Skip to content

History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12201923 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 NASIENRIGLYNE GESKIEDENIS (VRAESTEL 2) (10792) 23 bladsye
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS (Vraestel 2) NASIENRIGLYNE 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae  Onttrek inligting uit bronne  Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15 punte)  Definieer historiese begrippe / terme  Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2  Verduidelik inligting verkry uit bronne (20 punte)  Analiseer bewyse uit bronne  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne  Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15 punte)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.  Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.  By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord.  Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien. 2
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.  Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().  Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. 1.4 Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.  Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar, bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordboek oorgedra word langs die toepaslike vraagnommer. 3
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:  In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae  Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.  Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die leerder se interpretasie van die vraag  Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie)  Die konstruksie / daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en ʼn onafhanklike argument) 4
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van ʼn opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ʼn opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ • Argument LOA 5
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 2.5 Die matriks Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 6
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed, Baie goed, Goed, beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47 – 50 43 – 46 volle relevante tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43 – 46 40 – 42 38 – 39 relevante tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29 toereikend en relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30 – 33 28 – 29 26 – 27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26 – 27 24 – 25 20 – 23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20 – 23 18 – 19 14 – 17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14 – 17 0 – 13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:  Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud/geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie =1–6  Vraag nie op gepaste wyse beantwoord nie en vaag; klein poging om die opstel te struktureer = 7 – 13 7
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWARTBEWUSSYN DIE SOWETO OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED? 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron A – V1]  Gevange geneem  Verbied  Verban (3 x 1) (3) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Het gehelp om swart mense op te voed en te organiseer (1 x 1) (1) 1.1.3 [Verduideliking van bewyse uit Bron 1A – V2]  Het Apartheidswette teengestaan  Protesteer teen die polisie  Was teen wette wat die regering aan werkers opgelê het om stakings te verbied (enige 2 x 2) (4) 1.2.1 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 1B – V1]  ʼn Filosofie wat swart solidariteit aangemoedig het  ʼn Filosofie wat groepsolidariteit aangemoedig het  ʼn Filosofie wat groepsmag aangemoedig het  ʼn Filosofie wat groepstrots aangemoedig het Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]  Die apartheidsregering het die saad van verdeeldheid onder swart mense geplant  Die apartheidswette het die swartes verdeel  Die apartheidsregering het die swart Suid-Afrikaanse bevolking teen mekaar gemanipuleer en gedraai Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Ons gedagtes te verdraai  Ons gedagtes te manipuleer (2 x 1) (2) 8
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron Source 1B – V2]  Die filosofie het swart mense gevra om 'n positiewe ingesteldheid te hê  Die sielkundige revolusie sou die ingesteldheid van minderwaardig verwyder  Dit sal die houding en die gedagtes van die swart Suid-Afrikaner verander  Dit sou die slawementaliteit uitwis Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  Dit het politieke bewussyn opgewek.  Het 'n vreesloosheid gehad om te protesteer en teen ongeregtigheid te handel  Moedig selfbemagtiging aan (3 x 1) (3) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Die regering was hoofsaaklik Afrikaans en was verantwoordelik vir Apartheid  Leerders en swart Suid-Afrikaanse ouers het nie 'n keuse in die onderwys gehad nie  Die apartheidsregering het Afrikaans as medium van onderrig afgedwing Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  15 000 skoolkinders op 16 Junie, 1976, deur Soweto gemars (1 x 1) (1) 1.3.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]  Aanvalle is op die polisie uitgevoer  Aanvalle op administrasiegeboue en aanval op biersale  Klasse is geboikot en skole afgebrand (enige 2 x 1) (2) 1.3.5 [Evaluering van bruikbaarheid van Bron 1C – V3] Dit is bruikbaar vir 'n historikus wat die invloed van BCM op swartes bestudeer, omdat:  Dit dui aan dat die swart mense aangemoedig is om vreesloos te wees sodat hulle apartheid kon uitdaag  Swart mense is beïnvloed deur die ideologie om hulself te help  Dit dui aan hoe leerlinge op die onderdrukker se taal gereageer het – Afrikaans / dui ook aan dat die onderwysers gereageer het  Dit gee die getall leerlinge wat geprotesteer het (15 000) Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 9
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]  Die studente hou plakkate met die slagspreuk 'Weg met Afrikaans' / omdat die 1976-studente-protes teen die bekendstelling van Afrikaans as onderrigtaal was  Die studente was in solidariteit / verenig saam teen die implementering van Afrikaans as onderrigtaal Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]  Dit simobliseer eenheid onder die studente  Swartmag / Amandla  Mag aan die mense  veggeees / weerstand / verset teen apartheid Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.5 [Vergelyking van bewyse uit bronne 1C en 1D – V3]  Bron 1C verklaar dat jong swart Suid-Afrikaners vreesloos was tydens protes. Bron 1D toon studente wat vreesloos protesteer op die strate  In Bron 1C word studente gesien wat teen Afrikaans as onderrigtaal protesteer en in Bron 1D het studente plakkate wat wys dat hulle teen Afrikaans, die taal van die onderdrukker, was  Bron 1C sterl dat woedende studente klasse geboikot het en in Bron 1D word studente wat protesteer uitgebeeld Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:  Swartbewussynsorganisasies het die vakuum gevul wat bestaan het as gevolg van die onderdrukking van bewegings soos die PAC en die ANC (Bron 1A)  BCM het swart mense opgevoed en georganiseer (Bron 1A)  BCM het die onaktiwiteit beëindig ná die verbod op die bevrydingsbewegings (Bron1A)  Dit het die verwerping van apartheidswette aangemoedig. Studente het die wit oorheersende NUSAS verwerp en SASO gestig (Bron 1A en eie kennis)  Studente het teen die bekendstelling van Afrikaans medium geprotesteer (Bron 1A, 1C en 1D)  Moedig eenheid aan om apartheidswette te verwerp (Bron 1B, 1D en eie kennis)  BCM het sielkundige vryheid aangemoedig (Bron 1B)  Swart onderwysers en studente het saamgewerk om te veg teen die onbillikheid in die onderwys Enige ander relevante antwoord 10
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip hoe die filosofie van Swartbewussyn die Soweto-opstande van 1976 PUNTE: VLAK 1 beïnvloed het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die filosofie van Swartbewussyn die Soweto-opstande van 1976 PUNTE: VLAK 2 beïnvloed het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip oor hoe die filosofie van Swartbewussyn die Soweto- PUNTE: VLAK 3 opstande van 1976 beïnvloed het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] 11
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD OP GRIFFITHS MXENGE HANTEER? 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Hulle het hom uit sy motor gesleep en hom na 'n nabygeleë fietsrystadion by Umlazi geneem, waar hulle hom geslaan en gesteek het  Hy het op die grond geval, en die stekery het aangehou totdat hy dood was (enige 1 x 2) (2) 2.1.2 [Definisie van historiese konsepte – V1]  Die samekoms van voormalige vyande en wat hul verskille opsy plaas Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Dirk Coetzee  Almond Nofemela  David Tshikalange (3 x 1) (3) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Hulle wou vonnisoplegging vermy; hulle het vorentoe gekom en die waarheid vertel oor wat met Griffiths Mxenge gebeur het  Hulle wou die waarheid vertel Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Hoewel daar 'n twyfel bestaan’ oor die identiteit van diegene wat Coetzee beveel het om mnr. Mxenge te vermoor  daar geen twyfel was nie dat Coetzee op advies, bevel of in opdrag van een of meer senior lede van die veiligheidsafdeling van die Suid-Afrikaanse Polisie opgetree het (2 x 1) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Hulle het vrywillig vorentoe gekom en gebieg dat hulle Griffiths Mxenge vermoor het  Hulle het aan die amnestiekomitee gesê dat die misdaad wat hulle gepleeg het, polities gemotiveer was Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 12
