Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2019
10791
GESKIEDENIS
VRAESTEL 1
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
10 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
View all





History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 469.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng Mock Exam 2019
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · Eng (3)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Addendum · Afr (3)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Vraestel 1) 10791/19
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Vraestel 1)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP – DIE
KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's – DIE
SWARTMAGBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6. BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is
om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Vraestel 1) 10791/19
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Vraestel 1) 10791/19
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
VRAAG 1: WAAROM HET KUBA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG
TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET-
UNIE IN DIE 1960's GEWORD?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Noem TWEE maniere, volgens die bron, wat wys hoe Fidel Castro bande
met die Verenigde State van Amerika gesny het. (2 x 1) (2)
1.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
President Dwight D Eisenhower oor Kuba se noue bande met die
Sowjetunie bekommerd was. (2 x 2) (4)
1.1.3 Noem die CIA-operasie in die bron wat gebruik is om Kubaanse ballinge op
te lei en te befonds. (1 x 1) (1)
1.1.4 Hoekom, dink jy, het president Kennedy besluit om sy adviseurs rakende
Castro te konsulteer? (1 x 2) (2)
1.1.5 Identifiseer TWEE leiers in die bron wie president Kennedy
aangestel het om die oorsake van die VSA se nederlaag by die Bay of Pigs
te ondersoek. (2 x 1) (2)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Waarom, dink jy, het president Fidel Castro ʼn brief aan premier
Nikita Khrushchev geskryf? (1 x 2) (2)
1.2.2 Haal TWEE redes uit die bron aan wat wys hoekom Castro hulp van
Khrushchev versoek het. (2 x 1) (2)
1.2.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro na die Amerikaanse inval
van Kuba 'as ʼn wrede daad in stryd met die universele morele wetgewing’
verwys. (2 x 2) (4)
1.3 Vergelyk Bronne 1A en 1B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1A die inligting in
Bron 1B met betrekking tot die Verenigde State van Amerika se inval van Kuba
ondersteun. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Vraestel 1) 10791/19
1.4 Verwys na Bron 1C.
1.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik
die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar op wat jy dink deur die opskrif 'OOR DIE TUINMUUR'
geïmpliseer word. (2 x 2) (4)
1.4.3 Verduidelik waarom ʼn historikus die bewyse in hierdie bron as bruikbaar sal
oorweeg wanneer die Kubaanse Missielkrisis ondersoek word. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Verduidelik die konsep van 'n blokkade in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (1 x 2) (2)
1.5.2 Lewer kommentaar op waarom president Kennedy ʼn blokkade van Sowjet-
missiele aan Kuba verkies het. (2 x 2) (4)
1.5.3 Volgens die inligting in die bron, op watter voorwaarde was die Verenigde
State van Amerika bereid om sy missiele uit Turkye en Italië te onttrek?
(1 x 1) (1)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word waarom
Kuba die fokuspunt van die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika
en die Sowjetunie geword het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Vraestel 1) 10791/19
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
SUID-AFRIKA GEHAD?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Identifiseer TWEE leiers in die bron wat verskil het oor wie die Slag
van Cuito Cuanavale gewen het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Noem, uit die bron, die ideologie wat ondersteun is deur:
(a) Havana (Kuba) (1 x 1) (1)
(b) Washington (Verenigde State van Amerika) (1 x 1) (1)
2.1.3 Verduidelik hoekom Nelson Mandela met Magnus Malan verskil het
met betrekking tot die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4)
2.1.4 Hoekom, dink jy, het die Reagan-administrasie Pretoria se
ambassadeur verseker dat hulle 'eis geen tande gehad het nie'? (1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Verskaf DRIE redes in die bron wat wys hoekom Kuba die MPLA
ondersteun het. (3 x 1) (3)
2.2.2 Wat was, volgens die bron, die kodenaam wat aan Castro se
ambisieuse plan gegee is? (1 x 1) (1)
2.2.3 Definieer die begrip van kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.2.4 Lewer kommentaar op die redes waarom die Sowjetunie wapens aan
die MPLA verskaf het. (2 x 2) (4)
2.2.5 Waarom het die Verenigde State van Amerika die ontplooiing van die
Kubaanse weermag in Angola afgekeur? (1 x 2) (2)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die landingstrook in Cuito
