Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2015
10791
GESKIEDENIS – ADDENDUM
EERSTE VRAESTEL
14 bladsye
4
b.o.
You're offline
Skip to contentAddendum 

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)

View all


Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 14
- File size
- 716.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 2
(Eerste Vraestel) 10791/15
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Eerste Vraestel)
VRAAG 1
WAT WAS DIE REDES EN GEVOLGE VAN DIE KRISIS IN 1948 IN BERLYN?
BRON 1A
Die bron hieronder beskryf hoe die verdeling van Duitsland in die 1940’s bygedra het
tot die spanning tussen die Geallieerdes. (Brittanje, Frankryk, Die Verenigde State
van Amerika) en die Sowjetunie.
Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog, het die VSA, Brittanje en die
Sowjetunie se militêre magte Duitsland beset en verdeel. Berlyn wat vêr in die
Sowjet-beheerde oostelike Duitsland geleë was, was ook in besettingsone verdeel.
Die westelike gedeeltes van die stad is deur die Verenigde State, Verenigde
Koninkryk en Frankryk beheer, terwyl die Sowjet-troepe die oostelike deel beheer
het. Die vriendelike verhoudinge het vyandig begin word met die beëindiging van die
oorlogse alliansie tussen die Westerse Geallieerdes en die Sowjetunie. Die vraag
het ontstaan of die westelike besettingsone in Berlyn onder Westerse Geallieerdes
sou bly en of die stad deur die Sowjet-beheerde Oos-Duitsland geabsorbeer sou
word en dit het tot die eerste Berlynse Krisis gelei. Die krisis het 24 Junie 1948
begin, toe die Sowjet-magte alle spoorweë, paaie en watertoegang tot die
Geallieerde areas in Berlyn geblokkeer het. Die Verenigde State en die Verenigde
Koninkryk het reageer deur kos en brandstof per lug vanaf die geallieerde
lugmagbasis in Wes-Duitsland na Berlyn te vervoer.
Die krisis is ʼn gevolg van die kompeterende beleidsrigtings en stygende spanning
tussen die Westerse magte en die Sowjetunie. Na die einde van die Tweede
Wêreldoorlog was die toekoms van die na-oorlogse Duitsland versteur deur die
verdeeldheid binne en tussen die Geallieerde magte. Die enigste merkwaardige
besluit wat uitgespruit het uit die oorlogse beplanning was die ooreenkoms van die
besetting van sones. Die kwessie oor wat met Duitsland gedoen moet word was
nooit suksesvol by die Potsdam Konferensie in Julie 1949 bespreek nie.
[Uit: https://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlin-airlift.
Toegang verkry op 15 Januarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 3
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 1B
Die bron hieronder beskryf die USSR se reaksie op die instelling van die nuwe geldeenheid in
Wes-Duitsland asook die toepassing van die Marshall Plan deur die Weste in hul Duitse
besettingsone.
Daardie selfde dag (22 Junie 1948 het die Sowjetunie aangekondig dat hulle ʼn nuwe
geldeenheid, die Ostmark sou bekendstel) het ʼn Sowjet-verteenwoordiger aan die
ander drie besettingsmagte gesê, “Ons waarsku beide van julle en die bevolking van
Berlyn, ons sal ekonomiese en administratiewe sanksies toepas wat tot die sirkulasie
van die geldeenheid van die Sowjetbesettingsone sou lei.” ʼn Massiewe
propagandaveldtog is deur die Sowjetunie bekendgestel wat Brittanje, die Verenigde
State en Frankryk deur radio, koerant en luidspreker veroordeel het. Die Russe het
net buite die stad ʼn goed-geadverteerde militêre reeks aksies begin. Berigte van ʼn
potensiële besetting deur Sowjet-troepe het vinnig versprei. Duitse kommuniste het
gedemonstreer, protesteer en pro-Westerse Duitse leiers wat vergaderings vir
munisipale regerings in die Sowjet-sektor wou bywoon, is aangeval.
Op 24 Junie, het die Sowjet-Unie groot land- en waterverbindings tussen die nie-
Sowjet sones en Berlyn afgesny. Presies dieselfde dag het hulle alle spoorweë en
waterverkeer binne en buite gestop. Die Sowjet-Unie het op 25 Junie alle
voedselvoorsiening aan die bevolking van die nie-Sowjet sektor in Berlyn gekeer.
Motorverkeer na Wes-Berlyn is toegelaat, maar dit het ʼn 23 kilometer (14.3 myl)
ompad na ʼn veerboot beteken as gevolg van moontlike “herstelwerk” aan ʼn brug.
Hulle het ook hul beheer oor die kragstasie in die Sowjet-sone gebruik en alle
elektrisiteit wat Berlyn gesteun het, afgesny.
Bogrondse verkeer vanaf ʼn nie-Sowjet sone (Westerse Duitse sone) na Berlyn was
geblokkeer, wat slegs die lugbrug oopgelaat het. Die Sowjetunie het argumente
verwerp dat die besettingsregte in die nie-Sowjet sones van Berlyn (Wes Berlyn) en
die gebruik van voorraadroete gedurende die vorige drie jaar Brittanje, Frankryk en
die Verenigde State ʼn wetlike reg het om die hoofweë, tonnels, spoorweë en kanale
te gebruik. Frankryk, Brittanje en die Verenigde State het nooit vir ʼn ooreenkoms
onderhandel vir die gebruik van die land nie en het op die goedhartigheid van die
Sowjetunie gesteun.
[Uit: http://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlinberlin-airlift]
Toegang verkry 15 Januarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 4
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 1C
Die spotprent hieronder is geteken deur Ernest Howard en in ʼn Britste tydskrif, Punch,
gepubliseer. Ooievaars vlieg na Berlyn met voedselvoorraad, brandstof en steenkool vir
Wes-Berlyn. In die Britse kultuur word ooievaars met die koms van ʼn baba vergelyk, iets
wat lewe bring.
Olie
Voedsel
Steenkool
[Uit: www.cvce.eu/obj/caricature_de_shepard Punch gepubliseer op 14 Julie 1948]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 5
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 1D
Die bron hieronder fokus op die impak wat die Berlynse blokkade op die mense van Wes-
Berlyn, vanaf 1948 tot 1949, gehad het.
Die lewe vir die Berlyners was moeilik. In die begin was daar omtrent ʼn maand se
voorraad oor, opgehoopte voorrade het vinnig begin afneem. Die lugbrug het nog nie
voorspelde gebruikerstempo bereik nie en hongersnood was naby. Bygevoeg, toe
die winter van 1948–49 begin het, was daar min brandstof oor om die oorblywende
industrieë, laat staan nog huise, te verhit. Berlyners het baie gou bome in die stad
begin afsny vir vuurmaakgoed en ook geleer watter grasse vir voedsel gebruik kan
word. Daarby het mense vullisblikke deurgesnuffel vir kos, maar gou uitgevind dat
daar baie min daarvan oor was. Dit was verskriklike omstandighede, maar hulle het
steeds geweet dat hulle lyding baie beter was as om toe te gee aan Sowjet-beheer.
Hulle het gesien hoe Sowjet-soldate hulle behandel het met hul aankoms. Die
Sowjet-soldate het almal se kosbaarhede gesteel, hulle het sistematies die
industrieë van nodige toerusting gestroop en dit terug na Moskou geskeep … Duitse
wetenskaplikes en ingenieurs is gedwing om na Moskou te gaan om al die Duitse
tegnologiese geheime te vertel. Hongersnood was baie beter as daardie
behandeling. Met die besluit van die lugbrug, het die Berlynse heer en
burgemeester, Ernst Reuter, ʼn publieke byeenkoms gehou ter ondersteuning van
hierdie poging. Duitsers sou ly en opoffer om dit te maak werk. Die Duitse besluit
was sterk, selfs in hierdie desperate situasie.
[Uit: http://answers.yahoo.com/question/index?qid=20150527151023AA.JUxdv]
Toegang verkry op 29 Mei 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 6
(Eerste Vraestel) 10791/15
VRAAG 2
WAT WAS DIE IMPAK VAN BUITELANDSE INMENGING IN DIE BURGEROORLOG VAN
ANGOLA GEDURENDE DIE 1970’s?
BRON 2A
Die volgende uittreksel verduidelik hoe die Angolese Burgeroorlog van 1975 in ʼn Koue Oorlog
konflik ontwikkel het en fokus op die betrokkenheid van die buitelande.
Die krisis in Angola het ontwikkel in ʼn Koue-Oorlog-slagveld soos die
supermoondhede en hulle bondgenote militêre ondersteuning aan hul voorkeur
kliënte verskaf het. Die Verenigde State het hulp en opleiding vir beide die FNLA en
UNITA verskaf terwyl troepe van Zaire Holden Roberto en sy vegters ondersteun
het. China het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die
Sowjetunie het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf. Gedurende
die somer van 1975 kon die Sowjet ondersteunde MPLA die mag in Luanda
konsolideer en ook die VN-ondersteunde FNLA uit die kapitaal verwyder, maar die
FNLA het aanhoudend terug aangeval. Die oorblywende Portugese troepe het gefaal
om die geweld te stop. Toe die MPLA-leier, Neto, 11 November 1975 as die dag van
onafhanklikheid vir Angola aankondig, het Lisabon daardie dag besluit om hul troepe
te onttrek.
Die MPLA het ook ʼn lank gevestigde verhouding met Fidel Castro se Kuba gehad.
Voor 11 November 1975 het die MPLA met Castro onderhandel vir Kuba se
ondersteuning. Terselfdertyd het UNITA, wie die ondersteuning van die VN geniet
het, die apartheidsregering in Suid-Afrika genader vir militêre versterking. Pretoria,
met die mikpunt om ʼn einde te maak aan die gebruik van Angola as ʼn basis vir die
rebelle wat veg vir die onafhanklikheid van Suid-Afrika, het Namibië beset. Hulle het
ook magte gestuur wat die Suidelike gedeeltes van Angola in Oktober binnegegaan
het en merkwaardige vordering na die hoofstad gemaak het. In antwoord hierop het
Kuba Spesiale Magte gestuur om die Suid-Afrikaners te stop en daarin geslaag om
die aandag te vestig op die feit dat die Verenigde State ondersteuning van ʼn
apartheidsregering aanvaar.
Die regering van die Verenigde State het die Suid-Afrikaanse ingryping erken, maar
het verkies om die verbinding met die apartheidsregering stil te hou. Met die
bekendmaking van Pretoria se betrokkenheid, het die Chinese hulle adviseurs
nietemin onttrek en die Ford-administrasie het weerstand tuis oor die rol van die VSA
die Angolese konflik in die gesig gestaar.
[Uit: http:/history.state.gov/milestones/…ang…]
Toegang verkry op 10 Januarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 7
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 2B
Hierdie bron fokus op die ondersteuning van die verskillende buitelande tydens die
Burgeroorlog van Angola gedurende die 1970’s. Dit beklemtoon ook die tipe ondersteuning wat
verskaf is deur onderskeie buitelande aan die MPLA en UNITA.
Met Kubaanse steun is ʼn militêre teenaanval in Januarie 1976 geloods. Die Suid-
Afrikaanse UNITA-magte is teruggedryf, Huambo is gevange geneem en die FNLA
is terug gedwing na Zaïre. Teen Maart het die Suid-Afrikaners, met gebrek aan
ondersteuning van die VN as gevolg van ʼn Kongres wet, onttrek. Die verowering van
belangrikste stadsentrums het nie die einde aan die oorlog gebring nie, omdat beide
die FNLA en UNITA na die bos teruggetrek het vanwaar hulle guerrilla-veldtogte
teen die MPLA aangevoer het.
UNITA het hulself in ʼn redelik sterk posisie bevind. Met die Suid-Afrikaanse
ondersteuning was dit moontlik om ʼn veilige basis in die verlate suid-oostelike dele
van die land, onder die dekmantel van die Suid-Afrikaanse Lugmag, te vestig. Met
die Suid-Afrikaanse wapens en materiaal, die periodieke ingryping van Suid-Afrika,
was dit moontlik om te herorganiseer en om die MPLA verskaffingslyne te plunder.
Die MPLA se vermoë om as ʼn effektiewe regering te funksioneer was gesteun deur
die finansiële bydrae van die inkomste van die uitvoere van diamante en olie en hulp
van die USSR. Tegniese, militêre, gesondheidsdienste en opvoedkundige
deskundiges was deur Kuba voorsien. Weens die militêre verrigtinge van UNITA was
beheer deur die regering oor areas buite die stede maar gering.
Met die dood van Neto in 1979, was die situasie ietwat stil. UNITA kon nie sy
teenstanders uit die stede dryf nie en die MPLA kon UNITA nie heeltemal verslaan
nie. Jose dos Santos, wat hom opgevolg het, het daarin geslaag om meer
lugondersteuning uit Kuba te kry.
[Uit: www.content.eisa.org.za/...angola-first-ci]
Toegang verkry op 29 Januarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 8
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 2C
Die bron hieronder beklemtoon die konflik tussen Kuba en die leier van UNITA, Jonas Savimbi
gedurende die burgeroorlog in Angola. In hierdie uittreksel dreig Jonas Savimbi die Kubane.
Die MPLA regering en die Kubaanse troepe het beheer oor al die suidelike stede
teen 1977 gehad, maar paaie in die suide is aanhoudend deur UNITA aangeval.
Savimbi het sy bereidwilligheid vir toenadering met die MPLA en die formasie van ʼn
sosialistiese regering verklaar, maar hy het eers aangedring op die onttrekking van
die Kubaanse troepe. “Die ware vyand is Kubaanse kolonialisme, Savimbi het aan
die verslaggewers gesê, “Die Kubane het die land oorgeneem, waarskuwend,maar
vroeër of later sal hulle hul eie Viëtnam in Angola verduur.
MPLA en Kubaanse troepe het vlamgooiers, stootkrapers en vliegtuie met napalm
gebruik om die dorpies in ʼn wye area van 1,6 myl (2,6 km) langs die Angola-
Namibiese grens te vernietig. Slegs vroue en kinders het deur hierdie Castro Gang
beweeg omdat MPLA alle mans tien jaar oud en ouer geskiet om te voorkom dat
hulle by UNITA aansluit. Die napalm het die beeste wat die regeringsmagte voed,
doodgemaak en dit was om terug te kap teen UNITA simpatiseerders. ʼn Aantal
inwoners het uit hul huise gevlug, 10 000 het na die suide na Namibië gegaan en
16 000 na Zambië waar hulle in vlugtelingkampe gewoon het.
[Uit: www.or/.../Angolan_Civil_W...]
Toegang verkry op 29 Januarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 9
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 2D
Die Amerikaanse spotprent hieronder reflekteer die betrokkenheid van Kuba tydens die
burgeroorlog in Angola. Dit stel Castro voor as ʼn pop van die Sowjetunie in Angola.
[Uit: www.academia.org.za Toegang verkry 29 Januarie 2015]
Fidel Castro
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 10
(Eerste Vraestel) 10791/15
VRAAG 3: WAT WAS DIE VERSKILLENDE REAKSIES TOT DIE HOOGGEREGSHOF SE
BESLISSING RAKENDE DIE DESEGREGASIE VAN SKOLE IN LITTLE ROCK,
ARKANSAS?
BRON 3A
Die volgende bron fokus op President Eisenhower se reaksie op die integrasie van Afro
Amerikaanse leerders by Sentraal Hoërskool in Little Rock Arkansa.
In 1954 het die Hooggeregshof in die Brown vs Topeka uitslag gelewer dat
segregasie in publieke skole onwettig is. Goewerneur Faubus het hierdie uitslag
teengestaan. Hy het ook die 1955-bevel (Brown II) teengestaan. Die 1955 beslissing
het beveel dat alle publieke skole inderhaas gedesegregeer moet word.
President Dwight D. Eisenhower wou die wette van die Konstitusionele Hof
handhaaf, maar ook ʼn bloedige konfrontasie in Arkansas, waar gemoedere hoog
geloop het, vermy. President Eisenhower was met vakansie in Newport, Rhode
Island en het gereël om met Faubus te ontmoet om hierdie spannende kwessie in
Little Rock te bespreek. Eisenhower was onder die indruk dat Faubus ingestem het
om die Afro Amerikaanse studente te laat inskryf, daarom het hy in hierdie kort
vergadering genoem dat die Nasionale Troepe by Sentraal Hoërskool moet aanbly
om orde te handhaaf. Goewerneur Faubus het onmiddellik met sy aankoms in Little
Rock die Nasionale Troepe onttrek. ʼn Paar dae later het 9 Afro-Amerikaanse
studente by die skool ingesluip om in te skryf en dit het in ʼn volskaalse oproer
ontaard. Die situasie het baie vinnig buite beheer geraak en Goewerneur Faubus het
niks gedoen om die geweld te stop nie.
Eisenhower het die Nasionale Troepe van Arkansas onder federale beheer geplaas
en 1 000 VS-weermagtroepe van die 101st Airborne Division gestuur om hulle te help
om orde in Little Rock te herstel. Hierdie waagmoedige taktiek het gewerk en die
Afro Amerikaanse studente kon sonder enige verdere gewelddadige voorvalle
ingeskryf word. Die wet is voorbehou, maar Eisenhower was gekritiseer deur
diegene wat gevoel het dat hy nie genoeg gedoen het om die Menseregte van Afro
Amerikaners te verseker nie asook diegene wat gevoel het hy het te ver gegaan om
die federale mag van state te verseker.
[Uit: http://www.americaslibrary.gov/aa/eisenhower/aa eisenhowe littlerock 3.html]
Toegang verkry op 03 Februarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 11
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 3B
Die volgende uittreksel is deel van ʼn telegram geskryf deur Martin Luther King Jr aan
President Eisenhower waarin hy pleit dat die president ʼn standpunt moet inneem
teen die groep van wit protesteerders wat integrasie by Sentraal Hoërskool
teengestaan het.
King het die president vertel dat indien die federale regering nie ʼn standpunt inneem
teenoor die onregverdigheid nie, sal dit die proses van integrasie terug sit met
50 jaar. DIT IS ’N GOEIE GELEENTHEID VIR U EN DIE FEDERALE REGERING
OM DIE BEGEERTES EN STREWES VAN MILJOENE MENSE MET GOEIE
BEDOELINGS TE ONDERSTEUN OM WET EN ORDE ’N WERKLIKHEID TE
MAAK…”
King het die President se aksies geloof. EK WIL MY OPREGTE ONDERSTEUNING
UITSPREEK VIR DIE STANDPUNT WAT U INGENEEM HET OM WET EN ORDE
IN LITTLE ROCK ARKANSAS TE HERSTEL… U SOU WEET DAT DIE
OORWELDIGENDE MEERDERHEID VAN SUIDELIKERS, NEGER EN WIT,
STAAN STEWIG AGTER U RESOLUTE REAKSIE…”
Voor die heropening van skole in die begin van 1958, het Faubus al vier publieke
hoërskole in Little Rock gesluit eerder as om met desegregasie voort te gaan, maar
sy poging was van korte duur. In Desember 1959 het die Hooggeregshof uitslag
gegee dat die skoolraad die skole heropen en met die proses van desegregasie in
stedelike skole begin word.
[Uit: http:mlkpp01.stanford.edu/index.php/encyclopaedia/enc little rock school
desegregation 1957]
Toegang verkry op 03 Februarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 12
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 3C
Die foto hieronder wys ʼn protesaksie teen skool integrasie deur wittes buite die
Hof in Arkansas.
[Uit:arkansascivilrightsheritage.org] Toegang verkry op 03 Februarie 2015
RASSEVERMENGING
IS KOMMUNISME
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 13
(Eerste Vraestel) 10791/15
BRON 3D
Die uittrekstel hieronder is geskryf deur Melba Pattillo in haar biografie. Dit fokus op
die ontberinge en intimidasie wat Afro-Amerikaanse studente by Sentraal Hoërskool
in Little Rock Arkansas deurgemaak het.
Alhoewel sommige van die studente, onderwysers en administrasie gepoog het om
ʼn mate van bestendigheid te handhaaf, was dit vir die nege studente wat by Sentraal
Hoërskool geëntegreer was, soos om elke dag oorlog toe te gaan. Een van die Little
Rock Nine, Melba Pattillo Beals, beskryf hul ervaringe in haar boek, “Warriors Don’t
Cry”: “My agt vriende het met ons onskuld vir integrasie by Sentraal Hoërskool
betaal. Ons was die slagoffers van die wreedste verwerping denkbaar gedurende die
jare toe ons naarstigtelik die goedkeuring van ons maats nodig gehad het. Die
fisiese en sielkundige straf wat ons verduur het, het ons lewens deeglik geaffekteer.
Ons het onverdraagsame pyn verduur en dit het ons in vegters wat nie durf huil het
nie verander.”
Integrasie het hul lewens by beide die skool as tuis geaffekteer. Hierdie leerlinge is
by die skool gesteek, geskop, geslaan en gestoot. Hulle het verbale geweld van wit
studente in die gesig gestaar asook doodsdreigemente teen hulself asook hul
families en die swart gemeenskap ontvang. Tuis is hul ouers oor die telefoon
gedreig, sommige van die ouers het hul werk verloor, die swart gemeenskap in
geheel was geteister met bomdreigemente, geweerskote en klippe/bakstene wat
deur vensters gegooi is. Terwyl die studente ʼn bietjie ondersteuning van hul
gemeenskap ontvang het, was hulle verwerp deur diegene wat gevoel het dat hul
aksies die veiligheid van ander benadeel en in gevaar stel.
[Uit: http://www.nps.gov/nr/twhpwwwlps/lessons/crandall/CRfacts2.htm]
Toegang verkry op 03 Februarie 2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS ADDENDUM 14
(Eerste Vraestel) 10791/15
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem.
www.academia.org.za...
arkansascivilrightsheritage.org.
www.americaslibrary.gov/aa/eisenhower/aa_eisenhower_littlerock_3.htm
https://answers.yahoo.com/question/index?qid=20150527151023AA.JUxdv
www.content.eisa.org.za/...angola-first-ci
www.cvce.eu/obj/caricature_de_shepard
http://www.dailysoft.com/berlinwall/history/why-the-berlinwall-was-built.htm]
https:/history.state.gov/milestones/…/ang…https:/history.state.gov/milestones/a/an…
https://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlin-airlift.
http://mlk-pp01.stanford.edu/index.php/encyclopaedia/enc little rock school desegregation 1957
http://www.nps.gov/nr/twhp/wwwlps/lessons/crandall/CRfacts2.htm
www.org/…/Angolan_Civil_War.co.za…
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2024 Addendum Eng.pdf

Addendum
History P2 Nov 2023 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Addendum
Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Nov 2015 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Feb March 2015 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024_ Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05_hlayiso.com_.pdf
Question paper