Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 
_hlayiso.com_--10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60/v1-7e1798aee978ba1e3c0b/card.webp)




View all





History Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper
Grade 12 History question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 866.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 1: WAS DIE V.S.A. DIE OORSAAK VAN DIE KUBAANSE MISSIEL KRISIS?
BRON 1A
Dit is ʼn uittreksel uit Fidel Castro se Tweede Verklaring van Havana, 4 Februarie
1962.
“Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog, verarm Latyns-Amerikaanse lande
voortdurend. Die waarde van hul per capita inkomste val. Die verskriklike
persentasies van kinder sterftesyfer neem nie af nie, die getal ongeletterdes styg,
mense ly aan ʼn tekort aan werk, grond, voldoende behuising, skole, hospitale,
kommunikasie en ander middele van bestaan.
Waar paaie vir mense gesluit is, waar die onderdrukking van werkers en boere wreed
is, waar die oorheersing van Yankee monopolieë die sterkste is, is die eerste en
belangrikste les om te verstaan dat dit nie reg of regverdig kan om die mense te mislei
met die vae en verbeelde illusie dat die dominante klasse verwyder kan word met
wettige wyse wat nie en nooit sal bestaan nie.”
BRON 1B
Die volgende spotprent is getiteld “Oor die tuinmuur”. Dit is ʼn Britse spotprent
van 17 Oktober 1962. Dit wys Kennedy sit op die linkerkant-en Khrushchev sit
aan die regterkant.
Amerikaanse basisse Turkye Wes-Duitsland
Wenke vir snoeiery Kuba
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM 3
BRON 1C
Vroue protes by die Verenigde Nasies teen die Kubaanse blokkade.
Kennedy wees versigtig Vrede of
Vernietiging
Jou
verantwoordelikheid –
Vrede
Die VN moet
Kubaanse Krisis
hanteer
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 2: WAS AFRIKA SOSIALISME DIE ANTWOORD OP AFRIKA SE POST
KOLONIALE PROBLEME?
BRON 2A
Hierdie bron verduidelik die redes waarom Afrika lande 'n beleid van
selfstandigheid na onafhanklikheid nagestreef het.
Terwyl sommige Afrika-state, veral die voormalige Franse kolonies, verkies het om
nuwe vorme van kolonialisme of neo-kolonialisme na onafhanklikheid te volg, het
andere sosialisme gekies omdat hulle kapitalisme as sinoniem met kolonialisme en
verdrukking beskou het.
Voor 1960, was koloniale houdings ingestel op uitbuiting en om verdeeldheid tussen
etniese groepe te versterk. 1960's het ʼn ander stel politieke- en sosiale waardes
meegebring. Hierdie waardes het ʼn gewilligheid onder die mense van Afrika bevorder
om uit te styg bo hul geërfde sosio-ekonomiese en politieke probleme. Afrika-leiers het
nuwe filosofieë ontwikkel en gepreek. Politieke waardes, soos Afrika-eenheid,
solidariteit, gelykheid, selfstandigheid en Ubuntu het die voertuig geword wat hierdie
nuwe bewussyn gedryf het en wat politieke-, sosiale- en ekonomiese geregtigheid sou
bevorder.
In 1961, toe Tanzanië onafhanklik geword het, kon slegs een in elke ses volwassenes
lees en skryf. Minder as vyf persent van sy mense het in die stede gewoon. Die
meeste Tanzaniërs was kleinboere wat ʼn bestaanslewe in landelike gebiede gely het.
Daar was slegs ʼn paar fabrieke en nywerhede. Die land was beskou as een van die
armste lande in Afrika. Tog, het die eerste president van die onafhanklike Tanzanië,
Julius Nyerere, geglo dat die heropbou van Afrika-state afhang van die gewilligheid van
Afrika-lande om weg te breek van neo-kolonialisme en selfstandigheid na te streef.
BRON 2
Hierdie foto wys hoe mense saamwerk op ʼn Ujamaa kollektiewe plaas.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM 5
BRON 2C
Hierdie bron wys die menings van Tanzaniërs wat hul ondervindinge van Ujamaa
gedeel het tydens onderhoude.
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 3: HOE HET HOFSAKE DIE PLATVORM GELÊ VIR DIE VERDERE
SUKSSESSE VAN DIE BURGERREGTBEWEGING IN DIE 1960s?
BRON 3A
Arkansas se goewerneur Orval Faubus tydens ʼn onderhoud in 1980 oor die
gebeure by Little Rock Hoërskool in 1957.