Cuanavale vir die SAW betekenisvol was. (2 x 1) (2)
2.3.2 Noem die TWEE generaals in die bron wat verklaar het dat die SAW
beperkte doelwitte gehad het. (2 x 1) (2)
2.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die Koue
Oorlog beskou is. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Vraestel 1) 10791/19
2.4 Vergelyk Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B
die bewyse in Bron 2C ondersteun met betrekking tot Kuba en Suid-Afrika se
betrokkenheid in Angola. (2 x 2) (4)
2.5 Gebruik Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
2.5.2 Lewer kommentaar op hoekom ʼn historikus die inligting in die
bron nuttig sal vind wanneer Kuba se betrokkenheid in Angola
ondersoek word. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en
skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
die impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suid-Afrika gehad het,
verduidelik. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Vraestel 1) 10791/19
VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE SWARTMAGBEWEGING OM
SEGREGASIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN
DIE 1960's TE BEËINDIG?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Noem DRIE organisasies in die bron wat Afro-Amerikaners
beïnvloed het om die Swartmagbeweging in die 1960's te
ondersteun. (3 x 1) (3)
3.1.2 Gebruik die inligting in die bron en verduidelik hoekom swart
weerstand as ʼn belangrike keerpunt in die Burgerregtebeweging
beskou word. (1 x 2) (2)
3.1.3 Verduidelik die konsep van Swartmag in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.4 Lewer kommentaar op die rol wat Malcolm X in die vorming van die
Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika gespeel het.
(1 x 2) (2)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Verduidelik hoekom dit vir die Black Panther Party nodig was om van
die Burgerregtebeweging weg te breek. (1 x 2) (2)
3.2.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat die Black
Panther Party in die 1960's gewildheid onder Afro-Amerikaners
verkry het. (2 x 1) (2)
3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
weeklikse koerante deur die Black Panther Party gebruik is om sy
ondersteuning te verhoog. (1 x 2) (2)
3.2.4 Lewer kommentaar op hoe die Black Panther Party op
staatsonderdrukking en geweld wat teen sy lede gebruik is,
gereageer het. (1 x 2) (2)
3.2.5 Verduidelik, wat jy dink, die stelling, ‘Sommiges het die uitdruklike
doel gehad om die Black Panther Party as gewelddadig te
beswadder en dat hulle vir hul eie vernietiging verantwoordelik was’,
in konteks van die Swartmagbeweging geïmpliseer. (1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 9
(Vraestel 1) 10791/19
3.3 Gebruik Bron 3C.
3.3.1 Hoekom dink jy is hierdie spotprent gepubliseer? (1 x 2) (2)
3.3.2 Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra word.
Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.
(2 x 2) (4)
3.3.3 Lewer kommentaar op hoekom ʼn historikus die bron as bruikbaar sal
oorweeg wanneer die impak wat COINTELPRO op die
Black Panther Party gehad het, ondersoek word. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer Bron 3D.
3.4.1 Wat was, volgens die bron, die DRIE mikpunte van die ‘inkleurboek’?
(3 x 1) (3)
3.4.2 Noem TWEE metodes in die bron wat die regering van die Verenigde
State gebruik het om opposisie teen sy segregasiebeleid teen te staan.
(2 x 1) (2)
3.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoekom
die FBI die 'inkleurboek' teen die Black Panther Party gebruik het.
(1 x 2) (2)
3.4.4 Noem die TWEE menseregteskendings in die bron wat die lede van die
Black Panther Party ervaar het. (2 x 1) (2)
3.5 Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
inligting in Bron 3D ondersteun ten opsigte van die FBI se optrede teen die Black
Panther Party. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik
word hoe suksesvol die Swartmagbeweging was om segregasie in die Verenigde
State van Amerika gedurende die 1960's te beëindig. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 10
(Vraestel 1) 10791/19
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA
Mao Zedong se beleid van 'Die Groot Sprong Vorentoe' en 'Die Kulturele Rewolusie' het
daarin misluk om die landbou- en nywerheidsektore in die Volksrepubliek van China
tussen 1958 en 1969 te hervorm.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere het nadat hulle onafhanklikheid van koloniale
heerskappy in die 1960's bereik het, albei goeie leierskwaliteite getoon.
Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die ekonomiese, sosiale en kulturele
beleide wat beide leiers vanaf die 1960's tot die 1970's in hul onderskeie lande
geïmplementeer het. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970’s: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
Verduidelik in watter mate die verskillende vorme van protes deur die
Burgerregtebeweging suksesvol was om die lewens van Afro-Amerikaners in die 1960's
te verbeter.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum