You're offline
Skip to content
Question paper

Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 12201910 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 10 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Vraestel 1) 10791/19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS (Vraestel 1) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP – DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's – DIE SWARTMAGBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6. BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Vraestel 1) 10791/19 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Vraestel 1) 10791/19 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: WAAROM HET KUBA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET- UNIE IN DIE 1960's GEWORD? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Lees Bron 1A. 1.1.1 Noem TWEE maniere, volgens die bron, wat wys hoe Fidel Castro bande met die Verenigde State van Amerika gesny het. (2 x 1) (2) 1.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom President Dwight D Eisenhower oor Kuba se noue bande met die Sowjetunie bekommerd was. (2 x 2) (4) 1.1.3 Noem die CIA-operasie in die bron wat gebruik is om Kubaanse ballinge op te lei en te befonds. (1 x 1) (1) 1.1.4 Hoekom, dink jy, het president Kennedy besluit om sy adviseurs rakende Castro te konsulteer? (1 x 2) (2) 1.1.5 Identifiseer TWEE leiers in die bron wie president Kennedy aangestel het om die oorsake van die VSA se nederlaag by die Bay of Pigs te ondersoek. (2 x 1) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Waarom, dink jy, het president Fidel Castro ʼn brief aan premier Nikita Khrushchev geskryf? (1 x 2) (2) 1.2.2 Haal TWEE redes uit die bron aan wat wys hoekom Castro hulp van Khrushchev versoek het. (2 x 1) (2) 1.2.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro na die Amerikaanse inval van Kuba 'as ʼn wrede daad in stryd met die universele morele wetgewing’ verwys. (2 x 2) (4) 1.3 Vergelyk Bronne 1A en 1B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1A die inligting in Bron 1B met betrekking tot die Verenigde State van Amerika se inval van Kuba ondersteun. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Vraestel 1) 10791/19 1.4 Verwys na Bron 1C. 1.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.4.2 Lewer kommentaar op wat jy dink deur die opskrif 'OOR DIE TUINMUUR' geïmpliseer word. (2 x 2) (4) 1.4.3 Verduidelik waarom ʼn historikus die bewyse in hierdie bron as bruikbaar sal oorweeg wanneer die Kubaanse Missielkrisis ondersoek word. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Verduidelik die konsep van 'n blokkade in die konteks van die Kubaanse Missielkrisis. (1 x 2) (2) 1.5.2 Lewer kommentaar op waarom president Kennedy ʼn blokkade van Sowjet- missiele aan Kuba verkies het. (2 x 2) (4) 1.5.3 Volgens die inligting in die bron, op watter voorwaarde was die Verenigde State van Amerika bereid om sy missiele uit Turkye en Italië te onttrek? (1 x 1) (1) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word waarom Kuba die fokuspunt van die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie geword het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Vraestel 1) 10791/19 VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP SUID-AFRIKA GEHAD? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Identifiseer TWEE leiers in die bron wat verskil het oor wie die Slag van Cuito Cuanavale gewen het. (2 x 1) (2) 2.1.2 Noem, uit die bron, die ideologie wat ondersteun is deur: (a) Havana (Kuba) (1 x 1) (1) (b) Washington (Verenigde State van Amerika) (1 x 1) (1) 2.1.3 Verduidelik hoekom Nelson Mandela met Magnus Malan verskil het met betrekking tot die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4) 2.1.4 Hoekom, dink jy, het die Reagan-administrasie Pretoria se ambassadeur verseker dat hulle 'eis geen tande gehad het nie'? (1 x 2) (2) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Verskaf DRIE redes in die bron wat wys hoekom Kuba die MPLA ondersteun het. (3 x 1) (3) 2.2.2 Wat was, volgens die bron, die kodenaam wat aan Castro se ambisieuse plan gegee is? (1 x 1) (1) 2.2.3 Definieer die begrip van kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.2.4 Lewer kommentaar op die redes waarom die Sowjetunie wapens aan die MPLA verskaf het. (2 x 2) (4) 2.2.5 Waarom het die Verenigde State van Amerika die ontplooiing van die Kubaanse weermag in Angola afgekeur? (1 x 2) (2) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die landingstrook in Cuito Cuanavale vir die SAW betekenisvol was. (2 x 1) (2) 2.3.2 Noem die TWEE generaals in die bron wat verklaar het dat die SAW beperkte doelwitte gehad het. (2 x 1) (2) 2.