You're offline
Skip to content
Addendum

Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 12201914 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 ADDENDUM 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Vraestel 1) 10791/19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS – ADDENDUM (Vraestel 1) VRAAG 1: WAAROM HET KUBA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET UNIE IN DIE 1960's GEWORD? BRON 1A Hierdie bron verduidelik president Eisenhower en president Kennedy van die Verenigde State van Amerika se reaskie op Kuba se oorgang na kommunisme in die 1960’s. ʼn Linkervleuel-gedrewe revolusie in Kuba het in 1959 geëindig met die ontseteling van president Fulgencio Batista en die vestiging van ʼn nuwe regering onder Premier Fidel Castro. Die Castro-regime het die land se eens sterk bande met die Verenigde State vinnig verbreek deur die ekonomiese bates in Kuba te onteien (te neem) en noue bande met die Sowjetunie te ontwikkel. Hierdie ontwikkelings was ʼn ernstige bron van kommer vir die Verenigde State aangesien Kuba se geografiese ligging aan die Verenigde State, Kuba ʼn nuwe en belangrike faktor in die Koue Oorlog gemaak het. In Maart 1960 het president Dwight D. Eisenhower die Sentrale Intelligensieagentskap (CIA) aangesê om ʼn plan te ontwikkel om Kuba binne te val en die Castro-regime omver te werp. Die CIA het ʼn operasie organiseer waarin dit verbanne teen-rewolusionêre Kubane as ʼn gewapende vleuel (mag) van die Demokratiese Rewolusionêre Front, bekend as Brigade 2506, opgelei en befonds het. Ná sy verkiesing in November 1960 het president John F. Kennedy van die invalsplan geleer. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat Fidel Castro ʼn Sowjet-kliënt was wat ʼn bedreiging vir die hele Latyns-Amerika inhou. Nadat hy met sy adviseurs beraadslag het, het hy sy toestemming gegee dat die CIA se klandestine (geheime) inval van Kuba kan voortgaan. Die mislukte inval het die Kubaanse administrasie se posisie versterk sodat hulle hul voornemens om sosialisme aan te neem en nouer bande met die Sowjet-Unie na te streef, openlik verkondig het. Dit het ook daartoe gelei dat die Kennedy-administrasie hul beleid ten opsigte van Kuba hersien het. Die president het ʼn komitee onder die voormalige Weermaghoof van Personeel, generaal Maxwell Taylor, en die prokureur- generaal, Robert Kennedy, aangestel om die oorsake van die Bay of Pigs-nederlaag te ondersoek. [Uit https://history.state.gov/milestones/1961-1968/bay-of-pigs Toegang op 20 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 1B Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit ʼn brief wat Fidel Castro, president van Kuba op 26 Oktober 1962, aan Nikita Khrushchev, die Sowjetpremier, geskryf het. Dit fokus op Castro se vrees om deur die Verenigde State van Amerika aangeval te word. Beste Kameraad Khrushchev Gegewe die analise van die situasie en die verslae wat ons bereik het, vind ek ʼn aanval binne die volgende 24 tot 72 uur amper onafwendbaar. Daar is twee moontlikhede: Die eerste en mees waarskynlike een is ʼn lugaanval teen sekere teikens met die beperkte doel om hulle te vernietig; tweedens, alhoewel minder waarskynlik, maar steeds moontlik, is ʼn volskaalse inval. Dis sal ʼn groot mag verg en is die mees weersinswekkende (onaanvaarbare) vorm van aggressie wat hulle dalk in toom kan hou. U kan seker wees dat ons hulle met vasberadenheid sal weerstaan, wat ook al die geval. Die Kubaanse mense se moraal (selfvertroue) is baie hoog en die mense sal aggressie heldhaftig (vreesloos) konfronteer. Ek wil graag kortliks my eie opinie lewer. As die tweede moontlikheid plaasvind en die imperialiste Kuba binneval met die doel om dit te beset, dan moet die gevare van hul aggressiewe beleid so groot wees dat ná so inval die Sowjetunie nooit omstandighede kan toelaat waarin die imperialiste ʼn kernaanval teen hulle sal uitvoer nie. Ek vertel jou dit omdat ek glo dat die imperialiste se aggressie hulle uiters gevaarlik maak. En dat indien hulle daarin slaag om Kuba binne te val – ʼn wrede daad teenstrydig met die