Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 25 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 



%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 378.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn
inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn
duidelike hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van die opstel
gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is en om die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Sommige weglatings in inhoudsdekking.
Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed
beplande en Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van ʼn poging om die
gestruktureerde om antwoord te
opstel. Goeie gestruktureerde opstel. Bewyse tot ʼn gestruktureerde en struktureer. opstel te
sintese van opstel. ʼn Relevante Poog om ʼn sekere mate beplande struktureer nie.
gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het ʼn argument is duidelike argument
gevolg. Bewyse argument te om ʼn argument vol beskrywend of
goed te ontwikkel.
gebruik om die ondersteun. te hou. poog om argument
gebalanseerde, Gevolgtrekking
argument te Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike gemaak uit bewyse
verdedig. Poog om grond van bewyse. duidelik poging om ʼn
argument ontwikkel
met bewyse. ʼn onafhanklike om die argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
Argument gevolgtrekking uit ondersteun.
die bewyse te bewyse nie. maak nie.
deurgaans
maak om die
volgehou en
INHOUD argument te
verdedig.
ondersteun.
Onafhanklike
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
30–33 28–29 26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET RUSSIESE EKSPANSIONISME IN GRIEKELAND EN
TURKYE TOT DIE IMPLEMENTERING VAN DIE TRUMAN-LEER IN
1947 BYGEDRA?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘Om ʼn nie-kommunistiese regering in Griekeland te verseker.
(1 x 1) (1)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Joego-Slawië
• Albanië
• Bulgarye (3 x 1) (3)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Dit was deel van die USSR se plan om kommunisme wêreldwyd
uit te brei
• USSR wou ʼn buffer tussen die USSR en Wes-Europa skep
• Die USSR wou toekomstige aanvalle op Rusland voorkom
• Om die ekonomiese aktiwiteite van daardie streek te beheer
• Oos-Europa moet ʼn kommunistiese invloedsfeer word
• Om beheer oor strategiese hulpbronne te verkry
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘die ekonomiese koste van die Tweede Wêreldoorlog’
• ‘probleme met die handhawing van huishoudelike voorrade van
noodsaaklike goedere soos steenkool’
• ‘Brittanje en Europa oor die algemeen op die randjie van
ekonomiese ineenstorting gebring’ (Enige 2 x 1) (2)
1.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Dit sou Rusland toegang tot vlootbasisse gegee het
• Dit sou Rusland toegang en beheer tot die oliereserwes in daardie
streek gegee het.
• Dit sou Rusland toegelaat het om die handels- en ekonomiese
aktiwiteite van daardie streek te beheer.
• Dit sou die Midde-Ooste onder kommunistiese beheer geplaas het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘buitengewoon ernstig en krities’ (1 x 1) (1)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die swak ekonomiese toestande het Griekeland vatbaar gemaak vir
Russiese uitbreiding
• Griekeland het geneig om ʼn kommunistiese staat te word.
• Griekeland het ʼn moontlike teiken vir kommunistiese of Russiese
uitbreiding geword
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
1.2.3 [Analise van bewyse in Bron 1B – V2]
• Beide ambassadeurs het die Amerikaanse regering van
moontlike Sowjet-uitbreiding in Griekeland en Turkye
gewaarsku.
• Albei ambassadeurs pleit by die VSA om in te gryp om Sowjet-
uitbreiding in Griekeland en Turkye te stop.
• Beide ambassadeurs het die VSA gewaarsku oor die domino-
effek van kommunistiese uitbreiding.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Evaluering van die beperkings van Bron 1B – V3]
• Bron is bevooroordeeld – gee ʼn Amerikaanse perspektief op
die situasie in Griekeland en Turkye
• Bron gee nie ʼn Russiese teenperspektief oor die situasie in
Griekeland en Turkye nie.
• Bron is bevooroordeel (gekant) teen die USSR
• Bron gebruik negatiewe woorde om die moontlike vrees vir
kommunistiese uitbreiding te beskryf – ‘druk en spanning’ wat
die ‘regime afbreek deur buitedruk of deur ʼn daad van openlike
aggressie’.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Pole
• Tsjeggo-Slowakye
• Hongarye
• Roemenië
• Bulgarye
• Joego-Slawië
• Albanië (Enige 3 x 1) (3)
1.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Estland
• Letland
• Litaue (Enige 2 x 1) (2)
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Denkbeeldige lyn wat kommunistiese Oos-Europa van
kapitalistiese Wes-Europa skei.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 9
1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• ‘dwang'
• ‘intimidasie’ (2 x 1) (2)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• VSA sal demokraties/kapitalistiese lande teen Russiese
uitbreiding ondersteun
• Die VSA sal enige demokratiese land ondersteun wat deur
kommunistiese minderhede bedreig word
• Die VSA sal demokratiese/kapitalistiese lande ondersteun wat
deur Rusland en vyfde kolomme onder druk geplaas word om
kommunisties te word.
• Die Verenigde State van Amerika sal kommunisme ten alle
koste inperk.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• VSA is nie ekonomies deur die Tweede Wêreldoorlog verswak
nie
• VSA het die wapens en mannekrag gehad om kommunistiese
uitbreiding in te perk
• VSA was die enigste land wat kernwapens gehad het –
supermoondheid
• Beide Brittanje en Frankryk was ekonomies verswak ná die
Tweede Wêreldoorlog en was in geen posisie om
kommunistiese uitbreiding in te perk nie.
• Beide Brittanje en Frankryk wou hul eie ekonomieë herbou ná
die vernietiging van die Tweede Wêreldoorlog
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
1.4.4 [Analise van inligting uit Bron 1D – V2]
• Griekeland en Turkye het ekonomiese hulp van die VSA
ontvang wat daartoe gelei het dat hulle kapitalistiese lande
gebly het.
• Griekeland en Turkye het militêre steun van die VSA ontvang
wat tot die nederlaag van die kommunistiese partye in hul
onderskeie lande gelei het
• Griekeland en Turkye het nie voor die Sowjet-uitbreiding
geswyg nie.
• Griekeland en Turkye het demokrasieë gebly en die
bondgenote van die VSA geword.
• Die VSA het kommunisme suksesvol ingeperk
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1B en 1C – V3]
• Bron 1B verklaar dat Griekeland binne die bereik van Rusland se
satelliet wentelbaan sal wees, terwyl Bron 1C al die satelliet-lande wat
onder Rusland se beheer is, uitbeeld.
• Bron 1B verklaar dat die USSR die enigste groot mag op die Oos-
Europese vasteland is, terwyl Bron 1C die grootte van die Russiese
ryk uitbeeld.
• Bron 1B verklaar dat Turkye die enigste onafhanklike staat in Oos-
Europa was en dit word deur Bron 1C ondersteun wat Turkye as ʼn
onafhanklike staat vry van kommunistiese beheer uitbeeld.
• Bron 1B beklemtoon die gevolge van ʼn kommunistiese domino-effek,
terwyl Bron 1C al die ander lande wat moontlik ook in gevaar van
kommunistiese oorname was, uitbeeld.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende as punte gebruik om die vraag te
beantwoord:
• Griekeland onder bedreiging van die kommunistiese Nasionale
Bevrydingsfront (Bron 1A)
• Tydens die Griekse burgeroorlog het NLF wapens van kommunistiese
satellietstate ontvang (Bron 1A)
• Turkye het ook gedreig met kommunistiese oorname (Bron 1A)
• Sowjet-voorneme was om oorheersing in die Midde-Ooste te verkry
met sy belangrike olievoorrade (1A)
• Brittanje kan nie moontlike kommunistiese oorname in Griekeland en
Turkye keer nie (Bron 1A)
• MacVeagh en Wilson het Amerikaanse ingryping in Griekeland en
Turkye versoek om VSA belange in die streek te verseker (Bron 1B)
• MacVeagh en Wilson het die VSA gewaarsku oor ʼn kommunistiese
domino-effek (Bron 1B en eie kennis)
• Ystergordyn het kommunistiese Oos-Europa van kapitalistiese Wes-
Europa geskei (Bron 1C)
• Griekeland en Turkye, die enigste twee onafhanklike lande, maar word
bedreig deur kommunistiese oorname (Bron 1C en eie kennis)
• Kommunistiese oorname is moontlik sonder Amerikaanse hulp
(Source1D)
• Truman het die Truman-leer aangekondig om kommunisme in
Griekeland en Turkye te stop of in te perk (Bron 1D)
• Finansiële en militêre ondersteuning het Griekeland en Turkye in staat
gestel om kommunisme in hul onderskeie lande in te perk (Bron 1D)
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 11
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse, bv.,
toon min of geen begrip van hoe Russiese
ekspansionisme in Griekeland en Turkye
tot die implementering van die Truman-leer PUNTE
VLAK 1
in 1947 bygedra het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
verslag te doen of kan nie oor onderwerp
verslag doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
verband met die onderwerp bv., toon ʼn mate
van begrip van hoe Russiese
PUNTE
VLAK 2 ekspansionisme in Griekeland en Turkye
3–5
