewussynsbeweging was om die die gevoelens van minderwaardigheid te oorkom en om swart trots aan te moedig.” Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek deur te verwys na gebeure tot en met 1976. (30) [75] TOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 12 History

View all