universele morele wetgewing – dit dan die oomblik sou wees om dié gevaar uit regverdigbare selfverdediging, vir altyd te elimineer. Al is die oplossing hoe moeilik en verskriklik, sal daar geen ander opsie wees nie. ... In Broederskap, Fidel Castro [Uit http://www.cubanet.org/htdocs/ref/dis/10110201.htm Toegang op 25 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 1C Die bron hieronder toon President Kennedy aan die linkerkant van die heining en president Khrushchev aan die regterkant daarvan. Dit is getiteld 'OOR DIE TUINMUUR' en toon aan dat beide leiers hul 'Wenke om te snoei' lees. TURKYE ye Wes Duitsland Wenke om te snoei KUBA Wenke om te snoei OOR DIE TUINMUUR [Uit https://punch.photoshelter.com/gallery-image/Cold-War-Cartoons Toegang op 22 Augustus 2018 verkry.] President President Khrushchev Kennedy b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 1D Die uittreksel hieronder beskryf die Verenigde State van Amerika se reaksie op die ontplooiing van die Sowjet-missiele na Kuba. Die president het daardie middag sy besluit ten gunste van die blokkade geneem. Daar was een finale vergadering die volgende oggend saam met generaal Walter C Sweeney Jr, hoof van Taktiese Lugbeheer. Hy het aan die president gesê dat selfs ʼn verrassingsaanval nie met sekerheid al die missiel- en kernbasisse in Kuba sou vernietig nie. Dit het die bietjie voldurende twyfel wat dalk nog in sy gedagtes gehang het, beëindig. Dit het hom gepla dat die blokkade nie die missiele sou verwyder nie – nou was dit duidelik dat ʼn aanval ook nie die taak sou voltooi nie. Die sterkste argument teen die volskaalse militêre aanval – en [wat] niemand bevredigend kon motiveer nie – was dat ʼn verrassingsaanval die morele posisie van die Verenigde State in die wêreld sou verswak, of selfs vernietig. Adlai Stevenson het Saterdag van New York gekom om die vergadering die middag by te woon, aangesien hy verskeie van die EXCOMM vergaderings bygewoon het. Hy was altyd onseker oor die lugaanval, maar tydens die Saterdag-vergadering was hy sterk ten gunste van wat hy ʼn paar dae tevore tentatief (voorlopig) aan my voorgestel het – naamlik dat ons dit duidelik aan die Sowjet-Unie moet maak dat indien hulle hul missiele uit Kuba onttrek, ons gewillig sou wees om ons missiele vanuit Turkye en Italië te onttrek en ons vlootbasis in Guantanamo Baai op te gee. [Uit Thirteen Days, A Memoir of the Cuban Missile Crisis, deur Robert F. Kennedy Toegang op 23 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Vraestel 1) 10791/19 VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP SUID- AFRIKA GEHAD? BRON 2A Die bron hieronder fokus op die 20ste herdenking van die Slag van Cuito Cuanavale. Dit het in die Mail and Guardian verskyn en is op 11 Julie 2007 deur Piero Gleijeses geskryf. Generaal Magnus Malan skryf in sy memoirs dat hierdie veldtog ʼn groot oorwinning vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was. Maar Nelson Mandela het verskil: Cuito Cuanavale, het hy verklaar, "was die draaipunt vir die bevryding van ons vasteland en my volk, van die boosheid van apartheid". Debat oor die belangrikheid van die Slag van Cuito Cuanavale het intens geword, deels omdat die relevante Suid-Afrikaanse dokumente steeds geklassifiseer bly. Ek was egter in staat om dokumente van die geslote Kubaanse argiewe sowel as baie Amerikaanse dokumente te bestudeer. Ten spyte van die ideologiese skeiding tussen Havana en Washington, vertel hul verslae ʼn merkwaardig soortgelyke verhaal. In Julie 1987 het die Angolese weermag (FAPLA) ʼn groot offensief in die suidooste van Angola teen Jonas Savimbi se magte geloods. Toe die offensief begin slaag het, het die SAW, wat die onderste gebiede van suidwestelike Angola beheer het, in die suidooste ingegryp. Teen die begin van November het die SAW elite Angolese eenhede by Cuito Cuanavale vasgekeer en was hulle gereed om hulle (die Angolese) te vernietig. Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het daarop aangedring dat die SAW onvoorwaardelik uit Angola onttrek, maar die Reagan- administrasie het seker gemaak dat die eis nie tande het nie. Die VSA se Assistent- Sekretaris vir Afrika, Chester Crocker, het Pretoria se ambassadeur gerusgestel: "Die resolusie het nie ʼn oproep tot omvattende sanksies gehad nie en het geen hulp verleen aan Angola nie." [Uit https://mg.co.za/article/2007-07-11-cuito-cuanavale-revisited Toegang op 21 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 2B Hierdie bron fokus op die redes waarom Kuba by die Angolese Burgeroorlog betrokke was. Suid-Afrika se inval in Angola het Kuba aangespoor om op te tree ter ondersteuning van die MPLA. In ʼn nuuswaardige Barbara Walters-onderhoud in 1977 het Castro gesê dat toe Suid-Afrikaanse troepe Angola binnegeval het op 23 Oktober 1975, Kuba ʼn besluit moes neem. ‘Of ons sal sit en niks doen nie, en Suid-Afrika sal Angola oorneem, of ons sal ʼn poging aanwend om te help. Dit was die oomblik. Op 5 November het ons besluit om die eerste militêre eenheid na Angola te stuur om teen die Suid-Afrikaanse troepe te veg.’ Castro het sy ambisieuse plan die kodenaam, Operasie Carlota, gegee – vernoem na ʼn Afro-Kubaanse slavin wat in 1843 ʼn opstand in Kuba geloods het. Oor die volgende jaar het hy ʼn geraamde 36 000 troepe na Angola gestuur en daardie getal sou eksponensieel (vinnig) groei. Van die begin af was die Kubane goed bewapen. Alhoewel Castro volgehou het dat ‘die Sowjetunie nie versoek het dat ʼn enkele Kubaanse soldaat na Angola gestuur word nie’, het die Sowjetunie aan Kuba en die MPLA ʼn ‘groot hoeveelheid wapens’, insluitende vuurwapens, tenks, vuurpyle, helikopters en MiG-vegvliegtuie om kommunisme te verdedig, voorsien. Toe Kuba se gewapende teenwoordigheid in Angola laat in 1975 aan president Gerald Ford bekend geword het, het die Sekretaris van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, dadelik Amerika se afkeur aangekondig, en Casto aanbeveel dat ʼn ‘beleid van versoening (vrede) tussen die Verenigde State en Kuba, nie … gewapende Kubaanse intervensie (tussentrede) in die sake van ander nasies wat sukkel om hule eie lot te bepaal … sou oorleef nie.’ Meer as enige ander kwessie, sou Kuba se betrokkenheid by die ontluikende (eskalerende) Angolese Burgeroorlog ʼn groot rol in die verlammende Kuba-Verenigde State verhoudings vir die komende jaar speel. [Uit http://www.historynet.com/cuban-fighters-angolas-civil-war.htm Toegang op 21 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 2C Die onderstaande bron fokus op die verskillende sienings oor wie die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. Een denkrigtig is dat Suid-Afrika se besluit om aan te val, deur hul voorneme om UNITA te red beïnvloed is asook hulle begeerte om die dorp Cuito Cuanavale (deur oorname van die lugmagbasis) in te neem. Daar word geargumenteer dat die optrede van die SAW voor 23 Maart 1988 duidelike bewyse is van hul vasberadenheid om tot die dorp deur te breek. Die SAW-magte het Cuito Cuanavale met massiewe 155 mm grofgeskut G-5 gewere aangeval, en aanval ná aanval geloods onder leiding van die 61 Gemeganiseerde bataljon, 32 Buffelbataljon en later die 4de SA Infanterie-groep. Volgens hierdie siening het die SAW se intensies misluk en is hulle suksesvol deur die gesamentlike Angolese magte gestop. Die tweede denkrigting hou vol dat die SAW slegs beperkte doelwitte gehad het, naamlik om die vyand by Cuito Cuanavale te stop, om te voorkom dat die landingstrook gebruik word, en om dan terug te val. Teen hierdie tyd het die Suid- Afrikaanse regering reeds die politieke verandering in Rusland en die einde van die Koue Oorlog erken. Generaal Jannie Geldenhuys, hoof van die SAW, het gesê die belangrikste stryd in die veldtog was toe die Kubane by die Lomba-rivier verslaan is, en dat Cuito Cuanavale net deel van ʼn skoonmaak-operasie ná hierdie slag was. Hierdie siening is ook deur genl. Magnus Malan, destydse Suid-Afrikaanse Minister van Verdediging ondersteun. Hierna was die SAW se voorneme om te keer dat Mavinga oorgeneem word en om sodoende aanvalle op Jamba te voorkom. Dit is suksesvol bereik. Dit kan nie betwis word dat die Slag van Cuito Cuanavale, of dit ʼn taktiese terugval deur die SAW of ʼn oorwinning deur Angolese magte was, ʼn keerpunt was wat ʼn einde aan die grensoorlog gebring het nie. Ook nie dat dit tot die vredesonderhandelinge wat die onttrekking van die SAW, MK en die Kubaanse magte uit Angola en Namibië tot gevolg gehad het en tot die onafhanlikheid van Namibië gelei het nie. [Uit https://www.sahistory.org.za/topic/battle-cuito-cuanavale-1988 Toegang op 21 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 2D Die foto hieronder wys president FW de Klerk in gesprek met Sam Nujoma, die nuutverkose president van Namibië op 21 Maart 1990 (Onafhanklikheidsdagviering). [Uit https://www.gettyimages.ae/detail/news-photo/south-african-president-fw-de-klerk-converses- with-new-news-photo/164615211#/south-african-president-fw-de-klerk-converses-with-new- namibian-sam-picture-id164615211 Toegang op 21 September 2018 verkry.] SAM NUJOMA FW DE KLERK b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Vraestel 1) 10791/19 VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE SWARTMAGBEWEGING OM SEGREGASIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's TE BEËINDIG? BRON 3A Hierdie bron verduidelik die redes wat tot die ontstaan van die Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika in die 1960's gelei het. Liggame soos die Swartkunsbeweging, die ‘Student Non-violent Coordinating Committee’ en die Black Panther Party het in die kulturele, politiese en ekonomiese programme wat hulle voorgestel en ontwikkel het, aan die Swartmagbeweging uitting gegee. Saam het hierdie organisasies miljoene swart mense gewerf. Die honderde ghetto-opstande van die 1960's was ʼn belangrike keerpunt in die swart weerstand. Tydens die eerste golf van onrus in die 1960's het groot opstande ontvou na dr. Martin Luther King se sluipmoord op 4 April 1968. Die tweede golf was nog tweehonderd opstande in 172 stede. Binne hierdie konteks is golf na golf swart jeugdiges wat plaaslike outonomie (selfbestuur) geëis het, deur die Swartmag-slagspreuk gemobiliseer (in beweging gebring). ʼn Derde golf jeugdige aktiviste het na die vyfhonderd rassekonfrontasies in 1969 by die swart weerstand aangesluit. Dit was die gewelddadigste uitdrukking van etniese konflik en het die Swartbewussyn gevorm en die vraag na Afro-Amerikaanse selfbeskikking versprei. Namate die opstande van stad tot stad en staat tot staat versprei het, het ʼn nuwe generasie Swartmag-organisasies ontstaan met ʼn duidelike siening (perspektief) oor die betekenis van Swartmag. Dit het die effektiwiteit van hul benadering tot swart bevryding getoets en hulself as die ware erfgename (opvolgers) van Malcolm X verklaar. Malcolm X was van mening dat swart Amerikaners as ʼn interne kolonie van die Verenigde State swaargekry het en het op swart selfbeskikking aangedring. [Uit http://exhibitions.nypl.org/africanage/essay-black-power.html Toegang op 21 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 3B Die onderstaande bron fokus op die rol en impak van die Black Panther Party. Die Black Panther Party vir Selfverdediging, later bekend as die Black Panther Party, het in die laat 1960's tydens ʼn keerpunt in die Swartmagbeweging na vore getree toe die fokus van die Burgerregtebeweging se stryd in die suide na Swartmag in die noorde gedraai het. Die doel was om van nie-gewelddadige protes na ʼn rewolusie te beweeg. Die Black Panthers het die prominentste (noemenswaardigste) ikoon van Swartmag geword, en was regdeur die Verenigde State en die wêreld bekend vir hul militante toewyding en rewolusionêre politiek. Binne ʼn kort aantal jare het die party ʼn aktiewe lidmaatskap van in die duisende gehad en ʼn aanhang (gevolg) wat selfs nog groter was. Die weeklikse Black Panther Newspaper het op sy hoogtepunt ʼn sirkulasie van ʼn kwartmiljoen kopieë gehad. Teen Mei 1969 het net die Chicago faksie (afdeling) elke week 8 000 eksemplare verkoop – dit het vinnig na 15 000 gestyg. Volgens ʼn meningspeiling in 1970 het 25 persent van die Afro-Amerikaners groot respek vir die Black Panthers gehad. Hiervolgens het 43 persent swart mense onder 21 en 5 uit elke 6 Afro-Amerikaners met die Black Panthers saamgestem dat swart mense moes verenig om hulself te verdedig. Die Black Panther Party het net so vinnig ineengestort toe die organisasie ʼn volle aanval van staatsonderdrukking en geweld ervaar het. Hulle was vasgevang in politieke debat en konflik kenmerkend van talle rewolusionêre bewegings van die tyd. Sedertdien is baie boeke en flieks gepubliseer wat probeer het om die Black Panther Party se nalatenskap te definieer. Sommige het die uitdruklike doel gehad om die Black Panther Party as gewelddadig te beswadder en dat hulle vir hul eie vernietiging verantwoordelik was. [Uit https://socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers Toegang op 21 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 3C Die onderstaande spotprent beeld COINTELPRO, (Counter Intelligence Programme) [Teen- Intelligensieprogram] uit. Dit het ʼn reeks aanvalle op die Black Panther Party geloods. [Uit http://allpower.wordpress.com/teaching/teaching-essays.2017/how-did-the-mainstream- media-potray-the-panthers-respond Toegang op 21 September 2018 verkry.] FEDERAL BUREAU OF INVESTIGATION [FBI] (FEDERALE BURO VAN ONDERSOEK) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Vraestel 1) 10791/19 BRON 3D Die onderstaande bron verduidelik hoe die Federale Buro van Ondersoek (FBI) die ‘inkleurboek’ gebruik het om die Black Panther Party onder verdenking (in diskrediet) te bring. Die Black Panther Inkleurboek is ʼn aaklige voorbeeld van die taktiek wat die Federale Buro van Ondersoek (FBI) gebruik het om die wettige opposisie te smoor en het die burgerregte van die politieke groepe waarvan die VSA-regering nie gehou het nie, geskend. Nixon se Withuis het die anti-oorlogbeweging, die Burgerregte beweging en die Black Panther Party vir ontwrigting geteiken. Hulle het op-kampus informante gebruik om (die groepe) te infiltreer en in baie gevalle om wettige protesaksies en aktivisme te ontwrig. Hierdie inkleurboek, wat volgens bewering vanaf die Black Panther Party gekom het, is inderwaarheid deur die FBI Hoofkantore verwerp toe ʼn man dit vir hulle gebring het. Dit het later uitgekom dat hy verbintenisse met intelligensie gehad het. Die FBI het hulle min daaraan gesteur dat die Black Panther Party die inkleurboek afgryslik gevind het en het self meer beledigende illustrasie bygevoeg en die boek met massa-versending regoor Amerika versprei. Dit het die wit populasie so kwaad gemaak dat hulle opgehou het om na die geldige klagtes van swart mense te luister. Terwyl daar volgehou kan word dat so ʼn aksie tegnies nie die Black Panther Party se vryheid van spraak geskend het nie en al het dit mense se gewilligheid om te luister gesaboteer, dit duidelik is dat so verdelende daad die regte van mense – swart en wit – om vreedsaam te vergader, geskend het. [Uit https://socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers Toegang op 21 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Vraestel 1) 10791/19 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Kennedy, R.F. 1968. Thirteen Days, A Memoir of the Cuban Missile Crisis (McCall Corporation, New York) http://allpower.wordpress.com/teaching/teaching-essays.2017/how-did-the-mainstream- media-potray-the-panthers-respond http://exhibitions.nypl.org/africanage/essay-black-power.html http://www.cubanet.org/htdocs/ref/dis/10110201.htm https://www.gettyimages.ae/detail/news-photo/south-african-president-fw-de-klerk- converses-with-new-news-photo/164615211#/south-african-president-fw-de-klerk- converses-with-new-namibian-sam-picture-id164615211 http://www.historynet.com/cuban-fighters-angolas-civil-war.htm https://history.state.gov/milestones/1961-1968/bay-of-pigs https://mg.co.za/article/2007-07-11-cuito-cuanavale-revisited https://punch.photoshelter.com/gallery-image/Cold-War-Cartoons/G0000FF70D40KNvU https://socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers https://www.sahistory.org.za/topic/battle-cuito-cuanavale-1988 https://www.socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all