tot die implementering van die Truman-leer
in 1947 bygedra het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse bv., toon ʼn deeglike
begrip van hoe Russiese ekspansionisme in
Griekeland en Turkye tot die
implementering van die Truman-leer in PUNTE
VLAK 3
1947 bygedra het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 2: WAAROM WAS DIE MPLA IN STAAT OM DIE BEWIND IN
ANGOLA IN NOVEMBER 1975 OOR TE NEEM?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A –- V1]
• ‘magsvakuum'
• ‘politieke verdeeldheid’ (2 x 1) (2)
2.2.2 [Definisie van ʼn historiese konsep uit Bron 2A – V2]
• ʼn Proses waar ʼn koloniale mag (Portugal) onafhanklikheid aan
sy voormalige kolonie (Angola) toestaan
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ‘MPLA’ (1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A –V2]
• ‘Al drie bevrydingsbewegings wou Angola afsonderlik van
mekaar regeer
• Al drie bevrydingsbewegings het verskillende ideologieë gehad
• Al drie bevrydingsbewegings was langs etniese lyne verdeel
• Te veel buitelandse magte het betrokke geraak om hul eie
agendas te bevorder.
• Portugal het blykbaar die MPLA as die regerende party
bevoordeel
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Angola het ryk minerale hulpbronne soos diamante en olie
gehad.
• Buitelandse magte het die bevrydingsbeweging ondersteun wat
hul eie ekonomiese en politieke agendas sou bevorder.
• Enige ander relevant antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘oordrewe vrese van Sowjet-ekspansionisme’ (1 x 2) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘onmiddellike en massiewe versterkings van Havana te
versoek’ (1 x 2) (2)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die MPLA was die ontvanger van massiewe gevorderde
wapens uit Kuba.
• Die MPLA-weermag was met 30 000 soldate uit Kuba versterk
• Militêre ondersteuning van Kuba en Rusland het die MPLA-
weermag versterk
• Die MPLA was in staat om die Suid-Afrikaanse opmars na
Luanda te weerstaan
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 13
2.2.4 [Analise van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Die MPLA het die Suid-Afrikaanse weermag verslaan
• Dit het die MPLA in staat gestel om ‘n kommunistiese regering
in Angola daar te stel
• Dit het bewys dat Kuba en Rusland vasbeslote was om
kommunistiese heerskappy in Angola te verseker.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.2.5 [Evalueer die nut van Bron 2B – V3]
Bron is tot ʼn groot mate bruikbaar omdat:
• Die inligting is uit ʼn historiese joernaal geneem wat ʼn
goedgekeurde lesersgehoor gehad het.
• Dit beskryf die redes waarom Suid-Afrika en die VSA by die
Burgeroorlog betrokke geraak het.
• Dit verduidelik hoe Rusland en Kuba tot die MPLA se redding
gekom het om die Suid-Afrikaanse optog teen te werk.
• Die bron is insiggewend – gee redes vir buitelandse
betrokkenheid en is nie opinie-georiënteerd nie
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• MPLA was toegerus met moderne gevorderde wapens.
• Die MPLA is ondersteun deur Kuba en Rusland – vuurpyl-
lanseerder en T34 tenks
• Dit toon dat die MPLA/FAPLA troepe opgelei was om die
wapens te gebruik
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.3.2 [Sintese van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit het die MPLA toegelaat om hul posisie as die wettige
regering van Angola te behou
• Die MPLA kon hul teenstanders verslaan
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.4 [Vergelyking van inligting uit Bron 2B en Bron 2C – V3]
• Bron 2B verklaar dat die MPLA swaar artillerie en tenks ontvang het,
terwyl Bron 2C die wapens wat in Bron 2B genoem word, uitbeeld
• Bron 2B verklaar dat die MPLA T-34/54-tenks direk van die Sowjetunie
ontvang het, terwyl Bron 2C die T34/35-tenks wat in Bron 2B genoem
word, uitbeeld.
• Bron 2B verklaar dat die MPLA Kuba se nuutste wapens ontvang het, die
BM-21-missiellanseerder, terwyl Bron 2C die vuurpyl-lanseerder wat in
Bron 2B genoem word, uitbeeld.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V2]
• ‘Baie van sy leiers was opgevoed’
• ‘hulle was baie nader aan Europese radikale sosialisme as aan
Sowjet-Marx-Leninisme’
• ‘was slim politieke operateurs’
• ‘Chieto en Dangereux was goeie militêre bevelvoerders’
• ‘die MPLA was die minste stamverbonde van die drie bewegings’
• ‘die MPLA het baie verskillende stamme verwelkom’ (Enige 4 x 1) (4)
2.5.2 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2D – V1]
• ʼn Politieke en ekonomiese stelsel wat ʼn klaslose samelewing
voorstaan
• ʼn Oortuiging dat almal in die gemeenskap moet werk vir die
algemene welvaart om die skepping van klasse uit te roei.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Dit het die MPLA toegelaat om die burgeroorlog te wen
• Die MPLA het lede van ander stamme wat kommunisme
ondersteun het, aanvaar
• Dit het die ondersteuningsbasis van die MPLA uitgebrei
• Die MPLA het die Burgeroorlog gewen en het nie teen ander
plaaslike stamme gediskrimineer nie.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit.
• Persepsie dat die Portugese regering die MPLA bevoordeel het
(Bron 2A)
• Portugese magte het MPLA van wapens voorsien (Bron 2A)
• Angola se natuurlike hulpbronne het internasionale inmenging veroorsaak
(Bron 2A)
• SA se inval in Angola het die MPLA genoop om hulp van Kuba te soek
(Bron 2B)
• Kuba ondersteun MPLA met 30 000 troepe en gevorderde wapens – het
MPLA voordeel bo mededingers gegee (Bron 2B)
• Die Sowjetunie het ook militêre toerusting aan die MPLA verskaf – MPLA
het SA weermag in die Slag van Ebo verslaan (Bron 2B)
• Die vuurpyl-lanseerder/Stalin-orgaan en Russiese T34-tenks het ʼn groot
rol gespeel om die MPLA se oorwinnings oor mededingers te verseker
(Bron 2C)
• Die MPLA was die beste gekwalifiseerde beweging om Angola te regeer
(Bron 2D)
• Baie van sy leiers was opgevoede en slim politieke operateurs
(Bron 2D)
• MPLA die minste stamgebonde van al drie bevrydingsgroepe (Bron 2D)
• MPLA soldate het harder en met meer vasberadenheid geveg (Bron 2D)
• Portugese Angolese het die MPLA ondersteun. (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 15
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van
waarom die MPLA in staat was om die bewind
PUNTE
VLAK 1 in Angola in November 1975 oor te neem.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor onderwerp
verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met
die onderwerp bv., toon ʼn mate van begrip van
PUNTE
VLAK 2 waarom die MPLA in staat was om die bewind
3–5
in Angola in November 1975 oor te neem.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon insig van
waarom die MPLA in staat was om die bewind
PUNTE
VLAK 3 in Angola in November 1975 oor te neem.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 3: HOE HET DIE VRYHEIDSRITTE INTERSTAAT BUSREISE IN
DIE VSA IN DIE 1960’s GEDESEGREGEER?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 3A – V1]
• ‘James Farmer’
• ‘Bayard Rustin’ (2 x 1) (2)
3.1.2 [Onttrekking van inligting uit Bron 3A – V1]
• ‘die Ryers is in hegtenis geneem’
• ‘skuldig bevind en maandlange vonnisse gegee’ ( 2 x 1) (2)
3.1.3 [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Skeiding van rasse, klasse of etniese groepe.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Die blanke Vryheidsryers sou sitplekke agter in busse inneem
in plaas daarvan om voor te sit
• Swart Vryheidsryers sou voor in die bus sit in plaas daarvan om
agter te sit
• Indien enige een beveel was om hul sitplek op te gee en te skuif,
sou hulle weier
• By elke bushalte sou swartes die slegs-blankes wagkamers
beset en probeer om die fasiliteite te gebruik.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Rassiste en segregasioniste sal mag en geweld gebruik om te
verhoed dat die Vryheidsritte interstaat vervoer integreer
• Rassiste en segregasioniste was bereid om die Vryheidsryers
te beseer en dood te maak om gesegregeerde interstaat
vervoer te handhaaf.
• Rassiste en segregasioniste sou nie toelaat dat die Vryheidsritte
die ou praktyk dat swartes hul sitplekke moes opgee en na agter
beweeg, prysgee nie.
• Rassiste en segregasioniste was nie voorbereid op integrasie
nie en sou enige iets doen om dit in stand te hou.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘ʼn reeks FBI-memorandums wat aan die Birmingham-
polisiedepartement gestuur is’
• ‘Polisie-sersant Tom Cook het die organisasie voorsien van
gedetailleerde inligting oor die Rit’
• ‘hulle het genoeg geweet om die alarm onder die staatmaker
verdedigers van wit oppergesag aan te wakker’ (Enige 2 x 1) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘negers’
• ‘neger-liefhebbers’ (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 17
3.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
• Die polisiedepartement het nie die pogings van die Vryheidritte
om interstaat busvervoer te gedesegregreer, ondersteun nie
• Die polisiedepartement was rassisties en het beplan om die
Vryheidsryers aan te val
• Die polisiedepartement was gekant teen integrasie
• Die polisiedepartement het beplan om gewelddadige taktieke
teen die Vryheidsryers te gebruik – ʼn direkte skending van hul
pligte en die reëls van die land
• Die polisiedepartement het die KKK en wit oppergesag
ondersteun.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.2.4 [Evalueer die nut van Bron 3B – L3]
Bron is tot ʼn groot mate nuttig omdat:
• Dit is ʼn boek wat geskryf is deur ʼn historikus wat primêre bronne
gebruik het om inligting te ontleed en te interpreteer
• Dit verskaf eksplisiete inligting oor hoe die polisie gereageer het
op segregasie
• Dit verskaf eksplisiete inligting oor hoe die polisie met die KKK
saamgesweer het om integrasie teen te staan
• Dit beskryf hoe moeilik dit was om rasse-integrasie in die VSA
in die 1960’s te implementeer
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Rasse-integrasie op busse is nie deur die wit oppergesag en
rassiste in Alabama geduld nie.
• Rasse-integrasie sou met geweld weerstaan word indien nodig.
• Die staatspolisie het niks gedoen om die Vryheidsryers te
beskerm nie
• Die lewens van die Vryheidsryers was op die spel, veral in die
suidelike staat van Alabama.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Analise van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Hierdie foto sou ʼn negatiewe impak op die VSA se openbare
beeld regoor die wêreld gehad het
• Baie lande sou die VSA veroordeel het
• Die Burgerregtebeweging sou meer simpatie en ondersteuning
van regoor die wêreld gekry het.
• Die res van die wêreld sou druk op die Amerikaanse regering
toegepas het om integrasie af te dwing
• Enige ander relevante antwoord (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
3.4 [Vergelyking van bewyse in Bronne 3B en 3C – V3]
• Bron 3B verklaar dat die polisie en Klan-mans ʼn onsmaaklike
verwelkoming vir die Vryheidsryers voorberei het, terwyl Bron 3C wys
hoe hulle verwelkom was – die bus was aangeval
• Bron 3B verklaar dat die polisie die Vryheidsritte tot ʼn stilstand wou
bring terwyl Bron 3C wys hoe hulle die Vryheidsritte tot stilstand gebring
het.
• Bron 3B verklaar dat die polisie en Klan-mans, ‘hulle kon aanrand, hulle
kon bom, hulle kon vermink en dood kon maak’, terwyl Bron 3C wys
hoe die bus gebombardeer was.
• Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2) (4)
3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• ‘Die president het 600 federale maarskalke na Alabama
beveel’ (1 x 2) (2)
3.5.2 [Sintese van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Hulle was gelukkig omdat hulle federale beskerming ontvang
het.
• Hulle was gelukkig omdat die Wagte enige aanvalle deur
rassiste en oppergesag sou voorkom.
• Hulle was gelukkig omdat hulle reis vry van geweld sou wees.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• In Oktober het die Interstate Commerce Commission ʼn verbod
op rassediskriminasie in interstaat vervoer uitgereik, wat op
1 Desember 1961 van krag geword het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 19
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Vroeër protes-op-wiele het misluk toe ryers in hegtenis geneem is (Bron 3A)
• Farmer en Rustin het Vryheidsritte in 1961 georganiseer om interstaat
busreise te desegregreer (Bron 3A)
• Swartes sou voor en wittes sou agter in die busse sit. (Bron 3A)
• Vryheidsritte het geweld verwag, maar het gehoop federale wet sal
afgedwing word (Bron 3A)
• Ku Klux Klan en die polisie beplan om vryheidsritte in Birmingham te stop
(Bron 3B)
• Ku Klux Klan en die polisie is bevele gegee om ‘hulle te klop, bom hulle,
vermink hulle, dood te maak’ (Bron 3B)
• Ten spyte van hierdie bedreigings het die Vryheidsritte voortgegaan (Eie
kennis)
• In Anniston is ʼn Vryheidsritbus met petrol gebombardeer en ryers was
aangerand (Bron 3C)
• Amerikaanse president het federale troepe beveel om die Vryheidsryers te
beskerm (Bron 3D)
• Nasionale Wagte het die snelweg beman om Vryheidsritte te beskerm
(Bron 3D)
• Goewerneur Patterson het die federale regering openlik uitgedaag (Bron 3D)
• Dit het die federale regering gedwing om die federale wet af te dwing (Eie
kennis)
• Federale regering verbied rassediskriminasie op interstaat busvervoer op
1 Desember 1961 (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Kan nie bewyse onttrek of bewyse uit die bronne op
ʼn baie elementêre wyse onttrek nie, bv. toon geen
of min begrip van hoe die Vryheidsritte interstaat
busreise in die VSA in die 1960’s gedesegregeer PUNTE
LEVEL 1
het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor onderwerp verslag
doen nie.
• Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant
is en in ʼn groot mate verband hou met die onderwerp
bv., wat ʼn begrip toon van hoe die Vryheidsritte PUNTE
VLAK 2
interstaat busreise in die VSA in die 1960’s 3–5
gedesegregeer het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon, bv., toon ʼn deeglike begrip van
PUNTE
VLAK 3 hoe die Vryheidsritte interstaat busreise in die
6–8
VSA in die 1960’s gedesegregeer het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SINOPSIS
Kandidate moet hierdie stelling krities bespreek deur aan te dui of die stelling geldig
of waar is. Hulle moet hul argument met relevant historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet hierdie stelling krities bespreek deur aan te dui of die
stelling geldig of waar is en redes gee waarom.
UITBREIDING
• Suid-Viëtnam onder Ngo Dinh Diem het geweier om die verkiesings te hê om
die land te verenig
• Viëtkong was gevorm om Diem omver te werp en die land te verenig
• Viëtkong was ondersteun deur Viëtminh via Ho Chi Minh Roete
• China en Noord-Viëtnam het die Viëtkong ondersteun
• Die VSA het betrokke geraak – om die verspreiding van kommunisme in
Suidoos-Asië te voorkom – die ‘Domino-effek’
• VSA het ʼn veilige dorpsbeleid ingestel – mislukking omdat Viëtkong binne
dorpe gebly het
• Golf van Tonkin-voorval het VSA rede gegee om oorlog te verklaar
• VSA loods Operation Rolling Thunder – duisende burgerlikes het gesterf, maar
die operasie misluk want Rusland en Chinese was in staat om alle militêre
voorrade wat die Amerikaners vernietig het, te vervang.
• Vietkong loods die Tet Offensief – verrassingaanvalle en die VSA het groot
ongevalle gelei
• VSA het al die dorpe herwin – beeldmateriaal van oorlog op TV het die
openbare mening teen die oorlog gedraai
• Die VSA loods Operasie Ranch Hand – Agent Oranje en Agent Blue, om die
oerwoud en plantegroei te vernietig
• Agent Blue en Agent Orange het gelei tot omgewingsvernietiging en meer as
400 000 mense laat sterf – het die VSA ongewild gemaak en die Viëtnamese
verenig om die stryd teen die Amerikaners voort te sit
• Die VSA het ook napalm gebruik – die oerwoud vernietig en brand deur die vel –
VSA was veroordeel en die Viëtnamese teen die VSA gedraai
• Die VSA ontplooi soek en vernietig veldtogte – duisende onskuldige
burgerlikes is dood en het die kleinboere daartoe gedryf om die Viëtkong
te ondersteun.
• Die VSA veg konvensionele oorlog teen Viëtkong se guerrilla-oorlog – guerrilla-
oorlog taktiek het vrees in Amerikaanse soldate ontketen en tot lae moraal
gelei
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 21
• Die VSA het in ʼn vreemde land wat hulle nie geken of verstaan het nie,
geveg
• Onmoontlik om ʼn vyand te beveg wat hulle nie kon vind nie.
• Die VSA se gruweldade en die My Lai-slagting – draai openbare mening teen
die oorlog en het tot anti-oorlog betogings in die VSA gelei
• Skietery van vier betogers by Kent-universiteit het sake vererger
• Teen 1969 was daar byna 14 000 Amerikaanse soldate wat gesterf het –
publieke opinie was nou totaal teen die oorlog gekant
• Nixon het Viëtnamisering aangekondig – die VSA sou die Suid-Viëtnamese
weermag oplei om die Viëtkong te beveg en het Amerikaanse troepe geleidelik
onttrek.
• Amerikaanse troepe het uit Viëtnam onttrek, maar het Noord-Viëtnam,
Kambodja en Laos gebombardeer
• 1975 – Die Viëtkong verower Saigon – Viëtnam word ʼn enkele land onder ʼn
kommunistiese regering.
• Enige ander relevante antwoord.
• Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
[Beplan en stel ʼn oorspronklike argument op grond van relevante bewyse op grond van
analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SINOPSIS
Kandidate moet fokus op die mate waarin Joseph Mobuto daarin geslaag het om die
politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo na die verkryging van onafhanklikheid
in die gesig gestaar het, te oorkom. Hulle moet ook die suksesse en mislukkings
beklemtoon.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet aandui tot watter mate Josef Mobuto daarin geslaag het om
die Kongo se politieke en ekonomiese uitdagings te oorkom nadat hy in 1961
onafhanklikheid van België verkry het.
UITBREIDING
POLITIEKE ASPEKTE
Kongo:
• Kongo het in 1960 onafhanklik geword deur veelpartyverkiesings – J. Kasavubu het
president geword en P. Lumumba het die eerste minister geword (sukses).
• Politieke stabiliteit (sukses)
• Na ʼn paar jaar het die Kongo ʼn eenpartystaat geword (mislukking)
• Mobuto Sese Seko onderdruk alle opposisie (mislukking)
• Mobuto Sese Seko het per dekreet geregeer en alle aanstellings en bevorderings
beheer (mislukking).
• Mobuto Sese Seko het lewenslank as president gebly tot sy dood in 2007
• Mobuto se doel was om ʼn gevoel van nasionale eenheid en trots in Zaïre se identiteit
en kultuur te bevorder. (sukses)
• Hy het die naam van die Kongo na Zaïre verander (sukses)
• Die nuwe naam het die begin van ʼn program van ‘Zaïreanisasie’ ingelui
• Mobuto Sese Seko het ʼn kleptokrasie geskep waar ʼn groep aangestelde openbare
amptenare hul posisies vir finansiële gewin misbruik het (mislukking).
• Het Afrika-waardes teruggebring (sukses)
• Sterk gesentraliseerde regering (mislukking)
• Mobuto het ʼn persoonlikheidskultus geskep
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 23
EKONOMIESE ASPEKTE
• Die Kongo het ʼn kapitalistiese model gevolg (sukses)
• Inflasie was gestop en staatskuld is laag gehou (sukses)
• Kongo se natuurlike hulpbronne het buitelandse beleggings gelok (sukses)
• Mobuto het staalmeule in Leopoldville gebou, ʼn dam en ʼn langafstand kraglyn
van Inga na Katanga (sukses)
• Mobuto het toe die land se kopermynbedryf genasionaliseer. (mislukking)
• Hy het Zaïreanisie bekendgestel – die vervanging van geskoolde buitelanders
met ongeskoolde plaaslike inwoners (mislukking)
• Hy het meer as 2 000 buitelandse maatskappye genasionaliseer sonder
vergoeding (mislukking)
• Hy het sy eie politieke bondgenote en familielede in beheer van hierdie
maatskappye aangestel (mislukking)
• Die Kongo het gesukkel om sy ekonomie te ontwikkel
• Besighede het in duie gestort weens swak bestuur, korrupsie en
wanadministrasie (mislukking)
• Korrupsie het algemeen geword (mislukking)
• Zaïre het ʼn kleptokrasie geword (mislukking)
• Gaping tussen ryk en arm was vergroot (mislukking)
• Die land se ekonomie het in duie gestort – Mobuto het Retrosessie
geïmplementeer – terugkeer van buitelandse eienaars
• Min buitelanders het teruggekeer en Zaïre het afhanklik geword van
buitelandse hulp en beleggings. (mislukking)
• Enige ander relevante antwoord.
• Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 GESKIEDENIS P1 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VANAF DIE 1950’s TOT
DIE 1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem met die stelling dat die
Swartmagbeweging se klem op rassetrots en selfbeskikking, segregasie en
diskriminasie in die VSA suksesvol in die 1960’s uitgedaag het. Hulle moet hul
argument met relevante historiese bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem met die stelling dat die
Swartmagbeweging se klem op rassetrots en selfbeskikking,
segregasie en diskriminasie in die VSA suksesvol in die 1960's
uitgedaag het en verduidelik waarom.
UITBREIDING
Oorsake
• Voortdurende armoede, werkloosheid, diskriminasie en swak lewens-
omstandighede van swartmense in die noorde.
• BRB het nie armoede en magteloosheid van swartes opgelos nie
• Ontevrede met die stadige tempo van verandering en vreedsame
protesmetodes aksies van die BRB
• Swartes het nasionalistiese gevoel ontwikkel en dit het saamgeval met
polisiewreedheid teen swartmense.
Swartmag:
• Ideologie wat rassetrots, selfstandigheid en die verkryging van swart
ekonomiese en politieke vryheid voorgestaan het
• ʼn Beroep op swart mense gedoen om hulself teen polisiewreedheid te beskerm
• Het swartes aangemoedig om vryheid van wit gesag te soek
Die Black Panther Party
• Newton en Searle het die BPP vir selfverdediging gestig
• Hulle het die stede gepatrolleer om Swartes teen polisiewreedheid te beskerm
• Het die Tienpunt-program geïmplementeer
• Hulle het beter behuising en werksgeleenthede vir Swartes geëis
• Implementering van die oorlewingsprogramme
• Gratis ontbyt vir kinders, geletterdheidsklasse, voedingskemas en gratis
mediese klinieke
• Geëis dat Swart geskiedenis in swart skole onderrig moes word
• Verwerp wit idees oor mode
• Was teen rasse-integrasie gekant
• Gebots met die polisie terwyl hulle die strate patrolleer
• Baie leiers in die tronk vir kriminele aktiwiteite
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS P1 25
Die rol van Malcolm X:
• Malcolm X was ʼn kragtige spreker en toegewyde menseregte-aktivis
• Malcolm X het geglo in swart separatisme in plaas van integrasie
• Het Swartes aangemoedig om hul regte ‘op enige manier wat nodig is’ te
beveilig
• Bepleit selfverdediging teen wit onderdrukking ‘bloedvergieting was nodig vir
revolusie’
• Bepleit swart selfversorgsaamheid
• Hy is vermoor nadat hy in 1965 by SNNC aangesluit het.
• Enige ander relevante antwoord
Die rol van Stokely Carmichael:
• Stokely het in 1966 die voorsitter van SNCC geword en het besluit om die
leerstellings van die Swartmagbeweging aan te neem.
• In 1966 het hy die Swartmag slagspreuk, ‘Black is beautiful’ gewild gemaak.
• Bepleit dat Swartes dinge vir hulself moet doen; politiek in hul gemeenskappe
moet beheer; trots moet wees op eie kultuur en hulself verdedig teen
rasseonderdrukking en manipulasie
• Hy was gekant teen die nie-geweldstrategie van die BRB
• Hy het geglo in swart separatisme in plaas van rasse-integrasie.
• Bevorder ʼn plan om die VSA in afsonderlike swart en wit state te verdeel
• Hy was krities oor Amerika se betrokkenheid in die Viëtnam-oorlog
• Carmichael was ten gunste van Afrika-klere en Afrika-haarstyle as simbool van
Swart trots
• Hy het by die Black Panther Party aangesluit (vir selfverdediging) wat die
Swartmag-ideale in werking gestel het.
• Hy is in hegtenis geneem en na Guinee verban
Suksesse as die BPM
• Die meeste voor die hand liggende vorme van rassediskriminasie het tot ʼn
einde gekom
• Rassegeweld het afgeneem
• Miljoene swartes is uit armoede opgehef
• Baie swartes was in federale poste deur regstellende aksiebeleide aangestel
• Enige ander relevante antwoord.
• Slot: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2014 Memo

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper