Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201210 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *HISTA2* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ʼn addendum van 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos in die riglyndokument, gebaseer is: VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE USSR IN 1989? Op die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE USSR IN 1989 OP AFRIKA? Hervoorstelling van ʼn nasie in die 1990’s Gevallestudie: Angola VRAAG 3: HOE HET SUID-AFRIKA AS ʼn DEMOKRASIE UIT DIE KRISISSE VAN DIE 1990’S NA VORE GETREE? VRAAG 4: HANTERING VAN DIE VERLEDE EN KYK NA DIE TOEKOMS: DIE WERK VAN DIE WAARHEID-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE 2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en 30 punte vir die uitgebreide skryfwerk-vraag toegeken word. 3. Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord. 4. In die beantwoording van vrae behoort kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toe te pas. 5. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 6. Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys. 7. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V2 3 VRAAG 1: HOE HET GORBACHEV SE BESLUIT VERANDERING IN DIE SOWJET-UNIE TEWEEG GEBRING EN OOK DIE SITUASIE IN SUID- AFRIKA BEÏNVLOED? Bestudeer bronne 1A, 1B en 1C en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na bron 1A: 1.1.1 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik die volgende begrippe: (a) Kommunisme (1x2) (2) (b) Staatsgreep (1x2) (2) 1.1.2 Wat, volgens die bron, was die twee hervormings wat Gorbachev geïmplementeer het en wat verandering in die Sowjet-Unie sou veroorsaak? (1x2) (2) 1.1.3 Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik wat die gevolge van Gorbachev se hervorming vir die Sowjet-Unie was. (2x2) (4) 1.1.4 Hoe komplimenteer (ondersteun) die geskrewe bron en die visuele bron mekaar aangaande Gorbachev se hervorming? (2x2) (4) 1.2 Gebruik bron 1B: 1.2.1 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat Botha bedoel het met die woorde: “Ons bevind ons self in ʼn hoek vasgekeer.”. (2x2) (4) 1.2.2 In jou opinie, wat was die uitweg of oplossing vir hul (NP- regering) probleme wat hulle uit die situasie kon red? (1x2) (2) 1.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die gevolg (impak) van die val van kommunisme op Suid-Afrika was. (2x2) (4) 1.2.4 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, identifiseer watter eksterne druk die NP gedwing het om met die ANC te onderhandel. (2x2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2012) 1.3 Raadpleeg bron 1C: 1.3.1 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik wat De Klerk se toespraak van 2 Februarie 1990 vir Suid-Afrika beteken het. (2x2) (4) 1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of De Klerk die gevolge van sy toespraak voorsien het. Motiveer jou antwoord. (1x3) (3) 1.3.3 Vergelyk die visuele bronne 1A en 1C en noem wat die twee in gemeen gehad het. (1x3) (3) 1.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse regering geforseer was om hul apartheidsbeleid te verander. (6) 1.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye lank te wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.5.1 OF 1.5.2. 1.5.1 Verduidelik hoe Gorbachev se besluit nie alleenlik verandering in die Sowjet-Unie teweeg gebring het nie, maar in Suid-Afrika ook. (30) OF 1.5.2 Gebruik die inligting uit die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn opstel oor hoe die val van kommunisme, interne en eksterne druk beide die NP-regering en die ANC gedwing het om te onderhandel. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJET-UNIE BYGEDRA TOT DIE HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990’s? Bestudeer bronne 2A(i) en 2A(ii), 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1 Raadpleeg bron 2A(i) en 2(ii): 2.1.1 Watter boodskap word deur hierdie spotprent uitgebeeld? (1x2) (2) 2.1.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Russe betrokke geraak het in Angola. (2x2) (4) 2.1.3 Gebruik jou eie kennis en verduidelik hoe die Sowjet-Unie se rol na 1989 teenoor Angola verander het. (2x2) (4) 2.1.4 Verduidelik die begrip burgeroorlog in jou eie woorde. (1x2) (2) 2.1.5 Gebruik jou eie kennis en die bron en verduidelik hoe Angola ʼn verlenging van die Koue-oorlog geword het. (1x2) (2) 2.1.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, verduidelik waarom Suid-Afrika gekies het om in Angola betrokke te raak. (2x2) (4) 2.1.7 Watter inligting in die bron dui aan dat Angola ʼn demokratiese regeringstelsel aangeneem het? (2x2) (4) 2.2 Verwys na bron 2B: 2.2.1 Wat, volgens die bron, is die natuurlike hulpbronne wat Angola besit? (3x1) (3) 2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Angola nooit as ʼn ryk nasie ontwikkel het nie. (2x2) (4) 2.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat bedoel word met “selfonderhoudende boerdery”. (1x2) (2)
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2012) 2.3 Bestudeer bron 2C: 2.3.1 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die lewens van gewone burgers in Angola gedurende die Koue-oorlog konflik geaffekteer was. (2x2) (4) 2.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of jy saamstem of nie saamstem met die volgende verklaring nie: “Angola se demokrasie, soos sy onafhanklikheidswording, sewentien jaar gelede, is in bloed gebore.” Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 2.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die belangrikheid van Angola in terme van die Koue-oorlog verduidelik. (6) 2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye lank te wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.5.1 OF 2.5.2. 2.5.1 Verduidelik hoe die ineenstorting van die USSR bygedra het tot die hervoorstelling van Angola in die 1990’s. (30) OF 2.5.2 “Die einde van die Koue-oorlog het positiewe sowel as negatiewe invloed op Angola gehad.” Motiveer jou antwoord deur gebruik te maak van al die bronne en jou eie kennis en meld of jy saamstem of nie saamstem met die stelling. (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: HOE HET DIE PROSES VAN ONDERHANDELING UITEINDELIK GELEI TOT DIE EERSTE DEMOKRATIESE VERKIESING IN 1994? Bestudeer bronne 3A, 3B en 3C om die vrae wat volg te beantwoord. 3.1 Verwys na bron 3A: 3.1.1 Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde: (a) Referendum (1x2) (2) (b) Tussentydse Grondwet (1x2) (2) 3.1.2 Deur die bron te gebruik, verduidelik waarom die Nasionale Party en die IVP kapsie gemaak het teen die ANC se voorstel dat ʼn verkose vergadering die grondwet moes opstel. (1x2) (2) 3.1.3 Verduidelik in jou eie woorde wie of wat Umkhonto we Sizwe was wat teenstrydigheid veroorsaak het. (1x2) (2) 3.1.4 In jou opinie, dink jy Mandela was geregverdig om nie Umkhonto we Sizwe te ontbind nie? Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 3.1.5 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik watter boodskap in die visuele bron uitgebeeld word. (2x2) (4) 3.2 Gebruik bron 3B: 3.2.1 Stem jy saam met De Klerk se verkiesings manifesto “dat dit ʼn nuwe Nasionale Party was. Dit het apartheid beëindig”. Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 3.2.2 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom daar op die vooraand van die eerste demokratiese verkiesing nog steeds geweld plaasgevind het. (2x2) (4) 3.2.3 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verduidelik wat verskillend omtrent die Nasionale Party se verkiesingsveldtog was in vergelyking met vorige verkiesings. (1x2) (2)
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2012) 3.3 Verwys na bron 3C: 3.3.1 Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik wat die lang toue mense in die visuele bron simboliseer omtrent die mense van Suid-Afrika. (2x2) (4) 3.3.2 Verduidelik hoe Jim Sondlana gevoel het nadat hy gestem het. (3x1) (3) 3.3.3 Verduidelik die bruikbaarheid van die visuele bron vir ʼn historikus wat die politieke verandering in Suid-Afrika bestudeer. (1x2) (2) 3.3.4 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom Mandela besluit het om in Kwa-Zulu Natal te stem. (2x2) (4) 3.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) oor hoe die 1994-verkiesing deur Suid-Afrikaners gehanteer is. (6) 3.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye lank te wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.5.1 OF 3.5.2. 3.5.1 Bespreek hoe die proses van onderhandeling uiteindelik tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994 gelei het. (30) OF 3.5.2 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn verslag oor die gebeure wat aanleiding gegee het wat die volgende stelling moontlik gemaak het: “Nelson Mandela, die voormalige tronkvoël, word president van Suid-Afrika.” (30) [75]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) GESKIEDENIS V2 9 VRAAG 4: WATTER ROL HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) GESPEEL OM DIE SIEL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIE TE GENEES? Bestudeer bronne 4A, 4B en 4C en beantwoord die volgende vrae. 4.1 Verwys na bron 4A: 4.1.1 Verduidelik in jou eie woorde die begrip: Rekonsiliasie (1x2) (2) 4.1.2 Waarom, volgens die bron en jou eie kennis, was dit belangrik om rekonsiliasie onder Suid-Afrikaners teweeg te bring? (2x2) (4) 4.1.3 Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, wat was die doelwitte van rekonsiliasie? (2x2) (4) 4.1.4 Stem jy saam met die verduideliking dat herstellende geregtigheid die siel van Suid-Afrikaners sal genees? Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 4.1.5 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat was die verskil tussen vreedsame, herstellende en wraaksugtige geregtigheid? (2x2) (4) 4.2 Gebruik bron 4B: 4.2.1 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom daar nog soveel haat, bitterheid en rassisme na 1994 in Suid-Afrika voorgekom het. (2x2) (4) 4.2.2 Noem EEN van die swart mededingende groepe en sy leier wat die swart woonbuurte van ANC-lede geterroriseer het soos waarna verwys word in die bron. (1x2) (2) 4.2.3 Gebruik jou eie kennis en die verduidelik wat bedoel word met die stelling dat die WVK bygedra het om die “lug te suiwer”. (1x2) (2) 4.2.4 Deur jou eie kennis te gebruik, identifiseer wie die ondier was waarna Aartsbiskop Tutu verwys het. (1x2) (2)
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (SEPTEMBER 2012) 4.3 Raadpleeg bron 4C: 4.3.1 Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik of jy saam met Mxenge se verklaring stem dat die WVK amnestie op hulle af forseer het. Motiveer jou antwoord. (2x2) (4) 4.3.2 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verklaar waarom die WVK oor sy samestelling gekritiseer was. (1x2) (2) 4.3.3 Ten spyte van die kritiek oor die samestelling van die WVK, dink jy die WVK was bevooroordeeld. Motiveer jou antwoord. (1x2) (2) 4.3.4 Deur die bron te gebruik, verduidelik waarom die WVK gekritiseer was. (3x1) (3) 4.4 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) wat aandui dat almal nie gelukkig was met die werksaamhede van die WVK nie en andere wel gevoel het dat dit goeie intensies gehad het. (6) 4.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye lank te wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.5.1 OF 4.5.2. 4.5.1 Bespreek die rol wat die Waarheid-en-Versoeningskommissie gespeel het om die siel van die Suid-Afrikaners te genees. (30) OF 4.5.2 Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn artikel vir ʼn geskiedkundige joernaal oor die volgende onderwerp: “Ten spyte van die samestelling en kritiek het die WVK nog steeds rekonsiliasie onder Suid-Afrikaners teweeg gebring.” (30) [75] TOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 12 History

View all