Skip to content

History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202220 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2022 GESKIEDENIS V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: GEWIGS- KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING VLAKKE VAN VRAE • Onttrek inligting uit bronne. • Selektering en organisasie van 30% VLAK 1 relevante inligting uit bronne. (15) • Definieer historiese begrippe/terme. • Interpretasie van bewyse uit bronne. 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne. (20) • Analiseer bewyse uit bronne. • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne. • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en 30% VLAK 3 beperkings vas te stel. (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings. 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓) • Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 3 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv. ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________ _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model- antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun. • Die leerder se interpretasie van die vraag. 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel. Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike hoofpunt.Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die P hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou. Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 5 2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik word: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie I√ • Argument LOA 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle. By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Vraag herkenbaar in antwoord. Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Baie goed beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die gestruktureerde om antwoord te opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande Grootliks struktureer nie. argument is duidelike argument gebruik om argument. Poog beskrywend of inligting. Het ʼn gevolg. Bewyse te ontwikkel. argument te om ʼn argument vol poog om argument goed gebruik om die Gevolgtrekking ondersteun. te hou. te ontwikkel. Geen gebalanseerde, argument te gemaak uit bewyse Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie poging om ʼn oorspronklike verdedig. Poog om om die argument te grond van bewyse. duidelik gevolgtrekking te argument ontwikkel met bewyse. ʼn onafhanklike ondersteun. ondersteun deur maak nie. Argument gevolgtrekking uit bewyse nie. die bewyse te deurgaans maak om die volgehou en INHOUD argument te verdedig. ondersteun. Onafhanklike gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27 weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE STIGTING VAN DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) ’N IMPAK OP DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE 1980’s GEHAD? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • Almal • Hier • Nou (3 x 1) (3) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Alle Suid-Afrikaners wat in die land woon moet menseregte hê • Dit moet al vier die rassegroepe, swartes, blankes, Kleurlinge en Indiërs, insluit • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Tuislande soos Ciskei, Transkei wat die regering ondersteun het, het selfregering gekry • Die regering het aparte gebiede geskep vir die verskillende groepe om in te woon (arm gebiede) • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1A – V3] Die bron is bruikbaar omdat: • Dit verduidelik die verband tussen die woorde almal, hier en nou in die UDF-bekendstelling/stigting • Dit verskaf inligting oor die regte van alle Suid-Afrikaners in die bekendstelling van die UDF • Dit gee insig oor omstandighede en voornemens van alle Suid- Afrikaners om hulself in ʼn verenigde front te organiseer • Dit beklemtoon die regte tyd vir die bekendstelling van die UDF • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • Kerkgroepe • Burgerlike groepe • Vakbonde • Vrouegroepe • Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) • Indiese gemeenskapsorganisasies (enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Simboliseer politieke solidariteit onder die gediskrimineerde organisasies wat by die UDF geaffilieer is • Hulle saamwerk is ʼn simbool van die revolusionêre gees van eenheid • Die waai van die UDF-vlag simboliseer saluut vir eenheid, krag (mag) en weerstand teen apartheid (‘Voorwaarts na mense se mag’) • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1B – V3] FOKUS OP REDES • Bron 1A noem dat dr. Allan Boesak die regte vir alle Suid-Afrikaners bekendstel en Bron 1B wys die verskillende burgerlike organisasies by die bekendstelling van die UDF • Bron 1A noem dat die DRIE sleutelwoorde van ‘almal’, ‘hier’ en ‘nou’ terwyl Bron 1B die slagspreuk ‘PEOPLE’S POWER (Mense se mag)’ noem • Beide bronne verwys na menseregte • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1C – V2] • ʼn Beleid wat betrekkinge tussen Suid-Afrika se wit minderheid en nie-blanke meerderheid beheer het en rassesegregasie en politieke en ekonomiese diskriminasie teen nie-blankes goedgekeur het • ʼn Beleid of stelsel van segregasie of diskriminasie op grond van ras • ʼn Voormalige beleid van segregasie en politieke, sosiale en ekonomiese diskriminasie teen die nie-blanke meerderheid in die Republiek van Suid-Afrika • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Verbruikersboikotte • Wegbly-aksies (2 x 1) (2) 1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • Om een miljoen handtekeninge van die publiek in te samel, teenkanting teen die apartheidsregering en sy grondwetlike hervormings te verklaar (1 x 2) (2) 1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Om seker te maak dat hulle lede van alle verskillende vlakke van die lewe gewerf het en aktief by die burgerlike verset in massabetogings betrokke gemaak • Verseker dat massas algemene lede aktief deelneem aan aktiwiteite van die UDF wat uiteindelik besluitnemingstrukture wat deur die regering geskep is, met ʼn stelsel van mense se mag sal vervang. • ʼn Oproep vir swartmense om volle deelname aan die regering te hê. • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 9 1.5. 1.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Die regering wou nie mag en gesag oor swartes verloor nie • Die regering wou swartes as minderwaardige of tweedeklas- burgers behou • Die regering wou hul grondwetlike oorheersing behou • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • Leiers tronk toe gestuur • Aanhouding sonder verhoor • Verhoor vir politieke misdade (enige 2 x 1) (2) 1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Die regering het self al hierdie handelinge, wettig en onwettig, geborg en ondersteun. • Die polisie en weermag was self beide geïmpliseer en instrumenteel in dade van kriminele geweld teen aktiviste en weerstandbiedende gemeenskappe. • Apartheidsregeringstrukture stel self die raamwerk vir hierdie onwettige dade. • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.5.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Sommige betogers is vermoor en die reg op lewe geweier • Betogers se reg op gelykheid is deur die regering as ondermynend beskou en daarom aangehou • Leiers is gearresteer en die regte geweier om voor ʼn hof te verskyn. • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5.5 [Onttrekking van bewyse uit 1D – L1] • Archie Gumede • Mewa Ramgobin • George Sewpersadh • MJ Naidoo • Billy Nair • Sam Kikine • Kadir Hassim (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Ons wil hê dat alle Suid-Afrika se mense hul regte moet hê (Bron 1A) • Ons wil al ons regte hê, ons wil dit hier hê en ons wil dit nou hê. (Bron 1A) • Die deel van die foto wat vra vir ʼn ‘verenigde front’ van ‘kerke, burgerlike verenigings, vakbonde, studente-organisasies en sportliggame’ (Bron 1B) • Die UDF is toe van stapel gestuur wat verhoudings met plaaslike organisasies gevestig het (Bron 1B) • Om die massas van die verskillende burgerlike groepe te verenig (Bron 1B) • Lede was vasbeslote om te verenig en mag oor te neem (Power to the People) (Bron 1B) • Lidmaatskapsamestelling weerspieël eenheid en verteenwoordigend van alle rassegroepe teen wie gediskrimineer is (Bron 1B) • Kort na sy stigting het dit ʼn suksesvolle boikotaksie van stapel gestuur teen die verkiesing van die (Kleurlinge) Huis van Verteenwoordigers en (Indiese) Huis van Afgevaardigdes (Bron 1C) • Die UDF was betrokke by die organisering van ʼn aantal verbruikersboikotte en wegblyplekke (Bron 1C) • In 1983 en 1984 het dit die ‘een miljoen handtekeninge’-veldtog van stapel gestuur, waarin ondertekenaars gevra is om hul teenkanting teen die sogenaamde Koornhof-wetgewing oor swart plaaslike regering, sowel as die nuwe grondwet uit te spreek (Bron 1C). • ‘Voorwaarts na Mense se Mag’ (Bron 1C) • Die UDF se strategie was om besluitnemingstrukture wat deur die regering geskep is, te vervang met ʼn stelsel van ‘volksmag’. (Bron 1C) • Soos die UDF gegroei het, het die apartheidsregime elke metode tot sy beskikking en elke wapen in sy arsenaal probeer om die verspreiding van populêre weerstand te keer (Bron 1D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 11 Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die stigting van die UDF ʼn impak op die VLAK 1 apartheidsregime in die 1980’s gehad 0–2 het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die stigting van die UDF VLAK 2 ’n impak op die apartheidsregime in die 3–5 1980’s gehad het. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ’n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die stigting van die UDF ʼn impak op die apartheidsregime VLAK 3 in die 1980’s gehad het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS- KOMMISSIE (WVK) MET DIE HANTERING VAN MLUNGISI GRIFFITHS MXENGE SE DOOD? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Anti-apartheidsaktivis en prokureur (1 x 1) (1) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Dirk Coetzee • Almond Nofemela • David Tshikilange (3 x 1) (3) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Hy is met ʼn wielsleutel oor die kop geslaan. • Op die grond geval en is herhaaldelik gesteek. (2 x 1) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • Om dit soos ʼn rooftog te laat lyk. (1 x 2) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Hulle het vir amnestie aansoek gedoen • Die WVK was nie ʼn geregshof nie • Die WVK het gewag vir die Amnestiekomitee om sy finale besluit te neem • Enige ander relevante antwoord. (enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die WVK was tevrede dat hul motiewe polities gemotiveer was. • Hulle neem bevele van ʼn hoër gesag, die Veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse polisie. • Hulle het om amnestie aansoek gedoen en die verhoor bygewoon • Die Kommissie was tevrede dat hulle die waarheid bekend gemaak het. • Enige ander relevante antwoord. (enige 2 x 2) (4) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Omdat hulle amnestie deur die WVK toegestaan is • Hulle kon nie in ʼn strafhof verhoor word nie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Bepaal betroubaarheid van bewyse uit Bron 2B – V3] • Sommige twyfel oor hul identiteit van die persone wat instruksies gegee het • Coetzee het namens die polisie opgetree • Die beskuldigde drie het nie die oorledene geken nie • Luister na die seniors se bevele / Hulle het net bevele gehoorsaam • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 13 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Die WVK is die opdrag gegee om die gruweldade wat gepleeg is, te ondersoek • WVK het besluit om herstellende geregtigheid te gebruik • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1] • Desmond Tutu (1 x 2) (2) 2.3.3 [Verduideliking van konsepte uit Bron 2C – V1] • Daad van wraak vir persone wat hul geliefdes vermoor het • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Die WVK het besluit om oortreders vir hul misdade te vergewe • Om amnestie toe te staan as hulle die waarheid van hul gruweldade openbaar • Om genesing en versoening in Suid-Afrika te bring • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.4 [Vergelyking van Bron 2B en Bron 2C – V3] • Bron 2B dui aan dat die oortreders amnestie gekry het en daarom nie tronk toe gestuur kon word nie, terwyl dit in Bron 2C toon dat die WVK nie ten gunste van vergeldende geregtigheid was nie • Bron 2B dui aan dat die WVK na bewyse soek voordat amnestie toegestaan word en Bron 2B wys hoe die WVK soek na die waarheid (bewyse) van die moord op Griffiths Mxenge • Beide bronne wys die WVK ondersoek gruweldade wat gepleeg is • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • Het nie aan die kriteria vir amnestie voldoen nie (1 x 2) (2) 2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Omdat hulle amnestie deur die WVK toegestaan is • Hulle kon nie in ʼn strafhof verhoor word nie • Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die drie Vlakplaas-operateurs is aangekla en skuldig bevind aan die moord op Griffiths Mxenge (Bron 2A) • Die Amnestie-komitee het versoek dat vonnisoplegging uitgestel word totdat die komitee ʼn uitspraak oor die aansoeke bereik het (Bron 2A) • Die Amnestiekomitee het ʼn getwyfel oor die identiteit van die moordenaars van Griffiths Mxenge (Bron 2B) • Die Amnestiekomitee het gevoel dat die drie beskuldigdes volgens die regering se opdrag (seniors) opgetree het en nie hul eie nie (Bron 2B) • Nie genoeg bewyse om die drie beskuldigdes te vonnis nie en dus nie nodig vir die spoorhof om voort te gaan met die kwessie van vonnis nie (Bron 2B) • Die familie van Griffiths Mxenge het geweier om die WVK-proses van amnestie te aanvaar en wou hê dat die oortreders in ʼn strafhof verhoor moet word (Bron 2C) • Mxenge se broer Mhleli het gesê Coetzee en sy medebeskuldigdes het nie aan die kriteria vir amnestie voldoen nie (Bron 2C) • Die WVK kon die meeste gruweldade ondersoek, insluitend die Griffiths Mxenge-saak (Bron 2D) • Die meeste van die families wou herstellende geregtigheid hê, maar Griffiths Mxenge se familie wou geregtigheid hê (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken: KRITERIA PUNTE • Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip oor hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie VLAK 1 (WVK) Mlungisi Griffiths se dood 0–2 gehanteer het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n paragraaf skryf nie. • Bewyse meestal relevant en hou in ʼn groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die Waarheids-en- VLAK 2 Versoeningskommissie (WVK) Mlungisi 3–5 Griffiths se dood gehanteer het. • Gebruik bewyse op ʼn basiese manier om ’n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip oor hoe die Waarheids- en-Versoeningskommissie (WVK) VLAK 3 Griffiths Mxenge se dood gehanteer het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in ’n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 15 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE 3: KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s. [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe die Swartbewussynbeweging die politieke vakuum gevul het wat deur revolusionêre bewegings gelaat is en apartheidsregering in die 1970's uitgedaag het. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem oor hoe die Swartbewussynbeweging die politieke vakuum gevul het en die apartheidsregering uitgedaag het. UITBREIDING • In die 1970’s het die Swartbewussynbeweging (SBB) die vryheidstryd laat herleef • Apartheid het in die 1970’s en 1980’s toenemend onderdrukkend geword • Weerstand was ʼn hopelose oorsaak. SB idees het daardie ingesteldheid verander • Swartbewussyn (SB) het begin as ʼn universiteitstudentebeweging onder leiding van Stephen Biko wat daarop gemik was om swartmense bewus te maak en ʼn gevoel van eiewaarde en selfvertroue by hulle te vestig om die apartheidsregime uit te daag. • Die rol van Biko: Biko het by studentepolitiek betrokke geraak terwyl hy medies aan die universiteit studeer het as lid van NUSAS – ʼn nie-rassige studenteorganisasie. Biko was oortuig dat hulle nie die behoeftes van swart Suid- Afrikaners kan verstaan nie en het gevoel dat daar ʼn behoefte aan hul eie organisasies is om hulself te verteenwoordig. Biko het medestudente van ander etniese universiteite gewerf en in Desember 1968 ʼn grondwet vir die Suid- Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) opgestel. • SASO: Versprei SB idees oor die kampusse van die etnies geskeide universiteite. Dit was belangrik omdat dit swart eenheid en solidariteit bevorder het, studente meer polities bewus gemaak het, studente aangemoedig het om hulself van apartheid te bevry • SBB: Versprei vanaf die etniese universiteitskampusse na die res van Suid-Afrika. Jong swartmense is na verskeie gemeenskappe gestuur om klinieke te skep en te bestuur en om geletterdheidsveldtogte op te stel om solidariteit en selfstandigheid aan te moedig. In 1972 is die Black People’s Convention (BPC) gestig om die aktiwiteite van al die verskillende SBB-groepe wat ontstaan het, te koördineer. BC het arbeidsbewegings in Suid-Afrika weer wakker gemaak. In 1972 het SASO ʼn nasionale vakbondraad vir swartes gestig. Die Black Allied Workers Union (BAWU) is deur Drake Koka gestig, en dit het wit betrokkenheid by die vakbondbeweging verwerp. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) • Urban Workers’ Staking (1973): Redes vir die staking en eise van die werkers. Beklemtoon die regering se reaksie en impak van stakings. • Viva Frelimo saamtrekke: Hierdie saamtrekke is as nasionale veldtogte wat deur SASO aangebied word en hoe die saamtrekke spanning tussen die SASO en die Suid-Afrikaanse regering • Regering se persepsies van SBB: Aanvanklik was die SA regering nie bekommerd oor die SBB nie, aangesien dit gelyk het soos sy eie beleid van afsonderlike ontwikkeling. Apartheidsfilosofie het in rasseskeiding geglo, so die vorming van SASO (slegs swart unie) het in ooreenstemming met apartheidsteorieë van ‘eie sake’ gelyk. Die SB het sterker geword; dit het ʼn uitdaging aan die staat gestel, want dit het ʼn massabeweging geword wat apartheid wou ondermyn. Die apartheidsregering het gereageer op die bedreiging wat die SBB ingehou het deur aksies te neem soos; SB-leiers in 1971 verbied om in die openbaar te praat (8 SASO-leiers is verbied); 8 BPC-leiers is ingevolge die Wet op Terrorisme sonder verhoor aangehou; SASO is teen 1975 op universiteitskampusse verbied en Biko is in 1977 wreed deur die veiligheidspolisie vermoor. • 1976 Soweto-opstand: Leerders by skole in Soweto was ongelukkig omdat die meeste staatsbefondsing na wit skole gegaan het, erge oorbevolking in klasse, kurrikulum was beperk en onderwys het leerders voorberei op hande- en ongeskoolde arbeid. Die instelling van Afrikaans as onderrigmedium in 1975 in swart skole het massaprotes ontketen. Die SASM het besluit om ʼn massabetoging teen Afrikaans as onderrigmedium te hou. Op 16 Junie 1976 het duisende Soweto-leerders ʼn vreedsame protes aangepak. Later het die optog gewelddadig geword en honderde is beseer (Hastings Ndlovu en Hector Pietersen). Woedend oor die polisie-aksies het leerders amok gemaak deur die strate van Soweto en simbole van apartheid soos geboue en wit besighede te verbrand. • Debatteer of SASO (en SASM) deur SBB beïnvloed is. Daar was baie ander faktore wat ʼn rol gespeel het soos; swak lewensomstandighede in Soweto, invloed van die ANC (politieke invloed) en die stigting van die vakbondbeweging. Daar is egter ʼn algemeen aanvaarde idee dat SB die leerders van Soweto beïnvloed het. ʼn Aantal SASO-lede het onderwysers geword nadat hulle gegradueer het. Hulle het BC-idees aan leerders bekendgestel. Die SASM het leierskapsopleiding aan hoërskoolleerders verskaf, en dit (SASM) is deur SASO aangemoedig om hom te bekommer oor ongeregtighede binne die samelewing en om SB-idees te versprei. • Die nalatenskap van BC oor SA politiek: SBB het die stryd teen apartheid laat herleef. As gevolg van die verandering in houding wat deur die SBB en SASO gebring is, het skoolkinders die apartheidstaat uitgedaag en landwye protes gelei. SBB politieke aktiviste het ʼn nuwe politieke organisasie, die Azanian Peoples’ Organisation (AZAPO) in 1978 gestig. Azapo het SB se filosofie omhels en wit deelname aan die stryd verwerp. • Enige ander relevante inligting. • Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 17 VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE. [Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik in watter mate Suid-Afrika uit die krisis van die 1990's as ʼn demokrasie ontstaan het. Hulle moet ʼn standpunt inneem en hul argument met relevante bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit. Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate Suid-Afrika uit die krisis van die 1990’s as ʼn demokrasie ontstaan het. Hulle moet ʼn standpunt inneem en hul argument met relevante bewyse ondersteun. UITBREIDING • De Klerk kom in 1989 aan bewind • De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 as ʼn keerpunt beskou • Het gelei tot die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP • Die opheffing van beperkings op COSATU en AZAPO; De Klerk se besluit om Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vry te laat, het die weg gebaan vir onderhandelinge • Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet: ANC-afvaardiging onder leiding van Nelson Mandela en die NP-afvaardiging onder leiding van FW de Klerk) • Apartheidswetgewing herroep soos die Wet op Afsonderlike Reservering van Geriewe • Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende stryd op te skort) • KODESA 1 (19 politieke partye uitgesluit AZAPO, CP en PAC – 300 afgevaardigdes het vergader) • Geweld breek uit in verskeie dele van Suid-Afrika soos die Rand, Natal en elders (IVP, ANC en Derdemag geweld) • CODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor ʼn nuwe grondwetmakende liggaam en tussentydse regering nie (onsekerheid) • NP wou minderheidsveto hê terwyl ANC ʼn tussentydse regering vir nie langer as 18 maande en gewone meerderheidsregering wou hê nie • Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en die gevolge daarvan (geweld en onsekerheid) • Bhisho-slagting (7 September 1992) het die proses van onderhandelinge (geweld en onsekerheid) amper ontspoor. • Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) • Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid- Afrika (geweld en onsekerheid) • Belangrikheid van die Veelparty-onderhandelingsforum vir Suid-Afrika se toekoms • Regse (AWB) aanval op die World Trade Centre en die gevolge daarvan (geweld en onsekerheid) • Sonsondergangklousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die dooiepunt van onderhandelinge verbreek • Heidelberg taverne-slagting – 31 Januarie 1993 (geweld en onsekerheid) • St James-slagting in Julie 1993 – APLA oop vuur – 11 gedood en 58 gewond (geweld en onsekerheid) • Tussentydse Grondwet in November 1993 • Shell House-slagting in Maart 1994 – IVP optogte na die ANC-hoofkwartier – 8 mense dood en 250 beseer (geweld en onsekerheid) • Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig • ANC het verkiesings gewen en Mandela het die eerste swart Suid- Afrikaanse president geword • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V2 19 VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem dat dit Gorbatsjof se hervormings en die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie (USSR) was wat die weg gebaan het vir onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering na 1989. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: Inleiding: Kandidate moet ʼn standpunt inneem of hulle saamstem of nie saamstem dat dit Gorbatsjof se hervormings en die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie (USSR) was wat die weg gebaan het vir onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering na 1989. Hulle moet demonstreer hoe hulle beplan om hierdie vraag te beantwoord. UITBREIDING • Ekonomiese toestande in Rusland in die laat 1980’s • Gorbatsjof se beleid van perestroika en glasnost • Gorbatsjof beëindig die kernwapenwedloop met die VSA • Gorbatsjof beëindig die oorlog in Afghanistan • Die USSR gee afstand van haar oorheersing oor Oos-Europa • Die val van die Berlynse Muur en die einde van kommunisme • Veranderinge in die wêreld het tot die einde van apartheid bygedra • Die ineenstorting van die USSR het die ANC sy hoofbron van steun ontneem • Die ANC kon nie meer op die USSR staatmaak om dit ekonomies of met wapens te ondersteun nie • Gorbatsjof was ook ten gunste van ʼn vreedsame magsoorgang in Suid-Afrika • Die Nasionale Party se bewering dat hy optree as ʼn ‘bolwerk’ teen kommunistiese uitbreiding in Suider-Afrika het onrealisties geword • Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese oorname beskerm, was naïef • Westerse wêreldmoondhede het die stap ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties oplos • Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie meer wit oppergesag in Suid-Afrika kan handhaaf nie • Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord op die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling is nie • Die Slag van Cuito Cuanavale en die onafhanklikheid van Namibië • Daar was geen twyfel dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid- Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie • PW Botha het ʼn beroerte gehad en is deur F.W. de Klerk opgevolg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2022) • FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid nie ʼn sameswering was wat vanuit Moskou gerig is nie. • Dit het De Klerk in staat gestel om in gesprek met die bevrydingsorganisasies te tree • Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘ ʼn nuwe en regverdige grondwetlike bedeling’ aangekondig • Dit het die einde van apartheidsregering aangedui • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. As kandidate nie saamstem met die stelling nie, moet hulle hul argument met relevante bewyse ondersteun. [50] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all