Ek het ʼn klein mag van die Nasionale Wag aangestel om vrede by die Little Rock skool
te behou. Ek kon nie vir geweld wag nie. Ek het toe dadelik die federale bevel om die
Nasionale Wag te verwyder, uitgevoer. Die volgende dag was daar wanorde en die
president het 1 100 troepe na Little Rock gestuur om die studente in die skool te
begelei. Ek is ten volle oortuig dat my hantering van die situasie gehelp het om geweld
en wanorde te voorkom.
BRON 3B
Amptelike BBC verslag, September 1957, oor die gebeure by Little Rock
Hoërskool.
BRON 3C
ʼn Verklaring deur Martin Luther King namens die Montgomery Improvement
Association, Desember 1956.
Dit is ʼn historiese week omdat segregasie op busse nou ongrondwetlik verklaar is deur
ʼn bevel van die Hooggeregshof. Binne ʼn paar dae sal jy weer geïntegreerde busse ry.
Dit plaas op ons ʼn geweldige verantwoordelikheid om in weerwil van verwagte
onaangenaamheid, 'n kalm en liefdevolle waardigheid te handhaaf soos dit goeie
burgers en lede van ons ras betaam. As daar geweld in woord of in daad is, moet dit
nie ons mense wees wat dit pleeg nie.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM 7
BRON 3D
Vanuit ʼn komiese boek wat wêreldwyd gepubliseer is deur die burgerregte-
beweging in 1956 met die titel, “Die Montgomery Storie”.
Hoe 50 000 negers
‘n nuwe manier
gevind het om
rasse diskriminasie
te beeindig Hoe 50 000 negers
‘n nuwe manier
gevind het om
rasse diskriminasie
te beeindig
Desember 5, 1955 Desember 21, 1956
Loop vir Vryheid Oorwinning vir Geregtigheid
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 4: WAAROM WAS STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING
BETEKENISVOL IN SUID-AFRIKA SE VRYHEIDSTRYD?
BRON 4A
Hierdie is ʼn uittreksel uit ʼn toespraak deur President Nelson Mandela by die
twintigste herdenking van Steve Biko se dood in Oos-Londen op 12 September
1997.
Ons vergader hier om hulde te bring aan een van die grootste seuns van ons nasie,
Stephen Bantu Biko. Sy hoop in die lewe, en sy lewe van hoop, is vasgevang in sy
epiese woorde, "In tyd, sal ons in 'n posisie wees om aan Suid-Afrika sy grootste
moontlike geskenk te gee – 'n meer menslike gesig"
Geskiedenis roep op Steve Biko op 'n tyd wanneer die politieke pols van ons mense
baie sag klop as gevolg van tronkstraf, ballingskap, moord en verbanning.
Onderdrukking het die land skoon gevee van alle sigbare organisasies van die volk.
Van die begin af, het swart bewussyn homself verwoord as ʼn “houding van die gees, ʼn
manier van lewe” ... dit het die vuur onder die leiers en die massas aangeblaas. Die
dryfkrag van swart bewussyn was om trots en eenheid te bewerkstellig onder al die
onderdruktes, om die strategie van verdeel-en-bestuur te vernietig, trots te kweek
onder die massa van ons mense en vertroue in hul vermoë om hulself te bevry van
onderdrukking. Een van die grootste nalatenskap van die stryd wat Biko gevoer het –
en waarvoor hy gesterf het – was die ontploffing van trots onder die slagoffers van
apartheid.
... Dit is dan ʼn gelukkige sameloop van die geskiedenis dat Steve Biko vereer is met ʼn
brons standbeeld, deur Naomi Jacobson. Die finansiële koste van die standbeeld was
gedra deur mense in die kreatiewe veld, insluitende Denzel Washington, Kevin Kline
(Amerikaanse film ikone ) en Richard Attenborough, wat sal onthou word vir die film oor
Biko, "Cry Freedom". Nog ʼn bydraer is Peter Gabriel, wie se liedjie “Biko” gehelp het
om die vlam van anti-apartheid-solidariteit aan die lewe te hou.
Ons is vol vertroue dat deur die vorming van ʼn nuwe en voorspoedige nasie, ons nog
steeds die stryd voortsit waarvoor Steve Biko die hoogste prys betaal het. Ons hoop
dat deur die onthulling van die standbeeld, die hernoeming van die brug en die
verklaring van sy huis in Ginsberg as ʼn nasionale monument, ons ʼn beskeie bydrae
maak tot die immortalisering van sy lewe.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM 9
BRON 4B
Dit is deel van ʼn onderhoud wat ʼn Europese joernalis in die eerste helfte van
1970 met Steve Biko gevoer het. Dit is aangehaal uit: I Write What I Like: A
Selection of His Writings, by Steve Biko.
Toe ek universiteit toe kom [Durban Mediese Kollege, Universiteit van Natal], iewers in
1966, was my analise en die van my vriende dat daar ʼn soort van anomalie
[teenstrydigheid] in die situasie was, waar die blankes in werklikheid die hoof
deelnemers in ons onderdrukking en terselfdertyd die belangrikste deelnemers in die
opposisie teen daardie onderdrukking was. Dit impliseer dus dat Swartes op geen
stadium in hierdie land ʼn bydrae gemaak het in die skuif van ʼn politieke opinie nie. Die
omgewing is heeltemal deur blankes beheer in wat ons noem „totaliteit‟ van blanke mag
op daardie tyd.
So, ons het aangevoer dat enige veranderinge wat kom net kan kom as 'n gevolg van ʼn
program wat uitgewerk is deur swart mense – en om swart mense in staat te stel om ʼn
program uit te werk wat hulle benodig het moes hulle die een belangrikste element in
die politiek wat teen hulle gewerk het, verslaan: 'n sielkundige gevoel van
minderwaardigheid wat doelbewus deur die stelsel ingebou was. So ook moes die
blankes, ten einde om na Swartes te luister, die een probleem wat hulle gehad het,
naamlik „meerderwaardigheid‟ verslaan ... Eerstens het ons as swart studente gesê dat
ons nie in veelrassige organisasies, wat by verre wit organisasies was, bloot as gevolg
van die oorweldigende aantal wit studente aan universiteite in die land, kon deelneem
nie ...
Dus, in 1968 het ons begin met die vorming van wat nou bekend staan SASO – die
Suid-Afrikaanse Studente-Organisasie – wat stewig gegrond was op Swart Bewussyn.
In wese moes dit die posisie van die swart man verhef deur positief te soek na daardie
waardes wat van hom ʼn kenmerkende man in die samelewing gemaak het.
BRON 4C
Die volgende uittreksel is deur Donald Woods 10 Augustus 1971, die redakteur
van die Daily Dispatch, 'n liberale Engelse koerant in Oos-Londen. Woods het sy
sienings verander en het ʼn vurige verdediger van Swart Bewussyn en
vertroueling van Steve Biko geword.
Die opkoms van SASO is een van die betreurenswaardige manifestasies van ʼn
rassistiese beleid op regeringsvlak. Die hoeksteen van apartheid is die Bantoestan-
beleid, waardeur swartmense verplig was om hulself te beskou as afsonderlike mense
– ʼn volk afgesonder – wat slegs op die grondslag van eksklusiwiteit kan strewe na
vooruitgang. Die gevolg is die opkoms van ʼn „slegs swartes‟-mentaliteit onder die
swartes. Die voorstanders van SASO is verkeerd met dit wat hulle doen. Hulle
bevorder apartheid. Hulle bekragtig die idee van rasse-eksklusiwiteit en doen dus die
regering se werk.
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 – ADDENDUM (SEPTEMBER 2012)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was uit die volgende bronne
geneem.
Bartels, J. et al. 2006. Shuters History (Shuter & Shooters Publishers)
Biko l), S. 1978. I Write What I Like (Heinemann)
Bonner, P. et al. 1998. Soweto: A History (Maskew Miller Longman)
Bottaro, J. et al. 2006. Oxford in Search of History Grade 12 (Oxford University Press)
Claire, H. et al. Making History Grade 12
Culpin, C. 2000. South Africa Since 1948 (John Murray)
Frederikse, J. 1987. South Africa: A Different Kind of War (Ravan Press)
Internet Source: http:/country studies;US/3.html
Keller, Bill 2008: Tree Shaker: The Story of Nelson Mandela (Kingfisher Publication)
Pampallis, K. 2000: They fought for freedom: Nelson Mandela (Maskew Miller
Longman)
Sonaba, X. 2007 Focus on History: Looking into the past (Maskew Miller Longman.)
Warden, N. The Making of Modern South Africa: Conquest, Segregation and Apartheid
Saunders: Looking into the Past Grade 12
Wikipedia, 2009, Black consciousness
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)
_hlayiso.com_--10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60/v1-7e1798aee978ba1e3c0b/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Sesotho)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum