Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201914 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 10792 GESKIEDENIS VRAESTEL 2 ADDENDUM 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Vraestel 2) 10792/19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS – ADDENDUM (Vraestel 2) VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWARTBEWUSSYN DIE SOWETO- OPSTANDE VAN 1976 BEïNVLOED? BRON 1A Die bron hieronder beskryf die redes vir die opkoms van die Swartbewussynsbeweging (BCM) in die 1960's. Die regering het teen die laat 1960's die meeste leiers van die Bevrydingsbeweging gevange geneem, verbied of verban. In reaksie hierop het die regering sy tirannie (diktatorskap) verskerp en ʼn nuwe groep organisasies het ontstaan. Hierdie organisasies het die vakuum gevul wat geskep is deur die regering se onderdrukking van die African National Congress (ANC) en die Pan Africanist Congress (PAC) ná die Sharpeville-bloedbad in 1960. Dié organisasies het losweg rondom ʼn stel idees wat as “Swartbewussyn” beskryf is verenig, en het gehelp om swart mense, veral die jeug, op te voed en te organiseer. Trouens, die ontploffing van die Swartbewussynsbeweging het die kalmte (passiwiteit) wat na die verbod op die swart, politieke bewegings gevolg het, beëindig. Die BCM het veral swart werkers en die jeug aangemoedig om apartheid op ʼn uitdagende manier te verwerp. Die Suid-Afrikaanse Studente Organisasie (SASO) is gestig deur swart studente wat geweier het om by NUSAS, ʼn ander studente organisasie, aan te sluit. Terselfdertyd het swart werkers in stryd met antistaking wette vakbonde begin organiseer. In 1973 was daar dwarsdeur die land stakings in stede soos Durban. Dit het met die Soweto- opstand van 1976 ʼn hoogtepunt bereik. [Uit https://www.sahistory.org.za/article/ideology-black-consciousness-movement. Toegang op 22 Augustus 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 1B Die onderstaande uittreksel fokus op hoe die Swartbewussynsfilosofie swart Suid-Afrikaners aangemoedig het om die apartheidsbeleid uit te daag. Nog ʼn belangrike aspek van Swartbewussyn is die oproep vir verenigde groepsolidariteit, dit wil sê swart solidariteit. Die ideaal van die Swartbewussyn is dus dat swart Suid-Afrikaners besef en aanvaar dat, om ʼn positiewe rol in die stryd na bevryding en emansipasie te speel, hulle die konsep van groepskrag effektief moet aanwend. Sodoende kan hulle ʼn sterk grondslag bou vanwaar hulle die onderdrukker se beleid van verdeel en oorheers kan teenwerk. Die filosofie van Swartbewussyn gee dus uitdrukking aan groepstrots en die vasberadenheid van swart mense om uit onderdrukking op te staan en uitbuiting teen te staan. Die kern van hierdie tipe denke is swart mense se besef dat die kragtigste wapen in die hande van die onderdrukker, die denke van die onderdrukte is. In Suid-Afrika het die onderdrukker probeer om ons gedagtes te verdraai en te manipuleer om ons sodoende geestelik en sielkundig ontvanklik (inskiklik) vir sy uitbuiting en manipulasie te maak. Swartbewussyn vereis dus ʼn sielkundige revolusie in die swart gemeenskap. Dit sal ʼn revolusie wees wat gerig op die uitwissing van alle stereotipes (etikette) wat swart mense oor hulleself het. Dié Revolusie sal gerig wees op die algehele uitwissing van die slawe-mentaliteit en gevoelens van minderwaardigheid wat kenmerkend van ʼn onderdrukte en uitgebuite gemeenskap is. Volgens die denke van Swartbewussyn kan mens nie ʼn betekenisvolle bevrydingstryd voer, tensy én totdat hy sy slawe-mentaliteit effektief uitgeroei het en homself as volkome mens aanspreeklik vir sy eie verlossing, aanvaar het nie. Swartbewussyn dwing dus swart mense om hulleself as volkome mense te sien, volledig en volwaardig binne hulleself, en nie as ʼn verlenging van ander nie. [Uit http://www.sahistory.org.za/sites/default/files/The meaning of Black Consciousness by Ranwedzi Nengwekhulu. Toegang op 21 Augustus 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 1C Die onderstaande bron fokus op die redes studente teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal geprotesteer het. Swartbewussyn het politieke bewussyn aangemoedig en baie jong swart Suid-Afrikaners ʼn vreesloosheid, wat hul ouers en ouer geslagte nie altyd gehad het nie, gegee om teen dade van ongeregtigheid, te protesteer en op te tree. Dit het ook swart selfbemagtiging aangemoedig. Die vonk wat die Soweto-opstand aangevuur het, was ʼn wet wat in hierdie tyd deurgevoer is, waarvolgens die helfte van die vakke in swart skole in Afrikaans geleer moes word. In baie gevalle kon nóg die onderwysers nóg die studente dit hanteer (byhou), wat ʼn alreeds moeilike leeromgewing vererger het. Afrikaans is ook gesien as die taal van die onderdrukker. Woedende studente, bemagtig deur SBB, het besluit om aksie te neem. In protes het 15 000 skoolkinders op 16 Junie, 1976, deur Soweto gemars. Die polisie het die skare gekonfronteer, op hulle geskiet en verskeie studente is dood. As gevolg hiervan is simbole van apartheid - die polisie, administrasiegeboue en biersale - aangeval. Klasboikotte en die afbrand van skole het gevolg, terwyl die polisie teen-aanvalle en klopjagte geloots het. Die studente en onderwysers in beheer van die optog, is tot ʼn groot mate deur die Swartbewussyn se ideologie beïnvloed. Hulle was egter nie deel van ʼn gestruktureerde politieke beweging nie en het nie die organisatoriese mag gehad om met revolusionêre aktiwiteite vol te hou nie. Party mense het dit as ʼn gemiste geleentheid gesien. Nietemin was dit ʼn baie belangrike oomblik in die uiteindelike val van apartheid. Dit het op ʼn nasionale skaal nuwe lewe aan swart protes verleen. Steve Biko is ʼn jaar later deur die polisie doodgemaak. Ander leiers van die Swartbewussynsbeweging is in hegtenis geneem, die hooforganisasies is verban en geleidelik verpletter. Die idees waarvoor hulle gestaan het, het egter voortgegaan om protes, die stryd en die alledaagse lewe te vorm. [Uit https://live.fundza.mobi/home/library/non-fiction-books/amagama-enkululeko/5-black- consciousness-and-the-soweto-uprising-context/5-/. Toegang op 23 Augustus 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 1D Die onderstaande foto toon studente wat in Junie 1976 in Soweto teen Afrikaans as onderrigtaal protesteer. [Uit https://www.google.co.za/search?q=1976+soweto+uprising+pictures&tbm. Toegang op 21 Augustus 2018 verkry.] WEG MET KAFERKAANS b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Vraestel 2) 10792/19 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD OP GRIFFITHS MXENGE HANTEER? BRON 2A Die onderstaande bron fokus op die moord op die anti-apartheidsaktivis en prokureur, Griffiths Mxenge. Op 20 November 1981 is mnr. Griffiths Mxenge in ʼn fietsrystadion by Umlazi dood gevind. Drie Vlakplaas-operateurs, hoofsaaklik bevelvoerder Dirk Coetzee en askari's (spioene / uitverkopers) Almond Nofemela en David Tshikalange is aangekla en skuldig bevind aan die moord. Coetzee, Nofemela en Tshikalange het vir die moord op Mxenge aansoek om amnestie gedoen. Volgens Nofemela se getuienis aan die kommissie het hulle Mxenge die aand van 20 November 1981 op pad huis toe onderskep (gevang). Hulle het hom uit sy motor gesleep en hom na die nabygeleë Umlazi-stadion geneem waar hulle hom herhaaldelik geslaan en gesteek het. Nofemela het aan die Kommissie gesê dat Mxenge die aanval met alle geweld weerstaan het totdat hy met ʼn moersleutel op die kop geslaan is. Hy het op die grond geval en die stekery het aangehou totdat hy dood was…Toe het hulle sy motor, beursie en ander besittings geneem sodat dit na ʼn rooftog lyk. Mxenge se voertuig is later uitgebrand en verlate naby die Golela-grenspos tussen Suid-Afrika en Swaziland gevind. Op 15 Mei 1997 is Coetzee, Nofemela en Tshikalange aan die moord op Mxenge skuldig bevind. Op versoek van die Kommissie se Amnestiekomitee is vonnisoplegging uitgestel totdat na die Komitee ʼn uitspraak oor die aansoeke gemaak het. [Uit www.justice.gov.za/trc/report/. Toegang op 20 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 2B Die volgende verklaring is deur die Amnestiekomitee van die Waarheid-en Versoeningskommissie uitgereik. Dit verduidelik die redes vir die toestaan van amnestie aan Dirk Coetzee, Almond Nofemela en David Tshikalange vir die moord op Griffiths Mxenge. Die Amnestiekomitee van die Waarheid- en Versoeningskommissie het vandag amnestie aan Dirk Coetzee, David Tshikalange en Butana Almond Nofomela vir die moord op die Durbanse prokureur, mnr. Griffiths Mxenge, in November 1981, toegestaan. Die Komitee het gesê dat ‘hoewel daar ʼn twyfel bestaan’ oor die identiteit van diegene wat Coetzee beveel het om mnr. Mxenge te vermoor, daar geen twyfel was dat Coetzee op advies, bevel of in opdrag van een of meer senior lede van die veiligheidsafdeling van die Suid- Afrikaanse Polisie opgetree het nie. Die Komitee het sy 'sterk afkeur' uitgespreek teenoor die polisie se optrede om ’die moord op ʼn prokureur te organiseer wat bloot sy plig uitgevoer het om persone wat krimineel aangekla is, te verteenwoordig.’ In sy bevindings het die Komitee gesê: "Volgens die getuienis voor ons is ons tevrede dat geen een van die aansoekers die oorledene, Mxenge, geken het nie of enige rede gehad het om hom dood te wens voordat hulle beveel is om dit te doen nie. Ons is tevrede dat hulle dit wat hulle gedoen het in die uitvoering van hul plig as polisiemanne, betrokke in die stryd teen die ANC en ander bevrydingsbewegings, beskou het. Dit is, ons dink, duidelik dat hulle op hul bevelvoerders staatgemaak het om die noodsaaklikheid van die sluipmoord, akkuraat en billik te oorweeg en of ander stappe geneem moes word ...” Die drie amnestie-aansoekers is tydens ʼn verhoor in Durban, na die aanhoor van hulle amnestie-aansoek, aan mnr. Mxenge se moord skuldig bevind. As gevolg van die toekenning van amnestie was dit nie vir die verhoorhof nodig om met vonnisvoortlegging voort te gaan nie. [Uit www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html. Toegang op 16 September 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 2C Die onderstaande spotprent deur Zapiro is in The Sowetan, in 1997 gepubliseer. Dit beeld die uitdagings wat die Waarheid-en Versoeningskommissie ervaar het uit. [Uit http://www.sahistory.org.za/topic/-and-reconciliation-commission-trc. Toegang op 25 September 2018 verkry.] WAARHEID VERSOENING b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 2D Die onderstaande bron fokus op Griffiths Mxenge se familie se reaksie op die toekenning van amnestie aan die oortreders. In November 1981 is die menseregte-prokureur en die anti-apartheidsaktivis, Griffiths Mxenge, se lyk op ʼn sportveld naby Umlazi, Durban, gevind. Hy het 45 steekwonde gehad, sy keel was oopgesny en sy oor afgesny. Die moord op Griffiths Mxenge het een van die mees berugte en skandalige politieke moorde ooit geword. In 1996 het Dirk Coetzee, Almond Nofemela en David Tshikalange skuld op die misdaad erken en vir amnestie aansoek gedoen (wat uiteindelik aan hulle toegestaan is). Die Mxenge-familie het ʼn klag by die konstitusionele hof ingedien om die Waarheid-en- Versoeningskommissie ongrondwetlik te verklaar. Die Mxenge-familie het gesê: “Dirk Coetzee, Nofemela, Tshikalange en daardie brigadiers wat hulle instruksies gegee het, het misdade teen die mensdom gepleeg. Ons sal dit keer op keer sê. Dit is nie ingevolge die internasionale reg vergeefbaar nie. Selfs die president van hierdie land kan dit nie toestaan nie. Kan jy hulle vergewe? Ons kan hulle nie vergewe nie. Dit is net buite die kwessie. Dit is buite die kwessie as jy net geluister het na wat ek nou gesê het, die verskriklike manier waarop hulle ons broer vermoor het. Ek dink dit is net ʼn persoon met Jesus Christus se karakter wat waarskynlik kan probeer vergewe, maar nie ons nie. Ons is nog steeds so bitter soos wat ons in 1981 was toe hulle dit gedoen het.” [Aangepas uit http://sabctrc.saha.org.za/tvseries/episode4/section7/transcipt9.htm. Toegang op 28 April 2019 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Vraestel 2) 10792/19 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP DIE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN DIE 21STE EEU GEHAD? BRON 3A Die onderstaade bron beskryf die impak wat globalisering op ontwikkelende lande gehad het. Globalisering is ʼn proses van interaksie en integrasie tussen die mense, maatskappye en regerings van verskillende nasies, ʼn proses wat deur internasionale handel en belegging gedryf word en deur inligtingstegnologie ondersteun word. Hierdie proses het effekte op die omgewing, kultuur, politieke stelsels, ekonomiese ontwikkeling en voorspoed, en op die fisiese welstand van mense in samelewings regoor die wêreld. Die afgelope paar dekades se beleide en tegnologiese ontwikkelings het ʼn enorme toename in oorgrenshandel, belegging en migrasie aangemoedig in so mate dat baie waarnemers glo dat die wêreld ʼn kwalitatiewe (afhanklike) nuwe fase in sy ekonomiese ontwikkeling binnegegaan het. Hierdie huidige golf van globalisering is gedryf deur beleide wat binnelandse en internasionale ekonomieë oopgemaak het. In die jare sedert die Tweede Wêreldoorlog, en veral die afgelope twee dekades, het baie regerings vryemark ekonomiese stelsels aangeneem, hul eie produksie potensiaal aansienlik verhoog en talle nuwe geleenthede vir internasionale handel en belegging geskep. Regerings het ook dramatiese verlagings in handelsbelemmerings onderhandel en internasionale ooreenkomste gesluit om handel in goedere, dienste en beleggings te bevorder. Deur voordeel uit nuwe geleenthede in buitelandse markte te trek, het korporasies buitelandse fabrieke gebou en produksie en bemarkingsreëlings met buitelandse vennote gevestig. Tegnologie was die ander hoofdryfveer van globalisering. Vooruitgang in inligtingstegnologie het veral die ekonomiese lewe dramaties verander. Globalisering is egter baie omstrede. Voorstanders van globalisering argumenteer dat dit die arm lande en hul burgers toelaat om ekonomies te ontwikkel en hul lewenstandaarde te verhoog, terwyl teenstanders van globalisering beweer dat die skep van ʼn onbeperkte (vrye) internasionale vryemark multinasionale korporasies in die Westerse wêreld, ten koste van plaaslike ondernemings, plaaslike kulture en gewone mense, bevoordeel. [Uit http://www.globalization101.org/what-is-globalization/. Toegang op 20 Julie 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 3B Die bron hieronder verduidelik hoe Suid-Afrika se Klere- en Tekstielbedryf sy produksie verhoog het. Die Mededingingsprogram vir Klere en Tekstiel (CTCP) het die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf aan die groei. Meer as 12 000 nuwe permanente werksgeleenthede is in Suid-Afrika se kleding-, tekstiel-, leer- en skoensektore geskep. Dit is deur die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) geopenbaar. Die program het meer as 400 maatskappye gehelp en aansoeke van R1,5 miljard goedgekeur. Die CTCP is ʼn program van die DHN wat daarop gemik is om die mededinging van Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf te verbeter, terwyl werk ook geskep word. Dit is deel van die Industriële Beleidsaksieplan (IBA), wat daarop gemik is om arbeidsintensiewe produksie in die land te laat opbloei. Volgens die IBA-dokument het die bekendstelling van die CTCP ʼn aansienlike impak op die tekstiel-, klere-, leer- en skoensektor in Suid-Afrika gehad. Die sektor staar egter steeds ʼn reeks belangrike uitdagings in die gesig: Valutasterkte en onbestendigheid (onvoorspelbaarheid), onder-fakturering (verlaging van tariewe) en onwettige invoer-, vaardigheids- en mededingendheidstekorte en beperkte skaalvoordele (wat minder hoeveelhede lewer ) in dele van die tekstiel-subsektor. Sommige minder ontwikkelde lande het ten volle voordeel getrek uit internasionale handelsooreenkomste soos die Afrika Groei- en Geleentheidswet om hul nywerhede te bou. Hul uitvoere na die Suid-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) het aansienlik gegroei terwyl hulle Suid-Afrika as hul primêre Afrika-bestemming rig. [Uit https://www.vukuzenzele.gov.za/sa%E2%80%99s-textile-industry-rise. Toegang op 1 Augustus 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 3C Die onderstaande spotprent beeld die effek van globalisering op die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf uit. [Uit www.obama.com. Toegang op 12 Augustus 2018 verkry.] Vertaling: • Op die naaldwerkmasjien: SA TEKSTIELBEDRYF • Sedert 2011 het meer as 800 firmas en 100 000 werke in die Suid-Afrikaanse Tekstielbedryf verdwyn. • Rampspoed dreig (In Engels verwys die woord “loom” ook na ʼn weefstoel.) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Vraestel 2) 10792/19 BRON 3D Die volgende bron beskryf COSATU se reaksie op globalisering. Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (COSATU) het gister in ʼn verklaring gesê dat dit saam met sy vennote, die Suid-Afrikaanse Kleding- en Tekstielwerkersunie (SACTWU), die regering se aankondiging dat kwotas op klere -en tekstielinvoer uit China aangeteken is, verwelkom. “Ons verwelkom veral die algemene sekretaris van SACTWU se voorspelling dat, indien dit behoorlik geïmplementeer word, die ooreenkoms oor kwotas kan help om meer as 55 000 nuwe werksgeleenthede in die plaaslike klere- en tekstielbedryf te skep. In net vier jaar het hierdie nywerheid ongeveer 67 000 werksgeleenthede verloor, hoofsaaklik weens die toename in Chinese invoere. Sedert 2002 het die invoer van klere uit die land met 480% gestyg. As gevolg hiervan, was ons handelsbalans met China ʼn tekort van R23 miljard aan die einde van 2005.” COSATU het gesê dat kleinhandelaars – waarvan die vyf grootste wat oor die vier jaar R18,1 miljard in voorbelaste winste gemaak het – volgens berig gekla het dat hierdie kwotas pryse vir die verbruiker sal verhoog. Hierdie kwotas moet ons almal se welvaart verbeter. Werk sal gered en geskep word. ʼn Bedryf wat ineenstorting in die gesig gestaar het, kan herleef word. Intussen sal verbruikers in staat wees om Trots Suid-Afrikaanse goedere van uitstekende gehalte en waarde te koop. Die handelsbalans met China sal van ʼn tekort na ʼn surplus beweeg en die hele ekonomie sal baat vind by ʼn sterk en groeiende klere- en tekstielbedryf. [Uit http://www.fin24.com/Economy-20060904. Toegang op 2 Augustus 2018 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Vraestel 2) 10792/19 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: https://www.sahistory.org.za/article/ideology-black-consciousness-movement. http://www.sahistory.org.za/sites/default/files/The_meaning_of_Black_Consciousness_by Ranwedzi_Nengwekhulu https://live.fundza.mobi/home/library/non-fiction-books/amagama-enkululeko/5-black- consciousness-and-the-soweto-uprising-context/5-/ http://www.sahistory.org.za/topic/-and-reconciliation-commission-trc http://www.globalization101.org/what-is-globalization/ https://www.vukuzenzele.gov.za/sa%E2%80%99s-textile-industry-rise http://www.fin24.com/Economy-20060904 SABC Special Report (Episode 4, section 7) on the TRC 1996 www.justice.gov.za/trc/report/ www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html www.obama.com EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all