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 2.2.3 [Verduideliking van die bruikbaarheid van Bron 2B – V3]  Dit vertel ons dat die Mxenge-moordenaars vir amnestie aansoek gedoen het  Die Mxenge-moordenaars is amnestie toegestaan  Dit vertel ons dat die Mxenge-moordenaars die bevele van Senior lede van die sekuriteitsafdeling uitgevoer het / 'n politieke motief gehad het Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  "Volgens die getuienis voor ons is ons tevrede dat geen een van die aansoekers die oorledene, Mxenge, geken het nie of enige rede gehad het om hom dood te wens.” (1 x 2) (2) 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Die WVK het die moeilike taak gehad om te verseker dat versoening in Suid-Afrika na die apartheidsera-oortredings bereik is  Alhoewel die waarheid vasgestel is, kon versoening nie bereik word nie  Desmond Tutu, die voorsitter van die WVK, hou 'n kaart in sy hand wat toon dat hy 'n manier probeer vind om versoening teweeg te bring  Die WVK proseshet die media se aandag getrek Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Die lig uit dat alhoewel die waarheid na vore gekom het, versoening ʼn uitdaging was  Dit simboliseer dat versoening moeilik was om te bereik  Dit simboliseer dat Tutu probeer om die vyandigheid wat veroorsaak is deur menseregteskendings tydens die apartheidsera, te beëindig  Dit simboliseer dat Tutu se pogings om versoening te bring, misluk het Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]  45 (1 x 1) (1) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]  Die Mxenge-familie het gevoel dat die oortreders verdien om vir die misdaad wat hulle gepleeg het, gevonnis te word  Die Mxenge-familie het gevoel dat die oortreders se misdaad onvergeeflik was  Die WVK het aanvanklik Coetzee, Nofemela en Tshikalange skuldig bevind aan die moord op Griffiths Mxenge vermoor en later amnestie aan hulle toegestaan  Die wreedheid waarmee hul broer vermoor is, het die misdaad onvergeeflik gemaak Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 13
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 2.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]  Hulle het aansoek gedoen by die konstitusionele hof om die WVK ongrondwetlik te verklaar (1 x 2) (2) 2.5. [Vergelyking van inligting uit Bronne 2B en 2D – V3]  Beide bronne noem dat Coetzee, Nofemela en Tshikalange vir die moord op Griffiths Mxenge aansoek om amnestie gedoen het  Beide bronne noem die name van Mxenge se moordenaars  Beide bronne dui aan dat die polisie by die moord op Mxenge betrokke was Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:  Die WVK het aanvanklik Coetzee, Nofemela en Tshikalange gevind aan die moord op Griffiths Mxenge (Bron 2A)  Die WVK het amnestie aan die Mxenge-moordenaars verleen (Bron 2B)  Die WVK het aangedui dat die Mxenge moordenaars bevele uitvoer (Bron 2B)  Die WVK het dit moeilik gevind om oortreders en slagoffers te versoen (Bron 2C)  Die Mxenge-familie het voor die WVK verskyn  Die Mxenge-familie het gevoel dat die oortreders verdien het om vir die misdaad wat hulle gepleeg het, gevonnis te word (Bron 2D)  Die Mxenge-familie het gevoel dat die misdaad onvergeeflik was (Bron 2D)  Die Mxenge-familie was kwaad dat die moordenaars amnestie ontvang het (Bron 2D)  Die Mxenge-familie het 'n aansoek by die konstitusionele hof ingedien om die Waarheid- en Versoeningskommissie ongrondwetlik te verklaar (Bron 2D)  Die Mxenge-familie het verklaar dat Dirk Coetzee, Nofemela, Tshikalange en die brigadiers wat hulle instruksies gegee het, misdade teen die mensdom gepleeg het (Bron 2D)  Die Mxenge-familie het verklaar dat selfs die president hulle (die oortreders) nie amnestie kan toestaan nie (Bron 2D)  Hulle het gesê dat hulle nog so bitter was soos in 1981 (Bron 2D)  Die Mxenge-familie het gevoel dat die kommissie hulle as 'n gesin misluk het en dus nie versoening (eie kennis) bereik het nie Enige ander relevante antwoord 14
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip hoe die WVK Griffiths Mxenge se PUNTE: VLAK 1 moord hanteer het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die WVK PUNTE: VLAK 2 Griffiths Mxenge se moord hanteer het. 3–5  Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip oor hoe die WVK Griffiths Mxenge se moord hanteer PUNTE: VLAK 3 het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] 15
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP DIE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN DIE 21STE EEU GEHAD? 3.1.1 [Verduideliking van historiese konsep in Bron 3A – V1]  Die vrye beweging van mense, inligting, beleggings, goedere en dienste rondom die wêreld  Interaksieproses tussen mense, maatskappye en regerings wêreldwyd Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Internasionale handel  Beleggings  Informasietegnologie (enige 2 x 1) (2) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]  Na die Tweede Wêreldoorlog  Die laast twee dekades (2 x 1) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Vryemark ekonomie waar die regering nie op enige manier by besigheidsaktiwiteite inmeng nie  Verwys na waar die regering min of geen beperkings oplê en regulasies oor besigheid instel Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Dit laat arm lande toe om ryk te word en hul lewenstandaard te verhoog.  Globalisering bevoordeel multinasionale korporasies ten koste van plaaslike besighede en mense. Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.6 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A –VL1]  Tegnologie (1 x 1) (1) 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Dit het 12 000 werke geskep.  Die programme het 400 maatskappye gehelp.  1.5 miljard se aansoeke goedgekeur (enige 2 x 1) (2) 16
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Afrika Groei- en Geleentheidswet (1 x 1) (1) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]  Om die tekstielbedryf meer mededingend te maak met globale markte  Werkskepping Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]  Suid-Afrika se markte word oorstroom met goedkoop onwettige invoere  Suid-Afrika het sy tariewe verlaag om invoer uit oorsese markte toe te laat  Tekort aan werk  SA nywerhede sukkel om in globale markte mee te ding  SA arbeidsmag is ongeskoold Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.2.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]  Industriële Beleidsaksieplan (1 x 1) (1) 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  Die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf word oorheers deur Chinese produkte (Visuele leidraad: Die Chinese man wat die masjien beheer)  100 000 Werk was verlore in die tekstielbedryf as gevolg van Chinese invoer (Visuele leidraad: Rampspoed dreig)  China vernietig die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf (Visuele leidraad: Die hangende werkers)  China stort sy uitvoere in Afrika-lande uit Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  China domineer die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf  China is die hoofuitvoerder van 'n aantal produkte in die tekstielbedryf.  Die tekstielbedryf is die grootste vervaardigingsbedryf in China  China het werksverliese in Suid-Afrika veroorsaak. Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 17
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 3.4 [Vergelyking van inligting in Bron 3B en 3C – V3]  Bron 3B beklemtoon dat die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf uitdagings ervaar het omdat dit nie met die buitelandse uitvoerbedryf kan meeding nie en Bron 3C beeld die Chinese tekstielbedryf uit as die grootste en mees mededingende  Bron 3B beklemtoon dat die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf oorstroom word deur die invoere van buitelande, en Bron 3C beeld Suid-Afrika uit as die stortgrond vir Chinese uitvoere Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]  Suid-Afrikaanse Kleding- en Tekstielwerkersunie (1 x 1) (1) 3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]  Die kwota-ooreenkoms sal meer werkgeleenthede in die tekstielbedryf skep (1 x 2) (2) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]  Gelei tot die verlies aan werksgeleenthede in die tekstielbedryf  Chinese invoer het die plaaslike markte oorstroom ten koste van plaaslike produkte Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.5.4 [Bepaal die bruikbaarheid van ‘n Bron – V3] Die bron is bruikbaar/nuttig omdat:  Die implementering van die kwota-ooreenkoms het meer werksgeleenthede in die tekstielbedryf geskep  Chinese invoer het gelei tot die verlies aan werksgeleenthede in die tekstielbedryf  Die kwota-ooreenkoms het die tekstielbedryf van ineenstorting gered Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 18
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:  Globalisering laat arm lande toe om hul lewenstandaard te verhoog (Bron 3A)  Chinese invoer het 'n negatiewe uitwerking op die tekstielbedryf gehad  Suid-Afrikaanse tekstielbedryf is nie volhoubaar nie omdat hulle sukkel om mee te ding in die globale market  Die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf kan nie met China meeding nie (Bron 3B)  Chinese goedere oorvloei die huishoudelike markte (Bron 3C)  Die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf word oorheers deur Chinese goedere  Die invoer van Chinese goedere het gelei tot die verlies aan werksgeleenthede in die tekstielbedryf (Bron 3C)  China vernietig die tekstielbedryf deur sy uitvoere in Afrika-lande te stort  Die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf staan voor uitdagings omdat daar 'n konstante fluktuasie van die geldeenheid en onwettige invoer is (Bron 3D) Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:  Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip watter impak globalisering op die klere- en tekstielbedryf in PUNTE: VLAK 1 Suid-Afrika in die 21ste eeu gehad het. 0–2  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor watter impak globalisering op die klere- en PUNTE: VLAK 2 tekstielbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu 3–5 gehad het.  Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip watter impak globalisering op die klere- en tekstielbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu PUNTE: VLAK 3 gehad het. 6–8  Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] 19
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. Hulle moet wys of sanksies en disinvestering deur die internasionale anti-apartheidsbeweging die doeltreffendste strategieë was wat tot die einde van die apartheidsregering in die 1980's gelei het. HOOFEIENSKAPPE Kandidate moet die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:  Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem met die stelling dat sanksies en disinvestering deur die internasionale anti-apartheidsbeweging die doeltreffendste strategieë was wat tot die einde van die apartheidsregime in die 1980's gelei het en wys hoe hulle van plan is om hulle gedagterigting te ondersteun. UITBREIDING  Die rol van Anti-Apartheidbeweging (AAM) in Brittanje (het sanksies vereis om teen apartheid Suid-Afrika geïmplementeer te word)  Die AAM het boikotte en isolasie van Suid-Afrika van die internasionale gemeenskap gebruik  Die AAM-veldtog teen aanhouding sonder verhoor Ekonomiese Boikot:  AAM het Barclays Bank onder druk geplaas om sy beleggings in Suid-Afrika te verkoop  Moedig Britse verbruikers aan om Suid-Afrikaanse produkte (vrugte en wyne) te boikot  In 1986 het die Amerikaanse kongres 'n wet aanvaar wat alle nuwe beleggings en lenings aan Suid-Afrika verban het  Suid-Afrikaanse lugdiens mag nie by Amerikaanse lughawens land nie  Groot maatskappye soos General Electric, IBM, General Motors, Coca Cola, Mobil en Kodak het hul bedrywighede in Suid-Afrika gesluit  Chase Manhattan Bank het bande met Suid-Afrika gesny - 'n finansiële krisis geskep, die rand het met 35% gedaal Rol van die Internasionale Verdediging Fonds:  Fonds betaal regskoste van aktiviste in afwagting van verhore vir anti-apartheidsaktiwiteite  Het fondse beskikbaar gestel vir almal wat betrokke is by die Rivonia-verhoor  Die fonds het die regskoste van die meeste anti-apartheidsprokureurs vir meer as 25 jaar betaal 20
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 Sportboikot:  Suid-Afrikaanse Nie-rassige Olimpiese Komitee het die leiding geneem om Suid-Afrika van internasionale sport te isoleer  Suid-Afrika geskors van FIFA, African Football Confederation en alle ander sokkerorganisasies  Internasionale Krieketraad het alle kriekettoere van en na Suid-Afrika opgeskort  Die Internasionale Rugbyfederasie het alle rugbykontak met Suid-Afrika opgeskort  Die Suid-Afrikaanse Sportraad het geen normalisering van sportbande met Suid-Afrika geëis nie  Hul slagspreuk 'Geen normale sport in 'n abnormale samelewing' was effektief Kulturele Boikot:  Equity het al sy programme verbied om deur SAUK uitgesaai te word  Internasionale films en TV-programme kan nie aan SA verkoop word nie  Akteurs het geweier om hul films in SA te skiet  Sy lede is verbied om Suid-Afrika te toer  Dali Tambo en Jerry Dammers vestig ‘Artists against Apartheid'  Die 'Vryheidskonsert' in Londen Akademiese Boikot:  Deur ANC in ballingskap geïnisieer  Akademici is aangemoedig om nie na Suid-Afrika te reis of Suid-Afrikaanse akademici in die buiteland te nooi nie  Internasionale uitgewerye het geweier om Suid-Afrikaanse akademiese joernale te publiseer  Grade van Suid-Afrikaanse universiteite is nie erken deur baie internasionale universiteite nie  Internasionale akademiese liggame het Suid-Afrikaners verhoed om hul konferensies by te woon Die rol wat frontliniestate gespeel het  in die bevryding van bevrydingsbewegings in ballingskap  hulle het ook opvoedkundige ondersteuning aan hulle gebied Bevry Mandela Veldtog  (Wembley Stadium/Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en Algemende Vergadering doen beroep op vrylating van Mandela Vakbonde:  AAM in Europa en Australië; Liverpool-hawewerkers  Finse Vervoerwerkersunie- verbod op handel met SA  Die begin van die einde Enige ander relevante antwoord  Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] 21
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA DIE SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik in watter mate die geweld wat in verskillende dele van Suid-Afrika in die 1990's uitgebreek het, byna die ontstaan van 'n demokratiese land in 1994 ontwrig het. HOOFASPEKTE: Inleiding: Kandidate moet aandui in watter mate die geweld wat in verskillende dele van Suid- Afrika in die 1990's uitgebreek het, byna die ontstaan van 'n demokratiese land in 1994 ontspoor het en wys hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun. UITBREIDING Die kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:  De Klerk het in 1989 aan bewind gekom  De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990  Ontbanning van politieke en burgerlike organisasies, soos die ANC en die SAKP  Die opheffing van beperkings op COSATU, AZAPO, ens.  Vrystelling van Nelson Mandela uit die gevangenis in Februarie 1990  Groote Schuur Minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP, ANC-afvaardiging onder leiding van Nelson Mandela, NP-afvaardiging onder leiding van FW De Klerk)  Apartheidswetgewing herroep, soos die Wet op Afsonderlike Bespreking van Geriewe  Geweld in die Vaaldriehoek  Pretoria Minuut, 6 Augustus 1990 (ANC ingestem om die gewapende stryd op te skort)  Vergadering van politieke partye - KODESA 1 (20 Desember 1991)  Gewelddadige uitbarstings in sommige dele van die land, soos die Witwatersrand en Natal  Die Verklaring van Voorneme  Slegs-Blankes referendum en die impak daarvan (Maart 1992)  KODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye het nie ooreengekom op 'n nuwe grondwetlike liggaam en tussentydse regering nie  NP wou minderheidsveto hê, terwyl ANC 'n tussentydse regering vir nie langer as 18 maande wou hê nie en 'n eenvoudige meerderheidsregering  Deurlopende geweld op pendelaars op die Rand  Boipatong-bloedbad en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)  Nelson Mandela se rol in die leiding van die oproep vir die rol van massa-optrede teen die Nasionale Party  Bhisho-bloedbad (Gqozo) en die gevolge daarvan op die onderhandelingsproses (7 September 1992)  Verdrag van Verstandhouding – Meyer en Ramaphosa  Veelpartyonderhandelings  Regse aanval van die Wêreldhandelsentrum en die gevolge daarvan  Moord op Chris Hani (10 April 1993)  Sonsondergangsklousule wat deur Joe Slovo ingestel  Datum vir die eerste demokratiese verkiesings (27 – 29 April 1994) – Die Regering van Nasionale Eenheid en geweld gedurende 1994. Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] 22
Downloaded from hlayiso.com 10792/19 VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede] SINOPSIS Kandidate moet krities bespreek hoe die disintegrasie van die Sowjetunie in 1989 politieke veranderinge in Suid-Afrika in die 1990's versnel het. HOOFASPEKTE  Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe die disintegrasie van die Sowjetunie in 1989 politieke verandering in Suid-Afrika in die 1990's versnel het. Hulle moet aandui hoe hulle van plan is om hul argumentslyn te ondersteun. UITBREIDING Kandidate moet die volgende punte in hul antwoorde insluit:  In die 1980's het die Suid-Afrikaanse regering 'n getransformeerde wêreldorde in die gesig gestaar en is geïsoleer  Die meeste Suid-Afrikaanse buurstate het onafhanklikheid behaal  Gorbatsjof se beleid van Perestroika en Glasnost en die impak daarvan op Suid-Afrika  Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer en die kommunistiese regimes in Oos-Europa het in duie gestort.  Die Berlynse Muur het geval wat tot verreikende gevolge vir Suid-Afrika gelei het  Veranderinge in die wêreld het tot die einde van apartheid bygedra  Die ineenstorting van die USSR beroof die ANC van sy hoof ekonomiese en militêre steun  Sosialisme was nie meer 'n ernstige opsie vir die ANC nie  Die Nasionale Party se eis om die Suid-Afrikaners van 'n kommunistiese aanslag te beskerm, het onrealisties geword  Onttrekking van steun deur Brittanje, die VSA en die Weste  Oplegging van sanksie / boikotte  Westerse wêreldmagte ondersteun die skuif dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties oplos  Dit het duidelik geword dat die regering van die Nasionale Party nie onbepaald wit oorheersing kon handhaaf nie  Invloedryke lede van die Nasionale Party het begin besef dat apartheid nie die antwoord was op die behoeftes van die wit kapitalistiese ontwikkeling nie  Daar was geen twyfel dat die volgehoue onderdrukking van swart Suid-Afrikaners nie politieke stabiliteit sal verseker nie  Die regering het begin glo dat die hervorming nodig sou wees om die ontwikkeling van 'n sterk swart middelklas in te sluit wat as 'n "skans teen die revolusie sou optree"  De Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n sameswering van Moskou was nie  Dit het De Klerk in staat gestel om met die bevrydingsorganisasies te gesels  Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n “nuwe en regverdige bedeling” wat die einde van Apartheid aangedui het, aangekondig Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 23

Study this subject

More from Grade 12 History

View all