Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers %20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 340.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 1: HOE HET DIE STIGTING VAN DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF)
’N IMPAK OP DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE 1980’s GEHAD?
BRON 1A
Hierdie bron is ʼn uittreksel uit die toespraak gemaak deur Allan Boesak by die stigting van
die United Democratic Front (UDF) in Mitchellsplein, Kaapstad in 1983.
‘Laat ek julle herinner aan die drie klein woordjies. Die eerste is ‘alles’. Ons soek al ons
regte, nie net ʼn paar leë aalmoese wat die regering dink is goed genoeg om te gee nie …
En ons wil laat al Suid-Afrika se mense moet menseregte geniet, nie net ʼn paar
uitgesoektes nie, nie net Kleurlinge en Indiërs nie.
Die tweede is die woord ‘hier’. Ons soek al ons regte hier in ʼn verenigde, onverdeelde
Suid-Afrika. Ons wil dit nie in verarmde tuislande hê nie, ons wil dit nie in ons aparte
woongebiede hê nie.
Die derde woord is die woord ‘nou’. Ons soek al ons regte, ons soek dit hier en ons soek
dit nou. Ons het te lank gewag. Ons het te lank gesukkel. Ons het te lank gesmeek, gehuil,
gepetisioneer. Ons was vir te lank gevange geneem, verban, doodgemaak. Nou is die tyd!’
[Uit South Africa since 1948 deur C. Cupin]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die bron toon die verskillende organisasies wat by die United Democratic Front (UDF)
geaffilieer was.
[Uit www.ancarchives.co.za. Toegang op 14 Februarie 2022 verkry.]
UDF VERENIG ‒ APARTHEID VERDEEL
VOORWAARTS NA
MAG VIR DIE MENSE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022)
BRON 1C
Die bron hieronder beklemtoon die aktiwiteite wat die United Democratic Front (UDF)
aangepak het om die regering se apartheidsbeleid in die 1980’s uit te daag.
Die United Democratic Front (UDF’s) se teenstand teen apartheid is gemanifesteer (duidelik
gemaak) in ʼn aantal aksies. Kort na sy stigting, het dit ʼn suksesvolle boikot-aksie geloods
teen die verkiesing van die (Kleurling) Huis van Verteenwoordigers en (Indiër) Huis van
Afgevaardigdes. Die UDF was betrokke in die organisering van ʼn aantal verbruikersboikotte
en wegbly-aksies. In 1983 en 1984, het dit die ‘een miljoen handtekeninge’-veldtog geloods,
waar handtekeninge gevra was om hul mening te lug oor teenkanting oor die sogenaamde
Koornhof-wetgewing op swart plaaslike regering, sowel as vir die nuwe konstitusie
(grondwet).
Nietemin, die UDF se grootste uitwerking was op grondvlak waar dit plaaslike strukture
geskep het wat ʼn sleutelrol in die politieke opvoeding en mobilisering van die massas gespeel
het. By sy tweede nasionale kongres, wat in April 1985 gehou was daar besluit om massa
ondersteuning in aktiewe deelname te verander, onder die tema ‘Van Protes na Uitdaging’:
Van Mobilisasie tot Organisasie’. Vier maande later was hierdie tema uitgebrei om ʼn nuwe
slagspreuk in te sluit, ‘Voorwaarts na Mense se Mag’. Die UDF se strategie was om
besluitnemingstrukture wat deur die regering geskep was met ʼn stelsel van ‘mense se mag’
te vervang. Dit was gelykstaande aan die oprigting (instelling) van ‘liberale (nie-rassistiese)
gebiede’ in Suid-Afrika.
Die staat het hierdie bedreiging probeer afskud deur die algemene onrus in die land te
onderdruk, wat ʼn hoogtepunt in 1985 bereik het, deur ʼn reeks noodtoestande af te kondig.
ʼn Groot aantal mense was gearresteer in terme van sekuriteitswetgewing. Die UDF, in die
besonder, was sleg geaffekteer. Verskeie sleutellede in die organisasie was vermoor,
insluitende Matthew Goniwe (UDF-organiseerder in die Oos-Kaap) en Victoria Mxenge
(UDF-tesourier in Natal). Byna die hele leierskapskorps van die UDF was ingeperk (om nie
vryelik rond te kan reis of te beweeg) in die tydperk 1985 tot 1987.
[Uit https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv03188/
06lv03222.htm. Toegang op 22 Januarie 2022 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die uittreksel hieronder fokus op die regering se reaksie in die onderdrukking van die
leierskap van die UDF.
Soos die UDF gegroei het, het die apartheidsregime elke metode tot sy beskikking en elke
wapen in sy arsenaal (plek waar wapens gestoor word) probeer om die verspreiding van
populêre weerstand te stop. By tye was hierdie metodes ‘wettig’, gevolg deur prosedures
neergelê in die wette deur die regering geproklameer (afgekondig). Ander metodes was
dade van oorlog teen die bevolking – dit het sluipmoorde, bomme te plant en terrorisme in
die bitterste sin van die woord ingesluit.
Sommige van die eerste maatreëls wat die staat probeer het om die UDF te onderdruk was
om sy leiers tronk toe te stuur – aanhouding sonder verhoor, en verhoor vir politieke
misdade.
In Augustus 1984, gedurende die UDF se hoogs suksesvolle boikotte van die Driekamer-
parlementverkiesings het die regering 18 van die boikot-leiers gearresteer. In Natal het hulle
die UDF se nasionale president, Archie Gumede (wat 78 jaar oud was) gearresteer; die
UDF se nasionale tesourier Mewa Ramgobin, wat ook publisiteitsekretaresse van die Natal
Indiër Kongres (NIC) was; president van die NIC, George Sewpersadh; NIC vise-president
MJ Naidoo; vakbondleier en NIC lid Billy Nair; algemene sekretaris van die South African
Allied Workers’ Union, Sam Kikine en die nasionale voorsitter van die African People’s
Democratic Union of South Africa, Kadir Hassim.
Op die 13de September 1984, het ses van die leiers wat weggekruip het – Archie Gumede,
Mewa Ramgobin, MJ Naidoo, Billy Nair, George Sewpersadh en Paul David – skuiling gaan
soek in die Britse konsulaat in Durban. Hulle het doelbewus na die Britse konsulaat gegaan
om uit te lig – en teen dit te protesteer – teen die Britse regering se ondersteuning vir die
Botha-regime.
[Uit https://www.saha.org.za/udf/repressing_the_leadership.htm. Toegang op 23 Januarie 2022 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
IN DIE HANTERING VAN MLUNGISI GRIFFITHS MXENGE SE DOOD?
BRON 2A
Die volgende uittreksel fokus op die sluipmoord van die anti-apartheid aktivis en prokureur,
Griffiths Mxenge, op 20 November 1981.
Op 20 November 1981, was Griffiths Mxenge dood in ʼn fietsry-stadium by Umlazi aangetref.
Drie Vlakplaas-operatiewe genaamd, opperbevelvoerder Dirk Coetzee en ‘askaries’
(spioene/uitverkopers) Almond Nofemela en David Tshikilange was aangekla en veroordeel
vir die moord. Coetzee, Nofemela en Tshikilange het om amnestie vir die moord op Mxenge
aansoek gedoen. Nofemela het aan die Kommissie vertel dat die drie mans vir Mxenge
onderskep (gevang) het op pad huis toe vanaf sy werk op die aand van 20 November 1981.
Hulle het hom uit sy motor gesleep en hom na die nabygeleë Umlazi-stadium gevat waar
hulle hom aanhoudend geslaan en gesteek het. Nofemela het aan die Kommissie vertel dat
Mxenge verwoes teenstand teen sy aanvallers gebied het tot hy teen sy kop met ʼn
skroefhamer geslaan was. Hy het op die grond geval, en die stekery het aangehou tot hy
dood was … Hulle het toe sy motor, beursie en ander besittings gevat om dit na ʼn rooftog
te laat lyk. Mxenge se voertuig was later gevind, uitgebrand en verlate, naby die Golela-
grenspos tussen Suid-Afrika en Swaziland. Op 15 Mei 1997, was Coetzee, Nofemela en
Tshikilange skuldig bevind vir die moord op Mxenge. Op versoek van die Kommissie se
Amnestiekomitee, was vonnisoplegging uitgestel tot die Komitee ʼn uitspraak op al die
aansoeke bereik het …
[Uit www.justice.gov.za/trc/report/. Toegang op 28 Januarie 2022 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Die volgende verklaring was deur die Amnestiekomitee van die WVK uitgereik. Dit fokus op
die redes vir toestaan van amnestie aan Dirk Coetzee, Almond Nofemela en David
Tshikilange vir die moord op Griffiths Mxenge.
Die Amnestiekomitee van die Waarheids-en-Versoeningskommissie het vandag amnestie
aan Dirk Coetzee, David Tshikilange en Butana Almond Nofemela respektiewelik vir die
moord op die Durbanse prokureur, mnr. Griffiths Mxenge, in November 1981 toegestaan.
Die Komitee het gesê dat terwyl ‘daar mag twyfel is’ oor die identiteit van dié wat Coetzee
opdrag gegee het of geadviseer het om mnr. Mxenge dood te maak, daar geen twyfel was
dat Coetzee gehandel het op ‘die advies, bevel of opdrag van een van die meer senior lede
van die Sekuriteitstak’ van die Suid-Afrikaanse polisie nie.
Die Komitee het op rekord geplaas sy ‘sterk afkeur’ van die aanvoering van die polisie in
‘reëling van die teregstelling van ʼn prokureur wat niks meer as sy plig gedoen het deur
genoegsame verteenwoordiging te voorsien aan persone wat kriminele aanklagte in die
gesig gestaar het nie’. In sy bevindings, het die Komitee gesê: ‘Op die bewyse voor ons is
ons tevrede dat nie een van die aansoekers die vermoorde, Mxenge, geken het nie of dat
hulle enige rede gehad het om sy dood te veroorsaak nie voordat hulle nie die opdrag om
dit te doen, ontvang het nie. Ons is tevrede dat hulle dit wat hulle gedoen het, gedoen het
omdat hulle dit as hul plig as polisiemanne beskou het wat betrokke was in die stryd teen
die ANC en ander vryheidsbewegings.
Dit is, dink ons, duidelik dat hulle op hul seniors/bevelvoerders staatgemaak het om
akkuraat en regverdig die vraag te oorweeg as was dit nodig om die moord te las of kon
ander stappe geneem word …’ Die drie amnestie-aansoekers was veroordeel (skuldig
bevind) vir Mxenge se moord gedurende ʼn verhoor in Durban nadat hul amnestie-aansoek
aangehoor was. As ʼn gevolg van die toestaan van amnestie, sal dit nie nodig wees vir die
hofsaak om voort te gaan met die vraag van vonnisoplegging nie.
[Uit www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html. Toegang op 28 Januarie 2022 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022)
BRON 2C
Hierdie spotprent beeld aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Alex Boraine uit waar hulle die
berg genaamd BEWYSE uitklim. Hulle was die taak opgelê om die politieke gruweldade
wat gepleeg was tussen 1960 en 1994 te ondersoek.
[Vertaal en aangepas uit Sowetan, Mei 1996. Toegang op 3 Januarie 2022 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Die volgende verslag deur die Suid Afrikaanse Pers-Assosiasie (SAPA) skets die redes vir
die Mxenge-familie se teenstand teen die proses van amnestie.
DURBAN, 5 November 1996 — SAPA, MXENGE-FAMILIE BIED TEENSTAND TEEN
COETZEE SE AMNESTIE-AANSOEK Die familie van die vermoorde menseregte-
prokureur, Griffiths Mxenge, het op Dinsdag gesê dat die toestaan van amnestie aan
voormalige polisieman Dirk Coetzee, wat erken het dat opdrag vir Mxenge se moord gegee
was, ʼn bespotting van geregtigheid sal wees … Mxenge se broer, Mhleli, 54, het gesê dat
Coetzee en sy medebeskuldigdes nie voldoen het aan die kriteria om amnestie te ontvang
soos vervat in die Bevordering van Nasionale Versoeningswet nie. Mxenge het die verhoor
gekritiseer deur te sê: ‘Wat ons omkrap is die inmenging met die normale gang van die
gereg. Ons het hard geveg om Coetzee aangekla te kry. Nou kom hierdie mense op met
hierdie … amnestie-verhoor’. In reaksie op Coetzee se verklaring dat hy in daardie tyd
onder opdrag gehandel het, het Mxenge gesê: ‘Daar is geen bewyse dat die doodmaak van
politieke opponente (teenstanders) binne die gang en raamwerk val van hul pligte as lede
van die sekuriteitspolisie nie. Ek is, daarom, heeltemal gekant teen die toestaan van
amnestie aan Dirk Coetzee, Tshikilange en Almond Nofemela omdat dit ʼn bespotting van
die gereg is …’
[Uit www.justice.gov.za/trc/media/1996/9611/s961105h.html. Toegang op 28 Januarie 2022 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was geneem uit die volgende:
https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv031
88/06lv03222.htm
https://www.saha.org.za/udf/repressing_the_leadership.htm
www.ancarchives.co.za.
www.justice.gov.za/trc/report/
www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html
www.justice.gov.za/trc/media/1996/9611/s961105h.html.
South Africa since 1948 by C. Cupin, 2000, Londen
Sowetan, 1 Mei 1996
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum