Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 204.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGINGS WAT KONGO
NA AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling nie. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET RUSSIESE EKSPANSIONISME IN GRIEKELAND EN
TURKYE TOT DIE IMPLEMENTERING VAN DIE TRUMAN-LEER IN
1947 BYGEDRA?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Wat, volgens die bron, was die doel van die Britse troepe in
Griekeland? (1 x 1) (1)
1.1.2 Noem DRIE lande wat die kommunisties-geleide Nasionale
Bevryding ondersteun het. (3 x 1) (3)
1.1.3 Verduidelik waarom jy dink Rusland kommunisme in Oos-Europa
wou uitbrei. (1 x 2) (2)
1.1.4 Haal TWEE redes uit die bron aan, wat aandui waarom Brittanje nie
hul steun aan beide Griekeland en Turkye na die Tweede
Wêreldoorlog kon voortsit nie. (2 x 1) (2)
1.1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
verduidelik waarom dit vir die VSA belangrik was om kommunisme
in Griekeland en Turkeye in te perk? (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Hoe, volgens die bron, het ambassadeur MacVeagh die situasie in
Griekeland beskryf? (1 x 1) (1)
1.2.2 Wat het ambassadeur MacVeagh geïmpliseer met die stelling: ‘wat
die land in die satelliet wentelbaan van die Russiese Ryk sal
bring’? (1 x 2) (2)
1.2.3 Hoe ondersteun ambassadeur Wilson se toespraak ambassadeur
MacVeagh se pleidooi aan die Senaat van die Amerikaanse
Buitelandse Betrekkinge Komitee? (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die na-oorlogse politieke situasie in beide Griekeland en
Turkye navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2022)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Noem enige DRIE lande wat tussen 1945 en 1948 kommunisties
geword het. (3 x 1) (3)
1.3.2 Lys enige TWEE lande wat na 1945 deur die USSR geannekseer
is. (2 x 1) (2)
1.3.3 Definieer die konsep Ystergordyn in die konteks van die Koue
Oorlog. (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Noem TWEE aspekte van kommunistiese uitbreiding waarteen die
VSA dikwels betoog het tydens die Russiese oorname van Pole,
Roemenië en Bulgarye. (2 x 1) (2)
1.4.2 Wat het Truman bedoel met die stelling: ‘Dat dit die beleid van die
Verenigde State moet wees om vrye mense te ondersteun wat
pogings van onderdrukking deur gewapende minderhede en druk
van buite teenstaan’? (2 x 2) (4)
1.4.3 Waarom dink jy was die VSA die enigste land wat in staat was om
kommunistiese uitbreiding in Griekeland en Turkye te stop? (1 x 2) (2)
1.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
betekenis van die Truman-leer op Griekeland en Turkye in die
konteks van die Koue Oorlog. (1 x 2) (2)
1.5 Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
bewyse in Bron 1C met betrekking tot Rusland se uitbreidingsbeleid in
Europa na die Tweede Wêreldoorlog ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Sowjet-ekspansionisme in Griekeland en Turkye tot die
implementering van die Truman-leer in 1947 bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WAAROM WAS DIE MPLA IN STAAT OM DIE BEWIND IN
ANGOLA IN NOVEMBER 1975 OOR TE NEEM?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Lys TWEE effekte wat die staatsgreep in Portugal op die proses van
dekolonisasie in Angola gehad het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die konsep ‘dekolonisasie’ in die konteks van die
Angolese Burgeroorlog van 1975. (1 x 2) (2)
2.1.3 Watter bevrydingsbeweging, volgens die bron, het die Portugese
regering verkies om Angola oor te neem? (1 x 2) (2)
2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
waarom die Alvor-ooreenkoms van 1975 misluk het. (2 x 2) (4)
2.1.5 Verduidelik waarom jy dink buitelandse magte by die Angolese
Burgeroorlog van 1975 betrokke geraak het. (1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Haal EEN rede uit die bron aan waarom Suid-Afrika besluit het om
Angola binne te val. (1 x 2) (2)
2.2.2 Hoe, volgens die bron, het die MPLA op die Suid-Afrikaanse inval
gereageer? (1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar op die impak van Operasie Carlotta op die MPLA.
(2 x 2) (4)
2.2.4 Wat word met die stelling: ‘Die Slag van Ebo op 23 November was ʼn
“keerpunt” in die oorlog vir Angola geïmpliseer’? (1 x 2) (2)
2.2.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat die Angolese Burgeroorlog van 1975 navors. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik die boodskap wat die fotograaf oor die militêre mag van
die MPLA wil oordra. (1 x 2) (2)
2.3.2 Wat dink jy was die impak van hierdie wapens op die uitkoms van
die Burgeroorlog in Angola vir die MPLA? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2022)
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
bewyse in Bron 2C rakende buitelandse betrokkenheid by die Angolese
Burgeroorlog van 1975 ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5 2.5.1 Lys VIER redes waarom Hultslander gevoel het dat die MPLA die
beste gekwalifiseerde beweging was om Angola te regeer. (4 x 1) (4)
2.5.2 Definieer die konsep Marxisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.5.3 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die stelling: ‘Die MPLA
het baie verskillende stamme verwelkom’, in die konteks van die
Angolese Burgeroorlog van 1975? (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom die MPLA in staat was om mag in Angola in November
1975 oor te neem. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: HOE HET DIE VRYHEIDSRITTE INTERSTAAT BUSREISE IN DIE
VSA IN DIE 1960’s GEDESEGREGEER?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Noem die name van die twee mans wat besluit het om die
Vryheidsritte in 1961 te laat herleef. (2 x 1) (2)
3.1.2 Haal TWEE redes uit die bron aan waarom die vroeëre protes-op-
wiele misluk het. (2 x 1) (2)
3.1.3 Definieer die konsep segregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
hoe die Vryheidsritte die rassewette met betrekking tot interstaat
busreise in die VSA sou oortree. (2 x 2) (4)
3.1.5 Wat word met die stelling geïmpliseer: ‘Daar is vir ons gesê dat die
rassiste en voorstanders van segregasie enige iets sou doen om
segregasie in interstaat busreise te handhaaf’? (2 x 2) (4)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die Ku Klux Klan van die
Vryheidsritte geweet het? (2 x 1) (2)
3.2.2 Haal TWEE neerhalende woorde uit die bron aan wat gebruik word
om te verwys na:
(a) Die swart Vryheidsryers
(b) Die blanke Vryheidsryers (2 x 1) (2)
3.2.3 Lewer kommentaar op die houding van die FBI en die Birmingham
polisie teenoor die Vryheidsritte. (2 x 2) (4)
3.2.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
wat rasseverhoudinge in die VSA in die 1960’s navors. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskap dra die foto oor rakende rasse-integrasie op
interstaat busreise in die VSA in die 1960’s? Gebruik visuele
leidrade in die bron om jou antwoorde te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.2 Verduidelik hoe hierdie foto die VSA se openbare beeld regoor die
wêreld kon beïnvloed het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2022)
3.4 Bestudeer Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
inligting in Bron 3B, rakende die behandeling van die Vryheidsryers in
Alabama in 1961 ondersteun. (2 x 2) (4)
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Hoe, volgens die bron, het die Amerikaanse president op die krisis
van die Vryheidsritte in Montgomery, Alabama gereageer? (1 x 2) (2)
3.5.2 Watter gevolgtrekking kan uit die stelling gemaak word: ‘Die
Vryheidsryers was verheug om Mississippi Nasionale Wagte op die
snelweg te sien met hul gewere wat na die veld aan beide kante
van die pad gerig was’? (1 x 2) (2)
3.5.3 Kies EEN bewys uit die bron wat aandui dat die Vryheidsritte
openbare vervoer in die VSA in die 1960’s gedesegregeer het.
(1 x 2) (2)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer agt lyne (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Vryheidsritte interstaat busreise in die VSA in die 1960’s
gedesegregeer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 9
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae, in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die val van Saigon in April 1975 het die mislukking van die Amerikaanse
inperkingsbeleid in Viëtnam bevestig.
Bespreek hierdie stelling krities deur te verwys na die taktieke wat die VSA gebruik
het om kommunisme tydens die oorlog in Viëtnam in te perk. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGINGINGS WAT DIE KONGO NA
AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET
Verduidelik tot watter mate Josef Mobuto in staat was om die Kongo se politieke en
ekonomiese uitdagings te oorkom nadat dit onafhanklikheid vanaf België in 1961
verkry het.
Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
SWARTMAGBEWEGING
Die Swartmagbeweging se klem op swart ras-trotsheid en selfbeskikking, het
segregasie en diskriminasie in die VSA suksesvol in die 1960’s uitgedaag.
Stem jy saam met die verklaring? Ondersteun jou antwoorde met relevante historiese
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Memorandum