Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220227 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2022 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA ‒ DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord TWEE vrae soos volg: Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet ’n opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 6. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE STIGTING VAN DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) ’N IMPAK OP DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE 1980’s GEHAD? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Volgens die bron noem die DRIE ‘klein’ woordjies wat dr. Boesak tydens sy toespraak gebruik het. (3 x 1) (3) 1.1.2 Verduidelik wat bedoel word met die stelling: ‘Ons wil hê dat alle Suid- Afrikaners regte moet hê.’ (1 x 2) (2) 1.1.3 Wat, dink jy, het dr. Allan Boesak bedoel met sy spesifieke verwysing na verarmde tuislande en aparte groepsgebiede? (1 x 2) (2) 1.1.4 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat navorsing oor die bekendstelling (stigting) van die UDF doen. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Identifiseer enige DRIE organisasies wat geaffilieer was aan die UDF wat in die foto uitgebeeld word. (3 x 1) (3) 1.2.2 Watter boodskappe word in hierdie foto oorgedra? (Gebruik die visuele leidrade in die bron.) (2 x 2) (4) 1.3 Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1B met betrekking tot die redes vir die stigting van die UDF ondersteun. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1C. 1.4.1 Definieer die konsep apartheid in die konteks van Suid-Afrika se politieke situasie in die 1980’s. (1 x 2) (2) 1.4.2 Identifiseer TWEE aktiwiteite wat die UDF aangepak het om die apartheidsregering te ontbloot. (2 x 1) (2) 1.4.3 Haal bewyse uit die bron aan wat die rede vir die bekendstelling van die ‘een miljoen handtekeninge’-veldtog verduidelik. (1 x 2) (2) 1.4.4 Verduidelik wat geïmpliseer word deur: ‘... daar is besluit om massa- ondersteuning in aktiewe deelname te verander.’ (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Lewer kommentaar oor waarom jy dink die apartheidsregime vasbeslote was om die verspreiding van populêre verset te stop. (1 x 2) (2) 1.5.2 Noem TWEE taktieke uit die bron om te wys hoe die apartheids- regering die UDF onderdruk het. (2 x 1) (2) 1.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom daar na hierdie metodes as ‘oorlogsdade teen die bevolking’ verwys is. (1 x 2) (2) 1.5.4 Verduidelik waarom dink jy dat die regering se reaksie op die aktiwiteite van die UDF gewelddadig was. (2 x 2) (4) 1.5.5 Noem enige TWEE UDF-leiers wat deur die apartheidsregering aangehou is. (2 x 1) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe die stigting van die United Democratic Front (UDF) ʼn impak op die apartheidsregime in die 1980’s gehad het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS- KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN MLUNGISI GRIFFITHS MXENGE SE DOOD? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Volgens die bron, wie was Griffiths Mxenge? (1 x 1) (1) 2.1.2 Noem die DRIE apartheidsagente wat vir die moord op Griffiths Mxenge aangekla is. (3 x 1) (3) 2.1.3 Hoe, volgens Nofemela, is Griffiths Mxenge vermoor? (2 x 1) (2) 2.1.4 Waarom, volgens die bron, het die apartheidsoperateurs sy besittings gesteel? (1 x 2) (2) 2.1.5 Hoekom, dink jy, is die drie apartheidsagente skuldig bevind aan die moord op Mxenge, maar nie gevonnis nie? (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Gebruik jou eie kennis en die inligting in die bron, verduidelik hoekom die drie apartheidsagente amnestie gekry het. (2 x 2) (4) 2.2.2 Waarom, dink jy, is hierdie stelling: ‘Dit sal nie nodig wees vir die verhoorhof om met die kwessie van vonnis voort te gaan nie’, gemaak? (1 x 2) (2) 2.2.3 By die oorweging van die Amnestiekomitee se besluit oor die toestaan van amnestie aan die drie beskuldigdes, verduidelik die redes vir hierdie besluit. (2 x 2) (4) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Watter boodskap word in die spotprent rakende die werk van die WVK uitgebeeld? (2 x 2) (4) 2.3.2 Noem die persoon wat die ekspedisie lei. (1 x 2) (2) 2.3.3 Verduidelik die begrip vergeldende geregtigheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik hoekom Alex Boraine gesê het: ‘Vergeldende geregtigheid is uit hierdie ekspedisie uitgelaat’. (1 x 2) (2) 2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die toekenning van amnestie aan diegene wat verantwoordelik vir die dood van Griffith Mxenge was. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 2.5 Verwys na Bron 2D. 2.5.1 Volgens die bron, waarom het Griffiths se broer, Mhleli nie saamgestem met die besluit oor amnestie wat aan die beskuldigdes verleen is nie? (1 x 2) (2) 2.5.2 Verduidelik waarom die Mxenge-gesin op hierdie manier gereageer het oor die toestaan van amnestie aan die drie apartheidsagente. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die dood van Griffiths Mxenge gehanteer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s ‘Dit was die Swartbewussynbeweging wat die politieke vakuum gevul het en die apartheidsregering in die 1970’s uitgedaag het.’ Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE Bespreek tot watter mate Suid-Afrika as ʼn demokrasie uit die krisis van die 1990’s ontstaan het. Gebruik relevante voorbeelde in jou bespreking. [50] VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 ‘Ingrypende revolusionêre veranderinge soos Gorbatsjof se hervormings en die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie (USSR) het die weg vir onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering ná 1989 gebaan.’ Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all