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die Koue Oorlog beskou is. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Vraestel 1) 10791/19 2.4 Vergelyk Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2C ondersteun met betrekking tot Kuba en Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola. (2 x 2) (4) 2.5 Gebruik Bron 2D. 2.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4) 2.5.2 Lewer kommentaar op hoekom ʼn historikus die inligting in die bron nuttig sal vind wanneer Kuba se betrokkenheid in Angola ondersoek word. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suid-Afrika gehad het, verduidelik. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Vraestel 1) 10791/19 VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE SWARTMAGBEWEGING OM SEGREGASIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's TE BEËINDIG? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Noem DRIE organisasies in die bron wat Afro-Amerikaners beïnvloed het om die Swartmagbeweging in die 1960's te ondersteun. (3 x 1) (3) 3.1.2 Gebruik die inligting in die bron en verduidelik hoekom swart weerstand as ʼn belangrike keerpunt in die Burgerregtebeweging beskou word. (1 x 2) (2) 3.1.3 Verduidelik die konsep van Swartmag in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.4 Lewer kommentaar op die rol wat Malcolm X in die vorming van die Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika gespeel het. (1 x 2) (2) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Verduidelik hoekom dit vir die Black Panther Party nodig was om van die Burgerregtebeweging weg te breek. (1 x 2) (2) 3.2.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat die Black Panther Party in die 1960's gewildheid onder Afro-Amerikaners verkry het. (2 x 1) (2) 3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe weeklikse koerante deur die Black Panther Party gebruik is om sy ondersteuning te verhoog. (1 x 2) (2) 3.2.4 Lewer kommentaar op hoe die Black Panther Party op staatsonderdrukking en geweld wat teen sy lede gebruik is, gereageer het. (1 x 2) (2) 3.2.5 Verduidelik, wat jy dink, die stelling, ‘Sommiges het die uitdruklike doel gehad om die Black Panther Party as gewelddadig te beswadder en dat hulle vir hul eie vernietiging verantwoordelik was’, in konteks van die Swartmagbeweging geïmpliseer. (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 9 (Vraestel 1) 10791/19 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Hoekom dink jy is hierdie spotprent gepubliseer? (1 x 2) (2) 3.3.2 Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra word. Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.3.3 Lewer kommentaar op hoekom ʼn historikus die bron as bruikbaar sal oorweeg wanneer die impak wat COINTELPRO op die Black Panther Party gehad het, ondersoek word. (2 x 2) (4) 3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1 Wat was, volgens die bron, die DRIE mikpunte van die ‘inkleurboek’? (3 x 1) (3) 3.4.2 Noem TWEE metodes in die bron wat die regering van die Verenigde State gebruik het om opposisie teen sy segregasiebeleid teen te staan. (2 x 1) (2) 3.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoekom die FBI die 'inkleurboek' teen die Black Panther Party gebruik het. (1 x 2) (2) 3.4.4 Noem die TWEE menseregteskendings in die bron wat die lede van die Black Panther Party ervaar het. (2 x 1) (2) 3.5 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting in Bron 3D ondersteun ten opsigte van die FBI se optrede teen die Black Panther Party. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word hoe suksesvol die Swartmagbeweging was om segregasie in die Verenigde State van Amerika gedurende die 1960's te beëindig. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 10 (Vraestel 1) 10791/19 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA Mao Zedong se beleid van 'Die Groot Sprong Vorentoe' en 'Die Kulturele Rewolusie' het daarin misluk om die landbou- en nywerheidsektore in die Volksrepubliek van China tussen 1958 en 1969 te hervorm. Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere het nadat hulle onafhanklikheid van koloniale heerskappy in die 1960's bereik het, albei goeie leierskwaliteite getoon. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die ekonomiese, sosiale en kulturele beleide wat beide leiers vanaf die 1960's tot die 1970's in hul onderskeie lande geïmplementeer het. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING Verduidelik in watter mate die verskillende vorme van protes deur die Burgerregtebeweging suksesvol was om die lewens van Afro-Amerikaners in die 1960's te verbeter. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all